# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                 MEI/JUNIE 2024

                                NASIENRIGLYNE

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               2                   DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

ALGEMENE NASIENRIGLYNE
• Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
• Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
  word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
  vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien
  die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
• By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
  NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
• Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
  verdien die punt.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
  korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
  TWEE/DRIE na – eers horisontaal en dan vertikaal.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
  volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
• Waar byvoorbeeld verskil, kontras, ironie, hoe sluit dit aan gevra word, verdien die
  kandidaat EEN punt indien een kant van die saak korrek beantwoord is en TWEE punte
  indien beide kante gestel word.

VRAAG 1
TEKS A: HOE LAAT BEGIN MY SEPIE?
[Verwerk uit Wikipedia, News24.com, Maroela media, e.a.]

 VRAAG                                          ANTWOORD                                 PUNT
1.1.1        •   Binnelanders                                                              2
             •   Suidooster
             •   7de laan
             •   Isidingo
                 (Enige TWEE)

1.1.2        seepmaatskappye                                                                   1

1.2          Sepies ...                                                                        2
             • se storielyn ontwikkel (met die verloop van tyd).
             • kry gereeld nuwe karakters/se karakters kom en gaan.
             • het 'n oop einde/se episodes eindig met 'n probleem of geheim wat
               eers later opgelos word.
             • word vir 'n tydperk van 12-14 jaar/oor jare uitgesaai.
             • word in ateljees opgeneem.
             • spreek sosiale kwessies aan.
             • is gewild (onder oud en jonk).
             • het karakters met wie kykers kan identifiseer.
             • vermaak kykers.
             • verbeter kykers se taalvermoë.
             • laat kykers van hulle probleme vergeet.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                3                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                      ANTWOORD                                                    PUNT
             •   het lewenslesse om uit te leer.
             •   se storielyne hou kykers nuuskierig/geïnteresseerd
                 (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)

1.3          D/dit die eerste episode van 7de laan was.                                                    1

1.4          •   Die woorde "sy glo"/"glo" dui aan dat Aggie so dink.                                      1
             •   Daar is geen bewyse/statistiek vir dit wat Aggie glo nie.
             •   Nie almal stem noodwendig saam met Aggie nie./Daar is mense wat
                 van Aggie mag verskil.
             •   Nie almal dink dat 7de laan jou help om verskille en andersheid te
                 aanvaar nie.
             •   Nie almal dink dat 7de laan altyd relevant was nie.
             •   Nie almal dink dat 7de laan hulle vermaak nie.
             •   Aanhaling: ''Nobuhle Mimi Mahlasela, wat Aggie-Nwenya-Meintjies
                 speel, sê sy glo dat 7de laan altyd relevant was.''
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.5.1        •   Hulle het nuwe woordeskat geleer./Dit het hulle woordeskat                                2
                 verbeter.
             •   Hulle het die korrekte uitspraak van woorde gehoor./Hulle het
                 geleer hoe om woorde korrek/reg uit te spreek.
             •   Daar is Engelse subtitels wat hul woordeskat en gesproke
                 Afrikaans help verbeter.
                 (Of soortgelyk aan bogenoemde)
                 (Slegs die aanhaling ''Hulle het na die Afrikaanse dialoog geluister en dan die
                 Engelse subtitels gelees.'' verdien geen punte nie. Sou die aanhaling 'n inleidende
                 sin wees wat tot die antwoord lei, word die punte toegeken.)

1.5.2        •   Zoeloe/(isi)Zulu                                                                          2
             •   Engels
1.6          •   (Op) die Kaapse Vlakte/Kaap(stad)                                                         1
             •   (In) 'n semi-privaat hoërskool
                 (Enige EEN)

1.7          populêre                                                                                      1

1.8          •   'n Sepie word vir 'n tydperk van 12-14 jaar uitgesaai ✓ en 'n                             2
                 telenovelle tussen 12-18 maande. ✓/’n Sepie word oor jare en ‘n
                 telenovelle word oor maande uitgesaai.
             •   Wat in 'n sepie in 'n week/oor 'n paar episodes gebeur ✓, gebeur in
                 'n dag/een episode in 'n telenovelle. ✓
             •   Sepies word in ateljees opgeneem ✓, terwyl telenovelles na
                 verskillende ruimtes verskuif. ✓
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.9          (Op) kykNET (kanaal)                                                                          1
1.10.1       E/Skoolgaande kinders voel dat die inhoud van hierdie sepie by hulle                          1
             eie lewens aansluit.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                4                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                    ANTWOORD                                                 PUNT
1.10.2       C/Hierdie sepie wys watter invloed geld en beheer in mense se lewens                    1
             speel.

1.10.3       A/In hierdie sepie spring die storie tussen hede en verlede om die                      1
             intrige in karakters se lewens uit te beeld.

1.10.4       B/In hierdie sepie leer kykers meer omtrent die drama wat mense in                      1
             hulle beroep kan ervaar.

1.11         •   In die titel word 'n vraag gevra ✓ en in paragraaf 11 word die rede vir             2
                 die vraag gegee. ✓
             •   In paragraaf 11 lees ons dat kykers hulle lewens en hulle aktiwiteite
                 rondom hulle sepies beplan. ✓ Dis waarom die vraag in die titel sin
                 maak./Dit gee die rede waarom mense die vraag vra wat in die titel
                 staan. ✓
             •   Die titel praat oor tyd (hoe laat begin my sepie?) ✓ en paragraaf 11
                 sê uitsaaityd, wat beteken hoe die kyker sy/haar aktiwiteite/tyd
                 rondom sepies moet beplan. ✓
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.12         •   Ek gaan nie meer kan onderskei tussen stories en werklikheid nie.                   1
             •   Ek gaan nie meer tussen reg en verkeerd kan onderskei nie.
             •   Ek kan dalk dink alles wat in sepies gebeur is reg/ek kan ook so
                 maak.
             •   Ek kan dink alle probleme word so maklik opgelos soos in die
                 sepies.
             •   Ek kan dalk te veel tyd gebruik om sepies te kyk/ander take afskeep
                 (voorbeelde soos skoolwerk, akademie, ens. kan genoem word).
             •   Ek kan 'n verkeerde beeld van die werklikheid kry.
             •   Dit kan my sedes en morele waardes/sosiale interaksie negatief
                 beïnvloed.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die negatiewe gevolge waarna die
                 kandidaat verwys, moet sinvol wees. Direkte aanhalings kan nie gebruik word nie
                 en kandidaat kan nie net die sin uit die teks voltooi nie.)

1.13         Ek leer ...                                                                             1
             • dinge van sepies waarvan ek dalk glad nie geweet het nie.
             • dat daar meer sepies is as dit waarna ek kyk.
             • dat ek my taal kan verbeter as ek na sepies kyk.
             • dat sepies my lewe kan oorneem as ek nie mooi beplan/versigtig is
                nie.
             • dat ek nie alles moet glo wat in sepies gebeur nie.
             • dat daar lewenslesse in sepies te leer is.
             • van diversiteit.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Aanvaar nie aanhalings nie.)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                5                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

TEKS B: SPOTPRENT
[Verwerk uit Die Burger, 22 Desember 2022]

 VRAAG                                       ANTWOORD                                                 PUNT
1.14         •   Daar is 'n lessenaar/tafel/kantoortafel/werktafel in die agtergrond.                   2
             •   Daar is 'n lessenaarstoel/stoel/kantoorstoel by 'n lessenaar waar
                 mense werk.
             •   Daar is 'n man met 'n lêer/boek/papiere/blaaie onder sy arm.
             •   Daar is 'n vrou met 'n aantekenbord in haar hand.
             •   Daar is 'n man met 'n aktetas/werktas.
             •   Daar is papiere wat rondwaai in die kantoor.
             •   Die mense is formeel/mooi aangetrek/die mans het dasse aan/die
                 vrouens het baadjies/werksklere aan.
                 (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)

1.15.1       Lyftaal: Gertjie/Hy staan net stil (met sy hand vraend in die lug), terwyl                     2
             die ander karakters op en af spring/hande in die lug het/lyk of hulle
             opgewonde iewers heen loop/dit lyk of een van die dames baie
             opgewonde is oor die drankie/koffie in haar hand. ✓
             OF
             Gesigsuitdrukking:Gertjie/Hy lyk bek-af/verbaas/onseker/verslae/
             verward/nie so opgewonde soos die ander nie (sy oë is klein/lyk nie of
             hy glimlag nie), terwyl die ander karakters lag/glimlag/oë groot/toe van
             opgewondenheid. ✓
             (Of soortgelyk aan bogenoemde. Kandidate hoef nie lyftaal en gesigsuitdrukkings in
             hulle antwoorde te noem nie; dit kan afgelei word. Indien net een kant van die verskil
             genoem word, verdien die kandidaat net een punt.)

1.15.2       •   Gertjie het meer belanggestel in die moontlike verhoging.                                  1
             •   Gertjie is meer gefokus op werk as op kantoorpraatjies.
             •   Gertjie het dalk nie (skoolgaande) kinders nie.
             •   Gertjie voel nie dieselfde (as die ander kantoorpersoneel) oor sy
                 kinders wat teruggaan skool toe nie.
             •   Gertjie weet nie wat aangaan nie.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.16         •   Hulle is bly/verlig as hulle kinders teruggaan skool toe.                                  1
             •   Hulle wil nie hulle kinders die heeltyd by die huis hê nie.
             •   Hulle is gelukkiger as hulle kinders iemand anders se probleem is/as
                 iemand anders hulle kinders moet besig hou.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

                                                                                 TOTAAL AFDELING A: 30

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                6                       DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming

Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur die
teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:

•   Puntetoekenning:
    o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
    o 3 punte vir taal
    o Totaal punte: 10

•   Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
    o 1–3 korrekte feite: 1 punt
    o 4–5 korrekte feite: 2 punte
    o 6–7 korrekte feite: 3 punte
    (Indien selfs net één van die feite 'n direkte aanhaling is, ignoreer hierdie kategorie en
    beoordeel volgens die volgende kategorie.)

•   Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
    o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
    o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
    o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
    o Toegewing: Indien die kandidaat slegs één korrekte feit gee en daardie feit is 'n
       direkte aanhaling, verdien die kandidaat net 1 punt vir die feit (aanhaling) en geen
       punte vir taal nie.

LET WEL:

•   Getal woorde:
    o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
    o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik
       is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
    o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener VYF
       woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van die
       opsomming.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                7                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2
TEKS C: DIE VOORDELE VAN LEES
[Verwerk uit www.thereadingclinic.co.za en www.naturalbeachliving.com]
            DIREKTE AANHALING                                                EIE WOORDE

  Dit is baie belangrik dat kinders goed moet
  kan lees. Lees is 'n lewenslange vaardigheid
  wat baie voordele vir jou inhou.

  Woorde is die boustene van 'n taal. Ons
  gebruik woorde om te sê wat ons wil sê.                1      Lees brei jou woordeskat uit./Lees
  Lees help 'n mens om jou woordeskat uit                       verbeter jou woordeskat.
  te brei. Die ander sy hiervan is ook waar.
  Ons kommunikeer elke dag met mekaar.                   2      Lees help jou om (beter) te
  Mense wat baie lees, kan hulleself nie net                    kommunikeer./Lees help jou met
  beter uitdruk nie, maar verstaan ook beter                    kommunikasievaardighede./Lees help
  wat ander sê.                                                 om jouself beter uit te druk./Lees help jou
                                                                om ander beter te verstaan.
  Lees gee meer vir jou terug as wat jy insit.
  Wanneer jy lees, moet jy fokus en dit
  verbeter jou konsentrasie. Lees en                     3      Lees help jou om (beter) te konsentreer./
  spelling gaan hand-aan-hand. Die een                          Lees verbeter jou konsentrasievermoë.
  ontwikkel die ander. Deesdae is swak
  spelling die gevolg van SMS-taal en die feit
  dat ons nie genoeg lees nie. Ons kan ook
  nie regtig staatmaak op die speltoetsers op
  rekenaars nie. Lees gaan jou dus beslis                4      Lees verbeter jou spelling/spelvermoë./
  help om jou spelling te verbeter.                             Lees help jou om (beter) te spel.

  Ons almal wil graag 'n wye algemene
  kennis hê. Lees stimuleer dit, want hoe     5                 Lees brei jou algemene kennis uit./As jy
  groter die verskeidenheid tekste wat 'n                       baie verskillende tekste lees, sal jou
  mens lees, hoe meer verbreed jou                              algemene kennis beter wees.
  algemene kennis. Wanneer jy lees, neem jy
  alles in, soos mense en gebeure. Jy gebruik
  jou geheuespier hiervoor. Hoe meer jy       6                 Lees verbeter jou geheue./Lees help jou
  hierdie spier gebruik, hoe beter is jou                       om (beter) te onthou/'n beter geheue te
  geheue. Lees help jou dus hiermee.                            ontwikkel./Lees versterk jou geheuespier.

  Ons word elke dag aan baie elektroniese
  toestelle se klank en beweging blootgestel.            7      Lees gee vir jou brein tyd om stil te
  Deur te lees, kry die brein die stilte wat                    wees./Lees bring die nodige stilte wat jou
  ons nodig het in vandag se gejaagde lewe.                     brein nodig het.

                                                                (41/63 woorde)

                                                                             TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                8                        DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAAL
ALGEMENE NASIENRIGLYNE
 Spelling:
  o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd. Die fout
      mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar woordstrukture getoets
      word, moet dit korrek gespel word.
  o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout in die
      taalstruktuur is wat getoets word.
  o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
  o Aanvaar fonetiese spelling van woorde waar (sp) nie as vereiste aangedui is nie. Indien
      die fonetiese spelling die sinsbetekenis verander, word dit nie aanvaar nie.
• Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
   instruksies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
   geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D:
[Verwerk uit google images]

VRAAG                                         ANTWOORD                                       PUNT
3.1          •   Die groot/donker opskrif/donker letters                                       2
             •   Verskillende lettertipes/fonte
             •   Verskillende lettergroottes
             •   Die aanbod in die vorm van 'n ster
             •   Sekere woorde in hoofletters/vetdruk (bv. GRATIS)
             •   Die N in die plek van gewone kolpunte
             •   Die uitleg/inligting wat kort en bondig genoem word
             •   Inligting wat amper puntsgewys uiteengesit is
             •   Die uitroepteken
                 (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)

3.2          buitengewone (sp)                                                                     1

3.3          •   Gebruik dit op 10 verskillende toestelle.                                         1
             •   Gebruik dit op 10 verskillende toestelle!
             •   Jy moet dit op 10 verskillende toestelle gebruik.
             •   Jy moet dit op 10 verskillende toestelle gebruik!
                 (Enige EEN)

3.4          emotiewe taal                                                                         1

3.5.1        effektief                                                                             1

3.5.2        voordele                                                                              1
3.5.3        oorreed                                                                               1
3.6          •   ''jy''                                                                            1
             •   jy
             •   Aanhaling waar ''jy'' uitgelig is.
                 (Enige EEN)
 Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                9                        DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                            ANTWOORD                                    PUNT
3.7          •   Die kontakbesonderhede                                                        1
             •   Waar die inligting beskikbaar is/Webadres/Webwerf
             •   Die datum/tydperk wanneer die aanbod sluit
             •   Die adverteerder sê nie of dit R550 per maand of per jaar is nie.
             •   Die prys van die gewone premie
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
                                                                                               [10]

VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
[Verwerk uit pinterest.com]

VRAAG                                            ANTWOORD                                    PUNT
4.1          Waarna/waarna                                                                     1

4.2          •   Garfield se woorde staan in 'n denk-/dinkborrel.                                  1
             •   Gedagtes staan gewoonlik in 'n wolkie.
             •   Woorde/dialoog het gewoonlik 'n skerp punt wat na die spreker wys,
                 nie borrels nie.
             •   Garfield se mond is nie oop nie.
             •   Ons kan nie sien dat hy praat nie.
             •   Die lugblasies wys na sy kop (soos iemand wat dink).
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.3.1        •   Hy gee nie aandag nie.                                                            1
             •   Hy fokus/kyk nie regtig (op die) TV nie.
             •   Hy stel nie belang in die program nie.
             •   Hy wil nie nou dink/praat/antwoord/gesteur wees nie.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.3.2        •   In RAAMPIE 3 gee hy voor dat hy TV kyk.                                           1
             •   In RAAMPIE 3 reageer hy anders as wat 'n mens gedink het/is hy
                 sommer kwaai.
             •   In RAAMPIE 3 is hy geïrriteerd/wil nie gepla word nie.
             •   In RAAMPIE 3 verskil sy gedagtes/het hy 'n beter antwoord/dink hy
                 ander woorde.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.4          ongeduldig raak met Garfield                                                          1

4.5.1        geïrriteerd raak                                                                      1

4.5.2        •   Garfield se kop is (nou) (weg)gedraai.                                            2
             •   Sy oë is op skrefies/lyk soos 'n V-vorm/is groot.
             •   Dit lyk of hy frons.
             •   Hy druk hard met sy pootjies op die armleunings.
             •   Dit lyk of hy grom/kwaai is./Garfield se snor/snorbaard lyk anders/sy
                 mondhoeke trek na onder.
             •   Hy kyk hom lelik/vuil aan.
                (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 4.5.1 moet
                korrek wees om die punt(e) by VRAAG 4.5.2 te verdien.)
 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                10                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                             ANTWOORD                                             PUNT
4.6           Garfield sê dat hy TV kyk.                                                                 1
              (Die hele sin moet korrek wees.)

4.7           D/die humor in situasies tussen troeteldier en mens te wys.                               1
                                                                                                       [10]

VRAAG 5.1
TEKS F: GENIET ONS MOOI LAND
[Eie teks]

 VRAAG                                        ANTWOORD                                                 PUNT
5.1.1         •   Die meeste mense eet graag kerrie en rys. (kossoort)                                   1
              •   Die brood rys mooi. (funksie)
              •   My hare rys as ek dit hoor. (funksie)
              •   Die son rys in die ooste. (funksie)
              •   Die vraag rys oor wat hy weet. (beteken ontstaan)
                  (Enige EEN van bogenoemde of enige ander sin waar die ander betekenis
                  van rys duidelik is.)

5.1.2         wêreld (sp)                                                                                  1

5.1.3         opwindende                                                                                   1

5.1.4         toeristeplekke (sp)                                                                          1

5.1.5         pro-vin-sies of pro+vin+sies of pro/vin/sies                                                 1
              (Aanvaar enige korrekte manier van verdeling)

5.1.6         met                                                                                          1

5.1.7         dorpies (sp)                                                                                 1
5.1.8         Aangesien daar baie olifante is, is daar ook baie miskruiers wat die mis                     2
              verwerk.
              (Let wel: Die kandidaat verdien 1 punt vir die woordorde – twee werkwoorde wat geskuif
              het – en 1 punt vir die komma wat op die korrekte plek is.)

5.1.9         Besoekers word (deur die Park) gevra om hulle nie raak te ry nie.                            1
              (Die hele sin moet korrek wees.)

5.1.10        sonsondergang (sp)                                                                           1

5.1.11        Aug. (sp)                                                                                    1

5.1.12        toerisme/toere                                                                               1

5.1.13        Dit beteken weer/opnuut/nog 'n keer/om iets oor te doen.                                     1

  Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                11                    DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Bron: images.google.com]

 VRAAG                                          ANTWOORD                                  PUNT
5.2.1        groente                                                                        1

5.2.2        familie/gesin                                                                  1
             (Aanvaar fonetiese spelling as korrek)

5.2.3        Die seuntjie sal/gaan sy kos vir die hond gee.                                 1
             (Die hele sin moet korrek wees.)

5.2.4        spekvet/blinkvet/moddervet (sp)                                                1

5.2.5        gekookte (sp)                                                                  1

5.2.6        Ma is besig om haar kos te eet.                                                1
             (Die hele sin moet korrek wees.)
                                                                                           [20]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                     GROOTTOTAAL:           80

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2019-memo/0fd2b5c9-a482-4923-a61e-cd4697f21cd1) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
