# Accounting Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/88d95c66-9709-453a-ac5f-3a091298d856
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/88d95c66-9709-453a-ac5f-3a091298d856)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                    GRAAD 12

                              REKENINGKUNDE V2
                                 JUNIE 2025

  PUNTE: 150

  TYD: 2 uur

              Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, 'n formuleblad
                          en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2        2          NW/Junie 2025
                     Graad 12

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou              Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                             3                                   NW/Junie 2025
                                          Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.
3.     'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
       aangeheg.
4      Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om vrae te beantwoord.

7.     Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                      ONDERWERP                         PUNTE           MINUTE

       1           Versoenings en interne beheermaatreëls            50              40

       2           Kosterekeningkunde                                60              45

       3           Voorraadwaardasie                                 40              35

TOTAAL                                                              150             120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                            4                                 NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 VRAAG 1: BANK-, KREDITEURE- EN DEBITEUREVERSOENING
                                           (50 punte; 40 minute)

 1.1    BANKREKONSILIASIE TEORIE

        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
        “waar” of “onwaar” langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1   'n Gunstige saldo op die Bankstaat word as 'n debiet aangedui.

        1.1.2   Kredietkaartverkope word in die Debiteurejoernaal aangeteken.

        1.1.3   Rente wat op die Bankstaat gedebiteer word, word in die
                kontantontvangstejoernaal aangeteken.

        1.1.4   Bankkoste word outomaties op die kredietkant van die bankstaat
                aangedui.

        1.1.5   Bankversoening is deel van die interne beheerstelsel van jou
                besigheid.                                                            (5)

 1.2    BANKVERSOENING

        Die inligting het betrekking op Calamata Handelaars op 30 Junie 2025.
        Die besigheid verkoop goedere kontant en op krediet.

        GEVRA:

        1.2.1   Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene
                Grootboek op 30 Junie 2025. Dui aan of hierdie saldo gunstig of
                ongunstig is.                                                         (15)

        1.2.2   Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2025 op.                     (6)

        1.2.3   Aanvaar dat die heffing op kredietkaartverkope 'n heffing van 4%
                is. Bereken die totale kredietkaartverkope vir die maand.             (2)

        1.2.4   Verwys na Inligting F.
                Verduidelik TWEE interne beheermaatreëls wat die
                onderneming moet implementeer om te verseker dat dit nie weer
                in die toekoms gebeur nie.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                         5                             NW/Junie 2025
                                      Graad 12

 INLIGTING:

 A.     Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Mei 2025.

                                                                 Debiet Krediet
         Saldo volgens Bankstaat                                   8 520
         Uitstaande deposito's wat nog nie aangeteken is nie:
         12 Mei 2025                                                        24 000
         31 Mei 2025                                                        12 760
         Uitstaande EFO's:
         No. 71, 28 Mei 2025                                      7 880
         No. 73, 15 Mei 2025                                     15 400
         Saldo volgens bankrekening                               4 960
                                                                 36 760     36 760

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                             6                                  NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 B      Die voorlopige totale in die kontantjoernale voordat dit met die Bankstaat
        vergelyk is: KOJ R325 000 en KBJ R290 000.

 C.     Items ingesluit in die Junie 2025-bankstaat, maar nie in die joernale nie:
            Uitstaande deposito, R12 760.
            EFO 71 vir R7 880.
            Verkope aan kliënte wat per kredietkaart betaal het, R15 300.
            Diensfooie, R230.
            Kredietkaartheffings, R1 050
            Rente op oortrokke rekening, R130.
            Direkte deposito deur 'n huurder vir huur, R5 900.
            Kontantonttrekking per debietkaart, R3 600.
            Rente op spaarrekening, R430. (nie gekapitaliseer nie)
            'n Direkte betaling gemaak deur Calamata Handelaars, R4 140 aan
             'n krediteur.
            'n Direkte betaling ten gunste van Calamata Handelaars van ‘n
             debiteur, R12 000.
            Debietorders aan diensverskaffers, R17 200.

 D.     Items wat slegs in die kontantjoernale verskyn het:
            Deposito gedateer 30 Junie 2025 R30 400.
            EFT 121 gedateer 29 Junie 2025 R19 200.
            EFT 122 gedateer 30 Junie 2025 R4 700.

 E.     Die volgende verskille is opgemerk:
            EFT 73 gedateer 15 Mei 2025 vir R51 400 het op die bankstaat
             verskyn, maar die KBJ toon dit verkeerdelik as R15 400.
            Die bank het Calamata Handelaars in kennis gestel dat daar ‘n
             verkeerdelike oordrag van R19 740 aan hulle gedoen is.

 F.     Die uitstaande deposito van R24 000 op 12 Mei 2025 verskyn steeds nie
        op die Junie-bankstaat nie. ’n Ondersoek het getoon dat dié geld nooit
        gedeponeer is nie. Die kassier het verdwyn. Die uitstaande bedrag moet
        afgeskryf word.

 G.     Die Bankstaatsaldo op 30 Junie 2025 was gunstig, R 480.

 1.3    KREDITEUREVERSOENING

        Die inligting het betrekking op Smith Handelaars vir Junie 2025.

        GEVRA:

        1.3.1   Gee TWEE redes waarom dit vir die onderneming belangrik is
                om elke maand die Krediteureversoeningstaat op te stel.                 (2)

        1.3.2   Bereken die korrekte Krediteurekontrolerekeningsaldo nadat
                die foute en weglatings in ag geneem is.                                (6)

        1.3.3   Bereken die korrekte saldo's vir krediteure Hunt Groothandelaars
                en Tiger Groothandelaars, neem die foute en weglatings in ag.           (10)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                              7                                  NW/Junie 2025
                                           Graad 12

 INLIGTING:

 A.      Saldo's en totale op 30 Junie 2025:

         Krediteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek               R32 640
         Lys van Krediteure:
         Hunt Groothandelaars                                               R16 580
         Tiger Groothandelaars                                              R24 620
         Blackwood Vervaardigers                                                   0

 B.      FOUTE EN WEGLATINGS

 (i)     Die Krediteurekontrole kolom in die Krediteurejoernaal is met R5 020 te
         min opgetel.

 (ii)    ’n Kredietfaktuur vir handelsvoorraad op 28 Junie 2025 gekoop, vir
         R12 800 by Hunt Groothandelaars, is nie aangeteken nie.

 (iii)   'n Betaling van R3 150 aan Tiger Groothandelaars is as 'n faktuur in die
         Krediteuregrootboek oorgeboek. Die KBJ inskrywing is korrek.

 (iv)    'n Debietnota van R1 280 vir goedere wat aan Hunt Groothandelaars
         teruggestuur is, is verkeerdelik in die Krediteurejoernaal aangeteken en
         dienooreenkomstig na die Algemene Grootboek oorgeboek. Dit is korrek
         vanaf die dokument oorgeboek na die Krediteuregrootboek.

 (v)     BTW van R1 720 was weggelaat op 'n faktuur wat van Hunt
         Groothandelaars ontvang is.

 (vi)    Toerusting wat op krediet by Blackwood-vervaardigers gekoop is,
         R4 900, is verkeerdelik na die rekening van Tiger Wholesalers
         oorgeboek.

 (vii)   'n Faktuur vir R3 575 van Hunt Wholesalers is verkeerdelik oorgeboek
         as R3 375 in hul rekening in die Krediteuregrootboek.

 1.4     DEBITEURE- OUDERDOMSONTLEDING

         Verduidelik volledig die doel vir die voorbereiding van 'n debiteure-
         ouderdomsontleding. Noem TWEE punte.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                            8                                   NW/Junie 2025
                                         Graad 12

 VRAAG 2: PRODUKSIEKOSTESTAAT, BRUTO WINS EN
          EENHEIDSKOSTE                 (60 punte, 45 minute)

 Current Bpk. bou omskakelaars (inverters) om aan huishoudings en klein
 besighede regoor Afrika te verkoop. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie 2025.

 GEVRA:

 2.1    Bereken die koste van die ingevoerde grondstowwe. (aansuiwering 5)              (3)

 2.2    Berei die volgende voor:

        2.2.1   Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2025.                (12)

        2.2.1   Notas:
                   Direkte materiaalkoste                                              (10)
                   Fabrieksbokoste                                                     (11)
                   Koste van klaar/voltooide goedere verkoop.                          (4)

 2.3    Bereken die bruto wins vir die jaar geëindig 30 Junie 2025.                     (3)

 2.4    Bereken die volgende:

        2.4.1   Die eenheidskoste van elke omskakelaar. (Rond af tot die naaste
                rand).                                                                  (3)

        2.4.2   Die verkoopprys van elke omskakelaar.                                   (3)

        2.4.3   Bereken die gelykbreekpunt en lewer kommentaar daarop.                  (7)

 2.5    Gee TWEE redes waarom jy Current Bpk sal aanraai om plaaslike
        verskaffers te ondersteun.                                                      (2)

 2.6    Die eienaar van Current Bpk. is nie tevrede met die wins wat hy maak
        nie. Tans is daar ‘n enorme vraag na omskakelaars in die land waarin
        die bedryf nie kan voorsien nie.

        Die eienaar het ‘n alternatiewe verskaffer van grondstowwe vir die
        vervaardiging van die omskakelaars gevind. Hierdie verskaffer is baie
        goedkoper, maar hulle word nie deur die Elektrisiteitsraad goedgekeur
        nie, aangesien die veiligheid van die material nie gewaarborg kan word
        nie. Die eienaar het bereken dat hy sy direkte materiaalkoste met sowat
        40% sal kan verminder deur van die alternatiewe materiaal gebruik te
        maak. Aangesien die aanvraag so hoog is en mense alles koop wat hulle
        kan kry, het hy besluit om hierdie opsie te neem. Stem jy met hom saam?
        Verduidelik die moontlike implikasies van sy besluit op sy besigheid.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                             9                                 NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 INLIGTING:

 Voorraad op 1 Julie 2024: Grondstofvoorraad                             R120 000
                           Werk- in- proses voorraad                      240 000
                           Voltooide/klaar produkte voorraad              616 080
                           Verbruiksgoedere voorhande                      15 000
 Transaksies gedurende die jaar:
    Verbruiksgoedere vir kontant gekoop                                     70 000
    Grondstowwe aangekoop                                                  420 000
    Vraggeld betaal op grondstowwe                                          39 000
    Grondstowwe wat gedurende die jaar uitgereik is                        492 000
    Fabriekslone                                                           396 000
    Fabrieksbestuurder salaris                                             120 000
    Elektrisiteit: fabriek                                                  18 000
    Onderhoud op fabriekstoerusting betaal                                  48 000
    Mediesefondsbydraes vir fabriekswerkers                                 78 000
    Huuruitgawe                                                            120 000
    Waardevermindering op fabriekstoerusting                                70 200
    Administrasiekoste                                                      82 170
    Verkoops- en distribusie koste                                         452 640
    Verkope                                                              3 600 600

 AANSUIWERINGS:

 1.     Die volgende voorraad was voorhande op 30 Junie 2025:
             Werk-in-proses voorraad                      82 000
             Voltooide/klaar produkte voorraad          120 600
             Verbruiksgoedere voorhande                    8 000
             Grondstowwe voorraad                             ?
 2.     Die fabriek se loonjoernaal vir Junie 2025 is nog nie oorgeboek nie. Bruto
        lone is R39 600, en die werkgewers se mediesefondsbydraes is
        R7 200.
 3.     'n Elektrisiteitsbedrag is nog uitstaande, R9 000. Elektrisiteit moet
        verdeel word tussen die fabriek, administrasie, verkope en distribusie
        koste, in die verhouding 4 : 1 : 1.
 4.     Alle huur is vir die jaar betaal maar die fabriekshuur van R10 000 per
        maand is vanaf 1 Januarie 2025 met 8% p.m. verhoog. Die boekhouer
        het vergeet om die verhoging vir Januarie tot Junie te verwerk.
 5.     'n Besending grondstof, ingevoer vanaf China is op 30 Junie 2025
        afgelewer. Geen inskrywing is gemaak nie. Die koste was soos volg:
        Die wisselkoers ¥ 1 =                     R18,12
        Koste van grondstowwe                     ¥ 5 000
        Vraggeld op aankope                       ¥ 800
        Invoerbelasting:                          10% van die grondstof
 6.     Totale eenhede vervaardig:                780
 7.     Totale eenhede verkoop:                   850
 8.     Die veranderlike koste per eenheid:       R1 125
                                                                                        60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                             10                                NW/Junie 2025
                                          Graad 12

 VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                             (40 punte; 35 minute)

 3.1    KONSEPTE

        Kies EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die
        lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
        (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 eerste in eerste uit (EIEU), deurlopende voorraadstelsel;
                periodieke voorraadstelsel, geweegde gemiddelde metode;
                               spesifieke identifikasie metode

        3.1.1    Hierdie voorraadstelsel is meer geskik vir lae waarde goedere
                 wat in grootmaat aangekoop word.

        3.1.2    Hierdie metode van voorraadwaardasie ken 'n unieke of
                 individuele waarde aan elke voorraad item toe.

        3.1.3    Hierdie metode veronderstel dat voorraad in volgorde van
                 aankoopdatum verkoop word.                                           (3)

 3.2    MY VELLIES

        Die inligting het betrekking op My Vellies. Die besigheid verkoop een
        soort volstruisleer vellies. Die finansiële jaar eindig op
        28 Februarie 2025. Die maatskappy gebruik die geweegde gemiddelde
        metode vir voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel.

        GEVRA:

        Bereken die volgende vir die jaar wat op 28 Februarie 2025 eindig:

        3.2.1    Die waarde van die eindvoorraad deur gebruik te maak van die
                 geweegde gemiddelde metode.                                          (7)
        3.2.2    Aantal eenhede vermiste/verlore voorraad.                            (4)
        3.2.3    Die gemiddelde voorraadhouding periode (in dae).                     (5)
        3.2.4    Die waarde van die eindvoorraad deur die EIEU-metode te
                 gebruik.                                                             (5)
        3.2.5    Die eienaar voel dat dit beter is vir die onderneming om die
                 periodieke voorraadstelsel te gebruik in plaas van die
                 deurlopende voorraadstelsel. Verduidelik kortliks die verskil
                 tussen die twee stelsels.                                            (4)

        INLIGTING:

 A.     Voorraad:

                   Datum             Pare vellies          Totale waarde
                                                        (insluitend vervoer)
         1 Maart 2024                    520                  R320 770
         28 Februarie 2025               325                      ?
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V2                               11                              NW/Junie 2025
                                            Graad 12

 B.      Aankope:
            Datum        Pare     Kosprys         Totale    Vraggeld op      Totale koste
                        vellies   per paar       aankope    aankope per       (insluitend
                                                               paar             vervoer)
                                       R            R            R                 R
         31/05/2024      460          650        299 000        18              307 280
         01/08/2024      700          680        476 000        18              488 600
         15/10/2024      500          710        355 000        30              370 000
         01/02/2025      300          725        217 500        30              226 500
         TOTAAL          1960                   1 347 500                      1 392 380

 C.     Terugsendings
        Dertig pare vellies van die aankope op 1 Februarie 2025 was nie van
        hoë gehalte nie. Dit is aan die verskaffer teruggestuur. Die besigheids-
        rekening is met R22 650 gekrediteer (insluitend vraggeld op aankope,
        volgens die ooreenkoms).

 D.     Verkope
        2 115 pare vellies is gedurende die boekjaar vir R2 961 000 verkoop. Die
        verkoopprys is konstant gehou op R1 400 per paar.

 3.3    QUICK FRY
        Julia Mthembu het in die nuutste “slim” lugbraaiers (air fryers) belê en
        het drie winkels in winkelsentrums in die Noordwesprovinsie geopen om
        hierdie lugbraaiers te verkoop. Die drie winkels word bestuur deur Miyaz
        Moola, Daleen Coetzee en Themba Ndaba. Julia het die jaarsyfers van
        die drie winkels gekry vir die finansiële tydperk wat op 28 Februarie 2025
        geëindig het.

        GEVRA:
        Identifiseer EEN probleem met ‘n oplossing met betrekking tot elk van
        die winkels. Haal syfers aan om jou standpunt te staaf.                       (12)

        INLIGTING:
                                            Klerksdorp   Potchefstroom        Vryburg
         Lugbraaiers te koop                300 eenhede    500 eenhede       350 eenhede
         Verkope vir die jaar               175 eenhede    400 eenhede       350 eenhede
         Voorraad 28/02/2025                225 eenhede     75 eenhede                Nul
         Kosprys per lugbraaier                   R4 500        R4 500            R4 500
         Verkoopprys per lugbraaier               R6 500        R6 500            R6 500
         Huur vir die jaar                     R520 000       R230 000          R180 000
         Advertensies per jaar                   R80 000       R40 000          R100 000
         Salaris van bestuurder             R20 000 p.m.   R20 000 p.m.      R20 000 p.m.

                                                                                       40
                                                                           TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Rekeningkunde/V2                NW/Junie 2025
                     Grade 12

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Rekeningkunde P2                                                                                    NW/Junie 2025
                                                      Grade 12

             GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSER FORMULEBLAD

                  Bruto wins x 100                                             Bruto wins      x 100
                     Verkope     1                                             Koste van verkope 1

        Netto wins voor belasting x                100                            Netto wins na belasting x 100
              Verkope                               1                                     Verkope            1

            Bedryfsuitgawes x 100                                                  Bedryfswins            x 100
                  Verkope      1                                                        Verkope              1

                 Totale bates : Totale laste                                     Bedryfsbates : Bedryfslaste

       (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                          Niebedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit

             (Handels- en ander debiteure + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad                x 365                            Koste van verkope
      Koste van verkope                             1                        Gemiddelde handelsvoorraad

    Gemiddelde debiteure                  x 365                            Gemiddelde krediteure x 365
      Kredietverkope                         1                              Koste van verkope       1

                                                                      Netto inkomste na belasting                 x 100
     Netto inkomste na belasting   x 100                              Aantal uitgereikte aandele                     1
     Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
                                                                                (*Sien nota hieronder)

                             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
                   Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1

         Aandeelhouersbelang       x 100                                      Dividende vir die jaar    x 100
         Aantal uitgereikte aandele 1                                         Aantal uitgereikte aandele 1

          Tussentydse dividende x 100                                               Finale dividende     x 100
          Aantal uitgereikte aandele 1                                        Aantal uitgereikte aandele    1

            Dividende per aandeel x 100                                   Dividende vir die jaar      x 100
            Verdienste per aandeel    1                                   Netto inkomste na belasting    1
                                            Totale vaste koste
                                Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien vereis in 'n vraag.
         2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfer sal dieselfde wees as voorraad konstant is).
         3. As daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, die geweegde
           gemiddelde aantal aandele word in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
