# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2024, 42 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/cfff1dbb-83a8-4019-8b7d-77c3e1e43f3c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 42

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/cfff1dbb-83a8-4019-8b7d-77c3e1e43f3c)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                 MEI/JUNIE 2024

                                NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 70

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 40 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                      DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS- Nasienriglyne

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                              PUNTE     BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                         35            4

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom                35           8

3.   Meeulanders                                               35          12

4. Lien se Lankstaanskoene                                     35          16

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                                          35          20

6.   Paljas                                                    35          24

7.   Fiela se kind – Die Drama                                 35          28

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Two-step in die Moederstad"                               17          33
                                     EN
8.2 " 'n Hulpelose Samaritaan"                                 18          35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 " Die heks van Hexrivier"                                  17          37
                                            EN
9.2 " Hanswors"                                                18          39

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            3                         DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS- Nasienriglyne

                                         NASIENRIGLYNE
•     As 'n kandidaat in AFDELING A en B meer as een vraag beantwoord het, word net die
      eerste vraag per afdeling nagesien en 'n streep word deur die tweede vraag getrek.

•     Indien net TWEE vrae in EEN afdeling beantwoord is, word slegs die eerste vraag
      nagesien.

•     As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
      antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
      geïgnoreer.

•     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
      nagesien.

•     As 'n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as verkeerd
      beskou. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word die
      antwoord as korrek beskou.

•     By aanhalings word spelfoute en leestekenfoute nie gepenaliseer nie, maar woordorde moet
      korrek wees.

•     As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
      kandidaat nie gepenaliseer nie.

•     By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken vir JA/NEE/EK
      STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie laasgenoemde te skryf indien
      die motivering JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie. As
      JA/NEE gestel is, moet die motivering daarby aansluit om die punt te verdien.

•     Indien die kandidaat antwoorde met Engelse woorde in gee, druk die Engelse woorde toe
      en kyk of dit die antwoord beïnvloed. Indien nie, sien die antwoord na. 'n Uitsondering is die
      Engelse terminologie of woordeskat in die voorgeskrewe werke.

•     Indien vergelyking, innerlike konflik, kontras, ooreenkoms, verskil, verband, ironie of
      verandering gevra word, verdien die kandidaat 1 punt indien slegs een kant korrek gestel
      word, bv. verskil in karakters en leerder dui een karakter se eienskap korrek aan, maar by
      tweede karakter verkeerde logiese verskil, verdien leerder slegs een punt en 2 punte indien
      albei kante gestel word. Indien die kandidaat se antwoord die verskil na beide kante
      omskryf, m.a.w. die een antwoord sluit beide kante in, word 2 punte toegeken.

•     Indien 'n verduideliking gevra word, moet die denkprosesse van die kandidaat gevolg word
      om te bepaal of die antwoord gegee is. Moenie slegs die eerste sin nasien nie. Indien 'n
      feitefout die argument beïnvloed of omvergooi, word daar nie verder gelees nie. Indien die
      feitefout onbenullig is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

•     By aanhalings moet opdragte uitgevoer word, byvoorbeeld EEN WOORD beteken slegs een
      woord. Dit kan uitgelig word (aanhalingstekens, hoofletters, geglim of onderstreep).

•     Indien die kandidaat twee of meer feite moet gee, kan dit in ('n) sin(ne) of met kolpunte
      gegee word. Sien eerste twee feite na ongeag horisontaal of vertikaal.

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              4                        DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS- Nasienriglyne

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN 'n BOS – Dalene Matthee
VRAAG                                   ANTWOORD                                              PUNT
1.1.1      grootvoete/dik bene/onse voorouers                                                   1
           (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.1.2      veertien/14                                                                            1

1.1.3      gal                                                                                    1

1.1.4      Knysna/die dorp                                                                        1
           (Enige EEN)

1.2        MacDonald het hom ...                                                                  1
           • met goodfors/goedere betaal.
           • in die skuld gehou (omdat hy nie wou betaal wat die hout eintlik werd is
             nie).
           • nog steeds vir sy vrou se kis laat betaal.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.3        Saul het ...                                                                           1
           • kans gekry om in die dorp te werk waar hy uitgevind het van die goud in
             die Bos.
           • baie geld gemaak uit die goud wat hy gedelf het.
           • geleer hoe om meubels te maak wat vir hom 'n inkomste kon bring.
           • die geleentheid gekry om 'n erf te koop sodat hy hout by die Bosmense
             kan koop.
           • bekend gestaan as 'n ryk man in Knysna se sosiale kringe.
           • betaling gekry vir sy harde werk deur later sy eie besigheid te besit.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.4.1      B/... het Saul as tiener al daarvan bewus gemaak dat die Bos deur                      1
           oorbenutting vernietig kan word.

1.4.2      D/... het Saul Engels leer lees en praat.                                              1

1.4.3      A/... het Saul leer meubels maak.                                                      1

1.4.4      E/... het geglo dat Oupoot nooit vir Saul sou uitgekies het as hy 'n verraaier         1
           was nie.

1.5        Saul sou ...                                                                           1
           • nie weer teruggekom het Bos toe nie.
           • met die Pictor weggevaar het.
           • nie weer vir Kate gesien het nie.
           • nie kon vrede maak met sy broer/Jozef nie.
           • nie 'n besigheid in die Bos/Knysna kon oopmaak nie.
           • nie kon afskeid neem van Oupoot nie.

  Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            5                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

           •   nie die Bosmense kon help nie.
VRAAG                                     ANTWOORD                                               PUNT
           •   nie gesien het hoe die Bos vernietig was nie.
           •   nie die bosmense (Martiens Botha) se vergifnis kon beleef nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.6        A/hy kon nie dat iemand anders vir Oupoot skiet nie.                                       1

1.7.1      vergelyking                                                                                1

1.7.2      Sanna ...                                                                                  1
           • was bang dat dit wat gebeur nie waar is nie.
           • kon nie glo dat Saul geld gehad het/vir haar aangebied het nie.
           • was bang dat sy nie die bontgoed, koffie en ander goed waarvan hy
             gepraat het, kon koop nie.
           • was 'n eenvoudige Bosvrou wat nie kon glo dat so iets met haar sou
             kon gebeur nie.
           • was soos alle Bosmense wat dit, wat nuut of onbekend was, wantrou
             het.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.8        Dit pas, want die Bosmense het ...                                                         1
           • niks versorg nie/die grafte net toegegooi.
           • nie duur items/geld besit om die grafte mee te versier nie/het gebruik
               wat hulle gehad het om blomme op die graf te sit/die blomme van die
               Bos gebruik om op die grafte te sit.
           • geen uitkenning/grafstene by die grafte gehad nie/se grafte was
               eenvoudig (want die meeste van hulle kon nie lees/skryf nie/het nie
               geboortedatums van die oorledenes geken nie).
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.9.1      woede oor                                                                                  1

1.9.2      Die Bosmense het ...                                                                       1
           • hom onregverdig behandel.
           • etikette om sy nek gehang wat nie regverdig was nie.
           • hom nie kans gegee om sy kant van die saak te stel nie.
           • geglo dat hy sleg/'n verraaier was, wat hy nie was nie.
           • geglo hy en Oupoot was verantwoordelik vir baie verkeerde dinge in die
              Bos waaraan hulle nie skuldig was nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 1.9.1 moet reg
               wees om die punt by VRAAG 1.9.2 te verdien.)

1.10       Saul stel 'n voorbeeld van ...                                                             1
           • vergifnis/vergewe en vergeet.
           • omgee vir die Bos/die Bosmense.
           • iemand wie se skuldgevoelens te sterk begin raak het en iets
             daaromtrent wou doen/dit beter maak.
           • iemand wat 'n positiewe verskil kan maak oor die skuldgevoelens wat

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               6                                    DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS- Nasienriglyne

               hy beleef het.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
VRAAG                                     ANTWOORD                                                           PUNT
1.11       •   Saul het Patterson Bos toe geneem.                                                              1
           •   Arend het gesterf nadat hy in 'n perdeskoen getrap het.                                         1
           •   MacDonald het vir Kate weggestuur Kaap toe.                                                     1
           •   Saul het jare lank goud gedelf.                                                                 1
               (Kandidaat verdien 'n punt vir elke gebeurtenis wat op die korrekte plek is.)

1.12.1     By Saul se skuiling in die Bos (waar hy gedelf het)./In die Bos.                                     1

1.12.2     •   Toe Saul vir MacDonald/Kate se pa gewerk het.                                                    1
           •   Toe Saul in MacDonald se skuur gebly het.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.13       B/die delwers geleer het om nie skade in die Bos aan te rig nie.                                     1

1.14       •   Saul het sy besluit (oor weggaan uit die Bos) geneem.                                            1
           •   Saul het vrede gemaak met sy besluit/met die wete dat hy nie alleen die
               Bos kan red nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.15       Die skrywer slaag daarin deur Kate ...                                                               1
           • se herhaling van " – jy hoort in die Bos. By die Bos"
           • se waarskuwings dat Saul se besluit om weg te hardloop hom later
              gaan inhaal.
           • se verwysing na sy verlange na die Bos in die tyd toe hy in die dorp
              gebly het/by MacDonald gewerk het.
           • se vermoë om hom te laat praat oor die Bos/om hom geleentheid te
              gee om oor sy hartseer oor die Bos te praat.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.16.1     vriendskap                                                                                           1

1.16.2     Kate kon ...                                                                                         1
           • reguit met hom praat/vir hom presies sê wat sy dink.
           • die harde waarheid met hom deel.
           • hom oortuig om sy besluite te heroorweeg.
           • hom herinner aan sy liefde vir die Bos en sy mense.
           • rustig langs hom sit om oor die sake te praat.
           • haar vrese met hom deel.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 1.16.1 moet
               reg wees om die punt by VRAAG 1.16.2 te verdien.)
           OF
           Saul ...
           • het met Kate gesels oor sy innerlike gevoelens/bekommernisse/vrese/
              moedeloosheid.
           • noem haar "my liewe Kate".
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 1.16.1 moet
               reg wees om die punt by VRAAG 1.16.2 te verdien.)

  Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS- Nasienriglyne

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                         DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                      ANTWOORD                                         PUNT
1.17       Kate het toe sy die eerste keer met Saul oor die Bos gepraat het, geglo            2
           dat ...
           • alles daar idillies is.
           • olifante geen gevaar vir mense ingehou het nie/daar nie werklik olifante
              in die Bos was nie.
           • die Bosmense soos die dorpsmense geleef het.
           • dit 'n mooi, vriendelike plek was.
           • Bosmense nie kon praat nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

           Kate het nou geweet dat ...
           • die Bosmense regtig die Bos uitgeroei het.
           • olifante gevaarlike diere was.
           • die Bosmense 'n sukkelbestaan gevoer het/bygelowig was.
           • vreemdelinge nie welkom in die Bos was nie/nie vriendelik ontvang was
              nie.
           • die Bosmense moeilike lewens gehad het.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.18       Ek sou ...                                                                            1
           • nie die tyd saam met Kate deurgebring het nie.
           • na Kate geluister het en my planne verander het.
           • Kate toegelaat het om my te oortuig van my liefde vir die Bos.
           • besef het dat ek lief was vir Kate en moes bly ter wille van haar.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.19.1     Saul ...                                                                              1
           • kon van die dinge van die Bos leer.
           • se ma het hom leer lees en skryf.
           • en Jozef kon dinge saam gedoen het.
           • het nie geweet van die vooroordele van die dorpsmense nie/was
             beskerm teen die wreedheid van die dorpsmense.
           • en sy familie het in vrede saamgeleef.
           • kon bewondering vir sy pa en ma hê oor alles wat hulle kon doen en
             hom leer.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.19.2     Saul het ...                                                                          1
           • besluit dat hy nie 'n pad gaan loop wat nêrens uitkom nie.
           • besluit dat hy uit die skewe sirkel gaan uitkom.
           • besluit dat hy 'n suksesvolle lewe buite die Bos vir homself gaan skep.
           • geweet hoe om die Bosmense te help omdat hy hulle verstaan
             het/geweet het hoe hulle dink.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                       ANTWOORD                                         PUNT
1.20       Ek het geleer dat ...                                                               1
           • jou planne nie altyd uitwerk soos wat jy dink nie.
           • die wêreld klaar 'n plan vir jou het.
           • mense/situasies soms jou besluite beïnvloed/verander.
           • jou familie se behoeftes jou eie besluite verander.
           • as jy eers 'n liefde vir die Bos het, jy nie daarvan kan ontsnap nie.
           • harde werk beloon sal word.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
                                                                                              [35]

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver
VRAAG                                       ANTWOORD                                         PUNT
2.1.1      Gavin                                                                               1
2.1.2      hoekom/hoetom                                                                          1
           (Enige EEN)

2.1.3      proefbuisbaba/baba van 'n proefbuispa                                                  1
           (Enige EEN)

2.1.4      vyftiende                                                                              1
2.2        • Sy het gevoel dat hy die beste man vir Mana was./Hy was goed vir                     1
             Mana/die kinders/het Mana se kinders (Hanna/Tibo) aanvaar.
           • Hy was die beste man wat Mana nog ooit gehad het.
           • Hy het Hanna ondersteun met haar skryfwerk/verstaan.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.3.1      (In die huis/leefarea/sitkamer) op die berg/Botterberg/Beyers se vriend se             1
           huis.
           (Enige EEN)

2.3.2      Margot/Beyers se vorige vrou/Yann en Amos se ma.                                       1
           (Enige EEN)

2.4        B/nog net gehoor het wat 'n moeilike mens sy kan wees.                                 1
2.5.1      vergelyking                                                                            1
2.5.2      •   Beyers lyk ouer as Margot./Margot lyk jonger as Beyers.                            1
           •   Dit wys dat Beyers die verantwoordelikhede het wat hom ouer laat lyk,
               terwyl sy 'n sorgelose lewe in Amerika geleef het.
           •   Dit wys vir ons hoe verskillend Margot en Beyers werklik is.
           •   Dit beklemtoon dat Margot 'n baie ander leefstyl as Beyers het/beter na
               haarself kyk/bang was om oud te word.
           •   Dit is 'n fisiese uitbeelding van hoekom Beyers en Margot se huwelik
               nie gehou het nie.
           •   Dit beklemtoon Margot se oppervlakkigheid teenoor Beyers se
  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              10                                    DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS- Nasienriglyne

               egtheid/opregtheid.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
VRAAG                                        ANTWOORD                                                        PUNT
2.6.1      D/... het haar nie in tradisionele rolle ingedwing nie.                                             1

2.6.2      C/... het haar die waarde van groot gesinne laat raaksien.                                           1

2.6.3      E/... het haar die geleentheid gegee om uit haar daaglikse lewe te                                   1
           ontsnap.

2.6.4      A/... het haar aangemoedig om haar skryftalent uit te leef.                                          1

2.7        Die koningin/Margot het ...                                                                          1
           • vir Yann gevra hoeveel harte hy al gebreek het/daarop gesinspeel dat
              Yann 'n hartebreker was.
           • gesê Yann en Tibo was die hartebrekers, nie Tibo en Amos nie.
           • nie vir Amos enige kompliment gegee nie/by die motor met hom
              gepraat.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.8.1      sarkasties                                                                                           1
2.8.2      •   Dit is hoe Hanna op hierdie stadium oor haar gesin gevoel het.                                   1
           •   Voorbeelde kan gegee word, bv. Tibo en Amos is net irriterende
               kinders wat in haar goed krap./Yann doen niks anders as musiek luister
               nie./Mana gee slegs om oor kuns./Hanna ag haarself beter as haar
               gesin./Hanna het gevoel die mense in haar gesin is nie baie slim nie.
           •   Niks in haar gesin was vir haar goed genoeg nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 2.8.1 moet reg
               wees om die punt by VRAAG 2.8.2 te verdien.)

2.9        Mana het ...                                                                                         1
           • verstaan dat daar nie 'n ander tyd was vir Margot en Gavin om hulle
             kinders te kan sien nie.
           • ten spyte van moeilike omstandighede probeer om die familie
             bymekaar te hou/dinge saam te laat doen.
           • nie toegelaat dat haar eie idees/gevoelens die familie se tyd saam
             beïnvloed nie.
           • altyd die beste van 'n slegte situasie probeer maak.
           • probeer om almal gelukkig te hou/gemaklik te maak/te leer om
             verdraagsaam te wees.
           • geweet dat Hanna 'n maat/Sharon nodig het tydens die vakansie.
           • my gewys dat ek vriendelik moet wees met enige gaste wat opdaag.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.10       •   Die tweede koningin het 'n modderige aankoms op die berg gehad.                                  1
           •   Die gesin het 'n spesiale ete vir Hanna se verjaarsdag voorberei.                                1
           •   Die eerste koningin het gaan werk as 'n gaskunstenaar in 'n TV-reeks                             1
               in Johannesburg.
           •   Gavin het 'n diskodans op die kombuistafel uitgevoer.                                            1
               (Kandidaat verdien 'n punt vir elke gebeurtenis wat op die korrekte plek is.)

  Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS- Nasienriglyne

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                     ANTWOORD                                               PUNT
 2.11      Dit beteken dat ...                                                                     1
           • Hanna vir altyd lief gaan wees vir haar sussie.
           • Hanna altyd daar sal wees vir haar sussie.
           • sy haar sussie in alles sal help en bystaan sover sy kan.
           • hulle altyd vir mekaar sal sorg.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.12       Die gesin het gedink ...                                                                  1
           • sy was nou deel van die familie/nie meer 'n buitestaander nie.
           • dat sy nie werklik so gemaksugtig/lui is as wat sy voorgegee het nie.
           • dat sy 'n sterk vrou/heldin was.
           • haar ware karakter het nou eers gewys/sy is iemand wat aksie kan
              neem wanneer dit nodig is.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.13       Mana was ...                                                                              1
           • 'n eksentrieke/ongewone mens.
           • iemand wat haar eie reëls/gedagtes/idees gevolg het.
           • nie iemand wat voorgesê wou word nie.
           • iemand wat uniekheid waardeer.
           • iemand wat dit geniet om anders te wees/glo dit is sleg vir 'n mens se
             gesondheid om normaal te wees.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.14       Ek sou ...                                                                                1
           • eerder by my sussie wou wees.
           • deel wou wees van die vreugde.
           • daar wou wees vir my pa.
           • vir my ma wou dankie sê omdat sy gehelp het met die geboorte.
           • tyd saam met Mana wou deurbring.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.15       •   Die skrywer noem dat ...                                                              1
               o Tibo sy hemp vir die baba gegee het.
               o Tibo en Amos op die bed is/naby aan Mana en die baba/in Mana se
                  spasie is.
               o Amos gesê het dat dit die bontste baba is wat hy nog gesien
                  het/gelag het oor die bont baba.
           •   Die skrywer gebruik die woorde: "klouter"; "giggel"; "saamdrom"
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.16.1     positiewe                                                                                 1
2.16.2     As gevolg van Sharon se ouers kon ...                                                     1
           • Mana en Ditjie/die baba by 'n hospitaal uitkom (om ondersoek te word).
           • Margot betyds in Johannesburg kom (vir haar werk).
           • Sharon tyd kry om nog langer saam met Yann te kuier.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 2.16.1 moet
               reg wees om die punt by VRAAG 2.16.2 te verdien.)

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           13                        DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                    ANTWOORD                                           PUNT
2.17        Gewoonlik ...                                                                     2
            • was Mana se hare deurmekaar/was daar verfkwaste in Mana se
              hare/was daar iewers 'n blerts verf in haar hare.
            • het Mana vreemde klere aangehad/het sy klere/kleure gedra wat nie
              bymekaar pas nie/het sy klere met helder kleure gedra.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
            Hier ...
            • was Mana se hare netjies gevleg/was daar net hier en daar 'n krul wat
               uit haar vlegsel ontsnap het/was daar geen verfkwas/potlood in haar
               hare nie.
            • het sy Beyers se geruite pajamapak gedra.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.18        A/familiebande                                                                      1
2.19.1      Hanna het besef dat ...                                                             1
            • elkeen in haar gesin 'n rol het om te speel.
            • Yann se houding eintlik net 'n skans is (omdat hy seer het).
            • Amos en Tibo net aanvaar wil word/net wil voel dat hulle iewers
              behoort.
            • almal eintlik verlore op hul eie sou wees/hulle almal mekaar nodig het.
            • families tyd saam moet deurbring om mekaar beter te leer ken/te kan
              verstaan/te aanvaar.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.19.2      Hanna het besef dat ...                                                             1
            • sy nie nodig het om snaakse stories op te maak nie.
            • haar gesin genoeg materiaal verskaf vir haar om oor te kan skryf.
            • sy net haarself moet wees/nie 'n alter-ego nodig het nie.
            • haar gesin ongelooflik genoeg is om enige tipe roman oor te kan skryf.
            • sy nou 'n doel het om te skryf (Margot se aanmoediging).
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

2.20        Ek leer dat ...                                                                     1
            • ek my gesin/familie 'n kans moet gee.
            • 'n mens soms die minste moet wees in sekere situasies.
            • ek dankbaar moet wees vir wat ek het.
            • daar goeie en slegte tye in mense se lewens kom.
            • 'n mens afgesonder en eensaam raak as jy probeer wees wie jy nie is
               nie.
            • jy die foute wat jy gemaak het, moet aanvaar.
            • eerlikheid beter is as om voor te gee.
            • jy daar moet wees vir die mense wat jou die nodigste het.
            • jy nie mense moet oordeel op grond van wat ander mense van hulle
               sê/dink nie.
            • jy saam moet werk as daar 'n krisissituasie is.
            • almal verskillend optree in moeilike situasies.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

                                                                                                  [35]
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

VRAAG                                       ANTWOORD                                             PUNT
3.1.1      'n boek/navorsing                                                                       1
           (Enige EEN)

3.1.2      Salamanderbaai                                                                             1
3.1.3      (Oom) Matthys (Langhans)                                                                   1
3.1.4      drie/3                                                                                     1
3.2        Dit het haar laat terugdink aan die dag toe haar seun/Ronnie en                            1
           man/Vincent dood is/toe haar huis afgebrand het/toe sy alles verloor het
           waarvoor sy lief was/aan al die trauma in haar lewe/hele lewe verander
           het/verwoes is.
           (Of soortgelyk aan bogenoemde)

3.3        Ryna kon ...                                                                               1
           • aan Jacob verduidelik wie Ronnie en Vincent was.
           • verduidelik wat in die Kaap gebeur het/wat die eintlike rede is vir haar
              skuif na Salamanderbaai/Meeuland.
           • vertel dat sy eintlik Camilla Calvin is.
           • die waarheid oor haar verlede konfronteer.
           OF
           Jacob kon ...
           • begrip vir Ryna se pyn kry.
           • haar help om gesond te word.
           • Ryna beter verstaan.
           • simpatie met haar hê.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.4.1      onrealisties                                                                               1
3.4.2      Dit is onrealisties, want ...                                                              1
           • pyn is nie aan 'n spesifieke plek gekoppel nie.
           • die pyn wat 'n mens opgedoen het, leef saam met jou, selfs op
               Meeuland.
           • die pyn kan op enige plek/tyd weer sy kop uitsteek.
           • 'n mens kan nie weghardloop van die pyn van die verlede nie.
           • 'n insident roep al jou pyn weer op.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 3.4.1 moet reg
               wees om die punt by VRAAG 3.4.2 te verdien.)

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              15                                    DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                           ANTWOORD                                                     PUNT
3.5        Op Meeuland ...                                                                                     2
           • was die brand klein/slegs in een kamer.
           • het sy vinnig besef dat daar gevaar is.
           • was sy alleen by die huis.
           • kon sy hulp kry om die brand te blus/het Jacob haar dadelik gehelp.
           • was die brand nie opsetlik veroorsaak nie.
           • het niemand in die brand gesterf nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

           In die brand waaraan sy gedink het, ...
           • was die meeste van die huis aan die brand toe sy daar aangekom het.
           • was dit te laat vir haar om die brand te blus/hulp te kry.
           • was haar man (Vincent) en haar seun (Ronnie) in die brand/huis.
           • is die brand opsetlik deur Vincent/Skalla begin.
           • het haar man en haar seun verbrand.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.6.1      B/... het vir Ryna gehelp om haar blyplek op Meeuland reg te maak.                                   1
3.6.2      D/... was verlief op Ryna, maar het haar nie gedwing om sy liefde te                                 1
           aanvaar nie.
3.6.3      C/... het belowe om saam met Ryna en nog ʹn ander persoon die geheim                                 1
           oor wie Janka se pa is te bewaar.
3.6.4      E/... het saam met Ryna Janka se terapiesessies bygewoon.                                            1
3.7        D/... die instink om jou geliefdes te beskerm.                                                       1
3.8        Mense wat trauma ervaar, ...                                                                         1
           • ontsnap nooit werklik uit dit wat hulle deurgemaak het nie.
           • kan maklik terugval in die gebeure wat hulle trauma veroorsaak het.
           • herleef soms dit wat met hulle gebeur het as iets hulle daaraan
             herinner.
           • vergeet nie maklik wat met hulle gebeur het nie.
           • sukkel soms om aan te beweeg van dit wat hulle trauma veroorsaak
             het.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.9.1      In haar huis in die Kaap/waar sy, Vincent en Ronnie gebly het.                                       1
           (Enige EEN)

3.9.2      Skalla/Schalk (Blankenberg)                                                                          1
           (Enige EEN)

3.10       •   Ryna se boek is klaar en sy het drie maande op Meeuland oor.                                     1
           •   Ryna gaan woon by Doreen Bindeman-hulle.                                                         1
           •   Elsabet vaar na Meeuland op die Shiela Song 2 en verdrink.                                       1
           •   Janka wag vir Kersvader en word raakgeskiet.                                                     1
               (Kandidaat verdien 'n punt vir elke gebeurtenis wat op die korrekte plek is.)

  Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                       ANTWOORD                                             PUNT
3.11       Ousanna was bewus ...                                                                   1
           • daarvan dat Skalla wou gehad het Reggie moet kreef vir hom stoor.
           • van Skalla se betrokkenheid by Langhans se rooi koekies.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.12       B/nie geweet het wie nou regtig die waarheid praat nie.                                   1
3.13       Ek sou ...                                                                                1
           • die waarheid gepraat het/die polisie gehelp het.
           • geweet het dat Ousanna die waarheid weet en nie teen haar gaan
              nie/na Ousanna geluister het.
           • vir my broer gesê het om met die waarheid uit te kom/my broer
              uitgelewer het en hom daarna probeer help het.
           • alles wat ek van Skalla geweet het met die sersant deel.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.14.1     onheil                                                                                    1
3.14.2     Ousanna het...                                                                            1
           • Sheila se selfdood voorspel.
           • Elsabet se verdrinking sien kom.
           • gesien dat daar trane rondom Janka gaan wees/die geheim van Janka
             geken.
           • Doreen se ontrouheid gesien.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 3.14.1 moet
               reg wees om die punt by VRAAG 3.14.2 te verdien.)

3.15.1     vergelyking                                                                               1

3.15.2     •   Ousanna is blind, maar kon tog die verlede en die toekoms "sien".                     1
           •   Ousanna se gawe om te kan "sien" sonder haar oë/te weet wat nog
               gaan gebeur in die toekoms.
           •   Al kan Ousanna nie sien nie, kon sy steeds voorspel wat met Skalla
               gaan gebeur.
           •   Al is Ousanna fisies blind, word die kyk in haar oë vergelyk met iemand
               wat tog alles sien.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.16       Skalla ...                                                                                1
           • se slegte dinge gaan hom inhaal.
           • se verkeerde dade gaan sy dood veroorsaak.
           • gaan nie meer kan wegkom van sy donker verlede/verkeerde dade nie.
           • gaan doodgaan.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                        DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                      ANTWOORD                                        PUNT
3.17        Die skrywer noem dat Ousanna ...                                                 1
            • angstigheid beleef het oor wat met Skalla gaan gebeur.
            • lief was vir Skalla/vir hom omgegee het/bekommerd was oor wat met
               hom gaan gebeur/geweet het sy kan nie sy dood keer nie.
            • geweet het van die hartseer wat Schalkie/Skalla vir Hermanus
               veroorsaak het.
            • besef het dat die gebeure wat kom weer vir Hermanus gaan seermaak.
            • jammer gevoel het vir haar vriend wat nou weer deur trauma gaan
               moet werk.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.18        Billy ...                                                                           1
            • het vir die sersant gesê dat hy hom moet vertrou, maar hy was eintlik 'n
                onbetroubare mens.
            • wou nie voor die ander met die sersant praat nie/probeer sy gesprek
                met die sersant 'n geheim hou/tree agterbaks op.
            • het sleg van ander gepraat, sodat hy uit die moeilikheid kon bly.
            • het homself met mooipratery/slinksheid uit die moeilikheid probeer hou.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.19.1      Ryna het ...                                                                        1
            • die babatjie by Jannerik geneem en versorg/'n toekoms gegee.
            • Janka as baba versorg.
            • tyd saam met Daniel/Donovan deurgebring.
            • Jannerik/Elsabet onder haar vlerk geneem.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.19.2      Ryna het ...                                                                        1
            • heel/gesond geword.
            • nuwe liefde gevind/'n nuwe familie/nuwe vriende gehad.
            • mense wat sy kon versorg/na wie sy kon omsien/vir wie sy lief kon
              wees, ontmoet/sonder geheime geleef.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.20        Ek het geleer dat ...                                                               1
            • ek mense en hul situasies moet verstaan.
            • almal op een of ander stadium hulp en bystand nodig het.
            • dit goed kan wees vir my om ander te help/ek self gesond kan word as
               ek ander mense bystaan in moeilike situasies.
            • almal/selfs die sterkste mense iemand nodig het om hulle by te staan.
            • bystand partykeer al is wat nodig is om mooi vriendskappe/
               verhoudings te begin.
            • ek nie nodig het om mense goed te ken/van mense te hou om hulle te
               help nie.
            • ek altyd moet uitkyk vir die mense wat voorgee dat hulle die
               gelukkigste lewe het.
            • vriendelikheid en omgee 'n mens niks kos nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

                                                                                            [35]
  Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             18                                DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

VRAAG                                         ANTWOORD                                               PUNT
4.1.1       twaalf/12                                                                                  1

4.1.2       oorsee/weg                                                                                    1
            (Die kandidaat kan ook spesifieke plekke/lande noem, bv. Londen/Skotland/Japan/Praag/
            Rusland/ Noorweë wat Lien wou besoek. Let op Engelse name.)

4.1.3       Tibbey                                                                                        1

4.1.4       fancy/mooi/netjies/deftig                                                                     1
            (Enige EEN)

4.2         Lien se pa het ...                                                                            1
            • in die tronk beland.
            • geld (by die werk) gesteel/verduister/bedrog gepleeg.
            • sy gesin agtergelaat/gelos om vir hulleself te sorg/hulle in 'n moeilike
               lewe ingedwing.
            • hulle weggeruk van/uit 'n gemaklike lewe/hulle in 'n finansiële krisis
               gedompel.
            • veroorsaak dat die ma drink/haar werk/inkomste verloor.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.3         D/sy kon die geld kry wat sy vir die gesin nodig gehad het.                                   1

4.4         Lien se ma het ...                                                                            1
            • die heeltyd na klipharde musiek geluister.
            • nie meer klavier gespeel nie.
            • soms na musiek geluister met oorfone aan en Lien kon haar dan nie
               bereik nie.
            • haar afgesluit van die werklikheid en was daarom afwesig/haar onttrek
               van die kinders/haar moederlike pligte.
            • gereeld gedrink.
            • al haar geld op drank eerder as kos/huur uitgegee/nie vir haar kinders
               ordentlike kos gegee nie.
            • later haar werk verloor/veroorsaak dat Lien die ma in die huis moes
               wees.
            • Lien heeltyd laat wonder of sy by die werk was of nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.5.1       E/... het Lien uitgedaag om meer betrokke by die skoolaktiwiteite te wees.                    1

4.5.2       C/... was van die begin af 'n ware steunpilaar in Lien se deurmekaar lewe.                    1

4.5.3       A/... het vir Lien uitgewys dat daar verskillende maniere is om geld te                       1
            verdien.

4.5.4       B/... het die inisiatief geneem om 'n mooi vriendskap met Lien te begin.                      1

  Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                               DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                       ANTWOORD                                               PUNT
4.6         In hulle woonstel gaan die atmosfeer ...                                                 2
            • gespanne/ongelukkig/hartseer/negatief/stram/somber/koud/liefdeloos/
                droewig/ongesellig/frustrerend wees.
            • een van alleen-wees/eensaamheid wees.
            • skuldgevoelens bring omdat iemand anders vir hulle gesin moet sorg.
            • een van bekommernis wees oor haar afwesige ma/haar ma se
                drinkery.
            • een van irritasie wees omdat sy na Brahms moet luister terwyl sy
                huiswerk doen.
            • een van irritasie wees met Braam wat haar glad nie wil help nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

            Die atmosfeer in die ander mense se huise gaan ...
            • ontspanne/gelukkig/positief/gemaklik/warm/liefdevol/gesellig/plesierig
               wees.
            • huislik/ordelik/georganiseerd/volgens plan/roetine wees.
            • een wees van saam dinge doen/lekker dinge doen (bv. televisie kyk)/as
               gesin saam wees.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.7.1       waardevol                                                                                  1

4.7.2       Lien het ...                                                                               1
            • Roos se raad ter harte geneem.
            • vir haar nuwe/gemakliker/sagte/ander skoene gaan koop.
            • besef dat sy by die bedelomgewing moet inpas.
            • langer ure in hierdie skoene kon bedel.
            • gevoel haar voete was nie so seer soos in die ander skoene nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 4.7.1 moet reg
               wees om die punt by VRAAG 4.7.2 te verdien.)

4.8         Die skrywer ...                                                                            1
            • gebruik "en" in plaas van kommas om die skoene in detail te beskryf.
            • beskryf die skoene in detail (deur die goeie kwaliteite daarvan bv. sag,
               gemaklik, goedkoop uit te lig.)
            • gebruik die "en" om die leser se aandag op die beskrywing van die
               skoene te fokus.
            • herhaal die woord "skoene".
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Direkte aanhalings word nie aanvaar
               nie.)

4.9         Die vrou het ...                                                                           1
            • Lien as klant in ag geneem.
            • besef dat sy nog iets vir die dag kon verkoop.
            • vir Lien gehelp, al was sy moeg/haar werksdag verby.
            • Lien gehelp al was dit toemaaktyd/sy besig om die winkel toe te maak.
            • gesien dat Lien onseker was.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

  Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               20                                    DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                            ANTWOORD                                                     PUNT
4.10        Ek sou ...                                                                                          1
            • die grootmense/mense wat my wou ondersteun om hulp gaan vra het.
            • hulp by die kerk/Kuifie gaan soek het.
            • 'n besigheid probeer begin het.
            • 'n ander werk gesoek het.
            • los werkies vir mense gedoen het om geld te verdien.
            • kinders opgepas het.
            • my ma tot verantwoordelikheid roep.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.11        •   Lien se ma het dronk by die skool opgedaag.                                                      1
            •   Sproet het Lien by die verkeerslig opgelaai.                                                     1
            •   Kuifie het Lien by haar bedelplek herken.                                                        1
            •   Lien het by haar ma in die kliniek gaan kuier.                                                   1
                (Kandidaat verdien 'n punt vir elke gebeurtenis wat op die korrekte plek is.)

4.12.1      •   In die skoolsaal/In Hoërskool Jakaranda se skoolsaal                                             1
            •   By Hoërskool Jakaranda
            •   By (Lien se/die) skool/konsert/dramaopvoering/toneelopvoering
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.12.2      (Na) Roos se dogter                                                                                  1

4.13        •   In die Naspel dra Lien 'n T-hemp waarop daar "...uks Drama" staan.                               1
                (Verwysend na TUKS drama)
            •   Lien het na matriek drama gaan studeer.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.14        C/armoede                                                                                            1
4.15.1      waardeer het                                                                                         1
4.15.2      •   Roos het vir Lien goeie raad gegee/baie lesse geleer.                                            1
            •   Roos se advies oor die skoene en plakkaat het Lien gehelp met die
                bedel.
            •   Roos het Johnny (herhaaldelik) van Lien se bedelplek af weggejaag.
            •   Lien kon sien dat Roos ontsteld was dat sy vir 'n ruk nie kom bedel het
                nie/nie vir haar gesê het dat sy nie meer gaan bedel nie.
            •   Roos het gebruik gemaak van die uitnodiging om Lien se opvoering by
                te woon./Lien was nie skaam om haar bedelaarsvriende uit te nooi nie.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 4.15.1 moet
                reg wees om die punt by VRAAG 4.15.2 te verdien.)

4.16.1      metafoor                                                                                             1
4.16.2      •   Roos het (baie) pienk klere gedra.                                                               1
            •   Roos se pienk uitrusting lyk soos ʹn (baie) pienk malvalekker/
                marshmallow.
            •   Die pakkie is so pienk dat Lien die pakkie op 'n afstand en in die
                donker kon raaksien, want dit lyk soos 'n marshmallow.
            •   Dit skep 'n beeld van hoe pienk Roos se uitrusting/klere/pakkie werklik
                was.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
  Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             21                                DBE/Mei/Junie 2024
                                           SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                        ANTWOORD                                                 PUNT
4.17        •   Roos het geweet dat hulle eintlik nou afskeid neem.                                     1
            •   Roos was hartseer/het nie geweet wat om te sê nie.
            •   Roos se aksies is tipies van iemand wat eintlik nie emosies wys/weet
                hoe om haar emosies uit te druk nie.
            •   Dit was Roos se manier van afskeid neem./Roos was altyd kortaf/het
                min gepraat./Dit was 'n liefdevolle gebaar/gebaar van
                vriendskap/aanvaarding.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.18        Lien het Valetjie gesien as iemand wat ...                                                    1
            • nie interessant/belangrik is nie/altyd in die agtergrond/
               onopvallend/vervelig/droog is/'n kleurlose persoonlikheid het.
            • nie 'n groot indruk op haar gemaak het nie.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Fokus op die figuurlike betekenis van die
                woord binne die konteks van die vraag.)

4.19.1      Lien het ...                                                                                  1
            • haar ma in die kliniek besoek.
            • begrip gekry vir haar ma se swaarkry.
            • haar pa in die tronk besoek.
            • na haar pa se kant van die bedrogsaak geluister.
            • haar ouers vergewe.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.19.2      Lien ...                                                                                      1
            • het nou 'n kans gehad om meer aandag aan haar skoolwerk te gee
               (sodat sy matriek goed kon slaag).
            • sou nie universiteit toe kon gaan as sy aanhou bedel het nie/sou nie
               haar droom om drama te studeer, kon navolg nie.
            • se ma het nou weer 'n inkomste gehad/kon nou weer haar
               verantwoordelikhede self nakom.
            • het nou weer kans gehad om tyd saam met haar vriende deur te
               bring/kon fokus op haar verhouding met Hein.
            • het nou weer 'n positiewe uitkyk op die lewe gehad/weer passie vir die
               lewe gehad.
            • het haar besluit om oorsee te gaan, heroorweeg.
            • was nie meer op straat nie.
            • en haar gesin is deur die kerk gehelp met hulle finansies/het nie meer
               nodig gehad om planne te maak vir finansies nie.
            • kon ander werk doen, soos om kinderoppasser te wees.
            • was nou veilig en sou nie as prostituut gesien word nie.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

  Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS- Nasienriglyne

VRAAG                                       ANTWOORD                                             PUNT
4.20       Ek leer dat ...                                                                         1
           • ek op 'n eerlike manier geld kan maak.
           • 'n mens soms dinge moet doen wat jy andersins as benede jouself sou
              ag/jy soms besluite moet maak wat die situasie regverdig.
           • ek hulp in moeilike situasies moet aanvaar/daar altyd mense is wat jou
              kan/wil help.
           • daar goeie en slegte tye in mense se lewens kom.
           • goeie vriendskappe gevorm kan word as jy om hulp vra/saam met
              iemand deur moeilike situasies gaan/gedeelde probleme vriendskappe
              kan vorm.
           • daar altyd iets is om te doen aan die situasies waarin jy jouself
              bevind/jy nie op 'n hopie moet gaan sit en jouself bejammer nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

                                                                                                  [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               35

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 5: POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

VRAAG                                       ANTWOORD                                             PUNT
5.1.1       Hannie                                                                                 1
5.1.2       gesê/aangesê/gedwing/geforseer/opdrag gegee/beveel                                        1
            (Enige EEN)

5.1.3       papiere/passe/paste/permitte                                                              1
            (Enige EEN)

5.1.4       melkery/dairies/melkplaas/fabriek                                                         1
            (Enige EEN)

5.2         Die regering/wet/munisipaliteit/polisie/weermag/goewerment/owerhede                       1
            (Enige EEN)

5.3         Poppie was met 'n Xhosa(-man)/Stone/'n man van Ciskei getroud.                            1
            (Enige EEN)

5.4.1       bekommerd                                                                                 1
5.4.2       Poppie was bekommerd ...                                                                  1
            • oor die grafte wat sy moes agterlaat.
            • dat daar niemand gaan wees om die grafte te versorg nie.
            • oor haar verlede wat sy hier moes agterlaat.
            • want sy het baie vrae oor alles gevra.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 5.4.1 moet reg
               wees om die punt by VRAAG 5.4.2 te verdien.)

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
