# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/802a1ce8-5d40-4791-a554-60aa72d84d7d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/802a1ce8-5d40-4791-a554-60aa72d84d7d)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                         NOVEMBER 2024

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                *ILFSCA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

                  Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar
    nodig.

11.   Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                 3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 A.

     Bestudeer die diagram hieronder van ŉ dier se skedel en beantwoord VRAE 1.1.1
     tot 1.1.2.

     1.1.1    Die skedel hierbo is dié van ŉ ...

              A      omnivoor as gevolg van groot oogtande en plat kiestande.
              B      karnivoor as gevolg van verminderde getal kiestande.
              C      omnivoor as gevolg van oogtande, snytande en kiestande wat
                     teenwoordig is.
              D      karnivoor as gevolg van groot oogtande en skerp kiestande.

     1.1.2    ŉ Funksie van die snytande van so ŉ dier sou wees om:

              A      Voedsel fyn te kou en te maal
              B      Prooi te vang en vas te hou
              C      Voedsel te byt en te sny
              D      Prooi dood te maak en vleis af te skeur

     1.1.3    Watter EEN van die opsies hieronder som die afvalproduk vir elk van die
              uitskeidingsorgane KORREK op?

                        LONGE             VEL         LEWER       NIER
               A      CO2             Water          Urine     Gal
               B      CO2             Water          Ureum     Urine
               C      Waterdamp       Gal            Water     Soute
               D      Ureum           Water          Gal       CO2

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                   LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2024)

     1.1.4   Dit word aanbeveel dat atlete minstens twee weke voor ŉ groot
             byeenkoms op ŉ hoër altitude oefen om die aantal rooibloedselle in hul
             liggaam te verhoog. Die aantal rooibloedselle verhoog om ...

             A       suurstofabsorpsie as gevolg van die lae suurstofvlakke in die
                     atmosfeer te verhoog.
             B       die liggaam toe te laat om oortollige koolstofdioksied te verwyder as
                     gevolg van hoër vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer.
             C       die hoeveelheid koolstofdioksied wat uitgeasem word as gevolg van
                     hoë suurstofvlakke in die atmosfeer te verhoog.
             D       toe te laat dat die liggaam meer suurstof absorbeer as gevolg van
                     hoë vlakke van suurstof in die atmosfeer.

     1.1.5   Die rede vir die kook van die blaar in alkohol tydens ŉ styseltoets is om ...

             A       chlorofiel te verwyder.
             B       te wys of stysel teenwoordig is.
             C       selwande te breek om selle meer deurlaatbaar te maak.
             D       die plantselle dood te maak.

     1.1.6   As die bloed-pH afneem, sal die niere die ...

             A       absorpsie van ureum in die bloed verhoog.
             B       afskeiding van waterstofione in die buise verminder.
             C       herabsorpsie van bikarbonaatione in die bloed verhoog.
             D       absorpsie van natriumione in die bloed verminder.

     1.1.7   Bestudeer die lys hieronder en beantwoord die vraag.

             (i)     Water
             (ii)    CO2
             (iii)   Waterstof (H+) ione
             (iv)    Stralingsenergie

             Watter van die bogenoemde reaktante word vir fotosintese benodig?

             A       (i); (ii) en (iv)
             B       (i); (iii) en (iv)
             C       Slegs (iv)
             D       (i) en (iv)

     1.1.8   ŉ Plant se huidmondjies sluit wanneer temperature 30 ºC oorskry.

             Wat is die mees waarskynlike faktor om die tempo van fotosintese te
             beperk nadat dit gebeur?

             A       Suurstofkonsentrasie
             B       Ligintensiteit
             C       Temperatuur
             D       Koolstofdioksiedkonsentrasie

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    5

     1.1.9    Identifiseer in die diagram hieronder die proses wat by X en Y tussen
              liggaamweefselselle en ŉ kapillêre bloedvat plaasvind.

                           O2

                                           CO2

              A      Gaswisseling, aktiewe proses
              B      Selrespirasie, passiewe proses
              C      Gaswisseling, passiewe proses
              D      Selrespirasie, aktiewe proses                              (9 x 2)   (18)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     1.2.1    Organel in plantselle wat chlorofiel bevat

     1.2.2    Asemhalingspier wat vir die vergroting van die ribbekas tydens
              inaseming verantwoordelik is

     1.2.3    Buisie wat vir die vervoer van urine van die nier na die blaas
              verantwoordelik is

     1.2.4    Strukture in die long waar gaswisseling plaasvind

     1.2.5    Die belangrikste fotosintetiese weefsel van die blaar

     1.2.6    Die afbreek van ŉ watermolekule in waterstof- en suurstofatome tydens
              fotosintese

     1.2.7    Beskermende dubbelmembraan wat die longe omsluit

     1.2.8    Gas benodig vir aërobiese respirasie

     1.2.9    Groepe selle in die pankreas wat insulien en glukagon afskei      (9 x 1)     (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                             LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
    A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
    Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
    (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM I                           KOLOM II
      1.3.1    Struktuur(e) wat verhoed dat             A:      Uvula
               voedseldeeltjies die longe binnedring    B:      Epiglottis
      1.3.2    Streek van die spysverteringskanaal waar A:      Proksimale
               die meeste water herabsorbeer word               kronkelbuis
                                                        B:      Dunderm
      1.3.3    Uitgevoer met gesilieerde epiteel        A:      Brongi
                                                        B:      Tragea
      1.3.4    Hormoon/hormone verantwoordelik vir      A:      Aldosteroon
               osmoregulering                           B:      Antidiuretiese
                                                                hormoon
                                                                              (4 x 2)      (8)

1.4 Die model van die longe hieronder word gebruik om die meganisme van
    asemhaling te demonstreer.

                                                                  A
                                                                  B

                                                                 C

                     D

     1.4.1    Watter struktuur in die asemhalingstelsel verteenwoordig byskrif A?          (1)

     1.4.2    Beskryf die rol wat D tydens inaseming speel.                                (2)

     1.4.3    Gee TWEE redes waarom die model nie werklik die menslike
              gaswisselingstelsel verteenwoordig nie.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                  7

1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig deel van die menslike gaswisselingstelsel.

                     G
                                                                A

                     F                                           B

                                                                 C

                     E                                          D

     1.5.1    Verskaf geskikte byskrifte vir die volgende strukture:

              (a)    B                                                                     (1)

              (b)    C                                                                     (1)

     1.5.2    Verduidelik TWEE SIGBARE redes waarom die struktuur hierbo as ŉ
              effektiewe gaswisselingsoppervlak beskou kan word.                           (4)

     1.5.3    Gee die LETTER en NAAM van die struktuur wat:

              (a)    Kraakbeenbande bevat wat vibreer vir klankproduksie                   (2)

              (b)    C-vormige kraakbeenringe bevat                                        (2)
                                                                                          [50]

                                                                TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Wetenskaplikes het ŉ studie gedoen om te bepaal onder watter kleur lig Elodea
      (waterplant) die beste groei. Die eksperiment is soos volg uitgevoer:

      x Die apparaat is opgestel soos in die diagram hieronder
      x Drie eksperimente is opgestel, elk onder ŉ ander kleur lig (blou, groen of rooi)
      x Die afstand vanaf die ligbron in elk, het 30 cm gebly

                                                                         Suurstof-
                                                                         borrels
                            Lig

                                                                           Elodea

      Die gemiddelde tyd wat dit geneem het om 20 suurstofborrels te produseer, is
      in die tabel hieronder aangeteken.

         KLEUR VAN LIG                    TYD (IN SEKONDES) OM 20
                                       SUURSTOFBORRELS VRY TE STEL
                Blou                                  40
               Groen                                 160
               Rooi                                   80

      2.1.1   Teken ŉ histogram om die data in die bostaande tabel voor te stel.             (6)

      2.1.2   Waarom het die wetenskaplikes suurstofborrelproduksie gebruik om na
              die groei van die plant te kyk?                                                (2)

      2.1.3   Skryf die verhouding vir die aantal borrels onder groen lig in vergelyking
              met rooi lig.                                                                  (2)

      2.1.4   Watter ligbron moet aanbeveel word om plante onder te laat groei?              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

2.2   ŉ Ernstige motorongeluk het daartoe gelei dat ŉ kind ŉ geperforeerde diafragma
      (diafragmatiese breuk) gehad het. Sy buikorgane is in sy borsholte gedruk.
      Simptome sluit asemhalingsprobleme en ŉ vinnige hartklop in.

      2.2.1   Bespreek hoe die gat in die diafragma, wat deur die diafragmatiese breuk
              veroorsaak word, inaseming sal beïnvloed.                                    (3)

      2.2.2   Beskryf waarom die simptoom van ŉ vinnige hartklop sou voorkom.              (5)

2.3 Navorsers wou vasstel of lewende organismes suurstof vir aërobiese respirasie
    benodig. Suurstofopname kan met behulp van ŉ respirator gemeet word, soos in
    die opstelling hieronder getoon.

      x Die apparaat bestaan uit twee flesse, een wat die lewende organisme bevat en
        die ander glaskrale.
      x Albei buise bevat dieselfde volume natriumhidroksied.
      x Sodra die apparaat opgestel is, sal die beweging van die gekleurde vloeistof in
        die manometer (U-vormige buis wat ŉ gekleurde vloeistof bevat) aandui
        hoeveel suurstof gebruik word.
      x Die afname in suurstof in een buis verhoog die druk wat veroorsaak dat die
        gekleurde vloeistof in daardie buis opbeweeg.

      Die afstand wat die vloeistof in die manometer oor tyd beweeg het, is gemeet om
      die volume suurstof wat die insek per minuut ingeneem het, aan te dui. Die
      bevindinge is in die tabel hieronder aangeteken.

                     BEWEGING VAN KLEURSTOF IN MANOMETER OOR TYD (CM)
                       0 min   15 min   30 min     45 min    60 min
       FLES A            0       +7      +13        +20       +28
       FLES B            0       -7       -13        -20       -28

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                               LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2024)

                                        Spuitnaald                    Spuitnaald
                                       wat lug bevat                 wat lug bevat

              Geslote                 +          -                   Rubberprop
               kraan

                                                                     Glaskrale
               Insek                                                 (Dieselfde
                                                                   massa as insek)

        Metaalgaas                                                   Filtreerpapier
                                     Manometer wat                         pit
                                       gekleurde
                  Natrium-           vloeistof bevat          Natrium-
         hidroksied-oplossing                           hidroksied-oplossing

                        FLES A                              FLES B

     2.3.1   Stel die doel van hierdie ondersoek.                                          (2)

     2.3.2   Identifiseer die:

             (a)     Afhanklike veranderlike                                               (1)

             (b)     Onafhanklike veranderlike                                             (1)

     2.3.3   Bereken die persentasie toename van suurstofverbruik van 30 minute
             tot 60 minute in FLES A.                                                      (3)

     2.3.4   Verduidelik EEN manier waarop geldigheid in hierdie ondersoek
             verseker is.                                                                  (2)

2.4 Respirasie vind plaas in beide aërobiese en anaërobiese toestande. Hierdie
    prosesse verskil in plant- en dierselle. In plantselle is getoon dat anaërobiese
    respirasie verskeie belangrike ekonomiese gebruike en voordele inhou.

     2.4.1   Beskryf die proses van die Krebs-siklus.                                      (3)

     2.4.2   Hoe verskil anaërobiese respirasie in plantselle in vergelyking met
             dierselle?                                                                    (4)

     2.4.3   Bespreek TWEE ekonomiese voordele van die gebruik van anaërobiese
             respirasie in gis.                                                            (4)

     2.4.4   Noem EEN simptoom van langdurige anaërobiese respirasie in spiere.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                                                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                                     11

2.5 Kweekhuise is geslote strukture wat gebruik word om plante onder beheerde
    toestande te laat groei. Koolstofdioksiedvlakke word hoog gehou gedurende die
    dagligure sodat optimale fotosintese kan plaasvind. Die grafiek hieronder toon
    die CO2-konsentrasie in ŉ kweekhuis oor ŉ tydperk van 24 uur. Van 12:00 tot
    16:00 is koolstofdioksied in die kweekhuis gepomp.

                                           KOOLSTOFDIOKSIEDKONSENTRASIE (DPM) IN ʼN
                                             KWEEKHUISSTELSEL OOR ʼN 24 UUR DAG

                                        800

        Koolstofdioksiedkonsentrasie
                                        700
                                        600
                                        500
                                        400

                   (dpm)
                                        300
                                        200
                                        100
                                          0

                                              00:00   02:00   04:00   06:00   08:00   10:00   12:00   14:00   16:00   18:00   22:00   24:00
                                                                                          Tyd

     2.5.1                             Noem TWEE ander omgewingstoestande wat in ŉ kweekhuis beheer
                                       kan word.                                                                                               (2)

     2.5.2                             Wat veroorsaak die daling in CO2-konsentrasie van 06:00 tot 12:00.                                      (2)

     2.5.3                             Hoekom moet ŉ boer nie die aanbevole dosis CO2 oorskry nie.                                             (2)

     2.5.4                             Na 16:00 is geen koolstofdioksied verder in die kweekhuis gepomp nie.

                                       Verduidelik wat sou veroorsaak het dat CO2-vlakke van 22:00 tot 06:00
                                       toegeneem het.                                                                                          (4)
                                                                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief
                                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                LEWENSWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 3

3.1 ŉ Lyndiagram van die nefron word hieronder getoon.

                                                               A

                                                                B

                                                                   C

                   F                                             D

                            E

     3.1.1   Gee die LETTER en NAAM van die deel van die nefron waar:

             (a)       Tubulêre ekskresie voorkom                                      (2)

             (b)       Natrium (sout) aktief uitgepomp word                            (2)

     3.1.2   Verduidelik DRIE strukturele aanpassings van struktuur A vir
             doeltreffende filtrasie.                                                  (6)

     3.1.3   Beskryf hoe die herabsorpsie van die volgende stof vanaf deel F
             plaasvind:

             (a)       Glukose                                                         (2)

             (b)       Water                                                           (2)

     3.1.4   Beskryf die rol van ADH op struktuur B en C wanneer die liggaam
             dehidreer (ontwater).                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
                       Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                      13

3.2   Die grafiek hieronder toon die samestelling van verskillende opgeloste stowwe
      wat in die bloedplasma, glomerulêre filtraat en urine van ŉ pasiënt aangetref is,
      wat na die hospitaal gekom het, nadat hy in ŉ koma verval het.

                             PLASMA            FILTRAAT             URINE
       Glukose                 >120               >90                 50
       Proteïene             740–750               0                  0
       Ureum                     30                30               >1 200
       Natrium                  287               262                276
       Water                    900               900                687
       Aminosure                0,5               0,5                0,0

      3.2.1   Identifiseer die uitskeidingsproduk in die tabel hierbo wat in die lewer uit
              deaminasie van aminosure geproduseer word.                                       (1)

      3.2.2   Verduidelik EEN rede waarom geen proteïene in die filtraat voorkom nie.          (2)

      3.2.3   Die tabel dui aan dat hoë vlakke natriumione uitgeskei is. Verduidelik
              wat die hoë natriumvlakke in die urine veroorsaak wanneer die vlakke in
              die bloed te hoog is.                                                            (2)

      3.2.4   Verduidelik die toestand wat die pasiënt waarskynlik het, gegewe van
              die glukosevlakke wat in die tabel gegee is.                                     (3)

3.3   Die diagram hieronder verteenwoordig die menslike spysverteringstelsel.

                                                                       A
                     F
                                                                       B

                                                                       C

                     E

                                                                       D

      3.3.1   Verskaf ŉ geskikte byskrif vir dele:

              (a)        A                                                                     (1)
              (b)        D                                                                     (1)
              (c)        F                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2024)

      3.3.2   Lys TWEE funksies van die HCl wat in struktuur B vervaardig word.             (2)

      3.3.3   Verduidelik TWEE aanpassings van deel E vir die effektiewe
              funksionering daarvan.                                                        (4)

      3.3.4   Identifiseer die struktuur wat gal afskei.                                    (1)

      3.3.5   Beskryf EEN rol wat gal dien soos dit die dunderm binnegaan.                  (2)

      3.3.6   Teken ŉ lyndiagram van ŉ deursnit deur deel E.                                (5)

3.4   Die eindprodukte van vertering is monomere wat maklik geabsorbeer kan word.
      Hersien die gegewe lyndiagram van die villus en beantwoord die vrae wat volg.

                           C

                                                                     A

                     B

      3.4.1   Gee die NAAM van die monomeer(e) en gee die LETTER waar dit in die
              villus vir elk van die volgende makro-molekules opgeneem word:

              (a)        Lipiede                                                            (2)

              (b)        Koolhidraat                                                        (2)

      3.4.2   As gevolg van Crohn se siekte word die villus in die dunderm kleiner en
              uiteindelik afgeplat.

              Bespreek kortliks hoe Crohn se siekte die voeding en lewenstyl van ŉ
              individu sal beïnvloed.                                                      (4)
                                                                                          [50]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Life Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2023-afrikaans/85769031-3726-4a81-91d5-1b6af4517709) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Life Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/ae8cb13c-71ab-498f-8593-036a6b0fb035) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024
- [Life Sciences Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-11-march-2023-qp-and-memo/fba019ce-d02a-4f9b-a4ee-24c91a5e035c) — QP + Memo · 2023
- [KZN Life Sciences Grade 11 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-september-2023-qp-and-memo/5cd8ebb9-a204-4f7c-87a1-46dc4d3347f7) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
