# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              MEI/JUNIE 2024

                                                                   PUNTE: 70

                                                                 TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                     DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                               PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                          35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom             35            9

3.   Meeulanders                                            35           13

4. Lien se Lankstaanskoene                                  35           17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                                       35           21

6.   Paljas                                                 35           25

7.   Fiela se kind – Die Drama                              35           29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Two-step in die Moederstad"                            17           34
                                     EN
8.2 " 'n Hulpelose Samaritaan"                              18           36

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 " Die heks van Hexrivier"                               17           38
                                              EN
9.2 " Hanswors"                                             18           40

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                4                        DBE/Mei/Junie 2024
                                             SS/NSS Vertroulik

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS                   GETAL VRAE           DUI AAN
                                                         BEANTWOORD              ()
A: Roman                               1–4                    1

B: Drama                               5–7                       1

C: Kortverhale                          8                1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9               1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.                    2024

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  Sy is soos 'n dier toe sy die geld van die tafel af gryp en tot by haar oë bring om te
probeer uitmaak wat dit is. "Hoeveel is dit?" vra sy en kyk verskrik op.
  "Genoeg vir bontgoed en koffie en skoene en 'n paar ander goed wat jy nodig mag
hê."
  "God sal jou seën, Saul Barnard!" En die ongeloof staan soos angs in haar oë.          5
  Op die onderpunt van Groot Eiland, waar sy ma en Sara en sy pa begrawe lê, gaan
staan hy 'n oomblik stil. Oor sy pa bult die aarde nog effens en hy kan die plek uitken;
oor sy ma en Sara het die onderbos oorgeneem. Waar hulle naasteby moet lê, is die
onderbos uitgekap en daar lê die vars graf van Jozef se kind. 'n Handvol varklelies
hang verlep in 'n verroeste blik.                                                        10
  Kort voor halfdag is hy terug op Oupoot se spoor en sukkel hy met 'n skuldgevoel
wat al dieper in hom invreet. 'n Skuldgevoel teenoor al die Sannas van die Bos, al die
Jozefs, die Anneriese en die Maskas. Skuldgevoel waaroor?! skree dit hom later tot
besinning. Hulle het hom as verraaier in hierdie bos besweer, soos hulle Oupoot as
moordenaar besweer het! Saul Barnard skuld niemand nie en niemand skuld hom nie! 15
  Waarom het hy dan teruggekom Bos toe?

1.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.4) neer.

          Saul Barnard is op sewe Januarie 1860 onder 'n wit-els boom gebore. Op die
          ouderdom van vyf het hy geleer dat 'n mens nie van olifante praat nie, maar
          van (1.1.1) ... anders dink die olifant jy roep hom en kom trap jou. Toe hy
          (1.1.2) ... jaar oud was, het baie dinge in Saul se lewe gebeur. Hy het
          uitgevind dat 'n bloubokkie se (1.1.3) ... nie in sy kop sit soos die Bosmense
          geglo het nie. Saul het ook vir die eerste keer op (1.1.4) ... gekom waar hy
          MacDonald ontmoet het.                                                                  (4)

1.2       Die Bosmense soos Sanna het nie geld geken nie. (Reël 1 en 2)

          Waarom het Joram Barnard ook nooit geld gekry as hy die hout by
          MacDonald afgelaai het nie?                                                             (1)

1.3       "God sal jou seën, Saul Barnard!" (Reël 5)

          Sanna was reg toe sy gesê het dat God vir Saul in die toekoms sal seën.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                              DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

1.4       Baie karakters in die roman het 'n invloed op Saul se lewe gehad.

          Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakters in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
          1.4.1       Harrison              A      ... het Saul leer meubels maak.

          1.4.2        Kate                 B      ... het Saul as tiener al daarvan bewus
                                                   gemaak dat die Bos deur oorbenutting
          1.4.3        Abraham Steyn               vernietig kan word.

          1.4.4        Maska                C      ... het vrede gemaak met Saul na
                                                   Arend se dood sodat Saul 'n vriend in
                                                   die bos kon hê.

                                            D      ... het Saul Engels leer lees en praat.

                                            E      ... het geglo dat Oupoot nooit vir Saul
                                                   sou uitgekies het as hy 'n verraaier
                                                   was nie.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

1.5       Jozef het net soos die Bosmense geglo Oupoot was verantwoordelik vir
          Jorampie se dood.

          Watter gevolg sou dit vir Saul gehad het as Jozef dit nie geglo het nie?                   (1)

1.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer.

          Saul se keuse om agter Oupoot aan te gaan, was moeilik omdat hy reeds 'n
          ander toekoms vir homself gesien het, maar ...

          A       hy kon nie dat iemand anders vir Oupoot skiet nie.
          B       Maska het hom gesmeek om met die Bosmense te kom praat.
          C       hy wou sy medelye aan sy broer oordra.
          D       daar was iets wat hy vir Terblans wou sê.                                          (1)

1.7       "En die ongeloof staan soos angs in haar oë." (Reël 5)

          1.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      In hierdie reël is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking).                 (1)

          1.7.2       Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel?                      (1)

1.8       In reëls 6 tot 10 word die grafte van Saul se familie beskryf.

          Waarom pas die beskrywing by die manier hoe die Bosmense geleef het?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          7                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

1.9       Lees reëls 11 tot 14.

          1.9.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      "Hulle het hom as verraaier in hierdie bos besweer, soos hulle
                      Oupoot as moordenaar besweer het!" (Reël 14 en 15)

                      In hierdie reëls ervaar Saul (vrede met/woede oor) die Bos en sy
                      mense.                                                                      (1)

          1.9.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1.                                       (1)

1.10      Saul het op hierdie stadium gevoel dat hy niemand iets skuld nie. (Reël 15)

          Watter voorbeeld stel Saul tog aan die einde van die roman hieroor?                     (1)

                                                EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  "Ek verstaan jou nie, Saul! Hoeveel Sondae het ek jou agter die skuur gekry met
verlange na die Bos deur jou hele lyf en kwaad in jou mond teen dié wat in hom woon?
Die een oomblik het jy gesweer jy sal nooit weer jou voete in hom sit nie en die
volgende oomblik het jy jou goed gevat en teruggekom. Jy het baie verander, Saul,
maar nie in daardie opsig nie – jy hoort in die Bos. By die Bos."                             5
  Hy het weer langs haar gaan sit. "Nee, Kate. Daar is dinge wat 'n mens vinnig met
jouself uitmaak, ander vat jare. Die tyd toe ek en 'n klompie ander delwers alleen hier
gedelf het, was goeie jare. Ek kon my wil op hulle afdwing om dooihout vir hulle vure te
kap, hulle die verskil tussen die bosbokram en 'n ooi leer en bloubokkies verbode
verklaar. Eintlik het ek my verbeel ek is selfaangestelde wagter oor die Bos en my           10
daarin verlustig. Nou is dinge te anders; die eintlike stormloop lê nou eers voor. Nee,
Kate, ek het dit uitgemaak oor die Bos. Ek loop."
  "Jy hardloop weg, Saul Barnard!" het sy hom reguit beskuldig.
  "Jy sal my nie só kierang nie. Die Bos is uitgelewer aan die genade van die mens,
en die mens, my liewe Kate, is die mees genadelose wese op aarde."                           15

1.11      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer.

             Saul het jare lank goud gedelf.
             Saul het Patterson Bos toe geneem.
             MacDonald het vir Kate weggestuur Kaap toe.
             Arend het gesterf nadat hy in ʹn perdeskoen getrap het.                             (4)

1.12      Lees die uittreksel.

          1.12.1      Waar vind die gesprek tussen Saul en Kate plaas?                            (1)

          1.12.2      Na watter tyd in Saul se lewe verwys Kate as sy van die Sondae
                      agter die skuur praat? (Reël 1)                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                           DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

1.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.

          Saul kon die delwers dwing om dooihout vir hul vure te kap en bloubokkies
          verbode te verklaar. (Reël 8 tot 10)

          Hierdie optrede van Saul sluit aan by die universele tema van natuurbewaring
          omdat ... .

          A     Saul sy wil op die delwers kon afdwing.
          B     die delwers geleer het om nie skade in die Bos aan te rig nie.
          C     Saul hom verbeel het hy is 'n selfaangestelde wagter oor die Bos.
          D     die delwers die verskil tussen die bosbokram en die ooi geleer ken het.           (1)

1.14      "... ek het dit uitgemaak ..." (Reël 12)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde.                                (1)

1.15      Hoe slaag die skrywer in hierdie uitreksel daarin om vir jou te wys dat Kate vir
          Saul beter geken het as wat hy homself geken het?                                       (1)

1.16      " 'Jy hardloop weg, Saul Barnard!' het sy hom reguit beskuldig." (Reël 13)

          1.16.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie woorde van Kate is beskuldigend, maar daar is na al die
                      jare 'n gevoel van (vriendskap/vyandskap) tussen Saul en Kate.              (1)

          1.16.2      Motiveer jou anwoord op VRAAG 1.16.1.                                       (1)

1.17      Kate het anders oor die Bos begin dink nadat sy as volwassene in die Bos
          gebly het.

          Verduidelik hoe haar idee van die Bos nóú verskil van toe sy die eerste keer
          met Saul oor die Bos gepraat het.                                                       (2)

1.18      Saul en Kate se tyd alleen in die Bos het die afskeid net moeiliker gemaak.

          Wat sou jy anders gedoen het as jy Saul was?                                            (1)

1.19      Saul is die hoofkarakter in die roman.

          1.19.1      Verduidelik waarom jy kan sê dat Saul 'n goeie kinderlewe in die
                      Bos gehad het.                                                              (1)

          1.19.2      Nadat Saul se pa hom weggejaag het, het Saul 'n baie moeilike tyd
                      beleef.

                      Verduidelik hoe hierdie situasie bygedra het tot Saul se sukses.            (1)

1.20      Watter les oor jou planne vir die toekoms kan jy by Saul leer?                          (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

  ''Mana. Ekʹs só bly Beyers het jou ontmoet. Ek het hom nog nóóit so gelukkig sien lyk
nie.''
  Ek het hom nog nooit so ongemaklik sien lyk nie. Of so oud nie, moet ek erken. Hy's
waarskynlik nie veel ouer as hierdie stralende blonde koningin nie, maar langs haar lyk
hy skielik soos iemand se oupa.                                                            5
  ''Tibo?" sê die koningin. ''Hmm, wat het ons hier? Nog 'n toekomstige hartebreker?''
  ''Ek wil in Amerika gaan woon,'' bieg Tibo dadelik. ''Ek wil 'n regisseur of 'n
kameraman of so iets word. Ken jy enige beroemde rolprentsterre?''
 ''O, almal van hulle,'' lag die koningin, so 'n tinkelende kristallaggie, en draai na my.
  Ek wonder wat sy vir my gaan sê. Dis duidelik dat ek nie 'n hartebreker is nie.          10
  ''Ek moet erken ek was nogal senuweeagtig om jou te ontmoet,'' sê sy terwyl haar
wang vlugtig teen myne skuur. ''Ek hoor jy’s vrééslik slim.''
  ''Waar hoor jy dit?'' vra ek. So oorbluf dat ek seker onbeskof klink.
  ''Yann sê jy’s die brein in die familie.''
  "Dis nie wat ek gesê het nie,'' sê Yann dadelik. ''Ek het gesê sy verbéél haar sy's die 15
brein in die familie."
  My stiefbroer het sy verleentheid afgeskud; hy's weer sy gewone smalende self.
  ''As ek na die breins om my kyk,'' sê ek sugtend, ''is dit nie juis 'n prestasie nie.''

2.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

          Mana het vreemde idees oor die lewe gehad. Sy wou 'n kind hê, maar nie 'n
          man nie. Mana het met (2.1.1) ... haar gay woonstelmaat getrou en Hanna is
          gebore. Volgens Mana was Hanna se eerste woord (2.1.2) ... 'n Klompie jare
          later wou sy nog 'n kind hê en steeds nie 'n man nie. Sy het besluit om Tibo te
          hê. Hy was 'n (2.1.3) ... en daarom het Hanna gesê hy was vervaardig. Hanna
          vier nou al haar (2.1.4) ... verjaarsdag en haar ma is nou getroud met Beyers
          wat twee seuns gehad het.                                                               (4)

2.2       Waarom was Hanna só bly dat haar ma, Mana, met Beyers getrou het?                       (1)

2.3       Lees die uittreksel.

          2.3.1       In watter ruimte speel hierdie uittreksel af?                               (1)

          2.3.2       Wie is die "blonde koningin"? (Reël 4)                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                               DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

2.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer.

          Hanna ervaar innerlike konflik as sy hoor van die tweede koningin se kuier
          omdat sy ...

          A       bang was dat die kuier vir Mana gaan ontstel.
          B       nog net gehoor het wat 'n moeilike mens sy kan wees.
          C       bekommerd was oor die koningin se gevoelens vir Beyers.
          D       bang was dat sy dalk meer van haar as van Mana gaan hou.                            (1)

2.5       "maar langs haar lyk hy skielik soos iemand se oupa." (Reël 4 en 5)

          2.5.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      In hierdie reël is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking).                  (1)

          2.5.2       Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel?                       (1)

2.6       Baie karakters in die roman het 'n invloed op Hanna se lewe gehad.

          Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
          2.6.1        Mana                   A     ... het haar aangemoedig om haar
                                                    skryftalent uit te leef.
          2.6.2        Sharon
                                              B     ... het haar geliefd laat voel deur haar
          2.6.3        Fabienne                     'n fabulous creature te noem.

          2.6.4        Juffrou Liebenberg     C     ... het haar die waarde van groot
                                                    gesinne laat raaksien.

                                              D     ... het haar nie in tradisionele rolle
                                                    ingedwing nie.

                                              E     ... het haar die geleentheid gegee om
                                                    uit haar daaglikse lewe te ontsnap.
                                                                                    (4 x 1)           (4)

2.7       "Nog 'n toekomstige hartebreker?" (Reël 6)

          Die koningin het gedink dat Tibo en Amos die hartebrekers van die gesin was.

          Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         11                              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.8       Lees reël 17.
          2.8.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                     Hanna se woorde sê vir ons dat sy (sarkasties/opgewonde) reageer
                     op die koningin se opmerking.                                                 (1)
          2.8.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.8.1.                                         (1)
2.9       Mana het almal wat wou kom kuier, verwelkom.
          Watter voorbeeld stel Mana vir jou hiermee?                                              (1)
                                                EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D

... My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit weer die
knoop loskry nie.

''Ons wil haar 'n naam gee wat iets met water te doen het,'' kondig Mana die volgende
oggend aan terwyl ons in 'n koerende kring om haar bed saamdrom. ''Om die
omstandighede van haar geboorte te onthou.''                                                5
   ''Asof ons dit ooit sal vergeet,'' grynslag Beyers. ''Elke keer as ek dink aan alles wat
kon skeef geloop het ...''
   ''Dit het nie skeef geloop nie, Bey.'' Mana glimlag trots vir haar kring bewonderaars.
Ons is almal daar, behalwe Yann en Sharon wat kamma gaan kyk het of die water al
gesak het. ''Ek voel piekfyn. En die baba – wel, kyk net na haar!''                         10
   Die baba suig met toe oë en 'n salige uitdrukking aan haar ma se bors. Sy is
toegedraai in 'n rooi T-hemp van Tibo en sy dra 'n doek wat Margot uit 'n pers waslap
geprakseer het.
   ''Dis die bontste baba wat ek nog ooit gesien het,'' giggel Amos wat saam met Tibo op
die voetenent van die bed geklouter het.                                                    15
   ''Wel, die baba se ma is nie juis 'n vaal voëltjie nie,'' sê Beyers.
   Hoewel ek moet erken dat my ma vanoggend die naaste aan vaal lyk wat ek haar nog
ooit gesien het.

2.10      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer.
             Die eerste koningin het gaan werk as 'n gaskunstenaar in 'n TV-reeks in
              Johannesburg.
             Die tweede koningin het 'n modderige aankoms op die berg gehad.
             Gavin het 'n diskodans op die kombuistafel uitgevoer.
             Die gesin het 'n spesiale ete vir Hanna se verjaarsdag voorberei.                    (4)
2.11      "My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit
          weer die knoop loskry nie." (Reël 1 en 2)
          Verduidelik die figuurlike betekenis van die vetgedrukte woorde.                         (1)
2.12      Die koningin het Mana baie mooi gehelp tydens Ditjie se geboorte.
          Wat het die gesin nóú van haar gedink?                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.13      Mana het besluit om die baba 'n naam te gee wat iets met water te make het.
          Waarom kan ons sê dat hierdie besluit gepas is as ons dink aan Mana se
          karakter?                                                                               (1)

2.14      "Ons is almal daar, behalwe Yann en Sharon wat kamma gaan kyk het of die
          water al gesak het." (Reël 9 en 10)
          Wat sou jy anders gedoen het as jy Yann was?                                            (1)
2.15      Hoe slaag die skrywer daarin om Tibo en Amos se opgewondenheid in
          hierdie uittreksel uit te beeld?                                                        (1)
2.16      Sharon se ouers was bekommerd omdat hulle vir lank nie van haar gehoor
          het nie.
          2.16.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                     Sharon se ouers se bekommernis het 'n (positiewe/negatiewe)
                     impak op Hanna se gesin gehad.                                               (1)
          2.16.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.16.1.                                       (1)
2.17      Volgens Hanna het Mana die vaalste gelyk wat sy haar nog ooit gesien het.
          Verduidelik watter verskil daar hier in Mana se voorkoms was teenoor hoe sy
          gewoonlik gelyk het.                                                                    (2)
2.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.18) neer.
          Die samekoms van die gesin in Mana se kamer spreek die tema van ... direk
          aan.
          A     familiebande
          B     aanvaarding
          C     vooroordeel
          D     verdraagsaamheid                                                                  (1)

2.19      Hanna is die hoofkarakter in die roman.

          2.19.1     Aan die begin van die roman leer ons Hanna ken as 'n kind wat
                     ongelukkig was met haar uitgebreide gesin.

                     Hoe het haar opinie van haar uitgebreide gesin aan die einde van
                     die roman verander?                                                          (1)

          2.19.2     Hanna wou nie saam met haar gesin op die berg gaan wittebrood
                     hou nie.

                     Verduidelik hoe hierdie ervaring 'n goeie ding vir Hanna se
                     skryfwerk was.                                                               (1)

2.20      Wat leer jy by Hanna se gesin oor die hantering van moeilike situasies in jou
          lewe?                                                                                   (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  Sy maak haar oë skielik oop en 'n vaag bekende reuk laat haar regop sit. Nog
voordat sy weet wat dit is, voel sy hoedat die paniek elke senuwee snaarstyf laat span.
  Iets brand!
  Sy klim uit die bad en trek die japon bewend oor haar nat lyf aan en pluk die deur
oop. Rook bondel die badkamer binne. Sy kom in die kombuis waar vlamme uit die 5
houtbalie en oor die vloer en oor die kombuiskas lek. Sy staar verbouereerd na die
vuur.
  "Ronnie ... Ronnieeee!" Haar stem sit vas in haar keel. Sy hoes van die rook.
  Sy hardloop uit. Sy voel haar kaal voete oor die klipperige koue werf.
  Sy pluk Jacob se agterdeur hardhandig oop. Hy staan voor haar en sy hoor haar eie 10
stem histeries gil: "Ronnieee! Ek kan nie vir Ronnie kry nie! Ag Here, dit brand ... help
hom! Dit brand!"
  Hy kom nader en skud haar aan die skouers.
  "Vincent ..." kyk sy smekend op in sy gesig.
  Dan los hy haar en storm by die agterdeur uit. Sy bly bewend staan.                     15
In die rook was 'n man. Hy het sy arm teen sy gesig gehou. Daar was 'n tatoeëermerk
op sy arm. Dit was die merk van 'n anker waardeur 'n slang kronkel. Sy hare was lank
en blond en daar was 'n rooi band om sy voorkop.

3.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

          Nadat Camilla Calvin uit die Silkwood-kliniek ontslaan is, het prof. Van Keulen
          gereël dat sy (3.1.1) ... oor kusvoëls op 'n guano-eiland naby die dorp
          (3.1.2) ... gaan doen. Camilla het haar tweede naam en nooiensvan op die
          aansoekvorms gebruik en was nou Ryna Van Rensburg. Op hierdie dorp het
          (3.1.3) ... haar by die stasie gaan oplaai. Ryna sou eers by hom en sy vrou
          oorbly voordat sy vir (3.1.4) ... jaar op Meeuland sou gaan woon.                       (4)

3.2       Lees reël 1 en 2.

          Waarom het die "vaag bekende reuk" (reël 1) vir Ryna paniekerig gemaak?                 (1)

3.3       Lees reëls 1 tot 3.

          Watter gevolg het hierdie brand op Jacob en Ryna se verhouding gehad?                   (1)

3.4       Lees reëls 9 tot 13.

          3.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Dit was (realisties/onrealisties) van Ryna om te dink dat sy na
                      Meeuland gekom het om nie meer pyn te ervaar nie.                           (1)

          3.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

3.5       Lees reël 11 en 12.

          Daar het 'n brand in Ryna se huis op Meeuland uitgebreek.

          Hoe het hierdie brand verskil van die ander brand waaraan sy gedink het?                  (2)

3.6       Baie karakters in die roman het 'n invloed op Ryna se lewe gehad.

          Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4) neer.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
          3.6.1       Jannerik                A     ... het vir Ryna aangemoedig om terug
                                                    te gaan Silkwood-kliniek toe.
          3.6.2       Attie
                                              B     ... het vir Ryna gehelp om haar blyplek
          3.6.3       Jacob                         op Meeuland reg te maak.

          3.6.4       Fred                    C     ... het belowe om saam met Ryna en
                                                    nog 'n ander persoon die geheim oor
                                                    wie Janka se pa is te bewaar.

                                              D     ... was verlief op Ryna, maar het haar
                                                    nie gedwing om sy liefde te aanvaar
                                                    nie.

                                              E     ... het saam met Ryna Janka se
                                                    terapiesessie bygewoon.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

3.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

          Ryna het die oomblik toe sy die rook geruik het, tot aksie oorgegaan.

          Hierdie gebeure spreek die universele tema van ... aan.

          A       verlange en eensaamheid
          B       brande vernietig huishoudings
          C       geheime wat jou gevange hou
          D       die instink om jou geliefdes te beskerm                                           (1)

3.8       In hierdie uittreksel verbeel Ryna haar dat sy terug is in haar brandende huis
          voordat sy Silkwood-kliniek toe is.

          Waarom pas hierdie beskrywing by iemand wat trauma beleef het?                            (1)

3.9       "In die rook was 'n man." (Reël 16)

          3.9.1        In watter brandende huis het Ryna die man gesien?                            (1)

          3.9.2        Na wie verwys die "man" waarvan Ryna hier praat?                             (1)

                                                  EN
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                         DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

"Oor julle al vantevore saamgelieg en saamgesmokkel het!"
  Reggie voel hy moet vir sy broer intree: "Vetlandfrik, ant Ousanna! Dis nou wragtag
'n wille ding om te sê."
  Maar hy bring nie Ousanna van stryk af nie. "Ek praat van die slag toe ou Langhans
gevang is. Jy weet dit so goed as ek, Reginald."                                         5
  Daar volg 'n stilte. Die sersant kyk van Billy na Reggie na Ousanna en weet nie wie
om te glo nie.
  "Miskien weet Bonthuys iets," sê Reggie senuagtig.
  "Bonthuys is klaar in die Kaap in met sy skyd," weet Billy.
  Ousanna se kierie val op die vloer met 'n slag, sodat almal skrik en omkyk. Sy steek 10
haar hande uit en haar blinde oë staar heldersiende in die niet. "Daar lê swart puine
agter Schalkie! Die vlamme wil hom verswelg ... hy wil weg ... maar hy kan nie ... hy is
gebrandmerk met die doodsteken. Julle ... julle moet dit vir Hermanus gaan sê."
  Sersant Beukes kyk haar aan asof hy al klaar besluit het dat sy geen betroubare
getuie is nie. Billy roep hom eenkant en praat sag, oortuigend: "Die ou vrou is nie reg 15
by die kop nie, sarge. Trust my, ek sal laat weet as ek iets van Skalla hoor."
  Maar Ousanna het blykbaar elke woord gehoor en sy roep uit haar stoel: "Pasop vir
die swart gety, Billy!"

3.10      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer.

             Ryna gaan woon by Doreen Bindeman-hulle.
             Janka wag vir Kersvader en word raakgeskiet.
             Elsabet vaar na Meeuland op die Shiela Song 2 en verdrink.
             Ryna se boek is klaar en sy het drie maande op Meeuland oor.                        (4)

3.11      Lees weer reël 4 en 5.

          Alhoewel Langhans alleen tronk toe is, was Ousanna reg om te beweer dat hy
          nie alleen gesmokkel het nie.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                               (1)

3.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.12) neer.

          "Die sersant kyk van Billy na Reggie na Ousanna en weet nie wie om te glo
          nie." (Reël 6 en 7)

          Die sersant luister na almal om hom, maar hy ervaar innerlike konflik omdat
          hy ...

          A     bang was vir die manier waarop Ousanna voor haar uitstaar.
          B     nie geweet het wie nou regtig die waarheid praat nie.
          C     ook deur Hermanus-hulle betaal word.
          D     ou Langhans se storie ook hanteer het.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                              DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

3.13      Lees reëls 2 tot 8.

          Reggie is in hierdie situasie besig om sy broer te probeer beskerm.

          Wat sou jy anders gedoen het as jy Reggie was?                                            (1)

3.14      Lees reëls 10 tot 13.

          3.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie voorspelling van ant Ousanna het 'n gevoel van
                      (bewondering/onheil) geskep.                                                  (1)

          3.14.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.14.1 deur na een van ant
                      Ousanna se vorige voorspellings te verwys.                                    (1)

3.15      Ousanna se blinde oë staar soos dié van iemand wat helder kan sien.
          (Reël 11)

          3.15.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die skrywer gebruik 'n (metafoor/vergelyking) om ant Ousanna se
                      visioen te beklemtoon.                                                        (1)

          3.15.2      Wat beteken dit binne konteks van hierdie uittreksel?                         (1)

3.16      "Daar lê swart puine agter Schalkie! Die vlamme wil hom verswelg ... "
          (Reël 11 en 12)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde.                                  (1)

3.17      "Julle ... julle moet dit vir Hermanus gaan sê." (Reël 13)

          Hoe slaag die skrywer daarin om jou jammer te laat voel vir Ousanna as sy
          hier praat?                                                                               (1)

3.18      Lees reël 15 en 16.

          Waarom, dink jy, is die uitbeelding van Billy hier gepas as jy dink aan die rol
          wat hy in hierdie roman speel?                                                            (1)

3.19      Ryna is die hoofkarakter in hierdie roman.

          3.19.1       Jannerik het vir Ryna die CB-naam, Mamma-Meeu, gegee.

                       Hoe was Ryna 'n tipiese Mamma-Meeu op Meeuland?                              (1)

          3.19.2       Ryna het Meeuland toe gegaan om weg te kom van die tragedie
                       en pyn in haar verlede.

                       Waarom kan jy sê dat Ryna se koms na Meeuland aan die einde
                       vir haar goed was?                                                           (1)

3.20      Watter les kan jy by Ryna leer hoe om ander mense in moeilike
          omstandighede te ondersteun?                                                              (1)
                                                                                                    [35]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  ... Lien Jooste, dis nou jy, sê sy vir haarself. Dinge gaan nooit weer dieselfde wees
nie.
  Sy sluit haar weer in 'n hokkie toe en begin die munte in die rooi sportsak bymekaar-
maak. Sy sal nie kan wag tot sy by die huis gekom het nie. Dis amper R150, baie geld
vir een middag se hel. Sy sal kan begin spaar.                                          5
  Nadat die bus haar voor hulle sentrum afgelaai het, stap sy stadig huis toe. Mense en
karre ry by haar verby. Die ergste is oor. Dis nou Sewende Laan en macaroni en kaas.
Vir Lien Jooste is dit haar ma en haar broer en Lewenswetenskappe-huiswerk (en
moontlik Brahms) en dalk iets wat tannie Bets oorgestuur het.
  In Pep se venster sien sy die skoene. Dis swart en plat en sonder frilletjies en 10
valletjies. Dit lyk sag en gemaklik en dit kos net R38,99. Lien kyk 'n rukkie na die
skoene. 'n Vrou is besig om die deur toe te maak.
  "Ek wil asseblief skoene koop," sê sy vir die vrou, wat lyk asof sy 'n lang dag gehad
het.
  "We are closing."                                                                     15
  "Ek sal baie gou maak."
  Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop.
  "Those in number six." Sy wys na die paar swart skoene in die venster. Die vrou lig
die skoene op en stap agtertoe.

4.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

          As gevolg van Lien se omstandighede, het sy besluit om in haar graad
          (4.1.1) ...-jaar oorkant 'n besige winkelsentrum te begin bedel. Sy wou van
          haar geld spaar om (4.1.2) ... te gaan. By die verkeerslig waar Lien gebedel
          het, het sy die eerste dag vir Roos en (4.1.3) ... ontmoet. Roos het vir Lien
          gesê dat mense nie sal dink sy is arm nie, want haar plakkaat is te (4.1.4) ...         (4)

4.2       Waarom kan ons sê dat Lien se pa die grootste rede is dat sy moes begin
          bedel?                                                                                  (1)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.3) neer.

          "Dis amper R150, baie geld vir een middag se hel." (Reël 4 en 5)

          Lien se eerste dag was hel. Sy het innerlike konflik ervaar, want dit was nie
          lekker om te bedel nie, maar ...

          A     sy het baie nuwe mense leer ken.
          B     dit was 'n kans vir haar om toneel te speel.
          C     dit was 'n verskoning om nie huiswerk te doen nie.
          D     sy kon die geld kry wat sy vir die gesin nodig gehad het.                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         18                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

4.4       "Vir Lien Jooste is dit haar ma en haar broer en ..." (Reël 8)

          Hoe het Lien se ma daartoe bygedra dat Lien se lewe by die huis ook "hel"
          was?                                                                                     (1)

4.5       Baie karakters in die roman het 'n invloed op Lien se lewe gehad.

          Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.4) neer.

                      KOLOM A                                    KOLOM B
          4.5.1       Juffrou Breytenbach    A     ... het vir Lien uitgewys dat daar
                                                   verskillende maniere is om geld te
          4.5.2        Wouter                      verdien.

          4.5.3        Kuifie                B     ... het die inisiatief geneem om 'n mooi
                                                   vriendskap met Lien te begin.
          4.5.4        Miemie
                                             C     ... was van die begin af 'n ware
                                                   steunpilaar in Lien se deurmekaar
                                                   lewe.

                                             D     ... het met Lien identifiseer omdat haar
                                                   pa 'n verslaafde was.

                                             E     ... het Lien uitgedaag om meer
                                                   betrokke by die skoolaktiwiteite te
                                                   wees.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

4.6       In reëls 6 tot 9 dink Lien aan haar en die mense wat by haar verbyry op pad
          huis toe.

          Hoe dink Lien gaan die atmosfeer by hulle woonstel verskil van die atmosfeer
          by die ander mense se huise?                                                             (2)

4.7       Roos het vir Lien raad gegee oor haar skoene.

          4.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie raad van Roos was (waardevol/nutteloos).                             (1)

          4.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1.                                        (1)

4.8       Hoe slaag die skrywer daarin om die fokus in hierdie uittreksel op die skoene
          te plaas?                                                                                (1)

4.9       "Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop." (Reël 17)

          Waarom kan jy sê dat die vrou iemand is vir wie haar werk belangrik is?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         19                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

4.10      Lien het begin bedel om geld te verdien.

          Wat sou jy anders in hierdie situasie gedoen het?                                       (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

  "Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." Sy snuif.
  Peroxide kyk belangstellend na die skoolseuns wat by haar verbyloop. Sy draai skoon
skeef om vir Christiaan dop te hou, wat met 'n mond vol kos vir Wian iets vertel.
Christiaan kyk belangstellend terug na waar Peroxide terterig vir hom glimlag.
  Dis dalk tyd dat Roos-hulle koebaai sê, dink Lien benoud.                                5
  "Wil julle nie nog iets eet nie?" vra sy. Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit
haar sak en begin pak. En sy pak. Roos beduie na iets in die Tupperware-bak en
Peroxide pak terug. Dis tannie Bets se kerrietertjies, sien Lien dik van die lag. Sy stap
nader.
  Lien vryf oor Roos se stywe hare. "Jy is 'n great pel."                                  10
  Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm 'n knypie.
Sy sê niks nie, snuif en draai om. Lien dink hulle besef albei dat Lien Jooste
waarskynlik nie weer met plat skoene iewers op 'n hoek sal staan nie.
  "Sien jou wanneer ek jou sien," groet Roos terwyl sy en Peroxide met die
Tupperware-bak buitetoe stap. Hulle verdwyn in die donker. Lien kan nog vaagweg die 15
pienk pakkie uitmaak. Sy staan 'n rukkie na die donker en kyk voor sy omdraai.
  Haar ma staan by Kuifie en Valetjie en gesels. Haar ma lyk anders – stiller, rustiger as
vroeër die aand.

4.11      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer.

             Kuifie het Lien by haar bedelplek herken.
             Sproet het Lien by die verkeerslig opgelaai.
             Lien het by haar ma in die kliniek gaan kuier.
             Lien se ma het dronk by die skool opgedaag.                                         (4)

4.12      Dink aan die gesprek tussen Lien en Roos.

          4.12.1      Waar vind hierdie gesprek plaas?                                            (1)

          4.12.2      Na wie verwys "Peroxide" in reël 2?                                         (1)

4.13      "Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." (Reël 1)

          In die Naspel van die roman word gesuggereer dat Roos reg was oor Lien se
          vermoë om toneel te speel.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                               DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

4.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.14) neer.

          "Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit haar sak en begin pak."
          (Reël 6 en 7)

          Hierdie optrede van Peroxide sluit aan by die universele tema van ...

          A        drankmisbruik.
          B        vooroordeel.
          C        armoede.
          D        selfsugtigheid.                                                                       (1)

4.15      "Lien vryf oor Roos se stywe hare. 'Jy's 'n great pel.' " (Reël 10)

          4.15.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Hierdie optrede van Lien wys dat sy Roos se vriendskap (waardeer
                       het/nie as belangrik geag het nie).                                               (1)

          4.15.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1.                                            (1)

4.16      "Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë ..." (Reël 11)

          4.16.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Die    vetgedrukte     woorde         is   'n    voorbeeld       van      'n
                       (metafoor/vergelyking).                                                           (1)

          4.16.2       Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel?                         (1)

4.17      "... gee Lien se arm 'n knypie. Sy sê niks nie, snuif en draai om."
          (Reël 11 en 12)

          Waarom pas Roos se optrede in hierdie situasie?                                                (1)

4.18      Lien het Kuifie se vrou "Valetjie" genoem. (Reël 17)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie naam soos Lien dit bedoel.                    (1)

4.19      Lien is die hoofkarakter in die roman.

          4.19.1       Aan die begin van die roman leer ons Lien ken as 'n kind wat nie 'n
                       goeie verhouding met haar ouers gehad het nie.

                       Hoe het hierdie verhouding aan die einde van die roman verander?                  (1)

          4.19.2       Nadat Kuifie haar op straat sien bedel het, kon Lien haar situasie
                       verander.

                       Verduidelik hoe hierdie verandering 'n goeie ding vir Lien was.                   (1)
4.20      Wat leer jy by Lien oor die hantering van moeilike situasies in jou lewe?                      (1)
                                                                                                         [35]

                                                                       TOTAAL AFDELING A:                35
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê,
  ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, maar ons Xhosa-mense moet net weg uit
  Lambertsbaai uit.
JAKKIE. Die mense was baie ontevrede.
MOSIE (spring driftig op, loop heen en weer, beweeg na Stone en Poppie). Ek gaan 5
  nie hierso weg nie. Ek het hier grootgeraak ... ek werk by die garage en ek leer by
  die Union College. Bhuti Mbatane het twaalf jaar in Lambertsbaai gewerk en voor
  dié tyd in Lüderitzbucht. Waarnatoe moet hy nou gaan?
POPPIE (aan Mama). En Ouma ... en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle versorg?
MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.)                                               10

Almal "vries". Luister na stem oor megafoon.

STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet weggaan
  na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk soek.
HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. Die
  poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur so 'n skop 15
  na binnetoe en dan word die mêtjie getrek.
MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die huis wat
    brand. (Die hele groep kyk na 'n huis wat brand.)

5.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (5.1.1 tot 5.1.4) neer.

          Poppie het by haar Ouma (5.1.1) ... grootgeword. Poppie se mense is
          (5.1.2) ... om uit Lambertsbaai weg te gaan. Niemand het vir hulle gesê dat
          hulle in die Kaap (5.1.3) ... nodig gehad het om werk te kan kry nie. Nadat
          Stone uit Lambertsbaai weg is, het hy werk by 'n (5.1.4) ... in Philippi gekry.        (4)

5.2       In reël 1 praat Stone van "hulle".

          Na wie verwys Stone hier?                                                              (1)

5.3       Waarom moes Poppie ook hier wegtrek?                                                   (1)

5.4       Kyk na Poppie se woorde in reël 9.

          5.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Poppie se woorde sê vir ons dat sy (bekommerd/opgewonde) was
                      om te trek.                                                                (1)

          5.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.4.1.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

5.5       Poppie het met Stone getrou.

          Hoe het dit Poppie se lewe na sy dood moeiliker gemaak? Noem EEN feit.                     (1)

5.6       Volgens die STEM (Reël 12) was daar 'n VERSKIL tussen die mans en
          vrouens in Lambertsbaai.

          Verduidelik hierdie verskil.                                                               (2)

5.7       In reëls 14 tot 16 beskryf Hoedjie die huise wat gebrand het.

          5.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die herhaling van "dan" in die beskrywing sê vir ons dat die
                      poeliesse elke keer (dieselfde stappe gevolg het/baie tyd gehad
                      het) om die huise af te brand.                                                 (1)

          5.7.2       Watter uitwerking het die opnoem van die aksies op die leser?                  (1)

5.8       Baie karakters in die drama het 'n invloed op Poppie se lewe gehad.

          Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
          5.8.1       Haar skoonouers             A    ... het Poppie laat besef hoe
                                                       magteloos sy is om haar geliefdes
          5.8.2       Mrs Retief                       te beskerm.

          5.8.3       Mrs Swanepoel               B    ... het Poppie gehelp om haar
                                                       kinders veilig te hou.
          5.8.4       Vukile
                                                  C    ... het Poppie se siening van mense
                                                       verander.

                                                  D    ... het Poppie gehelp om meer geld
                                                       te verdien.

                                                  E    ... het Poppie herinner aan die plan
                                                       wat God met ons almal het.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

5.9       Familie is vir Poppie baie belangrik.

          Watter voorbeeld stel Poppie vir jou as leser hieroor?                                     (1)
                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
