# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November Mock 2026 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Mock Exam 2026, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2026-nsc-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/65204d29-fac6-4b05-a806-03005e75a8f2
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2026
- Exam period: NSC November Mock Exam
- Paper: 1
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November Mock 2026 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2026-nsc-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/65204d29-fac6-4b05-a806-03005e75a8f2)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Proef

                             hlayiso mock exams
                             Oefenreeks:
                             Graad 12 NSS-voorbereiding
                             WWW.HLAYISO.COM

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
                               PROEFEKSAMEN 2026

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                        Hlayiso/Proef 2026
                                          NSS Proef

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
       AFDELING A: Leesbegrip             (30)
       AFDELING B: Opsomming              (10)
       AFDELING C: Taal                   (40)
2.     Beantwoord AL die vrae.
3.     Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4.     Trek ’n streep ná elke afdeling.
5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.
6.     Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord.
7.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8.     Beplan jou tyd só:
       AFDELING A: 50 minute
       AFDELING B: 20 minute
       AFDELING C: 50 minute
9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           3                                   Hlayiso/Proef 2026
                                            NSS Proef

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL

                          LEBO SE BIBLIOTEEK OP TWEE WIELE

 1      Elke Saterdagoggend presies om nege-uur hoor die kinders in Lebo Mahlangu
        se straat in Soweto ’n fietsklokkie lui. Dan weet hulle: die “boekfiets” is hier!
 2      Lebo is sestien jaar oud en ’n graad 11-leerder. Twee jaar gelede het sy
        agtergekom dat baie kinders in haar buurt nie boeke by die huis het nie. “Die
        naaste biblioteek is vyf kilometer ver. Vir ’n kind van agt jaar is dit te ver om te                5
        loop,” sê sy.
 3      Lebo het ’n plan gemaak. Sy het haar oupa se ou fiets met ’n mandjie voor en
        ’n houtkis agter opgeknap. Toe het sy briewe aan skole, kerke en besighede
        geskryf en hulle gevra om ou kinderboeke te skenk. Binne drie maande het sy
        meer as 400 boeke gehad!                                                                           10
 4      Die kinders mag elke week twee boeke uitneem. Die volgende Saterdag bring
        hulle dit terug en kry hulle nuwe boeke. Lebo hou ’n skrif waarin sy elke kind
        se naam en boeke neerskryf. “Ek is baie streng,” lag sy. “As jy jou boek verloor,
        moet jy vir my ’n prentjie teken van wat jy dink in die storie gebeur het.”
 5      Maar die boekfiets is meer as net ’n biblioteek. Ná die uitruil sit Lebo onder                     15
        die groot boom op die hoek en lees sy vir die kleintjies hardop voor. Sommige
        kinders kon nie lees nie toe hulle die eerste keer gekom het. Nou lees hulle self
        vir hul jonger boeties en sussies.
 6      Lebo se ma, Grace, is trots op haar dogter. “Sy was nog altyd ’n boekwurm. Sy
        het onder die komberse met ’n flits gelees as sy moes slaap!”                                      20
 7      Dit was nie altyd maklik nie. In die winter het dit soms gereën en moes Lebo die
        boeke met plastiek toemaak. Een keer was die fiets se band pap en moes sy
        die swaar fiets twee kilometer huis toe stoot. “Ek het amper opgegee,” erken sy.
        “Maar toe dink ek aan die kinders se gesigte.”
 8      Verlede jaar het ’n plaaslike fietswinkel van haar storie gehoor en vir haar ’n                    25
        nuwe fiets met ’n sterk bagasierak geskenk. Nou wil Lebo ’n tweede boekfiets
        in ’n buurt naby haar begin.
 9      Lebo se droom is om eendag ’n onderwyseres te word. “Boeke het vir my die
        wêreld oopgemaak,” sê sy. “Ek wil hê elke kind moet daardie sleutel hê.”

                                          [Eksaminator se eie teks. Die name in die artikel is fiktief.]
LET WEL:
     • Beantwoord AL die vrae.
     • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                              Hlayiso/Proef 2026
                                           NSS Proef

1.1      VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN woord
         uit paragraaf 1 in te vul.
         Die boekfiets kom elke (1.1.1) … na Lebo se straat. Dit kom presies om
         (1.1.2) … Die kinders weet die boekfiets is daar, want hulle hoor ’n (1.1.3)
         … lui.                                                                                (3)
1.2      Hoe oud is Lebo?                                                                      (1)
1.3      Waarom kan baie kinders in Lebo se buurt nie self biblioteek toe gaan nie?            (1)
1.4      “Lebo het ’n plan gemaak.” (Paragraaf 3)
         Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (1.4) neer.
         Hier beteken “’n plan gemaak” dat Lebo …
         A      ’n kaart van die buurt geteken het.
         B      ’n oplossing vir die probleem gevind het.
                                                                                               (1)
         C      ’n vergadering met die kinders gehou het.
         D      die regering om hulp gevra het.
1.5      Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die getal in KOLOM A pas. Skryf net
         die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) neer.

                  KOLOM A                              KOLOM B
          1.5.1      400               A     aantal boeke wat ’n kind per week
                                             mag uitneem
          1.5.2      twee              B     Lebo se ouderdom
          1.5.3      vyf kilometer     C     aantal boeke wat binne drie maande
                                             geskenk is
          1.5.4      twee kilometer    D     afstand na die naaste biblioteek
                                       E     afstand wat Lebo die fiets moes stoot
                                                                            (4 x 1) (4)
1.6      Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
         As ’n kind sy/haar boek verloor, moet hy/sy (geld betaal/’n prentjie teken).          (1)
1.7      “Ek is baie streng,” lag sy. (Reël 13)
         Is Lebo regtig baie streng met die kinders? Motiveer jou antwoord.                    (1)
1.8      Lees paragraaf 5.
         Noem TWEE maniere waarop die boekfiets meer as net ’n biblioteek vir die
         kinders is.                                                                           (2)
1.9      “Sy was nog altyd ’n boekwurm.” (Reël 19)
         Verduidelik in jou eie woorde wat ’n “boekwurm” is.                                   (1)
1.10     Gee EEN bewys uit paragraaf 6 dat Lebo ’n boekwurm is.                                (1)
1.11     Noem TWEE probleme wat Lebo met die boekfiets gehad het.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        5                       Hlayiso/Proef 2026
                                         NSS Proef

1.12     Waarom het Lebo nie opgegee nie?                                           (1)
1.13     Lebo het self ’n nuwe fiets gekoop.
         Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                (1)
1.14     Noem EEN ding wat Lebo in die toekoms wil doen.                            (1)
1.15     “Ek wil hê elke kind moet daardie sleutel hê.” (Reël 28)
         Waarna verwys die woord “sleutel” in hierdie sin?                          (1)
1.16     Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies en gee ’n rede vir
         jou keuse.
         Lebo is ’n (selfsugtige/vasberade) jong meisie.                            (1)
1.17     Sal jy graag iets soos Lebo vir jou gemeenskap wil doen? Motiveer jou
         antwoord.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                  6                                  Hlayiso/Proef 2026
                                                   NSS Proef

TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                  HOE SPANDEER TIENERS HUL VRYE TYD?

            Sosiale media                                                                      14

       Televisie en video’s                                               9

  Speletjies op die foon                                          7

                     Sport                                    6

  Tyd saam met familie                                5

           Lees vir plesier                3

                              0     2          4          6           8       10    12        14       16
                                                   Gemiddelde aantal ure per week
                   Resultate van ’n opname onder 300 leerders by een hoërskool in Gauteng
                                                             [Eksaminator se eie teks. Die data is fiktief.]

1.18        Aan watter aktiwiteit spandeer die tieners die meeste tyd?                                  (1)
1.19        Hoeveel uur per week lees die tieners vir plesier?                                          (1)
1.20        Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
            Die tieners spandeer (meer/minder) tyd aan sport as aan speletjies op die
            foon.                                                                                       (1)
1.21        Hoeveel uur per week MEER spandeer die tieners aan sosiale media as aan
            tyd saam met hulle familie?                                                                 (1)
1.22        Waarom, dink jy, sal Lebo (TEKS A) bekommerd wees as sy na hierdie grafiek
            kyk?                                                                                        (1)
1.23        Waarom kan ons nie sê dat hierdie inligting vir AL die tieners in Suid-Afrika
            geld nie?                                                                                   (1)
                                                             TOTAAL AFDELING A:                        30

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          7                               Hlayiso/Proef 2026
                                           NSS Proef

AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Baie tieners gebruik sosiale media elke dag, maar nie almal weet hoe om veilig te bly nie.
INSTRUKSIES
1.     Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM VEILIG OP SOSIALE MEDIA TE
       BLY, in jou EIE VOLSINNE op.
2.     Skryf die wenke puntsgewys neer.
3.     Nommer die wenke van 1 tot 7.
4.     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.     Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
                             BLY VEILIG OP SOSIALE MEDIA!
 Sosiale media is pret. Jy kan met vriende gesels, foto’s deel en nuwe dinge leer. Maar daar
 is ook gevare. Hier is ’n paar wenke.
 Jou wagwoord is soos die sleutel van jou huis. Kies ’n sterk wagwoord met letters, syfers
 en simbole, en moet dit nooit vir iemand anders gee nie – selfs nie vir jou beste vriend nie.
 Gaan na die instellings van jou rekening en maak jou profiel privaat. Dan kan net jou
 vriende sien wat jy plaas. Moet ook nooit jou huisadres, die naam van jou skool of jou
 selfoonnommer aanlyn plaas nie. Skelms kan hierdie inligting maklik misbruik.
 Kry jy ’n vriendversoek van iemand wat jy nie ken nie? Moenie dit aanvaar nie. Mense is
 nie altyd wie hulle sê hulle is nie.
 Onthou: wat eers op die internet is, bly op die internet. Dink dus twee keer voordat jy ’n foto
 of boodskap plaas. Sal jy gemaklik voel as jou ouma of jou toekomstige baas dit sien?
 Ongelukkig is daar mense wat ander aanlyn boelie. As iemand vir jou gemene boodskappe
 stuur, moenie terugskryf nie. Blokkeer die persoon en rapporteer die boodskappe eerder.
 Laastens: moenie alleen met ’n probleem sit nie. Praat met ’n volwassene wat jy vertrou,
 soos ’n ouer of onderwyser, as iets aanlyn jou ongemaklik of bang laat voel.
 Sosiale media kan baie lekker wees – as jy dit slim gebruik!
                                                                        [Eksaminator se eie teks]
                                                             TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             8                                  Hlayiso/Proef 2026
                                              NSS Proef

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

   • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
   • Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
     moet word.
   • Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS D

         LEER SWEM HIERDIE SOMER!
                    Is jy bang vir water? Wil jy veilig wees by die see? (3.2)
      Dan is die Waterpret-swemskool die beste swemskool in die land! (3.3)
                             Ons afrigters is ervaare en geduldig. (3.1)

          Kinders (5–12 jaar)          Tieners (13–18 jaar)                 Volwassenes
            R350 per maand               R400 per maand                    R450 per maand
                                                                                            (3.4)
       Klasse: Maandag tot Donderdag, 15:00–18:00 by die Munisipale Swembad (3.7)
       Kursus begin: (3.6) 15 Januarie 2027
       Hoe skryf jy in? Skandeer die QR-kode of bel mev. Sandra Jacobs by 000 000 0000.
       Bring saam: ’n swembroek, ’n handdoek en sonroom.

             Swem is ’n (gesonde/gesondheid) oefening vir die hele gesin! (3.10)

         1                              2                              3

                                                 fluitjie                       strand

                                            (3.5) (3.8) (3.9)

                         [Eksaminator se eie teks. Die swemskool en kontakbesonderhede is fiktief.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        9                              Hlayiso/Proef 2026
                                         NSS Proef

3.1      Verbeter die SPELFOUT in die sin.
         Ons afrigters is ervaare en geduldig.                                            (1)
3.2      Wat is die doel van die twee retoriese vrae onder die opskrif?                   (1)
3.3      Dan is die Waterpret-swemskool die beste swemskool in die land!
         Motiveer waarom hierdie stelling ’n MENING is.                                   (1)
3.4      Waarom het die adverteerder die pryse in blokkies geplaas? Gee EEN rede.         (1)
3.5      Volwassenes mag nie by die Waterpret-swemskool swemlesse neem nie.
         Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                      (1)
3.6      Skryf die GETAL in woorde.
         Kursus begin: (15) Januarie 2027                                                 (1)
3.7      Op watter dag van die week is daar NIE swemklasse nie? Noem EEN.                 (1)
3.8      Watter belangrike inligting oor die plek waar die klasse aangebied word, is
         uit die advertensie weggelaat?                                                   (1)
3.9      Watter EEN van die drie prentjies, dink jy, pas die beste by hierdie
         advertensie? Motiveer jou antwoord.                                              (1)
3.10     Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
         Swem is ’n (gesonde/gesondheid) oefening vir die hele gesin!                    (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                       10                                  Hlayiso/Proef 2026
                                                        NSS Proef

VRAAG 4: STROKIESPRENT

    • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
    • Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E
   RAAMPIE 1                                RAAMPIE 2                            RAAMPIE 3
     Die laaste stukkie                                                                WAT GAAN HIER AAN?!
       koek is myne!                         LOS DIT!
                          Nee! Ek het dit                         JY LOS DIT!!
                          eerste gesien!

   RAAMPIE 4                                RAAMPIE 5                            RAAMPIE 6
                                                                                                Dankie! Ek
     Hy het begin!                                       Julle moet die          RAKKER!!!      deel graag.
                           Sy het begin!                   koek deel.

                                                        HAP!

                                                                                 [Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Zinhle en haar broer Thabo staan by ’n tafel met een stukkie
koek op ’n bord. RAAMPIE 2: Albei trek aan die bord en frons. RAAMPIE 3: Ma staan in die deur met
haar hande op haar heupe. RAAMPIE 4: Die kinders wys na mekaar. RAAMPIE 5: Terwyl Ma praat,
eet Rakker, die hond, die koek onder die tafel op. RAAMPIE 6: Die bord is leeg; die kinders gooi hul
hande in die lug en Rakker lek sy bek af.

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         11                         Hlayiso/Proef 2026
                                          NSS Proef

4.1      Kyk na RAAMPIE 1.
         Hoe weet ons dat albei kinders die koek wil hê?                                (1)
4.2      Kyk na RAAMPIE 2.
         Watter tegniek word gebruik om te wys dat die kinders kwaad is? Noem EEN.      (1)
4.3      Kyk na RAAMPIE 3.
         Hoe voel Ma? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord.                           (2)
4.4      Skryf Ma se woorde in RAAMPIE 5 in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in
         jou sin gebruik.
         Julle moet die koek deel.
         Begin só: Ma sê …                                                              (1)
4.5      Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
         Die laaste stukkie koek is myne!                                               (1)
4.6      Kyk na RAAMPIE 5.
         Wat wys die woord “HAP!” vir ons?                                              (1)
4.7      Waarom is Rakker se gedagte in RAAMPIE 6 snaaks?                               (1)
4.8      Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
         In RAAMPIE 6 is die kinders (verbaas/bly).                                     (1)
4.9      Watter les kan die kinders uit hierdie situasie leer?                         (1)
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            12                                  Hlayiso/Proef 2026
                                             NSS Proef

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

      • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
        gebaseer.
      • Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet
        word.
      • Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1        Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
                       TIENER BOU ROBOT WAT VULLIS SORTEER
 Sipho Ndlovu is ’n (5.1.1) (leer) aan ’n hoërskool in Polokwane. Hy werk (5.1.2) (elke dag)
 aan ’n robot wat vullis sorteer. (5.1.3) (Die robot sorteer plastiek, glas en papier.) Hy het die
 robot uit (5.1.4) (oud) onderdele van rekenaars en speelgoed gebou.
 “Dit is die (5.1.5) (goed) projek wat ek nog gesien het,” sê sy wiskunde-onderwyser. Sipho se
 (5.1.6) (ouer) het hom van die begin af ondersteun, maar hy het (5.1.7) (hy/sy) eie sakgeld
 gebruik om die onderdele te koop. Dit was eers net ’n (5.1.8) (skool + projek), maar nou wil
 ’n plaaslike herwinningsmaatskappy met hom praat.
 (5.1.9) Sipho werk (in die motorhuis) (saam met sy pa) (elke middag). Hy is baie trots
 (5.1.10) (…) sy robot. (5.1.11) (Die robot is deur Sipho in die motorhuis gebou.) Volgens
 hom is die (5.1.12) (wetenskaplike) beginsels eintlik eenvoudig.
 Sipho wil ander leerders help om ook te bou, (5.1.13) (bv.) ’n robot wat plante natgooi.
 (5.1.14) (Hy wil ingenieurswese studeer. Hy is lief vir wiskunde.)
                                                         [Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.]

           5.1.1     Vorm ’n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord
                     tussen hakies.
                     Sipho Ndlovu is ’n (leer) aan ’n hoërskool in Polokwane.                       (1)
           5.1.2     Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
                     Hy werk (elke dag) aan ’n robot wat vullis sorteer.                            (1)
           5.1.3     Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
                     Die robot sorteer plastiek, glas en papier.                                    (1)
           5.1.4     Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
                     Hy het die robot uit (oud) onderdele van rekenaars en speelgoed
                     gebou.                                                                         (1)
           5.1.5     Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
                     Dit is die (goed) projek wat ek nog gesien het.                                (1)
           5.1.6     Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
                     Sipho se (ouer) het hom van die begin af ondersteun.                           (1)
           5.1.7     Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.
                     Hy het (hy/sy) eie sakgeld gebruik om die onderdele te koop.                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          13                              Hlayiso/Proef 2026
                                           NSS Proef

         5.1.8     Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
                   Dit was eers net ’n (skool + projek).                                      (1)
         5.1.9     Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.
                   Sipho werk (in die motorhuis) (saam met sy pa) (elke middag).              (1)
         5.1.10    Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
                   Hy is baie trots (…) sy robot.                                             (1)
         5.1.11    Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM.
                   Die robot is deur Sipho in die motorhuis gebou.                            (1)
         5.1.12    Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
                   Volgens hom is die (wetenskaplike) beginsels eintlik eenvoudig.            (1)
         5.1.13    Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit as ’n woord.
                   Sipho wil ander leerders help om ook te bou, (bv.) ’n robot wat plante
                   natgooi.                                                                   (1)
         5.1.14    Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
                   Hy wil ingenieurswese studeer. Hy is lief vir wiskunde. (omdat)            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          14                                  Hlayiso/Proef 2026
                                           NSS Proef

5.2      Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT

                      Marietjie             Wolf                  Pietie              Johan

                                                                           [Eksaminator se eie prent]

         5.2.1     Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ’n sin sodat
                   die betekenis duidelik is.
                   Wolf hardloop agter die (bal) aan.                                             (1)
         5.2.2     Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
                   Marietjie (laat/maak) haar vlieër hoog in die lug vlieg.                       (1)
         5.2.3     Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
                   Die (boom) gee lekker koelte.                                                  (1)
         5.2.4     Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
                   Johan drink (koue) water, want dit is warm.                                    (1)
         5.2.5     Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
                   Pietie ry met sy (bike) deur die park.                                         (1)
         5.2.6     Skryf die sin in die ONTKENNING.
                   Die kinders speel in die park.                                                (1)
                                                                                                [20]
                                                             TOTAAL AFDELING C:                  40
                                                                 GROOTTOTAAL:                    80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
