# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9e2875e2-4dcd-440c-b474-52ad4b5f995b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9e2875e2-4dcd-440c-b474-52ad4b5f995b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2023

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 32 bladsye.

### Page 2

2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
     inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
     wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
     het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte        (30)
     AFDELING B: Prosa          (25)
     AFDELING C: Drama          (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
     EEN uit AFDELING C.

     AFDELING A: GEDIGTE
     Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
     Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

     AFDELING B: ROMAN
     Beantwoord EEN vraag.

     AFDELING C: DRAMA
     Beantwoord EEN vraag.

5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

     •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
     •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
         AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
         beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
         kontrolelys om jou te help.

6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

     •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
     •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
     •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
         puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
         relevant.

7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                3

9.     Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

10.    Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:           ongeveer 40 minute
       AFDELING B:           ongeveer 55 minute
       AFDELING C:           ongeveer 55 minute

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2023)

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                           VRAAG                  PUNTE     BLADSY
 1. “Elegie vir my toekomstige
                                                               10            6
     vrou”                            Opstelvraag

 2. “Maaltyd‘”                           Kontekstuele vraag    10            8

 3. “Suiwer wiskunde”                    Kontekstuele vraag    10            9

 4. “dienaar van die nagereg”            Kontekstuele vraag    10           10

                                                EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend

 5. kompos bevorder groei                Kontekstuele vraag    10           11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. onderwêreld                             Opstelvraag        25           13

 7. onderwêreld                          Kontekstuele vraag    25           13

 8. Manaka Plek van die Horings             Opstelvraag        25           16

 9. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag    25           16

 10. Vatmaar                                Opstelvraag        25           19

 11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag    25           19

 12. Die kwart-voor-sewe-lelie              Opstelvraag        25           22

 13. Die kwart-voor-sewe-lelie           Kontekstuele vraag    25           22

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*

 14. Krismis van Map Jacobs                 Opstelvraag        25           25

 15. Krismis van Map Jacobs              Kontekstuele vraag    25           25

 16. Mis                                    Opstelvraag        25           29

 17. Mis                                 Kontekstuele vraag    25           29

* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEK KONTEKSTUELE VRAAG in
           AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                              5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

                AFDELING        VRAAG-            GETAL VRAE            MERK ✓
                                NOMMER           BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)             1–4                  2
A: Gedigte
                                    5                   1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                   6–13                 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                  14-17                 1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
         in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Elegie vir my toekomstige vrou – André Letoit

1        ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou
2        ontmoet het nie (net soos in die
3        populêre liedjies)
4            :dit was op die skaatsbaan
5             of op die sessiondansvloer
6             of dalk by die biduur
7             (hoewel die soort
8              wat jy by bidure ontmoet
9             gewoonlik nie lank
10            hou nie)

11       ek het jou uitgeneem
12       op my motorfiets (boksburgmeer
13       of milky lane in hilbrow of
14       daai hippiekolonie in berea – ek
15       had altyd ŉ voorliefde vir
16       hippiekolonies) en jy het
17            verlief geraak op my
18            toe jy my profiel in die
19           – nee wag – toe ek
20            in jou oor fluister
21           “ek smaak jou” (jou hare
22           het effens na kougom geruik – oh baby)

23       daarna het ek jou ouers ontmoet
24       hulle het my uit die huis uitgejaag
25       (vermoedelik vanweë my lang hare en baard –
26       uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd –
27       my tydsberekening is altyd verkeerd)

28       maar uiteindelik
29       het ons tóg getrou; jy was
30       so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie
31            behalwe die dominee
32            en ŉ paar assuransieagente
33            (onder andere my pa, saam met sy
34            vrou; gawe mense, darem,
35            as jy hulle leer ken; ongelukkig
36            ken ek hulle
37            nie so goed nie)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         7

 38      daarna het ons, soos altyd, saam
 39      geleef (lééf?) soos al die ander
 40      mense (mense?) en
 41           nie meer toptwintig
 42           geluister nie;
 43           ek het altyd gedog
 44      ek was verlief op jou (hahaha!)
 45           maar toe eers, toe vang ek
 46               die hele triek:
 47               alles gaan om skreeuende bybies
 48               en kombuiskaste wat piep
 49      en die huwelik is ŉ duur prys om te betaal
 50      vir ŉ lewe vol platoniese dogmatiek

                                   [Uit: Suburbia deur André Letoit, uitgegee deur Perskor.]

 Bespreek die redes waarom hierdie gedig as ŉ voorbeeld van ŉ satire gesien
 kan word in ŉ opstel van 250–300 woorde.                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Maaltyd – P.J. Philander

1       Ou moeder met haar hoepelrokkie
2       en stywe kappie, staan hande gevou
3       in die vorm van ŉ koperklokkie
4       vir smôrens, smiddags en vir nou.

5       Die blou bord en die skoon servet,
6       die helder bril, die Bybel oop,
7       en teen die hoë muur haar groot portret
8       hou my aan haar steeds vasgeknoop.

9       En op die gladde, blink buffet,
10      glimmend in die skerp lig van die lamp,
11      skyn sy nou in die seëngebed,
12      leef sy nou in die wasige damp.

13      Sy was eers goud, heel later silwer,
14      nou’s sy koper waar sy staan,
15      maar met elke lui dan skilfer
16      af ... die grasgroenspaan.
                                [Bron: Uurglas, uitgegee deur Nasionale Boekhandel, 1955]

2.1     Benoem die beeldspraak in strofe 1 en verklaar die funksie daarvan.                  (2)

2.2     Verklaar waarom die onderstreepte woorde in reël 4 ongewoon is en haal
        ŉ frase uit strofe 3 aan om jou antwoord te staaf.                                   (2)

2.3     Herlees versreël 7.

        Watter verstegniese middel word gebruik om die spreker aan sy moeder
        vas te knoop?                                                                        (1)

2.4     Herlees strofe 2.

        Noem TWEE items wat die spreker aan sy moeder “vasgeknoop” hou en
        dui aan hoe dit by die tema van die gedig aansluit.                                  (3)

2.5     Dink jy ŉ ander tipe strofebou en rymskema sou hier meer gepas wees?
        Motiveer.                                                                            (1)

2.6     Watter stemming oorheers in die gedig?                                               (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     9

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw

1        Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
2        hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
3        word, nooit saad sal skiet, en nooit verby
4        hierdie verstarde uur sal groei. Die lug
5        het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
6        Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
7        bly in sy ligte sirkels vasgehou
8        en moet sy see ŉ ewigheid versuim.

                                          [Bron: Nuwe verse, uitgegee deur Tafelberg, 1954]

3.1     Die eerste sin is ŉ hipotese. Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word
        en gee EEN voorbeeld van hoe dit uitgehef word.                                        (2)

3.2     Die by verrig nie hier sy normale funksie in die natuur nie? Bewys die stelling
        deur ŉ frase aan te haal as ŉ bewys vir dié stelling.                                  (1)

3.3     Watter retoriese middel word in versreëls 2 en 3 gebruik om te dui op
        toekomstige aksies wat nie kan plaasvind nie?                                          (1)

3.4     Herlees versreël 5.

        3.4.1    Watter klankeffek kom hier voor? Motiveer waarom dit funksioneel
                 gebruik is.                                                                   (2)

        3.4.2    Benoem die beeldspraak in hierdié versreël.                                   (1)

3.5     Herlees versreëls 4 tot 6.

        Tyd het tot stilstand gekom en daarom het die brander ook gestol. Hoe slaag
        die digter om die handeling wat nooit plaasvind nie uit te hef?
        Noem TWEE maniere.                                                                     (2)

3.6     Hierdie gedig is ŉ goeie voorbeeld van ŉ metafisiese gedig. Stem jy saam
        met die stelling? Motiveer jou antwoord.                                               (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

dienaar van die nagereg – Patrick Petersen

1       wanneer ek, pie djy pie, dink aan u pa-pappa-pappie
2       sien ek
3       u langarm in ŉ jas reënerige kakie op ŉ groen raleigh
4       vir presies wees; ŉ teen-koue-kakiekombers dik om u
5       lyf gespan; wasem wat soos spookasem uit u mond hang;
6       op kantoor besig met die administrasie
7       van wit man; en buite brand die blou lig blouer teen
8       die totale aanslag van links en swartwees; tussen twee tot tien
9       elf tot sewe vyf tot een en tien tot ses.

10      wanneer ek aan u werk dink pappa-piet
11      sien ek
12      ŉ hart wat vuiste maak; haat wat opgroei en ŉ
13      grootman raak; die maan wat snags u beatstap
14      tel; die wind altyd weer die wind op wolseley
15      wat die dood in sy knope opgaar; blink geelkopersknope –
16      waarin die volksnag lawenis soek; lexingtons
17      en way side twak; die apostoliese hawe – ŉ kloekbaai
18      wat haar skuitjies bymekaar hou.

19      en eenkant langs die tafel voor die stoof sit slaap
20      my skaduwee en ek.         wag vir kedoes medi
21      husse met lang-lang ore.        wag vir tjoklit en humbugs.
22      wag vir die dienaar van die nagereg.             wag vir één dag.

                     [Bron: amandla ngawethu, uitgegee deur Genadendalse Drukkery, 1985]

4.1     Haal ŉ woord uit die gedig aan wat by die onderstreepte woord in die titel
        aansluit.                                                                             (1)

4.2     Die spreker se waarneming in versreël 2, word tipografies uitgehef.
        Hoe word dit bewerkstellig?                                                           (1)

4.3     Herlees versreël 3.

        4.3.1   Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die
                onderstreepte woorde.                                                         (2)

        4.3.2   Benoem die stylfiguur.                                                        (1)

4.4     Watter beeldspraak kom in versreël 5 voor? Motiveer of die beeld hier
        gepas is.                                                                             (2)

4.5     Verduidelik die ironie in versreëls 6 en 7.                                           (1)

4.6     Watter boodskap wil die gedig aan die leser oordra?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                              11

4.7      Dink jy die gebruik van die donkergedrukte woord in die bron van die
         digbundel is gepas as jy die inhoud van die gedig in ag neem? Motiveer jou
         antwoord.                                                                         (1)
                                                                                          [10]

                                              EN

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Kompos bevorder groei – Johannes DeSilentio

1        Tot sweet-warm donkertes beperk,
2        die ondergrondse wurm-werk,
3        om organiese bindings af te breek
4        sodat ek weer kan groente kweek.

5        Hoe méér die wurms kan verwoes,
6        hoe ryker, inderdaad die oes.
7        Dié paradoks, van ryk uit vrot,
8        spreek siel-diep tot my eie lot:

9        Soms sukkel ek om te verstaan
10       dat ek níé nou verlore gaan;
11       Kompos! Laat my tog onthou –
12       mens breek soms af om weer op te bou.

5.1      Benoem die strofebou in die gedig.                                                   (1)

5.2      Watter soort halfrym kom in versreël 2 voor? Dui aan hoekom dit funksioneel
         gebruik is.                                                                          (2)

5.3      Herlees versreëls 5 tot 8.

         5.3.1   Dink jy die digter maak hier gebruik van regressie, of progressie?
                 Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

         5.3.2   Is die paradoks wat in strofe 2 voorkom geslaagd? Motiveer jou
                 antwoord.                                                                    (1)

5.4      Benoem die rymsoort in die gedig.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

5.5     Herlees strofe 3.

        5.5.1   Dink jy die spreker praat met die “Kompos”? Motiveer jou antwoord.         (1)

        5.5.2   Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker graag wil onthou.
                Op watter manier word die onthou uitgehef?                                 (2)

5.6     Stem jy saam met die spreker se positiewe siening oor die “afbreek” wat in
        sy lewe plaasvind? Motiveer.                                                      (1)
                                                                                         [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Greg teken sy hele matriekjaar protes aan teen verskillende gesagsfigure en
instellings.

Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                        [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

“Ek meen, sal jy jou geld in ŉ bank sit as ŉ hacker daarby kan uitkom? No ways!
Daarom moet die bank sorg dat hy beter beskerming kry vir sy kliënte. ABSA-bank
het dit gedoen nadat ŉ ou ŉ klomp kliënte se rekeninge gecompromise het. Voor dit
het jy bloot jou rekeningnommer en iets soos ŉ vyfsyfer-password ingetik as jy hul
internetbank wou gebruik. Dis belaglik maklik vir ŉ hacker om daardie kode te breek.     5
Maar vandag moet jy deur twee password-skerms beweeg om by jou geld uit te kom.
En hulle gebruik SMS’e om kliënte te laat weet iemand het aangeteken op hulle
rekening.
“En dit het eers gebeur nadat iemand geld gesteel het,” sê ek.
“Ja. ŉ Klompie banke het nou ook ŉ intelligensie-organisasie, SA-BRIC,geskep             10
om risiko’s en bedreigings van hackers uit te wys.”
Ek vat my bierblik en frommel dit tussen my hande. “Oukei,” sê ek. “So daar is good
guys and die bad guys in die hacking onderwêreld.”
“Ja, hulle praat ook van die white hats en die black hats.”
“En die black hats is seker die kriminele.”                                              15
Eckardt knik sy kop en glimlag skeef. Hy teken af op sy laptop. In my broei daar nou
ŉ opgewondenheid. En die potensiaal van gevaar wat net skuins agter die
opwinding lê.
“Sal jy my leer?” vra ek toe Eckardt weer agteroorleun in sy stoel.
“Wat betaal jy my?”                                                                      20
Ek maak of ek sy stoel gaan omgooi. “Komaan, Eckardt!”
Hy kyk my eers net aan asof hy moet besluit, maar ná ŉ ruk sê hy: “Oukei, maar nie
vanaand al nie. Môre. Ons kan môre begin.

7.1    In watter ruimte vind hierdie gesprek tussen Greg en Eckardt plaas?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

7.2      Herlees reël 12.

         Dit wat hier gebeur wys duidelik op Greg se morele kompas wat besig is
         om te wankel. Noem nog DRIE ander voorbeelde in die roman wat hierdie
         stelling bewys.                                                                        (3)

7.3      Herlees reëls 14 tot 16.

         7.3.1       In watter opsig sluit hierdie reëls by die titel van die roman aan?        (1)

         7.3.2       Greg kan later in die roman as ŉ white hat én ŉ black hat beskou
                     word. Weerlê of bewys hierdie stelling.                                    (2)

         7.3.3       Gee EEN rede hoekom Eckardt se handeling in reël 16 ironies is.            (1)

7.4      Herlees reëls 16 en 17.

         Watter tipe verteller is hier aan die woord? Motiveer waarom juis die
         spesifieke verteller.                                                                  (2)

7.5      Waarop sinspeel reëls 16 tot 18 oor Greg se verhouding met sy oorlede
         broer en hoe het Eckardt dit tot sy eie voordeel gebruik?                              (2)

7.6      Watter karaktereienskap van Eckardt lei ons uit reëls 21 en 22 af.                     (1)

                                                EN

TEKS B

Dit is net ŉ uur of so voor die son oor die berg sal breek en die koue sal wyk. Ek wou
nog vroeër vir sersant Botha van Dok vertel het, maar nou moet ek die saak weer
deurdink. Nes jy reken jy het die bodem van die onderwêreld bereik, stop iemand jou
ŉ graaf in die hand en moet jy dieper grawe.
Sersant Botha wil nie aangaan sonder inspekteur Cele nie. Hy stuur my net na my          5
kamer. “Gaan probeer maar slaap. Jy gaan dit nodig kry. Daar wag ŉ lang dag op
jou, boetie. Jy’t baie om te verduidelik. En moet nie iets stupid try nie, oukei? Jy het
al klaar meer moeilikheid as wat jy kan handle.”
Hy maak homself tuis op een van die banke in die Hang-Out.
Ek gaan na my kamer toe. Verslae. Die mure voel onvriendelik, asof ek nie daar           10
hoort nie. Loser. Ek gaan lê op my bed, probeer dinge vir myself uitredeneer. Wie
sou ŉ keylogger op my computer gesit het? Wie sou die kans gehad het om dit te
doen?
Enigeen van die ouens hier in die koshuis sou kon. Die kamer staan baie keer oop
as ek badkamer toe gaan of TV gaan kyk, rugby gaan oefen. Sou iemand soos                15
Plank of TJ dit gedoen het? Dalk Kwanele? Dok? En wat sou hulle daarmee bereik?
Hoekom sou hulle wou weet wat ek doen?
Waar eindig die onderwêreld?

7.7      Wat wou Greg vir Sersant Botha voor hierdie uittreksel vertel het?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                15

7.8     Herlees reëls 10 tot 13.

        7.8.1         Waarmee worstel Greg in hierdie reëls? Watter tegniek gebruik
                      die spreker om die konflik te onderstreep?                             (2)

        7.8.2         Is dit dieselfde konflik wat hy in Clarens, aan die einde van die
                      roman ervaar? Motiveer jou antwoord.                                   (1)

7.9     Waarna verwys die onderstreepte woord in reël 11? Van watter
        karakteriseringstegniek word hier gebruik?                                           (2)

7.10    Verwys na reëls 11 en 12.

        Wie was verantwoordelik vir die ‘keylogger’ op Greg se rekenaar?                     (1)

7.11    Verwys na reëls 15–18.

        Hoe word die spanning hier bewerkstellig? Noem TWEE maniere.                         (2)

7.12    7.12.1        Dink jy Greg het karakterontwikkeling ondergaan van TEKS A
                      na TEKS B? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

        7.12.2        Verduidelik hoekom jy dink Eckardt en Dok Pienaar het geen
                      karakterontwikkeling ondergaan nie.                                   (2)
                                                                                           [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

16                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Die hoofkarakter, Baas Chipman, is ŉ voorbeeld van ŉ tipiese buitestaander en sy
optrede teenoor die plaaslike inwoners van Barotseland, voordat ouma Essie en
Grace sy denke beïnvloed het, getuig inderdaad hiervan.
Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                            [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

Teen die Zambezi draai hy wes om stroomop die kronkels van die rivier, en
veral die stroomversnellings, te verken en aan te teken. Waar die Zambezi sy
boggel maak, is dit al in die uitgetrapte olifantpaadjies langs, nog eens
noordwaarts deur die oewerruigtes.
Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chipman hom op die wal            5
van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam in Barotseland, die
westelike provinsie van die huidige Zambië. Hy vang nie ŉ enkele skoenlapper
nie, en gaan nooit terug na sy land van herkoms nie.
Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle, later ook hy
en die basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle – altyd met ŉ Brindle as        10
tropleier – word legendariese buffeljagters. Hy kap die trofeë aan die stamme van
die reuse-oewerbome om sy kamp vas en dit besorg aan sy blyplek die naam
Manaka, wat Plek van die Horings beteken. Met die jare kry hy langs sy hut ŉ
skooltjie aan die gang waar hy ŉ klomp Malozi-kinders onder ŉ worsboom met die
vinger in die sand leer skryf en somme maak. Hulle leer ook lees en Engelse              15
kerkliedjies sing – die enigste liedjies wat hy uit sy kinderjare onthou. Sy
Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk. Sondae word die ruwe kiaathoutbankies
onder die worsboom die kinders en sommige ouers se kerk. Hy noem dit Manaka
Evangelical Mission. Een van sy gemeentelede is indoena Sitali Mulambwa, die
stamhoof van die Senangagebied.                                                          20
ŉ Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika toegankliker te maak dryf
Dennis Chapman.

9.1      Verteller.

         9.1.1   Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat
                 is sy funksie in reël 1–4?                                                    (2)

         9.1.2   Motiveer waarom hierdie soort verteller hier funksioneel is.                  (1)

9.2      Herlees die onderstreepte gedeelte in reëls 7–8.

         Verklaar die verwysing na die skoenlappers en sê wat Dennis se land
         van herkoms is.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

9.3      Herlees reël 9.

         Verduidelik waarom Dennis Chipman slegs as Baas bekend gestaan het.                     (1)

9.4      Watter belangrike rol vervul die worsboom (reël 18) in hierdie verhaal?                 (2)

9.5      Oupagrootjie.

         9.5.1   Dink jy die oupagrootjie se ideaal om die wildernisgebied van Afrika
                 toegankliker te maak was geslaagd? Motiveer jou antwoord met
                 TWEE redes.                                                                     (2)

         9.5.2   Sê ook wat Baas se droom is en of dit realiseer.                                (2)

                                             EN

TEKS D

“Jou reg om ŉ Christen te wees maak van jou ŉ Christen. Weet jy dit dan nie?”
Ouma Essie haal haar Bybel uit haar sisvoorskoot se sak en gee dit vir Baas. “Jy
kan mos lees. Romeine 10 vers 20.”
Baas blaai.
“Nie daar nie!” gebied sy. “Romeine is verder agtertoe. Glo jy hierdie boek?”           5
“Wat sê jy, ouma Essie?”
“Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman. Dit help nie ons staan daaroor en
praat as jy nie glo wat hierin staan nie. Het jy ‘n Bybel?”
“Ek het meer as een Bybel, ouma Essie. Ek het twee. Dit wil nie sê ek het die
antwoorde nie.”                                                                         10
Ouma Essie vat die boek hardhandig uit Baas se hande.
“Nou vat al twee saam en gaan lees Romeine 10 vers 20.” Sy druk haar Bybel
terug in haar sak. “Muluti Griesel en meneer Johnnie wag al vir jou. Dis lekker stil
daar in die mopaniewoud. Dan lees jy sommer vers 9 en 10 ook.” Sy skakel die
kragopwekker af.                                                                        15
Priscilla en Akwilla se helder fluite hang oor die stilte. Baas trek die vasmaaktoue
onder die seil uit.
“Dank die Here,” sê ouma Essie.
“Bolena!” sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. “Lea tshwenya!”
“Wat sê jy?” vra ouma Essie verontwaardig.                                              20
“Julle! Julle pla!” vertaal Baas.
“Dis nie nodig om vir my te sê wat jy gesê het nie! Dis nie ons wat jou pla nie. Ke
Modimo, lesogana. Dit is die Here, jongman,” sê sy in die taal van haar kinderjare.

9.6     Wat lei ons in reëls 1–3 omtrent ouma Essie se karakter af? Watter bydrae
        lewer ouma Essie tot Baas se karakterontwikkeling?                                       (2)

9.7     Teen watter agtergrond vind Baas en ouma Essie se gesprek in hierdie
        gedeelte plaas?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

9.8     Herlees reëls 9–10.

        9.8.1   Baas ervaar innerlike konflik oor sy godsdiens. Noem TWEE dinge
                wat hiertoe aanleiding gegee het.                                           (2)

        9.8.2   Hoe sou sy ouers se dood tot hierdie konflik kon bydra?                     (1)

9.9     Waarom is dit ironies dat Baas innerlike konflik ten opsigte van sy godsdiens
        beleef?                                                                             (1)

9.10    Reël 21 bevestig dat Baas sy geselskap verkies. Motiveer met DRIE bewyse
        uit die roman dat Baas ŉ buitestander is.                                           (3)

9.11    Hoe verskil Baas se optrede in TEKS D van sy oupagrootjie s’n in TEKS C?            (1)

9.12    Watter tema in Manaka Plek van Horings, kom in TEKS D sterk na vore?
        Motiveer waarom jy dink die boodskap van dié roman nog aktueel is.                 (2)
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  19

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Die milieu op Vatmaar én Du Toitspan beïnvloed tant Wonnie.

Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                             [25]
                                           OF

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

Siesie Lena en Janman sou terug Windsorton toe loop en die trein Kimberley toe
daar vat. Dis hou hulle twee-twee uitmekaar is. Toe hulle mekaar groet, het die vier
gesê: Dankie, Vader.
Bet en Flippus was nou alleen in die vreemde wêreld.
Jare later, toe Oom Flip en Tant Bet goed gevestig was in Vatmaar en Klein – Neels 5
al ŉ fris klong, loop Oom Flip vir Jakob Kierie in die Pan raak. Hy het net uit die tronk
gekom na hy drie jaar gesit het oor hy ongeslypte diamante by hom gehad het.
Hy vertel toe dat Oubaas Swarz op Bakerville dood is, ŉ arm man, soos die meeste
ander delwers. Sy dogter Mollie het met Filemon getrou. Hulle enigste kind is dood.
Oubaas Steenkamp het sy eie lewe geneem. Albei ou manne het gesê as hulle net 10
geweet het, sou hulle nooit daardie twee skepsels laat gaan het nie, want hulle was
die laaste van hulle soort wat nog in die wêreld oor was. Hulle geluk het hulle met
hulle saam weggevat en hulle verdriet vir hulle, die witmense, gelos. Dis wat die
toordokter glo vir hulle gesê het. Dit, het Jakob Kierie gesê, is wat die witmense op
Bakerville onder mekaar vertel.                                                           15
In die mouterkar Kimberly toe is daar nie ŉ woord gesê nie. Mister Hall – Stone het
sonder om te vra by die stasie gaan stilhou. What a contrast, sê hy toe hy na die
twee kyk wat uitklim.

11.1     Herlees reëls 1 tot 3.

         11.1.1       Watter gebeure gaan die afskeid in hierdie reëls vooraf?                    (1)

         11.1.2       Gee TWEE redes vir die karakters se dankbaarheid.                           (2)

         11.1.3       Op watter manier verander dié gebeurtenis die karakters se
                      lewensomstandighede?                                                        (1)

11.2     Karakteruitbeelding.

         11.2.1       In watter TWEE opsigte word Tant Bet gepas uitgebeeld?                      (2)

         11.2.2       Waarom is Oubaas Swartz se uitbeelding in die roman nie gepas
                      nie?                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

20                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

11.3    Waarom voeg die verteller die inligting oor Jakob Kierie hier van reël 6 tot
        reël 16 in?                                                                         (1)

11.4    Herlees reëls 8 tot 12.

        Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het uiterlike konflik met hulle
        werkers, Bet en Flippus. Gee ŉ voorbeeld van dié konflik by ELK van die
        werkgewers.                                                                         (2)

11.5    Gee EEN van die “twee skepsels” in reël 12 se naam.                                 (1)

11.6    Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het ŉ baie hoë denk van Flippus en
        Sus Bet. Is dit geregverdig dat hulle so baie van dié twee dink? Motiveer
        jou antwoord.                                                                       (2)

11.7    Wat bedoel Mister Hall-Stone met sy uitlating in reëls 18 en 19?                    (1)

                                            EN

TEKS F

Toe haal Tant Wonnie ŉ sjieling uit haar roksak en gee dit vir hom. Hier is ŉ
sjieling, Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim.
Stoffel Jones het nie geweet dat Tant Wonnie daardie dag in die hof verskyn het
nie, ook nie dat Mevrou September die saak teen haar gemaak het nie. Klim op
jou skelm, sê hy en vat die sjieling.                                                  5
Settie September was baie verbaas om Tant Wonnie met ŉ nuwe rok en skoene
aan in die kapkar te sien. Sy kon haar nie in die oë kyk nie en Tant Wonnie het
gedink; As sy ŉ stert gehad het, was hy tussen haar bene.
Johnny September was net so verbaas soos sy vrou. Middag, Tante, het hy gesê.
Sy het net na hom gekyk en niks gesê nie.                                              10
Die kar het weggetrek: Klip-kop, klip-kop, klip-kop en hulle koppe het saam met
die klip-kop, klip-kop, klip-kop gewieg.
Tant Wonnie het sit en dink: Ek en Suzan is altwee verwerp, veroordeel en
beledig. My eer is in die hofgebou herstel, maar nie in Vatmaar nie. Daar was
niemand van Vatmaar in die hof nie. Ek wonder watter liefstories nou vertel en         15
uitgedink gaan word. Maar vanaand sal ek die blikkie beesvleis oopmaak, ŉ ui
opsny en brood bysit. Dan, as Suzan wil, kan sy droëvrugte kry en die
gemmerbier drink.
Tant Wonnie was op die punt om aan die slaap te val toe Mevrou September vir
haar man met die oë na die bottel gemmerbier in die kardoes beduie.                    20

11.8    Watter soort verteller is aan die woord in TEKS F, en hoekom is dit
        noodsaaklik dat juis hierdie verteller in reëls 3 tot 7 gebruik word?               (2)

11.9    Is Settie September se reaksies in reëls 6 tot 7 oortuigend? Gee ŉ
        motivering by ELKE reaksie.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                               21

11.10     Tema.

          11.10.1     Watter tema in die roman sluit by die onderstreepte woorde
                      aan?                                                              (1)

          11.10.2     In watter TWEE opsigte het dié tema betrekking op Kaaitjie?       (2)

11.11     Sus Bet (TEKS E) en Tant Wonnie (TEKS F) leef Ta Vuurmaak se
          filosofie van mededeelsaamheid uit.

          Bewys met behulp van TWEE voorbeelde by ELK dat Sus Bet én Tant
          Wonnie mededeelsaam optree.                                                  (4)
                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

22                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die tema van Die kwart-voor-sewe-lelie kan saamgevat word in Iris se woorde: “Ek
glo al sedert my skooldae dat ek soos my botaniese naam die een of ander tyd moet
blom.”

Bespreek die tema in ŉ opstel van 400–450 woorde.                                       [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

Ek het my laaste troefkaart uitgehaal en haar vertel van my gesin. Dit het mense
gewoonlik vermaak, maar met haar het dit misluk.
“ŉ Huishoudster?” het sy skerp gevra. “Het julle ŉ huishoudster?”
Ek het vir Johanna as onderwerp afgeskryf en op Ma gekonsentreer.
“Vir sulke hulpelose vrouers is daar in hierdie moderne tye nie plek nie,” het sy Ma   5
verwerp en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie. Die sjerrieglas het nog
langs haar gestaan en sy het kort-kort bygevul. Ek het onthou dat ek besig was om
te gesels met ŉ vrou wat ŉ warmwatertenk kon vervang en het oorgeskakel na Elsa
en Kara.
“Sy’t haar laat steriliseer? Terwyl sy nog jonk en vrugbaar was?”                      10
Nog ŉ bloutjie. Ek het vinnig vertel van verwagtende Kara wat haar huis wou vul
met kinders in al die kleure van die reënboog. “H’m,” het sy gesê, nie heeltemal
goedkeurend nie. “Hoekom is hulle nie getroud nie? Is hy ook een van die soort
mans soos Brian?”
My moed was laag. Miskien moes ek in New York gebly en my deur Joe laat                15
fotografeer het. “Ek weet nie. Ek dink hulle sal trou.” Dokter Anders en Frederik en
Dora het haar ook nie eintlik geamuseer nie. Bowendien was die skottelgoed
afgedroog en weggepak en was ek lus vir loop. Maar in ŉ laaste desperate poging
het ek haar van die Engel vertel en dit was ŉ kolskoot. “Sowaar?” het sy gesê en
die laaste druppels uit die bottel in haar glas gegooi.                                20

13.1    Gee DRIE redes waarom Bettie opgebeur moet word.                                   (3)

13.2    Is Johanna nét ŉ huishoudster vir Iris-hulle? Motiveer jou antwoord met ŉ
        spesifieke voorbeeld uit die roman.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  23

13.3   Watter karaktereienskap van Bettie blyk uit haar dialoog (reël 5–7) met Iris?            (1)

13.4   Wie is die verteller in TEKS G? Waarom is dié verteller na aanleiding van die
       onderstreepte sinsdeel effektief?                                                        (2)

13.5   Hoe dra Joe tot die konflik tussen Iris en Peter by? Is dié konflik opgelos?
       Motiveer jou antwoord.                                                                   (2)

13.6   Die Engel tree as beskermengel in Vermont op.

       13.6.1    Noem TWEE maniere hoe die Engel as beskermengel optree.                        (2)

       13.6.2    Hoe tree die Engel nié in Vermont vir Iris as beskermengel op nie?             (1)

                                             EN

TEKS H

Toe ek in later jare in die metafisika begin belangstel en haar vertel dat die molekule
opgebreek kan word in sy kleinste onderdeel, die foton, en dat daar gevind is die
foton het ŉ geheue en is dus lewend, was sy ekstaties. Dit was een van die min kere
dat sy met groot aandag na my geluister het. So aan my lippe hangend dat ek
ongemaklik gevoel het en skielik nie meer seker dat wat ek aan die vertel was, wel 5
die hele waarheid was nie. Maar vir haar was dit voldoende. Meer as voldoende. My
stamelende uiteensetting van ŉ baie ingewikkelde konsep was presies wat sy wou
hoor.
“En julle het altyd vir my gelag,” het sy gelukkig gesê. “Julle het altyd gedink ek is
getik as ek met die stofsuier gesels. Nou vertel jy my sy molekules was al die tyd 10
lewend en kon my hoor.”
Ek het benoud geword, my pa het ongelowig gelag toe sy dit die aand vir hom vertel
en my susters het net hulle koppe geskud. Ek het dikwels soos Aspoetertjie gevoel
behalwe dat my susters nóg stief nóg lelik was.

Elsa en Kara het net twee jaar verskil, maar voor ek gebore is, het ses leë jare 15
verbygegaan. Uit die aard van die saak was ek dus ŉ alleenloper en, soos Polder,
iemand wat op oorskietkos geleef het. In Polder se geval was dit sy eie keuse: hy
het geweier om geblikte hondekos te eet.

13.7   Herlees reël 9–11.

       13.7.1    Watter karaktereienskap van Ma kan jy uit hierdie reëls van
                 TEKS H aflei?                                                                  (1)

       13.7.2    Toon Ma hierdie selfde karaktereienskap wanneer sy saam met Pa
                 op die plaas woon? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

13.8   Herlees reël 4.

       13.8.1    Gee voorbeelde uit die roman waar Elsa en Pa onderskeidelik nie
                 na Iris luister nie.                                                           (3)

       13.8.2    Noem ook die rede wat Pa daarvoor gee.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

24                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

13.9     13.9.1      Speel Iris se familie wat haar stilmaak, ŉ rol in die skep van haar
                     fantasiewêreld? Motiveer jou antwoord.                                    (1)

         13.9.2      Noem DRIE maniere waarop die Engel Iris beïnvloed.                        (3)

13.10    Waarom voel Iris soos Aspoestertjie?                                                  (1)

13.11    Herlees TEKS G (reël 17) en TEKS H (reël 10–12).

         Dink jy dat Ma se gesprek met Iris op Ma se hulpeloosheid dui? Motiveer
         jou antwoord. Waarom, dink jy, het Bettie hierdie vooroordeel teenoor
         karakters wat sy as “hulpeloos” beskou?                                              (2)
                                                                                             [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2023)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  25

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Johnnie, later bekend as Map, se omstandighede het 'n invloed op al die keuses wat hy
uitvoer.
Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                             [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

CYRIL:                Really? Daai Ingilse liberal moffies, jy dink ons vat hulle serious?

RICHIE:               (aan Cyril): Hê, jou bloues is vi’ jou kwaad, hulle vra vi’ jou
                      attention!
CYRIL:                Die hele spul, blêdie whiteys wat kamma hierso innie township
                      kom visit, asof hulle belong, moet hulle nice and kind wit             5
                      gevriete! Smiling fokken hypocrites! Map Jacobs gaat hulle opfok
                      as hy weer yt is, watch ‘it net ... En hy sil reg wies! Daai wit varke
                      wat by Blanchie in en yt is ... Bastards!
RICHIE:               Hê, wie’s nou sweet op haar? ...

CYRIL:                Fok-off man!                                                            10

TOMMY:                Shut up, shut up! Ek sê vir julle Map is ŉ gechange – de man!

CYRIL:                Fok-off jy oek! Het jy nou skielik nerves oor Map? Ek hoor hy’s
                      gou bytekant, nog net ŉ paar dae ...
RICHIE:               Die storie lê hier rond ...

TOMMY:                So wat daarvan?                                                         15

CYRIL:                Ja, so what!? (Hy lag.) ... Wanner?

TOMMY:                Die sewende ...

CYRIL:                Aha!
                      Hulle speel.

RICHIE:               (aan Tommy): Wat sê Antie Grootmeisie, ek mien, jy’s mos in             20
                      daar by hulle ...
                      Hulle speel. Tommy is besig met sy ware.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 26

26                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

CYRIL:                Silence is golden, hê?

TOMMY:                Jy wiet sy kannie praat nie.

RICHIE:               Okay, moenie so touchy wies nie!                                     25
                      Hulle speel. Dan verskyn Cavernelis met sy fiets, weer op pad
                      huis toe ná een van sy uittogte met die soft goods. Hy huiwer
                      wanneer hy verby kom.

CYRIL:                Hie’ kom die ou vrek. (Stilte.) Weer overtime, ja! Skaars by die
                      hys van sy job af, dan’s hy al weer weg op sy bike, met die soft     30
                      goods, tot Sondae oek ... Géld! Hoegdrawende ou stront!

TOMMY:                Laat staan die man, dis nie ons biesagheit nie!
                      Cavernelis wil net van sy fiets af, dan praat Cyril.

15.1     Waarna verwys Richie se woorde in reël 2 en 3?                                       (1)

15.2     Herlees reëls 4 tot 8.

         15.2.1      Na hoeveel jaar kom Map nou uit die tronk en hoekom is hy in die
                     eerste plek tronk toe gestuur?                                           (2)

         15.2.2      Waar pas TEKS I in die struktuur van die drama? Dink jy die
                     dramatiese spanning neem toe? Motiveer jou antwoord.                     (2)

15.3     Herlees reëls 27 en 28.

         Gee ŉ rede vir Cavernelis se reaksie en dink jy sy reaksie is geregverdig?
         Motiveer jou antwoord.                                                               (2)

15.4     Herlees reëls 29 tot 31.

         15.4.1      Wat is die funksie van dié dialoog?                                      (1)

         15.4.2      Hoekom werk Cavernelis so hard en het hy selfs twee werke? Het
                     hy die vrugte van sy harde werk gepluk? Motiveer.                        (2)

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 27

(EC/SEPTEMBER 2023)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  27

TEKS J

TOMMY:           Hy’t net weer sy nies hierso kô instiek oor Blanchie, man, oor haar
                 en Map ... Julle wiet oek al seker ... Ek mien...
CYRIL:           ’Is ou nuus al, man, lat ... hy try al weer hárd by haar ... en sy’t nog
                 oeghare vir hom, ek sê ...
                 Stilte                                                                        5
CYRIL:           (aan Richie): Spéél, wat stáán jy so ...
RICHIE:          Ek het julle mos gesê, hy’s skaars t’rug, of die hele fokken wêreld
                 hierso is weer gemaak en gebriek! ‘Is sy ou stryk ...

CYRIL:           Okay man, Blanchie was nooit vir jou ge-bedoel nie, so los nou jou
                 crush op haar ...                                                             10
RICHIE:          Gwaan voetsêk, wat se crush het ek op haar? ...
TOMMY:           Okay man ...
RICHIE:          (aan Tommy): Vryf jy jou fokken ringe, man! (Geniepsig, want hy
                 weet Tommy óók het ŉ “crush” op Blanchie.)
CYRIL:           Julle’s darem op julle nerves, jong!                                          15
RICHIE:          (aan hulle almal): Los my yt! Wat neuk julle moet my? (Hy smyt sy
                 stok neer, en lóóp).
TOMMY:           Strange ...
CYRIL:           Oek nie so strange nie ...
TOMMY:           So Richie het allie tyd só ... gevoel oor haar, nè? Well, I never ...         20
CYRIL:           Smaak jy vir speel?
TOMMY:           Nei, man, anner keer ...
CYRIL:           Maar ek het dan gedink sy gaat oversea ...
TOMMY:           Ek oek ... Anyway ... Maar ‘is seker nie onse biesagheit nie ...
CYRIL:           (lag): ‘Is soes jy sê, ou Tommy ... So ... hulle siet mekaar weer,            25
                 Blanchie, en Map Jacobs die bastard!
                 Die lig verander. Doof uit.
                 Doof in: Blancie en Map. Blanchie totaal verward en huilend. Op ŉ
                 afstand van mekaar.
BLANCHIE:        (bewend): Dis ... Johnnie ...dis Daddy! Daddy! Jy ... kom ... help.           30
                 Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy skreeu.)
MAP:             (staar): Blanchie ...
BLANCHIE:        Johnnie! Dis Daddy!!
MAP:             (probeer haar kalmeer): Hê, Blanchie ... Lyster nou eers ...
                 Blanchie ...                                                                  35
BLANCHIE:        (snik, praat dan): Daddy! ... Johnnie ... hy word nooit so nie, hy’t
                 nog ... nooit ... nog ... so ... Johnnie ... gekyk nie ... Toe ... loop hy
                 net ... weg ... net ... loop hy net ...

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 28

28                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

15.5     Van wie praat Tommy in reëls 1 en 2?                                                 (1)

15.6     Herlees die kursiefgedrukte woorde in reëls 13 tot 14.

         15.6.1      Wat noem ŉ mens die woorde in ŉ drama?                                   (1)

         15.6.2      Gee TWEE funksies van dié kursiefgedrukte woorde.                        (2)

15.7     Herlees reël 23.

         Op watter manier sluit hierdie reël by die tema van die drama aan en wat
         gaan die gevolg vir Blanchie wees?                                                   (2)

15.8     Wat is ironies aan Tommy se woorde in reël 24?                                       (1)

15.9     Herlees reël 30.

         15.9.1      Blanchie is duidelik ontsteld. Watter innerlike konflik beleef sy?       (1)

         15.9.2      Word die konflik opgelos? Motiveer jou antwoord.                         (1)

15.10    Waarom noem Blanchie vir Map Johnnie?                                                (1)

15.11    Herlees reëls 12 en 13 van TEKS I asook reël 9 in TEKS J.

         15.11.1     Hoe verskil Cyril se nuus in die twee tekste?                            (1)

         15.11.2     Het Cyril se voorspelling in TEKS I toe waar geword? Motiveer
                     jou antwoord met TWEE redes.                                             (2)

15.12    Dink jy die variëteit van Afrikaans waarin hierdie drama geskryf is, is ge-
         pas en is die drama nog relevant vir vandag? Motiveer beide jou
         antwoorde.                                                                          (2)
                                                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 29

(EC/SEPTEMBER 2023)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                               29

VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

Konstabel se koms beïnvloed Meisie en Gertie se strewe na vryheid.
Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                          [25]

VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

TEKS K

MIEM:            Hoe afskuwelik!

GERTIE:          (druk haar hand voor haar oë en sidder): Ek sal dit nooit vergeet
                 nie.
MIEM:            Armsalige ellendelinge. (Aan MEISIE) Ek hoop jy onthou dit ook.
                 So mooi en welgeskape maar altyd met ŉ lang gesig.                    5
MEISIE:          Ma!

                 Die huilwind vervaag en verdwyn.

MIEM:            Nou toe nou. Dit is genoeg. (Skielike opgewonde) Weet jy, Gertie
                 ... dit laat my mos dink. Die sirkusgedoente was die vorige kere
                 ook hier. Op dieselfde aand! Wie weet, miskien is hy een van          10
                 hulle!
GERTIE:          Ag nee, Miem, dink jy so?

MIEM:            As ek maar net vroeër daaraan gedink het, het ek vir die sersant
                 gesê.
GERTIE:          Ek is seker dit sal hom byval, Miem. Die sersant is ŉ verstandige     15
                 man.
MIEM:            Ja, hy is. Hy het na ons geluister.

GERTIE:          Hy het ander polisie en honde laat kom. Om die dorp en die
                 distrik te patrolleer.
MIEM:            Waar hoor jy dit?                                                     20

GERTIE:          Vanmiddag was die dorp daarvan vol. En op pad het ek hulle
                 gesien. Polisiemanne met groot honde aan kettings.
MIEM:            Watter blye tyding!

MEISIE:          Eina! (Sy suig haar vinger)

GERTIE:          Aag tog, het jy jou raakgesteek?                                      25

MIEM:            Wil mos nie ŉ vingerhoed dra nie!
                 Tydens die volgende twee spreekbeurte sak die mandjie met die
                 tou vinnig na onder.
MIEM:            Mandjie, Meisie!

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 30

30                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

 GERTIE:          Jy is ŉ flukse meisie om jou moeder te help.                           30

                  MEISIE staan op en knoop die mandjie vinnig los.

 MIEM:            Dit is waar. Ek weet nie wat ek sonder haar sou doen nie. Gee
                  hier.
                  MEISIE gee vir haar die mandjie.

 MIEM:            (kyk na die bord in die mandjie. Vies.) Hou mos nie van kop en         35
                  pootjies nie. Gaan skraap dan maar die bord uit, my kind.

17.1     In watter jaar speel hierdie drama af?                                               (1)

17.2     Na wie verwys Miem in die onderstreepte woorde in reël 4 en hoe dink jy sluit
         dit by die tema van die drama aan?                                                   (2)

17.3     Wat sal Gertie nooit in reël 2 vergeet nie?                                          (1)

17.4     Herlees reël 7.

         Wat is die funksie van die wind se gehuil in die drama en wat suggereer dit?         (2)

17.5     Verwys na reël 10.

         17.5.1 Van watter spesifieke aand praat Miem hier?                                   (1)

         17.5.2 Dink jy Miem en Gertie is doodbang vir hierdie spesifieke aand?
                Motiveer jou antwoord.                                                        (2)

17.6     Waarom is Miem se reaksie in reël 23 ironies? Motiveer jou antwoord met
         TWEE redes.                                                                          (2)

17.7     Herlees reël 24 tot 26.

         17.7.1       Met watter sprokieskarakter word Meisie mee geassosieer en
                      identifiseer TWEE ooreenkomste tussen die twee karakters?               (3)

         17.7.2       Meisie steek haarself drie keer raak met die naald. Wat word met
                      hierdie aksie versterk?                                                 (1)

17.8     Herlees reëls 27 en 28.

         Wie laat sak die mandjie van die solder af en hoekom is die persoon daar?            (2)

                                               EN

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
