# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2021-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/306d9d26-5d79-4fcb-8daa-9c0c22bf7157
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2021-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/306d9d26-5d79-4fcb-8daa-9c0c22bf7157)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2021
                            10022
                         AFRIKAANS

                   EERSTE ADDISIONELE TAAL

                         VRAESTEL 2

TYD:     2½ uur

PUNTE: 70

31 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                           2
                                   (Vraestel 2)               10022/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die
      tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies
      die vrae wat jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman             (35)
      AFDELING B: Drama             (35)
      AFDELING C: Kortverhale       (35)
      AFDELING D: Gedigte           (35)

3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

      Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.    Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                 3
                                   (Vraestel 2)               10022/21

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                       PUNTE       BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ bos                                  35    Nie in Gauteng getoets nie
2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom       35                 5
3.   Meeulanders                                      35    Nie in Gauteng getoets nie
4.   Lien se lankstaanskoene                          35                10

                                           OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                       PUNTE       BLADSYNOMMER
5.   Poppie – die drama                               35    Nie in Gauteng getoets nie
6.   Paljas                                           35                15
7.   Fiela se kind – die drama                        35                19

                                           OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord ALBEI vrae.

                VRAAGNOMMER                         PUNTE       BLADSYNOMMER
8.1 “Oom Dries se sorge met Jantjie”                  18              23
                                                     EN
8.2 “Die weldoener”                                   17                25

                                           OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord ALBEI vrae.

                  VRAAGNOMMER                       PUNTE       BLADSYNOMMER
9.1 “Boekmerk”                                        18              28
                                                     EN
9.2 “Ek het ŉ huisie by die see”                      17                30

                                                                                     b.o.

### Page 4

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     4
                                (Vraestel 2)               10022/21

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

      AFDELING             VRAAGNOMMERS               GETAL VRAE           DUI AAN
                                                     BEANTWOORD              ()
A:   Roman                        1–4                     1

B:   Drama                        5–7                       1

C:   Kortverhale                    8                1 (2 kortverhale)

D:   Gedigte                        9                  1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                         b.o.

### Page 5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                   5
                                 (Vraestel 2)               10022/21

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

Nou sit ek op my bed, langs ŉ flikkerende kers op ŉ omgekeerde boks, en
wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my inspireer nie.
Dis ŉ baie basiese vertrek, omtrent so groot soos ŉ tronksel, met ŉ kaal
houtvloer, twee bewerige ysterkatels en vier hake waaraan ŉ paar
kledingstukke opgehang kan word. Die hake sit bokant ŉ klein venstertjie, 5
sodat die hangende klere sommer ook as gordyne kan dien. G’n plafon nie,
net swaar houtbalke wat die rietdak stut. G’n matjie of muurversiering nie. ŉ
Eenvoudige, koue kamer. Dis al.
   Hoe gaan daardie versie nou weer?
   Dis die vloer,                                                             10
   dis die muur,
   dis die donkerste uur.
   Dis al.
   Dis die pen in my hand,
   dis die leë papier,                                                        15
   dis die bitterste uur.
   Dis al.
   Hanna Hoekom. Winter 2002. Bitterberg.

Oukei, ek weet, dis nou nie juis Antjie Krog nie. Maar sy moes ook iewers
begin. Ek sal my eerste versie Stillewe noem. Ter nagedagtenis aan my 20
eerste speurverhaal wat so vroeg moes sneuwel.
                                    ***
   Ek het gedog ŉ gedig sou makliker as ŉ speurverhaal wees. ŉ Gedig het
nie ŉ spannende storielyn of ŉ geloofwaardige ontknoping nodig nie. Net
woorde.
   Nou weet ek van beter.                                                 25
Die bom bars oor middagete.

                                                                                       b.o.

### Page 6

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                    6
                               (Vraestel 2)               10022/21

2.1   “… en wonder waaroor ek kan dig.” (Reëls 1 – 2)

      Wie het hier op die berg vir Hanna die idee gegee om ŉ gedig te skryf?      (1)

2.2   Hanna se gesin het haar liefde vir lees aangemoedig.

      Gee TWEE bewyse uit die roman wat sê waarom hierdie stelling WAAR
      is.                                                                         (2)

2.3   “… en wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my kan
      inspireer nie.” (Reëls 1 – 2)

      Waarom was hierdie woorde van Hanna ironies?                                (2)

2.4   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
      vraagnommer (2.4) en die letter (A–D) neer.

      Die berghuis waar Hanna en haar gesin met vakansie was, was met die
      gesin se aankoms vir Hanna …

      A        ŉ hool aan die gatkant van Tafelberg.
      B        baie na aan haar idee van die paradys.
      C        ŉ teleurstelling omdat dit so eenvoudig was.
      D        aanvaarbaar danksy die mooi natuur van die omgewing.               (1)

2.5   “Dis ŉ baie basiese vertrek, omtrent so groot soos ŉ tronksel, met ŉ kaal
      houtvloer …” (Reëls 3 – 4)

      2.5.1    Waarom het die beskrywing van Hanna se kamer by die res van
               die huis op die berg gepas?                                        (1)

      2.5.2    Hanna vergelyk haar kamer met ŉ tronksel.

               Waarom, dink jy, kan ŉ mens verstaan dat Hanna haar kamer
               met ŉ tronksel vergelyk het?                                       (1)

2.6   “Hanna Hoekom. Winter 2002. Bitterberg.” (Reël 18)

      Hanna verander die plek se naam van Botterberg na Bitterberg.

      Wat sê die woord Bitterberg oor Hanna se houding teenoor die plek waar
      hulle vakansie gehou het?                                                   (1)

                                                                                        b.o.

### Page 7

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     7
                               (Vraestel 2)               10022/21

2.7   Hanna was baie ontevrede oor haar vreemde gesin.

      Dit was egter nie net haar gesin waaroor sy ontevrede was nie.

      2.7.1    Waaroor was Hanna nog ontevrede? Noem TWEE dinge.                   (2)

      2.7.2    Wat het Hanna gedoen om van die werklikheid af weg te vlug?         (1)

      2.7.3    Dink jy Hanna het rede gehad om so ontevrede oor alles te voel?
               Motiveer jou antwoord.                                              (1)

2.8   Hanna het kleurvolle mense in haar lewe gehad.

      Kies ŉ naam in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.8.1 tot 2.8.4) neer.

                         KOLOM A                              KOLOM B
       2.8.1    … was ŉ skilder.                         A     Yann

       2.8.2    … was ŉ gasspreker by funksies.          B      Mana

       2.8.3    … kon ure lank na musiek luister.        C      Gavin

       2.8.4    … was ŉ modeontwerper van beroep.        D      Margot

                                                         E      Beyers
                                                                         (4 × 1)   (4)

                                         EN

                                                                                         b.o.

### Page 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                         8
                                  (Vraestel 2)               10022/21

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

   Oukei, ek weet, die koningin is nie so aaklig soos ek eers gedink het nie.
Elke nou en dan begin ek amper van haar hou. Maar dan sien ek weer hoe
sy agteroor sit terwyl almal help om tafel af te dek of skottelgoed te was.
(Selfs Gavin het gisteraand gehelp om hout vir die stoof aan te dra. “Hierdie
afskuwelike uitrusting laat my in elk geval soos ŉ bosbouer lyk,” het hy onder 5
ŉ swaar vrag stompe gesteun.) En dan wonder ek weer wie Margot Jordan
nou eintlik dink sy is. Haar nooiensvan is Jordaan. In Amerika het sy dit
Jordan gemaak.
                                       ***
   En nou is ek so verveeld dat ek weer aan Fabienne begin dink. Ek wonder
wat sy sou gedoen het as sy hier op die berg vasgekeer was. Maar ek kan 10
my amper nie voorstel dat so iets ooit met haar sou gebeur nie. Fabienne
het die soort gesin wat in styl vakansie hou. Hulle het genoeg geld om in
deftige hotelle te bly. Of in gemaklike gastehuise. Op eksotiese eilande en
sulke soort plekke. Hulle sal beslis nie ŉ bouval op ŉ berg by iemand hoef te
leen nie. En aangesien Fabienne saam met haar eie ma en haar eie pa in ŉ 15
huis woon, sonder enige aangelapte stieffamilie, sal sy ook nie met
kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie.

2.9     ”Oukei, ek weet, die koningin is nie so aaklig soos ek eers gedink het nie.”
        (Reël 1)

        2.9.1    Wie is hier aan die woord?                                            (1)

        2.9.2    Hoe het die koningin by die res van die gesin ingepas? Noem
                 TWEE feite.                                                           (2)

        2.9.3    Die spreker was vroeg in die verhaal baie negatief teenoor die
                 koningin.

                 Noem DRIE dinge wat die koningin gedoen het wat die spreker
                 se gesindheid verander het.                                           (3)

        2.9.4    Waarom was dit eintlik ŉ ongemaklike situasie dat die koningin
                 besluit het om juis tydens die vakansie by die gesin op die berg
                 te kom kuier?                                                         (1)

                                                                                             b.o.

### Page 9

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     9
                                 (Vraestel 2)               10022/21

2.10   “In Amerika het sy dit Jordan gemaak.” (Reëls 7 – 8)

       2.10.1   Waarom het Margot haar van in Amerika na Jordan verander?          (1)

       2.10.2   Dink jy kunstenaars moet hulle (Afrikaanse) name verander om
                suksesvol te kan wees? Motiveer jou antwoord.                      (1)

2.11   “En nou is ek so verveeld dat ek weer aan Fabienne begin dink.” (Reël 9)

       2.11.1   Wie is Fabienne?                                                   (1)

       2.11.2   Waarom het die spreker amper van Fabienne vergeet?                 (1)

2.12   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer.

       Die skrywer van Fabienne se verhaal skryf eintlik ŉ storie oor haar eie
       probleme en lewe.

       Juis daarom is Fabienne se pa ŉ …

       A        akteur.
       B        tandarts.
       C        eiendomsagent.
       D        modeontwerper.                                                     (1)

2.13   Die gebeure hieronder is deel van Hanna se familievakansie.

       Skryf die vier gebeure onder mekaar in die VOLGORDE soos wat dit in
       die roman gebeur het, neer:

          Margot kom kuier by haar kinders in die huis op die berg.
          Hanna se nuwe babasussie word gebore.
          Sharon, Hanna se beste vriendin, kom kuier ook in die huis op die
           berg.
          Gavin sluit hom by die familievakansie aan.                             (4)

2.14   “…sal sy ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie.”
       (Reëls 16 – 17)

       Gavin is Hanna se biologiese pa.

       Waarom is dit vreemd dat Gavin Hanna se pa is?                              (1)

2.15   Dink jy dit is ŉ goeie idee om deur skryfwerk van jou eie probleme te
       probeer vergeet? Motiveer jou antwoord.                                     (1)
                                                                                   [35]

                                                                                          b.o.

### Page 10

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       10
                                  (Vraestel 2)               10022/21

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

                                                           Dis doodstil in die
woonstel. Braam is ook nie by die huis nie. Sy smeer ŉ stuk brood en sny
skuldig die laaste stukkie kaas vir haar toebroodjie. Daar is nog ŉ halwe
tamatie in die leë yskas en sy sit dit bo-op die kaas. Sy weet nie wat hulle
vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan kos gaan dink waar sy en 5
haar chroniese runny tummy hulle ook al mag bevind nie. Sy maak koffie
met van die aaklige, goedkoop poeierkoffie wat hulle die vorige Saterdag op
special by Pick ŉ Pay gekoop het. Haar ma sal darem seker iets koop om te
eet, hoop Lien.
   Sy gaan sit in die sitkamer en luister na die karre onder in die straat. Dis 10
hemel op aarde om so alleen in die woonstel te wees.
   Sy wonder oor Wouter. Is hy al moeg oor sy mislik is met die ander kinders
by die skool? Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou. Hy
het haar aangemoedig om vir die oudisie te gaan. Hoekom wil hy so graag
hê sy moet aan die simpel toneelstuk deelneem?                                  15
   Sy is bang sy verloor hom. Dan het sy regtig niemand om mee te praat
nie. Sy kan nie eers met tannie Bets praat oor die goed waaroor sy en
Wouter praat nie.

4.1     Waar was Braam gewoonlik smiddae as hy nie by die woonstel was nie?          (1)

4.2     Waarom kan ŉ mens verstaan dat Braam redes gesoek het om dikwels
        weg te wees van die woonstel af?                                             (1)

4.3     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
        vraagnommer (4.3) en die antwoord neer.

        Die stilte in die woonstel help die leser om meer te verstaan van Lien se
        (geheime geldmaakplanne/onbetrokke ma).                                      (1)

4.4     Op watter DRIE maniere het Lien probeer om geld vir kos te verdien?          (3)

                                                                                           b.o.

### Page 11

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                 11
                                (Vraestel 2)               10022/21

4.5   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.

      "Sy weet nie wat hulle vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan
      kos gaan dink waar sy en haar chroniese runny tummy hulle ook al mag
      bevind nie." (Reëls 4 – 6)

      Uit Lien se gedagtes lei ons af dat Lien se ma ... was.

      A        lui
      B        besig
      C        werkloos
      D        onverantwoordelik                                               (1)

4.6   “Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou.” (Reël 13)

      Waarom, dink jy, het Lien verkies om alleen te wees?                     (1)

4.7   “Hy het haar aangemoedig om vir die oudisie te gaan. Hoekom wil hy so
      graag hê sy moet aan die simpel toneelstuk deelneem?” (Reëls 13 – 15)

      4.7.1    Hoe het Wouter se aanmoediging Lien se loopbaankeuse later
               beïnvloed?                                                      (1)

      4.7.2    Watter rol het Lien in die toneelstuk gekry?                    (1)

4.8   Lien se tienerlewe was nie altyd ideaal nie.
      Skryf die vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE
      soos wat dit in die roman gebeur het, neer:

      ●   Lien en haar gesin is in armoede gedompel.
      ●   Lien se gesin is herenig.
      ●   Lien het besluit om self geld te verdien.
      ●   Lien se pa het bedrog gepleeg.                                       (4)

4.9   Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
      gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.9.1 – 4.9.2)
      neer.

                   formele;   ontspanne;    ondersteunende;     vaderlike

      Lien kon met Wouter identifiseer. Hy het ŉ (4.9.1) … rol in haar lewe
      gespeel. Hy het ook ŉ (4.9.2) ... verhouding met haar gehad.             (2)

                                                                                     b.o.

### Page 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       12
                                  (Vraestel 2)               10022/21

4.10    Lien se ma het daardie aand kos gekook en die gesin was gesellig saam.

        4.10.1   Watter hoop, dink jy, het dit by Lien en Braam geskep?              (1)

        4.10.2   Op watter manier het Lien se ma hierdie positiewe atmosfeer
                 vernietig?                                                          (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

                     Die corner sonder entertainment

Toe haar selfoon se wekker die volgende oggend afgaan, weet Lien wat sy
moet doen. Kort pouse wag sy vir Hein op die stoep toe hulle by die
Wiskunde-klas uitkom.
   “Hein, ek moet met jou besigheid gesels,” val sy sommer met die deur in      5
die huis.
   Hein lyk ongemaklik. Hy kyk oor haar skouer na die ander kinders wat by
die deur uitbondel. Sy soek na woorde. Dit gaan nie werk om die hele storie
hier op die stoep te vertel nie. Sy sal hom iewers moet kry waar hulle rustig
kan gesels.                                                                     10
   “Sal jy asseblief ná skool saam met my by die Wimpy gaan koffie drink?
Ek het ŉ probleem en ek dink jy kan help.”
   Hein lyk erg verleë en ongemaklik. Hy kyk oor sy skouer.
   “Eintlik moet ek … ”
   “Net tien minute, promise.”                                                  15
   Hy stem teësinnig in.
                                       ***
   Toe sy by die Afrikaans-klas uitloop, roep juffrou Breytenbach haar terug.
   “Hoe gaan dit met die nek?”
   Lien is vir ŉ oomblik uit die veld geslaan. Sy kyk die juffrou onbegrypend
aan.                                                                            20
   “Jou nek wat jou so uit die skool hou?”
   Lien voel sy bloos.
   “Beter … uhm … nogal beter.”

4.11    “Die corner sonder entertainment” (Reël 1)

        4.11.1   Wie was altyd vir die pret op die hoek verantwoordelik?             (1)

        4.11.2   Watter gebeure sluit by hierdie titel aan?                          (1)

                                                                                           b.o.

### Page 13

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                        13
                                 (Vraestel 2)               10022/21

4.12   “Hein, ek moet met jou besigheid gesels, ... ” (Reël 5)

       Wat wou Lien vir Hein vra?                                                     (1)

4.13   Hein was die regte persoon vir wie Lien om hulp kon vra.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                            (1)

4.14   Sekere karakters het tot Lien se moeilike omstandighede bygedra.

       Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.14.1 tot 4.14.4)
       neer.

                             KOLOM A                              KOLOM B
        4.14.1    Was die oorsaak van Lien en haar          A     Braam
                  gesin se finansiële probleme
                                                            B     Meneer Jooste
        4.14.2    Het in die werkplek onredelik teenoor
                  Lien opgetree                             C     Dirkie

        4.14.3    Het aanvaar dat Lien haar liggaam vir     D     Tant Malie
                  geld sou verkoop
                                                            E     Sproet
        4.14.4    Wou geen verantwoordelikhede met
                  Lien deel nie
                                                                            (4 × 1)   (4)

4.15   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (4.15) en die antwoord neer.

       Juffrou Breytenbach het uitgevra oor Lien se nek omdat sy belanggestel
       het, maar ook (krities/agterdogtig) was oor wat in Lien se lewe aangaan.       (1)

4.16   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (4.16) neer.

       Lien het gebloos (reël 22) omdat sy ...

       A         haastig was om met Hein besigheid te bespreek.
       B         besef het juffrou Breytenbach weet dat sy gejok het.
       C         ongemaklik gevoel het oor die juffrou se belangstelling.
       D         aan haar afspraak later die middag met Hein gedink het.              (1)

                                                                                            b.o.

### Page 14

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       14
                                 (Vraestel 2)               10022/21

4.17   Met verwysing na die hele roman, wat sou jy gedoen het as jy in Lien se
       skoene was? Noem TWEE dinge.                                                  (2)

4.18   Wat is die konnotatiewe betekenis van Lien se “lankstaanskoene”?              (1)

4.19   In hierdie verhaal het Lien haar geld vir die huis gebruik en om vir Tibbey
       te help.

       Wat sê dit vir ons van Lien se karakter? Noem TWEE feite.                     (2)

4.20   Na ŉ lang ruk het Lien besluit om haar ma in die kliniek en haar pa in die
       tronk te gaan besoek.

       Watter TWEE positiewe gevolge het hierdie besluit van Lien gehad?             (2)
                                                                                     [35]

                                                          TOTAAL AFDELING A:         35

                                                                                            b.o.

### Page 15

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     15
                                   (Vraestel 2)               10022/21

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

10. Katrien staan steeds buite by die wasgoeddraad en kyk hoe die laaste
kompartemente verbygaan. Haar oë volg die kondukteurswa. Sy staan en
kyk hoe die trein wegraak. Eers dan, ná nog ŉ paar tellings, draai sy om en
loop die huis in. Maar haar kop is by die trein.

KATRIEN (roep êrens): Boetie, die trein is verby. (Kort pouse.) Jy gaan laat 5
wees. (Pouse.) Moenie vergeet om jou pa te groet nie.

                                   ***
  Die kind sien die goudgeel skoolbus aankom. Hy wys vir sy pa.

HENDRIK: Ja, ek sien. (Hy stap heeltyd nader.) Sê gou. (Die kind begin
wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”.

  Die bus stop al.                                                            10
  En Willem ruk los en hardloop.
                                    ***
  Hendrik staan en kyk hoe hy in die bus klim. En die bus ry in die vroeë
  môrelig in.
  Hendrik se gesig is heeltemal uitdrukkingloos.
  Die bus is nog nie heeltemal weg nie wanneer ŉ bakkie van dieselfde         15
  kant verskyn waar die bus vandaan gekom het. Dis Frans Lombard se
  groen bakkie. Hendrik sien hoe die bakkie oor die spoor swenk en werf
  toe ry.
  En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die
  werf aangaan.                                                               20
                                    ***
FRANS: Môre, Katrien …
KATRIEN: Môre.

6.1    Waar in Suid-Afrika speel die drama af?                                     (1)

                                                                                         b.o.

### Page 16

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                    16
                               (Vraestel 2)               10022/21

6.2   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
      vraagnommer (6.2) en die antwoord neer.

      Die hooftema in Paljas is (eensaamheid/geluk).                              (1)

6.3   Katrien was oorbeskermend teenoor Willem.

      6.3.1    Gee EEN voorbeeld wat hierdie stelling bewys.                      (1)

      6.3.2    Hendrik het die oggend saam met die twee kinders aan die
               ontbyttafel gesit.

               Wat het Katrien vir Hendrik gesê?                                  (1)

6.4   HENDRIK: … Sê gou. (Die kind begin wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy
      elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”. (Reëls 8 – 9)

      6.4.1    Sal die manier waarop die kind sy pa gegroet het, normaalweg
               aanvaarbaar wees? Motiveer jou antwoord.                           (1)

      6.4.2    Op watter manier het die seun sy pa gegroet?                       (1)

6.5   Hoe het die kinders Willem tydens pouse by die skool behandel?              (1)

6.6   Waarom, dink jy, identifiseer Willem eerder met die nar as met sy ouers?    (2)

6.7   Hoe het die volgende karakters Willem se lewe later verander?

      6.7.1    Manuel                                                             (1)

      6.7.2    Emma                                                               (1)

6.8   Slegs Hendrik het vir Frans en Katrien dopgehou toe Frans by die huis
      arriveer het. (Reëls 17 – 20)

      Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                       (1)

6.9   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A–D) langs die vraagnommer (6.9) neer.

      Katrien het haastig opgetree toe sy vir Frans deur die venster sien, want
      sy ...

      A        weet Frans bring vir haar iets.
      B        wil self die deur vir hom oopmaak.
      C        weet Hendrik gaan hulle twee dophou.
      D        wil hê alles moet net reg wees as hy kom.                          (1)

                                                                                        b.o.

### Page 17

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  17
                                  (Vraestel 2)               10022/21

6.10    Noem die TWEE dinge wat Frans vir Katrien saamgebring het.              (2)

6.11    Watter innerlike konflik ervaar Emma met Frans se besoeke aan haar
        ma?                                                                     (1)

6.12    Waarom het Emma aan die begin van die drama nie vir Nollie aanvaar
        nie?                                                                    (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

112. ŉ Paar bakkies kom na die stasie toe aangery en kom hou op die perron
stil waar daar reeds ŉ paar manne buitekant hulle voertuie staan. Hulle staan
en rook terwyl hulle die wêreld om hulle bekyk. Almal het gewere by hulle.

                                    ***
Die voertuie hou met groot bravade stil: stofwolke, remme, klappende deure.
Maar niemand praat nie.                                                     5
  Dan sien hulle Hendrik aangestap kom. Katrien bly staan op die agterwerf.
Aan Hendrik se stap sien ŉ mens hy is die duiwel in.
  Hulle wag vir hom.

HENDRIK: (op ŉ afstand): Ja? (Hy kom nader gestap.) Kan ek iets vir julle
doen? (Hulle staan hom net en bekyk terwyl hy aankom. Ons herken Jan 10
Mol, Sakkie du Toit en ouderling Bothma. Altesaam omtrent tien man.) Ja,
Jan Mol. Ek vrá. (Hendrik kom staan naby hulle. Die manne begin nader
staan na Jan toe wat sy geweer oor sy skouer sit en sy stompie doodtrap.)
Wie gee julle die reg om op my eiendom te kom foeter met so ŉ spul gewere?
JAN MOL: Jou eiendom?                                                      15
HENDRIK: Dis spoorweggrond hierdie.
JAN MOL: Waar’s daardie Beëlsebub?
HENDRIK: Wat se wat?

6.13    Wie het die nar raakgeskiet?                                            (1)

6.14    Op watter dag het die gebeure in die uittreksel plaasgevind?            (1)

6.15    Noem TWEE plekke waar die dorpsmanne na die nar gesoek het.             (2)

6.16    Watter optrede van Emma, dink jy, kontrasteer met die hele
        soektogsituasie?                                                        (1)

6.17    Wie is die “Beëlsebub”? (Reël 17)                                       (1)

                                                                                      b.o.

### Page 18

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                        18
                                 (Vraestel 2)               10022/21

6.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (6.18) neer.

       Katrien was bekommerd dat die mans dalk vir Willem kan skiet omdat
       Willem …

       A         buite in die veld is.
       B         sy spraak verloor het.
       C         soos die nar aangetrek is.
       D         ook toorkunsies kan doen.                                            (1)

6.19   Hoe het die nar van die mans af probeer wegvlug?                               (1)

6.20   Die dorpsmense het die nar nie aanvaar nie.

       Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.20.1 tot 6.20.4) neer.

                   KOLOM A                               KOLOM B
        6.20.1    Dominee het Hendrik         A   Twee, drie skote het geklap
                  en Katrien gewaarsku.           voordat almal wegry.

        6.20.2    Manuel het die kerk         B   Die nar het met sy fiets
                  besoek.                         weggevlug.

        6.20.3    Die dorpsmanne het          C   Dominee het die ouderling
                  die nar met gewere              gevra om hom te verwyder.
                  kom soek.
                                              D   Bose magte kom in verskeie
        6.20.4    Emma het die nar se             vorms voor.
                  klere opgehang.
                                              E   Willem kan teenoor Hendrik
                                                  erken dat die nar sy geheim
                                                  was.
                                                                            (4 × 1)   (4)

6.21   Volgens Hendrik het die wêreld daarbuite van mense soos hulle verskil.

       Vergelyk hierdie twee kante sodat die verskil duidelik is.                     (2)

6.22   Ouderling Bothma van die kerk was deel van die groep dorpsmanne wat
       die nar wou skiet.

       Wat is ironies omtrent die feit dat die ouderling deel van hiérdie groep
       was?                                                                           (2)

                                                                                            b.o.

### Page 19

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     19
                                 (Vraestel 2)               10022/21

6.23    Noem EEN positiewe verandering wat die nar in die McDonalds se lewe
        gemaak het.                                                                (1)

6.24    Waarvan is die windpomp aan die einde van die drama simbolies?             (1)
                                                                                   [35]

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

BARTA kom soos ŉ gedaante deur die mis aan.
BARTA: Elias?
ELIAS: Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig nie?
BARTA: Was die kind nie hier by jou nie?

                                     ***
LANGE: Die Goewerment gaan al die mense in die land laat tel, ons begin       5
    solank hier in die Kloof.
FIELA (met die doodskrik wat deur haar skiet): En vir wat wil hulle die
    mense tel?
DIKKE: Tel jy nie saans jou hoenders nie?
FIELA (op band): As die wyfie net wil uitbreek en weghol sodat die kinders    10
    moet agterna.
                                     ***
BARTA: Los hom, Elias.
ELIAS (ongeduldig): Groet jou broer en jou suster, Lukas!
TANT GERTJIE: Los die kind, Elias! Hy’s verwilder.
    Ligte doof uit en weer in op toneel in Bos. LUKAS sit op sy hurke langs   15
    die huis.
NINA: Wil jy ŉ patat hê, Lukas?
LUKAS: Nee.
NINA: Kan jy ŉ geheim hou?
LUKAS: Watse geheim?                                                          20
NINA: As jy saam met my kom, gaan wys ek jou die geheim.
LUKAS: Ek gaan nêrens heen nie.
NINA: Jy gaan bobbejaanboude kry van net so sit en sit.
LUKAS: Ek wag vir my ma.
NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom.                  25

7.1     Gee TWEE kenmerke van die ruimte waarin hierdie toneel afspeel.            (2)

7.2     Wat, dink jy, is Elias se TWEE swakste karaktereienskappe?                 (2)

7.3     “BARTA kom soos ŉ gedaante deur die mis aan.” (Reël 1)

        Wat het Barta makeer?                                                      (1)
                                                                                          b.o.

### Page 20

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                         20
                               (Vraestel 2)               10022/21

7.4   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
      vraagnommer (7.4) en die antwoord neer.

      Fiela se gebed toe die sensusopnemers by hulle plaas opdaag, was dat
      (die sensusmanne betyds sal loop voordat die kinders weer terugkeer huis
      toe/Benjamin se skuit sal wegdryf sodat hy aanhou soek en wegbly van die
      huis af).                                                                        (1)

7.5   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A–D) langs die vraagnommer (7.5) neer.

      Die dag toe die sensusopnemers by die Komoeties opgedaag het, kan
      beskryf word as die ...

      A        klimaks.
      B        ontknoping.
      C        eksposisie.
      D        motoriese moment.                                                       (1)

7.6   Watter ander sensusinligting, behalwe die aantal inwoners, wou die lang
      man van Fiela gehad het? Gee DRIE feite.                                         (3)

7.7   Watter onregverdigheid het in die hof gebeur wat daartoe gelei het dat
      Benjamin se identiteit verander het? Gee TWEE feite.                             (2)

7.8   “Barta: Los hom Elias.” (Reël 12)

      Waarom hou Barta aan dat Elias vir Benjamin moet uitlos?                         (1)

7.9   Hierdie karakters het ŉ rol in Benjamin se lewe gespeel.

      Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.9.1 tot 7.9.4) neer.

                            KOLOM A                                KOLOM B
       7.9.1    Het geglo dat werk goed vir ŉ mens is            A   Willem

       7.9.2    Het in Benjamin se hart gekruip                  B   Fiela

       7.9.3    Het Benjamin as sy eie seun aanvaar              C   Barta

       7.9.4    Het groot pyn in Benjamin se lewe                D   Nina
                veroorsaak
                                                                 E   Selling

                                                                             (4 × 1)   (4)

                                          EN

                                                                                             b.o.

### Page 21

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       21
                                  (Vraestel 2)               10022/21

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS N

FIELA: Ek is Fiela Komoetie van die Lange Kloof. Ek het die sydeur uit die
    kosyn geklop, maar niemand het my gehoor nie. Ek het gekom om
    Salomo te spreek.
MAGISTRAAT: Ekskuus?
FIELA: Salomo. Die een van die Bybel. Ek verneem julle hou hom hier              5
    iewers aan.
MAGISTRAAT: Luister hier!
FIELA: Ek wil by hom hoor waarom net die een vrou laat kom is toe die kind
    deurgesny moes word.
                                     ****
KAPP: Waar’s die kinders, Van Rooyen?                                            10
ELIAS: “Weet nie wanneer hulle weer huis kry nie. Hang af. Dié meisiekind
    van my is mos nes ŉ bok oor die Bos. Mister kom mos dikwels op die
    dorp, mister moet tog vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat
    ŉ kinderwagter soek nie. Verniet wil ek haar nie graag verhuur nie, maar
    as hulle haar ŉ stukkie klere en so aan gee, sal ons regkom met die          15
    prys.
KAPP: Ek sal verneem. (Pouse.) Hoe lank skat jy gaan die kinders nog
    wegbly?
                                     ****
NINA: Jy loop sê nie jy het my gekry nie. Ek gee nie langer my geld af nie,
    vir niemand nie. Pa kan sy gat oplig en vir homself werk. (Pouse.)           20
LUKAS: Ek het eintlik gekom om jou ŉ guns te vra.
NINA: Is jy siek, Lukas?

7.10    Fiela het gevra waarom net die een vrou laat kom is toe die kind uitgeken
        moes word. (Reëls 8 – 9)

        7.10.1   Noem Fiela se TWEE argumente waarom sy gedink het dat
                 Benjamin nie Barta se verlore kind kan wees nie.                     (2)

        7.10.2   Fiela het vir die magistraat gesê dat God die mens nie vergewe vir
                 die onreg wat ŉ mens ŉ kind aandoen nie.

                 Noem EEN ernstige onreg teenoor kinders in ons moderne tyd.          (1)

7.11    Die magistraat het baie streng en ernstig met Fiela gepraat.

        Motiveer met TWEE feite waarom hierdie stelling WAAR is.                      (2)

                                                                                            b.o.

### Page 22

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                      22
                                (Vraestel 2)               10022/21

7.12   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (7.12) en die antwoord neer.

       Fiela Komoetie het (magteloos/angstig) gevoel toe sy besef dat die
       owerhede of stelsel onmenslik is.                                             (1)

7.13   Die magistraat het tog die boswagter Kapp na Elias gestuur.

       Watter TWEE dinge wou die magistraat weet?                                    (2)

7.14   Kan ŉ mens die magistraat blameer vir die besluit wat hy geneem het oor
       Benjamin? Motiveer jou antwoord.                                              (1)

7.15   Hoe kon Lukas se lewe verander het as boswagter Kapp hom daardie dag
       gesien het?                                                                   (1)

7.16   Watter skok het Lukas gekry toe hy en Nina uit die bos teruggekeer het?       (1)

7.17   “... mister moet tog vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat ŉ
       kinderwagter soek nie.” (Reëls 13 – 14)

       Noem die TWEE redes waarom Miss Weatherbury vir Nina in diens
       geneem het.                                                                   (2)

7.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (7.18) neer.

       Lukas moes nou self ŉ groot besluit in sy lewe neem.

       Die ruimte waarin Lukas homself op hierdie stadium van sy lewe bevind
       het, was die ...

       A        Lange Kloof en die dorp, Knysna.
       B        dorp, Knysna en die Knysnabos.
       C        Knysna, die dorp.
       D        Knysnabos.                                                           (1)

7.19   Vergelyk dit wat in Lukas se lewe gebeur het met Nina se lewe.

       Noem TWEE ooreenkomste tussen Lukas en Nina.                                  (2)

7.20   Stem jy saam dat Lukas teen die einde van die drama steeds net liefde
       teenoor Fiela gevoel het? Motiveer jou antwoord.                              (1)

7.21   Wat is die hooftema in Fiela se kind?                                         (1)
                                                                                     [35]

                                                         TOTAAL AFDELING B:          35

                                                                                            b.o.

### Page 23

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                           23
                                  (Vraestel 2)               10022/21

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale.

VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE

8.1       “OOM DRIES SE SORGE MET JANTJIE” – Felicia Goosen

          Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop
          volg.

          TEKS O

          “Vannag word ons lammers weer verskeur,” sê oom Thysie en sit
          sy geweer moedeloos terug in die geweersak. Die verhekste
          rooikat het weer paaie om hulle geloop. Almal pak op om maar
          huis toe te gaan, net Groot Dawid staan nog rond.
          Toe skielik brand hy sommer uit frustrasie los op ŉ groot                 5
          bobbejaanwyfie in die wildevyeboom. Dis eers toe hulle by die
          dooie bobbejaan kom, dat hulle die grys bondeltjie onder haar
          pens gewaar.
                                              ***
              “Jantjie!” skree oom Dries en vlie vervaard op. Hy draf haastig
          oor die gras in die swaai se rigting, maar hy trap ŉ lang uitloopsel      10
          raak, struikel en slaan neer. Sy groot lyf bly ŉ paar sekondes lank
          net so lê. Hy skud die gras van sy klere af en kyk op na die swaai.
          Daar is geen teken van bobbejaan se kind nie. Die swaai hang
          doodstil in die wit maanlig. Oom Dries voel aardig. Hy kon sweer
          ...                                                                       15
              “Dries, kry jou kop in rat. Jy’s sommer besimpeld,” praat hy met
          homself.
              Hy stap by die agterdeur in en sit die ketel op die Aga vir koffie.
              Tien dae later moet hy kerkraadsvergadering toe op die dorp en
          kom eers teen sterk donker terug. By die stoeptrappies steek hy           20
          vas. Net sowat twintig treë van hom af op die gras, is die duidelike
          silhoeët van ŉ bobbejaan.

          8.1.1    Wie is die hoofkarakter in die kortverhaal?                           (1)

          8.1.2    Hierdie kortverhaal speel op ŉ plaas af.

                   Wat is die naam van die plaas?                                        (1)

                                                                                               b.o.

### Page 24

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                           24
                      (Vraestel 2)               10022/21

8.1.3    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi.
         Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.3)
         neer.

         Die toon van hierdie kortverhaal is ...

         A        hartseer.
         B        opgewek.
         C        vertellend.
         D        humoristies.                                           (1)

8.1.4    Oom Dries word voorgestel as ŉ saggeaarde man.

         Gee TWEE feite om die stelling te bewys.                        (2)

8.1.5    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
         slegs die vraagnommer (8.1.5) en die antwoord neer.

         “Die verhekste rooikat het weer paaie om hulle geloop.”
         (Reëls 2 – 3)

         Die woord “verhekste” is ŉ voorbeeld van ŉ (hiperbool/
         eufemisme).                                                     (1)

8.1.6    Wat is die motoriese moment in die kortverhaal?                 (1)

8.1.7    Jantjie het later aggressief begin optree.

         Wat het Jantjie aan Sofie gedoen?                               (1)

8.1.8    Oom Thysie het vir Jantjie geskiet.

         Vertel wat gebeur het dat oom Thysie Jantjie geskiet het. Gee
         DRIE feite.                                                     (3)

8.1.9    Wat het oom Thysie aan oom Dries erken toe hulle by die
         motorhek ontmoet en ŉ pypie rook? Gee TWEE feite.               (2)

8.1.10   Oom Dries het vir Jantjie ŉ swaai gemaak.

         Op watter manier was Jantjie se swaai selfs na sy dood nog
         belangrik vir oom Dries? Gee TWEE feite.                        (2)

                                                                               b.o.

### Page 25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  25
                            (Vraestel 2)               10022/21

      8.1.11   Een van die temas van hierdie kortverhaal is hoe
               goedbedoelde dade soms noodlottige gevolge kan hê.

               Hoe word hierdie tema in die verhaal uitgebeeld? Gee TWEE
               feite.                                                           (2)

      8.1.12   Dink jy oom Dries het die regte ding gedoen toe hy vir Jantjie
               gered het? Motiveer jou antwoord.                                (1)

                                            EN

8.2   “DIE WELDOENER” – T.T. Cloete

      Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop
      volg.

      TEKS P

         So een wat laat in die aand alleen op die strand gaan loop, is
      Gawie, ŉ komponis, koordirigent en sangdosent aan die Marin
      Marais-konservatorium, bowendien ook orrelis van die gemeente
      waar hy tuishoort. Al sy mense is al aan die slaap. Moeg van lees,
      besluit hy om langs die see te gaan stap.                          5
         Alles en almal in die stranddorp is stil. Doodstil. Ook die
      jongmense wat gedans het en gedrink het en lawaai gemaak het,
      is al stil. Net hier en daar in ŉ strandhuis brand nog lig.

                                       ***
       Die seun is meer dronkgeslaan as dronk. Gawie kan hom nie vra
      om nou, hier in die donker, te sing nie. Hy wil graag hoor hoe die 10
      seun sing, hy wil hom graag help, hy sou graag vir hom wil sê: jy
      sing pragtig, jy hét dit. Maar hy het tog troos vir die seun: As hy
      hom saam met die troos op ŉ bedekte manier na sy eie
      konservatorium toe nooi, kan hy vir hom iets doen.
      “Meerderes lag nie vir minderes nie; die meerdere het medelye 15
      met die mindere. Dit is die minderes wat lag.

                                       ***
       “Goeienag. Slaap lekker. Ek gaan jou klere in die badkamer
      afspoel en oor die wasgoeddraad hang. Sê more vir jou ma jy het
      in die see geval. Ek trek alle deure agter my toe.”

      8.2.1    Wat is die naam van die vakansiedorp waar die kortverhaal
               afspeel?                                                         (1)

                                                                                      b.o.

### Page 26

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                           26
                     (Vraestel 2)               10022/21

8.2.2   Gawie het iemand op die strand sien lê en het nader gegaan.

        Gee TWEE feite om te verduidelik waarom Gawie besluit het
        om dit te doen.                                                  (2)

8.2.3   By watter instansie wou die jong man wat Gawie op die
        strand gevind het, musiek gaan studeer?                          (1)

8.2.4   Die jong man het baie respek vir die Marin Marais-
        konservatorium gehad.

        Motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                          (1)

8.2.5   “Meerderes lag nie vir minderes nie; ...” (Reël 15)

        Na wie verwys die “meerderes” en die “minderes” in die
        aanhaling?                                                       (2)

8.2.6   Die jong man se aand het nie uitgedraai soos wat hy dit sou
        wou hê nie.

        Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte
        VOLGORDE soos wat dit in die kortverhaal gebeur het, neer.

        ●   Die jong man het op die strand agtergebly.
        ●   Die jong man was by ŉ partytjie saam met bekende en
            onbekende mense.
        ●   Die jong man het seergekry.
        ●   Die jong man se talent is bespot.                            (4)

8.2.7   Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN
        WOORD in te vul. Skryf slegs die KORREKTE woord langs
        die vraagnommer 8.2.7(a) en 8.2.7(b) neer.

        Die jong man wou nie hê dat Gawie hom huis toe moet vat
        nie omdat hy bang was dat sy pa hom gaan 8.2.7(a) ... .
        Gelukkig het sy pa so hard 8.2.7(b) ... dat hy van niks geweet
        het nie.                                                         (2)

8.2.8   Wat, dink jy, het Gawie motiveer om die jong man te help?        (1)

                                                                               b.o.

### Page 27

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                            27
                       (Vraestel 2)               10022/21

8.2.9    “Ek trek alle deure agter my toe.” (Reël 19)

         Wat dink jy is die:

         (a)      denotatiewe betekenis van Gawie se laaste woorde
                  aan die jong man?                                       (1)

         (b)      konnotatiewe betekenis van Gawie se laaste woorde
                  aan die jong man?                                       (1)

8.2.10   As jy die jong man was, sou jy toegelaat het dat ŉ vreemdeling
         jou help soos wat Gawie die jong man gehelp het?                 (1)
                                                                          [35]

                                               TOTAAL AFDELING C:         35

                                                                                 b.o.

### Page 28

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                            28
                               (Vraestel 2)               10022/21

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte.

VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

9.1       “BOEKMERK” – Marlise Joubert

          Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop
          volg.

          BOEKMERK – Marlise Joubert

          1       kinders
          2       met wange soos mossies
          3       wat teen elke oggend stoei
          4       hande altyd woerende vlerke
          5       elke lyfie ŉ seilende gesang –
          6               vlak bo die waterspieël
          7               van ŉ klipvloergang

          8       vlytig stort die druppels klank
          9       oor haar uit totdat sy verbaas
          10      die reuk van bittersoet jasmyn
          11      uit haar skooljare proe
          12      waar sy ook kon mor
          13      en protesteer:

          14             waarom is alles altyd ver
          15             waarom is alles altyd hier
          16             waarom moet ek leer
          17             van optel aftrek deel
          18             van dooie digters
          19             uit die toentertyd
          20             en watter land sit waar
          21             en waarom draai die son

          22      toe maak sy die dag weer oor –
          23      met elke skoolklok werk sy
          24      namens mossiekind:

          25             kom ons pars die wind
          26             met wange soos soldaatjies

          27             totdat elkeen net die geur
          28             van jasmyn kan boekmerk
          29             teen die onheil van ons
          30             ellelange reis

                                                                             b.o.

### Page 29

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                             29
                      (Vraestel 2)               10022/21

9.1.1   Die titel van die gedig kan ŉ denotatiewe en ŉ konnotatiewe
        betekenis hê.

        (a)      Wat is die denotatiewe betekenis?                         (1)

        (b)      Wat is die konnotatiewe betekenis?                        (1)

9.1.2   Haal EEN woord uit strofe 1 aan wat bewys dat kinders nie
        lus is om soggens wakker te word nie.                              (1)

9.1.3   Hou jy daarvan om soggens vroeg op te staan vir skool?
        Motiveer jou antwoord.                                             (1)

9.1.4   Gee TWEE bewyse dat die kindertjies nooit stilsit nie.             (2)

9.1.5   Reël 8: “vlytig stort die druppels klank”

        Waarvandaan kom die “druppels klank”?                              (1)

9.1.6   Kies die letterkundige term in KOLOM B wat by die aanhaling
        in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
        vraagnommer (9.1.6(a) tot 9.1.6(d)) neer.

                       KOLOM A                     KOLOM B
         (a)   “met wange soos mossies” (reël 2) A Inkeping

         (b)   “woerende vlerke” (reël 4)            B   Sinestesie

         (c)   “vlak bo die waterspieël/van ŉ        C   Metafoor
               klipvloergang” (reëls 6 – 7)
                                                     D   Vergelyking
         (d)   “die reuk van bittersoet jasmyn …
               proe” (reëls 10 – 11)                 E   Onomatopee
                                                               (4 × 1)     (4)

9.1.7   Die juffrou in hierdie gedig het as leerling gelukkige én slegte
        tye beleef.

        Haal EEN woord uit die gedig aan om die stelling te bewys.
        (Strofe 2)                                                         (1)

                                                                                 b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
