# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 38 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/88c559db-e2e6-4da1-a92b-0241637d2a01
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 38

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/88c559db-e2e6-4da1-a92b-0241637d2a01)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

              AFRIKAANS HUISTAAL V2
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 38 bladsye.

### Page 2

2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

NASIENRIGLYNE

1.    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die
      opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord
      nie.)

2.    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte
      beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B
      en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien
      mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
      maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
      tweede antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
      spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
      beskou.

7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
      nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
      opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
      relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke
      om die opstelvrae na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie,
      word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
      rede/motivering/bewys verdien die punt.

11.   Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

“Elegie vir my toekomstige vrou” André Letoit

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:

•   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.
•   In gedig word daar ŉ speelse manier na die huwelik as instelling gekyk.
•   Titel: Dit het ŉ ironiese kontras, want ŉ elegie is ŉ treursang en gewoonlik
    skryf ŉ verliefde ŉ lofsang vir sy toekomstige vrou. Hier treur die ek – spreker
    oor ŉ vrou wat hy in die toekoms gaan verloor. Gewoonlik sal ŉ spreker
    opgewonde wees of self bly oor die feit dat hy ŉ vrou gaan kry.
•   Hierdie gedig spot oor die ontnugtering wat na ŉ huwelik volg.
    In die eerste strofe is die ek en die jy sentraal en herleef die spreker hulle
    ontmoeting. Maar hy kan nie regtig onthou waar hy haar ontmoet het nie en
    noem ŉ paar alternatiewe. Hierdie is ironies en spot met verliefdes wat so
    baie waarde aan ontmoetingsplekke heg.
    In die tweede strofe ontbloot die man sy karakter en dat hy ŉ voorliefde vir
    hippiekolonies gehad het. Hy word dus nie uitgebeeld as goeie troumateriaal
    nie. Hierdie verwysing spot met ouers wat goeie mans vir hulle dogters wil hê.
    In die derde strofe kom die ontmoeting met haar ouers onder skoot en word hy
    summier uit die huis gejaag. Sy lang hare en baard maak hom ongewens en
    dui op die samelewing se vooroordeel en beheptheid met voorkoms.
    Op sy huweliksdag daag slegs die dominee en ŉ paar assuransieagente op
    wat vir finansiële gewin daar is. Die spreker distansieer hom van sy pa en sy
    vrou en gee hier ŉ satiriese stekie na gebroke gesinne in die samelewing.
    In die slotstrofe bevraagteken hy die getroude lewe omdat die romantiek gou
    verdwyn soos byvoorbeeld die skreeuende babas word saam met
    kombuiskase wat piep genoem en dit is deel van daaglikse huishoudelike
    irritasies.

•   Die jongman kom tot die slotsom dat die huwelik ŉ duur prys is om te betaal vir
    ŉ lewe vol platoniese dogmatiek.
•   Die spreker is ontnugter en glo dat die huwelik slegs met treursang besing kan
    word. Hierdie idee van trou, andersins iets positief en waarna uitgesien word,
    is vir die spreker ŉ negatiewe idee en dit is asof hy deur al positiewe
    oppervlakkige dele kan sien.

Kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

“Maaltyd” – P.J. Philander

Vraag                                     Antwoord                                  Punt
2.1      metafoor √                                                                  1

         Die ou moeder se netjiese voorkoms lyk net soos die tafelklokkie wat in
         die vorm van ŉ netjies geklede dame is. √                                    1

         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
2.2      Reël 4 verwys na die maaltye in die dag naamlik ontbyt, middagete en         1
         dan sou ŉ mens die woord saans verwag, die woorde vir nou staan in
         die plek van saans/aandete. √

         “skerp lig van die lamp” √                                                   1
2.3      enjambement √                                                                1

2.4      blou bord / servet / bril / Bybel / portret √√                               2

         Die tema van die gedig is objekte wat ons aan ons moeder herinner, net
         so herinner hierdie items die spreker aan sy moeder. √                       1

         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
2.5      Die strofebou en rymskema is geslaagd, want dit sluit aan by die
         gestruktureerdheid / presiesheid van die moeder. √                           1

         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
2.6      nostalgies, emosioneel, mymerend, verlangend. √                             1
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    5

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw

Vraag                                   Antwoord                                         Punt
3.1      ŉ Stelling word gemaak oor wat sal gebeur as tyd tot stilstand kom. √
                                                                                            1
         Dit is die kortste sin in die gedig./ Dit staan aan die begin van die gedig.
         √                                                                                  1

3.2      “wat nooit bevrug” √                                                               1

3.3      Herhaling. √                                                                       1

3.4      3.4.1        aa – assonansie / assonansie √                                        1

                      Die assonansie verstadig die tempo wat by die gedagte van stol
                      aansluit. √                                                           1
         3.4.2        Vergelyking √                                                         1

3.5      Die gebruik van die kommas. √                                                      1
         Die gebruik van die woord “wou”. √                                                 1

3.6      Die digter het ŉ gedig oor digkuns geskryf./
         Die digter beeld uit hoe die woord alles kan laat stol/verstar in ŉ gedig. √      1
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

dienaar van die nagereg – Patrick Petersen

 Vraag                                  Antwoord                                     Punt
4.1      tjoklit / humbugs √                                                          1
4.2      enjambement / omgekeerde woordorde(inversie) / alleenplasing.√               1

4.3      4.3.1   Konnotatief: Sy pa se beroep as ŉ polisieman./ Hy is die              1
                 toepasser van die wette./ √
                 Denotatief: Hy staan met sy kakiejas besig om die wet toe te
                 pas. √                                                                1

                 Die kandidaat bied soortgelyke antwoord vir TWEE punte aan.
         4.3.2   sinestesie √                                                          1

4.4      Vergelyking. √                                                                1

         Die wasem uit die pa se mond word met spookasem vergelyk, want die
         wasem is ŉ teken van die koue wat die pa ervaar. Die wasem lyk net
         soos die spookasem (dun, buigsame draadjies van suiker in ŉ wolk              1
         gedraai). √

4.5      Die spreker se pa doen die administrasie vir die wit mag, dus werk hy
         vir die onderdrukker van sy eie mense./
         Sy pa doen die administrasie, wat heel moontlik papierwerk is oor wie
         gearresteer is (van sy eie mense)./
         Gewoonlik is dit iets om trots op te wees (die feit dat die pa so hard en
         ywerig werk), maar hy werk vir die onderdrukker en dus is dit nie iets om
         oor trots op te wees nie./
         Al werk hy hard en doen al die administrasie, maak dit nie beter – die
         feit dat die pa en sy mense deur dieselfde administrasie onderdruk word
         nie. √                                                                        1

         Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan.
4.6      Die boodskap is dat ŉ mens die werk wat jou ouers doen, kan verafsku,         1
         terwyl jy hulle nog steeds liefhet. √
         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.7      Ja, dit is gepas, want dit beteken mag. Dit is ŉ woord wat baie gebruik
         is om verset teen die apartheid van die verlede uit te druk. √                1
         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                     [10]

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   7

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Kompos bevorder groei – Johannes DeSilento

Vraag                                        Antwoord                                     Punt
5.1        kwatryn/e √                                                                     1
5.2        w-alliterasie/alliterasie √                                                     1

           Dit beklemtoon hoe die wurms wikkel, wriemel en krioel terwyl hulle die
           plantmateriaal afbreek. √                                                        1
5.3        5.3.1 Regressie
                    Die wurms “verwoes” of breek die plantmateriaal tot en met
                    kompos af. √
                                                OF
                    Progressie
                    Hoe meer die wurms plantmateriaal verwoes, hoe meer raak die
                    die kompos, die “oes”. √                                                1

                  Die verduideliking moet by die gekose stylfiguur pas.
           5.3.2  Ja.
                  Dit is ŉ paradoks hoe daar rykdom of iets waardevols uit vrot             1
                  plantmateriaal kan kom. / Kompos is egter goudwerd in die tuin,
                  al is dit net vrot plantmateriaal. √
5.4        paarrym √                                                                         1
5.5        5.5.1 Ja, die woord word met ŉ uitroepteken geskryf. / Kompos is met
                  ŉ hoofletter geskryf, asof die spreker dit aanspreek. √                    1

                      Die kandidaat kan nie ŉ NEE-antwoord aanbied nie.
           5.5.2      Dit is soms nodig om eers af te breek (dit wat verkeerd is) en
                      dan kan jy weer opbou. √
                                                                                             1
                      Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt
                      aan.

                      Dit word uitgehef deur middel van deur die gebruik van ŉ
                      koppelteken / laaste versreël. √                                       1
5.6        Ja.
           Goed kan kom uit sleg. / Soms moet jy deur ŉ harde tyd gaan, om as
           goud ander kant uit te kom.

                                                OF

           Nee.
           ŉ Mens groei nie net as gevolg van swaarkry en seerkry nie. In sommige
           gevalle is die “afbreek” so erg, dat niks goeds daaruit kan kom nie. √            1

           Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                           [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B: ROMAN

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

                   ARGUMENT                                 MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF
                                                               AANHALING/PARAFRASE
     •   Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding
         aan.

Protesteer teen sy pa
Greg kom in verset teen sy pa      Hy wil hê Greg moet UCT toe      Greg wil Potch toe gaan.
se voorgestelde akademiese         gaan, waar hy studeer het.
inrigting.
Hy ignoreer sy pa se motto, “if    Hy stel juis nie die voorbeeld   Hy drink bier saam met Eckardt /
you think you are a leader, but    nie.                             en dan noem iemand hom na die
nobody is following you, you are                                    rugby ook nog ŉ ‘loser’ / kom nie
merely going for a walk”.                                           sy plig as hoofseun na nie –
                                                                    Kwanele belê ŉ VRL-vergadering.
Hy skeep sy leerwerk af, al        Hy werk tot lank na ligte uit    Gevolglik kry hy 38% vir sy
plaas sy pa druk op hom en         aan die hacking challenges.      Wiskundetoets.
verwag 9 onderskeidings.
Sy pa het hom verbied om oor       Hy weier dat Eckardt se          Hy konfronteer Dok Pienaar/
John te huil en het lg. as 'n      verdwyning geïgnoreer word.      weier om rugby te speel en maak
swakkeling gesien.                                                  dit aan die pers bekend/
Hy praat terug as sy pa hom        Sy pa sê: "Ek is teleurgesteld   Sy antwoord was: "Dan is ek ten
konfronteer.                       in jou, Greg."                   minste nie die eerste kind wat jou
                                                                    teleurstel nie, Pa!"
Verset teen skool

Hy breek doelbewus skoolreëls.     Hy speel net die rol as die      Hy bank klas / drink bier / breek
                                   voorbeeldige skouperd.           in by die netwerk-kamer.
Hy daag Dok Pienaar se gesag       Hy eis dat daar na Eckardt       Hy onttrek hom van die
uit.                               gesoek word.                     eerstespan rugbywedstryd.
Hy ignoreer Dok Pienaar se         Hy oortree weer.                 Hy gaan nie terug klas toe nie,
waarskuwing om nie sy nuwe                                          maar gaan haal sy rekenaar om
kans op te mors nie.                                                in die netwerk-kamer in te kom.
Greg ervaar die skool met sy       Hy wys vir Eckardt die           Hy sien dit as ŉ soort tronk.
reëls as beklemmend. Hy voel       heinings.
vasgevang.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  9

Greg onderwerp hom nie aan    Sy optrede dui daarop dat hy    Hy lieg vir die polisie oor
sosiale konvensies nie.       dit minag.                      Eckardt se bynaam / wys vir ŉ
                                                              ou      tannie    middelvinger,
                                                              wanneer sy kla oor sy en
                                                              Nicole se gesoenery in die
                                                              openbaar / hy het al e gebruik.
Hy verag die snobisme van     Hy verwys sarkasties daarna     Hy sien neer op ouers se
privaatskole.                 as "Heilige Grond".             beheptheid met prestasies:
                                                              Top skool in die land, rugby,
                                                              akademie       /   toekomstige
                                                              sakeleiers       word      daar
                                                              gekweek.
Greg verwys neerhalend na     Dit getuig van geld, maak nie   Daar is ŉ hysbak in die kos-
Lawson as die rykmanskool.    saak hoe dit gekry is nie.      huis / perde en perdestalle
                                                              (Luuks). Hy is egter skyn-
                                                              heilig, want hy trek al die pad
                                                              voordeel daaruit. Ook uit die
                                                              vakansie te Jeffreys.
Dok Pienaar en sy pa laat     Sy aanvoeling oor die hoof is   Versprei ŉ virus waarvoor
geld hulle lewens oorneem.    in die kol.                     hulle farmaseutiese maat-
                                                              skappy die entstof sal verkoop
                                                              t.w.v. finansiële gewin, al is
                                                              hulle reeds ryk.
Geld is die wortel van die    Mense word omgekoop vir         Die regter tydens die Owen-
kwaad                         gunste                          Pienaar hofsaak is omgekoop
                                                              / kry welvaart met oneerlike
                                                              verkoop van aandele / ouers
                                                              “koop” hulle kinders se plekke
                                                              in Lawson.

•   Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.

                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                      Antwoord                                  Punt
7.1        Die gesprek vind plaas in Eckardt se koshuiskamer. √                        1
7.2        Hy drink bier saam met Eckardt in sy kamer. / hy rapporteer nie die
           bier in Eckardt se yskas nie. /
           Hy breek by die netwerkkamer in./
           Hy kom nie sy hoofseunpligte na nie. /
           Hy weier om rugby te speel. /
           Hy bevraagteken die hoof se besluit om nie na Eckardt te soek nie. /
           Hy steur hom nie aan die ligte-uit reël nie. /
           Greg kontak die media ten spyte daarvan dat die hoof enige kontak
           met die media verbied. /
           Greg begin om te ‘hack’, alhoewel hy weet dit is teen die wet. /
           Greg pas sosiale engineering toe op Dok se sekretaresse. /
           Greg sit ŉ keylogger op Dok se rekenaar. /
           Greg jok vir sy pa/                                                           3
           Greg jok vir die polisie. √√√
           Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
7.3        7.3.1    Dit sluit aan by die onderwêreld van kuberkrakery. √                 1
           7.3.2     (White hat:)
                     Hy verander nie sy punte toe hy die geleentheid gehad het
                     nie. √                                                              1

                     (Black hat:)
                     Hy krap saam met Eckardt op die skool se rekenaarnetwerk.
                     / Hy laai ŉ RAT op Dok Pienaar se rekenaar. / kry inligting
                     van Dok Pienaar se rekenaar. / ontsyfer geheime kodes op
                     Dok Pienaar se rekenaar sodat hy die uitklophou kan gee. /
                     hy die skurke kan ontmasker. √
                                                                                         1
                     Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord by elke aspek vir
                     EEN punt aan.
                     Die dele tussen hakies verdien nie punte nie.
           7.3.3     Jy verwag dat Eckardt net glimlag en stilbly omdat hy saam
                     met Greg opgewonde is oor die ‘hacking’, maar hy glimlag
                     omdat hy weet hy het Greg oorreed om te ‘hack’./
                     Jy verwag dat Eckardt glimlag en knik net sy kop omdat hy
                     saamstem met Greg, maar hy antwoord nie omrede hy self
                     ŉ krimineel is./
                     Jy verwag dat Eckardt net sy kop skud en glimlag omdat hy
                     bly is Greg verstaan nou, maar hy weet dat ŉ ‘black hat’ en
                     ‘white hat’ in die oë van die wet altwee kriminele is. √            1

                     Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt
                     aan.
                     Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt
                     aan.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 7.4       Eerste persoonsverteller/ek-verteller √                                       1

           Ja.
           Die leser kan nou eerstehands Greg se opgewondenheid oor die
           moontlikheid van hacking ervaar./
           Die leser weet presies dat Greg positief en nie negatief is nie, oor die
           moontlikheid van hacking. √

                                             OF

           Nee.
           Dit maak dat die leser nie regtig weet wat in Eckardt se kop aangaan
           nie / Die leser weet nie of Eckardt positief of negatief is nie. / Die
           leser kan nie agterkom of Eckardt voel sy plan werk of nie. √                 1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 7.5       Greg het saam met sy broer en hulle voorliefde vir adrenalien-sport
           laas so ŉ opgewondenheid ervaar. √                                            1

                                             EN

           Eckardt het geweet dat Greg en sy broer altwee van adrenalien
           sportsoorte hou en het dus geweet dat Greg die versoeking om te hack
           nie sal kan weerstaan nie. √                                                  1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan.
 7.6       Skelm/agteraf/boos √                                                          1
 7.7       Greg wou al die inligting oor Dok en sy maatskappy vir Sersant Botha
           gee./ Greg wou vir Sersant Botha vertel van Dok se maatskappy en
           dat hulle ŉ dodelike virus vervaardig het en dat hulle maatskappy die
           enigste teenmiddel het./Greg wou vir Sersant Botha van die dodelike
           virus en die vaksine vertel het. √                                            1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan.
 7.8       7.8.1    Greg besef dat hy self die slagoffer van ‘sosiale engineering’
                    was./                                                                1
                    Greg is toe nie so in beheer nie; hy was self ŉ slagoffer./
                    Greg besef dat hy nie sy vriende werklik ken nie en dalk ook
                    nie kan vertrou nie. √                                               1
                    Retoriese vrae √                                                     1

                      Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt elk
                      aan.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

           7.8.2     Nee.
                     In Clarens is daar uiterlike konflik tussen Greg en Eckardt,
                     nadat Greg uitvind dat Eckardt hom net gebruik het./ Daar is
                     uiterlike konflik tussen Greg en sy pa oor wat werklik gebeur
                     het met Eckardt se pa. √                                            1

                   Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                   Die kandidaat kan nie JA as ŉ antwoord aanbied nie.
 7.9       Een van die leerders in Lawson kollege het Greg dit genoem nadat hy
           teen Dok Pienaar opgestaan het en geweier het om rugby te speel. √            1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

           Benaming / benoeming √                                                        1
 7.10      Eckhardt √                                                                    1
 7.11      Retoriese vrae. √                                                             1
           Gebruik van korter sinne. √                                                   1

           Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
 7.12      7.12.1    Ja.
                     Greg het van ŉ selfversekerde tiener, met geen insig in sy
                     eie tekortkominge, na ŉ tiener wat besef hy maak foute en           1
                     is nie ‘bulletproof’ nie verander.

                      Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt
                      aan.
                      Die kandidaat kan nie NEE as ŉ antwoord aanbied nie.
           7.12.2     Eckardt was van die begin af die aanvaller en nie die
                      slagoffer nie. Alhoewel die leser saam met Greg Eckardt se
                      ware karakter aan die einde van die roman ontdek, was sy
                      karakter nog steeds dieselfde. Hy het dit net goed
                      weggesteek. √

                      Dok Pienaar het geen berou aan die einde van die roman
                      nie; inteendeel hy is kwaad vir Greg wat alles oopgevlek           2
                      het. √

                      Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN
                      punt elk aan.
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                               13

MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

•   Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

•   Baas is aanvanklik baie hardkoppig en trots en betaal vooruit vir die konsessie
    vir Manaka en maak dan reg vir die Zambezi-tog.
•   Hy raak gou “baie kwaai” as mense hom probeer help soos toe Grace hom
    tydens sy malaria – siekte bygestaan het.
•   Die inwoners is skrikkerig vir Baas, want niemand is bereid om na sy huis toe
    te gaan nie.
•   Hoewel Baas baie goeie bedoelings gehad het, is dit sy “goeie bedoelings”
    wat sy “ondergang” geword het.
•   Hy wil nie deur die plaaslike inwoners as Christen bestempel word nie en
    maak daarom beswaar as ouma Essie na hom as een verwys.
•   Hy raak na sy siekte baie kwaad, want hoewel hy niks meer het om te gee nie,
    kom soek almal medisyne by hom.
•   Baas maak dit baie duidelik dat hy nie verantwoordelik is vir almal se skete
    en kwale nie omdat hy ook ŉ lewe het en net na homself wil omsien.
•   Baas gee nie met ŉ oop hart nie en is baie bewus dat die geld wat hy vir Grace
    gee vir nog pille wat die laaste van sy fondse is.
•   Baas bly deurentyd hardkoppig en weier om te gaan toe die stam-polisieman
    opdaag om hom na die khuta te ontbied.
•   Hy is kortaf en ongeskik wanneer hy nie in Grace se uiteensetting van haar
    familie belangstel nie.
•   Hy het nie respek vir ander se menings nie, want hy jaag Grace weg as sy
    met hom wil redeneer.
•   Hy betoon ook nie dankbaarheid teenoor ander nie, en jaag meneer Johnnie
    weg wanneer hy met die werk in die kamp kom help.
•   Baas wil nie hoor dat hy Manaka toe “gestuur” is nie, want hy meen hy is
    daar “op sy eie” en hy sal sy eie probleme oplos.
•   Baas verkies om nie te reageer nie wanneer hy niks het om te sê nadat die
    khuta hom beskuldig nie.
•   Dit is vir Baas duidelik dat hy nie vir die plaaslike inwoners saak maak nie
    en staan daarom tydens die vergadering met die khuta op en stap weg.
•   Baas wil niemand help nie en vererg hom wanneer die khuta van hom verwag
    om sy voertuig in hulle belang te gebruik.
•   Baas wil nie verhoudings met mense aanknoop nie, want hy wil nie
    sendelinge op sy erf hê nie. / Hy sê vir Nanna hy kom goed klaar sonder
    geselskap.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2023)

 • Alhoewel Baas die ou vrou se begrafnis bywoon, staan hy eenkant.
 • Baas worstel met sy eie innerlike konflik, want hy wil niemand versorg nie,
   want dit sal beteken dat hy vir ander mense op Manaka omgee.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                               15

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                         Antwoord                                    Punt
9.1
           9.1.1        Derdepersoonsverteller √                                             1

                   Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese
                   agtergrond. √                                                             1
           9.1.2   Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./
                   Die verteller is altyd teenwoordig./
                   Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √                          1
9.2        Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √                  1

           Kanada                                                                            1
9.3        Dit was in die tyd wat die roman afspeel die gepaste aanspreekvorm vir ŉ
           persoon in gesag. / Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa se          1
           noemnaam. √
9.4        Die worsboom bied aan die gemeenskap ŉ byeenkomplek./ Daar is                     1
           Sondae onder die boom kerk gehou./ √
           Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./ Die kinders
           het onder die boom gesit vir skool.                                               1
9.5        9.5.1 Ja.
                   Hy het ŉ sendingstasie opgerig.                                           1
                   Hy het die rivier gekarteer.

                                                     OF

                       Nee.                                                                  1
                       Daar is geen werklike uitbreiding nie. √
                       Malaria is steeds ŉ werklikheid. √
           9.5.2       Baas wil ŉ boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika
                       kan blootstel. √

                       Nee.                                                                  1
                       Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom
                       weggespoel. √

                                                     OF

                   Ja.
                   Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat
                   saamstap, voorspoed wag.                                                  1
9.6        Sy is ŉ Christen. √                                                               1

           Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ŉ spesifieke doel na Manaka gestuur
           is om hul te help./ Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil aanmoedig
           om sy Christenskap te aanvaar en uit te leef. √                                   1
9.7        Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √                          1

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

9.8        9.8.1     Die bosoorlog in Suid-Rhodesië/
                     Die verloor van die plaas./
                     Ouma Essie en Grace wat sê hy is ŉ Christen. √√                           2

                    Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir
                    EEN punt elk aan.
           9.8.2    Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is
                    nie. √                                                                     1
9.9        Baas ontken die heeltyd dat hy ŉ Christen is, maar sy optrede getuig van
           Christenskap. √                                                                     1

           Die kandidaat bied albei kante van die ironie aan vir EEN punt.
9.10       Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net
           sy hond./
           Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./
           Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag eerder
           alleen met sy hond./
           Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’ toe
           nie./
           Hy koop ‘n motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee honde./
           Hy het sy idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in hotelle
           nie, maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√                    3

           Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk aan.
9.11       Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners
           deel, terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit dat
           hy ŉ Christen is. √                                                                 1
9.12       Die mens staan in ŉ belangrike en verantwoordbare verhouding tot die
           natuur/ tot mekaar / die aard van ware geloof. √                                    1

           Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens woorde / velkleur /
           agtergrond oordeel. √                                                            1
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 17

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

•   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Tant Wonnie bly in Vatmaar net na die Anglo-Boereoorlog gedurende ŉ tyd
  wat gekenmerk word deur armoede/werkloosheid/swaarkry. Tant Wonnie
  kry gevolglik baie swaar en moet daagliks hard werk bloot om te kan
  oorleef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en
  die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel.
• Tant Wonnie leef teen die agtergrond van die Anglo-Boeroorlog; sy is
  alleenouer na Heinrich se dood in die oorlog./Bv. bl.111: ... wat Tant Wonnie
  se man geplant het die dag voor hy weg is oorlog toe .../Bl. 179: Ja Mineer, ag, en
  Heinrich het gesê as hy terugkom van die oorlog af, sal ons met ŉ ring trou. Maar
  my Heinrich het nooit van die oorlog teruggekom nie.
• Vatmaar is ŉ nedersetting waar uitgewekenes wat nêrens elders welkom is
  nie, woon Tant Wonnie se Duister-Baster afkoms maak haar onaanvaarbaar
  in die wit gemeenskap./ In die Vatmaar – gemeenskap beleef sy eweneens
  baie jaloesie en haat./ Bv. bl. 125: Een koue wintersoggend het Tant Wonnie
  wasgoed vir ŉ swart Bruinvrou gewas – die soort wat wit bruinmense haat./Bl.112:
  Uit jaloesie is daar slegte dinge oor Tant Wonnie gesê.
• Die Vatmaar-gemeenskap word deur vooroordeel gekenmerk – iets wat Tant
  Wonnie ook ervaar: die haat van swartmense (bv. Settie September)
  veroorsaak dat sy vals beskuldig word./gehaat word./ná die vals
  beskuldigings oor die sg. diefstal word sy (onskuldig) gebrandmerk deur
  Vatmaar se mense sodat sy van hulle vervreemd raak. Bv. bl.125: ... dié soort
  wat wit bruinmense haat./Bl. 127: Sy’s ŉ dief! Sy’s ŉ dief! Tant Wonnie het haar
  kop gelig en na hulle gekyk want hulle het haar nie bang gemaak nie./ Bl.125:
  Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ŉ dief,
  jou wit baster!/Bl. 126:Settie, het hulle gesê om haar te troos, om te dink ons het
  haar altyd gevetrou./Bl. 229: Djy wiet, ek sê gehelle sy is dangerous en sy het baie
  sterk toormedisyne.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

 • Tant Wonnie, net soos die mense in Vatmaar, is arm/het min besittings/leef
   onder die broodlyn/moet baie hard werk om te kan oorleef. Tant Qonnie het
   op genade in ŉ buitekamer gebly./op die grond geslaap./Die gevolg van
   hierdie armoede was dat Tant Wonnie op verskillende plekke en vir
   verskillende mense gewerk het in die hoop dat hulle haar iets sou gee om
   van te leef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die
   water en die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel./Bl. 112:
   Sonder om te dink wat môre sal bring, het hulle wakker gelê op hulle grondbed,
   sonder begeertes en sonder hoop, so gelukkig en tevrede .../Bl. 112: Tant
   Wonnie was die wasvrou en veral mense met ŉ donker velkleur het daarvan
   gehou dat sy vir hulle werk. Dit was die meeste van die tyd in ruil vir iets om te
   eet en Tant Wonnie het met trots gesê: Ons het nog nooit honger gaan slaap
   nie.
 • In Vatmaar beleef Tant Wonnie rassisme, want sy is te donker om in ŉ wit
   gemeenskap tuis te voel, maar vir die Vatmaar-gemeenskap is sy te lig:
   Settie September beskuldig haar vals omdat sy haar haat; sy moet geboei
   voor die perd uitloop toe sy polisiestasie toe geneem word./Bv. bl. 125: Mev.
   September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ŉ dief, jou
   wit baster!
 • Tant Wonnie ervaar op Vatmaar ook magsmisbruik: Piet de Bruin probeer
   om haar te verkrag wat vir haar traumaties is./haar opnuut haar liefde vir
   Heinrich laat ontdek het./Bv. Bl. 134: Daardie Saterdag het ek byna vir hom
   ingegee, het Tant Wonnie nou sit en dink. Maar danksy my geliefde Heinrich,
   wat vir my nog lewendag was al het hy nie meer geleef nie, kon ek my teensit.
 • Die magsmisbruik wat daardie tyd kenmerk, bring vir Tant Wonnie baie leed
   wanneer haar dogtertjie Kaatjie sterf as gevolg van die
   baba/tronkstaf/gebrek aan mediese versorging./sy verloor haar kind as
   gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede dat haar man
   verantwoordelik is vir Kaaitjie se swangerskap omdat dit uitloop op
   tronkstraf en haar (Kaatjie se) dood. Bl. 268: Toe haar kind die laaste swakke
   asem, uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan staan. Haar oë was
   oop, maar sy het niks gesien nie ...
 • Tant Wonnie se lewe op Vatmaar na Heinrich se dood is gekenmerk deur
   armoede en swaarkry omdat sy nie wettig met hom getroud is nie en dus
   nie geregtig is op sy oorlogspensioen nie. Dit dompel haar in armoede./
   veroorsaak dat sy daagliks baie hard moet werk om te kan oorleef./Bl. 201:
   Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay- office toe
   ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
 • Vatmaar se mense het in daardie tyd nie respek teenoor ander se besittings
   getoon nie, die naam “Vatmaar” dui aan dat jy mag vat wat jy nodig het.
   Tant Wonnie is baie sleg benadeel deur hierdie gewoonte /milieu; met haar
   terugkeer na haar huis ná Sannah Vosloo se dood tref sy haar huis in totale
   chaos aan, want al haar besittings is deur Vatmaar se mense uit haar huis
   gevat./Bv. bl.136: Al die maande wat hulle weg was, was daar niemand om agter
   hulle buitekamer te kyk nie. ... Alles wat binne was, was geplunder.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                19

 • Die gebrek aan menseregte in die tyd toe Tant Wonnie in Vatmaar gewoon
   het, het haar sleg benadeel. Toe sy (vals) van diefstal beskuldig en geboei
   voor die perd uitgejaag word, is sy verneder wat daartoe gelei het dat sy
   haar onttrek aan God./ sê dat sy nie deel van húlle God wil wees nie./dat sy
   ŉ nuwe insig in die liefde ontwikkel in die wete dat die liefde goed én sleg
   kan wees./Bv. bl. 130: Ek wil nie deel wees van hulle se God nie.
 • Die nydigheid/haat/vooroordeel wat Tant Wonnie se tyd in Vatmaar
   kenmerk, lei tot positiewe gevolge vir Tant Wonnie wanneer sy in Du
   Toitspan erkenning kry vir haar verbintenis met Heinrich: sy kry ná die vals
   beskuldiging haar maandelikse pensioen./Bl. 180: Oh yes, and report to me
   within seven days if she has been granted a war widow’s pension.
 • Die regspraak in Du Toitspan is aan Tant Wonnie se kant, want sy ontvang
   vergoeding vir haar vernedering nadat sy in Vatmaar in hegtenis geneem
   is om soos ŉ misdadiger in die hof te staan wanneer die magistraat haar
   onskuldig bevind./die hof gelas dat daar vir haar ŉ rok en skoene gekoop
   moet word./sy ook finansieel vergoed word vir haar onkoste en ongerief./
   Bl. 180: You are free to go, Mrs. Müller ... Tant Wonnie se innerlike wese het
   verby haar uiterlike omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing./Bl.
   180: Toe draai die magistraat hom na die aanklaer: See that this woman receives
   a new pair of shoes and dress. Also transport her back to .../Bl. 180: Oh yes,
   and report to me within seven days if she has been granted a war widow’s
   pension./Bl. 181: Veels geluk, het hul geglimlag, Mevrou Müller – en sy hand vir
   haar uitgehou.
 • Die reg en geregtigheid/vryspraak/ erkenning van haar onskuld in Du
   Toitspan herstel Tant Wonnie se menswaardigheid in Vatmaar; die
   oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, maak haar
   vry: dit stel haar in staat om nie meer ander mense se wasgoed te doen
   nie./Susan is vry van die vernedering wanneer sy die Venters se bokke
   moes melk./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie
   melkwerk doen.

    Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

20                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 11: VATMAAR – KONTESKTUELE VRAAG

Vraag                                    Antwoord                                     Punt
11.1.1     Die verkoop van die diamante/verdeling van die geld. √                       1
11.1.2     Die diamanttransaksie word suksesvol afgehandel./
           Elkeen ontvang tweehonderd pond/baie geld.
           Hulle kom weg met die diefstal van die diamante. √√                           2

           Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.1.3     Hulle het ŉ huis op Vatmaar wat hulle nie op die delwery gehad het
           nie. √                                                                        1
11.2.1     Tant Bet word as ŉ gewone mens wat lelike goed doen (vat), maar ook
           positiewe eienskappe het, aan ons bekendgestel.
           Tant Bet se behandeling deur haar werkgewers, word oortuigend
           aangebied./pas by die tyd waarin sy geleef het./Tant Bet se
           ondervinding op die diamantdelwery word lewensgetrou voorgestel./
           Tant Bet ken die tradisies van haar mense bv. die begrafnis van Ta
           Vuurmaak./die maak van khadi wat gepas/oortuigend is. √√                      2

           Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
11.2.2     Van Oubaas Swartz leer die leser net sy negatiewe eienskappe ken./
           Dis onaanvaarbaar/onvanpas om jou werknemers so sleg te behandel
           soos hy dit doen. √                                                           1
11.3       Dit beklemtoon die ironie dat Jakob Kierie wat Lena, Janman, Bet en
           Flippus by die polisie gaan verdag maak het/ probeer in die moeilikheid
           kry het, toe self tronk toe is./
           Dit hef uit dat Jakob Kierie vals is, want hy word aan dieselfde misdryf
           skuldig bevind./
           Dit gee inligting oor ŉ ander tyd en plek./
           Dit dui aan dat daar by wit mense tog waardering vir hulle werkers
           is. √                                                                         1
11.4       Oubaas Swartz het Flippus geslaan terwyl hy probeer weghardloop het
           om daarvan te ontkom. √                                                       1

           Oubaas Steenkamp het onwelvoeglike voorstelle aan Sus Bet gemaak
           waaraan sy nie wou toegee nie./ waarna sy weggeloop het. √                    1
11.5       Flippus / Janman √                                                            1
11.6       Nee.
           Bet steel sonder dat mense dit agterkom. / haar as skelm aansien. /
           ervaar. √                                                                     1
           Flippus steel twee diamante/geld terwyl die Oubaas onder die indruk is
           dat hy die eerlikheid self is. √                                              1
11.7       Flippus is ŉ Basoeto en Sus Bet ŉ Griekwa-vrou./ Flippus is swart en
           Sus Bet ligter van kleur. √                                                   1

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 21

11.8         Alomteenwoordige verteller √                                                  1

             Die alomteenwoordige verteller weet hier presies wat Tant Wonnie
             dink terwyl hy/sy ook weet van Settie September se verbasing. /
             skuldgevoel. /
             Die alomteenwoordige verteller kan ook verhaal wat deur Mineer Jones
             vir Settie September gesê is. /
             Die alomteenwoordige verteller weet dat Stoffel Jones nie geweet het
             dat Tant Wonnie in die hof was nie. √                                         1
11.9         Ja.

             (Verbasing:)
             Sy het gedink Tant Wonnie sit in die tronk. / is onder die indruk dat
             Tant Wonnie gestraf word vir haar sogenaamde diefstal (wat Settie
             versin het.)/
             Die laaste wat sy van Tant Wonnie die nuwe klere / skoene by die              1
             tronk kon kry nie. √

             (Kon haar nie in die oë kyk nie.)
             Sy het geweet dat sy Tant Wonnie vals beskuldig het. / onnodig laat           1
             verneder het. √

             Die kandidaat kan nie NEE as ŉ antwoord aanbied nie.
             Die dele tussen hakies verdien nie punte nie; slegs die redes verdien
             punte.
11.10.1      Die tema van onskuldige lyding. √                                             1
11.10.2      Kaaitjie word onskuldig verdink van ŉ verhouding met haar werkgewer
             se man. √
             Sy is onregverdig in die tronk gestop. / as gevolg van haglike
             (onregverdige) tronkomstandighede sterf Kaatjie met die geboorte van
             haar kind. √                                                                  2
11.11        Sus Bet gee aan ŉ vreemde oom ŉ vyfpondnoot nadat hy werk by
             Stoffel Jones kom soek. / weggejaag is. √
             Sy deel haar kennis van kruie. √                                              2

                                               EN

             Tant Wonnie betaal die Septembers se rygeleentheid./
             Tant Wonnie laat almal wat wil, toe om water uit die put te skep./
             Tant Wonnie deel haar medisyne/ wilde knoffel-in-kasterolie met
             ander sonder om betaling te verwag. √√                                        2

             Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

22                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B: ROMAN

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE
NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.

LET WEL:

• Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste inleiding.

• Iris verwoord die sentrale tema as die mens se hunkering na die groot
  blomoomblik in sy/haar lewe./Bv. bl. 104: Ek glo al sedert my skooldae dat
  ek, soos my botaniese naamgenoot, die een of ander tyd moet blom.
• Iris se hunkering na haar blomoomblik sluit aan by die betekenis van haar
  naam./ Bv. bl.10 ŉ Iris was nie slegs ŉ bolplant nie, maar sy was ook ŉ Griekse
  mitologiese godin, in diens van meer belangrike gode.
• Vir Iris hou die betekenis van haar naam verband met die lelie in haar ma
  se tuin wat net een keer per jaar blom en dit versterk haar begeerte om
  haar eie blomoomblik te ervaar./Bv. bl.187: ... een laatmiddag speel ek met
  Polder in die tuin en uit die hoek van my oog sien ek ŉ beweging, iets wilds
  tussen die groen ... ŉ Blom het oopgegaan. Nie stadig nie, oombliklik.
• Iris vrees dat die wonder van haar blomoomblik by haar sal verbygaan
  omdat die lelie in haar ma se tuin skielik blom en dan verlep./Bl. 187: As ek my
  oë sou geknip het, het ek dit gemis, so vinnig het dit gebeur./ Bl. 195: Dink jy
  ek blom dalk eers na ek dood is?
• Iris bly hunker na die groot blomtyd in haar lewe en sy glo dat, soos die
  kwart -voor-sewe-lelie, sy haar magiese blomoomblik moet ervaar./ Bv. bl.140:
  Elke mens moet een keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen en só
  ŉ moment van volmaakte sintese beleef.
• Iris glo dat sy nie haar kans om te blom moet misloop nie en leef haar hele
  lewe in afwagting van haar blomtyd./Bv. bl.104: En dit is miskien ook een van
  die redes waarom ek nie altyd nee sê as ek dit behoort te doen nie ... en dat ek
  dus te alle tye gereed moet wees en nooit ŉ nuwe aanbod van die hand mag
  wys nie ...
• Vir Iris raak dit ŉ lewensfilosofie om te wag vir haar blomoomblik, al is daar
  opmerkings van ander wat haar laat twyfel./Bv./ bv. 140: Dis tog net die naam
  van ŉ blom, het Bettie gesê ... /Bl.140: Wat een keer per blom, het Peter gesê.
  En sy het gedink die modelstorie is dalk haar kans./Bl.148: Dis ŉ simpel naam.
  Blomname vir mense is simpel.
• Johanna probeer om Iris se siening omtrent haar spesifieke blomtyd te
  verander deur haar daarop te wys dat sy elke dag vir hulle blom./Bv. bl.87: Ag,
  Iris, het sy gesug. Jy blom elke dag vir ons.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 23

 • Iris is van mening dat ander mense ook blomtye het; daarom wonder sy
   hoe Jonsie ŉ blomtyd sou hanteer./ Bv. bl. 204: Sy was nie die soort mens wat
   sou sit en wonder wanneer sy eendag gaan blom nie; sy sou tyd, plek en
   datum bepaal, die gebeurtenis deeglik beplan en almal wat belangstel, inlig.
 • Iris besluit om Amerika toe te gaan omdat sy voel dat dit haar tyd is om
   te blom, want sy is bang haar een geleentheid daarvoor gaan verby./Bv. bl.
   87: ŉ Iris blom net een keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek
   blom.
 • Iris sien nie die potensiaal van ŉ moontlike blomoomblik raak wat Kara
   en die Fransman in Frankryk wat haar modelwerk wil afneem, sien nie. Iris
   sien haarself as iemand met ŉ doodgewone boeregesig./ Bv. bl. 93: By die
   huis, ja, maar hier soek hulle na iets anders.
 • Iris kry nog ŉ geleentheid om te blom as die fotograaf Joe in New York haar
   potensiaal as model raaksien./Bv.bl.119: Elke fotograaf droom van so ŉ
   ontdekking.
 • Billy bring Iris terug tot by die realiteit oor haar blomtyd wanneer hy sê
   dat nie alle bolle blom nie./Bv. bl. 105: Dis alles goed en wel dat jy wil blom,
   maar gestel die man spit jou uit? Hy het gegrinnik vir sy bevredigende
   beeldspraak. Dit kan gebeur. Nie alle bolle kom tot bloei nie.
 • Iris ervaar Peter se negatiwiteit oor haar soeke na haar blomoomblik
   wanneer hy meen dat haar ouers haar nooit Iris moes genoem het nie, want
   sy sou dan nie soveel verwagtinge gehad het nie./Bv. bl.132: Jou ouers moet
   jou nooit Iris gedoop het nie ... As jou naam Marie was, het jy nie so vol idees
   rondgeloop nie.
 • Iris word tot haar sinne gebring oor haar blomtyd wanneer Peter haar voor
   ŉ ultimatum stel en sy kies om saam met hom Vermont toe te gaan in plaas
   daarvan om die modelkontrak te aanvaar./Bv. bl. 133: As jy wil blom onder
   ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek
   gaan Vermont toe.
 • Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar
   toekoms te doen het nie, want ŉ naam is net ŉ naam./Bl. 187: Net sowel, het
   hy gesê. Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag
   bespreek het nie.
 • Iris word bewus daarvan dat sy ongesiens kan blom wanneer die Engel
   haar maan om versigtig te wees, want ŉ mens kan blom sonder dat jy dit
   besef./Bv. bl.195:Party mense blom ongesiens, het hy gesê. So onverwags
   dat niemand dit eers opmerk nie. Soos Ma se lelie.
 • Iris kom later tot die besef dat ŉ mens se hele lewe ŉ blomtydperk kan
   wees en dat dit nie beperk word tot een magiese oomblik nie. As ŉ
   voorstedelike huisvrou wag sy geduldig saam met Polder, Johanna en die
   Engel op die kwart – voor – sewe – lelie om te blom./Bv. bl.220: Wees
   geduldig, sê ek. Dis amper tyd.

 Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v1-memo/19b5312b-77b9-4b25-b9b1-34b934b92b83) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
