# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/6cf05687-e289-493a-b815-46c087b7497b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/6cf05687-e289-493a-b815-46c087b7497b)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                         NOVEMBER 2024

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *ILFSCA2*

                      Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

                  Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                          LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   ALLE sketse MOET met potlood en die byskrifte met blou of swart ink gedoen
     word.

7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
    waar nodig.

11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                               3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

       1.1.1    ŉ Wortelstelsel wat hoofsaaklik in monokotiele (eensaadlobbiges)
                voorkom, wat deur baie dun, effens vertakte wortels wat vanuit die
                stingel groei, gevorm word.

                A    Vaskulêre wortels
                B    Lugwortels
                C    Bywortels
                D    Penwortels

       1.1.2    ŉ Biologiese voorbereiding wat van beskadigde mikro-organisme
                deeltjies gemaak word, wat gebruik word om ŉ immuunrespons deur
                die liggaam se immuunstelsel te stimuleer.

                A    Antibiotika
                B    Entstof
                C    Antigeen
                D    Virus

       1.1.3    Die diagram hieronder toon 'n broodskimmel.

                Die korrekte byskrifte vir die diagram hierbo is:

                A    X-spore, Y-sporangiofoor, Z-sporangium
                B    X-sporangium,Y-spore, Z-sporangiofoor
                C    Z-sporangiofoor, Y-sporangium, X-spore
                D    Y-sporangium, X-sporangiofoor, Z-spore

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2024)

      1.1.4    ŉ Tegniek wat gebruik word om die olifantpopulasie op ŉ lugfoto te
               bepaal:

               A        Kwadrant steekproefneming
               B        Direkte telling
               C        Merk-hervang
               D        Uitdunning

      1.1.5    Die tabel hieronder toon die waterdamvlakke in die Nelson
               Mandelabaai-munisipaliteit gedurende sekere maande van 2024.

                       Dam           Kapasiteit        Huidige vlak      Beskikbare
                                  wanneer dit vol is       (%)           water (mℓ)
                                         (mℓ)
                Churchill             32 249 mℓ           100%            32 597 mℓ
                Impofu               105 757 mℓ          42,62%           27 642 mℓ
                Loerie                 3 026 mℓ          98,65%           2 410 mℓ
                Kouga                125 910 mℓ           100%           121 755 mℓ
                Groendal              11 638 mℓ           100%            11 149 mℓ

               Watter dam het die minste beskikbare water?

               A        Impofu
               B        Groendal
               C        Kouga
               D        Loerie

      1.1.6    ŉ Smal skag wat in die grond geboor word om water te onttrek.

               A        Waterdraer
               B        Boorgat
               C        Vleiland
               D        Suiwering

      1.1.7    Bestudeer die lys hieronder.

               (i)      Hou op om medikasie te gebruik nadat jy beter voel
               (ii)     Gebruik verkeerde behandeling
               (iii)    Die patogeen ondergaan mutasies
               (iv)     Gebruik korrekte behandeling op ŉ gereelde basis
               (v)      Word besmet met ŉ ander siekte

               Watter van die volgende kombinasies veroorsaak dat mense weerstand
               teen ŉ siekte ontwikkel?

               A        (i) en (v)
               B        (ii), (iv) en (v)
               C        (iii) en (iv)
               D        (i) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                       Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                    5

     1.1.8    Die netto toename in ŉ bevolking kan bepaal word deur ...
              A      sterftes en immigrasies by te voeg en geboortes en emigrasies af
                     te trek
              B      geboortes en immigrasies by te voeg en sterftes en emigrasies af
                     te trek.
              C      geboortes en emigrasies by te tel en sterftes en immigrasies af te
                     trek.
              D      geboortes en sterftes by te tel en emigrasies en immigrasies af te
                     trek.
     1.1.9    Die volgende diagram toon ŉ saad.

                                                         2
                                                                             3
                           1
                                                                                 4

              Watter gemerkte deel ontwikkel om die stingel en blare te vorm?
              A      1
              B      2
              C      3
              D      4                                                           (9 x 2)   (18)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.
     1.2.1    Organismes van dieselfde spesie wat in dieselfde omgewing saamleef
              en kan kruisteel
     1.2.2    ŉ Plantliggaam wat nie in stingels en blare gedifferensieer word nie en
              wat nie ware wortels het nie
     1.2.3    Plant- en dierspesies wat stabiel in hul omgewing bly
     1.2.4    Organiese komponent van grond, gevorm deur die ontbinding van blare
              en ander plantmateriaal deur mikro-organismes
     1.2.5    ŉ Stingel wat horisontaal groei
     1.2.6    Faktore wat ŉ invloed op ŉ bevolking sal uitoefen, ongeag die grootte
              daarvan
     1.2.7    ŉ Proses van aanvanklike kolonisering van grond in ŉ voorheen
              versteurde gebied
     1.2.8    Groei van ŉ enkele spesie plantgewasse in groot gebiede vir baie
              opeenvolgende jare
     1.2.9    Elektrisiteit wat deur die krag van water opgewek word             (9 x 1)     (9)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                             LEWENSWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2024)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι, van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
    slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
    (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK.

                      KOLOM Ι                                        KOLOM ΙΙ
     1.3.1 Ontwikkel ŉ notokoord (rugkoord)          A:        Arthropoda
                                                     B:        Chordata
     1.3.2 Hemoseel                                  A:        Oop bloedstelsel
                                                     B:        Geslote bloedstelsel
     1.3.3 Outotrofies                               A:        Groen alge
                                                     B:        Amoeba
                                                                                   (3 x 2)     (6)

1.4 Die filogenetiese diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe
    in lewende organismes met vier afdelings.

                         A           B        C            D

                                                                  X

                                                           Sade

                                                    Vaatweefsel

                        Gemeenskaplike voorouer

     1.4.1 Identifiseer die koninkryk wat deur die filogenetiese diagram hierbo
           voorgestel word.                                                                    (1)

     1.4.2 Skryf die LETTER en NAAM neer van die afdeling wat:

             (a)     ŉ Dominante gametofietgenerasie het                                       (2)

             (b)     Loofblare as blare het                                                    (2)

     1.4.3 Noem die evolusionêre aanpassing by X in afdeling D wat dit moontlik
           gemaak het om suksesvol te wees.                                                    (1)

     1.4.4 Noem die vaskulêre-/vaatweefsel wat vervaardigde voedsel vervoer.                   (1)

     1.4.5 Watter koninkryk het sessiele organismes wat verskil van die een hierbo
           met betrekking tot hul voedingswyse?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                      LEWENSWETENSKAPPE V2                                7

1.5 Die onderstaande grafiek toon die interaksie tussen die rooikat- en
    haasbevolking oor tyd.

                     Drakrag

                      B

     1.5.1    Noem die:

              (a)      Prooispesie                                                         (1)

              (b)      Roofdierspesie                                                      (1)

     1.5.2    Wat is die drakrag van die haasbevolking in die bostaande roofdier-
              prooigrafiek hierbo?                                                         (1)

     1.5.3    In watter jare is die bevolkingsgrootte van die haas twee keer meer as
              die rooikatbevolking?                                                        (2)

     1.5.4    Identifiseer die fase wat … gemerk is:

              (a)      B                                                                   (1)

              (b)      D                                                                   (1)

     1.5.5    Noem TWEE ander digtheidsafhanklike faktore wat ŉ negatiewe effek op
              ŉ bevolking kan hê.                                                          (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                           LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Die diagram hieronder toon ŉ proses in biotegnologie waardeur insulien vir
    mense met diabetes mellitus geproduseer word.

        Mikro-organisme X                                    Menslike sel

                                   Plasmied

                                                 DNS

                          Plasmied
                         word gesny

                                                                        Geen
                                                                       van DNS

                                      Rekombinante DNS

     2.1.1   Noem die:

             (a)     Biotegnologiese proses hierbo                                         (1)

             (b)     Mikro-organisme X wat in hierdie proses gebruik word                  (1)

     2.1.2   Verduidelik hoe mikro-organisme X genoem in VRAAG 2.1.1 (b)
             voortplant om dit vir die bogenoemde proses geskik te maak.                   (2)

     2.1.3   Beskryf die stappe wat betrokke is by die vervaardiging van insulien.         (4)

     2.1.4   Teken ŉ netjiese diagram met byskrifte van mikro-organisme X om die
             struktuur daarvan te toon.                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                                     LEWENSWETENSKAPPE V2                             9

2.2 Lees die inligting hieronder.

     MIV/Vigs is al jare lank ŉ wêreldwye gesondheidspandemie, met meer as 35
     miljoen lewens wat wêreldwyd deur hierdie siekte verloor is. Alhoewel geen
     geneesmiddel vir hierdie virus ontwikkel is nie, het wetenskaplikes
     voorkomingsterapie ontwikkel om die verspreiding van MIV by mense te stop en
     te verminder.

     Een so ŉ voorkomingsterapie vir MIV/Vigs is Pre-Exposure Prophylaxis (PrEP).
     PrEP werk deur die immuunstelsel te stimuleer om ŉ ensiem te blokkeer wat
     deur MIV in die liggaam benodig word om te kan voortplant. Hierdie middels
     word gewoonlik daagliks op dieselfde tydsinterval deur MIV-negatiewe mense
     geneem.

     Wetenskaplikes het ŉ ondersoek gedoen om die doeltreffendheid van PrEP-
     middels te bepaal om MIV-infeksie by vroue te voorkom.

     Die prosedure was soos volg:
     x 5 338 vroue tussen 16–25 jaar oud het aan die ondersoek deelgeneem en is
        in drie groepe verdeel (A, B en C).
     x Groep A wat uit 2 134 vroue bestaan het, het twee keer per jaar (een keer elke
        6 maande) die Lenacapavirmiddel gekry.
     x Groep B het 2 136 vrouedeelnemers gehad wat daagliks vir ŉ jaar die
        Descovymiddel geneem het.
     x Groep C het 1 068 vrouedeelnemers gehad wat daagliks vir ŉ jaar die
        Truvadamiddel geneem het.

     Die resultate van die ondersoek word grafies hieronder getoon.

                                    VOORKOMS VAN DIE ONTWIKKELING VAN MIV-
                                    INFEKSIE MET VERSKILLENDE PrEP-MIDDELS

          VOORKOMS VAN DIE        2,5

                                   2

           ONTWIKKELIG VAN
                                  1,5

                                   1

         MIV INFEKSIE (PER 100)
                                  0,5

                                   0
                                            Lenacapavir         Descovy       Truvada
                                                              PrEP-MIDDEL

     2.2.1             Identifiseer die tipe immuniteit wat die PrEP-middels aan mense bied.           (1)

     2.2.2             Vir hierdie ondersoek, identifiseer die:

                       (a)              Afhanklike veranderlike                                        (1)

                       (b)              Onafhanklike veranderlike                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief
                                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                            LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2024)

     2.2.3    Gee EEN rede waarom hierdie ondersoek as betroubaar beskou kan
              word.                                                                         (1)

     2.2.4    Meld TWEE faktore aan wat in ag geneem is by die keuse van vroue-
              deelnemers aan hierdie ondersoek.                                             (2)

     2.2.5    Verduidelik watter PrEP-middel sterk aanbeveel sal word vir seksueel
              aktiewe mense.                                                                (3)

     2.2.6    Noem EEN ander MIV/Vigs voorkomende maatreël wat seksueel
              aktiewe mense tydens seksuele omgang moet beoefen.                            (1)

2.3 Die diagram hieronder toon bestuiwing in blomplante.

          A
                                                   C

                                      Stuifmeel                                       D

                                                                               E
      B

                                                                              Ovarium

                     Blom 1                                  Blom 2

     2.3.1    Identifiseer die:

              (a)    Bestuiwingsagens/-middels in die bogenoemde proses                     (1)

              (b)    Tipe bestuiwing verteenwoordig                                         (1)

     2.3.2    Skryf die LETTER en NAAM van die struktuur neer wat:

              (a)    Die bestuiwingsagente gelok het                                        (2)

              (b)    ŉ Beskermende funksie het                                              (2)

     2.3.3    Beskryf die gebeure wat plaasvind wanneer stuifmeel op deel D land.           (4)

     2.3.4    Gee EEN eienskap in die nageslag, wat deur hierdie plante geproduseer
              word, wat hulle in staat sal stel om in moeilike veranderende omgewings
              te oorleef.                                                                   (1)

     2.3.5    Navorsing toon ŉ afname         in   die   bevolkingsgrootte     van   die
              bestuiwingsagens hierbo.

              Verduidelik hoe dit die koste van saadgebaseerde voedsel kan
              beïnvloed.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                   11

2.4 Die diagram hieronder toon ŉ seekat, ŉ triploblastiese mariene-organisme met
    agt ledemate.

        Seekat
       ledemate

     2.4.1    Hoeveel weefsellae het ŉ seekat?                                             (1)

     2.4.2    Gee EEN moontlike funksie van die agt ledemate op die seekatliggaam.         (1)

     2.4.3    Diagram 1 en 2 hieronder toon ŉ moontlike liggaamsplan vir ŉ seekat.

              (a)    Identifiseer weefsellaag Y.                                           (1)

              (b)    Watter DIAGRAM (1 of 2) word in ŉ seekat aangetref?                   (1)

     2.4.4    Meer ontwikkelde dierfilums het vloeistof X in weefsellaag Y ontwikkel.
              Noem vloeistof X en verduidelik TWEE voordele van vloeistof X in
              meer ontwikkelde filums.                                                     (5)

     2.4.5    Noem die dierefilum wat die simmetrie in DIAGRAM 1 het.                      (1)

2.5 Beskryf TWEE maniere waarop ongewerweldes nuttig kan wees in die
    landbou.                                                                              (4)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 3
3.1 Die grafieke hieronder toon die bevolkingspiramides van China in die jare 1980
    en 2020.

      China 1980                                          China 2020
      Bevolking: 982 372 466             Ouderdom         Bevolking: 1 424 929 781

             Mans              Vroue                    Mans             Vroue

             8%      4% 0% 4% 8%                       8% 4%      0% 4% 8%

     3.1.1   Wat is die naam van die grafiek hierbo wat gebruik word om die
             verspreiding van ŉ bevolking in ŉ land te illustreer?                         (1)
     3.1.2   In watter jaar het China:
             (a)     Gebrek gehad aan basiese hulpbronne vir sy groeiende bevolking?       (1)
             (b)     Die lewensverwagting van sy bevolking verbeter?                       (1)
     3.1.3   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.2 (b) deur na die grafiek te
             verwys.                                                                       (2)
     3.1.4   Bepaal die totale aantal mans in die Chinese bevolking van 2020 as die
             persentasie mans 51,2% is. Wys ALLE bewerkinge.                               (2)

     3.1.5   Die Chinese regering het die One Child Policy in 1980 en ander
             ekonomiese hervormingsbeleide in die daaropvolgende jare ingestel.
             Hierdie beleide is ontwerp om die vinnige bevolkingsgroei te vertraag en
             die aantal mense van werkende ouderdom te verhoog. Ingevolge die
             One Child Policy is egpare toegelaat om een kind te hê.

             (a)     Verduidelik hoe hierdie beleide die pre-reproduktiewe ouderdom en
                     die bevolkingspersentasies van die werkende ouderdom vanaf die
                     jaar 1980 tot die jaar 2020 beïnvloed het.                            (4)
             (b)     Gee TWEE ander strategieë wat regerings kan implementeer om
                     bevolkingsgroei in ŉ land te verminder.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                   13

3.2 Lees die inligting hieronder.

     Plastiekbesoedeling hou verband met klimaatsverandering, veral plastiek wat
     slegs een keer gebruik word, wat dikwels weggegooi en in sommige gevalle op
     stortingsterreine van informele wonings verbrand word. Die verbranding van
     plastiek dra negatief tot mense se gesondheid by. Talle pogings is deur sommige
     munisipaliteite en ander organisasies aangewend om plastiek te herwin met min
     sukses wat behaal is.

     Die tabel hieronder toon die hoeveelheid plastiek wat in 2019 in miljoene ton
     (Mt) vermors is deur verskillende soorte plastiekafval.

          Tipe plastiekafval        Hoeveelheid plastiek     Hoeveelheid plastiek
                                       (miljoene ton)          (Persentasie %)
      Vullisterreine                         174                    49,3
      Verbranding                             67                     19
      Vrygestel in die
      omgewing                              79                        22,4
      Herwinde                              33                         9,3

     3.2.1    Noem die tipe plastiekafval wat die meeste tot klimaatsverandering
              bygedra het.                                                                  (1)

     3.2.2    Verduidelik hoe gemeenskappe die tipe plastiekafval wat in VRAAG 3.2.1
              genoem is tot hul voordeel kan gebruik.                                (2)

     3.2.3    Beskryf hoe verbranding van plastiek ŉ negatiewe uitwerking op mense
              se gesondheid kan hê.                                                         (3)

     3.2.4    Stel TWEE moontlike redes voor vir die lae persentasie herwinde plastiek
              afval.                                                                        (2)

     3.2.5    Teken ŉ sirkelgrafiek om die hoeveelheid plastiek, in persentasie gemeet,
              van die verskillende tipes plastiekafval in 2019 voor te stel.            (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2024)

3.3 Lees die uittreksel hieronder oor ŉ uitheemse indringerplant.

             DIE BRASILIAANSE PEPERBOOM BEDREIG BIODIVERSITEIT

                                    Brasiliaanse peperboom
     Die Brasiliaanse peperboom (Schinus terebinthifolius) is ŉ indringerplant in dele
     van Suid-Afrika wat inheems is aan Brasilië in Suid-Amerika. Hierdie plant wat
     aanvanklik vir sier- en straatboomdoeleindes bekendgestel is, dring gewoonlik
     voorheen versteurde landgebiede en rivierrande in.

     Die Brasiliaanse peperboom het ŉ vinnige groeitempo wat dit in staat stel om
     inheemse plantegroei uit te kompeteer deur ŉ digte blaredaklaag oor ander
     plante te vorm. Hierdie plant het giftige bessies wat skadelik is vir wilde diere
     soos voëls en ander diere wat hulle eet, wat veroorsaak dat hulle vrek. Die groei
     van hierdie indringerplant kan tot 10 meter hoog word en dit absorbeer baie
     koolstofdioksied uit die atmosfeer.

     3.3.1   Wat word bedoel met uitheemse indringer?                                      (2)

     3.3.2   Hoekom is die Brasiliaanse peperboom in Suid-Afrika bekendgestel?             (1)

     3.3.3   Gee bewyse uit die uittreksel wat aandui dat die Brasiliaanse peperboom:

             (a)     ŉ Pionierspesie is                                                    (1)

             (b)     Giftig vir dierelewe is                                               (1)

             (c)     Aardverwarming kan verminder                                          (1)

     3.3.4   Verduidelik hoe die vinnige groeikoers van die Brasiliaanse peperboom
             plantbiodiversiteit kan beïnvloed.                                            (3)

     3.3.5   Beskryf hoe biologiese beheer kan help om die bevolking van die
             Brasiliaanse peperboom te verminder.                                          (2)

3.4 Kusprovinsies in Suid-Afrika het ongunstige weerpatrone ervaar, wat ernstige
    skade aan gemeenskappe aangerig het.

     Verduidelik die impak van aardverwarming op die weerpatrone.                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2024)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                15

3.5 Mededinging en simbiose bestaan in ekosisteme om organismes in staat te stel
    om met mekaar mee te ding en met mekaar te kommunikeer en beperkte
    omgewingshulpbronne te deel. Kompetisie veroorsaak dikwels dat sommige
    organismes uitsterf as hulle uitkompeteer word terwyl ander oorleef.

     Die diagramme hieronder toon organismes wat meeding.

                     DIAGRAM 1                          DIAGRAM 2

     3.5.1 Noem die tipe kompetisie wat plaasvind in:

             (a)     DIAGRAM 1                                                        (1)

             (b)     DIAGRAM 2                                                        (1)

     3.5.2 Noem en beskryf TWEE simbiotiese verhoudings wat een organisme in
           ŉ ekosisteem kan bevoordeel.                                              (4)
                                                                                    [50]

                                                                AFDELING B:         100
                                                              GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/ae8cb13c-71ab-498f-8593-036a6b0fb035) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Life Sciences · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2023-afrikaans/85769031-3726-4a81-91d5-1b6af4517709) — Memo · 2023 · Afr
- [Life Sciences Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-11-march-2023-qp-and-memo/fba019ce-d02a-4f9b-a4ee-24c91a5e035c) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
