# Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4ccfd7af-f8a6-4de4-8fd8-f9ee0349f186
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4ccfd7af-f8a6-4de4-8fd8-f9ee0349f186)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                      2025

                       10712

               REKENINGKUNDE

                 (VRAESTEL 2)

                                               TYD: 2 uur

                                               PUNTE: 150

  14 bladsye + ’n formuleblad en ŉ 14-bladsy antwoordboek

                                                            b.o.

### Page 2

REKENINGKUNDE
                                                                                         2
                                                  (VRAESTEL 2)            10712/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.    Jy mag die formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie
      vraestel aangeheg is, gebruik.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                    ONDERWERP                        PUNTE        MINUTE

       1         Rekonsiliasies                                   40           32

       2         Kosterekeningkunde                               40           32

       3         Voorraadwaardasie                                35           28

       4         Begrotings                                       35           28

                         TOTAAL                                  150           120

                                                                                             b.o.

### Page 3

REKENINGKUNDE
                                                                                             3
                                                      (VRAESTEL 2)           10712/25

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                        (40 punte; 32 minute)

1.1 BANKVERSOENING

     Die inligting hieronder het betrekking op Khaya Handelaars, ŉ besigheid wat deur
     Khaya Smith besit word. Die besigheid ontvang die bankstaat op die 25ste dag van elke
     maand. Khaya gebruik dit om die bankversoening te voltooi.

     GEVRA:

     1.1.1   Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDBOEK voorsien is om die finale totale
             van die Kontantjoernale op 31 Mei 2025 te bereken.                                  (10)

     1.1.2   Bereken die korrekte bankrekeningsaldo in die Algemene Grootboek op
             31 Mei 2025.                                                                         (4)

     1.1.3   Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2025 op.                                      (7)

     1.1.4   Khaya het opgemerk dat 'n langdienende kassier onlangs kontanttekorte
             ervaar het. Stel TWEE moontlike redes voor vir hierdie tekorte en verskaf
             oplossings aan Khaya om elke gegewe rede te hanteer.                                 (4)

     1.1.5   Verskaf TWEE redes waarom Khaya alle EFO-betalings van sy besigheid
             magtig.                                                                              (2)

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 April 2025

     Uitstaande deposito’s:     Gedateer 14 April 2025                            R6 000
                                Gedateer 28 April 2025                            15 000
     Uitstaande EFO’s:          Nr. 135                                            2 100
                                Nr. 139                                            6 700
     Ongunstige saldo volgens bankrekening                                        15 550

     LET WEL:
        Die uitstaande deposito van R15 000 het op 15 Mei 2025 op die bankstaat verskyn.

        Die uitstaande deposito van R6 000 het nie op die bankstaat vir Mei 2025 verskyn
         nie. ŉ Ondersoek het aan die lig gebring dat hierdie bedrag nooit gedeponeer is
         nie. Die bedrag moet afgeskryf word.

        EFO 135 is korrek op die bankstaat as R210 getoon.

        Die bankstaat vir Mei 2025 toon dat EFO 139 korrek aangeteken is.

                                                                                                 b.o.

### Page 4

REKENINGKUNDE
                                                                                            4
                                                     (VRAESTEL 2)            10712/25

B.   Voor ontvangs van die Bankstaat vir Mei 2025, het die Kontantjoernale die
     volgende voorlopige totale getoon:

         KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL                 KONTANTBETALINGSJOERNAAL
                  R102 675                                  R86 150

C.   Inligting op die Bankstaat vir Mei 2025 wat nie in die Kontantjoernale vir Mei
     2025 verskyn het nie:

                                                                 DEBIET       KREDIET
          DATUM                   BESONDERHEDE
                                                                   (R)          (R)
             1           P. Sello (huurder)                                       3 160
             9           Kontantonttrekking (K. Smith)               2 800
             15          Debiteurekontrole (K. Phumi)                              6 400
             25          Debietorder 00125                           5 100
             28          Rente                                         365
             30          Transaksiefooie                               830

     LET WEL:

        K. Phumi het ŉ elektroniese oordrag gemaak voordat ŉ 5%-korting aan hom
         toegestaan is. Khaya het die boekhouer opdrag gegee om die korting elektronies
         terug te betaal. Hy het die transaksie gemagtig en die boekhouer het die
         terugbetaling afgehandel.

        ŉ Ongemagtigde debietorder het op 25 Mei verskyn. Die bank sal die fout in Junie
         regstel.

D.   Inskrywings in die Kontantjoernale na 25 Mei 2025:

     Deposito op 30 Mei 2025                                                    R31 250
     EFO 384 aan DS Verpakking, gedateer 27 Mei 2025                              9 650
     EFO 392 aan MJ Skryfbehoeftes, gedateer 29 Mei 2025                          5 440

E.   Bankstaat se saldo op 31 Mei 2025 …?

                                                                                                b.o.

### Page 5

REKENINGKUNDE
                                                                                           5
                                                     (VRAESTEL 2)            10712/25

1.2 KREDITEUREVERSOENING

     Soweto Handelaars koop goedere op krediet by, onder andere, PP Verspreiders.
     Die besigheid ontvang hul rekeningstaat stiptelik elke maand.

     GEVRA:

     1.2.1   Gebruik die tabel wat voorsien is en toon alle regstellings wat ten opsigte
             van die Krediteurekontrolerekening en Krediteurelys gemaak moet word.

             Toon veranderinge met ŉ (+) vir ŉ toename, ŉ (–) vir ŉ afname of ’n (0)
             vir geen verandering nie.                                                     (9)

     1.2.2   PP Verspeiders is tevrede met die manier waarop Soweto Handelaars
             hul rekening bestuur, daarom is hulle bereid om hulle kredietlimiet te
             verhoog.

             Verduidelik TWEE aksies wat Soweto Handelaars behoort te neem om ŉ
             goeie verhouding met die krediteur te handhaaf.                               (4)

INLIGTING:

A.   Saldo’s en totale op 30 Junie 2025 (voor die regstelling van die foute en
     weglatings):

     Saldo van Krediteurekontrolerekening                                      R64 800
     Totaal van Krediteurelys in die Krediteuregrootboek                       R79 300

B.   Die Krediteurejoernaal se totaal is met R1 000 te veel opgetel.

C.   S. Snow, ŉ debiteur met ŉ kredietsaldo van R900 is per abuis in die krediteurelys
     ingesluit.

D.   Die totaal van die Krediteureafslagjoernaal is foutiewelik as R23 500 bereken in
     plaas van R17 900.

E.   Die Debiteurekontrole-kolom van R4 400 in die Kontantbetalingsjoernaal is
     foutiewelik na die Krediteurekontrolerekening oorgeboek.

F.   Verpakkingsmateriaal ter waarde van R2 300 is aan PP Verspreiders
     teruggestuur en korrek in die relevante joernaal geboekstaaf. Dit is egter as
     kredietaankope na die rekening van PP Verspreiders oorgeboek.

                                                                                           40

                                                                                               b.o.

### Page 6

REKENINGKUNDE
                                                                                                6
                                                        (VRAESTEL 2)           10712/25

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                         (40 punte; 32 minute)

2.1 MAGIC WOOD VERVAARDIGERS

     Die besigheid wat hout deurkosyne (rame) vervaardig, is in besit van Phenyo
     Mason. Hul finansiële jaar einde elke jaar op 30 April.

     GEVRA:

     2.1.1   Verwys na Inligting A.

             Bereken die direkte-/grondstofkoste.                                                    (6)

     2.1.2   Verwys na Inligting C.

             Bereken die fabrieksbokoste vir die jaar deur die tabel in die
             ANTWOORDBOEK te voltooi.                                                                (9)

     2.1.3   Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 April 2025 op.                    (6)

     2.1.4   Bereken die verkoop- en verspreidingskoste.                                             (3)

     2.1.5   Magic Wood het vensterrame aan ŉ gemeenskapskool geskenk. Die rame is
             met afvalhout vervaardig, wat andersins vermors sou word. Bereken die
             bedrag verlore ten opsigte van verkope as gevolg van die vermorsing van die
             hout.                                                                                   (4)

INLIGTING:

A.   Grondstowwe (hout):

     Grondstowwe word volgens die EIEU (eerste-in-eerste-uit) -metode gewaardeer.
     Alle voorraadaankope word in ŉ stoorkamer geberg totdat dit uitgereik word vir
     produksie.

     Grondstofvoorraad rekords:

                                                               EENHEIDS-
                                                                                TOTAAL
                                                    METER       KOSTE
                                                                                  (R)
                                                                  (R)
     Saldo op 1 Mei 2024                              1 520                           608 000
     Aankope                                         16 200                         7 467 000
      Julie 2024                                      8 400              420
      November 2024                                   7 800              505
     Terugsendings                                      400              420
     Grondstof uitgereik aan fabriek                 16 570                                ?
     Saldo op 30 April 2025                             750                                ?

     LET WEL:      400 meter is aan die verskaffer teruggestuur as gevolg van die
                   aflewering van die verkeerde grootte.

                                                                                                    b.o.

### Page 7

REKENINGKUNDE
                                                                                            7
                                                      (VRAESTEL 2)           10712/25

B.   Uittreksel uit vooraansuiweringsbedrae op 30 April 2025:

     Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R3 670 860 bereken.

     Ander vooraansuiweringsbedrae op 30 April 2025:
     Kantoorversekering                                                         R12 480
     Waardevermindering op fabriekstoerusting                                    42 000
     Advertensies                                                                34 320
     Fabriekshuur                                                                     ?

     Aansuiwerings tot fabrieksbokste:

        80% van die versekering word aan die fabriek toegeken en die res aan die
         kantoor. Die boekhouer het die versekeringsbedrag met R2 550 te min bereken.

        Waardevermindering op fabriekstoerusting is bereken met behulp van die
         kosprys-metode in plaas van die verminderdesaldo-metode. Herstel die fout.

         o Op 1 Mei 2024 het die opgehoopte waardevermindering op die
           fabriekstoerusting R38 000 beloop.

         o Die waardeverminderingskoers op fabriekstoerusting beloop 15% per jaar.

            LET WEL:     Geen fabriekstoerusting is gedurende die jaar aangekoop of
                         verkoop nie.

        Magic Wood Vervaardigers se fabriekshuur vir die drie maande vanaf 1 Mei 2024
         tot 31 Julie 2024 het R168 000 beloop. PM Warehouse hef huur teen 'n vaste
         tarief. Magic Wood Vervaardigers huur die afgelope twee jaar 160 vierkante
         meter. Met ingang van 1 Augustus 2024 het Magic Wood Vervaardigers versoek
         dat die fabriekshuurruimte met 40 vierkante meter vergroot word. Die huur is nog
         nie geboekstaaf nie.

C.   Daar is geen goedere-in-bewerkingvoorraad nie.

D.   Ander kostes vir die finansiële jaar (na alle aansuiwerings):

                                                             EENHEIDS-        TOTAAL
                                                              KOSTE             (R)
                                                                (R)
     Direkte arbeidskoste                                           710               ?
     Veranderlike koste                                           2 240      14 380 800

E.   Produksie en verkope vir die jaar:

        6 420 hout deurrame is vervaardig en verkoop.
        2,5 meter hout word gebruik om een deurraam te vervaardig.
        Verkoopprys per hout deurraam beloop R780.

                                                                                                b.o.

### Page 8

REKENINGKUNDE
                                                                                          8
                                                     (VRAESTEL 2)           10712/25

2.2 KICK-IT-UP VERVAARDIGERS

    Jy word voorsien van die inligting met betrekking tot Kick-it-up Vervaardigers. Die
    besigheid vervaardig kantoorstoele. Die eienaar, Nono Shiloh, is tevrede met die
    verhoogde wins.

    LET WEL:     Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
                  Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
                  ŉ Verklaring of rede gee in elke geval

    GEVRA:

    2.2.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om die verwagte gelykbreekpunt vir 'n
          besigheid te bereken voor die begin van 'n finansiële jaar.                         (2)

    2.2.2 Nono het nie 'n toename in wins verwag nie. Verduidelik aan haar hoe dit
          moontlik was. Gee TWEE redes. Haal syfers aan.                                      (4)

    2.2.3 Verklaar waarom totale vaste koste toegeneem het, maar vaste koste per
          eenheid afgeneem het. Haal syfers aan.                                              (2)

    2.2.4 Identifiseer TWEE kostes (met syfers) wat goed beheer is. Vir elke koste,
          verskaf 'n aksie wat Kick-it-up Vervaardigers moontlik geneem het om
          hierdie kostes onder beheer te hou.                                                 (4)

INLIGTING:

                                          2025                  2024
                                  EENHEIDS-             EENHEIDS-
                                               TOTAAL                TOTAAL
                                   KOSTE                 KOSTE
                                                 (R)                   (R)
                                     (R)                   (R)
    Vaste koste                        26,00 1 092 000       26,60 1 077 300
    Veranderlike koste                 82,30 3 456 600       84,10 3 406 050
     Direkte grondstof                 34,00 1 428 000       36,00 1 458 000
     Direkte arbeid                    29,00 1 218 000       28,10 1 138 050
     Verkoop en verspreiding           19,30    810 600      20,00    810 000

    Verkoopprys per eenheid               R117,30                      R105,00
    Netto wins vir die jaar               R637 500                     R101 250
    Eenhede vervaardig en
                                       42 000 eenhede              40 500 eenhede
    verkoop
    Gelykbreekpunt                     31 200 eenhede              51 545 eenhede

                                                                                          40

                                                                                              b.o.

### Page 9

REKENINGKUNDE
                                                                                            9
                                                     (VRAESTEL 2)            10712/25

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                       (35 punte; 28 minute)

3.1 FLYEASY HANDELAARS

     Die besigheid word deur Magesh besit en verkoop een tipe reistas. Die besigheid
     gebruik die geweegde-gemiddelde-metode om sy voorraad te waardeer en pas die
     deurlopende voorraadstelsel toe. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2025
     geëindig.

     LET WEL:      Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
                    Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
                    ŉ Verklaring of rede gee in elke geval

     GEVRA:

     3.1.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2025:

                Die waarde van die eindvoorraad, deur gebruik te maak van die
                 geweegde-gemiddelde-metode                                                     (3)
                Bruto wins                                                                     (5)

     3.1.2 Magesh het besluit om sy prysbeleid te evalueer. Adviseer hom oor EEN
           punt wat hy moet oorweeg wanneer hy sy prysstrategie hersien.                        (2)

     3.1.3 Magesh is bekommerd oor ŉ afname in wins. Noem TWEE potensiële
           faktore wat tot ‘n afname in winste kan lei.                                         (2)

INLIGTING:

A.   Voorraadsyfers toon die volgende:

                                                                EENHEIDS-
                                                                          TOTAAL
                                                 EENHEDE          PRYS
                                                                            (R)
                                                                   (R)
     Aanvangsvoorraad (1 Maart 2024)                     710
     Aankope                                           2 370                  8 310 000
      Maart                                              850         3 200    2 720 000
      Julie                                              620         3 500    2 170 000
      November                                           900         3 800    3 420 000

     Slotvoorraad (28 Februarie 2025)                      ?         3 420              ?

B.   Verkope:

        Slegs 2 508 reistasse is gedurende die jaar verkoop.

        Om mededingend in die reistasmark te bly, is die verkoopprys op R4 550 vir die
         laaste drie jaar gehandhaaf.

                                                                                                b.o.

### Page 10

REKENINGKUNDE
                                                                                             10
                                                       (VRAESTEL 2)             10712/25

3.2 MENZIWATCH PLAZA

     Aya Mbambo is die eienaar van Menziwatch Plaza, ŉ besigheid wat verskeie soorte
     eksklusiewe horlosies verkoop. Die besigheid gebruik die spesifieke
     identifikasiemetode om hul voorraad te waardeer en pas die periodieke
     voorraadstelsel toe. Hul finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig.

     GEVRA:

     3.2.1 Bereken die waarde van die eindvooraad voorhande, deur gebruik te maak van
           die spesifieke identifikasiemetode                                                     (5)

     3.2.2 Voorsien ŉ berekening wat bevestig dat die eindvooraad van die Saika-
           horlosies na verwagting binne 8,9 dae verkoop sal wees.                                (3)

     3.2.3 Aya is seker daarvan dat die Dempo-model NIE uit vooraad is NIE. Toon ŉ
           berekening wat sy vermoede bevestig.                                                   (2)

     3.2.4 Aya het sy kommer uitgespreek oor kliënte wat horlosies aanpas sonder
           personeeltoesig. Identifiseer TWEE potensiële probleme wat uit hierdie praktyk
           kan ontstaan en stel ŉ oplossings vir elkeen voor.                                     (4)

INLIGTING:

Die volgende inligting het betrekking op die jaar geëindig 28 Februarie 2025:

A.   Aanvangsvoorraad

                                                            EENHEIDS-            TOTAAL
     MODEL                                 EENHEDE
                                                             PRYS (R)              (R)
     Dempo                                      46            4 750              218 500
     Bolex                                      29            8 700              252 300

B.   Aankope

                                                            EENHEIDS-            TOTAAL
     MAANDE                 MODEL            EENHEDE
                                                             PRYS (R)              (R)
     Julie 2024             Dempo                85           4 750              403 750
                            Bolex                96           8 700              835 200
     Desember 2024          Saika               116           5 550              643 800
     Februarie 2025         Bolex                44           8 700              382 800
                            Saika                61           5 550              338 550

C.   Slotvoorraad

     MODEL                                                  EENHEDE             TOTAAL (R)
     Dempo                                                     0                    0
     Bolex                                                     ?                    ?
     Saika                                                     ?                    ?

                                                                                              b.o.

### Page 11

REKENINGKUNDE
                                                                                         11
                                                      (VRAESTEL 2)          10712/25

D.   Verkope:

                                                           EENHEDE        WINSOPSLAG
     MODEL
                                                           VERKOOP            %
     Dempo                                                   125              52
     Bolex                                                   123              75
     Saika                                                   161              60

3.3 PROBLEEMOPLOSSING:

     Die onderstaande inligting het betrekking op Staysmart Modes. Die besigheid verkoop
     baadjies geskik vir verskillende seisoene.

     LET WEL:     Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
                   Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
                   ŉ Verklaring of rede gee in elke geval
     GEVRA:
     3.3.1 Winterjasse:
              Lewer kommentaar oor die voorraadhoudingsperiode van winterjasse. Haal
               syfers aan.                                                                    (2)

              Watter effek het hierdie voorraadhoudingsperiode op Staysmart Modes?           (2)

     3.3.2 Somerjasse:
             Nandi is bekommerd dat die huidige prysbeleid tot ŉ toekomstige afname in
             kliënte kan lei. Bereken die persentasieverandering en verduidelik hoekom
             Nandi nie bekommerde hoef te wees nie.                                           (3)

     3.3.3 Nandi is tevrede met die nul voorraadverlies. Verduidelik TWEE veiligheids-
           maatreëls wat sy moontlik geïmplementeer het om hierdie resultaat te behaal.       (2)
INLIGTING:

                                        2025                           2024
                               WINTER        SOMER           WINTER            SOMER
                              (eenhede)     (eenhede)       (eenhede)         (eenhede)
     Voorraad beskikbaar             900         1 200             960              1 220
     Voorraad verkoop                558         1 080             672              1 037
     Voorraad voorhande              342           120             288                183
     Verkoopprys per
                                  R3 750         R1 350          R3 300           R1 050
     eenheid
     Kosprys per eenheid          R2 500          R900           R2 200             R750
     Voorraadhoudings-
                                 224 dae         41 dae         156 dae            64 dae
     periode

                                                                                              35

                                                                                            b.o.

### Page 12

REKENINGKUNDE
                                                                                              12
                                                          (VRAESTEL 2)          10712/25

VRAAG 4: BEGROTINGS                                                 (35 punte; 28 minute)

Die inligting het betrekking op Ekasi Handelaars vir die periode 1 Julie 2025 tot
31 Augustus 2025. Die besigheid word deur Edward Cassim besit en verkoop elektriese
toestelle onder sy eie handelsmerk.

GEVRA:

4.1 Bereken die totale verkope vir Junie 2025.                                                     (2)

4.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir die tydperk 1 Julie 2025 tot
    31 Augustus 2025.                                                                              (7)

4.3 Bereken die ontbrekende syfers (i) – (iv) in die Kontantbegroting vir die periode
    geëindig op 31 Augustus 2025.                                                              (14)

4.4 Verwys na inligting G.

      Verduidelik waarom dié items 'n uitdaging vir die besigheid tot gevolg kan hê.
       Verskaf EEN rede vir elke geval.                                                            (4)

      Daar is kommer oor die hoë advertensiekoste wat verband hou met die druk van
       pamflette deur die besigheid, veral gegewe die lae verkoopsopbrengs. Stel TWEE
       moderne en meer koste-effektiewe advertensiemetodes voor wat Edward kan
       oorweeg.                                                                                    (4)

4.5 Verwys na inligting H.

        Lewer kommentaar oor die kontantvloeisituasie gedurende Mei 2025. Maak EEN
         voorstel om Ekasi Handelaars se kontantprobleme te verbeter.                              (2)

        Edward oorweeg dit om 'n nuwe tak in 'n ander provinsie oop te maak.
         Identifiseer TWEE uitdagings wat die besigheid se kontantbegroting kan
         beïnvloed.                                                                                (2)

INLIGTING:

A.   Verkope, koste van verkope en debiteure-invordering:

        Totale verkope was soos volg:

                         Mei 2025        Junie 2025        Julie 2025    Augustus 2025
     Werklike             1 280 000                   ?
     Begrote                                                1 192 000             1 604 000

        Kontantverkope beloop 75% van totale verkope.
        Die winsopslag is 60% op kosprys.

                                                                                               b.o.

### Page 13

REKENINGKUNDE
                                                                                           13
                                                    (VRAESTEL 2)          10712/25

B.   Invordering van debiteure geskied soos volg:

      20% betaal in die maand van verkope en ontvang ŉ 3% korting.
      60% betaal in die maand wat volg op verkope.
      15% betaal in die tweede maand na verkope.
     Die balans moet as oninbaar afgeskryf word.

C.   Aankope:

        35% van alle aankope geskied op krediet.
        Vooraad word in die maand van verkope vervang en ŉ vaste voorraadvlak word
         gehandhaaf.
        Krediteure word twee maande na aankope betaal, onderhewig aan ŉ 4% korting.

D.   Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Julie en Augustus 2025:

                                                           JULIE         AUGUSTUS
     ONTVANGSTE
     Kontantverkope                                          894 000         1 203 000
     Ontvangste van debiteure                                312 812                 ?
     Huurinkomste                                              9 225             8 200
     Lening                                                        0                (i)
     BETALINGS
     Kontantaankope van voorraad                             484 250                (ii)
     Betalings aan krediteure                                    (iii)         289 800
     Huuruitgawe                                               9 300            11 718
     Rente op lening                                           1 105             2 275
     Salarisse en lone                                        29 000               (iv)

E.   Lening:

     Op 1 Augustus 2025 het Ekasi Traders 'n nuwe lening verkry. Rente sal vanaf
     31 Augustus 2025 teen 13% p.j. aan die einde van elke maand gehef word. VBD
     Bank hef rente teen dieselfde koers as die vorige lening.

F.   Salarisse en lone:

     Die besigheid het twee werknemers wat dieselfde maandelikse salaris verdien. In
     Augustus sal 'n derde werknemer aangestel word, wat 'n maandelikse salaris van 30%
     laer as die ander twee werknemers sal verdien.

                                                                                            b.o.

### Page 14

REKENINGKUNDE                        14
                                                    (VRAESTEL 2)          10712/25

G.   Edward is bekommerd oor die volgende items wat nie aan die begroting vir Mei 2025
     voldoen het nie:

                                                       BEGROOT           WERKLIK
                                                          R                 R
     Betalings aan krediteure                             198 600             54 000
     Versekering                                           12 890                  0
     Advertensies                                           9 750             24 375

H.   Uittreksel van die kontantbegroting:

                                                       MEI 2025        JUNIE 2025
                                                       WERKLIK          WERKLIK
                                                          R                R
     Kontantsurplus/(-tekort)                            (76 540)            105 400
     Kontant aan die begin                               202 700             126 160
     Kontant aan die einde                               126 160             231 560

                                                                                          35

                                                                            TOTAAL:       150

                                            EINDE

### Page 15

REKENINGKUNDE                              1
                                                            (VRAESTEL 2)             10712/25

 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

          Bruto wins                  x       100            Bruto wins              x   100
           Verkope                             1         Koste van Verkope                1

  Netto wins voor belasting           x       100      Netto wins na belasting       x   100
          Verkope                              1              Verkope                     1

       Bedryfsuitgawes                x       100            Bedryfswins             x   100
          Verkope                              1              Verkope                     1

         Totale bates : Totale laste                        Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste             Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersbelang

 (Handels & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

Gemiddelde handelsvoorraad                x    365              Koste van Verkope
  Koste van Verkope                             1          Gemiddelde handelsvoorraad
                             (Sien Nota 1 onder)

  Gemiddelde debiteure        x       365              Gemiddelde krediteure         x   365
    Kredietverkope                     1                 Koste van verkope                1
                                                                                 (Sien Nota 2 onder)

    Netto wins na belasting    x 100                     Netto wins na belasting         x   100
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                     Getal uitgereikte aandele             1
                                                                                 (Sien Nota 3 onder)
             Netto wins voor belasting + Rente op lenings                            x 100
    Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste                        1

   Aandeelhouersbelang                x       100     Dividende vir die jaar         x   100
  Getal uitgereikte aandele                    1     Getal uitgereikte aandele            1

 Tussentydse dividende            x    100               Finale dividende            x   100
Getal uitgereikte aandele               1            Getal uitgereikte aandele            1

 Dividende per aandeel        x       100               Dividende vir die jaar       x   100
 Verdienste per aandeel                1             Netto inkomste na belasting          1

                                   Totale vaste koste
                Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien dit so vereis
   word in 'n vraag. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope mag gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
   as voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
   word die geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktyk gebruik.

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
