# Accounting Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/d06a0ce1-b39b-4bf5-b8a8-1b475ff6f43f
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/d06a0ce1-b39b-4bf5-b8a8-1b475ff6f43f)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              REKENINGKUNDE V2

                                  MEI/JUNIE 2024

                                                                        PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2            2            DBE/Mei/Junie 2024
                     SS/NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                              3                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
         vraestel aangeheg.

4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                        ONDERWERP                     PUNTE         MINUTE

            1        Rekonsiliasies                                    30             25

            2        BTW en Voorraadwaardasie                          40             30

            3        Kosterekeningkunde                                40             30

            4        Begrotings                                        40             35

       TOTAAL                                                         150            120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                              4                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                             (30 punte; 25 minute)

1.1      BANKVERSOENING

         Die inligting het betrekking op Scot Handelaars, met eienaar Scot Salaza. Die
         besigheid ontvang die amptelike Bankstaat op die 25ste van elke maand.

         GEVRA:

         1.1.1       Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 31 Mei 2024.                      (8)

         1.1.2       Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2024 op.                             (6)

         1.1.3       Scot se bankbestuurder het hom oortuig om aanlyn bankdienste vir sy
                     besigheid te gebruik, veral omdat betalings makliker deur middel van
                     elektroniese fondsoordrag (EFO/'EFT') gemaak kan word. Scot beplan
                     om Kiki in diens te neem om vir alle aspekte oor aanlyn bankdienste
                     verantwoordelik te wees.

                     Verduidelik TWEE belangrike opdragte wat Scot aan Kiki behoort te
                     gee om te verseker dat korrupsie nie met betrekking tot die
                     prosessering van EFO's sal plaasvind nie.                                   (4)

         INLIGTING:

         A.      Die boekhouer het op 31 Mei 2024 die voorlopige banksaldo as 'n
                 positiewe R9 050 bereken. Hy het die Bankrekening-beginsaldo en die
                 totale van die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) en die Kontantbetalings-
                 joernaal (KBJ) gebruik, voordat die Mei 2024-Bankstaat ontvang is.

         B.      Syfers uit die Versoeningstaat op 30 April 2024:
                  Ongunstige saldo soos per Bankstaat                            R1 550
                  Uitstaande deposito's:    16 April 2024                         4 000
                                            26 April 2024                        15 000
                  Uitstaande EFO's:         Nr. 632                               7 800
                                            Nr. 633                               5 480
                  Gunstige Bankrekening-saldo volgens Algemene Grootboek          4 170

                 LET WEL:
                  Die deposito op 16 April 2024 vir R4 000 en EFO 632 vir R7 800 het op
                   die Mei-Bankstaat verskyn.
                  Die deposito op 26 April 2024 het as R10 000 op die Bankstaat
                   verskyn. Die kassier op hierdie tydstip is weens diefstal ontslaan, en
                   hierdie bedrag moet afgeskryf word.
                  EFO 633 het op die Mei-Bankstaat verskyn met die korrekte bedrag
                   van R4 580.  2024

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                               5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

         C.    'n Vergelyking van die Mei 2024-Bankstaat met die Kontantjoernale het die
               volgende aan die lig gebring:
               (i)    Bankkoste, slegs op die Bankstaat, beloop R310.
               (ii)   'n Debietorder vir advertensies, R1 780, is nie in die KBJ geboekstaaf
                      nie en is op die Bankstaat gedupliseer. Die bank sal die fout
                      volgende maand korrigeer.
               (iii) Die Bankstaat toon 'n direkte deposito in die besigheid se
                     bankrekening vir R25 000. Dis 'n fout deur die betaler. Die bank sal
                     hierdie inskrywing volgende maand terugskryf.
               (iv) Rente op vaste deposito, R1 060, verskyn op die staat maar nie in
                    die joernale nie.
               (v)    'n Deposito van R17 500 verskyn in die KOJ, gedateer 27 Mei 2024.
               (vi) EFO 819 vir R11 880 is op 28 Mei 2024 in die KBJ geboekstaaf.
         D.    Die Mei 2024-Bankstaat het 'n saldo van R? getoon.

1.2      DEBITEUREVERSOENING
         Sidney Winkels is 'n algemene handelaar wat kruideniersware vir kontant en op
         krediet verkoop.
         GEVRA:
         Bereken die korrekte saldo vir ELKE debiteur op die lys wat verskaf is.
         Negatiewe saldo's moet tussen hakies getoon word of met 'n '–'-teken aangedui
         word.                                                                                    (12)
         INLIGTING:
         A.    Uittreksel uit die debiteurelys (voor foute en weglatings):
                A.    Judy                          DL1        R27 750
                B.    Benior                        DL2          (400)
                C.    Oliver                        DL3         19 300
                D.    Fiery                         DL4          2 900

         B.    Foute en weglatings
               (i)    'n Kwitansie, R9 000, ontvang van Judy is foutiewelik na Benior se
                      Debiteuregrootboekrekening oorgeboek.
               (ii)   Goedere wat deur Fiery teruggestuur is, R7 100, is korrek in die DAJ
                      getoon. Dit is egter as R710 na sy rekening in die Debiteure-
                      grootboek oorgeboek.
               (iii) 'n Faktuur vir R3 000 aan Oliver is korrek in die DJ geboekstaaf. Dit is
                     egter foutiewelik as 'n kwitansie na sy rekening in die Debiteure-
                     grootboek oorgeboek.
               (iv) Tydens 'n verkoopspromosie by Sidney Winkels het Oliver goedere
                    op krediet vir R2 400 gekoop nadat hy 'n 25%-handelskorting gekry
                    het. Die boekhouer het egter die bruto bedrag foutiewelik in die DJ
                    geboekstaaf en dit as sodanig na die Debiteuregrootboek oorgeboek.
                                                                                                  30
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                                    6                           DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE                                           (40 punte; 30 minute)

2.1     BTW

        Die inligting het betrekking op Mphati Handelaars met vennote John, Jacob en
        Jeramiah. Die besigheid is vir BTW geregistreer. Hulle koop en verkoop
        standaard en nulkoersprodukte vir kontant en op krediet. Die standaard BTW-
        koers is 15%.

        GEVRA:

        2.1.1        Bereken die BTW-bedrag op die goedere wat deur die besigheid
                     verkoop is.                                                                         (4)

        2.1.2        Bereken die bedrag betaalbaar aan of ontvangbaar van SAID op
                     30 April 2024.                                                                      (7)

        INLIGTING:

        A.      Saldo: Bedrag verskuldig deur SAID op 1 April 2024: R5 340.

        B.      Transaksies wat BTW-berekeninge vir April 2024 beïnvloed:
                                                           BTW              BTW-           BTW
                                                        UITGESLUIT         BEDRAG       INGESLUIT
                                                            R                 R             R
                Aankope van voorraad:                       730 000
                 Standaardkoers-produkte                   548 000          82 200          630 200
                 Nulkoers-produkte* sien                        182 000
                     aantekening hieronder

                Totale verkope* sien aantekening                 839 800
                hieronder
                Debiteurerekeninge afgeskryf                                                   31 510
                Korting ontvang van krediteure                                 4 800

                *LET WEL: Alle nulkoers-produkte wat aangekoop is, is gedurende 'n
                          verkoopspromosie vir 10% onder kosprys verkoop. Hierdie
                          bedrag is by die totale verkope se bedrag ingesluit. Daar was
                          gedurende April 2024 geen ander nulkoers-produkte verkoop
                          nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                                7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VOORRAADWAARDASIE

Die inligting het betrekking op Cell Scene Bpk. Nadine is die hoof- uitvoerende beampte
(HUB). Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig.

     Cell Scene Bpk. koop en verkoop twee selfoonmodelle. CLEO is duurder, terwyl
      BRUMA 'n basiese en goedkoper selfoon is.
     Alle voorraad word volgens die spesifieke identifikasie-waardasiemetode waardeer.
     Alle goedere word kontant of op kredietkaart verkoop.
     Geen eenhede is gedurende die jaar vermis nie as gevolg van doeltreffende interne
      beheermaatreëls.

GEVRA:

2.2       Buiten die twee selfoonmodelle wat tans verkoop word, ondersoek die direkteure
          die moontlikheid om 'n 3de model, die LITCHI, uit die VSA in te voer. Die eerste
          besending wat bestel sal word, bestaan uit 300 LITCHI-fone. Sien Inligting A.
          Bereken die verwagte kosprys van een LITCHI-foon in rand per eenheid.                   (5)

2.3       Bereken die totale waarde van die CLEO- en BRUMA-fone se eindvoorraad op
          29 Februarie 2024, deur die spesifieke identifikasiemetode te gebruik.                  (6)

2.4       Bereken die gemiddelde voorraadomsetsnelheid vir die CLEO-fone vir 2024.                (6)

2.5       Die direkteure het besluit om die winsopslag-% op die CLEO- en BRUMA-fone vir
          die 2024-finansiële jaar aan te pas. Verduidelik die uitwerking van hierdie besluite
          op die bruto wins en die kontantvloei van die maatskappy, sowel as die
          voorraadomsetsnelheid van elke model oor die afgelope twee jaar. Haal syfers en
          tendense aan.                                                                           (8)

2.6       Indien die direkteure sou voortgaan met die LITCHI-fone en baie meer daarvan in
          die toekoms bestel en teen 'n winsopslag van 40% op kosprys verkoop, wat sou
          die uitwerking hiervan op die CLEO- en BRUMA-fone se verkope wees?
          Verduidelik en haal syfers aan om jou mening te ondersteun.                             (4)

INLIGTING:

A.      VOORGESTELDE INVOER VAN DIE LITCHI-FONE

         Eenheidsprys in VSA-dollar                                  $280
         Aantal LITCHI-fone in eerste bestelling                 300 eenhede
         Wisselkoers                                            $1,00 = R17,50
         Doeaneregte/-belastings betaalbaar by aflewering            12%
         Totale verskepingskoste uit die VSA na Suid-Afrika        R303 600

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                            8                             DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

B.    UITTREKSEL UIT DIE VOORRAAD- & VERKOOPREKORDS
                                             CLEO                       BRUMA
                                     2024            2023        2024             2023
        Eenhede voorhande aan
                                     270              400        200              300
        begin van jaar
        Eenhede aangekoop           2 265            1 345      2 450            2 440

        Eenhede verkoop
                                    2 180            1 475      1 730            2 540
        gedurende die jaar
        Eenhede voorhande aan
                                      ?               270        920              200
        einde van jaar
        Eindvoorraad-waarde
                                      ?         R2 160 000        ?            R400 000
        teen jaareinde

        Kosprys per eenheid         R8 000          R8 000      R2 500           R2 000

        Verkoopprys per eenheid    R11 200          R12 000     R4 250           R3 000

        % winsopslag                 40%             50%         70%              50%

        Totale verkope            R24 416 000   R17 700 000    R7 352 500      R7 620 000
        Bruto wins                 R6 976 000    R5 900 000    R3 027 500      R2 540 000

        Voorraadomsetsnelheid         ?             4,4 keer   3,1 keer         10,2 keer

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                              9                                DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE                                            (40 punte; 30 minute)

3.1      Kies 'n koste-kategorie uit KOLOM B wat by die voorbeelde in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                        KOLOM B
         3.1.1 Afleweringsuitgawes                  A      fabrieksbokoste

         3.1.2 Kantoorskryfbehoeftes                B      verkope en verspreiding

         3.1.3 Salaris van die fabrieksvoorman      C      direkte materiaal

                                                    D      administrasie                             (3)

NARDO VERVAARDIGERS

Die besigheid vervaardig uniforms vir konstruksiewerkers. Die finansiële jaar het op
29 Februarie 2024 geëindig.

GEVRA:

3.2      Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur die foute en weglatings in berekening
         te bring.                                                                                   (7)

3.3      Voltooi die Produksiekostestaat vir die finansiële jaar.                                    (10)

INLIGTING:

A.    Fabrieksbokoste:

      Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R258 200 bereken.

      Die volgende foute en weglatings is geïdentifiseer en moet in berekening gebring
      word:

      (i)     Water- en elektrisiteitsuitgawe is uit die fabrieksbokoste weggelaat. 75% van
              hierdie uitgawe moet aan die fabriek toegeken word en die oorblywende 25%
              aan administrasie. R9 600 is korrek aan administrasie toegeken.

      (ii)    Die totale huuruitgawe, R142 800, is in die Fabrieksbokoste-rekening
              geboekstaaf. Dit moes soos volg volgens vloerspasie toegeken word:

                       Fabriek               Verkoopsafdeling              Administrasie
                       220 m2                    120 m2                       80 m2

      (iii)   Versekeringuitgawe, R48 000, is foutiewelik aan fabrieksbokoste in die
              verhouding 4 : 2 : 1 toegeken. Die korrekte verhouding is egter 5 : 2 : 1.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                           10                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

B.    Grondstofvoorraad:

      Grondstofvoorraad (materiaal/kleedstof) wat na die fabriek oorgedra word, word
      volgens die EIEU-metode waardeer. Voorraadrekords toon die volgende:
                                              Hoeveelheid         Koste
                                                                                 Totale koste
                                                (meter)          per meter
      Voorraad op 1 Maart 2023                     8 000 m           R10,50          R84 000
      Materiaal-/Kleedstofaankope                62 000 m                           R739 600
        Junie 2023                                42 000 m           R11,80         R495 600
        Oktober 2023                              20 000 m           R12,20         R244 000
      Totale materiaal/kleedstof beskikbaar      70 000 m                           R823 600
      Uitgereik aan fabriek                       59 500 m               ?                 ?

C.    Goedere-in-bewerking-voorraad:
                                                  29 Feb. 2024            28 Feb. 2023
      Saldo                                                      ?                R30 700

D.    Produksie:
      20 200 uniforms is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R79,00 per
      uniform vervaardig.

       Hierdie vraag word op die volgende bladsy vervolg.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V2                                 11                            DBE/Mei/Junie 2024
                                               SS/NSS Vertroulik

KYLA SE STAPTOERUSTINGWINKEL
Die besigheid, met Kyla Coetzee as eienaar, maak sakke en baadjies vir stappers.

LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:

     Berekeninge, syfers en/of tendense aanhaal
     'n Rede of 'n verduideliking vir in elke geval gee

GEVRA:
STAPPERSAKKE
3.4          Lewer kommentaar op die beheer oor direkte materiaalkoste van stappersakke. Haal
             syfers aan. Gee TWEE redes wat tot die verandering in die eenheidskoste kon bygedra
             het.                                                                                         (4)
3.5          Verduidelik of die besluit om die verkoops- en verspreidingskoste van stappersakke te
             verhoog, tot voordeel van die besigheid was of nie. Haal syfers aan.                         (3)
3.6          Kyla beplan om die produksie van stappersakke met 'n addisionele 2 500 eenhede
             gedurende die volgende finansiële jaar te verhoog. As aanvaar word dat daar geen
             verandering in die huidige kostestruktuur gaan wees nie, bereken die addisionele netto
             wins wat sy kan verwag om in 2025 te verdien.                                                (5)
STAPPERBAADJIES
3.7          Lewer kommentaar op die vaste koste per eenheid van stapperbaadjies en verduidelik
             die hoofoorsaak vir die verandering in hierdie eenheidskoste.                                (4)
3.8          Identifiseer die produksiekoste van stapperbaadjies wat 'n ernstige bron van kommer vir
             Kyla behoort te wees. Verskaf TWEE geldige oplossings vir hierdie probleem.                  (4)
INLIGTING:

                                                   STAPPERSAKKE                  STAPPERBAADJIES
                                                 2024        2023                2024       2023
    Veranderlike koste per eenheid                R615,00           R442,00       R336,00           R285,00
     Direkte materiaalkoste per eenheid           R320,00           R230,00       R116,00           R115,00
     Direkte arbeidskoste per eenheid             R135,00           R132,00       R175,00           R110,00
     Verkoops- & verspreidingskoste
                                                  R160,00            R80,00         R45,00           R60,00
     per eenheid

    Vaste koste per eenheid                      R170,00            R175,00       R196,50           R130,00
    Totale vaste koste                          R714 000           R700 000      R786 000          R780 000
     Fabrieksbokoste                            R510 000           R500 000      R532 000          R530 000
     Administratiewe koste                      R204 000           R200 000      R254 000          R250 000

    Verkoopprys per eenheid                       R780,00           R750,00       R600,00           R600,00
    Eenhede vervaardig en verkoop           4 200 eenhede     4 000 eenhede   4 000 eenhede   6 000 eenhede
    Gelykbreek- getal eenhede               4 328 eenhede     2 273 eenhede   2 978 eenhede   2 477 eenhede

 Netto wins/verlies                      (R21 120)                 R531 916      R269 808        R1 109 745
 Die inflasiekoers is tans 6%.
 Lone en salarisse het in 2024 met 4% verhoog.

                                                                                                          40

    Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V2                              12                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: BEGROTINGS                                                    (40 punte; 35 minute)

Zephyr Handelaars het op 1 Januarie 2024 oopgemaak en verkoop draagbare
kragstelsels ('portable power systems'/PPS) wat die publiek kan gebruik om met
kragonderbrekings te help. Dan Grey is die eienaar.

Agtergrondinligting:
 Verkoopspersoneel word slegs 'n kommissie betaal. Kantoorpersoneel verdien
   maandelikse salarisse.
 Tydens die opstel van die begroting was Dan nie bewus van 'n mededinger wat
   gedurende April 2024 naby aan Zephyr Handelaars oopgemaak het nie. Hy moes dus
   belangrike besluite neem om hierdie probleem gedurende Mei 2024 te hanteer.

GEVRA:
4.1       Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie 2024.                                 (8)
4.2       Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (iii) in die Kontantbegroting-uittreksel.       (10)
4.3       Bereken die % verhoging in kantoorwerkers se salarisse vanaf 1 Junie 2024.               (4)
Verwys na Inligting E.
'n Nuwe mededinger het gedurende April 2024 in die area ingetrek. Dan het in April geen
stappe geneem nie, want hy het nie van die mededinger geweet nie.
4.4       Verduidelik hoe die mededinger die besigheid se verkope en kontantvloei in
          April 2024 beïnvloed het. Verskaf TWEE verskillende punte, met syfers.                   (4)
4.5       Verduidelik of Dan tevrede kan wees met die aantal eenhede wat in Mei 2024
          verkoop is as gevolg van sy besluit om die verkoopprys van die produk aan te
          pas. Verskaf TWEE punte, met syfers.                                                     (4)
4.6       Dan is daarvan bewus dat nie al die verkoopspersoneel met die besluite wat hy
          oor hulle vergoeding geneem het, tevrede sal wees nie. Verkoopspersoon John
          was tevrede, maar nie Sally nie. Gee EEN rede wat John se opinie ondersteun
          en EEN rede wat Sally se opinie ondersteun. Haal syfers aan.                             (4)
Verwys na Inligting C.
4.7       Bereken die totale bedrag van die lening, rente ingesluit.                               (2)
4.8       Die eienaar is onseker of hy die eiendom moet koop of huur. Verduidelik EEN
          punt ten gunste daarvan om die eiendom te koop en EEN punt teen hierdie
          voorstel.                                                                                (4)
INLIGTING:
A.    Kontant- en kredietverkope:
          Kontantverkope beloop 55% van totale verkope. Winsopslag is 60% op kosprys.
           Verwys na die kredietverkope-syfer in die ANTWOORDEBOEK.
          Debiteure-betalings volg die tendens hieronder:
           o   25% in die maand van verkope en hulle ontvang 5%-korting
           o   45% in die maand wat volg op die maand van verkope
           o   24% twee maande na die maand van verkope
           o   6% sal afgeskryf word in die derde maand ná die maand van verkope
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Rekeningkunde/V2                           13                             DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

B.     Voorraadaankope en betaling aan krediteure:
          Voorraad verkoop, word in die maand van verkope vervang.
          70% van aankope is op krediet.
          Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope, betaal.

C.     Sake-eiendom/Huuruitgawes:
       Dan het navraag gedoen oor die moontlike uitneem van 'n 10 jaar-verbandlening
       om die eiendom te koop. Die volgende terme sal van toepassing wees, nadat
       berekeninge met 'n bankkonsultant bespreek is:
          'n Deposito van 20% op die leningsbedrag moet op 1 Junie 2024 betaal word.
          'n Vaste maandelikse paaiement van R13 800 (rente ingesluit) sal dan op die
           laaste dag van elke maand, vanaf 30 Junie 2024, vir die tydperk van die lening
           betaalbaar wees.
D.     Uittreksel uit die Kontantbegroting:
                                                            MEI 2024         JUNIE 2024
       ONTVANGSTE                                             R                 R
       Kontantverkope                                        1 064 800          (i)
       Kontant van debiteure                                   734 382
       BETALINGS
       Betalings aan krediteure                                 770 000         (ii)
       Salarisse: Kantoorpersoneel                                62 000           64 480
       Salaris: Bestuurder                                        40 500           40 500
       Deposito op aankoop van eiendom                                           220 000
       Paaiement op lening (rente ingesluit)                                       13 800
       Huur van afleweringsvoertuig                           (iii)                34 810
       *LET WEL: Die huur van die afleweringsvoertuig sal vanaf 1 Junie 2024 met 18% p.j.
                    toeneem.

E.     Begrote en werklike syfers vir April en Mei 2024:
                                        APRIL 2024                    MEI 2024
                                  BEGROOT      WERKLIK          BEGROOT     WERKLIK
       Getal verkoopspersone         12            12              12          8
       Eenhede om te verkoop/
                                      200            148           220             245
       reeds verkoop
       Kosprys per eenheid          R5 500         R5 500        R5 500          R5 500
       Winsopslag-%                  60%            60%           60%             35%
       Verkoopprys per eenheid      R8 800         R8 800        R8 800          R7 425
       Totale verkope              R1 760 000     R1 302 400    R1 936 000      R1 819 125
        Kontantverkope                968 000        390 720     1 064 800         509 355
        Kredietverkope                792 000        911 680       871 200       1 309 770
       Debiteure-invorderings         660 924        495 690       734 380         734 380
       Salaris: Bestuurder             32 400         32 400        40 500          34 020
       Kommissie op verkope           264 000        195 360       290 400         363 825
       Advertensies                    52 800         40 000        58 080          54 575

                                                                                               40

                                                                                 TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Rekeningkunde/V2                                                                      DBE/Mei/Junie 2024
                                              SS/NSS Vertroulik

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                      Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                   Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                        Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                           Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                   Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                              Gemiddelde krediteure               x    365
         Kredietverkope        1                                Koste van verkope                        1
                                                                                         (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting                x    100             Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang                      1
                                                                                        (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                       Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                  Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                  .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
