# Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/7907f913-8c75-49a0-a275-8989d3d611f8
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/7907f913-8c75-49a0-a275-8989d3d611f8)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V2

                                  NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2          2           DBE/November 2025
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                               3                              DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING         2025

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.         Beantwoord AL die vrae.

 2.         'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
            beantwoord.

 3.         'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
            aangeheg.

 4.         Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.         Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.         Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.         Skryf netjies en leesbaar.

 9.         Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
            beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

      VRAAG                       ONDERWERP                           PUNTE          MINUTE
        1        Versoenings                                             40             30

        2        Voorraadwaardasie                                       35             30

        3        Kosterekeningkunde                                      35             30

        4        Begrotings en Probleemoplossing                         40             30

 TOTAAL                                                                 150             120

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                                   4                          DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 VRAAG 1: VERSOENINGS                                                    (40 punte; 30 minute)

 1.1      BANKVERSOENING

          Die inligting het betrekking op Duma Winkels op 31 Julie 2025. Die eienaar van
          die besigheid is Duma Mathupha. Hulle gebruik die amptelike Bankstaat,
          ontvang op die 28ste van elke maand, om hulle Kontantjoernale te versoen.

          GEVRA:

          1.1.1      Voltooi die gegewe tabel in die ANTWOORDEBOEK deur die
                     inskrywings te toon wat op 31 Julie 2025 in die Kontantjoernale
                     geboekstaaf moet word.                                                           (10)

          1.1.2      Berei die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2025 voor.                             (7)

          1.1.3      Identifiseer TWEE probleme (met syfers) met die bestuur van kontant
                     by Duma Winkels. Verskaf in ELKE geval 'n ander oplossing vir hoe
                     hierdie probleme in die toekoms voorkom kan word.                                (6)

          INLIGTING:

          A.         Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2025:

                                                Gedateer 29 Junie 2025                R132 000
                     Uitstaande deposito's:
                                                Gedateer 30 Junie 2025                 R18 600
                                                EFO 124 (Typek Skryfbehoeftes)          R5 310
                     Uitstaande EFO's:
                                                EFO 125 (Cola Winkels)                  R9 990

          B.         Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 31 Julie 2025 voordat
                     die Bankstaat ontvang is:

                           Kontantontvangstejoernaal            Kontantbetalingsjoernaal
                                   R162 000                             R55 200

          C.         Items op die Bankstaat wat nie ooreenstem met die Julie 2025
                     Kontantjoernale nie:
                                                                            Debiet     Krediet
                           Datum                 Besonderhede
                                                                              R          R
                     2025       29    Deposito                                         132 000
                     Junie      30    Deposito                                            8 600
                     2025        3    EFO 124 (Typek Skryfbehoeftes)          3 150
                     Julie       5    EFO 125 (Cola Winkels)                  9 990
                                10    Direkte deposito (Q Ngcobo)                        16 500
                                15    Debietorder (Prime Versekeraars)        2 700
                                15    Debietorder (Prime Versekeraars)        2 700
                                25    Rente                                     975
                                      Diensgelde                                605
                                28    A–Z Verskaffers                        12 000

                     (i)     Die interne ouditeur het ontdek dat die ondersteunende
                             kontantstrokies R18 600 vir die deposito op 30 Junie 2025
                             beloop het. Die tekort is oninbaar aangesien die kassiere van
                             daardie tyd bedank het.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                                   5                         DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

                     (ii)       EFO 124 op 3 Julie 2025 (Typek Skryfbehoeftes) is korrek op
                                die Bankstaat.
                     (iii)      Die direkte deposito op 10 Julie 2025 deur Q Ngcobo ('n
                                huurder) is foutiewelik in die Kontantbetalingsjoernaal
                                aangeteken.
                     (iv)       Die debietorder op 15 Julie 2025 aan Prime Versekeraars vir
                                die besigheidversekering is twee keer geprosesseer weens
                                onvoldoende fondse in Junie. Hierdie bedrae dek beide Junie
                                en Julie 2025 se betalings om die rekening op datum te bring.
                     (v)        'n Bank-oordrag op 28 Julie 2025 ten gunste van
                                A–Z Verskaffers is met R11 000 deur die bankklerk oorbereken.
                                Die bank is in kennis gestel en sal die fout in Augustus 2025
                                regstel.

          D.         Inskrywings in die Kontantjoernale vir Julie 2025 wat nie op die
                     Julie 2025 Bankstaat verskyn het nie:

                     •       Deposito op 30 Julie 2025: R41 850
                     •       EFO 207: R7 650
                     •       EFO 208: R10 800

          E.         Duma, die eienaar, het op 29 Julie 2025 die besigheid se debietkaart
                     gebruik vir die betaling van R13 000 aan Star Motors vir herstelwerk
                     aan die maatskappyvoertuig, maar hy het nagelaat om die transaksie-
                     strokie by die boekhouer in te dien.

          F.         Die Bankstaat op 28 Julie 2025 het 'n gunstige saldo van R119 080
                     getoon.

 1.2      KREDITEUREVERSOENING

          Portia Gina is die eienaar van PG Winkels en sy koop goedere op krediet by
          Matsulu Verskaffers. Die rekeningstaat ontvang van Matsulu Verskaffers toon
          'n saldo van R287 600 vir Junie 2025.
          1.2.1      Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te dui hoe die
                     toepaslike saldo's sal verander wanneer die Krediteureversoening
                     opgestel word. Toon die bedrag, sowel as 'n (+) vir toename en
                     'n (–) vir afname.                                                              (11)
          1.2.2      Die aankoopbestuurder van PG Winkels het ses stoele vir die
                     kantore bestel. Sy vriend Mike, die verkoopsbestuurder van
                     Comfy Verskaffers, het PG Winkels R30 000 per stoel op versoek van
                     die aankoopbestuurder gefaktureer. Die interne ouditeur het ontdek
                     dat die werklike prys van die stoele R7 500 elk is.
                     •       Verduidelik hoe die besigheid kan voorkom dat hierdie probleem in
                             die toekoms gebeur, die verdeling van pligte uitgesluit. Verskaf
                             TWEE punte.                                                             (4)
                     •       Hoe kan daar teen die aankoopbestuurder opgetree word, behalwe
                             om hom af te dank? Verskaf EEN punt.                                    (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                                  6                          DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

          INLIGTING:

          A.         Krediteuregrootboekrekening van PG Winkels:
                                         Krediteuregrootboek van PG Winkels
                                                 Matsulu Verskaffers
                                                                Debiet   Krediet      Saldo
                             Datum       Besonderhede Fol.
                                                                   R        R           R
                     2025        1      Saldo             a/b                         135 000
                     Junie       12     Faktuur 320                      162 000
                                 14     EFO                      67 500
                                 19     Debietnota 785           13 680
                                 20     Faktuur 412                        50 000
                                 23     Faktuur 471                      100 500
                                 24     Debietnota 1106                    16 200
                                 28     Faktuur 681                        42 000
                                 29     EFO en korting          154 380               270 140

          B.         'n Vergelyking van die Krediteuregrootboek met die rekeningstaat
                     ontvang van Matsulu Verskaffers, het die volgende verskille
                     getoon:

                     (i)       Debietnota 785 is foutiewelik na die Krediteuregrootboek
                               oorgeboek. Die staat toon die korrekte bedrag van R17 280.

                     (ii)      Faktuur 471 is foutiewelik as R40 500 op die staat van
                               Matsulu Verskaffers geboekstaaf.

                     (iii)     Die transaksie op 24 Junie 2025 in die Krediteuregrootboek is
                               vir handelsware wat aan Matsulu Verskaffers teruggestuur is.

                     (iv)      Die staat het rente gehef van R1 080 getoon. Die korrekte
                               bedrag rente is R1 410. Geen inskrywing is in die
                               Krediteuregrootboek gemaak nie.

                     (v)       Die staat toon transaksies tot en met 25 Junie 2025.

                     (vi)      Alle ander transaksies in die Krediteuregrootboek geboekstaaf,
                               verskyn korrek in die rekeningstaat ontvang van Matsulu
                               Verskaffers.

                                                                                                    40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                              7                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 2:      VOORRAADWAARDASIE                                    (35 punte; 30 minute)

 2.1      SUPERSAVERS SUPERMARK

          Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van Supersavers
          Supermark geneem ten opsigte van gegeurde sap (2 liter-bottels) wat hulle
          verkoop. Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-voorraadwaardasiemetode word
          toegepas. Die besigheid word deur Bryan Mills bestuur. Die finansiële jaar het
          op 28 Februarie 2025 geëindig.

          GEVRA:

          2.1.1      Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2025 deur
                     die EIEU-metode te gebruik.                                                 (7)

          2.1.2      Bryan het gemerk dat sommige van die voorraad gegeurde sappe hulle
                     raklewe (vervaldatum) van 65 dae oorskry het. Identifiseer die waarde
                     van die voorraad waarna Bryan verwys deur die EIEU-voorraad-
                     waardasiemetode te gebruik.                                                 (2)

          2.1.3      Hoe kan Bryan die voorraad gegeurde sap bestuur om verliese wat die
                     besigheid gely het, te vermy? Verskaf TWEE punte.                           (4)

          INLIGTING:

          A.         Saldo's:

                                                           GETAL            TOTAAL
                                DATUM
                                                          EENHEDE             R
                     1 Maart 2024                           630
                     28 Februarie 2025                      980                 ?

          B.         Aankope en terugsendings gedurende die jaar:

                                                  GETAL        EENHEIDSPRYS       TOTAAL
                                                 EENHEDE            R               R
                     Aankope                      10 500                           358 250
                      Maart–November 2024          6 900             32            220 800
                      Desember 2024                2 600             37             96 200
                      Januarie 2025                 150              37              5 550
                      Februarie 2025                850              42             35 700

                      Terugsendings                   32              ?               1 344

          C.         Verkope:

                     10 118 eenhede is teen R47 per bottel verkoop: R475 546

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                               8                             DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.2      BANDURA DRUKKERS

          Bandura Drukkers verkoop verskillende modelle drukkers. Die eienaar van die
          besigheid is Moses Banda. Moses het besluit om 'n nuwe model (Clear View) in
          Februarie 2025 bekend te stel. Die drukkers word gewaardeer deur
          die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. Die finansiële jaar het op
          30 Junie 2025 geëindig.

          GEVRA:

          2.2.1      Rotrim-model:

                     Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2025 deur die
                     spesifieke identifikasiemetode te gebruik.                                     (4)

          2.2.2      Punchies-model:

                     •   Bereken die voorraadhoudingsperiode         (in    dae)    deur    die
                         eindvoorraad te gebruik.                                                   (5)

                     •   Lewer kommentaar op die voorraadhoudingsperiode. Verskaf EEN
                         punt, met syfers. Die voorraadhoudingsperiode vir die jaar geëindig
                         30 Junie 2024 was 69 dae.                                                  (2)

          2.2.3      Clear View-model:

                     •   Alhoewel daar terugsendings vir die Clear View-model was, is
                         Moses baie tevrede met sy besluit om dit as 'n nuwe model bekend
                         te stel. Verskaf TWEE punte (met syfers) om te verduidelik waarom
                         Moses tevrede is.                                                          (4)

                     •   Moses wil die aantal eenhede wat aan die verskaffers teruggestuur
                         word, verminder. Gee EEN voorstel oor hoe om dit te bereik.                (2)
          INLIGTING:

          A.         Beginvoorraad:
                                                   GETAL      EENHEIDSPRYS          TOTAAL
                         DATUM        MODEL
                                                  EENHEDE          R                   R
                                    Rotrim           30               15 500          465 000
                     1 Julie 2024
                                    Punchies         25               22 300          557 500
                                                                                    1 022 500

          B.         Aankope en terugsendings:
                                                   GETAL      EENHEIDSPRYS          TOTAAL
                         DATUM        MODEL
                                                  EENHEDE          R                  R
                     Aankope:
                       Sept. 2024 Rotrim               90                  15 500    1 395 000
                       Nov. 2024   Punchies           110                  22 300    2 453 000
                       Feb. 2025   Clear View          90                  35 000    3 150 000
                     Terugsendings:
                       Feb. 2025   Clear View         15                   35 000    (525 000)
                     Netto aankope                                                   6 473 000

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                                9                              DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

          C.         Verkope vir die jaar geëindig 30 Junie 2025:
                                                      GETAL        EENHEIDSPRYS       TOTAAL
                              MODEL
                                                     EENHEDE            R                R
                     Rotrim                             79                 21 700     1 714 300
                     Punchies                                                         3 108 000
                     Clear View                           65                 49 000   3 185 000
                     Totale verkope                                                   8 007 300

          D.         Eindvoorraad:
                                                      TOTAAL
                         DATUM         MODEL
                                                         R
                                      Rotrim                  ?
                     30 Junie 2025    Punchies          780 500
                                      Clear View        350 000
                                                              ?

 2.3      BESTUUR VAN VOORRADE

          Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Madrid Elektriese Waaiers
          Verskaffers. Robin Madrid is die eienaar van die besigheid. Hulle verkoop
          elektriese waaiers en yskaste aan huishoudings in Middelburg. Die finansiële
          jaar het op 30 September 2025 geëindig.

          GEVRA:

          2.3.1      Elektriese waaiers:

                     •   Identifiseer die besluit wat Robin oor die elektriese waaiers
                         geïmplementeer het.                                                          (1)
                     •   Verduidelik hoe hierdie besluit 'n positiewe gevolg vir die besigheid
                         gehad het. Verskaf EEN punt, met syfers.                                     (2)

          2.3.2      Yskaste:

                     Robin het die handelsmerk van yskaste wat hy verkoop, verander.
                     Verskaf EEN punt, met syfers, om te toon dat dit nie 'n goeie idee was
                     nie.                                                                             (2)
          INLIGTING:
                                         ELEKTRIESE WAAIERS                    YSKASTE
                                           2025       2024                 2025       2024
          Totale verkope                  R137 700   R112 000            R2 418 750 R5 161 500
          Bruto wins                       R61 200    R42 000             R806 250 R1 720 500
          Verkoopprys per eenheid             R270       R200                R5 625     R6 975
          Kosprys per eenheid                 R150       R125                R3 750     R4 650
          Eenhede beskikbaar om te
                                                   750            600          960           820
          verkoop
          Eenhede verkoop                           510            560         430            740
          Winsopslag-%                             80%            60%         50%            50%

                                                                                                      35
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                               10                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 3:      KOSTEREKENINGKUNDE                                    (35 punte; 30 minute)

 3.1      LOCKSMITH VERVAARDIGERS

          Die besigheid vervaardig veiligheidsbaadjies. Hulle finansiële jaar het op
          28 Februarie 2025 geëindig.

          GEVRA:

          3.1.1      Voltooi die Fabrieksbokoste-nota.                                            (16)

          3.1.2      Bereken die koste van produksie van klaarprodukte vir die jaar
                     geëindig 28 Februarie 2025.                                                  (4)

          INLIGTING:

          A.         Uittreksel uit saldo's:

                                                           28 Feb. 2025     29 Feb. 2024
                                                                R                R
                     Fabriekstoerusting                        5 400 000                    ?
                     Opgehoopte waardevermindering
                                                                      ?            1 680 000
                     op fabriekstoerusting
                     Goedere-in-bewerking-voorraad               93 000              125 000

          B.         Opsomming van totale vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025:

                                                                                       R
                     Primêre koste                                                 6 025 000
                     Water en elektrisiteit                                          915 000
                     Versekering                                                      78 000
                     Huuruitgawe                                                     240 400
                     Advertensies                                                    380 000
                     Ander fabrieksuitgawes                                          737 010

          C.         Addisionele inligting en aansuiwerings:

                     •   75% van die water en elektrisiteit moet aan die fabriek toegeken
                         word. Die res moet gelykop tussen die ander afdelings verdeel
                         word.

                     •   Versekering sluit 'n addisionele premie van R10 800 in, wat vir die
                         tydperk van 1 Desember 2024 tot 30 November 2025 betaal is.
                         Hierdie uitgawe moet in die verhouding 3 : 2 tussen die fabriek en
                         die verkoopsafdeling toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V2                                11                         DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

                     •    Locksmith Vervaardigers huur hulle perseel by Dynamic
                          Eiendomme teen 'n vaste tarief per m2. Locksmith Vervaardigers
                          moes, weens uitbreidings, vanaf 1 Oktober 2024 addisionele ruimte
                          slegs vir die fabriek teen dieselfde vaste tarief per m2 huur. Die
                          toepaslike vloerspasie vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025 was
                          soos volg:

                                                      1 Mrt. 2024 tot      1 Okt. 2024 tot
                                                      30 Sept. 2024         28 Feb. 2025
                         Fabriek                         200 m2                225 m2
                         Ander afdelings                  40 m2                 40 m2
                         Totaal                          240 m2                265 m2

                     •    Maak voorsiening vir waardevermindering op fabriekstoerusting
                          teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.

                     LET WEL:       Nuwe fabriekstoerusting wat R684 000 kos, is op
                                    1 November 2024 geïnstalleer. Dit is behoorlik
                                    geboekstaaf.

 3.2      PICASO VERVAARDIGERS

          Picaso Vervaardigers is 'n besigheid wat selfoonskerm-beskermers ('screen
          covers') en selfoonhouers ('cases') vervaardig. Dawn Mthembu is die eienaar
          van die besigheid. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 31 Augustus.

          LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
                          •   Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
                          •   'n Rede of 'n verduideliking in ELKE geval gee

          GEVRA:

          SELFOONHOUERS

          3.2.1      Bereken die gelykbreekpunt op 31 Augustus 2025.                                (4)

          3.2.2      Lewer kommentaar daarop of Dawn tevrede moet wees met die getal
                     eenhede geproduseer en verkoop. Verskaf EEN punt, met syfers.                  (2)

          3.2.3      Dawn is bekommerd oor 'n vastekoste-item wat swak beheer is ten
                     spyte van die verlaging in die vaste koste per eenheid in 2025.

                     Identifiseer die vastekoste-item (met syfers) wat swak beheer is. Gee
                     'n moontlike rede vir hierdie bekommernis.                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V2                              12                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

          SELFOONSKERM-BESKERMERS

          3.2.4      Veranderlike koste per eenheid:

                     Identifiseer die volgende:

                     •   Veranderlikekoste-item (met syfers) wat swak beheer is. Gee raad
                         oor hoe om die beheer oor hierdie koste-item te verbeter.               (3)

                     •   Veranderlikekoste-item (met syfers) wat goed beheer is.
                         Verduidelik hoe hierdie item goed beheer is.                            (3)

          INLIGTING:

                                                                         SELFOONSKERM-
                                                  SELFOONHOUERS
                                                                          BESKERMERS
                                                  31 Aug.    31 Aug.    31 Aug.    31 Aug.
                                                   2025       2024       2025       2024
          Gelykbreekpunt                                 ?     20 000
          Eenhede geproduseer en verkoop            28 750     25 000
          Verkoopprys per eenheid                    R265       R250       R152        R140
          Totale vaste koste per eenheid              R80        R92        R78         R63
            Fabrieksbokoste                           R34        R50        R47         R38
            Administratiewe koste                     R46        R42        R31         R25
          Totale veranderlike koste per
                                                     R146       R135        R68         R55
          eenheid
            Direkte materiaalkoste                    R73        R67        R38         R24
            Direkte arbeidskoste                      R52        R49        R20         R22
            Verkoop- en verspreidingskoste            R21        R19        R10          R9

          LET WEL:       Geen werkers is uit diens gestel nie en geen oortyd is gewerk nie.

                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Rekeningkunde/V2                              13                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 4: BEGROTINGS EN PROBLEEMOPLOSSING                           (40 punte; 30 minute)

 4.1      VIVAN HANDELAARS

          Inligting is voorsien vir die begrotingsperiode eindigend 31 Januarie 2026.

          GEVRA:

          4.1.1      Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Januarie 2026.                  (6)

          4.1.2      Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (iv) in die uittreksel uit die
                     Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste.                                (13)

          4.1.3      Bereken die volgende vir Januarie 2026:

                     •   Kontantaankope van handelsvoorraad                                       (3)
                     •   Betalings aan krediteure                                                 (2)

          4.1.4      Bereken die bedrag van die vaste deposito wat op 31 Januarie 2026
                     sal verval.                                                                  (4)

          INLIGTING:

          A.         Verkope en aankope:

                                           NOVEMBER         DESEMBER          JANUARIE
                     Totale verkope        R1 925 000       R1 995 000        R2 030 000
                     Koste van verkope     R1 203 125       R1 246 875                ?

                     •   Kredietverkope is verantwoordelik vir 75% van totale verkope.

                     •   Debiteure betaal volgens die volgende tendense:
                         o 30% in die maand van verkope, onderhewig aan 4%-korting
                         o 50% in die maand wat volg op die maand van verkope
                         o 14% twee maande ná die maand van verkope
                         o Die oorblywende bedrag sal in die derde maand ná verkope as
                           oninbaar afgeskryf word.

                     •   Die winsopslag is 60% op die kosprys.

                     •   Voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Vastebasis-
                         voorraadvlak word gehandhaaf.

                     •   20% van voorraad word kontant aangekoop.

                     •   Krediteure word ten volle betaal in die tweede maand ná die
                         maand van aankope.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Rekeningkunde/V2                               14                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

          B.         Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:

                                                           Des. 2025            Jan. 2026
                                                              R                     R
                     Verkope                                  1 995 000             2 030 000
                     Oninbare skuld                               78 600                    (i)
                     Salaris: verkoopsbestuurder                  29 000                   (ii)
                     Salarisse: assistente                           (iii)             88 000
                     Advertensies                                    (iv)             182 700
                     Rente op vaste deposito                            0               5 440

          C.         Addisionele inligting:

                     •   Die verkoopsbestuurder word vir 20 dae per maand teen 'n vaste
                         daaglikse tarief betaal. Sy sal in Januarie 2026 vir vier dae
                         onbetaalde verlof aansoek doen om aandag te gee aan persoonlike
                         sake.

                     •   Alle assistente sal in Desember 2026 'n 60%-bonus ontvang.

                         LET WEL: Alle assistente sal op 1 Januarie 2026 hulle jaarlikse
                                  salarisverhoging van 10% ontvang.

                     •   'n Vaste deposito, die kwartaallikse rente ingesluit, sal op
                         31 Januarie 2026 verval. Die rentekoers is 8% p.j. kwartaalliks
                         ontvangbaar. Rente word nie gekapitaliseer nie.

                     •   Daar word vir advertensies teen 'n vaste persentasie van die
                         maandelikse verkope begroot.

 4.2      WARMBAD HANDELAARS

          Die besigheid verkoop gasstowe en die inligting het betrekking op die periode
          September en Oktober 2025.

          Dozer Moyo, die bestuurder, is beïndruk met Warmbad Handelaars se
          prestasie. Die besigheid het konsekwent beter presteer as die enigste
          mededinger in die gebied, Woodlands Handelaars, as gevolg van hulle groter
          kliëntebasis en omdat hulle kompeterend is. Woodlands Handelaars het besluit
          om hulle besigheid se deure in September 2025 te sluit. Gevolglik het Warmbad
          Handelaars die enigste verskaffers van gasstowe in die gebied geword.

          GEVRA:

          4.2.1      Verduidelik waarom dit belangrik is om die begrote syfers met die
                     werklike syfers te vergelyk. Verskaf EEN punt.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Rekeningkunde/V2                                   15                         DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

          4.2.2          Verlies van verkope:

                         •   Die aantal eenhede wat in Oktober verkoop is, het afgeneem. Gee
                             'n rede, met syfers, vir hierdie afname.                               (2)

                         •   Verskaf 'n berekening om die bedrag kontant wat met die verkope
                             van Oktober 2025 in vergelyking met September 2025 verlore
                             gegaan het, te toon.                                                   (2)

          4.2.3          Noem TWEE voordele wat Warmbad Handelaars sal verbeur indien
                         hulle nie in Oktober 2025 hulle finansiële verpligtinge teenoor
                         verskaffers nakom nie.                                                     (2)

          4.2.4          Vergoeding aan werknemers:

                         •   Gee EEN rede waarom Dozer gedurende September 2025 sy
                             werknemers met kommissie beloon het. Haal syfers aan.                  (2)

                         •   Gee EEN rede waarom die werkers nie met die hersiene
                             vergoedingsbeleid tevrede sal wees nie. Haal syfers aan.               (2)

          INLIGTING:

          A.         Uittreksel uit die Kontantbegroting:

                                                        Sept. 2025                Okt. 2025
                                                  BEGROTE      WERKLIKE    BEGROTE     WERKLIKE
                                                     R            R           R           R
                     Invordering van debiteure       95 456       95 456     97 784       97 784
                     Betalings aan krediteure       320 000      306 000    306 000       61 200
                     Salarisse                       38 400       38 400     27 000       27 000
                     Kommissie op verkope                 0        3 900      4 500        4 500
                     Kontantsurplus/-tekort          63 800       98 950     80 120      (72 400)
                     Beginsaldo                     103 000      120 000    166 800      218 950
                     Eindsaldo                      166 800      218 950    246 920      146 550

                     Eenhede verkoop                  90         124         90           61
                     Verkoopprys per eenheid         R1 600      R1 600      R2 480       R2 480

          B.         Addisionele inligting:

                     •   Die besigheid begroot om 90 stowe per maand te verkoop.
                     •   Krediteure word een maand ná die aankoop betaal, onderhewig aan
                         'n 4%-korting.
                     •   Die besigheid het drie werknemers.
                     •   Dozer het besluit om vanaf Oktober 2025 kommissie op verkope en
                         'n verlaagde maandelikse salaris in te stel.

                                                                                                    40

                                                                                      TOTAAL:       150
Kopiereg voorbehou

### Page 16

Rekeningkunde/V2                                                                        DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

                   Bruto wins x 100                                          Bruto wins     x 100
                    Verkope      1                                        Koste van verkope    1

          Netto wins voor belasting x 100                              Netto wins ná belasting x 100
                   Verkope             1                                      Verkope             1

                Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
                    Verkope        1                                            Verkope      1

               Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

    (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                     Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handels- & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

        Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope
            Koste van verkope         1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                                     (Sien Nota 1 hieronder.)

              Gemiddelde debiteure x 365                             Gemiddelde krediteure x 365
                Kredietverkope        1                                Koste van verkope      1
                                                                                           (Sien Nota 2 hieronder.)

   Netto inkomste na belasting  x 100                                 Netto inkomste na belasting x 100
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                                   Getal uitgereikte aandele     1
                                                                                           (Sien Nota 3 hieronder.)

                Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
        Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100                           Dividende vir die jaar x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                           Getal uitgereikte aandele  1

           Tussentydse dividende x 100                                     Finale dividende      x 100
          Getal uitgereikte aandele 1                                  Getal uitgereikte aandele    1

        Dividende per aandeel x 100                                Dividende vir die jaar   x 100
        Verdienste per aandeel   1                              Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                                    .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:    1.   Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
              365 dae is slegs van toepassing indien dit op die hele jaar betrekking het.
         2.   Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees indien
              voorraad konstant is).
         3.   Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
              geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
