# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/89df3478-c1b3-4705-988e-1f1cdac148c7
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/89df3478-c1b3-4705-988e-1f1cdac148c7)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2023

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2023)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Leesbegrip                     (30)
         AFDELING B:       Opsomming                      (10)
         AFDELING C:       Taalstrukture en -konvensies   (30)

  2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.     Beantwoord AL die vrae.

  4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

  7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.     Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

  10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                             3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                       HOKAAI MET DAAI DRUK!
 Sportlui se geestesgesondheid kom ál meer onder die soeklig.
 Heindrich Wyngaard soek raad vir ouers.
 1        Toe die Bok-vleuel, Sbu Nkosi, sowat ses weke gelede by die Bulle “gedros”
          het en eers weke later by sy pa se woning in Mpumalanga opgespoor is, het
          hy self die oorsaak van die dramatiese gebeure toegeskryf aan ŉ jare lange
          persoonlike stryd met “geestesdruk”.

 2        Hoewel die omstandighede in elke geval anders is, het dié voorval nogmaals 5
          die belangrikheid onderstreep dat daar – naas fiksheid, vaardighede en
          kondisionering – ook behoorlik aan sportsterre se geesteswelstand aandag
          gegee moet word.

 3        Dit het ŉ internasionale wekroep geword nadat die nommer-een-tennisspeler,
          Naomi Osaka, uit 2021 se Franse Ope onttrek het om ŉ “geestesrustyd” te 10
          neem. Die tennis-ikoon, Serena Williams, wat self openlik oor
          geesteskwessies praat, het verlede jaar die geestesgesondheid-platform,
          Wondermind, gestig.

 4        Maar dit is asof die sportmal publiek niks wil weet van die druk waaronder
          sportlui verkeer om wedstryd ná wedstryd vermaak te moet verskaf deur 15
          vertonings uit die boonse rakke te lewer nie. Indien dit nie die geval is nie,
          wag veroordeling en dikwels verbale aanvalle op sosiale media.

 5        Die Engelse krieketspeler, Ben Stokes, wat in 2021 ŉ selfopgelegde
          blaaskans geneem het nadat hy angsaanvalle begin kry het, word deur Ruan
          Botha, ŉ kenner in geesteskondisionering, voorgehou as die beste voorbeeld 20
          van hoe ŉ supersportman dit onlangs reggekry het om homself te “reguleer”.
          Hy kon weer op die perfekte tyd geestelik ŉ hoogtepunt bereik ná hy sy
          geestesgesondheid herwin het. Stokes het ná drie maande teruggekeer en ry
          steeds op die kruin.

 6        Om uit eie wil so ŉ stap te neem en openlik daaroor te praat, verg wel ŉ 25
          bepaalde ingesteldheid, gegewe die druk waaronder topsportlui verkeer om
          nooit op te gee nie. “Hul hele identiteit word aan sukses gekoppel, maar die
          lewe beweeg op en af,” sê die bekende “kopdokter” in rugbykringe,
          dr. Henning Gericke. “Dit is ŉ genadelose arena,” voeg die prestasie-afrigter,
          Gielie Hoffman, by, want die verwagting is dat jy byna “bomenslik” moet 30
          presteer, soos dr. Pieter Kruger, direkteur van die Noordwes-Universiteit se
          Instituut vir Sielkunde, dit stel.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

   7       Sportmanne word op potensiaal gekontrakteer en nie op kwalifikasie nie.
           In die proses word die sportpersoon se waarde deur die buitewêreld bepaal
           en kom die waardebepaling saam met ŉ verwagting dat hy/sy in 35
           ooreenstemming daarmee moet presteer. Wanneer hulle nie die mas opkom
           nie, tree negatiewe selfterugvoering in en word geestesgesondheid daardeur
           beïnvloed. Die spoor loop verder terug, sê Gielie, wat veral met jong mense
           werk. Op skool al word baie kinders deur hul ouers of afrigters gedruk om te
           presteer.                                                                    40

   8       Die professionele sportwêreld is geen liefdadigheidsinstansie nie, maan hy,
           en verwys spesifiek na “rugbyspelers in ons land wat op 15 of 16 reeds as ŉ
           kommoditeit* ontwikkel word.” Hierdeur duik holistiese** ontwikkeling in die
           hek.

   9       Dit is veral ŉ uitdaging vir sportpresteerders van daardie ouderdom wat uit 45
           beskeie of minderbevoorregte ouerhuise deur spogsportskole opgeraap word
           om hul talent daar ten toon te stel. Dié werwing word merendeels as ŉ
           “ontwikkelingsgeleentheid” vir die seuns voorgehou, maar dit is in werklikheid
           eintlik in die belang van die skool se aansien, vermoed prof. Wilbur Kraak, ŉ
           sportwetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch, wat ook by afrigting op 50
           klubvlak betrokke is.

   10      Die eise wat aanpassing in hierdie geografies- en kultuurvreemde omgewings
           aan die jong sportster stel, weg van ouerlike ondersteuning, bring mee dat
           sommige onder die verwagting swig.

   11      Hierdie verwydering van sportmense uit hul “natuurlike omgewing” is ŉ faktor 55
           wat uitdagings aan professionele sportlui stel. Spelers se agtergrond speel
           inderdaad breedweg ŉ rol wanneer hul geesteswelstand ter sprake kom, reken
           Pieter, maar hy glo nie dat spelers se veerkragtigheid noodwendig deur
           gegoede óf moeilike agtergronde bepaal word nie. Makazole Mapimpi, ŉ
           vleuel by die Haaie en die Bokke, is vir hom ŉ voorbeeld van ŉ speler wat ten 60
           spyte van (of dalk danksy) sy uitdagende agtergrond “geestelik sterk” is.

   12      Pieter sê daar is egter geen “eenvormige resep” om sportlui teen
           geestesuitdagings te beskerm nie – en eintlik is geen mens immuun daarteen
           nie. Navorsing waarby hy betrokke was, toon dat tot 42% van spelers in
           internasionale rugbykompetisies een of ander geestesuitdaging ervaar het. 65
           Hierteenoor wissel die syfer vir die wêreldbevolking van mense by wie
           depressie en angs gediagnoseer word tussen 20% en 25%.

   13      Henning se raad aan sportlui, jonk en oud, is om te aanvaar “dis orraait om
           nie orraait of perfek te wees nie.” In hierdie gewenste kopskuif stel Ruan voor
           dat sportlui soms “minder die resultaat as die aktiwiteit nastreef.” Ook vir Sbu 70
           Nkosi is dit ŉ waardevolle les (as ek die betekenis van sy van mag inspan):
           Jy hoef nie altyd die “koning” van die rugbyveld te wees nie.

           * kommoditeit – natuurlike, waardevolle hulpbron (ekonomiese term)
           ** holistiese – rakende die geheel
                                                     [Aangepas uit Rapport Beleef, 8 Januarie 2023]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                               5

  TEKS B: VISUELE TEKS

                                                                [Aangepas uit Volksblad, 03 Mei 2019]

  VRAE: TEKS A

  1.1    Herlees die opskrif en subopskrif.

         1.1.1       Sê in jou eie woorde waarna “daai druk” verwys.                              (1)

         1.1.2       Skryf TWEE opeenvolgende woorde neer wat aandui dat hierdie ŉ
                     groterwordende kwessie is EN noem die naam van EEN bekende
                     sportster wat ŉ slagoffer hiervan was/is.                                    (2)

  1.2    Aan watter VIER aspekte moet daar aandag gegee word wanneer afrigting
         plaasvind?                                                                               (4)

  1.3    Noem die kontrasterende gedrag wat die sportpubliek openbaar.                            (1)

  1.4    Herlees die eerste sin van paragraaf 6.

         Noem TWEE gevalle waar sportsterre wel “so ŉ stap” gedoen het om druk te
         verlig.                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

  1.5      Herlees die onderstreepte woorde in paragraaf 6.

           Noem TWEE aspekte wat in dié leesstuk genoem word waarna hierdie
           woorde kan verwys.                                                                    (2)

  1.6      Watter verband is daar tussen Gielie Hoffman en dr. Pieter Kruger se
           stellings?                                                                            (1)

  1.7      Motiveer waarom die waardebepaling en verwagting om te presteer buite die
           beheer van die sportster val.                                                         (1)

  1.8      Watter nadeel hou dit vir jong rugbyspelers in as hulle té vroeg reeds as baie
           waardevol hanteer word?                                                               (1)

  1.9      Herlees paragraaf 8 tot 10.

           1.9.1     Noem EEN voordeel en EEN nadeel wat die werwing van ŉ
                     minderbevoorregte leerder deur ŉ sportspogskool vir die leerder kan
                     inhou.                                                                      (2)

           1.9.2     Waarom kan die vooroordeel van sekere Suid-Afrikaners teenoor
                     spogskole wat sportleerders werf, geregverdig word?                         (1)

  1.10     Herlees prof. Wilbur Kraak se stelling in paragraaf 9.

           1.10.1    Verduidelik waarom die uitspraak van prof. Kraak as geloofwaardig
                     beskou kan word.                                                            (1)

           1.10.2    Is prof. Kraak se uitspraak ŉ feit of ŉ mening? Motiveer.                   (1)

  1.11     Waarom kan Makazole Mapimpi as ŉ uitsondering op die reël beskou word?                (1)

  1.12     Dink jy dat internasionale rugbyspelers meer druk as gewone mense ervaar?
           Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

  1.13     Herlees die laaste paragraaf.

           1.13.1    Wat sal gebeur as sportlui eerder “die resultaat as die aktiwiteit
                     nastreef”?                                                                  (1)

           1.13.2    Neem die leesstuk in die geheel in ag. Dink jy dat dit moontlik is om
                     minder druk op skoolleerders, wat aan sport deelneem, te plaas?             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                              7

 VRAE: TEKS B

 1.14      1.14.1      Waar speel die toneel in TEKS B af?                                 (1)

           1.14.2      Gee ŉ bewys vir jou antwoord in VRAAG 1.14.1.                       (1)

 1.15      Sê waarom die woorde Rus in vrede teen die muur onvanpas is.                    (1)

 1.16      Hoe weet jy as leser dat die plan om die beseerde speler te laat speel, nie
           die oorspronklike plan was nie?                                                 (1)

 VRAE: TEKS A en TEKS B

 1.17      Verduidelik hoe TEKS B by TEKS A aansluit.                                      (1)

 1.18      Wat is die grootste verskil tussen die sportman in TEKS B en die
           sportmanne waarna in TEKS A verwys word?                                        (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

  AFDELING B: OPSOMMING
  VRAAG 2

  Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE voordele wat veganisme
  vir die mens inhou.

  LET WEL:
  1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
     paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
  2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
  3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
  4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
  TEKS C

                      PLATSAK EN VIR EERS KEELVOL VIR VLEIS?
                          STEL VEGANISME OP DIE PROEF!

  Oor die feestyd is Suid-Afrikaners geneig om elke maaltyd te beplan rondom die soort
  vleis(e) wat gaargemaak gaan word. Maar ná die vyfde dag van braai met groente en stysel
  as ŉ bysaak, begin jou lyf kapsie maak!

  ŉ Afwisseling kan jou net goed doen. Jy hoef nie al jou vleistande te laat trek nie. Jy kan
  dit eers net ŉ aand of twee per week probeer.

  ŉ Veganistiese dieet is basies ŉ plantgebaseerde dieet, sê Claudine Ryan, dieetkundige in
  Gqeberha. “Dit sluit nie net vleis uit nie, maar ook alle kosprodukte wat van diere afkomstig
  is, soos suiwel, heuning, eiers en selfs gelatien. Daar is egter ŉ verskeidenheid
  plantprodukte soos volgrane, vrugte, groente, peulgroente, soja, neute en sade waaruit jy
  kan kies. Mense word gewoonlik om etiese, geloofs-, omgewings- of gesondheidsredes
  veganiste.”

  Wat ook al jou rede is, Ryan sê dit is raadsaam om jouself stelselmatig in te lyf in hierdie
  leefstyl.

  Veganisme het voordele en (baie min) nadele. Veganisme sal aanvanklik moeilik wees
  omdat dit ŉ leefstylverandering vereis.

  Dit is beslis so dat vertering van voedsel makliker en vinniger plaasvind sodat jy nie dikwels
  opgeblaas voel nie.

  Die voedsel wat ingeneem word, word in die heel beste vorm ingeneem, wat goeie
  immuniteit verseker.

  Groente en vrugte wat verbou word, word verbou sonder om ŉ koolstofvoetspoor agter te
  laat.

  Organiese plante bevat nie karsinogene (kankerwekkende stowwe) wat in proteïne
  voorkom en nadelig is vir die mens nie. Jy word glad nie hieraan blootgestel nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 9

  Indien jy al jou eetbare plante in jou tuin kweek, oes jy soos jy iets benodig en dit beteken
  dat jy nie eens ŉ vrieskas nodig het nie.

  Onbenutte spasie by jou blyplek kan tot jou voordeel gebruik word, want dan kan jy self
  jou kos in jou eie tuin produseer. Boonop is plantaardige kos grotendeels goedkoper as
  vleis, vis en pluimveeprodukte.

  As jy ŉ veganis wil word, sal jy jou koskas moet aanpas. Basiese produkte wat veganiste
  in hulle koskaste het, is gedroogde en geblikte bone, lensies en ertjies,
  sojamaalvleismengsels, voedingsgis, rys en pasta, aartappel en patat, asook
  grondboontjiebotter.

  Probeer dit gerus.
                                                           [Aangepas uit Rapport, 9 Januarie 2023]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                               (EC/SEPTEMBER 2023)

  AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS D

            1

            2

       3

       4 Luister in Julie na
       5 Dana Snyman se
       6     reisjoernaal
            7      Op pad                               “Van die beste skryfwerk deur Dana Snyman nog,
                                                       Op pad het my diep ontroer." - Kerneels Breytenbach

            op   Netwerk24.
             8 Elke maand laai ons twee
                9 nuwe boeke op Netwerk24.
                       10 Luister saam!
                                                                   Op pad
                       11 Gaan na
                12 www.netwerk24.com
                      13 en word 'n
                  14 (teken in) vir net ...

       15            R99 per maand.
                                                   [Aangepas uit Rapport Weekliks, 14 Julie 2019]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  11

 VRAE: TEKS D

 3.1     Verduidelik die funksie van die onderstreepte woord in reël 1.                       (1)

 3.2     Verklaar die betekenis van die teken regs van die syfer 24 in reël 1.                (1)

 3.3     Herlees reëls 2 en 3.

         Noem TWEE advertensietegnieke hoe die opskrif hier beklemtoon word.                  (2)

 3.4     Hoe verskil die boek wat hier geadverteer word van enige ander boek?                 (1)

 3.5     Hoe sluit die visuele beeld by die boek se titel aan?                                (1)

 3.6     Herlees reëls 4 tot 15.

         Hoe word die leser hier oorreed om op Netwerk24 in te teken?
         Noem TWEE maniere.                                                                   (2)

 3.7     Vorm ŉ persoonsnaam van die twee woorde tussen hakies in reël 14.                    (1)

 3.8     Gee die funksie van die beletselteken aan die einde van reël 14.                     (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

  VRAAG 4: STROKIESPRENT

  Bestudeer die strokiesprente (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS E

  ZITTS

         RAAMPIE 1                          RAAMPIE 2                               RAAMPIE 3

            JEREMY!               IS JY NIE LUS OM DIE SOMER-              “UMM”?       EK WAS IN
           JEREMY!                 VAKANSIE SAAM MET MY EN                              TOT DIE “EN
                                  MY MA FLORIDA TOE TE GAAN                             MY MA” - DEEL
                                              NIE?
              JEREMY!                                        UMM…
                 :

                                                                    [Aangepas uit www.zitscomics.com]

  GROEIPYNE

              RAAMPIE 4                           RAAMPIE 5                      RAAMPIE 6

          LYK OF EK 'N         DIS                                                  HOEKOM HET JY NOU
                                         ONS MOET IETS SINVOL DAARMEE
        REDELIKE BONUS     FANTASTIES!                                   …OF…        NET 'N SKAKEL NA
                                         DOEN, SOOS OM DIE VERBAND AF
       AAN DIE EINDE VAN                                                            NUWE WATERPONIES
                                                  TE BETAAL.
       DIE JAAR SAL KRY.                                                                  GEKRY?

                                                    ONS
                                                    KAN.

                                                                [Aangepas uit www.groeipyncomics.com]

  VRAE: TEKS E

  4.1        Watter funksie het die skryfwyse van Jeremy in RAAMPIE 1?                                     (1)

  4.2        Sê waarom die vraag in RAAMPIE 2 nie as ŉ retoriese vraag beskou word nie?                    (1)

  4.3        Sê watter gevoel die spreekster in RAAMPIE 3 ervaar én noem hoe dit
             uitgebeeld word.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                             13

 4.4     4.4.1       Wat impliseer Jeremy met sy laaste woorde in RAAMPIE 3?               (1)

         4.4.2       Na watter vorm van stereotipering kan hier moontlik verwys word?      (1)

 4.5     Herskryf RAAMPIE 4 sodat dit ŉ volledige volsin kan wees. Skryf die hele
         sin oor.                                                                          (1)

 4.6     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.6) en die letter
         (A–D) neer.

         Tydens die uitspraak van die onderstreepte woord in RAAMPIE 5 vind die
         volgende klankverskynsel plaas:

         A       Assimilasie
         B       Palatalisasie
         C       Nasalering
         D       Vokaalreduksie                                                            (1)

 4.7     Wat is die funksie van die woorde buite die spraakborrels in RAAMPIE 5 en
         RAAMPIE 6?                                                                        (1)

 4.8     Verduidelik waarom die manlike spreker se oë in RAAMPIE 6 anders as in
         die vorige raampies uitgebeeld word.                                              (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS F

                               BLIKBREIN DURF HOFSAAK AAN

  1     Die wêreld se eerste “robot-prokureur” (5.2.1) maak na verwagting
        (5.3) volgende maand sy buiging in ŉ strafregtelike verhoor.

  2     Die naam van die beskuldigde en die plek waar hy verhoor word, is nie bekend
        gemaak nie, maar volgens (5.4) “New Scientist” is dit die eerste verhoor waar
        kunsmatige intelligensie (KI) gebruik sal word om die vermeende oortreder se 5
        verweer te behartig. Die oortreder het ŉ spoedkaartjie ontvang en beplan om
        skuld te ontken.

  3     Die KI sal glo luister na alles wat in die verhoor gesê word en (5.5) ... opdragte
        aan die beskuldigde gee oor wat om te antwoord, sowel as vrae verskaf wat aan
        getuies gestel moet word.                                                          10

  4     (5.6) Die program is deur die maatskapy DoNotPay geskryf en is daarop
        gemik om padoortreders te verteenwoordig. Die stigter van die maatskappy,
        Joshua Browder (26), het die program begin skryf toe hy 19 jaar oud was.

  5     Hy het reeds groot sukses daarmee behaal om motoriste wat
        (5.7) parkeerkaartjies kry, te verdedig.                                                  15

  6     Die program kan byvoorbeeld appél aanteken sou die motoris beweer dat die
        padverkeerstekens onvoldoende was of hy het nie besef hy mag nie in ŉ
        (5.8) spesifieke plek parkeer nie.

                                            [Aangepas uit Rapport, 8 Januarie 2023 (Netwerk24)]

  VRAE: TEKS F

  5.1      Skryf die eerste diftong uit die eerste paragraaf neer.                                (1)

  5.2      5.2.1     Herlees die donkergedrukte woorde in reëls 1 en 2 (maak ...
                     buiging). Sê of die woorde hier denotatief of konnotatief gebruik
                     word.                                                                        (1)

           5.2.2     Gebruik nou dié woorde in ŉ verduidelikende volsin in die ander
                     vorm as jou antwoord in VRAAG 5.2.1.                                         (1)

  5.3      Skryf die afkorting van die onderstreepte woord in reël 2 neer.                        (1)

  5.4      Is die gebruik van die aanhalingstekens in die skuinsgedrukte woorde in
           reël 4 gepas? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                            15

 5.5     Voltooi die sin in paragraaf 3 deur ŉ ontbrekende verbindingswoord wat
         oorsaak en gevolg aandui, neer te skryf.                                          (1)

 5.6     Herskryf die donkergedrukte sin in reël 11 in die bedrywende vorm.                (1)

 5.7     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter
         (A–D) neer.

         Die onderstreepte woord in reël 15 is ŉ ...

         A     samestelling.
         B     afleiding.
         C     simpleks.
         D     samestellende afleiding.

 5.8     Gee ŉ antoniem vir die onderstreepte woord (reël 18).                             (1)

 5.9     Dui die spelfout in die laaste paragraaf aan deur die woord in die korrekte
         vorm neer te skryf.                                                               (1)
                                                                                          [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
