# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4857e1d5-d013-4599-ae51-24832f6d39ef
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4857e1d5-d013-4599-ae51-24832f6d39ef)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             2                    DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

           AFDELING A:         Leesbegrip        (30)
           AFDELING B:         Opsomming         (10)
           AFDELING C:         Taal              (40)

 2.        Beantwoord AL die vrae.

 3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

 4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

 5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 6.        Laat 'n reël oop ná ELKE antwoord.

 7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.        Beplan jou tyd só:

           AFDELING A:         50 minute
           AFDELING B:         20 minute
           AFDELING C:         50 minute

 9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            3                       DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A: LEESBEGRIP            2025

 VRAAG 1

 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                   MrBEAST ... KONING VAN YOUTUBE, PRINS VAN TIKTOK

 1    Wie is MrBeast?

 2    Hierdie 27-jarige Amerikaner se regte
      naam is James Stephen Donaldson,
      maar mense noem hom sommer
      Jimmy. MrBeast is sy aanlyn naam. In                                      5
      die    wêreld    van    smaakmakers
      (influencers) op YouTube, TikTok en
      Instagram is hy op die oomblik die
      nommer-een-inhoudskepper (content
      creator)! Hy het meer as 500 miljoen                                      10
      volgelinge en meer as 320 miljoen
      mense is op sy YouTube-kanaal ingeteken. Dit beteken dat meer mense na sy
      video's kyk as na enigiemand anders s'n.

 3    Jimmy is die jongste multimedia-miljoenêr in die wêreld wat op eie stoom so ryk
      geword het. Die kompetisie op sosiale media is kwaai. Almal probeer om soveel as 15
      moontlik volgelinge en klikke te kry. Daarom is mense soms baie lelik met mekaar,
      maar Jimmy is anders. Hy is die 'good-guy influencer'.

 4    Jimmy lééf vir YouTube. Hy was 'n leerder aan die Greenville Christian Academy en
      het altyd gevoel die ander kinders in sy skool verstaan nie sy passie vir YouTube nie.
      Hy was dertien toe hy sy eerste video's op                                             20
      YouTube gelaai het. In hierdie video's het hy
      videospeletjies gespeel en baie ''slim'' dinge
      gesê. Mense het nie baie daarvan gehou nie.

 5    Jimmy was soos 'n masjien. Hy het net
      aangehou. Hy het alles van YouTube geleer                                          25
      wat hom kon help om 'n goeie YouTuber te
      wees. Hy het geleer watter video's meer as
      ander gedeel word en hoe jy YouTube se blikbrein kan gebruik om mense na jóú
      video's te laat kyk. Jimmy wou hê mense moet wonder oor dinge en iets voel wanneer
      hulle na sy video's kyk. Hulle moet vrae vra en wonder hoe hy dit gedoen het. As 30
      hulle só reageer, sal hulle hom volg!

 6    MrBeast het bekend geraak vir sy wilde video's, byvoorbeeld om homself lewend te
      laat begrawe. Hy is al deur ander gekritiseer dat hy soms onsensitiewe taal gebruik.
      Daar is ook mense wat sê dat die plekke waar sy video's gemaak word, nie altyd baie
      veilig is nie.                                                                       35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                4                             DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 7     Tussen al sy toertjies deur gee Jimmy
       ook baie geld om mense, diere en die
       natuur te help. Hy het 'n tweede
       YouTube-kanaal, Beast Philanthrophy,
       wat hy hiervoor gebruik. Hy het al                                                                 40
       100 honde gehelp om huise te kry en
       meer as 20 000 pare skoene geskenk.

 8     MrBeast help op baie plekke waar daar
       nood is. In Junie 2024 het hy 100 huise
       vir arm gesinne in Jamaika, El Salvador, Colombia en Argentinië laat bou. Hy het 45
       elektrisiteit vir 'n dorpie in Zambië laat aanlê en $30 miljoen se kos help uitdeel.

 9     Sy projek, Team Trees, wat hy in 2019 begin het, het al meer as $20 miljoen
       ingesamel om bome oor die hele wêreld te laat plant. Sy Team Seas-projekte het
       reeds 14 000 ton plastiek uit die see gehaal.

 10 Jimmy het persoonlike bande met Suid-Afrika. Toe hy in 2022 op besoek aan ons 50
    land was, het hy Thea Booysen in 'n nagklub in Kaapstad ontmoet. Thea is sélf 'n
    internetpersoonlikheid en het agterna gesê sy wou hom altyd graag ontmoet het.
    Hulle het verlede jaar op Kersdag verloof geraak. Thea het op verskeie maniere al
    vir haarself naam gemaak. Sy het 'n paar grade ontvang en het ook al 'n boek geskryf.
    MrBeast sê Thea is lief vir leer en hy bewonder dit, want hy self hou ook daarvan om 55
    altyd nóg nuwe dinge te leer. Hy ondersteun ook 'n kinderhuis in Khayelitsha.

 11 MrBeast stoom voort. Hy het nog groot planne. Hy hoop om in die toekoms
    wêreldvrede te bring en 'n einde te maak aan hongersnood. 'n Mens kan voorwaar
    jou hoed lig vir hierdie jong man wat nie net ontvang nie, maar ook gee!

                                       [Verwerk uit Huisgenoot, #1434, 5 Desember 2024 en ander bronne]

 LET WEL:
 •   Beantwoord AL die vrae.
 •   Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

 1.1       VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN of TWEE
           woord(e) uit paragraaf 2 in te vul.

           Jimmy Donaldson is (1.1.1) ... jaar oud. Sy (1.1.2) ... op sosiale media is
           MrBeast. Hy is baie bekend, want (1.1.3) ... mense kyk na sy video's as na
           enigiemand anders s'n.                                                                         (3)

 1.2       Kyk na die opskrif van hierdie teks.

           Haal EEN woord uit reëls 6 tot 10 aan wat vir ons sê dat MrBeast die koning of
           prins van sosiale media is.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             5                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.3       "Jimmy is die jongste multimedia-miljoenêr in die wêreld wat op eie stoom so
           ryk geword het." (Reël 14 en 15)

           Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer.

           Hier beteken "op eie stoom" dat Jimmy ...

           A     sy eie familie gevra het om hom te help.
           B     nie tyd gemors het om sy video's te maak nie.
           C     ander mense gemanipuleer het om hom te volg.
           D     nie op ander staatgemaak het om sukses te behaal nie.                               (1)

 1.4       Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

           "Die kompetisie op sosiale media is kwaai." (Reël 15)

           Dit is 'n voorbeeld van FIGUURLIKE taalgebruik. Dit beteken dat (dit nie maklik
           is om sukses te behaal nie/mense op sosiale media lelik is met mekaar).                   (1)

 1.5       Waar het Jimmy skoolgegaan?                                                               (1)

 1.6       Hoe oud was hy toe hy sy eerste video's op YouTube gelaai het?                            (1)

 1.7       Jimmy wil hê sy volgelinge moet meer doen as net kyk na die video's wat hy
           maak.

           Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                                 (1)

 1.8       Van watter wilde video lees ons in paragraaf 6?                                           (1)

 1.9       Lees paragraaf 6.

           Gee TWEE voorbeelde van mense se kritiek teenoor MrBeast se video's.                      (2)

 1.10      MrBeast gebruik sy YouTube-kanaal, Beast Philanthrophy, om ander te help.

           Kies 'n omskrywing uit KOLOM B wat by die plek in KOLOM A pas. Skryf net
           die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.10.1 tot 1.10.5) neer.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
           1.10.1    Die see                     A     help met dierebeskerming

           1.10.2    Jamaika                     B     herstel skade aan die plantegroei

           1.10.3    Dorpie in Zambië            C     veilige plek vir kinders sonder ouers

           1.10.4    Khayelitsha                 D     veg teen besoedeling

           1.10.5    Oor die hele wêreld         E     gee blyplek vir mense wat swaarkry

                                                 F     hoef nie meer kerse te gebruik nie
                                                                                       (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.11      "Jimmy het persoonlike bande met Suid-Afrika." (Reël 50)

           Verduidelik in jou eie woorde wat hierdie persoonlike bande is.                        (1)

 1.12      Wanneer was Jimmy vir die eerste keer in Suid-Afrika?                                  (1)

 1.13      Noem EEN van die dinge wat MrBeast nog in die toekoms wil doen.                        (1)

 1.14      "Hy is die 'good-guy influencer'." (Paragraaf 3)

           Waarom pas hierdie beskrywing van Jimmy so goed by die inhoud van hierdie
           teks?                                                                                  (1)

 1.15      Lees paragraaf 5 en 10.

           Waarom maak dit sin dat Jimmy en Thea so goed by mekaar pas? Verwys in
           jou antwoord na die werk wat hulle doen en hoe hulle oor leer voel.                    (2)

 1.16      Hoe ondersteun die eerste foto in die teks die inhoud in paragraaf 2?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         7                                DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 TEKS B: GRAFIESE TEKS

 Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          SUID-AFRIKANERS IN DIE WERKPLEK
BEROEP

                                                                                            3%

                   1

                   1

                                             [Verwerk uit Statistieke Suid-Afrika, Kwartaal 2, 2018]

 1Beroepslui/Ambagslui: mense met 'n beroep/ambag

 1.17      Watter persentasie mans is huiswerkers?                                                     (1)

 1.18      Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

           Die prentjie    pas by die werk wat 'n tegnikus doen, want hulle (maak
           stukkende goed reg/verkoop gereedskap.)                                                     (1)

 1.19      In watter beroep is daar amper net so veel mans as vroue wat die werk doen?
           Noem EEN.                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          8                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.20      Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

           Die statistiek oor landbou as beroep gee net vir ons die inligting oor mense wat
           (by hulle familie geleer het/verder studeer het.)                                     (1)

 1.21      Waarom, dink jy, is daar so min vroue wat masjinerie-operateurs is?                   (1)

 1.22      Waarom sal die inligting in hierdie teks jou nie kan help om 'n LO-taak in 2025
           te voltooi nie?                                                                       (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          9                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING B: OPSOMMING

 Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.

 VRAAG 2

 Dit is nie altyd lekker om eksamen te skryf nie, maar daar is dinge wat jy kan doen om
 jou eksamensessies makliker te maak.

 INSTRUKSIES

 1.    Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM 'N GOEIE EKSAMENSESSIE
       TE HÊ, in jou EIE VOLSINNE op.
 2.    Skryf die wenke puntsgewys neer.
 3.    Nommer die wenke van 1 tot 7.
 4.    Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 5.    Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                          MAAK JOU EKSAMENSESSIES MAKLIK!

 Bang vir die eksamen? Hier is 'n paar wenke wat jou kan help om eksamensessies
 makliker te maak.

 Jy moet probeer om kalm te bly. Dan kan jy makliker onthou en verstaan. Kandidate kry
 altyd 10 minute-leestyd om deur die vraestel te kyk voordat hulle begin skryf. Dis 'n goeie
 idee om hierdie 10 minute sinvol te benut sodat jy weet watter inhoud in die vraestel is.
 Jou doel is om die hele vraestel betyds klaar te beantwoord. Daarom moet jy jou tyd
 goed bestuur sodat jy genoeg tyd het om alle vrae te beantwoord.

 Instruksies gee vir jou 'n aanduiding van wat jy moet doen. Gevolglik is dit belangrik dat
 jy alle instruksies noukeurig sal uitvoer. Wanneer jy deur die vrae jaag, gaan jy dalk die
 sleutelgedagtes mis! Jy moet alle vrae versigtig lees sodat jy verstaan wát gevra word;
 selfs die meervoudigekeuse-vrae. Dis 'n goeie idee om sleutelwoorde in vrae op 'n
 manier uit te lig, byvoorbeeld deur dit te onderstreep. Dan weet jy waarop jy moet fokus.

 Kandidate is dikwels skrikkerig vir langer vrae en opstelle. Hulle wil alles wat hulle weet
 vinnig neerskryf en maak dan foute. Doen deeglike beplanning om hierdie tipe vrae te
 beantwoord. Dit sal jou help om jou gedagtes te orden. Moenie op jou arms lê wanneer
 jy klaar is nie. Jy kan eerder die tyd wat nog oor is, gebruik om weer deur jou
 antwoordeboek te gaan en seker te maak jy het jou antwoorde korrek genommer en alle
 vrae beantwoord.

                                                                  [Verwerk uit verskeie bronne]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              10                              DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 •   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
 •   Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
     beantwoord moet word.
 •   Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS D

         HOE SKRYF JY IN?
         1.   Besoek ons webtuiste: www.letterveertjies.org.
         2.   Klik op "Kompetisies".
         3.   Kies die kompetisie waarvoor jy wil inskryf.
         4.   Maak jou betaling – 10%-afslag op elke inskrywing ná jou eerste inskrywing.
         5.   Beplan, skryf, redigeer, herskryf jou finale stuk.
         6.   Stuur die finale stuk voor (3.6) (20) Desember 2025 aan voelnveer@mweb.co.za.
         7.   Wag vir die e-pos om te sien of jy deur is na die finaal.

                                                                                                [Eie teks]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          11                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

3.1        Verbeter die SPELFOUT in die sin.

           Wil jy in Daleen Matthee se voetspoore volg?                                            (1)

3.2        Wat is die doel van die twee retoriese vrae onder die opskrif?                          (1)

3.3        Dán is Letterveertjies nét die kompetisie vir jou!

           Motiveer waarom hierdie stelling 'n MENING is.                                          (1)

3.4        Waarom het die adverteerder die pryse wat jy kan wen, in blokkies geplaas?

           Gee EEN rede.                                                                           (1)

3.5        Mense jonger as 18 mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.

           Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                             (1)

3.6        Skryf die GETAL in woorde.

           Stuur die finale stuk voor (20) Desember 2025 aan voelnveer@mweb.co.za.                 (1)

3.7        Kyk na wat jy moet doen om in te skryf.

           3.7.1        Waarom sal dit maklik wees om vir die kompetisie in te skryf?              (1)

           3.7.2        Waarom sal sekere mense nie aan hierdie kompetisie kan
                        deelneem nie?                                                              (1)

3.8        Watter belangrike inligting is uit die advertensie weggelaat?                           (1)

3.9        Watter EEN van die drie prentjies, dink jy, pas die beste by die tipe kompetisie
           wat hier geadverteer word? Motiveer jou antwoord.                                       (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             12                     DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 •     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
 •     Die nommering in die strokiesprent verwys na die nommer van die vraag wat
       beantwoord moet word.
 •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS E

           RAAMPIE 1                        RAAMPIE 2                RAAMPIE 3

     KRAAK
                 Hou op, Anna!
                                       JIPPIE!
                                                 LOS MY GOED
                                                 UIT, ANNA!!
                                                                            LOS
                                                                           UIT!!!

           RAAMPIE 4                        RAAMPIE 5                RAAMPIE 6
                                   Anna, dit is
     MA!!! ANNA WIL NIE                                                  Dis nie nodig (met
                                   Sara se goed. WAAAHHH!!
     MY GOED                                                              haar raas) nie!

     UITLOS NIE!
     HELP!!

             GRYP!

                                                                      [Verwerk uit GoComics]

 4.1          Kyk na RAAMPIE 2.

              Hoe weet ons dat Anna gelukkig is? Gee EEN bewys.                                 (1)

 4.2          Kyk na RAAMPIE 1 tot RAAMPIE 3.

              4.2.1        Watter tegniek word hier gebruik om te wys dat Sara al kwater
                           word vir Anna? Noem EEN.                                             (1)

              4.2.2        Hoe verskil dit wat Sara in RAAMPIE 3 doen van dit wat sy in
                           RAAMPIE 1 doen?                                                      (2)

 4.3          Kyk na RAAMPIE 4.

              Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

              Die bewegingslyn en die woord "GRYP" wys dat Anna se aksie
              (vinnig/stadig) gebeur.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            13                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 4.4          Kyk na RAAMPIE 5.

              4.4.1        Hoe weet ons dat Ma die situasie tussen die twee kinders rustig
                           hanteer?                                                               (1)

              4.4.2        Wat beteken die "WAAAHHH!!" in RAAMPIE 5?                              (1)

 4.5          Skryf Sara se ma se woorde in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in jou sin
              gebruik.

              Anna, dit is Sara se goed.

              Begin só: Ma sê ...                                                                 (1)

 4.6          Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele sin uit.

              Dis nie nodig (met haar raas) nie!                                                  (1)

 4.7          Waarom kan ons sê dat hierdie situasie tussen Anna en Sara geloofwaardig
              is?                                                                                 (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           14                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

 •     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en prent (TEKS G) hieronder
       gebaseer.
 •     Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
       moet word.
 •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

 5.1        Lees die artikel en beantwoord die vrae.

            TEKS F: ARTIKEL

                         SEUN SAMEL DRIE TON KOS IN VIR DIERE IN NOOD

            Luhan Smit is 'n (5.1.1) (inwoon) van George. Hy samel (5.1.2) (elke jaar) kos in
            vir diere in nood. (5.1.3) (In 2024 ontvang hy drie ton hondekos deur die
            Kersliggie-projek.) Dit is die (5.1.4) (baie) kos ooit. Hy het mense uitgenooi om
            na (5.1.5) (haar/sy) gesin se Kersliggies te gaan kyk. Hulle moes met hondekos
            of ander (5.1.6) (skenking) betaal.

            Dit is die sesde jaar wat Luhan die projek aanpak. Die kos is Vrydagoggend met
            'n (5.1.7) (aflewering + wa) by ODIN afgelewer. (5.1.8) Luhan het die kos (vinnig)
            (vroeg die oggend) (op die perseel) afgelaai.

            Luhan is baie trots (5.1.9) (...) dit wat hy en die gemeenskap reggekry het. ODIN,
            wat meer as 300 honde en katte versorg, beskryf die skenking as 'n uitkoms.
            Januarie is dikwels 'n (5.1.10) (moeilik) maand vir hulle.

            (5.1.11) (Die projek is moontlik gemaak deur die gemeenskap se bydrae.) ODIN
            se stigter, Colleen Smith, en bestuurder, Marlene Mennie, het hulle
            (5.1.12) (dankbaarheid) uitgespreek. Sy sê dat die skenking genoeg kos vir 'n
            maand sal voorsien.

            Luhan is 'n (5.1.13) (gr.) 6-leerder aan Laerskool Outeniqua. Hy sê hy hou van
            ODIN omdat hulle goed na diere omsien. (5.1.14) (ODIN ontvang geen staatshulp
            nie. Hulle is afhanklik van die publiek se hulp.)
                                                                 [Bron: Netwerk24, 5 Januarie 2025]

            5.1.1      Vorm 'n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen
                       hakies.

                       Luhan Smit is 'n (inwoon) van George.                                          (1)

            5.1.2      Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

                       Hy samel (elke jaar) kos in vir diere in nood.                                 (1)

            5.1.3      Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

                       In 2024 ontvang hy drie ton hondekos deur die Kersliggie-projek.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            15                         DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

           5.1.4       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

                       Dit is die (baie) kos ooit.                                                 (1)

           5.1.5       Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.

                       Hy het mense uitgenooi om na (haar/sy) gesin se Kersliggies te gaan
                       kyk.                                                                        (1)

           5.1.6       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

                       Hulle moes met hondekos of ander (skenking) betaal.                         (1)

           5.1.7       Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                       Die kos is Vrydag met 'n (aflewering + wa) by ODIN afgelewer.               (1)

           5.1.8       Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.

                       Luhan het die kos (vinnig) (vroeg die oggend) (op die perseel)
                       afgelaai.                                                                   (1)

           5.1.9       Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

                       Luhan is baie trots (...) dit wat hy en die gemeenskap reggekry het.        (1)

           5.1.10      Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

                       Januarie is dikwels 'n (moeilik) maand vir hulle.                           (1)

           5.1.11      Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM.

                       Die projek is moontlik gemaak deur die gemeenskap se bydrae.                (1)

           5.1.12      Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.

                       ODIN se stigter, Colleen Smith, en bestuurder, Marlene Mennie, het
                       hulle (dankbaarheid) uitgespreek.                                           (1)

           5.1.13      Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit as 'n woord.

                       Luhan is 'n (gr.) 6-leerder aan Laerskool Outeniqua.                        (1)

           5.1.14      Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

                       ODIN ontvang geen staatshulp nie. Hulle is afhanklik van die publiek
                       se hulp. (daarom)                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           16                       DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 5.2       Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.

           TEKS G: PRENT

                                                                             [Bron: Adobe Stock]

           5.2.1        Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in 'n sin sodat
                        die betekenis duidelik is.

                        Die vliegtuig (vlieg) hoog oor die see.                                (1)

           5.2.2        Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.

                        Paul is besig om 'n foto te (vat/neem).                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           17                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

           5.2.3       Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

                       Daar is 'n klein (blom) op Marietjie se swempet.                       (1)

           5.2.4       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

                       Pietie staan in die son, want hy is (nat).                             (1)

           5.2.5       Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

                       Daar is 'n (message) in die bottel.                                    (1)

           5.2.6       Skryf die sin in die ONTKENNING.

                       Almal is bang vir die haai.                                            (1)
                                                                                              [20]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:        40
                                                                        GROOTTOTAAL:          80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
