# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2023

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      AFDELING A: Opstel                                     (50)
      AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25)      (50)

2.    Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou werk beplan (bv. deur ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
      kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet
      VOOR die finale produk gedoen word.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
      word.

7.    Jy moet jou tyd soos volg bestee:

      AFDELING A: ongeveer 100 minute
      AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute

8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
      word NIE.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf ŉ OPSTEL van 400 tot 450
woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

1.1     Skielik staan hy/sy voor my ...                                              [50]

1.2     Verdere studie – waardevol of nutteloos?                                     [50]

1.3     ŉ Vreemde verhaal.                                                           [50]

1.4     “Ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ŉ mot. Ek glo nie meer in
        dinge-sal-regkom nie.”                                                       [50]

1.5     Die wiel draai.                                                              [50]

Bestudeer die prente hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skryf die
vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.

1.6

                                                         [Bron:www.bullying.co.za]   [50]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

4                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2023)

1.7

                                             [Bron: www.lock and key.com]    [50]

1.8

                                                    [Bron: tegnologie.pgn]   [50]

                                             TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          5

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elk.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

2.1      E-POS

         Verlede jaar se hoofseun/hoofdogter is genooi om as motiveringspreker op
         te tree tydens julle laaste skooldag voordat die eindeksamen begin.

          Van
          Aan
          Onderwerp
          Boodskap:

         Gebruik bostaande formaat en stuur ŉ E-POS aan die hoofseun/hoofdogter
         waarin jy hom/haar bedank vir die wyse waarop hy/sy julle gemotiveer het
         asook vir die waardevolle wenke wat julle ter voorbereiding van julle
         eindeksamen ontvang het.                                                       [25]

2.2      FORMELE BRIEF

         Jy is besig met die voorbereiding vir jou rekordeksamen en jou studie-
         program word deur beurtkrag in die wiele gery.

         Rig ŉ KLAGTEBRIEF aan die uitvoerende hoof van ESKOM waarin jy jou
         dilemma verduidelik.                                                           [25]

2.3      HULDEBLYK

         Een van jou familielede is die afgelope naweek in ŉ fratsongeluk oorlede.

         Skryf ŉ HULDEBLYK oor hierdie familielid wat tydens die gedenkdiens
         gelees gaan word.                                                              [25]

2.4      KOERANTBERIG

         ŉ Tiener in julle omgewing het vermis geraak, maar is na twee dae weer
         gevind.

         Skryf ŉ KOERANTBERIG daaroor vir die dorp se gemeenskapskoerant.               [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2023)

2.5     FORMELE VERSLAG

        Jy was die ooggetuie van ŉ rooftog wat by ŉ winkel in jou omgewing
        plaasgevind het.

        Skryf ŉ OOGGETUIEVERSLAG wat jy aan die polisie gaan oorhandig.                 [25]

2.6     FORMELE TOESPRAAK

        Jy het aansoek gedoen vir ŉ studiebeurs by ŉ maatskappy in jou
        omgewing. Om vir hierdie beurs te kwalifiseer, moet jy ŉ toespraak aan die
        direksie lewer waarin jy jouself bekendstel, hulle inlig wat jy beplan om te
        studeer en motiveer waarom jy verdien om hierdie beurs te ontvang.

        Skryf die TOESPRAAK.                                                            [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            50
                                                               GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr12-sept2013/e3904837-182b-48a9-a4cd-c079b3ff377d) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
