# Physical Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-physical-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ed81f20d-c401-4ac7-a776-e2868999b909
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-physical-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ed81f20d-c401-4ac7-a776-e2868999b909)

## About this document

Physical Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                           NOVEMBER 2020

                 FISIESE WETENSKAPPE V1
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                     *IPHSCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.

### Page 2

2                         FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die
      ANTWOORDEBOEK.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

 6.   Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

 8.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 9.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
      plekke af.

 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en
 skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommerS(1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 Watter EEN van die volgende kragte KAN NIE gelyk aan nul wees nie?

      A      Normaalkrag
      B      Wrywingskrag
      C      Gravitasiekrag
      D      Toegepastekrag                                                              (2)

 1.2 Die diagram hieronder verteenwoordig vier vektore Q, R, S en T.

                            Q
                                          R

                            T
                                           S

      Watter EEN van die vektore is die resulterende vektor van die ander drie
      vektore?

      A      Q
      B      R
      C      S
      D      T                                                                           (2)

 1.3 ŉ Meisie met ŉ gewig van 600 N staan op ŉ badkamerweegskaal in ŉ hysbak
     wat opwaarts beweeg toe sy opmerk dat die skaal 560 N lees. Watter EEN van
     die volgende is die KORREKTE gevolgtrekking van die beweging van die
     hysbak? Die hysbak …

      A      versnel opwaarts.
      B      versnel afwaarts.
      C      beweeg opwaarts teen ‘n konstante snelheid.
      D      beweeg afwaarts teen ‘n konstante snelheid.                                 (2)

 1.4 Passasiers in ‘n motor wat beweeg word aangeraai om veiligheidsgordels aan
     te sit. Dit sal die kanse om seer te kry, in geval van ŉ ongeluk, verminder.
     Hierdie voorsorgmaatreël is ‘n toepassing van watter EEN van die volgende
     Fisika-wette?

      A      Newton se eerste wet
      B      Newton se tweede wet
      C      Newton se derde wet
      D      Newton se universele wet van gravitasie                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                         FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 1.5 Watter EEN van die grafieke hieronder verteenwoordig die verhouding tussen
     gravitasiekrag F tussen twee voorwerpe en die afstand r tussen die voorwerpe?

       A                                     B   F (N)
            F (N)

                                  1                                        1

       C                                     D
              F (N)
                                                   F

                                      1
                                                                      1
                                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                 5

 1.6   ŉ Ligstraal gaan van lug na ŉ glasprisma. Die straal word deur die prisma
       gebreek en kom uit die prisma soos getoon in die onderstaande diagram.

       Watter EEN van die volgende stellings is WAAR met betrekking tot die
       diagram hierbo?

       A        =
       B        =
       C        =
       D        =

 1.7   Elke punt van ŉ golffront dien as ŉ bron van sferiese, sekondêre golwe wat
       vorentoe beweeg met dieselfde snelheid as die golf. Hierdie definisie
       verteenwoordig …

       A     refraksie (breking).
       B     diffraksie.
       C     golffront.
       D     Huygens se beginsel.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                           FISIESE WETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

 1.8   Twee identiese neutrale sfere P en Q word op geïsoleerde staanders geplaas.
       Dit word in kontak met mekaar gebring en die gelaaide staaf word naby
       sfeer P, soos in die onderstaande diagram getoon, gebring.

                                       P     Q

                     Gelaaide staaf

       Nadat die sfere kontak gemaak het, word hulle van mekaar geskei en dit
       word gevind dat die elektrone vanaf sfeer P na sfeer Q oorgedra was. Watter
       EEN van die volgende met betrekking tot die twee sfere is WAAR?

                        SFEER P                            SFEER Q
        A                Positief                           Positief
        B                Positief                           Negatief
        C               Negatief                            Negatief
        D               Negatief                            Positief                      (2)

 1.9   Die grootte van die geïduseerde emk oor die ente van ŉ draad is gelyk aan
       die …

       A    radius van die draad.
       B    dikte van die draad.
       C    temperatuur van die draad
       D    tempo van verandering in die magnetiese vloedkoppeling in die draad.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                          7

 1.10 In die stroombaan diagramme hieronder word DIESELFDE battery en
      DIESELFDE IDENTIESE resistors gebruik. Die interne weerstand van die
      battery word geïgnoreer.

        In watter EEN van die volgende stroombane sal die resistors die hoogste
        potensiaalverskil hê?

         A                                          B

                A
                                                         A
                               R1                                  R1

                          R2         R3                            R2

                                                                   R3

         C                                          D

                                                             A                R1
                A
                                                                   R2

                     R1         R2          R3                     R3
                                                                                          (2)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                          FISIESE WETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2

 ŉ Katrolstelsel word gebruik om ŉ krat met massa M kg stil te hou soos in die
 onderstaande diagram getoon.

                                                       T2

                                                 S    30o

                                                                      245 N
                                               M kg

                     T1

 2.1 Definieer die term resulterende vektor.                                              (2)

 2.2 Bereken die:

      2.2.1 Vertikale en horisontale komponente van T2                                    (4)

      2.2.2 Grootte van T1                                                                (2)

      2.2.3 Massa M van die krat                                                         (3)
                                                                                        [11]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                                   9

 VRAAG 3

 ŉ Krag van 250 N word op ŉ blok met massa 25 kg toegepas. Die 25 kg-blok word
 met ‘n ligte onrekbare tou aan ‘n 10 kg-blok verbind deur ‘n wrywinglose katrol soos
 in die diagram getoon. Die 250 N-krag word teen ‘n hoek van 25o met die horisontaal
 toegepas sodat die sisteem van blokke na links versnel. Die koëffisiënt van kinetiese
 wrywingskrag tussen die 25 kg-blok en die oppervlak is 0,15.

                     250
                     N
                                          25 kg
                               25o

                                                                      10 kg

 3.1 Definieer die term kinetiese wrywingskrag.                                              (2)

 3.2 Teken ŉ benoemde vryeliggaamdiagram van al die kragte wat op die
     25 kg-blok inwerk.                                                                      (5)

 3.3 Bereken die:

       3.3.1 Normaalkrag wat deur die oppervlak op die 25 kg-blok uitgeoefen word            (3)

       3.3.2 Versnelling van die sisteem blokke.                                            (7)
                                                                                           [17]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                        FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4

 Twee blokke met massa van 1,5 kg en 3,2 kg onderskeidelik word deur ŉ
 ligteonrekbare tou verbind. ŉ Krag van 24 N word op die sisteemblokke toegepas
 sodat dit teen die skuinsvlak van 25o met die horisontaal kan op beweeg teen ŉ
 KONSTANTE SNELHEID, soos in die diagram getoon.

 Die 1,5 kg blok ondervind ‘n konstante wrywingskrag van 2 N soos dit teen die
 skuinsvlak op beweeg.

                                                                    24 N

                           20o

 4.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                        (2)

 4.2 Teken ŉ benoemde vryeliggaamdiagram van al die kragte wat op die
     1,5 kg-blok inwerk.                                                                  (4)

 4.3 Bereken die:

      4.3.1 Spanning in die tou wat die blokke verbind                                    (5)

      4.3.2 Koëffisiënt van kinetiese wrywingskrag tussen die 3,2 kg-blok en die
            oppervlak                                                                    (6)
                                                                                        [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                  11

 VRAAG 5

 ŉ Satelliet met ŉ massa van 1 000 kg wentel om die aarde op ŉ afstand van
 200 km vanaf die oppervlak van die aarde, soos in die onderstaande diagram
 getoon.

                     Aarde

                                                                     Satelliet

                                             200 km

 5.1 Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde.                                     (2)

 5.2 Bereken die grootte van die krag wat die aarde toepas op die satelliet sodat
     die kan aanhou wentel.                                                                 (5)

 5.3 Bereken die gewig van die satelliet op die aarde se oppervlak.                         (3)

 5.4 Dieselfde satelliet wentel nou die aarde op ŉ afstand van twee keer die radius
     van vanaf die aarde se middelpunt. Sonder enige verdere berekeninge, bepaal
     die krag wat die aarde op die nuwe afstand op die satelliet uitoefen. Verduidelik
     hoe jy tot die antwoord gekom het.                                                    (3)
                                                                                          [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                         FISIESE WETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 6

 ŉ Ligstraal uit ŉ straalkas val op ŉ reghoekige glasprisma en die pad van die
 invallende straal en die straal wat deurdring, word nagetrek om die onderstaande
 diagram te verkry. Die brekingsindeks van lug en die brekingsindeks van ŉ glas is
 onderskeidelik 1,00 en 1,52.

                              50o

 6.1 Stel Snell se wet in woorde.                                                       (2)

 6.2 Bereken die:

      6.2.1 Hoek , in die diagram                                                       (4)

      6.2.2 Spoed van lig in glas                                                       (3)

      6.2.3 Grenshoek van glas                                                          (4)

 6.3 Definieer totale interne weerkaatsing.                                             (2)

 6.4 Stel TWEE voorwaardes wat nodig is vir totale interne weerkaatsing om plaas
     te vind.                                                                          (2)
                                                                                      [17]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                 13

 VRAAG 7

 ŉ Leerder is besig om ŉ sekere ligverskynsel te ondersoek. Hy het rooi lig deur ŉ
 enkele spleet gesien en die patroon wat op 'n skerm gevorm het, waargeneem. Hy
 het die eksperiment met blou lig herhaal en die patroon weer op 'n skerm
 waargeneem.

 7.1 Noem die verskynsel wat die leerder ondersoek.                                       (1)

 7.2 Teken aparte diagramme vir die patrone van rooi lig en blou lig wat die
     leerder op die skerm waargeneem het. Benoem duidelik rooi en blou bande.             (4)

 7.3 Verduidelik die verskille in die patrone van rooi en blou lig waargeneem.            (2)

 7.4 Watter aard van lig toon die verskynsel wat ondersoek word, aan?                     (1)

 7.5 Wat is die veranderinge indien enige, wat die leerder sou waarneem, indien
     die spleetwydte kleiner gemaak word? Verduidelik jou antwoord.                      (3)
                                                                                        [11]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

14                         FISIESE WETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 8

 Twee identiese puntladings word 100 mm van mekaar af in ŉ vakuum geplaas soos
 in die onderstaande diagram getoon. Die elektrostatiese krag wat Q1 op Q2 uitoefen
 is 5,09 N.

                                Q1                                   Q2
                                +                                     +
                                                   100 mm

 8.1   Teken die elektrieseveld-patroon tussen die twee ladings.                             (3)

 8.2   Bereken die grootte van elke lading.                                                  (4)

 8.3   Bereken die netto elektriese veld by punt P, soos in die diagram hieronder
       getoon.                                                                               (5)

           Q1                             Q2
            +                                 +                           P
                     100 mm                            50mm

 8.4 ŉ Derde lading Q3 van grootte 5 μC word nou by punt P geplaas soos in die
     onderstaande diagram getoon.

            Q1                                    Q2                             Q3

             +                                    +                               +
                               100 mm                       50 mm
       Bereken die netto elektrostatiese krag wat puntlading Q2 as gevolg van
       puntlading Q1 en Q3 ervaar.                                                          (5)
                                                                                           [17]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                15

 VRAAG 9

 9.1 Die onderstaande diagram stel 'n stroomdraende geleier voor. Teken die
     magnetiese veldpatroon rondom hierdie geleier.

                                                                                         (2)

 9.2 ŉ Solenoïed met ŉ radius van 5 cm en met 350 windings word uit ŉ magnetiese
     veld met ŉ veldsterkte van 5,20 T in 0,1 sekondes getrek. Die solenoïed word
     loodreg op die magnetiese veld geplaas.

      9.2.1    Stel Faraday se wet in woorde.                                            (2)

      9.2.2    Bereken die magnetiesevloed-koppeling (Φ ) in die solenoïed.              (3)

      9.2.3    Bereken die geïnduseerde emk in die solenoïed.                           (3)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

16                         FISIESE WETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 10

 10.1 ŉ Leerder stel die onderstaande stroombaan op om die verhouding tussen
      stroom- en potensiaalverskil oor die punte van ŉ geleier te ondersoek. Sy sluit
      die skakelaar en teken die lesings van die ammeter en voltmeter op. Sy
      herhaal die eksperiment drie keer; elke keer vergroot sy die aantal selle in
      die stroombaan. Dan lees en skryf sy die ammeter- en voltmeterlesings neer.

                             A

                                                R

                                               V

       Die onderstaande grafiek toon haar resultate.

         I (A)

                 1,0

                 0,8

                 0,4

                 0,2

                          0,6     1,2               2,4   3,0
                                                                          V (V)

       10.1.1 Watter fisiese hoeveelheid word deur die gradiënt van die grafiek
              voorgestel?                                                                  (1)

       10.1.2 Gebruik die inligting vanaf die grafiek om die weerstand van die
              resistor, wat die leerder in die ondersoek gebruik het, te bereken.          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                  17

 10.2 Die battery in die onderstaande stroombaandiagram het ŉ weglaatbare
      interne weerstand. Die weerstand van resistor R is onbekend. Wanneer die
      skakelaar gesluit word, is die lesings op die volmeter 15 V en die ammeter A 1,
      1 A.

                                                   15V
                                              V

                              A
                                                                      R
                                              1A
                                              A1          12 Ω

                                        6Ω           6Ω

        Bereken die:

        10.2.1 Stroom deur ammeter A                                                       (3)

        10.2.2 Weerstand van resistor R                                                    (5)

 10.3 Resistor R met onbekende weerstand word nou uit die stroombaan verwyder.
      Hoe sal hierdie verandering in die stroombaan die lesing op ammeter A
      affekteer?

        Antwoord VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE. Verduidelik jou
        antwoord.                                                                          (2)

 10.4 Die drywing beskrywing op ŉ eletriese stoof is 1 500 W. Die stoof word vir
      3 uur en 30 minute gebruik. Bereken hoeveel dit sal kos om die stoof te
      gebruik. 1 eenheid elektrisiteit (1 kWh elektrisiteit) kos R1,15.                    (3)
                                                                                          [17]

                                                                          TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                            FISIESE WETENSKAPPE V1                                 (EC/NOVEMBER 2020)

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
                                    PAPER 1 (PHYSICS)
                      GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
                                    VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                                                    SYMBOL/
                        NAME/NAAM                                      VALUE/WAARDE
                                                    SIMBOOL
 Acceleration due to gravity /                            g                    9,8 m•s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant /                      G           6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Universelegravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ          c              3,0 × 108 m•s-1
 vakuum
 Planck's constant / Planck se konstante                  h              6,63 × 10-34 J•s

 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                k            9,0 × 109 N•m2•C-2

 Charge on electron / Lading op elektron                  e                  -1,6 × 10-19 C

 Electron mass / Elektronmassa                           me              9,11 × 10-31 kg

 Mass of earth / Massa op aarde                          M               5,98 × 1024 kg

 Radius of earth / Radius van aarde                      RE              6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 vf       vi  a 't                        Δx   v i Δt  21 a't 2 or/of Δy     v i Δt  21 a't 2

 vf
      2      2
           v i  2a'x or/of                     § vi  v f ·                   § vi  v f ·
                                           Δx   ¨          ¸ Δt or/of Δy       ¨          ¸ Δt
 vf
      2      2
           v i  2a'y                           © 2 ¹                          © 2 ¹

FORCE/KRAG
 Fnet      ma                              w mg
          Gm 1 m2
 F
            d2
                                                =

      =

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/NOVEMBER 2020)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                            19

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

      kQ 1Q 2                                         F
 F                   (k = 9,0 x 109 N.m2.C-1)    E
        r2                                            q

       kQ                                                Q
 E                   (k = 9,0 x 109 N.m2.C-1)    n=
       r2                                                qe

ELECTROMAGNETISM/ ELEKTROMAGNETISME

            ΔΦ                                  Φ = BA cos
 ε= −
            Δ

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

      I=                                             V
                                                R
                                                     I

  1     1   1
               ...                            Rs        R1  R 2  ...
 Rp     R1 R 2

 W = Vq
                                                         W
                                                P
                                                         Δt

 W = VI ' t
                                                P = VI

 W= I2R ' t
                                                P = I2R
     2                                               V2
 W= V Δt                                        P
                                                     R
     R

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [PHYS P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d4278775-0f30-4e0c-960c-6cee080cc536) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 QP NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-qp-nov2023-afrikaans/ff11ec9d-44a2-4ba7-a752-27eb44085162) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Physical Sciences P1 (Afrikaans) NOV Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-physical-sciences-p1-afrikaans-nov-question-paper/bb077689-4b9d-4f39-85a4-cf88be0f223e) — Physical Sciences · QP · 2021 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr11-nov2019-afrikaans/890ec1c4-b8d6-41cd-80ca-721189f62915) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 Phy P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/d8ad0b2e-99ec-47ff-be82-cc3abc9cbea6) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Physical Sciences

- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p1-and-memo/82b3d6a5-9e71-4efe-a8e0-f2a63d6aff58) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p2-and-memo/f6f699c6-e985-44e2-9d36-d660697bd6fe) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p2-and-memo/b76990f6-708a-47e3-a903-95cc3c58534d) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4c5694d8-7cdc-4fd9-90b4-55bbb8969872) — QP + Memo · 2025
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR11 MEMO 2024 ENG AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr11-memo-2024-eng-afr-watermark/f8ef6058-1783-44bd-b372-4b15bc7c5c5c) — Memo · 2024 · Eng
- [Physical Sciences Physics P1 MEMO May June 2024 KZN](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-memo-may-june-2024-kzn/2d743463-488a-4ee1-ba5e-7e7decd16681) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
