# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0e0095d4-8dfa-4524-afa2-447d8756e33b
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0e0095d4-8dfa-4524-afa2-447d8756e33b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2025

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             2                                 DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

ASSESSERINGSRIGLYNE
• Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
• Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
  word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder
  daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER
  NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
• By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
  NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
• Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
  verdien die punt.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
  korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
  TWEE/DRIE na.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
  volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

VRAAG 1
TEKS A: "MrBEAST … KONING VAN YOUTUBE, PRINS VAN TIKTOK"
[Verwerk uit Huisgenoot, #1434, 5 Desember 2024 en ander bronne]

 VRAAG                                        ANTWOORD                                           PUNT
 1.1.1       27/sewe(-)en(-)twintig                                                                1
 1.1.2       aanlyn naam/naam                                                                       1
 1.1.3       meer                                                                                   1
 1.2         ''nommer(-)een(-)inhoudskepper''                                                       1
             (Geen penalisering indien die woord NIE tussen aanhalingstekens is NIE)
             (EEN WOORD)

 1.3         D/nie op ander staatgemaak het om sukses te behaal nie.                                1
 1.4         dit nie maklik is om sukses te behaal nie.                                             1
 1.5         Greenville Christian Academy                                                           1
 1.6         dertien/13 (jaar oud)                                                                  1
 1.7         Jimmy wil hê mense moet ...                                                            1
             • wonder/vrae vra oor dinge/vra of dit wat hulle sien regtig is/hoe hy
                dit gedoen het.
             • iets voel as hulle na sy video's kyk./van sy video’s hou.
             • sy blad/kanaal volg.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 1.8         (Die video) waar hy homself lewend (laat) begrawe het.                                 1
             (Of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             3                                  DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                   ANTWOORD                                                 PUNT
 1.9         •   Mense was ongelukkig/omgekrap oor die onsensitiewe taal wat                        2
                 hy soms gebruik.
             •   Die plekke waar die video's gemaak word, (is nie altyd veilig nie).
                 (Of soortgelyk aan bogenoemde)

 1.10.1      D/veg teen besoedeling                                                                  1
 1.10.2      E/gee blyplek vir mense wat swaarkry                                                    1
 1.10.3      F/hoef nie meer kerse te gebruik nie                                                    1
 1.10.4      C/veilige plek vir kinders sonder ouers                                                 1
 1.10.5      B/herstel skade aan die plantegroei                                                     1
 1.11        Jimmy se persoonlike bande met Suid-Afrika is ...                                       1
             • sy verloofde/meisie/vrou/geliefde.
             • sy liefdadigheidsprojek.
             • die kinderhuis wat hy help.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde in 'n VERDUIDELIKENDE VOLSIN
                 geformuleer. Aanhalings word nie aanvaar nie.)

 1.12        (In) 2022                                                                               1
 1.13        Hy hoop om ...                                                                          1
             • wêreldvrede te bring/die wêreld 'n goeie plek vir almal te maak.
             • 'n einde te maak aan hongersnood.
             • nóg nuwe dinge te leer.
                  (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 1.14        In die teks lees ons dat Jimmy ...                                                      1
             • nie lelik is met ander mense op die internet/sosiale media nie.
             • mense wat arm is, help/van sy eie geld gee om mense/diere/die
                 natuur te help.
             • 'n goeie voorbeeld vir ander stel deur mense/diere/die natuur
                 wat swaarkry te help.
             • betrokke is by liefdadigheid/'n kinderhuis in Khayelitsha help.
             • die wêreld deur sy aksies 'n beter plek vir almal wil maak.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Aanhalings word nie aanvaar nie.)

 1.15        Hulle ...                                                                               2
             • is albei (bekende) internetpersoonlikhede/maak albei inhoud vir
                die internet/doen dieselfde werk/is albei suksesvol in hulle
                loopbane. (WERK) 
             • albei hou van leer/is gretig om te leer/hou daarvan om nuwe
                dinge/verskeidenheid van dinge te leer. (LEER) 
                 (Of soortgelyk aan bogenoemde. Aanhalings word nie aanvaar nie.)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                4                       DBE/November 2025
                                            NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                          ANTWOORD                                   PUNT
 1.16         Die foto wys ...                                                               1
              • vir ons wie MrBeast is/hoe hy lyk.
              • dat hy (baie) volgelinge/views het.
              • dat sy aanhangers al meer word.
              • dat baie mense van hom en sy werk hou.
              • dat hy glimlag omdat hy so baie views kry.
              • sy bekendheid/gewildheid.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 TEKS B: SUID-AFRIKANERS IN DIE WERKPLEK
 [Verwerk uit Statistieke Suid-Afrika, Kwartaal 2, 2018]

  VRAAG                                          ANTWOORD                                  PUNT
 1.17          3(%)                                                                          1
 1.18          maak stukkende goed reg                                                        1
 1.19          •   Beroepslui/Beroepsmense                                                    1
               •   Verkope en dienste
                   (Enige EEN)

 1.20          verder studeer het                                                             1
 1.21          •   Dit word tradisioneel nog as 'n beroep vir mans gesien./Daar is            1
                   nie genoeg opleiding/geleenthede vir vrouens nie./Daar mag
                   dalk nog diskriminasie teenoor vrouens wees.
               •   Vrouens stel nie belang in die beroep nie.
               •   Nie alle vrouens is tegnies aangelê nie./wil masjiene gebruik nie.
               •   Dit word as 'n gevaarlike werk beskou.
               •   Die omstandighede waaronder daar gewerk word, is nie altyd
                   aangenaam vir vrouens nie.
               •   Mans is fisies sterker as vrouens/kan fisies harder werk as
                   vrouens.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 1.22          •   Die inligting is verouderd/die bron is 2018 gedateer.                      1
               •   Die inligting is nie meer relevant nie/is van toepassing op 2018.
               •   In die jare tussen 2018 en 2025 het die beroepe/behoeftes/
                   belangstellings/getalle/statistiek(e)/syfers baie verander.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           5                         DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming

Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur
die teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:

•     Puntetoekenning:
      o      7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
      o      3 punte vir taal
      o      Totaal punte: 10

•     Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
      o     1–3 korrekte feite: 1 punt
      o     4–5 korrekte feite: 2 punte
      o     6–7 korrekte feite: 3 punte

•     Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
      o     6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
      o     4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
      o     2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
      o     Toegewing: Indien die kandidaat 6 of 7 korrekte feite het, maar een daarvan is 'n
            direkte aanhaling, kry die kandidaat 6 of 7 punte vir die 6 of 7 feite en 3 punte vir
            die taal. Die kandidaat kry in hierdie geval dus 9/10 of 10/10 vir die opsomming.

Indien die kandidaat net 1 direkte aanhaling het, verdien die kandidaat net 1 punt vir
die aanhaling en geen punte vir taal nie.

Getal woorde:
    o   Nasieners moet die getal woorde verifieer.
    o   Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik
        is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
    o   Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener VYF
        woorde ná die 70 woorde-grens aan lees en nasien. Ignoreer die res van die
        opsomming ná die sin waarin die 75ste woord voorkom.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           6                              DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

TEKS C: MAAK JOU EKSAMENSESSIES MAKLIK!
[Verwerk uit verskeie bronne]
             DIREKTE AANHALING                                              EIE SINNE
   Bang vir die eksamen? Hier is 'n paar wenke
   wat jou kan help om eksamensessies
   makliker te maak.

   Jy moet probeer om kalm te bly. Dan kan             1     Probeer kalm bly voor/in die
   jy makliker onthou en verstaan. Kandidate                 eksamen(sessie)./Bly kalm./Wees kalm
   kry altyd 10 minute-leestyd om deur die                   voor die eksamen(sessie).
   vraestel te kyk voordat hulle begin skryf. Dis
   'n goeie idee om hierdie 10 minute sinvol           2     Gebruik die (10 minute-) leestyd
   te benut sodat jy weet watter inhoud in die               (sinvol/om deur die vraestel te kyk).
   vraestel is. Jou doel is om die hele vraestel       3     Bestuur jou tyd goed.
   betyds klaar te beantwoord. Daarom moet
   jy jou tyd goed bestuur sodat jy genoeg tyd
   het om alle vrae te beantwoord.

   Instruksies gee vir jou 'n aanduiding van wat       4     Voer alle instruksies noukeurig uit./Volg
   jy moet doen. Gevolglik is dit belangrik dat              al die instruksies./Lees jou instruksies
   jy alle instruksies noukeurig sal uitvoer.                om te weet wat om te doen.
   Wanneer jy deur die vrae jaag, gaan jy dalk
   die sleutelgedagtes mis! Jy moet alle vrae          5     Lees alle vrae versigtig/deeglik./
   versigtig lees sodat jy verstaan wát gevra                Verstaan wat by elke vraag gevra
   word; selfs die meervoudigekeuse-vrae. Dis                word./Kry 'n beter verstaan/verstand/
   'n goeie idee om sleutelwoorde in vrae op                 begrip van die vrae./Moenie deur jou
   'n manier uit te lig, byvoorbeeld deur dit te             vrae jaag nie.
   onderstreep. Dan weet jy waarop jy moet
   fokus.                                              6     Lig die sleutelwoorde in vrae op 'n
                                                             manier uit./Onderstreep die
   Kandidate is dikwels skrikkerig vir langer                sleutelwoorde in vrae./Gebruik
   vrae en opstelle. Hulle wil alles wat hulle               sleutelwoorde om te identifiseer waarop
   weet vinnig neerskryf en maak dan foute.                  jy moet fokus.
   Doen deeglike beplanning om hierdie tipe            7     Beplanning is belangrik by langer vrae
   vrae te beantwoord. Dit sal jou help om jou               en/of opstelle./Beplan langer vrae en/of
   gedagtes te orden. Moenie op jou arms lê                  opstelle deeglik./Doen beplanning by
   wanneer jy klaar is nie. Jy kan eerder die                langer vrae en/of opstelle.
   tyd wat nog oor is, gebruik om weer deur
   jou antwoordeboek te gaan en seker te               8     Benut/Gebruik die tyd wat oor is om
   maak jy het jou antwoorde korrek                          weer deur jou antwoordeboek te
   genommer en alle vrae beantwoord.                         gaan./Gaan weer deur jou
                                                             antwoordeboek/vraestel./Gebruik ekstra
                                                             tyd om seker te maak jy het alle vrae
                                                             beantwoord/genommer./Maak seker jy
                                                             het korrek genommer/alle vrae
                                                             beantwoord.
                                                             (55/58 woorde)
                                                                          TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            7                           DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAAL
ASSESSERINGSRIGLYNE
 Spelling:
  o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd. Die fout
      mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar woordstrukture getoets
      word, moet dit korrek gespel word.
  o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout in die
      taalstruktuur is wat getoets word.
  o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
• Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
   instruksies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
   geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

VRAAG 3

TEKS D: ADVERTENSIE
[Eie teks]

 VRAAG                                        ANTWOORD                                       PUNT
3.1            voetspore (sp)                                                                  1
3.2            •   Dit trek die leser se aandag/prikkel die leser se belangstelling.             1
               •   Dit gee die leser kans om na te dink oor die vrae.
               •   Dit maak die advertensie meer persoonlik/betrek die leser direk.
               •   Dit oorreed die leser om die hele advertensie te lees.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.3            •   Nie almal hou van kompetisies nie./Party mense skryf net omdat                1
                   dit lekker is.
               •   Nie alle skrywers hou daarvan om aan kompetisies deel te neem
                   nie./Party skrywers wil hulself nie so blootstel nie.
               •   Party mense verkies film of foto's om hulle stories te vertel./Nie
                   almal hou van gedigte of stories skryf nie.
               •   Party skrywers se skryfwerk is te persoonlik om te deel.
               •   Dit is die adverteerder se opinie dat almal van die tipe kompetisie
                   sal hou.
               •   Daar is nie bewyse vir die stelling nie.
               •   Dit is nie nagevors nie.
               •   Die adverteerder ken my nie/weet nie dat ek nie van
                   skryfkompetisies hou nie/weet nie dat ek nie goed kan skryf nie.
               •   Nie almal sal so dink nie./Nie almal wil/kan/sal deelneem nie.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            8                          DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                        ANTWOORD                                       PUNT
3.4            •   Dit beklemtoon die pryse wat jy kan wen/wys dat daar drie pryse is          1
                   om te wen.
               •   Dit groepeer die inligting oor elke prys.
               •   Dit stel 'n podium/trappies/bedrae visueel voor.
               •   Dit trek die leser se aandag (na die pryse toe)/lei die leser se oog
                   na die pryse.
               •   Dit manipuleer/motiveer die leser (om die prys te wil wen).
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.5            •   Die advertensie noem geen ouderdom(sbeperking) nie.                           1
               •   Daar staan nêrens in die advertensie dat jy 'n sekere ouderdom
                   moet wees nie.
               •   Almal kan aan die kompetisie deelneem.
               •   Daar is geen uitsluiting van enige ouderdomsgroep in die
                   advertensie nie.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.6            twintig (sp)                                                                      1
3.7.1          •   Die instruksies is baie duidelik/goed uiteengesit./Daar is                    1
                   instruksies om te volg.
               •   Daar is nie baie stappe om te volg om aan die kompetisie deel te
                   neem nie.
               •   Daar word stap vir stap/in stappe verduidelik wat om te doen.
               •   Die inskrywingsproses is eenvoudig.
               •   Daar is nie baie vereistes om aan die kompetisie deel te neem nie.
               •   Die gebruik van die webtuiste en e-pos maak dit maklik.
               •   Die aanlyn aansoek is makliker/gewilder vir die meeste mense.
               •   Jy kan van enige plek af inskryf.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.7.2          •   Die inskrywings moet elektronies gedoen word.                                 1
               •   Nie almal het rekenaars om die stories/gedigte op te tik nie.
               •   Nie almal is rekenaarvaardig nie.
               •   Nie almal kan e-posse stuur nie/het rekenaars/selfone/internet om
                   e-posse te kan stuur nie.
               •   Nie almal het die geld om aan die kompetisie deel te neem nie.
               •   Hulle kan nie skryf nie/het nie skoolgegaan nie.
               •   Hulle het nie hande om te skryf nie.
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             9                        DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                      ANTWOORD                                        PUNT
3.8            •   Die inskrywingsfooi/betaling/prys/bedrag                                   1
               •   Die bankbesonderhede
               •   (Direkte) kontaknommer/kontakpersoon
               •   Aanvangsdatum van die kompetisie
               •   Wanneer die uitslae bekendgemaak word/die wenner
                   aangekondig word.
               •   Hulle weet nie waar om aansoek te doen vir die afslag nie.
               •   Lengte van skryfstuk/storie
                   (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.9            • Die hand wat die potlood vashou:                                                1
                 o Jy hou die potlood met jou hand vas as jy skryf.
                 o Dit wys wat jy moet doen om die storie/gedig te skryf./waaroor
                    die advertensie handel.
                 o Dit hou verband met 'n skryfkompetisie.
               • Die veertjie:
                 o Dit is waarmee stories/gedigte in die ou dae geskryf is.
                 o Die lyntjie onder die veer wys dat daar met die veer geskryf
                    word.
                 o Dit pas by die naam van die kompetisie.
               • Die boek met die potlood en uitveër:
                 o Mense gebruik boeke/skryfblokke om hulle idees neer te skryf
                    vir hulle stories/gedigte.
                 o Mense skryf met potlode in boeke om hulle
                    idees/stories/gedigte vas te vang.
                 o Mense gebruik boeke, potlode en uitveërs om hulle beplanning
                    te doen.
                 o Mense/skrywers vee dikwels dele uit voor die finale produk.
                      (Die punt word net vir die motivering toegeken)

                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            10                       DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4
TEKS E: STROKIESPRENT
[Verwerk uit GoComics]

VRAAG                              ANTWOORD                                               PUNT
4.1   Anna ...                                                                              1
      • se hande is in die lug.
      • skree "JIPPIE". (Aanvaar ook as kandidaat net skryf "Jippie!")
      • se oë/mond is groot/oop.
      • glimlag (breed).
      • gooi 'n papier in die lug.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.2.1       •   Daar is meer uitroeptekens./In RAAMPIE 1 is net een uitroepteken              1
                en in RAAMPIE 3 is daar drie uitroeptekens.
            •   Die woorde word al groter geskryf.
            •   Woorde verander na hoofletters en dit word groter geskryf.
            •   Die woorde word al hoe donkerder gedruk./Die woorde word al
                harder uitgespreek.
            •   Die lettertipe in RAAMPIE 3 laat dit lyk of die woorde bewe omdat
                sy so kwaad is.
            •   Haar oë/mond raak al groter.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.2.2       • In RAAMPIE 1 ...                                                                2
              o lê Sara.
              o lê sy en teken/skryf.
              o fokus sy op dit wat sy doen.
              o praat sy hard met Anna. 
            • In RAAMPIE 3 ...
              o is Sara op haar knieë/kom sy regop.
              o gryp sy haar goed by Anna.
              o skree sy op Anna.
              o maak sy 'n (ge)raas.
              o kyk Sara vir Anna. 
                (Of soortgelyk aan bogenoemde. EEN punt per raampie.)

4.3         vinnig                                                                            1
4.4.1       Ma...                                                                             1
            • praat met 'n gewone stemtoon/op 'n rustige manier/skree nie op Anna
              nie/raas nie met Anna nie.
            • se woorde het nie uitroeptekens nie./eindig met 'n punt.
            • kyk Anna direk in die oë.
            • vat rustig Sara se goed by Anna.
            • se woorde is in kleiner skrif.
            • gryp nie die voorwerp nie/beweeg rustig/stadig, (want daar is nie
              bewegingslyne nie).
            • noem beide se name.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            11                                DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                    ANTWOORD                                                   PUNT
4.4.2       Die kind/Anna huil/tjank/skree baie hard/maak 'n (ge)raas/is hartseer/                    1
            ongelukkig.
4.5         Ma sê vir/aan Anna dat dit Sara se goed is.                                                  1
4.6         Dis nie nodig om met haar te raas nie.                                                       1
4.7         •   Dit is regtig wat tussen kinders in dieselfde huisgesin/sibbe gebeur.                    1
            •   Susters/kinders baklei gereeld.
            •   Kleiner sussies wil altyd doen wat ouer sussies doen.
            •   Kleiner sussies wil altyd hulle sin hê.
            •   Kinders irriteer mekaar gereeld.
            •   Sussies/kinders wil altyd mekaar se goed vat.
            •   Hierdie situasie kan in die meeste huishoudings afspeel.
            •   Sussies beskerm mekaar gewoonlik as een van hulle in die
                moeilikheid is/is lief vir mekaar/staan saam in moeilike tye/situasies.
                (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Persoonlike verwysing/perspektief, bv.
                Ek en my suster/broer ..., kan ook aanvaar word.)

                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              12                                   DBE/November 2025
                                           NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5.1
TEKS F: SEUN SAMEL DRIE TON KOS IN VIR DIERE IN NOOD
[Bron: Netwerk24, 5 Januarie 2025]

 VRAAG                                          ANTWOORD                                                 PUNT
5.1.1        inwoner (sp)                                                                                  1
5.1.2        jaarliks (sp)                                                                                   1
5.1.3        •    In 2024 het hy drie ton hondekos deur die Kersliggie-projek ontvang.                       1
             •    In 2024 het hy deur die Kersliggie-projek drie ton hondekos ontvang.
             •    Hy het in 2024 drie ton hondekos deur die Kersliggie-projek ontvang.
                  (Enige EEN. Die VERLEDE TYD en WOORDORDE moet taalkundig korrek wees)

5.1.4        meeste (sp)                                                                                     1
5.1.5        sy                                                                                              1
5.1.6        skenkings (sp)                                                                                  1
5.1.7        afleweringswa (sp)                                                                              1
5.1.8        Luhan het die kos vroeg die oggend vinnig op die perseel afgelaai.                              1
5.1.9        op                                                                                              1
5.1.10       moeilike (sp)                                                                                   1
5.1.11       Die gemeenskap se bydrae het die projek moontlik gemaak.                                        1
5.1.12       dank-baar-heid/dank+baar+heid/dank/baar/heid/dank baar heid                                     1
             (Enige EEN. Die verdeling moet volledig wees.)

5.1.13       graad/Graad (sp)                                                                                1
5.1.14       ODIN ontvang geen staatshulp nie; daarom is hulle afhanklik van die                             1
             publiek se hulp./is hulle van die publiek se hulp afhanklik.
             (Penaliseer nie indien die leesteken op die verkeerde plek is of ontbreek nie)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            13                             DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5.2

TEKS G: PRENT
[Bron: Adobe Stock]

VRAAG                                      ANTWOORD                                            PUNT
5.2.1      Voorbeeld waar vlieg in 'n ander betekenisverband gebruik word, bv.:                  1
           • Daar sit 'n vlieg op die tafel. (S.nw wat na die insek verwys)
           • Hy vlieg by die deur uit. (ww. – Figuurlike aanslag)
           • Hy is die vlieg in die salf. (S.nw. – Figuurlike aanslag)
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

5.2.2      neem                                                                                 1
5.2.3      blommetjie (sp)                                                                      1
5.2.4      •   papnat (sp)                                                                      1
           •   sopnat (sp)
           •   papsopnat (sp)
           •   waternat (sp)
           •   druipnat (sp)
           •   deurnat (sp)
           •   watersopnat/sopwaternat (sp)
           •   dronknat (informeel) (sp)
               (Enige EEN)

5.2.5      boodskap                                                                             1
           (Fonetiese spelling word aanvaar)

5.2.6      •   Niemand/Geeneen is bang vir die haai nie.                                        1
           •   Almal is nie bang vir die haai nie.
           •   Nie almal is bang vir die haai nie.
               (Enige EEN. Aanvaar indien kandidaat met NEE begin en die ontkennende deel is
               korrek.)

                                                                                               [20]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                     GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020-memo/7eb45f1d-4b96-4a73-aa2c-4c7f1b6f3251) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017-memo/8504caa7-7e09-421a-b18c-8a4797a23c7a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016-memo/18db0369-fafd-460c-869e-7cac7b26056a) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-memo/ca24bb31-11e6-4414-ae1c-e2738b16f840) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2012-memo/2e465f59-92cb-4184-b97a-93e2e8571cbd) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
