# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2024, 22 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/85c64a13-cc35-4900-82b1-2efd780cc1b2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/85c64a13-cc35-4900-82b1-2efd780cc1b2)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 MEI/JUNIE 2024

                                NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 100

              Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye en 4 rubrieke.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              2                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke soos volg:

          AFDELING A:          VRAAG 1            OPSTEL
          AFDELING B:          VRAAG 2.1          INFORMELE BRIEF
                               VRAAG 2.2          FORMELE BRIEF (Klagtebrief)
                               VRAAG 2.3          HULDEBLYK
                               VRAAG 2.4          DIALOOG
          AFDELING C:          VRAAG 3.1          PLAKKAAT
                               VRAAG 3.2          DAGBOEKINSKRYWINGS
                               VRAAG 3.3          INSTRUKSIES

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
          senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
          inhoud aangeslaan word.

          Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit ook met die senior nasiener bespreek word.

4.        Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste vaardigheidsvlak.

5.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van
          'n skryfstuk gebruik.

6.        VRAAG 1.6 – 1.8
          • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
            steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
            of argumenterend wees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              3                        DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

  SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

  Die volgende simbole/tekens moet deur alle provinsies gebruik word:

       VERDUIDELIKING                   SIMBOLE/TEKENS                   BESKRYWING
Woordorde                                     (      )          Hakies en pyltjie
Spelfout                                          =             Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse                                         /            Haal met 'n streep deur
Tydfoute                                 T (in die kantlyn)     Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                                ^             Weglaatteken
Taalfoute                                      _____            Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                                 //            Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin                   [             Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie-                        X             Trek 'n X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde:
- Standaardafrikaans bly die
   norm.
- Gebruiksafrikaans moet
   vermy word.
- Aanvaar terminologie
   waarvoor Afrikaans nog nie
   ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies             ✓ (bo die woord)      Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                                idees of uitdrukkings.
Herhaling                                hh (in die kantlyn)    Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar                 ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel                 Vr (in die kantlyn)    Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                         O            Omkring

  NEERSKRYF VAN PUNTE

  1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

  2.        Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
            VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
            AFDELING A:        INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                               REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)

            AFDELING B:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
                               TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)

            AFDELING C:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
                               TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)

  3.        •   Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.
            •   Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
                bv. KNAP hoog.
            •   Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
                neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
                Inhoud en Beplanning.

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              4                        DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          •   In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering
              sowel as Struktuur gevolg.
          •   In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
              Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg.

4.        Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
          Dis 'n hulpmiddel.

5.        Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.

6.        Skryf die punte soos volg neer:

     AFDELING A              Kode             Punt          AFDELING B      Kode            Punt
         IB            Knap (K) +              22               IBF      Gemiddeld (G)       9
        TSR            Uitsonderlik (U) -      13              TSR       Elementêr (E)       5
          S            Knap (K)                4            TOTAAL:                          14
     TOTAAL:                                   39

                                                            AFDELING C      Kode            Punt
                                                                IBF      Gemiddeld (G)       7
                                                               TSR       Elementêr (E)       3
                                                            TOTAAL:                          10

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.

LET WEL:      Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
              rubrieke maak daarvoor voorsiening.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              5                    DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: OPSTEL

1.1        EK HET MY SELFOON VERLOOR!

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse dat hy/sy
         sy/haar selfoon verloor het.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe
         hy/sy gevoel het toe hy/sy die selfoon verloor het.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                          [50]

1.2        DIÉ PERSOON SAL EK ALTYD ONTHOU

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n
         persoon wat hy/sy altyd sal onthou.
      o Verhalende opstel: Hier kan die kandidaat ook vertel van 'n episode/situasie/
         gebeurtenis waarby 'n persoon betrokke was wat gemaak het dat die kandidaat
         hierdie persoon altyd sal onthou.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die redes
         waarom hy/sy 'n spesifieke persoon altyd sal onthou.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                          [50]

1.3        EK WENS ...

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van dinge
         waarvoor hy/sy wens/nie wens nie. Die kandidaat kan ook vertel van iets wat
         gebeur het en dan aan die einde eers sê dat hy/sy wens dat dit nie gebeur het
         nie/anders was.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse
         waarvoor hy/sy wens.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die hele
         gedagte van wens/hoe jou lewe anders sou wees as wense waar sou word.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              6                         DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

1.4        EK HET DIE REG OM TE SÊ WAT EK WIL

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n
         standpunt in, nl. dat hy/sy die reg het om te sê wat hy/sy wil en motiveer die
         standpunt.
      o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
         opstel of hy/sy die reg het om te sê wat hy/sy wil. Die kandidaat mag uiteindelik
         'n standpunt inneem.
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van 'n
         insident(e) waar hy/sy gesê het wat hy/sy wou en wat die gevolge daarvan was.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n
         insident(e) waar hy/sy gesê het wat hy/sy wou en wat die gevolge daarvan was.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die idee van
         vryheid van spraak.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

1.5        HELPENDE HANDE

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van hoe
         mense mekaar help.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n interessante wyse 'n
         insident(e) wat hom/haar laat besef dat ons mekaar se hulp nodig het.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die waarde
         van mense wat mekaar help.
      o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
         opstel of hulp aan ander altyd net 'n goeie ding is. Die kandidaat mag uiteindelik
         'n standpunt inneem.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

VISUELE PRIKKELS

•     Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
      onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
      kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer
      dit by die prikkel aansluit.
•     Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              7                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

1.6        PRENTJIE: MENS OP 'N ROTS

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
      o Letterlike interpretasie: iemand wat tot bo geklim het; bergklim vir
         ontspanning/as tydverdryf; goeie oefening; fisiese oorwinning/eerste gekom,
         ens.
      o Figuurlike interpretasie: 'n oorwinning na terugslae/uitdagings oorkom; die
         persoon sien homself as 'n wenner; my rots in die lewe; prestasie/sukses;
         ekstase; ek het my doel bereik, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

1.7        PRENTJIE: BOS SLEUTELS

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
      o Letterlike interpretasie: 'n bos sleutels; ons moet deesdae alles toesluit;
         verskillende sleutels; hou jou sleutels bymekaar, ens.
      o Figuurlike interpretasie: sleutels maak deure vir jou oop/ontsluit jou toekoms;
         die sleutels na jou hart; ons kruip weg agter geslote deure; my hande is afgekap
         sonder my sleutels; dit is wat die lewe geword het om veilig te bly, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

1.8        PRENTJIE: TWEE JONGMENSE MET 'N BALLON IN DIE VORM VAN 'N
           HARTJIE

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
      o Letterlike interpretasie: jong liefde; danskompetisie; liefde; verrassing; 'n
         spesiale oomblik/funksie, ens.
      o Figuurlike interpretasie: liefde oorwin alles; ou liefde roes nie; geloof, hoop,
         liefde; my hart klop in my keel; bloeiende harte; liefdessimbole, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              8                      DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

2.1       INFORMELE BRIEF

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouma om te vertel van die
          werk wat die kandidaat gekry het en waarom hy/sy so gelukkig is daaroor.

          KENMERKE

          •   Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is informeel.
          •   Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om te vertel van die nuwe
              werk, hoe die kandidaat daaroor voel en hoekom.
          •   Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
          •   Die informele brief behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
          •   Gepaste detail brei die idees uit.
          •   'n Gepaste groet.

          FORMAAT
          Die formaat van die brief moet korrek wees.
          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
          • Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
          • Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2024.
             Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of
             nie.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
          Die aanhef, doel, afsluiting en slot
          • Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
             geskryf.
          • Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
          • Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou kleinkind/kleinseun/
             kleindogter en die naam oopgelaat nie.
          • Die omskrywing, bv. Jou kleinkind/kleinseun/kleindogter voor die
             briefskrywer se naam is opsioneel.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          Die paragrawe

          •   'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
          •   Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
              die briefskrywer met die ouma wil gesels oor die werk wat hy/sy gekry het
              en dat hy/sy baie gelukkig is daaroor.
          •   Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
              vertel in detail van die werk en die redes waarom hy/sy gelukkig is.
          •   Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.

         Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

          Kerkstraat 1                 Posbus 88            Huis 342   Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad         Pleknaam             Pleknaam   Pleknaam
          Pleknaam                     Kode                 Kode       Kode
          Kode

           Rusthof                Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
           Pleknaam               Westdene
           Kode                   Kode

          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
          van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
          en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
          Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)

          Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
          aanvaar nie.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik, dog hoflik.
          •   Die toon is vriendelik.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat die skryfstuk vereis.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             10                        DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.2       FORMELE BRIEF

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n klagtebrief aan die bestuurder van die supermark
          waarin hy/sy kla oor dinge by die supermark waarvan hy/sy nie hou nie.

          KENMERKE

          •   Die formele brief se formaat is herkenbaar.
          •   Die aanslag is formeel.
          •   Die doel van hierdie formele brief is om te kla oor dinge waarvan die
              kandidaat nie by die supermark hou nie.
          •   Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
          •   Die formele brief behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die kern van die brief handel oor dinge by die supermark waarvan die
              kandidaat nie hou nie.
          •   Die inhoud van die brief moet die fokus/kern ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee en dit sluit
              aan by die feit dat sekere dinge by die supermark die kandidaat pla.
          •   Gepaste detail brei die idees uit.

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees, daar moet twee adresse wees.

          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
          • Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
             word nie.
          • Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2024.
             Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
          • Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
          • 'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger s'n
             oopgelaat.
          • 'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
             brief oopgelaat.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             11                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          Die aanhef, doel, afsluiting en slot
          • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
          • Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
             geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.
          • Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.
          • Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken.
             Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
          • Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
             uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.
          • Die hoedanigheid van die briefskrywer word onder die handtekening
             uitgeskryf.

          Die paragrawe
          • 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
          • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
          • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
          • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.

         Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
          Kerkstraat 1                 Posbus 88            Huis 342   Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad         Pleknaam             Pleknaam   Pleknaam
          Pleknaam                     Kode                 Kode       Kode
          Kode
           Rusthof                Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
           Pleknaam               Westdene
           Kode                   Kode
          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
          van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
          en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
          Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)

          Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
          aanvaar nie.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die bestuurder van die
              supermark word as ''u/jy'' aangespreek.
          •   Die toon is saaklik, bekommerd.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             12                         DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.3       HULDEBLYK

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir 'n onderwyser wat jare lank ekstra klasse
          in Afrikaans by sy/haar huis aangebied het en nou aftree.

          KENMERKE

          •   Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is formeel en waarderend.
          •   Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die onderwyser se
              lewe te vereer en die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te
              lig.
          •   Die waardering moet in die verlede tyd geskryf word en die goeie wense
              in die teenwoordige of toekomende tyd.
          •   Die mense wat die afskeidsfunksie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die
              onderwyser kry.
          •   Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
          •   Gepaste detail brei die idees uit:
               o Bekendstelling van die onderwyser
               o Oorsig oor die jare wat hy/sy ekstra klasse aangebied het
               o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy baie leerders gehelp het
               o Waardering vir die onderwyser se bydrae oor die jare
               o Die onderwyser word voorspoed toegewens
          •   Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

         FORMAAT

         •    Opskrif
              Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.

         •    Inleidende paragraaf
              Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet
              ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee
              die rede vir die samekoms.

         •    Paragraaf 2
              Die volgende besonderhede van die onderwyser kan gegee word: naam
              en van, jare diens en oorsig oor sy/haar bydrae tot onderwys.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             13                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

         •    Paragraaf 3 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en
              staaltjies van die onderwyser se lewe bevat. Dit word in verskillende
              daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
              oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker wens die onderwyser hier of in die
              slotparagraaf voorspoed toe met sy/haar aftrede.

         •    Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die onderwyser se
              bydrae oor die jare. Die spreker moet die onderwyser hier of in een van die
              ander paragrawe voorspoed toewens.

         TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

         •    Die toon is formeel, dog vriendelik en waarderend.
         •    Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
         •    Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat die huldeblyk vereis.
         •    Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                              [30]

2.4       DIALOOG

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma oor die
          kandidaat se plan om sy/haar eie blyplek te kry.

          KENMERKE

          •   Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
          •   Die aanslag is informeel, dog hoflik.
          •   Die doel van die dialoog is om te gesels oor die kandidaat se plan om
              sy/haar eie blyplek te kry, terwyl die ma nie baie van die idee hou nie.
          •   Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
          •   Die taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             14                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.
          •   Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
              o Wat die kandidaat se plan is
              o Hoekom die kandidaat sy/haar eie blyplek wil kry
              o Die kandidaat se ma se opinie oor die saak
              o Die besluit waartoe die kandidaat en sy/haar ma kom
         •     Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word.

          FORMAAT

          •   Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan
              die linkerkantlyn.
          •   Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.
          •   Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.
          •   Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
          •   Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.
          •   Spreekbeurte is in blokvorm.
          •   Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.
          •   Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde
              geskryf, waar dit toepaslik is. Dit word nie met hoofletters geskryf nie.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon getuig van eerlikheid en openhartigheid.
          •   Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat hierdie dialoog vereis.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne word korrek en/of funksioneel gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.
              o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
                 teks.
              o Vermy slordige taal, sleng en sms-taal.                                          [30]

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
                                                                TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             15                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

3.1       PLAKKAAT

          FOKUS

          Die kandidaat ontwerp 'n plakkaat om sy/haar dienste om mense se inkopies
          te doen en af te lewer, te adverteer.

          KENMERKE

          •   Die plakkaat het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is oorredend/manipulerend.
          •   Die doel van hierdie plakkaat is om mense te oorreed om die kandidaat se
              dienste te gebruik.
          •   Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat nie self hulle inkopies
              kan/wil doen nie.
          •   Die nodige inligting word in die plakkaat gegee.
          •   Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.
          •   Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
          •   Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
              o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en
                 lettergroottes.
              o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
                 interessante inhoud en uitleg.
              o Hierdie plakkaat moet 'n begeerte by die leser wek om die kandidaat
                 se dienste te gebruik.
              o As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die
                 kandidaat se dienste gebruik. Die plakkaat moet hierdie aksie
                 vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te
                 verskaf.
          •   Die plakkaat behoort 80–100 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die plakkaat moet die fokus ondersteun.
          •   Die volgende inligting behoort in die plakkaat gegee te word:
              o Wie is die teikengroep?
              o Wie lewer die diens?
              o Wat sluit die dienste in?
              o Wanneer is die dienste beskikbaar?
              o Hoeveel kos die dienste?
              o Kontakbesonderhede

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             16                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          •   Die plakkaat moet die indruk van 'n advertensie skep.
          •   Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
          •   Verskillende lettergroottes word gebruik.
          •   Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
          •   Geen omslagtige paragrawe nie.
          •   Inligting kan puntsgewys gegee word.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.
          •   Die taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
              van goeie woordeskat.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinsbou is funksioneel.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.
              o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.                 [20]

3.2   DAGBOEKINSKRYWINGS

          FOKUS

          Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy met sy/haar
          ouers praat om 'n goeie vriend en sy/haar gesin/familie te help.
          • EEN inskrywing die aand vóór die kandidaat met die ouers gesels.
          • EEN inskrywing die aand nádat die kandidaat vir die ouers gevra het om
             die vriend se gesin/familie te help.

          KENMERKE

          •   Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en
              korrek moet wees.
          •   Die aanslag is informeel.
          •   Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om
              persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.
          •   Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die
              kandidaat se gevoelens/gedagtes voor- en nadat die kandidaat met die
              ouers oor sy/haar maat se situasie gesels het.
          •   Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef is, word beskryf.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             17                       DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
            word.
          • Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
          • Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.
          • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is persoonlik: bekommerd/verlig/ontsteld/dankbaar/teleurgesteld,
              ens.
          •   Die persoon skryf vir hom-/haarself.
          •   Die styl is informeel.
          •   Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
              en emosies met min woorde te beskryf.
          •   Beskrywende woorde word fyn gekies.
          •   Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinsbou is funksioneel.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.
              o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.

          LET WEL:
          Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel
          geassesseer word.                                                                      [20]

3.3   INSTRUKSIES

          FOKUS

          Jy gee vir jou vriende instruksies oor wat om te doen om te verseker dat die
          partytjie ʹn sukses sal wees.

          KENMERKE

          •   Hierdie instruksies het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
              moet wees.
          •   Die aanslag is informeel en informatief.
          •   Die doel van hierdie instruksies is om raad/advies/leiding te gee.
          •   Die instruksies se doel is om te verduidelik wat gedoen moet word.
          •   Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •   In hierdie instruksies kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
              stelsinne afgewissel word.
          •   Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             18                        DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.
          •   'n Reeks verskillende idees word gegee.
          •   Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.

          FORMAAT

          •   Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs
              as sinne geskryf word.
          •   LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die
              instruksies puntsgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is verduidelikend/instruktief.
          •   Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Instruksies word in die teenwoordige tyd geskryf.
          •   Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
              van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
              word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
              bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of ''Jy moet ...'' of
                  ''Onthou om ...''
              o Sinne word korrek gebou.
              o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename.
              o Lydende vorm mag gebruik word.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                               [20]

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die kandidaat verwag word.

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               20
                                                                     GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                          19                                                             DBE/Mei/Junie 2024
                                                                     SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]

      Kriteria                               Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD EN                                      28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                            -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                       uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 Respons en idees                      en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees                -Idees is intelligent,   relevant, baie           oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning                        volwasse en              interessant en lewer     -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                            Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                  stem leser tot           bewys van                en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                     nadenke                  volwassenheid            samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                       -Uitsonderlike           -Organisasie baie        insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                              organisasie en           goed en                  liggaam en
                                       samehang, insluitend     samehangend,             samevatting/slot
                                       inleiding, liggaam en    insluitend inleiding,
                                       samevatting/slot         liggaam en
                                                                samevatting/slot
                                                25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                       -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                       maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                       treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                       van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                            Lae vlak
                                       -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant en
                                       volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van     ontoepaslik
                                       -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                       samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                 fokus nie
                                       inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                       samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                         inleiding, liggaam en
                                                                                         samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                            20                                                                    DBE/Mei/Junie 2024
                                                                       SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)

       Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                    Gemiddeld                  Elementêr                  Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                 14–15                      11–12                       8–9                        5–6                         0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder          woordeskat nie gepas
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor     vir doel, gehoor en
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks                 konteks

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          -Taal onverstaanbaar
 konteks                              van vertroue,              -Grammatika en             om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so beperk
 Woordkeuse                           indrukwekkend              spelling grootliks         dra                        -Woordkeuse skaars         dat dit onmoontlik is om
 Taalgebruik en                       -Grammatika en             foutvry                    -Retoriese middele         toepaslik                  sin te maak
 konvensies,                          spelling feitlik foutvry   -Baie goed gedoen          gebruik om betekenis       -Baie beperkte
 punktuasie,                          -Knap gedaan                                          te versterk                woordeskat
 grammatika en spelling
                                                 13                         10                         7                         4
 15 PUNTE                             -Toon, register, styl en   -Toon gepas en             -Toon oor die              -Taalgebruik
                                      woordeskat is effektief    effektief                  algemeen gepas en          onvoldoende
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     beperkte gebruik van       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      uitstekend                 en oor die algemeen        retoriese middele          sinsverskeidenheid
                                      -Grammatika en             effektief                  -Voldoende                 -Woordeskat baie
                                      spelling feitlik foutvry   -Enkele foute in           taalgebruik, maar          beperk
                                      -Baie goed tot knap        grammatika en              teenstrydighede word
                                      gedaan                     spelling                   opgemerk
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                          4                         3                           2                          0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige detail            -Noodsaaklike detail
 Kenmerke van teks                    ontwikkeling van           van relevante detail       ontwikkel                  relevant                   ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sommige sinne en          -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          paragrawe foutief          foutief gekonstrueer
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       gekonstrueer               -Opstel maak nie meer
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     -Opstel maak nog           sin nie
                                      gekonstrueer                                                                     effens sin

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                   21                                                              DBE/Mei/Junie 2024
                                                              SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]

         Kriteria                    Uitsonderlik               Knap                  Gemiddeld                Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD,                                  15–18                 11–14                    8–10                     5–7                        0–4
 BEPLANNING EN                  -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen kennis
 FORMAAT                        uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      van kenmerke van die soort
                                verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     teks nie
 Respons en idees               -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik met
 Organisering van idees vir     volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          groot afwyking
 beplanning, doel, gehoor,      -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in idees
 kenmerke, konvensies           kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                en inhoud nie
 en konteks                     soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail ondersteun
                                -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        die onderwerp
 18 PUNTE                       fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      -Nodige reëls van formaat
                                -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              nie toegepas nie
                                en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die
                                -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp
                                uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                                wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                                ondersteun                                                              toegepas
                                -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                                formaat
 TAAL, STYL EN                            10–12                   8–9                     6–7                    4–5                         0–3
 REDIGERING                     -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl en
                                en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            woordeskat stem nie
 Toon, register, styl en        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        ooreen met doel, gehoor en
 woordeskat geskik vir doel     gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          konteks nie
 en konteks                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  -Besaai met foute en
 Taalgebruik en konvensies,     akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              verwarrend
 woordkeuse, punktuasie en      gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    -Woordeskat nie geskik vir
 spelling                       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    doel nie
                                                        woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      -Betekenis ernstig
 12 PUNTE                                               -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      belemmer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
