# Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/51dc0559-1d49-429e-990f-c12dd0ff8890
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/51dc0559-1d49-429e-990f-c12dd0ff8890)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                   2025

                    10711

            REKENINGKUNDE

              (VRAESTEL 1)

                                             TYD: 2 uur

                                             PUNTE: 150

    11 bladsye + ’n formuleblad en ŉ 11 bladsy-antwoordboek

                                                              b.o.

### Page 2

REKENINGKUNDE
                                                                                         2
                                                   (VRAESTEL 1)           10711/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.    Indien jy so verkies, mag jy die formuleblad met Finansiële Aanwysers
      gebruik wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                    ONDERWERP                        PUNTE        MINUTE

       1         Maatskappy Finansiële State                      50            40
                 Kontantvloeistaat en Finansiële
       2                                                          40            30
                 Aanwysers
       3         Interpretasie van Finansiële State               45            40

       4         Korporatiewe Bestuur                             15            10

                         TOTAAL                                  150           120

                                                                                             b.o.

### Page 3

REKENINGKUNDE
                                                                                             3
                                                        (VRAESTEL 1)          10711/25

VRAAG 1: BEGRIPPE EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
                                                                         (50 punte; 40 minute)

1.1   Kies die korrekte term uit die lys hieronder wat betrekking het met elkeen van die
      volgende stellings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3)
      in die ANTWOORDBOEK neer.

                      Staat van Omvattende lnkomste; Nie-bedryfslaste;
          Finansiële bates; Bedryfslaste; Bedryfsbates; Staat van Finansiële Posisie

      1.1.1 Die korttermyn laste van die besigheid

      1.1.2 ŉ Finansiële staat wat ŉ maatskappy se winsgewendheid tydens ŉ
            spesifieke periode uiteensit

      1.1.3 ŉ Vaste deposito wat oor vier jaar verval
                                                                                   (3 x 1)   (3)

1.2   Tok Zen Bpk

      Die volgende inligting het betrekking op Tok Zen Bpk. Die finansiële jaar het op
      30 Junie 2025 geëindig.

      GEVRA:

      1.2.1 Verwys na inligting A en B.

             Bereken die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig op
             30 Junie 2025. Toon ŉ (+) vir toename en ŉ (-) vir afname.                      (12)

      1.2.2 Verwys na inligting A – G.

             Berei die volgende voor soos op 30 Junie 2025:

                Behoue-inkomste-nota                                                         (7)
                Staat van Finansiële Posisie                                                (28)

             LET WEL:     Toon bewerkings, sommige bedrae word in die
                          ANTWOORDBOEK voorsien.

                                                                                                 b.o.

### Page 4

REKENINGKUNDE
                                                                                             4
                                                       (VRAESTEL 1)           10711/25

INLIGTING:

A.   Lys van saldo’s op 30 Junie voordat enige van die onderstaande
     aansuiwerings in ag geneem is

                                                            2025               2024
     BALANSSTAATREKENINGE AFDELING
                                                             R                   R
     Gewone aandelekapitaal                             9 600 000             10 000 000
     Behoue inkomste                                            ?                670 100
     Lening: Jen Gem Bank                                       ?              1 800 000
     Vaste bates teen drawaarde                                 ?              8 647 000
     Vaste deposito: Jen Gem Bank                               ?              1 500 000
     Handelsvoorraad                                            ?
     Netto handelsdebiteure                               424 000
     Kontant en kontantekwivalente                        192 300
     SAID (Inkomstebelasting)                             235 000 Dt
     Krediteurekontrole                                   116 860
     NOMINALE REKENINGE AFDELING
     Direkteursfooie                                    1 126 250
     Huurinkomste                                         105 100

B.   Netto wins voor belasting ter waarde van R1 153 150 is bereken, voordat die
     volgende regstellings gedoen is:

     (i)     Voorsiening vir oninbare skuld moet verhoog word met R7 350.

     (ii)    R12 000 van die versekeringskontrak was vir die tydperk 1 Julie 2025 tot
             31 Desember 2025.

     (iii)   Huur is ontvang vir die tydperk van 1 Julie 2024 tot 31 Augustus 2025.
             Weens bykomende huurspasie is die huur met R500 per maand verhoog,
             vir slegs die drie maande, vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Julie 2025.

     (iv)    Aan die begin van die finansiële jaar het die maatskappy twee direkteure
             gehad. Beide hierdie direkteure het nie hul fooie vir Junie 2025 ontvang nie.
             ŉ Derde direkteur is op 1 Februarie 2025 aangestel, teen ŉ fooi van 10% laer
             as die huidige direkteure, en hy het sy fooie vir die huidige jaar ontvang.

     (v)     ŉ Verdere R55 000 is verskuldig vir inkomstebelasting op 30 Junie 2025.

C.   Vaste bates

     Inaggenome al die veranderinge tot aan die einde van die finansiële tydperk wat
     vaste bates gedurende die jaar beïnvloed het, het die totale bewegings van vaste
     bates, R1 352 000 beloop.

D.   Finansiële bates

     ŉ Derde van die vaste deposito verval op 31 Desember 2025.

                                                                                                 b.o.

### Page 5

REKENINGKUNDE
                                                                                             5
                                                        (VRAESTEL 1)          10711/25

E.   ŉ Debiteur se debietsaldo van R9 560 in die Debiteuregrootboek moet nog na haar
     rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra word.

F.   Leningstaat: Jen Gem Bank

                                                                                  R
     Terugbetalings vir die jaar, rente ingesluit                                        ?
     Rente gekapitaliseer vir die jaar. Dit verteenwoordig 30% van die
                                                                                  234 000
     totale terugbetaling vir die jaar

        R270 000 van die lening sal binne die volgende finansiële jaar terugbetaal
         word.

G.   Gewone aandele en dividende

             Datum                                  Besonderhede
     1 Julie 2024            2 500 000 gewone uitgereikte aandele
     31 Oktober 2024         4% van die uitgereikte aandele is teruggekoop teen R6,10.
                             Hierdie transaksie is geboekstaaf.
     30 Junie 2025           ? gewone uitgereikte aandele

     LET WEL:      Addisionele aandele is nie gedurende die jaar uitgereik nie.

        Interim dividende is nie gedurende die jaar verklaar nie.

        Finale dividende van 21 sent per aandeel is aan die einde van die finansiële jaar
         verklaar.

                                                                                             50

                                                                                                 b.o.

### Page 6

REKENINGKUNDE
                                                                                               6
                                                         (VRAESTEL 1)           10711/25

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                                           (40 punte; 30 minute)

2.1   Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf die antwoord langs die
      vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

      2.1.1   (Aandeelhouersekwiteit/Dividende) is verdienste vir aandeelhouers as
              opbrengs op hul beleggings.

      2.1.2   ŉ Afname in debiteure toon ŉ kontant (invloei/uitvloei).

      2.1.3   Rente uitgawe word geklassifiseer as (bedryfs/finansierings) -uitgawe.
                                                                                   (3 x 1)     (3)

2.2   MYAN TECH BPK

      Die inligting hieronder het betrekking op die finansiële jaar wat op 31 Mei 2025
      eindig. Die besigheid koop en verkoop tegnologieprodukte.

      GEVRA:

      2.2.1   Voltooi die Gewone-aandelekapitaal-nota op 31 Mei 2025.                          (7)

      2.2.2   Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

                 Belasting betaal                                                             (4)
                 Dividende betaal                                                             (5)

      2.2.3   Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:

                 Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                                    (6)
                 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                           (4)

      2.2.4   Die direkteure het opsies geïdentifiseer om R1,5 miljoen se fondse te
              bekom, wat nodig is om nuwe produkte in te voer en die besigheid uit te brei,
              sonder om die besigheid se risiko vir die volgende finansiële jaar te verhoog.

              Watter befondsingsopsies kan die maatskappy oorweeg, sonder om
              addisionele lenings aan te gaan? Haal TWEE bronne met syfers aan.                (2)

      2.2.5   Bereken die volgende aanwysers vir die jaar geëindig op 31 Mei 2025:

                 % Netto wins na belasting op verkope                                         (2)
                 Netto batewaarde per aandeel                                                 (3)
                 Dividende uitbetalingskoers                                                  (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 7

REKENINGKUNDE
                                                                                           7
                                                       (VRAESTEL 1)           10711/25

INLIGTING:
A.   Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste op 31 Mei 2025
     Verkope                                                                 R20 250 000
     Koste van verkope                                                        12 656 250
     Waardevermindering                                                          855 000
     Rente op lening                                                             608 000
     Inkomstebelasting                                                           553 000
     Netto wins na belasting                                                   1 633 100
B.   Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op:
                                                 31 Mei 2025          31 Mei 2024
                                                      R                   R
     Handelsvoorraad                            2 348 000              1 762 000
     Debiteurekontrole                            182 400                209 100
     SAID (Inkomstebelasting)                      37 600 Dt             111 000 Dt
     Kontant en kontantekwivalente                936 000                233 000
     Gewone aandeelhouersekwiteit               8 950 000
       Gewone aandelekapitaal                   7 191 000               5 160 000
       Behoue inkomste                          1 759 000
     Lening: Zed Bank                                   ?               5 821 600
     Krediteurekontrole                            89 200                 104 300
     Bankoortrekking                                    0                 360 800
     Aandeelhouers vir dividende                  224 000                       ?

C.   Aandelekapitaal en dividende:
        Addisionele aandele is gedurende die jaar uitgereik.
        Op 1 September 2024 was daar 800 000 aandele reeds uitgereik.
        Interim dividende is op 30 November 2024 betaal.
        Op 30 April 2025 koop die maatskappy aandele terug. Die gemiddelde prys
         beloop 85% van die terugkoopprys. Hierdie aandele kwalifiseer vir finale
         dividende.
        Op 31 Mei 2025 was daar 705 000 uitgereikte aandele.
        ŉ Finale dividend per aandeel is op 31 Mei 2025 verklaar.
     LET WEL:     Finansiële rekords op 31 Mei 2024 het die volgende getoon:
                  o Slegs 500 000 aandele is uitgereik.
                  o ŉ Finale dividend van 22 sent per aandeel is verklaar.
D.   Na inagneming van alle aansuiwerings, is die volgende finansiële aanwysers
     bereken:
        Skuldekwiteitsverhouding – 0,6 : 1
        Dividende per aandeel – 48 sent
                                                                                           40
                                                                                               b.o.

### Page 8

REKENINGKUNDE
                                                                                               8
                                                        (VRAESTEL 1)            10711/25

VRAAG 3: INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE INLIGTING
                                                                           (45 punte; 40 minute)

DODO BPK EN NASHA BPK

Jy word voorsien van inligting wat met twee maatskappy verband hou.

Ben Komani besit aandele in beide Dodo Bpk and Nasha Bpk.

GEVRA:

LET WEL:      Waar kommentaar of verduidelikings versoek word, moet jy:
               Finansiële aanwysers en neigings met syfers aanhaal
               ŉ Rede of verduideliking verskaf vir die finansiële aanwyser aangehaal

3.1   Winsgewendheid:

      Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers en neigings, aan van dié maatskappy
      wat ŉ verbetering in hul bedryfseffektiwiteit getoon het.                                (4)

3.2   Likiditeit:

         Die direkteure van Dodo Bpk is besorg oor voorraadbeheer. Haal EEN
          finansiële aanwyser en ander relevante finansiële data aan om hierdie kommer
          te bevestig.                                                                         (4)

         Identifiseer die maatskappy wat meer voorraad aanhou. Toon berekeninge en
          verduidelik deur gebruik te maak van finansiële aanwysers.                           (3)

3.3   Dividende uitbetalingsbeleid:

      Verduidelik aan Ben watter maatskappy genoeg fondse behou het om uitbreidings
      in die komende finansiële jaar te finansier. Haal syfers aan en verskaf ’n vergelyking
      om jou antwoord te ondersteun.                                                           (5)

3.4   Aandeelprys op aandelebeurs:

         Lewer kommentaar oor die verandering in die aandeelprys van elke maatskappy
          op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) aan die einde van die finansiële jaar.
          Haal syfers en neigings aan.                                                         (4)

         Verskaf EEN faktor vir elke maatskappy wat veranderinge in hul aandeelprys
          kon beïnvloed het.
                                                                                               (2)
3.5   Finansieringstrategie:

      Die Bedryfshoof (BH) van Nasha Bpk het die senior bestuurspan oorreed om ŉ lening
      aan te gaan. Haal EEN finansiële aanwyser met syfers en neigings aan om hierdie
      stelling te bevestig.                                                                    (3)

                                                                                                   b.o.

### Page 9

REKENINGKUNDE
                                                                                          9
                                                       (VRAESTEL 1)           10711/25

3.6   Aandeelhouding:

      Vewys na Inligting A en B.

         Bereken die totale bedrag wat Ben ontvang het vir die verkoop van sy aandele
          in Dodo Bpk.                                                                    (2)

         Bereken die addisionele bedrag, buiten die bedrag verdien uit die verkoop van
          sy aandele in Dodo Bpk, wat Ben moes bydra om die aandele in Nasha Bpk te
          koop.                                                                           (4)

         Verduidelik TWEE voordele wat Ben sal verloor ná die verkoop van sy aandele
          in Dodo Bpk.                                                                    (4)

         Ben se % aandeelhouding in Nasha Bpk sal verander na die aankoop van
          addisionele aandele. Hy is nou die meerderheidsaandeelhouer. Verduidelik
          TWEE potensiële uitdagings of probleme om ŉ meerderheidsaandeelhouer te
          wees.                                                                           (4)

3.7   Sukses van ŉ direkteur:

      Verduidelik DRIE noodsaaklike eienskappe van ŉ suksesvolle direkteur in ŉ
      winsgewende maatskappy.                                                             (6)

INLIGTING:

A.    Agtergrondinligting:

         Ben Komani besit aandele in beide Dodo Bpk en Nasha Bpk.

         Hy verkoop 132 000 aandele van sy aandele in Dodo Bpk en koop dieselfde
          hoeveelheid aandele in Nasha Bpk.

      LET WEL:      Hierdie transaksies het aan die begin van die finansiële jaar
                    plaasgevind.

      Aandelekapitaal:

                                             Dodo Bpk                 Nasha Bpk
                                          2025      2024           2025      2024
      Totale aantal aandele
                                        600 000      600 000    1 000 000      800 000
      uitgereik
      Aandele besit deur Ben                ?        301 000         ?         389 000
      % Aandeelhouding in elke
                                            ?         50,2%          ?         48,63%
      maatskappy

         Beide maatskappye het geen aandele gedurende die jaar teruggekoop nie.

                                                                                              b.o.

### Page 10

REKENINGKUNDE
                                                                                   10
                                                   (VRAESTEL 1)        10711/25

B.   Finansiële aanwysers, markpryse van aandele en ander finansiële data op
     30 April

                                          Dodo Bpk              Nasha Bpk
                                       2025      2024        2025       2024
     Winsopslagpersentasie             45%       45%         65%        60%
     % Bedryfsuitgawes op verkope     25,2%     23,4%        18%        22%
     % Netto wins na belasting op
                                       9,4%      10,2%      13,8%       13,1%
     verkope
     Solvabiliteitsverhouding          1,6 : 1    1,4 : 1    2,8 : 1     2,9 : 1
     Bedryfsverhouding                 2,3 : 1    2,5 : 1    1,9 : 1     1,8 : 1
     Vuurproefverhouding               0,8 : 1    0,9 : 1    1,1 : 1     1,1 : 1
     Voorraadomsetsnelheid            8,2 keer   8,9 keer   15 keer     14 keer
     Opbrengs op
                                      10,2%      10,8%      15,9%       14,8%
     aandeelhouersekwiteit
     Verdienste per aandeel             89c                  143c
     Dividend per aandeel               86c                   72c
     Dividende uitkeerkoers            97%                   50%
     Netto batewaarde per aandeel      792c                 1 028c
     Skuldekwiteitsverhouding         0,8 : 1    0,8 : 1    0,5 : 1     0,4 : 1
     Markprys per aandeel              720c       933c      1 320c      1 123c
     Rentekoers op lenings             13%        12%        13%         12%
     Rentekoers op vaste deposito’s    7,5%        7%        7,5%         7%
     Saldo’s
     Handelsvoorraadtekort            R25 030    R12 470      R0        R1 870

                                                                                   45

                                                                                    b.o.

### Page 11

REKENINGKUNDE
                                                                                            11
                                                      (VRAESTEL 1)           10711/25

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 10 minute)

Jy word voorsien van 'n opgesomde weergawe van ’n mediavrystelling van Kings Bpk.
Lees die verwerkte uittreksel uit die mediaverklaring en gebruik jou kennis oor
maatskappye om die volgende vrae te beantwoord.

GEVRA:

LET WEL: MOENIE jou antwoorde oor verskeie vrae herhaal wanneer jy dit
         beantwoord NIE.

4.1   Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
      die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.2) in die ANTWOORDBOEK neer.

      4.1.1     Die (direkteure/interne ouditeur/eksterne ouditeur) ondersoek die
                maatskappy se finansiële rekords en interne beheermaatreëls om enige
                rekeningkundige teenstrydighede te identifiseer.

      4.1.2     Maatskappye berei akkurate finansiële state voor in ooreenstemming
                met (die ouditkomitee/Internasionale Finansiële Rapportering
                Standaarde (IFRS)/die aandeelhouers) om deursigtigheid en
                aanspreeklikheid te verseker.                                  (2 x 1)      (2)

4.2   Identifiseer TWEE kwessies rakende korporatiewe bestuur wat duidelik blyk uit die
      Kings Bpk saak.                                                                       (2)

4.3   Verskaf TWEE redes waarom deursigtigheid noodsaaklik is as ŉ element van etiek
      rakende korporatiewe bestuur binne ŉ maatskappy.                                      (4)

4.4   Verduidelik TWEE rolle van ŉ ouditkomitee in die voorkoming van teenstrydighede
      in finansiële verslagdoening.                                                         (4)

4.5   Gee DRIE gevolge van swak korporatiewe bestuur vir ŉ maatskappy soos Kings
      Bpk.                                                                                  (3)

UITTREKSEL UIT DIE MEDIAVERKLARING:

   KINGS BPK: ŉ KORPORATIEWE SKANDAAL EN DIE NAGEVOLGE DAARVAN
Kings Bpk, 'n multinasionale kleinhandelkorporasie, was betrokke by ’n groot korporatiewe
skandaal. Die maatskappy het onlangs “rekeningkundige onreëlmatighede” aangemeld
wat daarna bedrieglike aktiwiteite ter waarde van miljarde rande aan die lig gebring het.
Dit het gelei tot 'n noemenswaardige en langdurige daling in sy aandeelprys, wat
uiteindelik tot die bedanking van belangrike bestuurders gelei het.

Die skandaal het ernstige gebreke in korporatiewe bestuur aan die lig gebring, gekenmerk
deur 'n gebrek aan deursigtigheid, ontoereikende toesig deur die direksie en onvoldoende
finansiële beheermaatreëls. Die maatskappy het probleme ondervind om stabiliteit te
herwin, wat tot die verlies van aandeelhouers gelei het.

                                                                                            15

                                                                               TOTAAL:      150

                                             EINDE

### Page 12

REKENINGKUNDE
                                                                                                       1
                                                            (VRAESTEL 1)             10711/25

  GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

          Bruto wins                  x       100            Bruto wins              x   100
           Verkope                             1         Koste van Verkope                1

  Netto wins voor belasting           x       100      Netto wins na belasting       x   100
          Verkope                              1              Verkope                     1

       Bedryfsuitgawes                x       100            Bedryfswins             x   100
          Verkope                              1              Verkope                     1

         Totale bates : Totale laste                        Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste             Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersbelang

 (Handels & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

Gemiddelde handelsvoorraad                x    365              Koste van Verkope
  Koste van Verkope                             1          Gemiddelde handelsvoorraad
                             (Sien Nota 1 onder)

  Gemiddelde debiteure        x       365              Gemiddelde krediteure         x   365
    Kredietverkope                     1                 Koste van verkope                1
                                                                                 (Sien Nota 2 onder)

    Netto wins na belasting    x 100                     Netto wins na belasting         x   100
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                     Getal uitgereikte aandele             1
                                                                                 (Sien Nota 3 onder)

             Netto wins voor belasting + Rente op lenings                            x 100
    Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste                        1

   Aandeelhouersbelang                x       100     Dividende vir die jaar         x   100
  Getal uitgereikte aandele                    1     Getal uitgereikte aandele            1

 Tussentydse dividende            x    100               Finale dividende            x   100
Getal uitgereikte aandele               1            Getal uitgereikte aandele            1

 Dividende per aandeel        x       100               Dividende vir die jaar       x   100
 Verdienste per aandeel                1             Netto inkomste na belasting          1

                                   Totale vaste koste
                Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien so vereis in
   'n vraag. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope mag gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
   wees indien voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
   word die geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktyk gebruik.

## Related documents

- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
