# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 44 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2c8fc7b4-71e9-458b-9a8f-343e0d11b805
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 44

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2c8fc7b4-71e9-458b-9a8f-343e0d11b805)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 44 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2025

PUNTE: 70

TYD: 2½ uur
.

                         Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
           INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
           die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
           kies die vrae wat jy wil beantwoord.

 2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

           AFDELING A: Roman              (35)
           AFDELING B: Drama              (35)
           AFDELING C: Kortverhale        (35)
           AFDELING D: Gedigte            (35)

 3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

           AFDELING A: ROMAN
           Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

           AFDELING B: DRAMA
           Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

           AFDELING C: KORTVERHALE
           Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

           AFDELING D: GEDIGTE
           Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

 4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

 5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

 8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

 9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        3                   DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INHOUDSOPGAWE           2025

 Kies TWEE afdelings.

 AFDELING A: ROMAN

 Beantwoord slegs EEN vraag.
                  VRAAGNOMMER                           PUNTE   BLADSYNOMMER
 1. Kringe in 'n Bos                                      35          5

 2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom         35            10

 3.   Meeulanders                                        35            15

 4. Lien se Lankstaanskoene                              35            19

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag.
 5. Poppie – Die Drama                                   35            23

 6.   Paljas                                             35            27

 7.   Fiela se kind – Die Drama                          35            31

 AFDELING C: KORTVERHALE

 Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
 8.1 "Kom ons stuur vir Tasu"                            18            35
                                      EN
 8.2 "Opdrag"                                            17            37

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
 9.1 "Krisis"                                            17            40
                                             EN
 9.2 "Ken jy die see …"                                  18            42

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              4                         DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

      AFDELING             VRAAGNOMMERS                  GETAL VRAE            DUI AAN
                                                        BEANTWOORD               ()
 A: Roman                              1–4                   1

 B: Drama                              5–7                     1

 C: Kortverhale                         8               1 (2 kortverhale)

 D: Gedigte                    9               1 (2 gedigte)
 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A: ROMAN

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

 VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS A

   ''Kate ... is dit een van jou uitgedinkte bosstories dié, soos die een oor die kastige
 bosmannetjies wat op die olifante ry?''
   ''Ek sweer, Saul.''
   Iets soos angs het in hom opgestoot. Veronderstel dit is waar? Dit kon nie waar wees
 nie. Maar veronderstel! So waar as die Here, hy sal met sy hande loop grawe! Hulle 5
 moet hom net wys waar, hy sal met sy kaal hande ... Hulle sal almal met die kaal hande
 gaan grawe! As dit moet waar wees, is dit die mirakel waarop almal wag! Die uitkoms.
 Maar nee, dit kan nie waar wees nie. Daar gebeur nie meer wonderwerke nie ...
   ''Saul?'' Kate het onrustig geklink. ''Dit lyk of jy skoon weg is ... Miskien is dit glad nie
 eers waar nie.''                                                                                10
   ''Ja, miskien is dit glad nie eers waar nie, Kate.'' Maar die hoop het skielik soos vrees
 in hom gelê. ''Miskien is dit waar ...''
   Daardie Maandag het oom Wiljam se wa die eerste hout van die week gebring. Saul
 het sy kans afgewag en oor die werf geloop. Die laaste paar maande het hy selde na
 die boswaens toe geloop; die ding waarvan Jozef hom beskuldig het, het op elke wa 15
 ook gesit.
   ''Dag, oom Wiljam.''
   ''As jy kom spaai het of ek tande onder die hout het, kan jy maar omdraai!'' het die ou
 man stuurs gesê.

 1.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord
           uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.4) neer.

           Saul was amper (1.1.1) … jaar in die skuur by MacDonald toe Kate die nuus
           van die goud vir Saul gee. (1.1.2) …, wat vir die Kaapse Goewerment paaie
           gemaak het, het dit vir MacDonald vertel. Hy het ook gesê (1.1.3) … gaan die
           grootste hawe word, selfs groter as die een in die Kaap. Oubaas Hooper het
           die eerste goud opgetel en dit is by die (1.1.4) … getoets om te bewys dat dit
           goud was.                                                                               (4)

 1.2       Waarom het Saul besluit om by MacDonald te gaan werk?                                   (1)

 1.3       Waarom kan 'n mens verstaan dat Saul gedink het dat Kate weer net 'n storie
           oor die Bos vir hom vertel het?                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            6                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.4       ''Iets soos angs het in hom opgestoot. Veronderstel dit is waar? Dit kon nie
           waar wees nie. Maar veronderstel!'' (Reël 4 en 5)

           1.4.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Saul het innerlike konflik ervaar, want hy was bang (oor wat dit aan
                        die Bos sou doen/om dit vir sy pa te vertel).                               (1)

           1.4.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1.                                       (1)

 1.5       ''Hulle sal almal met die kaal hande gaan grawe!'' (Reël 6 en 7)

           1.5.1        Na wie verwys die ''hulle''?                                                (1)

           1.5.2        Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman?              (1)

 1.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer.

           ''Saul?'' Kate het onrustig geklink. ''Dit lyk of jy skoon weg is ... Miskien is dit
           glad nie eers waar nie.'' (Reël 9 en 10)

           Die toon in Kate se stem kan as ... beskryf word.

           A    opgewonde
           B    gelukkig
           C    onseker
           D    kwaad                                                                               (1)

 1.7       Saul se werk by MacDonald het Kate in sy lewe gebring.

           Gee TWEE voorbeelde van hoe dit Saul se lewe positief beïnvloed het.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          7                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 1.8       Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge.

           Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
           1.8.1        MacDonald het Saul      A      Saul kon leer hoe om meubels te
                        se boek oor David              maak.
                        Copperfield in die
                        skuur gekry.            B      Saul het Kate ná 'n lang tyd weer
                                                       gesien.
           1.8.2        Saul het oom
                        Abraham Steyn leer      C      Kate is met die Venice weggestuur
                        ken.                           Kaap toe.

           1.8.3        Maska het Saul in       D      Saul kon die nuus oor Joram se
                        Meulbos besoek.                dood kry.

           1.8.4        Saul het vir Crompton   E      Kate het vir Saul sewe erwe
                        passasiers by die              gekoop.
                        halte gaan haal.
                                                                                     (4 x 1)      (4)

 1.9       Saul was ongelukkig oor die dinge wat die Bosmense van hom gedink en gesê
           het.

           Waarom kan jy hiermee identifiseer?                                                    (1)

                                                  EN

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

   ... Sy lyf wou slaap, maar sy kop wou wakker bly. Later het hy weer onder die krans
 uitgekruip en hout op die kole gegooi. Sy kos was op. Snaaks, het hy gedink, nes die
 dae toe hy nog vir sy pa gekap het: die kos kom altyd net-net uit totdat die hout reg is
 vir uitry dorp toe. Die dink het ou wrewel in hom losgeknoop. Sal hulle hom glo as hy vir
 hulle die goud gaan wys? Sal hul oë dán oopgaan? Sal hulle dan die byle en die sae 5
 ruil en die Bos alleen laat om sy wonde gesond te kry? Die letsels toe te groei? Jaag die
 vreemde delwers hier uit en kom vat wat aan julle behoort! wou hy skree.
   Hy het geweet dis 'n sotlike droom. Dis net so goed jy skree vir die maan: Draai om
 en wys my jou agterkant. Miskien het die Engelse reg, miskien is hulle dom gebore en
 is hy, Saul Barnard, 'n vreemde verskynsel ... Nee, dis nie waar nie. Die swaai van 'n 10
 byl en die trek van 'n saag is oor geslagte heen maar net te diep in hulle ingewortel.
 Swaarkry het vir hulle soos asemhaal geword.
   Wat van die kinders? Wat van Izak?
   Die vuur het lui gebrand. Waarom sal hy oor die kinders skuldig voel?

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.10      Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
           wat dit in die roman gebeur.

           •   Saul het ontdek dat die bloubokkie se gal nie in sy kop sit nie.
           •   Saul het vir die eerste keer besef dat die dorp nie in die Bos is nie.
           •   Saul se ma en suster is oorlede aan die godsiekte.
           •   Saul het Oupoot vir die eerste keer gesien.                                          (4)

 1.11      Saul het sy goud aan MacDonald verkoop.

           Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                    (1)

 1.12      Wat het Saul die oggend voordat hy die twee onse goud uitgewas het, gesien?              (1)

 1.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.

           ''... die Bos alleen laat om sy wonde gesond te kry?'' (Reël 6)

           Dit beteken dat die ...

           A     Bosmense mekaar seergemaak het.
           B     Bos vernietig is en kans moes kry om te herstel.
           C     Bosmense op 'n ander plek moes gaan bly.
           D     Bos die houtkopers nie langer sou verryk nie.                                      (1)

 1.14      ''Miskien het die Engelse reg, miskien is hulle dom gebore …'' (Reël 9)

           1.14.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Saul het gedink dat die Engelse (teen die Bosmense gediskrimineer
                        het omdat daar nie 'n skool in die Bos was nie/die Bosmense
                        gestereotipeer het omdat die meeste nie kon lees en skryf nie).             (1)

           1.14.2       Waarom is dit wat Saul dink geloofwaardig binne die konteks van
                        die roman?                                                                  (1)

 1.15      ''Swaarkry het vir hulle soos asemhaal geword.'' (Reël 12)

           1.15.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Dit is 'n voorbeeld van 'n (vergelyking/metafoor).                          (1)

           1.15.2       Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die
                        roman?                                                                      (1)

 1.16      Waarom laat dit jou goed voel as Saul hier aan Jozef se kinders dink?
           (Reël 14)                                                                                (1)

 1.17      Wat was die direkte gevolg vir Saul toe hy besluit het om goud te delf?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        9                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.18      Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat jy moet doen wat jý dink reg
           is.

           Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Kate in haar lewe gehad het.               (2)

 1.19      Hoe kry Saul dit reg om jou saam met hom bekommerd te laat voel oor die
           houtkappers wat tevrede is om maar net soos altyd aan te gaan?                     (1)

 1.20      Die skewe sirkel van die lewe raak almal se lewens.

           Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman?                                 (1)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         10                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
          Marita van der Vyver

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS C

   ''Jy weet nie wat gebeur het nie, Hanna,'' sê Sharon sag. ''Ek is seker dit was nie vir
 haar maklik om dit te doen nie.''
   ''Sy't dit nogtans gedoen.''
   ''Jy's die een wat altyd so aangaan oor vroue wat alles kan doen wat mans kan doen.
 As sy 'n man was, sou jy nie ...''                                                          5
   ''Dis nie ék wat daaroor aangaan nie,'' knip ek haar kort. ''Dis my ma.''
   ''Partykeer is jy nes jou ma.''
   Dis nie wat ek wil hoor nie. Dis beslis nie wat ek wil hoor nie.
   ''Maar kyk hoe lyk sy, Sharon!''
   ''Oukei, ek weet, jy lýk nie soos jou ma nie, maar …''                                    10
   ''Nee! Ek bedoel, kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek, die lang
 naels, die … die … die hare! Dis goedkoop!''
   ''Wel, ek sal haar nou nie as 'n deftige dame beskryf nie.'' Dit klink of Sharon haar kop
 in haar kussing druk om nie te lag nie.
   ''Maar jy's ook die een wat altyd sê mens kan nie mense oordeel aan hoe hulle lyk nie.'' 15
   Helaas. As Sharon my moes oordeel aan hoe ek lyk – 'n vaal muis met 'n paar puisies
 wat nooit die regte klere met die regte etikette dra nie – sou ons seker nooit maats
 geword het nie.
   ''Maar alles aan haar is vals,'' hou ek vol.

 2.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord
           uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
           (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

           Hanna was ontevrede met haar lewe. Haar eerste woord was (2.1.1) …, want
           sy het alles bevraagteken. Haar ma het besluit om 'n tweede kind, (2.1.2) …,
           te hê, maar met 'n proefbuispa. Haar ma is later met Beyers getroud en hulle
           was 'n (2.1.3) … gesin wat mekaar nog moes leer ken. Hanna het nie van die
           idee gehou om saam met die gesin te gaan vakansie hou nie en het die plek
           (2.1.4) … genoem.                                                                    (4)

 2.2       ''Jy weet nie wat gebeur het nie, Hanna,'' sê Sharon sag. ''Ek is seker dit was
           nie vir haar maklik om dit te doen nie.'' (Reël 1 en 2)

           2.2.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Hanna en Sharon gesels oor Margot. Hanna (was bevooroordeeld
                       omdat sy dinge van Margot gehoor het/wou Sharon manipuleer
                       omdat Sharon háár vriendin is).                                          (1)

           2.2.2       Waarom is Hanna se optrede geloofwaardig binne die konteks van
                       die roman?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.3       Waarom was Hanna so ongelukkig omdat Sharon so laat kamer toe gekom
           het?                                                                                    (1)

 2.4       Waaroor was Amos bekommerd voordat Margot op die berg aangekom het?                     (1)

 2.5       " 'Partykeer is jy nes jou ma.'
           Dis nie wat ek wil hoor nie. Dis beslis nie wat ek wil hoor nie." (Reël 7 en 8)

           2.5.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Hanna ervaar al baie jare lank innerlike konflik oor haar ma, want sy
                        voel haar ma (is vreemd en dink anders oor dinge/kies altyd die
                        seuns in die gesin se kant).                                               (1)

           2.5.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                      (1)

 2.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

           ''Nee! Ek bedoel kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek, die
           lang naels, die … die … die hare! Dis goedkoop!'' (Reël 11 en 12)

           Die toon in Hanna se woorde kan as ... beskryf word.

           A    positief
           B    aggressief
           C    negatief
           D    vermaaklik                                                                         (1)

 2.7       In die vakansiehuis op die berg het Hanna haar gesin anders leer ken.

           Gee TWEE voorbeelde van hoe dit Hanna se verhouding met haar gesin
           positief beïnvloed het.                                                                 (2)

 2.8       Waarom kan 'n mens sê dat Sharon in hierdie uittreksel reg opgetree het
           teenoor Hanna?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            12                              DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 2.9       Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge.

           Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.9.1 tot 2.9.4) neer.

                         KOLOM A                                      KOLOM B
           2.9.1        Gavin se rooi MG het       A        Hy het almal laat lag en van die
                        in die modder vasgesit.             reën laat vergeet.

           2.9.2        Gavin het nie met die      B        Hy het klere aangetrek wat hom
                        helikopter vertrek nie.             soos 'n bosbouer laat lyk het.

           2.9.3        Gavin het die gesin        C        Hy het 'n diskodans op die tafel
                        aan 'n konsert laat                 gedoen.
                        deelneem.
                                                   D        Hy het 'n spesiale ete vir almal
           2.9.4        Gavin het geskenke                  voorberei.
                        soos slangvelbroeke
                        en stywe bloese            E        Hy het geleer dat mense se
                        gegee.                              behoeftes verskil.
                                                                                            (4 x 1)    (4)

                                                    EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

… Gavin en die seuns begin juig. Hulle klink soos 'n klomp rugby-ondersteuners wie se
span pas 'n beker gewen het.
  ''Dankie, Margot,'' sê my ma toe sy die baba weer vir Margot aangee. ''Ek sou dit nooit
sonder jou kon gedoen het nie …''
  ''Jy't al die harde werk self gedoen,'' glimlag Margot. ''Ek het jou maar net deur die ding 5
gepraat.''
  My ma skud haar kop. Dan kyk sy na my, steeds verstar teen die muur, asof sy nou
eers besef dat ek ook in die kamer is.
  ''Hanna? Wat sê jy van jou sussie?''
  Ek het 'n suster, dring dit tot my deur. Ek kyk hoe Margot twee flentertjies lap om die 10
naelstring bind en draai my kop vinnig weg toe sy 'n groot skêr optel.
  ''Dis oukei,'' troos my ma. ''Sy gaan nie seerkry nie.''
  ''Ek wil nie hê sy moet ooit in haar lewe seerkry nie,'' fluister ek.
  Ek wonder of dít is hoe dit voel om 'n suster te hê. Iets wat my binnegoed laat saamtrek
in 'n knoop. My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit 15
weer die knoop loskry nie.

''Ons wil haar 'n naam gee wat iets met water te doen het,'' kondig Mana die volgende
oggend aan terwyl ons in 'n koerende kring om haar bed saamdrom.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           13                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

2.10       Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
           wat dit in die roman gebeur.

           •   Margot het Hanna mooigemaak vir haar verjaarsdag.
           •   Tibo en Amos het Hanna se gedig gelees.
           •   Hanna het na Pampoen en Patat gaan soek.
           •   Sharon se pa het haar met 'n nuwe 4x4 kom aflaai.                                   (4)

2.11       ''Hulle klink soos 'n klomp rugby-ondersteuners wie se span pas 'n beker
           gewen het.'' (Reël 1 en 2)

           2.11.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Dit is 'n voorbeeld van (klanknabootsing/'n vergelyking).                  (1)

           2.11.2       Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die
                        uittreksel?                                                                (1)

2.12       ''Ek het jou maar net deur die ding gepraat.'' (Reël 5 en 6)

           2.12.1       Waarna verwys ''die ding''?                                                (1)

           2.12.2       Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman?             (1)

 2.13      Mana het voor die baba se geboorte na die baba as Amanzi verwys.

           Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                   (1)

 2.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer.

           ''Iets wat my binnegoed laat saamtrek in 'n knoop.'' (Reël 14 en 15)

           Dit beteken dat Hanna ...

           A     baie senuweeagtig was.
           B     die naelstring wou knoop.
           C     dadelik lief geraak het vir haar sussie.
           D     nie goed gevoel het ná wat sy gesien het nie.                                     (1)

 2.15      Hoe kry Hanna dit reg om jou saam met haar opgewonde te laat voel oor haar
           nuwe sussie?                                                                            (1)

 2.16      Waarom laat dit jou goed voel om te sien hoe almal om Mana se bed gesit het?            (1)

 2.17      Mana was baie dankbaar teenoor almal wat met die baba se geboorte gehelp
           het.

           Waarom kan jy hiermee identifiseer?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 2.18      Watter direkte gevolg het die baba se geboorte vir Gavin en Hanna gehad?                (1)

 2.19      Een van die lewenslesse in hierdie roman is om te besef dat mense tweede
           kanse kan kry.

           Noem TWEE positiewe gevolge wat die vakansie vir Margot gehad het.                      (2)

 2.20      'n Mens het nie 'n alter ego nodig om jou beter oor jouself te laat voel nie.

           Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman?                                      (1)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

    Maar haar liggaam ruk in sy arms, sodat hy haar stywer vashou. Liggaam teen liggaam
 totdat haar hortende asem bedaar en hy haar kop teen sy bors vasdruk.
   "Ek … was bang," prewel sy gesmoord.
   "Toemaar … die vuur is weg."
    Sy beweeg weg uit sy arms en gaan sit in ′n klein hopie by die tafel. Hy haal 5
 koffiebekers uit en maak sterk, swart koffie en bring dit tafel toe. Toe sy uiteindelik praat,
 is haar stem doods: "My man en my kind het … verbrand. Ek kon hulle nie kry nie. Die
 rook was te erg." Sy neem haar koffiebeker in albei hande, asof sy die hitte daarvan
 soek. Sy kyk na Jacob. Hy steek sy hand versigtig uit en vee ′n sliert hare uit haar gesig
 uit. Hy kyk na haar asof hy glad nie kan glo wat sy sê nie: "Maar dit maak nie saak … 10
 dat … want hulle was klaar dood. My man … Vincent … wou alles uitwis. En hy hét. Hy't
 die brand gestig en toe vir Ronnie geskiet. En toe homself."
    Hy praat eers ná 'n lang, geskokte oomblikke: "My God, Ryna. Hoekom het jy nie lankal
 gepraat nie? Weet Attie?"
    Sy skud haar kop en kyk stip voor haar uit.                                                 15
    "Ek wou nie daaroor praat nie. Ek wil ook nooit weer daaroor praat nie."

3.1        VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord
           uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
           (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

           Ryna het na drie jaar besluit dat sy nie teruggaan (3.1.1) … toe nie. Sy het
           besluit om Ousanna se huis op Salamanderbaai te koop. Baie mense het
           gehelp om die huisie reg te kry, sodat Ryna in (3.1.2) … (die maand) kon intrek.
           Attie het haar huis (3.1.3) … genoem. In die huis het Ryna 'n (3.1.4) … met al
           Kinnie se besittings daarin gekry.                                                      (4)

3.2        Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (3.2) neer.

           "Toemaar … die vuur is weg." (Reël 4)

           Die toon in Jacob se stem as hy met Ryna praat, kan as … beskryf word.

           A    sarkasties
           B    kwaai
           C    rustig
           D    vrolik                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                              DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

3.3        Dink aan die hele uittreksel.

           3.3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.                                (1)

                       Ryna ervaar innerlike konflik, want (sy kon nie lank gelede haar man
                       en kind red nie/die vuur het haar aan dinge laat dink wat sy liewer
                       wou vergeet).

           3.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                                            (1)

3.4        "Weet Attie?" (Reël 14)

           Waarom het Jacob hierdie vraag vir Ryna gevra?                                               (1)

3.5        Wat het Jacob en Janka by Ryna gedoen die aand voordat die brand begin
           het?                                                                                         (1)

3.6        Wat was die direkte gevolg van Vincent en Ronnie se dood vir Ryna?                           (1)

3.7        Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge.

           Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.7.1 tot 3.7.4) neer.

                        KOLOM A                                      KOLOM B
           3.7.1       Skalla het Magrietjie        A       Janka het sonder 'n ma
                       verkrag.                             grootgeword.

           3.7.2       Elsabet het Meeuland         B       Jacob het besef dat hy lief geword
                       verlaat om by Fred te                het vir Ryna.
                       wees.
                                                C           Skalla het in die tronk beland.
           3.7.3       Attie en Ryna het lekker
                       saam gekuier en pret     D           Jacob het Meeuland toe gevlug.
                       gehad.
                                                E           Janka se Kersdag het tragies
           3.7.4       Skalla het kreef                     geëindig.
                       gesmokkel naby
                       Meeuland.
                                                                                              (4 x 1)   (4)

 3.8       Jacob se optrede teenoor Ryna in hierdie situasie is anders as vroeër.

           Waarom laat hierdie optrede van Jacob jou goed voel?                                         (1)

 3.9       Hoe kry Ryna dit reg om jou die skok oor haar man en kind saam met haar te
           laat voel?                                                                                   (1)

 3.10      Die huis op Meeuland het 'n impak op Ryna se lewe gehad.

           Gee TWEE voorbeelde van hoe hierdie huis Ryna se lewe positief beïnvloed
           het.                                                                                         (2)

                                               EN
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                           DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

... "Ek kom op die ingewing van die oomblik."
   "Dis wonderlik om jou te sien! Sal ek tee bestel? Of sal ons uitgaan en iewers iets gaan
drink?"
   "Moenie moeite doen nie. Ek gaan nie lank wees nie."
   Maar hy tel tog die binnefoon op en vra tee vir twee. "Sit gerus! My aarde, man, waar              5
in die wêreld is jy? Jy het soos 'n groot speld verdwyn."
   "Ek hou skool op Salamanderbaai."
   Die tee kom ná 'n rukkie en sy skink vir hulle in. Sy voel dat hy haar dophou.
   "Hoe gaan dit?" vra hy weer.
   "Jy moet my asseblief help, Henning. Jy is al mens wat Vincent goed genoeg geken                   10
het."
   'n Frons skuif tussen sy klein swart oë in. "Ek help graag as ek kan, Camilla."
   "Destyds met die ondersoek … onthou jy, die man met die lang, blonde hare … van
wie ek gepraat het?"
   "Ek onthou," sê hy sag.                                                                            15
   "Henning," haar lippe voel droog, sodat sy eers van die warm tee drink. "Klink die naam
Schalk Blanckenberg miskien vir jou bekend?"
   Sy kyk hom intens aan. Daar is geen herkenning van dié naam in sy oë nie.
"Blanckenberg?"
   Sy knik gretig. "Hulle noem hom Skalla. Probeer asseblief onthou. Miskien is dit 'n                20
naam wat Vincent voor jou genoem het."
   Hy skud sy kop stadig. "Dit lui geen klokkie nie."

3.11       Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
           wat dit in die roman gebeur.

           •   Attie het in Windhoek gaan werk.
           •   Ryna se boek oor kusvoëls is bekendgestel.
           •   Ryna het vir Fred vertel dat Janka sy kind is.
           •   Jacob het Skalla doodgesteek.                                                              (4)

3.12       "Jy het soos 'n groot speld verdwyn." (Reël 6)

           3.12.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Hierdie is 'n voorbeeld van 'n (hiperbool/vergelyking).                            (1)

           3.12.2      Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die
                       uittreksel?                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

3.13       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (3.13) neer.

           "Dit lui geen klokkie nie." (Reël 22)

           Dit beteken dat Henning …

           A     iets kon onthou, maar nie seker is daarvan nie.
           B     glad nie die naam kon onthou nie.
           C     Vincent nie regtig goed geken het nie.
           D     die dame in sy kantoor nie gehoor het toe hy die klokkie gelui het nie.          (1)

3.14       "Ek help graag as ek kan, Camilla." (Reël 12)

           3.14.1      Na wie verwys Henning as hy die naam "Camilla" gebruik?                    (1)

           3.14.2      Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman?             (1)

3.15       Ryna het onthou dat Skalla 'n tatoeëermerk van 'n kreef op sy arm gehad het.

           Noem 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                 (1)

3.16       "Probeer asseblief onthou." (Reël 20)

           3.16.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Met hierdie woorde het Ryna (die aanname gemaak dat Henning
                        weet/probeer om Henning te manipuleer).                                   (1)

           3.16.2       Waarom is hierdie woorde van Ryna geloofwaardig binne die
                        konteks van die roman?                                                    (1)

3.17       Waarom kan 'n mens verstaan dat Henning nie vir Ryna die antwoorde wou
           gee waarna sy soek nie?                                                                (1)

3.18       Kort nadat Janka geskiet is, het dit vir Ryna belangrik geword om die waarheid
           oor Skalla uit te vind.

           Waarom kan jy met Ryna se optrede identifiseer?                                        (1)

3.19       Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat dit nooit te laat is om jou foute
           te erken nie.

           Noem TWEE positiewe gevolge wat dit aan die einde van die roman vir Fred
           gehad het.                                                                             (2)

3.20       Vreemdelinge kan soos familie vir mekaar word.

           Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman?                                     (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                             DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS G

   Van toe af ry sy elke keer saam, gewoonlik ongemaklik, maar dikwels dankbaar ná die
 lang dag.
   Dis donker toe sy die voordeur oopmaak. Dis nie gesluit nie. Braam lê reeds en slaap
 voor die televisie. Sy is honger, maar daar was nie tyd om iets by Pick n Pay te koop nie.
 Sy wonder wat hy geëet het. In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, sien 5
 sy dankbaar. Wat sou hulle sonder tannie Bets gedoen het? Sy maak vir haar koffie en
 val gulsig weg. Daar is kerriemaalvleis in die vetkoeke. Sy eet en vir die eerste keer die
 dag ontspan sy. Sy gaan haal haar geldsakkie uit die rooi sportsak in haar kamer en begin
 die dag se buit tel. Haar ma se deur is toe, sien sy dankbaar.
   Sy maak hopies met die verskillende munte op die eetblad in die kombuis. Daar is 10
 altesaam R217,35. Dis die eerste keer dat sy meer as R200 'n middag gemaak het. Sy
 kan môre weer 'n paar rand gaan bank. Sy maak gewoonlik meer op 'n Saterdag, maar
 sy weet nie hoe lank sy nog Saterdae sal kan werk nie. Juffrou Breytenbach wil hê hulle
 moet nou Saterdae ook repeteer. Sy wil elke week kop uittrek, maar sy raak op 'n manier
 geheg aan Weird Maria.                                                                     15
   ''Alles, alles niks. Too bad,'' sê Maria terwyl sy snuif.

 4.1       VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
           uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
           (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

           Lien was baie besig. Omdat sy in graad (4.1.1) ... was, het sy baie skoolwerk
           gehad. Smiddae na skool het sy op haar (4.1.2) ... gaan bedel. In die aand het
           sy haar rol as Weird Maria vir die (4.1.3) ... geoefen. Nadat Lien een aand saam
           met (4.1.4) ... huis toe gery het, het dit gereeld gebeur. Lien het later daar gaan
           kuier.                                                                                    (4)

 4.2       Wat het hierdie aand op die pawiljoen gebeur voordat Lien toneeloefening toe
           is?                                                                                       (1)

 4.3       ''In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, ...'' (Reël 5)

           4.3.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Hierdie is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/hiperbool).                         (1)

           4.3.2        Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die
                        uittreksel?                                                                  (1)

 4.4       Waarom het Lien geld gespaar?                                                             (1)

 4.5       Lien was dankbaar toe sy sien haar ma se kamerdeur is toe. (Reël 9)

           Waarom kan jy hiermee identifiseer?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                             DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (4.6) neer.

           ''Sy wil elke week kop uittrek, maar … '' (Reël 14)

           Dit beteken dat Lien …

           A    soms gevoel het sy wil nie langer deel van die toneel wees nie.
           B    die woorde wat sy moes sê uit haar kop geleer het.
           C    glad nie meer 'n pruik wou dra nie.
           D    elke week 'n ander pruik wou dra.                                                    (1)

 4.7       Waarom laat dit jou goed voel om te weet daar is iemand soos tannie Bets in
           Lien se lewe?                                                                             (1)

 4.8       Lien het dit al meer geniet om op die verhoog te wees.

           Gee TWEE voorbeelde van hoe Lien se deelname aan die toneelstuk haar lewe
           positief beïnvloed het.                                                                   (2)

 4.9       Hoe kry Lien dit reg om jou te laat voel dat sy eintlik eensaam is?                       (1)

 4.10      Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge.

           Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.10.1 tot 4.10.4) neer.

                         KOLOM A                                     KOLOM B
           4.10.1       Kuifie het ernstig met        A    Lien kon reg voorberei om op straat
                        Lien gesels.                       te bedel.

           4.10.2       Sproet het Lien               B    Lien het op die harde manier geleer
                        probeer verlei.                    dat reëls belangrik is.

           4.10.3       Roos het vir Lien goeie       C    Lien het besef dat party mense
                        raad gegee.                        verkeerde gedagtes het.

           4.10.4       Lien het by tant Malie        D    Lien het haar pa in die tronk gaan
                        se koffiewinkel gewerk.            besoek.

                                                      E    Lien het meer tyd gehad om op
                                                           haar skoolwerk te fokus.
                                                                                       (4 x 1)       (4)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS H

   ''Dis hoekom ek hier is. Hy wil weer hier kom bly, en hy wil weer kom werk.''
   Die man kyk haar 'n rukkie snaaks aan.
   ''Is sy bene of arms of iets nie af nie? Hoe de duiwel wil hy werk?'' vra hy terwyl hy op
 sy horlosie kyk.
   ''Sy bene is af, maar hy kan nog baie doen.'' Lien besef sy sal haar storie gou moet 5
 vertel. Dié man het nie tyd vir warra-warra nie. ''Hy gaan 'n karretjie hê wat hom sal help
 om oor die weg te kom. Hy sal maklik regkom. Hy werk in die week op 'n ander plek en
 kan vir die kamer betaal. Hy sal naweke die karre hier oppas, verniet. Hy vra net 'n dak
 oor sy kop. Hy sê hulle steel nogal karre hier. Veral naweke.''
   Die man kyk haar nog steeds aan asof sy pas van Mars geland het.                            10
   ''Hoe de duiwel wil hy die karre oppas? Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?''
   ''Dis nie 'n rystoel nie en ons gaan vir hom 'n fluitjie koop. As hy iets snaaks sien, gaan
 hy 'n hengse lawaai maak en die mense sal hom hoor.''
 Lien weet dis nou of nooit.
   Hy sit die gehoorstuk terug op die mikkie.                                                  15
   ''Ek is jammer vir die ou, maar dis nie die Welsyn dié nie.''

4.11       Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
           wat dit in die roman gebeur.

           •   Dirkie het gebel om uit te vind in watter hospitaal Tibbey was.
           •   Lien het die jong dominee vir die eerste keer ontmoet.
           •   Sproet het Lien na sy woonstel toe geneem.
           •   Lien het haar verjaardag saam met vriende geniet.                                    (4)

4.12       ''Hoe de duiwel wil hy werk?'' (Reël 3)

           4.12.1       Na wie verwys ''hy''?                                                       (1)

           4.12.2       Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman?              (1)

4.13       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer.

           ''Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?'' (Reël 11)

           Die toon in Meneer Van Biljon se woorde kan as ... beskryf word.

           A    vrolik
           B    hartseer
           C    sarkasties
           D    tevrede                                                                             (1)

4.14       Wouter het vir Lien gehelp om hierdie karretjie (reël 6) te maak.

           Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                        DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

4.15       ''..., maar dis nie die Welsyn dié nie.'' (Reël 16)

           4.15.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Meneer Van Biljon ervaar innerlike konflik, want hy (stem saam met
                        Lien/weet nie wat die regte ding is om te doen nie).                     (1)

           4.15.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1.                                   (1)

4.16       Hou die hele uittreksel in gedagte.

           4.16.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Lien probeer om Meneer Van Biljon te (manipuleer om welsynswerk
                        in sy omgewing te doen/oorreed om Tibbey se situasie en goeie
                        kwaliteite te verstaan).                                                 (1)

           4.16.2       Waarom is Lien se optrede geloofwaardig binne die konteks van die
                        roman?                                                                   (1)

4.17       Wat was die direkte gevolg van Lien en Hein se samewerking vir hulle
           verhouding?                                                                           (1)

4.18       Waarom kan 'n mens sê dat dit verkeerd van Roos was om Johnny van die
           entertainment corner af weg te hou?                                                   (1)

4.19       Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat ware vriende mekaar ook in
           moeilike omstandighede ondersteun.

           Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Tibbey gehad het.                             (2)

4.20       Een van die temas wat sterk in die roman na vore kom, is dat 'n mens op die
           positiewe dinge in die lewe moet fokus.

           Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman?                                    (1)
                                                                                                 [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        23                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS I

 MAMA. Maar sy het baie verlang en toe dit tyd word vir haar eerste bybie om gebore te
   word, toe wil sy huis toe gaan om haar bybie by haar mama te gaan kry.
 POPPIE. Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom. Ek weet nie of ek bly
   was nie of nie, dit gebeur mos maar net. (Sy beweeg effens weg; staan dan stil.)
 MAMA. In die eerste winter, op vyf maande, het die kindjie gesterwe aan kinkhoes.      5
 POPPIE. Ek weet nie wat dit daai jaar was nie, maar al die mense se klein kindertjies
   het afgesterwe. Ek kan nie sê dit was die swaar van die sinkhuise in die winter nie,
   want my ma het dan al haar bybies daar gekry en grootgemaak. Daai jaar was net 'n
   ander jaar, alle kinders het afgesterwe, bruin en swart.
 PLANK. Bonsile is 'n paar maande later gebore. Poppie het hom Bonsile genoem, wat 10
   beteken, ons het iets gewys, iets het reggekom. Sy Engelse naam was Stanford …
 POPPIE. My klonkie!
 PLANK. … en as sy alleen by hom is of by Mama-goed het sy sommer gesê my klonkie.
   En as sy van haar man praat, het sy gesê tata-ka-Bonsile, wat beteken pa-van-
   Bonsile, uit respek.                                                                 15
 STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê, ons
   moet nou gaan waarnatoe ons wil, …

 5.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
           uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
           (5.1.1 tot 5.1.4) neer.

           Poppie se Ouma (5.1.1) … het ná haar man se dood (5.1.2) … toe getrek omdat
           sy haar kinders naby 'n kerk en skool wou hê. Mama Lena is later met Poppie
           se pa getroud, maar hy is weg oorlog toe. Hy was 'n (5.1.3) … in die Noorde.
           Poppie is gebore en haar naam was Ntombizodumo. Haar ma het ook vir haar
           twee Engelse name gegee. Haar name was (5.1.4) … en Regina.                        (4)

 5.2       Waarom het Poppie ook vir Stone Bhuti-ka-nombi genoem?                             (1)

 5.3       Waarom kan 'n mens sê dat Stone tevrede was ná hulle besoek aan Herschel?          (1)

 5.4       Poppie het saam met die vrouens op die lande in Herschel gewerk.

           Gee TWEE voorbeelde van hoe Herschel Poppie se lewe positief beïnvloed
           het.                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 24

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             24                             DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 5.5       ''Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom.'' (Reël 3)

           5.5.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Poppie het innerlike konflik ervaar, want sy (was onseker of dit die
                        regte tyd was om 'n kind te hê/wou graag verder leer).                         (1)

           5.5.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.5.1.                                          (1)

 5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer.

           ''Ek kan nie sê dit was die swaar van die sinkhuise in die winter nie, want my
           ma het dan al haar bybies daar gekry en grootgemaak.'' (Reël 7 en 8)

           Die toon in Poppie se stem kan as … beskryf word.

           A    kwaad
           B    onseker
           C    tevrede
           D    gelukkig                                                                               (1)

 5.7       ''Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê, ons moet nou gaan waarnatoe ons
           wil, ...'' (Reël 16 en 17)

           5.7.1        Na wie verwys die ''ons''?                                                     (1)

           5.7.2        Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die uittreksel?            (1)

 5.8       Waarom laat dit jou goed voel dat Poppie haar seun toe Bonsile genoem het?                  (1)

 5.9       Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge.

           Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.9.1 tot 5.9.4) neer.

                         KOLOM A                                       KOLOM B
           5.9.1       Teen Kerstyd kon Poppie        A      Poppie se dogters het in Herschel
                       nie weer haar pas                     gaan bly.
                       verleng nie.
                                                      B      Vukile is deur 'n dwaalklip getref.
           5.9.2       Stone het gesterf.
                                                      C      Jakkie moes vlug vir die polisie.
           5.9.3       Die jongmense het
                       hulleself die Comrades         D      Poppie en haar kinders moes
                       begin noem.                           Mdantsane toe gaan.

           5.9.4       Tweede Kersdag het die         E      Die oorlog teen die sjebeens het
                       jongmense oorlog teen                 begin.
                       die migrants gemaak.
                                                                                           (4 x 1)     (4)
                                                   EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 25

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         25                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS J

 POPPIE (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons dan? Ek
   wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar sonder my.
 HOEDJIE. Maar tata-ka-Bonsile was tevrede met die huis en die mielies wat Poppie
   geplant het. Die kinders het goed gedoen in die skool, dis net Bonsile wat nog
   steeds sy eie pad geloop het, vir wie Poppie snags wakker gelê het, lê en wag het 5
   dat hy moet inkom.
 PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe.
 JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.

 Poppie sit op blik, skryf 'n brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.

 POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het verkeerd 10
   gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die moeilikheid is met ons
   meisiekind.

 Aan die ander kant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief.

 STONE. Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is 'n weeskind.
   Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8. Die mense wat die 15
   geld vra, sê hulle het haar grootgemaak en nou is sy pregnant deur hom. Bonsile
   het haar geleerdheid bederf.
 MOSIE. Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede. Maar
   daar het hierdie tyd 'n groot eensaamheid en verlange in Poppie se hart gekom.

5.10       Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
           wat dit in die drama gebeur.

           •   Poppie het inslaapwerk by die kwekery gekry.
           •   Poppie het agt pond 'n maand by Mrs Scobie verdien.
           •   Mrs Swanepoel het Poppie gehelp om haar pas reg te kry.
           •   Poppie het by die garage gewerk en by die Union Kollege geleer.                 (4)

5.11       Wat het in Stone se lewe gebeur voordat Poppie weg is Ciskei toe?                   (1)

5.12       Kindjie en Fezi het na Stone se dood by Jakkie gaan bly.

           Gee 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.               (1)

5.13       ''Almal kom klaar sonder my.'' (Reël 2)

           Hoe kry Poppie dit reg om jou jammer vir haar te laat voel?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020-memo/89a7509b-2f93-4fbc-b439-e6a5eb70b0fc) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
