# Accounting Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f3eba52c-844b-46a1-b616-a2e76b0624b9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f3eba52c-844b-46a1-b616-a2e76b0624b9)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                    GRAAD 12

                              REKENINGKUNDE V1
                                 JUNIE 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye,
                     ‘n formuleblad en ‘n 10-bladsy antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V1                          2                                  NW/Junie 2025
                                        Graad 12

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   ‘n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

 3.   ‘n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
      vraestel aangeheg.

 4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.   Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Jy mag ‘n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
      beantwoord.

 7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

 9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ‘n riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

      VRAAG                    ONDERWERP                               PUNTE      MINUTE
        1    Konsepte, Inkomstestaat en Balansstaat                      55         44
        2    Gewone       aandelekapitaal-       en       Behoue         51         41
             inkomstenotas en Kontantvloeistaat
        3    Ontleding en vertolking van finansiële state               24           19
        4    Korporatiewe bestuur en Ouditverslae                       20           16
      TOTAAL                                                            150         120

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V1                            3                                NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 VRAAG 1:      KONSEPTE, INKOMSTESTAAT EN BALANSSTAAT
                                               (55 punte; 44 minute)

 1.1   Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat pas by die term/beginsel in KOLOM
       A. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in
       die ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                                  KOLOM B
       1.1.1 IFRS                         A   Dui die moontlike bron van fondse
                                              aan, asook beweging van geld in
                                              en uit die besigheid oor ‘n
                                              spesifieke periode.
       1.1.2 Kontantvloeistaat            B   Word op die AJV van ‘n
                                              maatskappy aangestel en is
                                              verantwoordelik vir die uitspreek
                                              van ‘n mening oor die finansiële
                                              state van ‘n maatskappy waarby
                                              hulle nie geaffilieer is nie.
       1.1.3 Inkomstestaat                C   Is op die AJV van ‘n maatskappy
                                              verkies en is verantwoordelik vir die
                                              bestuur van die maatskappy en die
                                              implementering van beleide.
       1.1.4 Direkteur(e)                 D   Spesifieke riglyne wat gevolg moet
                                              word tydens die voorbereiding van
                                              finansiële          state         om
                                              konsekwentheid te verseker.
       1.1.5 Onafhanklike ouditeur(e)     E   Weerspieël moontlike winste of
                                              verliese vir ‘n gegewe finansiële
                                              tydperk.
                                          F   ‘n Aanduiding van die finansiële
                                              posisie van ‘n maatskappy op ‘n
                                              gegewe datum.                              (5)

 1.2   WANKARABA BEPERK

       Die inligting het betrekking op Wankaraba Beperk vir die finansiële jaar
       geëindig 30 April 2025.

       GEVRA:

       Voltooi die volgende:

       1.2.1 Die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
             30 April 2025.                                                             (33)

       1.2.2 Die Staat van Finansiële posisie, Ekwiteit en Laste, waarvan
             sekere bedrae reeds in die ANTWOORDEBOEK ingevul is.                       (17)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V1                          4                               NW/Junie 2025
                                        Graad 12

       INLIGTING:

       Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 April 2025.

       Balansstaatrekeninge-afdeling
       Gewone aandelekapitaal                                       3 500 000
       Behoue inkomste                                                  ?
       Lening: Mahikeng Bank                                        5 100 000
       Toerusting                                                     438 500
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Mei 2024)       122 000
       Debiteurekontrole                                              952 600
       Voorsiening vir oninbare skuld                                  50 000
       Handelsvoorraad                                                843 136
       SAID Inkomstebelasting (voorlopige betalings)                  462 160
       Krediteurekontrole                                             967 350
       Nominale rekeninge afdeling
       Verkope                                                      7 523 000
       Koste van verkope                                                ?
       Huurinkomste                                                   119 808
       Lone en salarisse                                              457 745
       Versekering                                                     42 000
       Direkteursfooie                                                687 500

       Aansuiwerings en addisionele inligting:

       A.     Op 29 April 2025 stuur ‘n debiteur, L Landini, goedere terug wat
              vir R40 600 aan hom verkoop was. Geen inskrywing is hiervoor
              gemaak nie.

       B.     Wankaraba Bpk. handhaaf ‘n winsopslag van 60% op kosprys.
              Daar was gedurende die jaar verkope van R260 000 waarop daar
              20% handelskorting toegestaan was.

       C.     Wankaraba Bpk. se debiteure-invordering het drasties verbeter
              gedurende die afgelope jaar en daarom moet die Voorsiening vir
              oninbare skuld tot 5% van die uitstaande debiteure aangesuiwer
              word.

       D.     ‘n Fisiese voorraadopname op die laaste dag van die finansiële
              jaar toon handelsvoorraad ter waarde van R835 000.

       E.     Die maatskappy verhuur sedert 1 Julie 2024 ‘n onbenutte gedeelte
              van die gebou. Die huurooreenkoms bepaal dat die huur jaarliks
              op 1 November met 6% sal toeneem. Die huurder het 2 maande
              se huur vooruit betaal omdat hy met vakansie gaan.

       F.     Maak voorsiening vir waardevermindering op Toerusting teen 10%
              per jaar op die verminderde saldo metode. LET WEL: Nuwe
              toerusting ter waarde van R64 500, is op 1 Januarie 2025
              aangekoop en behoorlik geboekstaaf.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V1                              5                              NW/Junie 2025
                                            Graad 12

       G.     ‘n Addisionele versekeringspolis met ‘n jaarpremie van R18 000 is
              op 1 Augustus 2024 betaal en geboekstaaf.

       H.     Wankaraba Bpk. het twee direkteure waarvan een reeds sy
              direkteursfooi vir Mei 2025 ontvang het.

       I.     Die leningstaat ontvang van Mahikeng Bank toon rente van
              R480 000 wat gekapitaliseer moet word.

              25% van die uitstaande bedrag van die lening gaan in die
              volgende finansiële jaar terugbetaal word.

       J.     Die korrekte netto wins na belasting, na inagneming van die
              bogenoemde         aansuiwerings,       beloop     R1 251 378.
              Inkomstebelasting is bereken teen die standaardkoers van 28%.

       K.     Aandele en dividende:

                    Die direkteure het nie tydens die jaar ‘n interim dividend
                     verklaar nie aangesien hulle fondse opbou om die besigheid
                     uit te brei. ‘n Finale dividend van 13 sent per aandeel was
                     egter verklaar om die aandeelhouers gelukkig te hou.
                    Daar is geen aandele gedurende die finansiële jaar uitgereik
                     of teruggekoop nie. 75% van Wankaraba Bpk se gemagtigde
                     aandele van 1 200 000 is reeds uitgereik.
                    Die NBW van aandele is 628 sent op 30 April 2025.
                                                                                        55

 VRAAG 2: GEWONE AANDELEKAPITAAL- EN                        BEHOUE INKOMSTE
          NOTAS EN KONTANTVLOEISTAAT                         (51 punte; 41 minute)

 2.1   Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling te voltooi. Skryf
       slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       2.1.1 Verbruiksgoedere voorhande aan die einde van die finansiële jaar
             word as 'n (bedryfsbate/finansiële bate) geklassifiseer.

       2.1.2 Aandeelhouers verloor slegs hul belegging in aandele indien ‘n
             maatskappy     bankrot    speel    as    gevolg    van     die
             (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheidsbegrip.

       2.1.3 Die vraag na aandele op die JEB word beïnvloed deur die
             (netto batewaarde per aandeel/markprys per aandeel).

       2.1.4 Beduidende items, soos rente uitgawe, word afsonderlik in die
             finansiële state getoon in ooreenstemming met die
             (omsigtigheidsbeginsel/toevallingsbeginsel/wesenlikheids-
             beginsel).

       2.1.5 (Likiditeit/Solvabiliteit) dui op die vermoë van die maatskappy om
             die korttermynverpligtinge na te kom.                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V1                            6                             NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 2.2   Notas tot die balansstaat en kontantvloeistaat

       Die volgende inligting het betrekking op Anathi Bpk.

       Anathi Bpk. het ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 3 680 000 gewone
       aandele en die finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie.

       Stel die volgende notas tot die Balansstaat op vir die finansiële jaar
       geëindig 28 Februarie 2025:

       2.2.1 Gewone aandelekapitaal                                                  (8)

       2.2.2 Behoue inkomste                                                         (10)

 2.3   Bereken die bedrag wat in die Kontantvloeistaat sal verskyn vir:

       2.3.1 Belasting                                                               (4)

       2.3.2 Dividende betaal                                                        (3)

       2.3.3 Aandele teruggekoop                                                     (3)

 2.4   Stel die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat op:

       2.4.1 Verandering in bedryfskapitaal                                          (10)

       2.4.2 Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                               (4)

       2.4.3 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                      (4)

       INLIGTING:

       A.     Aandelekapitaal en dividende:
                  Gemagtigde aandele: 3 680 000
                   Op 1 Maart 2024 was 25% van die aandele uitgereik.

                    320 000 addisionele aandele is op 1 Maart 2024 vir
                     R761 200 uitgereik.

                    ‘n Interim dividend van 15 sent per aandeel is op
                     31 Augustus 2024 betaal.

                    20 000 aandele is op 28 Februarie 2025 by ‘n ontevrede
                     aandeelhouer teruggekoop teen R0,50 meer as die
                     gemiddelde aandeleprys. Die aandeelhouer kwalifiseer
                     steeds vir die finale dividend.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V1                          7                             NW/Junie 2025
                                        Graad 12

       B.     Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig
              28 Februarie 2025.
              Waardevermindering                                        ?
              Rente uitgawe                                           44 000
              Inkomstebelasting (28%)                                464 800
              Netto wins na belasting                                   ?

       C.     Uittreksel uit die Balansstaat van Anathi Bpk op 28 Februarie
              2025:

                                                      2025           2024
              Vaste bates teen drawaarde            1 734 190     1 300 500
              Finansiële bates
                Beleggings                          1 640 000     1 680 000
              Bedryfsbates
              Voorraad                               224 000       328 000
              Handels- en ander ontvangbares:        256 000       316 000
                Handelsdebiteure                     239 600       204 000
                SAID - Inkomstebelasting              16 400          0
                Vooruitbetaalde uitgawes                0          112 000
              Kontant en kontant ekwivalente         210 400        15 000
              Aandeelhoursekwiteit                  3 201 200         ?
              Gewone Aandelekapitaal                1 744 600         ?
              Behoue inkomste                           ?         2 474 800
              Langtermynlaste
                Lening: ASKA Bank                    800 000       960 000
              Bedryfslaste                           233 600       479 300
                Handelskrediteure                    120 000        88 000
                SAID: Inkomstebelasting                 0           23 800
                Aandeelhouers vir dividende          272 800       154 000
                Vooruitontvange inkomste              9 600           0
              Oortrokke bank                            0          126 000
                                                                                    51

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V1                            8                                 NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 VRAAG 3: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                          (24 punte; 19 minute)

 Boland Bpk vs Limpopo Bpk

 ‘n Kollega van jou is ‘n aandeelhouer van twee maatskappye, Boland Beperk
 en Limpopo Beperk, wat op die JEB gelys is. Jy het lank gespaar en het
 R150 000 om te belê en vra daarom sy raad. Hy verskaf aan jou die volgende
 inligting oor beide maatskappye.

 GEVRA:

 3.1   Bereken die volgende finansiële aanwysers:
        Netto batewaarde van Limpopo Bpk.
        Skuld-ekwiteitsverhouding van Boland Bpk.                                       (6)

 3.2   Jou kollega is van mening dat die likiditeit situasie van Limpopo Bpk. beter
       is as dié van Boland Bpk. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers
       aan om sy mening te ondersteun.                                                   (6)

 3.3   Boland Bpk het gedurende die finansiële jaar besluit om ‘n groot bedrag
       op die lening af te betaal. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers
       aan om aan te toon hoekom dit nie ‘n goeie besluit deur die direkteure
       was nie. (Hefboomeffek))                                                          (6)

 3.4   Lewer kommentaar oor die waarde van die twee maatskappye se aandele
       op die JEB. Verduidelik hoe hierdie syfers jou keuse rakende die twee
       maatskappye sal beïnvloed.                                                        (6)

       INLIGTING:

       A.     Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie van Boland Bpk.
              en Limpopo Bpk. op 30 April 2025

                                                     Boland Bpk    Limpopo Bpk
              Aandeelhouersekwiteit                   3 033 450      4 233 600
              Gewone aandelekapitaal                  2 424 000      3 186 000
              Behoue inkomste                          609 450       1 047 600
              Nie-bedryfslaste                         606 690       2 540 160

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V1                          9                              NW/Junie 2025
                                        Graad 12

       B.     Finansiële aanwysers
                                                   Boland Bpk.   Limpopo
                                                                   Bpk.
              Bedryfsverhouding                       4,3 : 1     2,0 : 1
              Vuurproefverhouding                    3,31 : 1     1,3 : 1
              Omsetsnelheid van voorraad              5 keer      9 keer
              Skuld-ekwiteitsverhouding                  ?        0,6 : 1
              % Opbrengs op gemiddelde                25,9%       15,0%
              aandeelhouersbelang
              % Opbrengs op totale kapitaal          18,8%        10,7%
              aangewend
              Rente op lenings                        11%          11%
              Markprys per aandeel op die JEB       715 sent     915 sent
              Netto batewaarde per aandeel          540 sent        ?
              Dividend per aandeel                  235 sent     250 sent
              Verdienste per aandeel                355 sent     290 sent

       C.     Beide maatskappye het op 28 Februarie 2025 ‘n totaal van
              378 000 uitgereikte aandele.
                                                                                     24

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V1                            10                              NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR EN OUDITVERSLAE
                                          (20 punte; 16 minute)

 4.1   KORPORATIEWE BESTUUR

       Gebruik die onderstaande inligting hieronder en jou kennis oor
       maatskappye om die vrae te beantwoord.

       INLIGTING:

       Winston het opgemerk dat die maatskappy se Aankopebestuurder ‘n
       nuwe skootrekenaar by ‘n verskaffer ontvang het. Hy het dit dadelik aan
       sy toesighouer rapporteer.

       Die toesighouer was aanvanklik huiwerig om die saak verder te
       ondersoek, maar het tog op Winston se versoek inligting oor die
       aangeleentheid ingewin.

       Tydens die verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat ‘n tender om
       die maatskappy se rekenaartoerusting op te gradeer aan dié verskaffer
       toegestaan is.

       GEVRA:

       4.1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies.
             Winston kan in hierdie situasie as ‘n (fluitjieblaser/werknemer)
             beskryf word.                                                           (1)

       4.1.2 Dit is noodsaaklik dat die identiteit van persone wat korrupsie
             rapporteer beskerm word. Geen EEN rede wat gebruik kan word
             om die direkteure te oortuig dat hulle nie openlik vir Winston kan
             bedank nie.                                                             (2)

       4.1.3 Verskaf EEN term om die “geskenk” wat die Aankopebestuurder
             ontvang het, te beskryf.                                                (1)

       4.1.4 Dui EEN interne maatreël aan wat die maatskappy kan instel om
             ‘n herhaling van so voorval in die toekoms te voorkom.                  (2)

       4.1.5 ‘n Besorgde aandeelhouer het van die voorval te hore gekom.
             Verskaf TWEE moontlike vrae wat hy by die volgende AJV kan vra
             in verband met die maatskappy se tenderbeleid.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V1                          11                                 NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 4.2   OUDITVERSLAE

       Die volgende is ‘n uittreksel uit die ouditverslag van Pilanesberg Beperk
       vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2025:

       Ouditmening

       Na ons mening is die finansiële state 'n redelike weergawe, in alle
       wesenlike opsigte, van die finansiële posisie van die maatskappy,
       Pilanesberg Beperk, op 30 April 2025 en die resultate van hul
       bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig in ooreenstemming
       met Internasionale Finansiële Verslagdoening-standaarde, en in die wyse
       soos vereis deur die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008).

       Motepo Vennote
       Geoktrooieerde rekenmeesters (SA)

       31 Mei 2025

       GEVRA:

       4.2.1 Dui aan watter tipe ouditverslag Pilanesberg Beperk ontvang het.
             Verskaf EEN rede vir jou keuse.                                        (4)

       4.2.2 Gee EEN rede waarom die Maatskappywet vereis dat publieke
             maatskappye deur 'n onafhanklike ouditeur geoudit moet word.           (2)

       4.2.3 Koerantberigte het aangedui dat Motepo Vennote aan wanbestuur
             skuldig bevind is ten opsigte van ouditwerk wat by verskeie groot
             firmas gedoen is.      Verduidelik hoe dit aandeelhouers van
             Pilanesberg Bpk. kan beïnvloed. Noem TWEE punte.                       (4)

                                                                                     20

                                                                           TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Rekeningkunde/V1                                                                                  NW/Junie 2025
                                                         Graad 12

  GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

           Bruto wins                      x       100                  Bruto wins            x     100
            Verkope                                 1               Koste van Verkope                1

   Netto wins voor belasting           x       100                  Netto wins na belasting         x       100
           Verkope                              1                          Verkope                           1

         Bedryfsuitgawes                   x       100                 Bedryfswins            x     100
            Verkope                                 1                   Verkope                      1

          Totale bates : Totale laste                                   Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                     Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

  (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

  Gemiddelde handelsvoorraad                   x    365                     Koste van Verkope
      Koste van Verkope                              1                 Gemiddelde handelsvoorraad

   Gemiddelde debiteure        x       365                     Gemiddelde krediteure          x     365
     Kredietverkope                     1                       Koste van verkope                    1

     Netto wins na belasting    x 100                                Netto wins na belasting            x    100
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                                Getal uitgereikte aandele                 1
                                                                                        (* Sien nota hieronder)
             Netto wins voor belasting + Rente op lenings                                     x 100
    Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                                  1

    Aandeelhouersbelang                x       100             Dividende vir die jaar         x     100
   Getal uitgereikte aandele                    1             Getal uitgereikte aandele              1

  Tussentydse dividende            x       100                    Finale dividende            x     100
 Getal uitgereikte aandele                  1                 Getal uitgereikte aandele              1

  Dividende per aandeel        x       100                        Dividende vir die jaar            x       100
  Verdienste per aandeel                1                      Netto inkomste na belasting                   1

                                   Totale vaste koste
                Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

 Nota:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele
   gedurende ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die
   praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
