# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2025, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/bedbdc6b-c2b2-4fbb-a72f-8c696660a094
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/bedbdc6b-c2b2-4fbb-a72f-8c696660a094)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              NOVEMBER 2025

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             2                     DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

           AFDELING A:         Opstel                       (50)
           AFDELING B:         Lang transaksionele teks     (30)
           AFDELING C:         Kort transaksionele teks     (20)

 2.        Beantwoord EEN vraag in elke afdeling.

 3.        Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.

 4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

 5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
           kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
           die finale produk vir elke afdeling skryf.

 6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
           aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

 7.        Beplan jou tyd só:

           AFDELING A:         80 minute
           AFDELING B:         40 minute
           AFDELING C:         30 minute

 8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

 10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE.

 11.       MOENIE met 'n potlood skryf NIE.

 12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A: OPSTEL          2025

 VRAAG 1

 •     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
       VRAAG 1.1 tot 1.8.

 1.1       Dít het ek by my maat(s) geleer                                                          [50]

 1.2       Die huis op die hoek van die straat                                                      [50]

 1.3       Ek sien uit na 2026!                                                                     [50]

 1.4       ''Nee'' is die moeilikste woord om te sê                                                 [50]

 1.5       Vryheid                                                                                  [50]

 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel oor 'n onderwerp waaraan jy kan
 dink. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en gee jou opstel 'n geskikte titel.

 LET WEL:       Jou opstel moet met die prent verband hou.

 1.6

                                                         [Bron: Eksaminator eie werk]               [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         4                      DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.7

                                                        [Bron: fineartamerica.com]          [50]

 1.8

                                                        [Bron: DALL·E/ChatGPT]              [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

 VRAAG 2

 •     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
 •     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

 2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

           Jy was by 'n lekker musiekkonsert en het die aand baie geniet.

           Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou maat om vir hom/haar van hierdie
           lekker konsert te vertel.                                                              [30]

 2.2       DEKBRIEF (FORMELE BRIEF)

           Daar is 'n pos as onderwysassistent by Laerskool Sonskyn. Jy wil graag
           onderwys studeer en dink dit is 'n goeie kans om geld te verdien én te leer.

           Jou naam is Zintle Cona. Skryf die DEKBRIEF aan meneer Dickson, hoof van
           Laerskool Sonskyn, wat jy saam met hierdie CV gaan ingee.

            Van:                        Cona
            Volle name:                 Zintle
            Geboortedatum:              15 Mei 2006
            Identiteitsnommer:          0605159999999
            Adres:                      Hoofstraat 20, Noordburg, 2000
            Kontaknommer:               062 321 4567
            Hoogste graad geslaag:      Graad 12
            Ervaring:                   Toesighouer by Blommetjie Nasorgsentrum
            Belangstellings:            Atletiek, kuns en lees
            Tale (wat jy kan praat):    Afrikaans, Engels en isiXhosa                             [30]

 2.3       HULDEBLYK

           Jou oom by wie jy baie van jou kultuur en tradisies geleer het, is onlangs dood.

           Skryf die HULDEBLYK wat jy by jou oom se gedenkdiens gaan lewer.                       [30]

 2.4       INFORMELE TOESPRAAK

           Die skoolhoof het jou gevra om tydens julle laaste skooldag 'n INFORMELE
           TOESPRAAK te lewer. Jy moet namens die graad 12-leerders praat oor die vyf
           jaar wat julle saam op skool was.

           Skryf jou TOESPRAAK.                                                                   [30]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

 VRAAG 3

 •     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
 •     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

 3.1       UITNODIGINGSKAARTJIE

           Jy word een van die dae 18 en wil graag 'n lekker partytjie saam met jou maats
           hou.

           Skryf die UITNODIGINGSKAARTJIE om jou maats na jou 18de verjaardag-
           partytjie uit te nooi.                                                           [20]

 3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jou gunstelingonderwyser het die skool verlaat. Daar is 'n nuwe onderwyser in
           sy/haar plek.

           Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

           •   Die aand nádat jy jou gunstelingonderwyser gegroet het
           •   Die aand nádat jy vir die eerste keer in die nuwe onderwyser se klas was     [20]

 3.3       RIGTINGAANWYSINGS

           'n Onderwyser van 'n ander skool moet 'n vergadering by julle skool kom
           bywoon.

           Gee vir die onderwyser duidelike rigtingaanwysings hoe om van die taxi-
           staanplek onder in die dorp tot by julle skool te kom. Noem 'n paar straatname
           en bakens.

           Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys, onder mekaar en in volsinne
           neer.                                                                            [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:         20
                                                                     GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
