# Accounting Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/3991fc6a-a086-47be-9bc0-9647d69b3f03
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/3991fc6a-a086-47be-9bc0-9647d69b3f03)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              REKENINGKUNDE V1

                                  MEI/JUNIE 2024

                                                                        PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V1                              2                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
         vraestel aangeheg.

4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                      ONDERWERP                        PUNTE        MINUTE

            1        Maatskappy Finansiële State                       55             45

            2        Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers         40             30

            3        Vertolking van Finansiële Inligting               40             35

            4        Korporatiewe Bestuur                              15             10

        TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V1                               3                              DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1:        MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                             (55 punte; 45 minute)
Die inligting het betrekking op DBN Bpk. Die maatskappy verkoop huishoudelike
produkte. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig.
GEVRA:
1.1        Verwys na Inligting A.
           Die boekhouer het al die inskrywings oor vaste bates in die boeke geboekstaaf.
           Voltooi die bedrae wat deur (i) tot (iii) in die Vastebatenota aangedui word.            (12)
1.2        Verwys na Inligting C en D.
           Bereken die korrekte netto wins ná belasting vir die jaar geëindig
           29 Februarie 2024. Dui (+) vir 'n vermeerdering en (-) vir 'n vermindering langs
           elke bedrag aan.                                                                         (13)
1.3        Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024.                           (30)
           LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
INLIGTING:
A.    Vaste bates:
                                                 Geboue          Voertuie        Toerusting
                                                   R                R                R
          Drawaarde: (01/03/2023)                                   249 850
           Kosprys                                  (i)                                436 000
           Opgehoopte waardevermindering
          Bewegings:
           Toevoegings (teen kosprys)                      0        260 000                  0
           Verkope (teen drawaarde)                (420 000)              0          (iii)
           Waardevermindering                                      (ii)               (32 000)
          Drawaarde: (29/02/2024)                  9 421 300
           Kosprys                                                  786 000            356 000
           Opgehoopte waardevermindering

           Waardevermindering word soos volg bereken:
            -   Voertuie: 15% p.j. op kosprys
            -   Toerusting: 20% op die verminderdesaldo-metode
           'n Nuwe voertuig is op 1 Oktober 2023 aangekoop.
           Uittreksel uit die Vastebateregister ten opsigte van toerusting verkoop:
          KINOPA MWALIMU 234
          Kosprys: R80 000
          Datum aangekoop: 1 September 2021
          Datum verkoop: 31 Mei 2023             Verkoop vir: R53 000
                                                                           DRAWAARDE
          28 Februarie 2022                                                     R72 000
          28 Februarie 2023                                                     R57 600
          31 Mei 2023                                                                 ?
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V1                               4                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

B.    Saldo's op 29 Februarie 2024:

        Vaste bates teen drawaarde                                                R9 952 480
        Gewone aandelekapitaal                                                             ?
        Behoue inkomste                                                                    ?
        Lening: PTA Bank                                                                   ?
        Vaste deposito                                                               425 000
        Handelsvoorraad                                                            1 064 200
        Netto handelsdebiteure                                                       744 900
        Krediteurekontrole                                                           518 950
        SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)                      322 800

C.    Die boekhouer het die netto wins voor belasting as R1 150 000 bereken.
      Die vooraansuiweringsaldo's wat nog aangesuiwer moet word, is:

      Ouditfooie                                                                    R144 000
      Handelsvoorraad                                                               1 064 200
      Huurinkomste                                                                    287 300
      Direkteursgelde                                                                 852 800

      Slegs die aansuiwerings hieronder moet nog in berekening gebring word.

      (i)    Ouditfooie van R45 600 was nog op 29 Februarie 2024 verskuldig.

      (ii)   'n 100 komberse is aan 'n kinderhospitaal geskenk, maar hierdie skenking/
             donasie is nie geboekstaaf nie. Die besigheid gebruik die geweegde-
             gemiddelde-metode om         komberse te waardeer. Komberse se
             voorraadrekords toon die volgende:

                                                      Getal       Eenheids-       Totale
                                                    (eenhede)       prys          koste
              Aankope gedurende die jaar:              1 500                    R603 000
                15 April 2023                            600      R330,00        198 000
                22 Junie 2023                            900      R450,00        405 000
              Verkope                                  1 220
              Voorraad voorhande: 29 Feb. 2024           280

      (iii) Huur is vanaf 1 Januarie 2024 met R1 300 per maand verhoog. Slegs die
            huur vir die periode 1 Maart 2023 tot 31 Januarie 2024 is ontvang en
            geboekstaaf.

      (iv) Die maatskappy het een direkteur, Jenny, aan die begin van die finansiële
           jaar gehad. Jenny is vir twee maande vooruit betaal. 'n Tweede direkteur,
           Frank, is op 1 Desember 2023 aangestel. Sy maandelikse gelde is 20% laer
           as Jenny s'n. Frank het die gelde wat hom toekom, ontvang.

D.    Inkomstebelasting:

      Die belastingaanslag van SAID toon die totale inkomstebelasting vir die finansiële
      jaar as R351 000, nadat al die aansuiwerings gedoen is.     2024

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V1                                    5                         DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

E.     Aandelekapitaal en dividende:

                 DATUM                                   BESONDERHEDE
           1 Maart 2023            2 120 000 uitgereikte aandele
           30 Junie 2023           230 000 aandele teruggekoop: Die gemiddelde aandeleprys op
                                   die terugkoopdatum was R5,90
           29 Februarie 2024       1 890 000 uitgereikte aandele

            Tussentydse dividende is nie gedurende die finansiële jaar verklaar nie.
            Finale dividende van 25c per aandeel is op 29 Februarie 2024 op al die
             aandele in die aandeleregister verklaar.

F.     Oordrag van debiteur se saldo na die Krediteuregrootboek:

       'n Debiteur met 'n debietsaldo van R8 400 in die Debiteuregrootboek moet nog na
       sy rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra word.

G.     Lening: PTA Bank

       Uittreksel uit die Leningstaat van PTA Bank:

           Saldo op 1 Maart 2023                                                   R1 400 000
           Terugbetalings vir die finansiële jaar (rente ingesluit)                         ?
           Rente gekapitaliseer                                                       168 000
           Saldo op 29 Februarie 2024                                               1 004 000

       LET WEL:
        Al die inskrywings vir die terugbetalings en rente is gemaak.
        Direkteure verwag om die kapitaalterugbetalings wat in hierdie jaar gemaak is,
         gedurende die volgende finansiële jaar te handhaaf.
                                                                                                     55

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V1                                  6                               DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                (40 punte; 30 minute)

BEGRIPPE

2.1     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee is. Skryf slegs die
        woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
        neer.

        2.1.1       Die bedryfsverhouding is 'n finansiële aanwyser                  wat   op    die
                    (likiditeit/solvensie) van 'n maatskappy betrekking het.

        2.1.2       'n Verhoging in 'n vaste deposito sal 'n (invloei/uitvloei) van kontant in die
                    Kontantvloeistaat tot gevolg hê.

        2.1.3       'n Vermindering in voorrade sal 'n (invloei/uitvloei) van kontant in die
                    Kontantvloeistaat tot gevolg hê.                                                    (3)

JINGLE BPK.

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024.

GEVRA:

2.2     Stel die Behoue-inkomste-nota              op    vir   die   finansiële     jaar   geëindig
        29 Februarie 2024.                                                                              (8)

2.3     Verwys na die gedeeltelik voltooide Kontantvloeistaat wat verskaf is. Bereken
        en/of verskaf die syfers aangedui deur (i) tot (v).                                             (17)

2.4     Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
        29 Februarie 2024:

            Vuurproefverhouding                                                                        (4)
            Tussentydse dividend per aandeel (in sent)                                                 (4)
            % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                                        (4)

        INLIGTING:

        A.      Aandelekapitaal:

                  Getal
                                                         Besonderhede
                 aandele
                1 450 000      Uitgereikte aandele op 1 Maart 2023
                               Aandele teruggekoop op 1 Junie 2023, teen R3,70 meer as die
                      30 000
                               gemiddelde aandeleprys
                  250 000      Aandele uitgereik op 1 November 2023, teen R17,20 per aandeel
                1 670 000      Uitgereikte aandele op 29 Februarie 2024

        B.      Dividende:

                     Tussentydse dividende is op 31 Augustus 2023 aan alle aandele in die
                      aandeleregister betaal.
                     'n Finale dividend is op 29 Februarie 2024 verklaar.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V1                              7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

        C.     Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
               29 Februarie 2024:
               Waardevermindering                                               R1 620 000
               Bedryfswins                                                       4 826 000
               Rente op lenings                                                    966 000
               Inkomstebelasting (teen 'n koers van 30%)                         1 950 000

        D.     Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28/29 Februarie:
                                                      2024                2023
               Vaste bates teen drawaarde                  R43 095 000        R39 365 000
               Bedryfsbates         (Nota 1)                 9 623 000          8 029 000
               Bedryfslaste         (Nota 2)                18 310 000         12 044 000
               Aandeelhouersbelang                          28 248 000         25 729 000
               Gewone aandelekapitaal                                ?         22 910 000
               Behoue inkomste                                       ?          2 819 000

               Nota 1: Items onder Bedryfsbates ingesluit
                                                           2024              2023
               Voorrade                                     R4 190 000         R3 883 000
               Kontant & kontantekwivalente                     55 000          1 030 000
               Nota 2: Items onder Bedryfslaste ingesluit
                                                           2024              2023
               Aandeelhouers vir dividende                  R2 338 000         R2 320 000
               SAID: Inkomstebelasting                         115 000             86 000
               Bankoortrekking                               3 274 000                  0

        E.     Vaste bates:
                'n Voertuig is teen drawaarde verkoop.
                Vaste bates is ook gedurende die finansiële jaar aangekoop.

       F.      Gedeeltelik voltooide Kontantvloeistaat op 29 Februarie 2024:
               Kontantgevolge van bedryfsaktiwiteite
               Kontant gegenereer uit bedrywighede
               Rente betaal                                                      (966 000)
               Dividende betaal                                               (5 728 000)
               ?                                                               (i)
               Kontantgevolge van beleggingsaktiwiteite
               ?                                                              (ii)
               Opbrengs uit die verkoop van vaste bates                              232 000
               Verandering in beleggings
               Kontantgevolge van finansieringsaktiwiteite
               ?                                                              (iii)
               ?                                                              (iv)
               Verandering in lenings
               Netto verandering in kontant & kontantekwivalente
               Kontant & kontantekwivalente op 1 Maart 2023                    1 030 000
               ?                                                               (v)

                                                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V1                                8                           DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
                                                                       (40 punte; 35 minute)

Die inligting het betrekking op Britesun Bpk. Die maatskappy verkoop sonpanele van 'n
hoë gehalte aan besighede en huiseienaars om elektrisiteit op te wek. Die finansiële jaar
eindig op 28/29 Februarie elke jaar.

GEVRA:

LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
     Finansiële aanwysers en tendense, met syfers, aanhaal
     'n Rede of 'n verduideliking vir die betrokke finansiële aanwyser(s) verskaf

3.1       Winsopslagpersentasie:

          Verduidelik hoe die kliënte op die verandering in die winsopslagpersentasie
          gereageer het en of dit die maatskappy bevoordeel het of nie.                            (4)

3.2       Winsgewendheid en bedryfsdoeltreffendheid:

          Lewer kommentaar op die bedryfsdoeltreffendheid van die maatskappy oor die
          afgelope twee jaar. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                  (4)

3.3       Finansiële risiko en hefboomfinansiering:

          3.3.1   Een van die aandeelhouers kan nie verstaan waarom die skuld-ekwiteit-
                  verhouding in 2024 vermeerder het ten spyte van die toename in die
                  lening nie. Gee hom 'n verduideliking hiervoor.                                  (2)

          3.3.2   Die hoof- finansiële beampte (HFB) is van mening dat die verhoging in die
                  lening 'n goeie besluit was. Afgesien van die skuld-ekwiteit-verhouding,
                  verskaf TWEE punte om sy opinie te ondersteun, EEN relevante
                  finansiële aanwyser ingesluit.                                                   (4)

3.4       Opbrengste, verdienste en dividende:

          3.4.1   Lewer kommentaar daarop of die aandeelhouers tevrede behoort te wees
                  met die opbrengs op hulle belegging. Verskaf TWEE punte, EEN
                  finansiële aanwyser ingesluit.                                                   (4)

          3.4.2   Lewer kommentaar op die verdienste per aandeel (VPA) en verduidelik
                  die impak daarvan op die dividenduitbetalingsbeleid wat die direkteure
                  aangeneem het.                                                                   (4)

3.5       Aandeleprys op die aandelebeurs:

          Lewer kommentaar op die aandeleprys se prestasie op die aandelebeurs (JSE).
          Verskaf TWEE punte, met syfers en tendense.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V1                            9                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

3.6     Aandeelhouding van Allan Ashwin:

        3.6.1   Allan Ashwin besit aandele in Britesun Bpk. Hy is tevrede met sy
                belegging in hierdie maatskappy se aandele. Verskaf TWEE punte, met
                syfers of berekeninge, wat sy mening ondersteun.                             (4)

        3.6.2   Die maatskappy beplan om in die volgende finansiële jaar addisionele
                nuwe aandele, gelykstaande aan 20% van die uitgereikte
                aandelekapitaal, aan bestaande aandeelhouers uit te reik. Allan het
                aangedui dat hy nie hierdie aanbod sal aanvaar nie. Verduidelik hoe
                hierdie besluit sy % aandeelhouding sal beïnvloed. Verskaf 'n berekening
                of syfers om jou verduideliking te ondersteun.                               (6)

3.7     Bonusse vir direkteure en ander werknemers van Britesun Bpk.:

        Bonusse vir direkteure en ander werknemers is by die maatskappy se begroting
        ingesluit. Aandeelhouers sal by die AJV gevra word om te stem of die bonusse
        uitbetaal moet word of nie.

        Afgesien van die punte hierbo verskaf, noem TWEE verskillende faktore wat
        aandeelhouers se stemme om hierdie bonusse goed te keur, sal beïnvloed.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V1                             10                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INLIGTING:
A.    Finansiële aanwysers en addisionele inligting:
                                                           29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
       Bedryfsverhouding                                        1,8 : 1          4,3 : 1
       Vuurproefverhouding                                      0,9 : 1          2,5 : 1
       Skuld-ekwiteit-verhouding                                0,2 : 1          0,3 : 1
       Verdienste per aandeel (VPA)                          224 sent          113 sent
       Dividende per aandeel (DPA)                             90 sent          90 sent
       Dividenduitbetalingskoers                                  40%              80%
       % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang             15,6%             8,0%
       (OOAB)
       % opbrengs op totale kapitaal aangewend                 19,7%             11,0%
       (OOTKA)
       Netto batewaarde per aandeel (NBW)                  1 543 sent        1 413 sent
       Solvensieverhouding                                     2,5 : 1           3,6 : 1
       % bedryfsuitgawes op verkope                            22,0%             28,0%
       % bedryfswins op verkope                                15,6%             10,2%
       % netto wins na belasting op verkope                    13,5%              8,8%
       % winsopslag                                              60%               40%
       Getal direkteure en ander werknemers                       38                43
       Getal kliënte                                             245               280
       Gemiddelde verkope per kliënt                        R160 000          R120 000
       Markprys van aandele op JSE                         1 610 sent        1 342 sent
       % rente op beleggings                                      7%                7%
       % rente op lenings                                        13%               13%

B.    Uittreksel uit Kontantvloeistaat
                                                           29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
        Kontant gegenereer uit bedrywighede                R6 785 000         R3 863 500
        Opbrengs van uitgereikte aandele                   R2 800 000                   0
        Verhoging in lening                                R1 000 000         R4 000 000
        Vaste bates aangekoop                                       0           R750 000
        Vaste bates verkoop*                               R1 100 000                   0
        *Onproduktiewe vaste bates is verkoop.

C.    Aandeelhouding van Allan Ashwin in Britesun Bpk.:
                                                                          Britesun Bpk.
        Uitgereikte aandele op 29 Februarie 2024                             700 000
        Aantal aandele deur Ashwin besit                                     360 000
        Aankoopprys per aandeel wat Ashwin betaal het                        780 sent
        Dividende per aandeel verdien                                        90 sent

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V1                           11                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 10 minute)

Jy word voorsien van 'n media-artikel wat op Gadram Bpk. betrekking het.

GEVRA:

4.1      Verwys na Paragraaf 4.

         Die drie direksielede wat by hierdie saak geïmpliseer word, besit elkeen 150 000
         aandele. Bereken die verlies wat Loma en elk van die twee direkteure kon vermy
         deur hulle aandele op 13 April 2023 te verkoop.                                        (3)

4.2      Verwys na Paragraaf 3.

            Verduidelik waarom die teksboodskap so belangrik vir die ondersoekers is.          (2)
            Verduidelik waarom jy dink dat daar na hierdie misdaad as 'binnehandel'
             verwys word.                                                                       (2)

4.3      Verduidelik hoe die vinnige daling in die aandeleprys en die bedrieglike
         finansiële state moontlik die bestaande aandeelhouers en die werknemers kan
         beïnvloed.                                                                             (4)

4.4      As jy 'n aandeelhouer in Gadram Bpk. was, watter ander vrae sou jy by die AJV
         gevra het? Verduidelik TWEE punte.                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V1                           12                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

INLIGTING:

Gebruik die inligting in die artikel en jou kennis van maatskappye om die vrae te
beantwoord.

      SOSIALE MEDIA LIG DIE SLUIER OOR GROOTSKAALSE BINNEHANDEL

Paragraaf 1

Bizmiz Nuus het verlede maand berig oor die weerhouding-ouditverslag wat Gadram Bpk.
ontvang het en dat 'n polisie-ondersoek na die vals finansiële state onlangs begin is.
Maar dit is egter nie die einde van die maatskappy se probleme nie.

Paragraaf 2

Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid ('FSCA') het in Maart 2024 vir Loma Leonard
HUB (hoof- uitvoerende beampte) van Gadram Bpk., 'n R50 mijoen-boete opgelê vir die
oortreding van die Wet op Finansiële Markte (Wet 19 van 2012) toe hy teksboodskappe
aan twee direkteure gestuur het, waarin hy hulle gewaarsku het om hulle Gadram-
aandele te verkoop.

Paragraaf 3

Loma se inkriminerende boodskap het gelui: 'Jy vra altyd my mening. Dit sal Gadram baie
lank neem om van al die slegte nuus ontslae te raak. Verkoop jou aandele dadelik teen
die huidige prys. Vee dadelik hierdie boodskap uit en moet vir niemand vertel nie.'

Paragraaf 4

Die 'FSCA' het met hulle besluit oor die boete in ag geneem dat Loma die boodskap op
10 April 2023 gestuur het en dat die drie direksielede, Loma en die twee direkteure, hulle
aandele op 13 April 2023 teen R105,00 per aandeel op die JSE verkoop het. Die
gevolglike drastiese daling tot R8,00 per aandeel in die aandele se markprys het in die
volgende twee dae plaasgevind.

                                                                                             15

                                                                                TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Rekeningkunde/V1                                                                      DBE/Mei/Junie 2024
                                              SS/NSS Vertroulik

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                      Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                   Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                        Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                           Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                   Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                              Gemiddelde krediteure               x    365
         Kredietverkope        1                                Koste van verkope                        1
                                                                                         (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting                x    100             Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang                      1
                                                                                        (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                       Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                  Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                  .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
