# Accounting Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/5dda0e04-6733-429e-91c7-463b095bafe5
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/5dda0e04-6733-429e-91c7-463b095bafe5)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V1

                                  NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V1          2           DBE/November 2025
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V1                             3                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING       2025

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
          beantwoord.

 3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
          aangeheg.

 4.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

 9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

  VRAAG                        ONDERWERP                            PUNTE        MINUTE

      1        Maatskappy Finansiële State                             50           45

      2        Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers               45           35

      3        Konsepte en Vertolking van Finansiële Inligting         40           30

      4        Korporatiewe Bestuur                                    15           10

 TOTAAL                                                               150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V1                             4                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                           (50 punte; 45 minute)

 Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van Violet Beperk geneem. Die
 finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig. Die maatskappy dryf handel met
 dames- en mansklere.

 GEVRA:

 1.1      Verwys na Inligting B.

          Bereken die korrekte waarde van die eindvoorraad van informele manshemde.             (6)

 1.2      Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op.                                              (8)

 1.3      Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2025.                        (36)

          LET WEL:
          • Toon ALLE bewerkings tussen hakies.
          • Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
          • Ontbrekende bedrae in ingekleurde areas moet NIE ingevul word NIE.

 INLIGTING:

 A.       Die volgende bedrae is 'n uittreksel uit die rekeningkundige rekords op:

                                                          28 Feb. 2025      29 Feb. 2024
                                                                R                R
          Vaste deposito: Time Bank                                   ?
          Handelsvoorraad                                     4 598 000
          Debiteurekontrole                                     735 000
          Voorsiening vir oninbare skulde                             ?
          Gewone aandeelhouersbelang                                  ?         16 200 000
            Gewone aandelekapitaal                           17 875 000         11 395 000
            Behoue inkomste                                           ?          4 805 000
          Verbandlening: Delta Bank                           3 200 000
          Krediteurekontrole                                    878 500
          Bank (ongunstig)                                            ?

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V1                            5                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 B.      Handelsvoorraad:
         Dit het aan die lig gekom dat die eindvoorraad informele manshemde van een
         spesifieke handelsmerk volgens die eerste-in-eerste-uit-voorraadwaardasie-
         metode gewaardeer is, in plaas van die geweegdegemiddelde-voorraad-
         waardasiemetode. Dit moet reggestel word.
         Die volgende rekords het betrekking op informele hemde van hierdie
         handelsmerk:
                                                                         Koste
                                                   Aantal       Per eenheid    Totaal
                                                                     R            R
         Voorraad (1 Maart 2024)                          300                     97 500
         Aankope                                        4 800                  1 605 000
         Terugsendings                                    100                     42 500
         Eindvoorraad (28 Feb. 2025)                      820                    285 500

 C.      Vaste deposito: Time Bank
         • 'n Vaste deposito van R320 000 het op 31 Julie 2025 verval.
         • Die oorblywende 60% van die vaste deposito sal op 31 Desember 2028
           verval.

 D.      Oordrag van saldo en voorsiening vir oninbare skulde:
         • 'n Debiteur, wie se rekening 'n oorbetaling van R5 000 in die
           Debiteuregrootboek toon, het versoek dat hierdie oorbetaling na sy rekening
           in die Krediteuregrootboek oorgeplaas moet word. Hierdie oorplasing is nog
           nie aangeteken nie.
         • Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 4% van die uitstaande debiteure
           aangesuiwer word.

 E.      Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
         28 Februarie 2025:
                                                                                  R
         Bedryfsinkomste
           Kommissie-inkomste                                                      169 400
           Huurinkomste                                                            430 500
         Bedryfsuitgawes
           Direkteursfooie                                                       1 998 750

         LET WEL: Die volgende jaareinde-aansuiwerings is reeds in die staat hierbo in
                  ag geneem:
         • Kommissie-inkomste vir Februarie 2025, R6 400, was nog uitstaande.
         • Huur vir Maart en April 2025 is ontvang en aangeteken. Die huur is op
           1 Desember 2024 met 10% verhoog.
         • Die maatskappy het op 1 Maart 2024, die begin van die finansiële jaar, twee
           direkteure gehad. Albei van hulle het dieselfde maandelikse direkteursfooie
           verdien en is ten volle betaal. 'n Derde direkteur, Jack Jele, is op
           1 Junie 2024 in diens geneem en hy verdien maandelikse fooie van 25%
           minder as die ander direkteure. Jack is tot en met 31 Maart 2025 betaal.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V1                           6                           DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 F.       Verbandlening: Delta Bank

          • Vaste maandelikse terugbetalings van R45 000, gekapitaliseerde rente
            ingesluit, is vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025 gemaak en
            korrek aangeteken.
          • Die maandelikse terugbetalings sal dieselfde bly totdat die lening oor 'n
            tydperk van ongeveer vier jaar ten volle terugbetaal is.
          • Die verwagte rente vir die volgende finansiële jaar is R290 000.

 G.       Aandele en dividende:

          LET WEL:     Die relevante inskrywing is reeds aangeteken.

          • Die maatskappy het gemagtigde aandelekapitaal van 9 000 000 aandele
            gehad.
          • 750 000 nuwe aandele is op 31 Maart 2024 uitgereik.
          • 'n Tussentydse dividend is op 1 September 2024 betaal.
          • 150 000 aandele is op 31 Januarie 2025 teruggekoop. EFO-betalings van
            R1 710 000 in totaal is ten gunste van aandeelhouers gemaak.
          • Die direkteure het 'n finale dividend van 90 sent per aandeel op die
            2 750 000 uitgereikte aandele op 28 Februarie 2025 verklaar.

 H.       Wins en inkomstebelasting:

          • Die aanslag van SAID vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025 het
            aangedui dat die maatskappy vir 'n belastingterugbetaling van R70 000
            kwalifiseer.
          • Die netto wins na belasting is akkuraat bereken op R4 721 700 vir die
            finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025.

 I.       Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2025 nadat die bostaande
          in berekening gebring is:

          Bedryfsverhouding                                                  1,3 : 1
          % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                        24%

                                                                                              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V1                             7                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                               (45 punte; 35 minute)

 Die inligting hou verband met Mustang Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
 28 Februarie 2025.

 GEVRA:

 2.1      Bereken die volgende bedrae met betrekking tot die Versoening van
          Wins voor Belasting en Kontant Gegenereer uit Bedrywighede-nota op
          28 Februarie 2025:

          • Verandering in ontvangbare bedrae                                                      (3)

          • Verandering in betaalbare bedrae                                                       (4)

          LET WEL:     Toon die invloei of uitvloei van kontant vir antwoorde bereken.

 2.2      Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.                   (23)

          LET WEL:

          • Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
          • Ontbrekende bedrae in ingekleurde areas moet NIE ingevul word NIE.

 2.3      Bereken die volgende        finansiële    aanwysers   vir   die    jaar   geëindig
          28 Februarie 2025:

          • Netto batewaarde per aandeel                                                           (3)

          • Vuurproefverhouding                                                                    (5)

          • Dividenduitbetalingskoers                                                              (5)

 2.4      Die direkteure behoort bekommerd te wees oor die kontantbronne van die
          maatskappy vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. Gee EEN rede (met
          syfers) vir hierdie bekommernis.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V1                              8                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INLIGTING:

 A.       Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
          28 Februarie 2025:
                                                                                   R
          Koste van verkope                                                       12 800 000
          Rente op lening                                                            316 250
          Netto wins voor belasting                                                  720 000
          Belasting vir die jaar                                                     201 600
          Netto wins na belasting                                                    518 400

B.        Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:
                                                          28 Feb. 2025        29 Feb. 2024
                                                               R                   R
          Gewone aandeelhouersbelang                           7 140 120           5 500 000
          Verbandlening: Merchant Bank                         2 880 000                   ?
          Bankoortrekking                                        775 000                   0

 C.       Vaste bates:

                                                             28 Feb. 2025      29 Feb. 2024
                                                                   R                 R
          Grond en geboue teen kosprys                           5 600 000         5 600 000
          Toerusting teen kosprys                                        ?           745 000
          Voertuie teen kosprys                                  2 900 000         2 520 000
          Opgehoopte waardevermindering op toerusting                    ?           233 000
          Opgehoopte waardevermindering op voertuie                      ?            85 000

          Toerusting:

          • 'n Ou yskas is op 30 Junie 2024 teen drawaarde vir kontant verkoop.
            Volgens die Vastebateregister was die kosprys van die yskas R55 000 en
            die drawaarde daarvan op 1 Maart 2024 was R16 000.
          • Waardevermindering op toerusting is 15% p.j. teen kosprys.

          Voertuie:

          'n Nuwe afleweringsvoertuig is op 1 Desember 2024 kontant aangekoop. Geen
          voertuie is gedurende die jaar verkoop nie.

 D.       Handels- en ander ontvangbare bedrae:

                                                          28 Feb. 2025       29 Feb. 2024
                                                               R                  R
          Debiteurekontrole                                   3 167 000          1 303 500
          SAID: Inkomstebelasting                                      0            32 000
                                                              3 167 000          1 335 500

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V1                             9                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 E.       Kontant en kontantekwivalente:

                                                         28 Feb. 2025      29 Feb. 2024
                                                              R                 R
          Bank                                                       0           405 000
          Kleinkas                                              18 000             10 000
                                                                18 000           415 000

 F.       Handels- en ander betaalbare bedrae:

                                                         28 Feb. 2025      29 Feb. 2024
                                                              R                 R
          Krediteurekontrole                                 1 450 000         1 323 500
          Opgelope uitgawes                                     14 600                  0
          Aandeelhouers vir dividende                          129 480           162 000
          SAID: Inkomstebelasting                               15 300                  0
                                                             1 609 380         1 485 500

 G.       Aandele en dividende:

          • Die direkteure het op 31 Julie 2024 'n tussentydse dividend betaal.
          • 50 000 nuwe aandele is op 1 November 2024 teen 'n prys van R20 per
            aandeel uitgereik.
          • 2 000 aandele is teen 40% meer as die gemiddelde aandeleprys van
            R11 per aandeel teruggekoop.
          • Die direkteure het op 28 Februarie 2025 'n finale dividend verklaar.
          • Daar is reeds 498 000 gewone aandele op 28 Februarie 2025 uitgereik.
          • Dividende betaal volgens die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig
            28 Februarie 2025, was R252 000.

 H.       Finansiële aanwyser:

                                                         28 Feb. 2025      29 Feb. 2024
          Skuld-ekwiteit-verhouding                           ?               0,6 : 1

                                                                                                45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V1                                10                       DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 3: KONSEPTE EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
                                                 (40 punte; 30 minute)

 SHORTS BPK. EN LYNN BPK.

 Die inligting het betrekking op Shorts Bpk. en Lynn Bpk., wat in dieselfde bedryf handel
 dryf, vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.

 LET WEL:      Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
               •     Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
               •     'n Rede of 'n verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
                     gee

 Gebruik hierdie sleutel vir afkortings:

 HUB: Hoof- uitvoerende beampte
 HFB: Hoof- finansiële beampte
 JSE: Johannesburgse Sekuriteitebeurs

 GEVRA:

 3.1      Kies die korrekte woord(e) om elk van die volgende beskrywings te voltooi.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

             Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (KMIE); direkteur;
          Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFVS); interne ouditeur

          3.1.1        Riglyne vir die voorbereiding        van    finansiële   state   om
                       konsekwentheid te verseker

          3.1.2        'n Verkose raadslid wat vir die bestuur van die maatskappy en die
                       implementering van beleid verantwoordelik is

          3.1.3        Verantwoordelik vir die instandhouding van rekords en kontrole van
                       nuwe en bestaande maatskappye                               (3 x 1)       (3)

 3.2      Shorts Bpk.

          3.2.1        Bedryfsdoeltreffendheid:

                       Die HUB glo dat die maatskappy se prysbepalingsbeleid goed
                       bestuur word in vergelyking met hulle mededingers. Haal TWEE
                       finansiële aanwysers/finansiële data met tendense aan om sy
                       bewering te staaf.                                                        (4)

          3.2.2        Likiditeit:

                       Verduidelik hoe die kredietbeleid die likiditeit van die maatskappy
                       verbeter het. Haal TWEE finansiële aanwysers met tendense aan.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V1                             11                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

          3.2.3      Aandeelhouding van Lewis Clark in Shorts Bpk.

                     Verwys na Inligting A, B en C.

                     •   Verskaf 'n berekening om die effek te toon wat die terugkoop van
                         aandele op Lewis se % aandeelhouding gehad het.                        (4)

                     •   Gee TWEE redes waarom die interne ouditeur bekommerd is oor
                         die HFB wat die direksie oorreed het om aandele terug te koop.         (4)

                     •   Bereken die addisionele bedrag wat die maatskappy vir die
                         terugkoop van die aandele betaal het, in vergelyking met die
                         aandeleprys op die JSE.                                                (2)

 3.3      Shorts Bpk. en Lynn Bpk.

          3.3.1      Opbrengs- en dividenduitbetalingsbeleid:

                     •   Die HUB's van beide maatskappye sal hulle maatskappye se
                         prestasie bespreek. Lewer kommentaar op wat hulle oor die %
                         opbrengste moet noem. Haal EEN finansiële aanwyser met
                         syfers aan.                                                            (4)

                     •   'n Voornemende belegger glo dat Lynn Bpk. 'n beter dividend-
                         uitbetalingsbeleid in vergelyking met Shorts Bpk. het.
                         Verduidelik waarom jy met haar sou saamstem. Verskaf TWEE
                         punte met syfers.                                                      (4)

          3.3.2      Aandeleprys:

                     Lewer kommentaar op die aandeelhouers se tevredenheid met die
                     vertoning van hulle aandeleprys. Haal TWEE finansiële aanwysers
                     aan om jou kommentaar te ondersteun.                                       (4)

 3.4      Lynn Bpk.

          Die skuld-ekwiteit-verhouding toon dat addisionele lenings gedurende die
          finansiële jaar verkry is. Die direkteure is van mening dat dit 'n goeie besluit
          was. Haal EEN finansiële aanwyser aan om hulle mening te ondersteun.                  (3)

 3.5      Ouditverslag van Lynn Bpk.

          •   Verduidelik waarom die aandeelhouers oor hierdie ouditverslag bekommerd
              moet wees. Verskaf TWEE punte.                                                    (2)

          •   Noem TWEE moontlike besluite wat die aandeelhouers kon maak,
              gebaseer op hierdie ouditverslag.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V1                              12                               DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INLIGTING:

 A.       Agtergrondinligting vir Shorts Bpk.:

          • Lewis Clark, die HFB, is 'n aandeelhouer van Shorts Bpk.
          • Hy het die direksie oortuig om 400 000 aandele teen R3 elk by 'n ontevrede
            aandeelhouer terug te koop. Hierdie aandele sal nie vir finale dividende
            kwalifiseer nie.
          • Die transaksie hierbo het plaasgevind voordat die finale dividende verklaar
            is. Alle betrokke partye het tot die aanbod ingestem en die EFO-betaling is
            dienooreenkomstig gemaak.

 B.       Aandelekapitaal van Shorts Bpk.:
          Aantal aandele                                      28 Feb. 2025       29 Feb. 2024
          Gemagtigde aandele                                       3 000 000          3 000 000
          Terugkoop van aandele                                    (400 000)                  0
          Aantal aandele uitgereik                                 1 383 250          1 783 250

          Aandeelhouding van Lewis Clark, die HFB:
                                                               28 Feb. 2025       29 Feb. 2024
          % aandeelhouding                                         ?                40%

 C.       Finansiële data, finansiële aanwysers, markpryse van aandele en
          rentekoerse:

                                                        Shorts Bpk.                Lynn Bpk.
                                                    28 Feb.     29 Feb.        28 Feb.   29 Feb.
                                                     2025        2024           2025      2024
       Verkope                                        R77 m.      R48 m.        R85 m.    R90 m.
       Winsopslag-%                                  50%            65%          60%         45%
       % bedryfsuitgawes op verkope                 17,8%          18,2%
       % netto wins ná belasting op verkope         26,4%           22%
       Bedryfsverhouding                            2,4 : 1        2,2 : 1
       Vuurproefverhouding                          1,8 : 1        1,4 : 1
       Debiteure-invorderingsperiode                31 dae         42 dae
       Krediteurebetalingsperiode                   90 dae         71 dae
       Skuld-ekwiteit-verhouding                                                0,6 : 1     0,4 : 1
       % opbrengs op totale kapitaal aangewend                                  21,8%       19,2%
       % opbrengs op aandeelhouersbelang             6%            14,7%        16,1%       14,5%
       Verdienste per aandeel                      130 sent       165 sent     510 sent    528 sent
       Dividende per aandeel                       162 sent       81 sent      275 sent    260 sent
       Dividenduitbetalingskoers                   124,6%          49,1%        53,9%       49,2%
       Netto batewaarde per aandeel                270 sent       258 sent     958 sent    930 sent
       Markprys op laaste dag vir jaar             256 sent                    976 sent
       Rente op lenings                             14,2%                       12,5%
       Rente op vaste deposito                       7,1%                       6,7%

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Rekeningkunde/V1                           13                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 D.       Uittreksel uit die ouditverslag van Lynn Bpk.:

          ... Ouditmening

          Na ons mening is die finansiële state 'n redelike weergawe van die finansiële
          posisie van die maatskappy, behalwe vir sake hieronder genoem.

          Die ouditbewyse het aan die lig gebring dat stawende dokumentasie van
          sommige uitgawes ontbreek het en nie opgespoor kon word nie.

                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Rekeningkunde/V1                            14                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                    (15 punte; 10 minute)

 Jy word voorsien van 'n uittreksel uit 'n verslag van 'n maatskaplike en etiese komitee,
 asook twee onverwante artikels. Gebruik die inligting gegee en jou kennis oor
 maatskappye om die vrae te antwoord.

 Verwys na Inligting A.

 4.1      Sommige aandeelhouers is bekommerd oor die donasies wat vir
          omgewingsinisiatiewe gemaak word, want hulle glo dat dit nie hulle
          verantwoordelikheid is nie.

          Gee raad aan die aandeelhouers oor waarom korporatiewe donasies in belang
          van die maatskappy is. Verskaf TWEE punte.                                            (2)

 Verwys na Inligting B.

 4.2      •   Verduidelik TWEE punte waarom dit belangrik is dat werknemers onetiese
              gedrag in 'n besigheid rapporteer.                                                (2)

          •   Stel TWEE stappe voor wat die maatskappy kan doen om in die toekoms
              soortgelyke voorvalle te voorkom.                                                 (2)

 Verwys na Inligting C.

 4.3      Verduidelik die betekenis van die term insolvent.                                     (2)

 4.4      Lewer kommentaar op hoe die 'regte-uitgifte' die solvensie van die maatskappy
          tot 'n gunstige posisie verbeter het. Verwys na die effek van die regte-uitgifte
          op die bates, ekwiteite en laste van die maatskappy. Aanvaar dat die
          maatskappy se banksaldo gunstig was.                                                  (3)

 4.5      Gee TWEE redes waarom die bestaande aandeelhouers positief op deelname
          aan die regte-uitgifte gereageer het.                                                 (4)

 INLIGTING

 A.       Uittreksel uit die maatskaplike en etiese komitee se verslag van
          Shiloh Bpk.:

          Die maatskappy het skenkings gemaak ter ondersteuning van
          gemeenskapsinisiatiewe, asook omgewingseminare oor die herwinning van
          blikkies, plastiek en papier. Die bewyse van hierdie donasies is voldoende en
          behoorlik in die finansiële state aangeteken.

 B.       Artikel 1: Ontslag van senior finansiële bestuurder van Tekko Bpk.

          'n Ondersoek deur Tekko Bpk. het aan die lig gebring dat 'n senior finansiële
          bestuurder maatskappyfondse wanbestuur het en werkers in haar afdeling, wat
          hulle bekommernis uitgespreek het, geïntimideer het. Sy het ook
          dreigboodskappe gestuur, wat 'n toksiese werksomgewing geskep het. Die
          maatskappy het gereageer deur haar diens te beëindig, wat personeel-
          veiligheid verseker het en het 'n finansiële oudit aangevra.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Rekeningkunde/V1                            15                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 C.       Artikel 2: Om 'n weg te vind uit insolvensie

          Piranna Bpk. is in Maart 2025 insolvent verklaar. Maatskappye wat insolvent
          is, benodig drastiese stappe om hulle finansiële situasie te verbeter. Piranna
          Bpk. het die opsie van 'regte-uitgifte' gekies, waar nuwe aandele slegs aan
          bestaande aandeelhouers uitgereik sou word.

          Nadat al die nodige goedkeurings vir die implementering van die regte-uitgifte
          ontvang is, het Piranna Bpk. vyf miljoen aandele teen 'n 30%-prysverlaging van
          R27 per aandeel aan sy bestaande aandeelhouers gebied. Die aandele van
          die maatskappy het teen ongeveer R39 per aandeel verhandel.

          Aandeelhouers het positief op hierdie regte-uitgifte gereageer en die
          maatskappy kon voldoende kontant verkry om uit insolvensie uit te beweeg.

                                                                                           15

                                                                              TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Rekeningkunde/V1                                                                        DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

                   Bruto wins x 100                                          Bruto wins     x 100
                    Verkope      1                                        Koste van verkope    1

          Netto wins voor belasting x 100                              Netto wins ná belasting x 100
                   Verkope             1                                      Verkope             1

                Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
                    Verkope        1                                           Verkope       1

               Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

    (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                     Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handels- & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

        Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
            Koste van verkope         1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                     (Sien Nota 1 hieronder.)

              Gemiddelde debiteure x 365                             Gemiddelde krediteure x 365
                Kredietverkope        1                                Koste van verkope      1
                                                                                           (Sien Nota 2 hieronder.)

   Netto inkomste na belasting  x 100                                 Netto inkomste na belasting x 100
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                                   Getal uitgereikte aandele     1
                                                                                           (Sien Nota 3 hieronder.)

                Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
        Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100                           Dividende vir die jaar x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                           Getal uitgereikte aandele  1

           Tussentydse dividende x 100                                     Finale dividende      x 100
          Getal uitgereikte aandele 1                                  Getal uitgereikte aandele    1

        Dividende per aandeel x 100                                Dividende vir die jaar   x 100
        Verdienste per aandeel   1                              Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                                    .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:    1.   Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
              365 dae is slegs van toepassing indien dit op die hele jaar betrekking het.
         2.   Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees indien
              voorraad konstant is).
         3.   Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
              geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
