# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/1c687379-9b4f-4f21-8b3f-46be28b963c2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/1c687379-9b4f-4f21-8b3f-46be28b963c2)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2023)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

     VERDUIDELIKING                  SIMBOOL              BESKRYWING
 Woordorde                                        Hakies en pyltjie
                                     (       )
 Woord(e) weggelaat              ^                Weglaatteken
 Taalfoute                                        Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                                        Dubbelstreep onder die spelfout
 Paragraafindeling               [                Begin van ŉ nuwe sin
 Woord(keuse)-foute              x                Trek ŉ x bo-oor die verkeerde
                                                  woord
 Erkenning van taaljuweeltjies   √                Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                  idees of uitdrukkings
 Onduidelik/                     ʃ (in die        Kronkelstreep
 Onverstaanbaar                  kantlyn)
 Punktuasie                             O         Omkring
 Neem taalvariëteit in ag.

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                           I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                                         T = KL = 10
 Struktuur:                                                        S= K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                     36
 (onder die opstel):

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      3

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:

1.1    Skielik staan hy/sy voor my ...

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
       opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ŉ
       verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vanuit ŉ
       agternaperspektief vertel. Die fokus sal wees op die verhaal waarin die
       persoon voor die verteller staan. Die fokus van die verhaal hoef nie
       noodwendig op die persoon te wees nie, maar op die verhaalgebeure. Die
       verskyning van die persoon kan positief of negatief wees. ŉ Verskeidenheid
       interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die gebeure kan
       ernstig, spannend of humoristies wees. Enige ander aanvaarbare
       interpretasie is toelaatbaar.                                                  [50]

1.2    Verdere studie – waardevol of nutteloos?

       As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes
       aanvoer waarom die verdere studie waardevol of nutteloos is om hom haar
       toe te rus vir die res van sy/haar lewe. Die kandidaat kan die opstel as ŉ
       beskrywende opstel aanbied deur situasies te beskryf waarin verdere studie
       vir mense waardevol of nutteloos was. As verhalende opstel kan die
       kandidaat ŉ verhaal vertel waarin verdere studie vir iemand waardevol of
       nutteloos was. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of
       verdere studie waardevol of nutteloos sal wees. Enige ander aanvaarbare
       interpretasie is toelaatbaar.                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3   ŉ Vreemde verhaal.
      Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/
      bespiegelende/ argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
      verhalende/ beskrywende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel wat ŉ
      vreemde uitkoms het of waarin die gebeure wat plaasvind, vreemd is. In ŉ
      bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die gebeure in die
      verhaal werklik vreemd is al dan nie. In ‘n argumenterende opstel kan die
      kandidaat argumente voorhou waarom die verhaal vreemd is al dan nie. In
      die beredeneerde opstel kan die kandidaat beredeneer of dit ŉ vreemde
      verhaal is al dan nie. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.      [50]
1.4   “Ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ŉ mot. Ek glo nie meer
      in dinge-sal-regkom nie.”
      As verhalende/beskrywende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel of
      die gebeure beskryf wat aanleiding daartoe gegee het dat hy/sy nie glo dinge
      sal regkom nie. Die kandidaat kan ŉ spanningsverhaal, liefdesverhaal,
      komiese verhaal of enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In ŉ
      bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die dinge sal regkom al
      dan nie. In ŉ argumenterende opstel kan redes voorgehou word waarom die
      dinge nie sal regkom nie terwyl ŉ beredeneerde opstel redeneer dat dit wel
      moontlik is. Die kandidaat kan ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat
      dinge wel sal regkom. Die “dinge” kan na enige aspek van die lewe verwys.
      Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                             [50]

1.5   Die wiel draai.

      Interpretasies van hierdie onderwerp sal hoofsaaklik konnotatief van aard
      wees waarin die kandidaat na die idioom “die wiel draai” verwys. Die
      kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
      opstel aanbied. Die fokus van die verhaal is op ŉ situasie waarin ŉ sentrale
      gebeurtenis beskryf word wat ŉ aanduiding is dat die wiel gedraai het. In ŉ
      bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die wiel in ŉ spesifieke
      situasie werklik gedraai het al dan nie. In ŉ argumenterende opstel kan die
      kandidaat argumente voorhou waarom die wiel gedraai het. In ŉ
      beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat die wiel gedraai het of
      nie. Letterlike interpretasies is ook aanvaarbaar waar daar na ŉ rit verwys
      word. Dit kan ook verwys na die ontstaan van die wiel wat die ontwikkeling
      van die mensdom verander het. Dit kan ook na ŉ meule verwys. Enige ander
      aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                                         [50]

1.6   Boeliegedrag

      Die kandidate kan ŉ verhalende opstel skryf waarin die verhaal van ŉ boelie-
      insident vertel word. In ŉ beskrywende opstel kan die boelie-insident of die
      impak van boeliegedrag beskryf word. In ŉ argumenterende opstel kan
      argumente aangevoer word waarom boeliegedrag nie aangemeld of
      aangespreek word nie. In ŉ beredeneerde opstel kan redeneer word of die
      optrede werklik boeliegedrag was al dan nie. Aangesien dit slegs ŉ prikkel is,
      hoef die fokus nie noodwendig op boeliegedrag te wees nie. Enige ander
      aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

1.7 Slot en sleutel

     Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/
     bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
     verhalende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin daar ŉ
     gebeurtenis/gebeure plaasgevind het wat tot die oop- of toesluit van ŉ slot gelei
     het. In ŉ beskrywende opstel kan die oorsaak of gevolg van die oop- of
     toesluit van die slot beskryf word. ŉ Argumenterende opstel kan argumente
     voorhou waarom die oop- of toesluit van die slot voordelig of nadelig was. ŉ
     Beredeneerde opstel kan voor- en nadele van die oop- of toesluit van die slot
     opweeg. Hierdie prikkel kan ook konnotatief geïnterpreteer word waar die slot
     die deurgang of oorgang van een fase na die volgende is. Die slot sal die
     insident wees wat hierdie deurgang of oorgang moontlik maak al dan nie. Enige
     aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                                            [50]

1.8 Tegnologie

     Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld van die
     verkryging van ŉ tegnologiese apparaat en die impak wat dit op sy/haar lewe
     gemaak het. Die verhaal kan ook handel oor hoe hard ŉ persoon moes werk
     om dit te kry. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat die apparaat beskryf.
     In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel wat die impak of
     gebrek aan tegnologiese apparaat op die persoon se lewe of die mensdom het.
     Daar kan ook bespiegel word of dit tot iemand se geluk bydra en of dit die mens
     van sy geluk ontneem. In ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat
     argumenteer dat tegnologiese apparaat/tegnologie goed of sleg is vir die
     mensdom. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat beide kante van die
     bogenoemde saak beredeneer. Daar kan ook geargumenteer word dat mense
     wat tegnologies vaardig is, gelukkiger of meer suksesvol is as leke op hierdie
     gebied. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.
                                                                                          [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2023)

SOORT OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ŉ Treffende inleiding boei die leser.
•   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
    die opnoem van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
    konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     7

Hou die volgende in gedagte:

•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
    gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
    opgeweeg.
•   Dis persoonlik van aard.
•   Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
•   Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
    ernstig geskryf word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
•   ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

                                                        TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                            I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                 T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).       16

Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

2.1   E-POS

      Die informele e-pos word in ŉ waarderende trant aan die hoofseun/hoofdogter
      geskryf. Die fokus van die e-pos is tweeledig. In die e-pos word daar gefokus
      op die motivering wat die matrieks ontvang het asook die dankbaarheid vir
      die wenke wat gegee is.

      Hou die volgende in gedagte:

      •    Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
      •    Die formaat moet voorsiening maak vir twee e-posadresse asook die
           onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
      •    Die formaat moet ook voorsiening maak vir ŉ datum waarop die e-pos
           geskryf word.
      •    Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen
           twee partye wat mekaar betreklik goed ken.
      •    Die e-pos moet ŉ aanhef hê, bv. Goeiemôre / Dag Sarel
      •    Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die
           klem behoort te val op die motivering en die waarde van die wenke wat
           gegee is.
       •   In die liggaam van die e-pos word daar op bogenoemde twee aspekte
           uitgebrei.
       •   Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ŉ paar
           standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete. / Vriendelike
           groete. / Alles van die beste. / Beste wense.
       •   Bogenoemde kan as ŉ paragraaf in ŉ aparte reël geskryf word. Dit kan
           ook deel van die slot wees
       •   Die e-pos word deur die naam en van van die skrywer afgesluit.                [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                           9

2.2    FORMELE BRIEF: KLAGTE

       Hierdie formele brief word aan die uitvoerende hoof van ESKOM gerig
       waarin die briefskrywer kla oor die impak wat beurtkrag op sy/haar studies
       het.

       Hou die volgende in gedagte:

       • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
         die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
       • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
       • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
         direkte taal is nodig.
       • Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin op die impak van
         beurtkrag op die matrikulant se voorbereiding vir die rekordeksamen
         gefokus word.
       • Die formele register moet gebruik word, soos benodig in formele
         korrespondensie. Die aanspreekvorm “u” word dus gebruik.
       • Die afsluiting is formeel en korrek.
       • Die uwe/ Vriendelike groete / Groete
         AMarais
         A. Marais                                                                       [25]

2.3    HULDEBLYK

       Bring hulde aan die familielid wat in ŉ fratsongeluk oorlede is. Indien dit lyk
       asof die kandidaat nie seker is wat ŉ fratsongeluk is nie, neem dit waarde
       van die skryfstuk weg.

       Hou die volgende in gedagte

       • Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe,
         die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die dood behoort
         gegee te word.
       • Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
         gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
       • Die fokus behoort te wees op dit wat die familielid vir die spreker en die
         gemeenskap beteken het.
       • Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van die
         huldeblyk.
       • Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
       • Eufemismes kan gebruik word.                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   KOERANTBERIG

      Die berig fokus op die tiener wat vermis geraak het en weer na twee dae
      gevind is.

      Hou die volgende in gedagte:

       • Die koerantberig moet van ŉ opskrif voorsien word.
       • Die naam van die skrywer volg en voeg waarde toe.
       • Die koerantberig moet volgens die omgekeerde piramidemetode geskryf
         word.
       • Die belangrikste inligting word in die eerste paragraaf gegee. Beantwoord
         die vrae: Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom? Hoe? Tot watter mate?
       • Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
         gegee.
       • Aanhalings van familie / vriende / kenners voeg waarde toe.
       • Feite moet akkuraat, bondig en objektief aangebied word.                      [25]

2.5   FORMELE VERSLAG

      Die fokus is op dit wat die ooggetuie tydens die rooftog waargeneem het.

       • Die inleidingsparagraaf bevat die volle naam en van, ID-nommer,
         woonadres en kontakbesonderhede van die ooggetuie.
       • In die daaropvolgende paragrawe word gefokus op die presiese detail van
         die rooftog.
       • Die naam van die winkel, dag, datum en tyd van gebeure moet vermeld
         word.
       • Die beskrywing van die rowers nl. aantal, kleredrag, wat hulle gesê het,
         vuurwapens, goedere gesteel ens. volg.
       • Noukeurige, uitgebreide detail is ŉ vereiste.
       • Die verslag sluit af met die datum en handtekening van die ooggetuie.         [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    11

 2.6     FORMELE TOESPRAAK

         Die inhoud van die toespraak fokus op drie aspekte: die bekendstelling van
         die spreker, inligting aangaande die studierigting en ŉ aanduiding waarom
         die spreker die beurs moet ontvang.

         Hou die volgende in gedagte:

         •   Die toespraak word tydens ŉ formele geleentheid gelewer.
         •   Die direksie moet aangespreek word: Goeiedag Dames en Here
         •   Die teikengehoor moet in gedagte gehou word.
         •   Die inleiding-sin moet sterk en prikkelend wees.
         •   Die drie aspekte kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
         •   Die drie aspekte word in die daaropvolgende paragrawe uitgebrei.
         •   In die slotparagraaf word die argumente treffend en bondig saamgevat.     [25]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            50
                                                              GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                                                                                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                              (EC/SEPTEMBER 2023)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant

                        Hoë vlak
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir

                        Hoë vlak
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                         foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
