# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/2cba6fda-ddeb-4689-a8fc-d5af1d0b2f09
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/2cba6fda-ddeb-4689-a8fc-d5af1d0b2f09)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2023

              AFRIKAANS HUISTAAL V1
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

 AFDELING A: LEESBEGRIP
 VRAAG 1
 Nasien van die leesbegrip:
 •     Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien
       nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet
       wel aangetoon word.)
 •     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
       NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
 •     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
       aanhalingstekens ontbreek nie.
 •     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit korrek
       mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
 •     Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele
       reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
 •     Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
       verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die
       vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die
       vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
 •     Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)

  Vraag                                    Antwoord                                           Punt
 1.1.1       (Die druk op sportmense) om te presteer √                                          1

 1.1.2       “ál meer” √
             Sbu Nkosi / Naomi Osaka / Serena Williams / Ben Stokes. √                         2

             Die antwoorde moet onafhanklik van mekaar nagesien word.

 1.2         Fiksheid, vaardighede, kondisionering, geesteswelstand. √√√√                      4

             Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.3         Hulle verwag om vermaak te word / geniet die prestasies / is tevrede met
             goeie prestasies, maar gebeur dit nie, is daar oordeel, selfs mondelinge
             aanvalle op spelers. √                                                            1

             Die kandidaat moet na BEIDE kante van die kontras vir EEN punt verwys.

 1.4         Naomi Osaka het (in 2021) uit die Franse Ope onttrek. / Ben Stokes het in
             2021 die jaar lank gerus. / Serena Williams het die geestesgesondheid-
             platform, Wondermind, gestig. √√                                                  2

             Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   3

 1.5       Sportsterre wen soms wedstryde, maar verloor ook soms. √
           Sportsterre se geestesgesondheid is soms goed; soms swak. √                     2

           Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige TWEE soortgelyke antwoorde
           vir EEN punt elk aan.

 1.6       Daar is geen genade vir sportlui wat onderpresteer nie, juis omdat die
           publiek verwag dat jy altyd uitstaande moet presteer. √                         1

 1.7       Die waarde word deur die publiek bepaal. / Alhoewel die sportster sy bes
           probeer, het hy nie volle beheer oor die uitslag / sy prestasie nie. √          1

           Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.8       Hulle word nie in die geheel (holisties) ontwikkel nie.                         1

 1.9.1     Die voordeel: Die leerder kry meer geleenthede om sy talent te wys / te
           ontwikkel.
           Nadeel: Die leerder swig sonder ondersteuning onder die druk van die
           hoë verwagtinge van ander. √√                                                   2

           Kandidaat bied enige soortgelyke TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.9.2     Dit gaan vir skole meer oor die aansien / naam / prestasie van die skool
           (as die ontwikkeling van leerders).
                                               OF
           Sommige van dié spelers swig onder die druk en ontwikkel nie. √                 1

           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.10.1    Hy is ŉ sport wetenskaplike aan die US. / Hy is betrokke by afrigting op
           klub vlak.                                                                      1

           Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.

 1.10.2    Mening – Hy “vermoed” dit.                                                      1

 1.11      Hy kom uit ŉ mindergegoede agtergrond, maar is steeds geestelik sterk.          1

           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.12      Ja, navorsing het bewys dat 42% van internasionale spelers
           geestesprobleme ervaar teenoor die 20-25% van die wêreldbevolking wat
           angs en stres ervaar. √

           Nee kan nie as antwoord oorweeg word nie.                                       1

 1.13.1    Hulle sal makliker geestesprobleme ervaar / met geesteswelstand sukkel
           / sukkel om druk te verwerk.                                                    1

           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

  1.13.2    Ja, dit is moontlik, want ouers kan die leerders teen die druk beskerm.

                                                 OF

            Nee, op skool sal afrigters / onderwysers steeds druk op leerders plaas. √
                                                                                            1
            Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige soortgelyke antwoord vir EEN
            punt aan.

  1.14.1    Hospitaal / -saal / -bed √                                                      1

  1.14.2    Die bed se struktuur / pasiëntlêer teen bed / monitor teen muur / funksies
            word gemonitor / drup / arm en been opgelig. √                                  1

            Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

  1.15      Die woorde hoort nie in ŉ hospitaal waar lewens gered word nie, want dit
            verwys na die dood. /
            ŉ Mens verwag dié woorde eerder op ŉ grafsteen as in ŉ hospitaal. √             1

            Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

  1.16       Die woorde “Plan B” dui daarop. √                                              1

  1.17      Onrealistiese druk word in beide tekste op sportlui geplaas. √                  1

            Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

  1.18      TEKS B se speler het fisiese probleme; dié in TEKS A worstel met
            sielkundige / geestelike / emosionele probleme. √                               1

            Die kandidaat moet na BEIDE tekste vir EEN punt verwys.

                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   5

 AFDELING B:

 VRAAG 2

 Nasien van die opsomming:

 • Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante
     feite in die teks wat met die vraag ooreenstem.
 •   Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
     opskrif/titel te voorsien nie.
 •   Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
 •   Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
 •   Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
     word die eerste opsomming nagesien.
 •   Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
 •   Punte word soos volg toegeken:
     o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
     o 3 punte vir taal
     o Puntetotaal: 10

 •   Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks
     aangehaal het nie:
     o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
     o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
     o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
 •   Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat woordeliks
     aangehaal het:
     o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
     o 4–5 direkte aanhalings: ken maksimum 1 punt vir taal toe
     o 2–3 direkte aanhalings: ken maksimum 2 punte vir taal toe

 LET WEL:
 • Tel van woorde:
   o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
   o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
       het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
   o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
       woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.

 Moontlike antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM
 aangebied word.
 Veganistiese voedsel word makliker en vinniger verteer. Veganisme verseker goeie
 immuniteit. Geen koolstofvoetspoor word (tydens verbouing) agtergelaat nie. Gebruikers
 neem nie (nadelige) karsinogene / kankerwekkende stowwe in nie. Jy het glad nie ŉ
 vrieskas nodig nie. Jy kan jou kos in jou eie tuin produseer. Voedsel vir veganiste is
 goedkoper (as vleis, vis en pluimveeprodukte).
                                                                            [54 woorde]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

           AANHALINGS UIT DIE TEKS                           EIE WOORDE
  •   “... dat vertering van voedsel makliker    Voedsel word makliker en vinniger
      én vinniger plaasvind.”                    verteer.
  •   “... wat goeie immuniteit verseker.”       Veganisme verseker goeie
                                                 immuniteit.
  •   “... word verbou sonder om ŉ               Geen koolstofvoetspoor word
      koolstofvoetspoor agter te laat.”          (tydens verbouing) agtergelaat nie.
  •   “...bevat nie karsinogene (kanker-         Gebruikers neem nie (nadelige)
      wekkende stowwe) wat nadelig vir die       karsinogene / kankerwekkende
      mens is nie.”                              stowwe in nie.
  •   “... dat jy nie ... ŉ vrieskas nodig het   Jy het glad nie ŉ vrieskas nodig nie.
      nie.”
  •   “... dan kan jy self jou kos in jou eie    Jy kan jou kos in jou eie tuin
      tuin produseer.”                           produseer.
  •   “... is plantaardige kos ...               Voedsel vir veganiste is goedkoper
      goedkoper as vleis, vis en                 (as vleis, vis en pluimveeproddukte).
      pluimveeprodukte.”
                                                                  (Getal woorde: 54)

                                                             TOTAAL AFDELING B:            10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                                7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
   ➢ Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek
      nie tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling
      die aspek is wat geassesseer word.
   ➢ Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
   soos in die instruksie aangedui.
• By meervoudigekeusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die
   antwoord wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag                                       Antwoord                                       Punt
3.1       Dit sê dat/ dui daarop dat hierdie produk slegs op Netwerk 24 te kry is / nie
          op enige ander plek beskikbaar is nie. √                                          1

3.2       Klank(e) wat vrygestel word, word voorgestel. √                                   1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.3       Die groter letters / skrif / lettergrootte /
          die uitroepteken. √√                                                              2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.4       Ander boeke word gelees (deur die leser) terwyl hierdie boek (aan die
          luisteraar) voorgelees word. √                                                    1

3.5       Die hond beweeg in ŉ rigting, soos beweging ook deur die woorde Op pad
          geïmpliseer word. √                                                               1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.6       Daar is elke maand twee nuwe boeke om na te luister. / Die intekengeld is
          relatief goedkoop (slegs R99 per maand). / Die geleentheid om na boeke te
          luister word aan jou gebied. √√                                                   2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.7       intekenaar √                                                                      1

3.8       Die leser dink (vir ŉ kort rukkie) na wát die bedrag kan wees. / Spanning
          word geskep. / Klem word gelê op die feit dat dié ŉ redelik klein bedrag
          is. √                                                                             1
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

  Vraag                                   Antwoord                                        Punt
  4.1       Dit / Die groterwordende woorde (of letters) dui daarop dat die naam
            (toenemend) harder uitgeroep word. √                                            1

  4.2       Hy / Jeremy verskaf ŉ antwoord. / Sy verwag ŉ antwoord. √                       1

  4.3       Verslaentheid / ontevredenheid / teleurstelling / skok / woede / verstom √      1
                                               EN
            Die plasing van die arms op die heupe / die mond hang oop / lippe op
            mekaar / groot oë √                                                             1

            Die kandidaat bied telkens enige EEN antwoord vir EEN punt elk aan.

  4.4.1     Hy wil nie hê haar ma moet saamgaan nie. /
            Hy wil nie saamgaan as haar ma saamgaan nie. /
            Hy hou nie van die spreekster se ma nie. √                                      1

            Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

  4.4.2     Mense het dikwels ŉ swak verhouding met ŉ meisie / kêrel se ma /
            ouers / skoonma / skoonouers. √                                                 1

  4.5       Dit lyk of ... √                                                                1

  4.6       C – nasalering. √                                                               1

  4.7       Dit dui op die geluid wat gehoor word wanneer boodskappe elektronies
            gestuur of ontvang word.                                                        1

  4.8       Hy rol sy oë / oë lyk groter omdat hy ingenome is met sy nuwe plan /
            omdat hy van sy vrou se voorstel verskil / omdat hy besef sy vrou kom
            agter dat hy ander planne het. √                                                1
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   9

VRAAG 5: ARTIKEL

 Vraag                                     Antwoord                                     Punt
 5.1        y – sy √                                                                     1

 5.2.1     konnotatief √                                                                  1

 5.2.2     Hy maak ŉ buiging voor die koningin. √                                         1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke sin vir EEN punt aan.

 5.3       vlg. √                                                                         1

 5.4       Ja, dit is die naam van ŉ publikasie / Engelse woorde.√

                                               OF

           Nee, die woorde is reeds skuinsgedruk om aan te dui dis ŉ publikasie /
           Engelse woorde. √                                                              1

 5.5       gevolglik / daarom / daaruit / hieroor / daarvolgens √                         1

 5.6       Die maatskappy DoNotPay het die program geskryf. √                             1

 5.7       D – samestellende afleiding √                                                  1

 5.8       algemene √                                                                     1

 5.9       appèl √                                                                        1
                                                                                         [10]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          30
                                                                 GROOTTOTAAL:            70

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
