# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2024, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              MEI/JUNIE 2024

                                                                PUNTE: 100

                                                                TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                       DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                       (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks     (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks     (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
          kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
          die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
          NIE.

11.       Moenie met ʹn potlood skryf nie.

12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
      VRAAG 1.1–1.8.
     Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
      By VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8 moet jy jou eie titel gee. Jou opstel moet met die prent
      verband hou.

1.1       Ek het my selfoon verloor!                                                             [50]

1.2       Dié persoon sal ek altyd onthou                                                        [50]

1.3       Ek wens ...                                                                            [50]

1.4       Ek het die reg om te sê wat ek wil                                                     [50]

1.5       Helpende hande                                                                         [50]

1.6

                                                                [Bron: twinkl.com]               [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          4                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

1.7

                                                              [Bron: www.stock.adobe.com]           [50]

1.8

                                                    [Bron: www.images.goole.com]                    [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 50   2024

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jy het lank gesukkel om werk te kry, want daar is nie baie werk in Suid-Afrika
          nie. Nou het jy werk gekry en is baie gelukkig daaroor.

          Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou ouma en vertel van hierdie nuwe werk
          en waarom jy so gelukkig is.                                                           [30]

2.2       FORMELE BRIEF

          Jy gaan doen graag jou inkopies by die groot supermark naby jou huis. Daar
          is 'n paar dinge by hierdie supermark waarvan jy nie hou nie.

          Skryf 'n FORMELE BRIEF (klagtebrief) aan die bestuurder van die supermark
          waarin jy oor hierdie dinge kla.                                                       [30]

2.3       HULDEBLYK

          'n Onderwyser wat vir baie jare ekstra klasse in Afrikaans by die huis
          aangebied het, tree nou af. 'n Groep leerders wat by hierdie onderwyser klas
          gekry het, hou 'n afskeidsfunksie vir hom/haar. Hulle het jou gevra om 'n
          huldeblyk aan die onderwyser namens hulle te lewer.

          Skryf hierdie HULDEBLYK.                                                               [30]

2.4       DIALOOG

          Jy bly nog saam met jou ouers, maar wil nou jou eie blyplek kry. Jou ma hou
          nie baie van hierdie idee nie. Julle gesels hieroor.

          Skryf die GESPREK tussen jou en jou ma neer.                                           [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       PLAKKAAT

          Jy wil jou fiets gebruik om mense se inkopies vir hulle te doen en by hulle
          huise af te lewer.

          Ontwerp 'n PLAKKAAT om mense van jou diens te vertel.                               [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          Jou vriend se pa het sy werk verloor. Die gesin/familie kry nou baie swaar. Jy
          wil jou ouers vra om hulle te help.

          Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

               Die aand vóór jy met jou ouers gesels het
               Die aand nádat jy vir jou ouers gevra het om jou vriend se gesin/familie
                te help                                                                       [20]

3.3       INSTRUKSIES

          Jy en jou vriende beplan ʹn partytjie. Jy moet seker maak dat elkeen weet wat
          om te doen om seker te maak dat die partytjie ʹn sukses is.

          Skryf die INSTRUKSIES puntsgewys onder mekaar en in volsinne neer.                  [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                   GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
