# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c5ebcca8-2c4c-4c3c-8cd9-f6a57c64c51d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c5ebcca8-2c4c-4c3c-8cd9-f6a57c64c51d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                         2023

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                          PUNTE: 70

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                            2                                        DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

Nasien van die leesbegrip:

     Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
      dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
      word.)
     Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
     Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
      rede/bewys/motivering word oorweeg by die puntetoekenning.
     Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die
      korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
     Aanvaar dialektiese variasies.
     Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte
      antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

VRAAG 1

Vraag     Antwoord                                                                                  Punt
1.1       Ouers/Voogde (met jong kinders)/grootmense met kinders                                   1

1.2       Hy/sy sal maklik tou opgooi./
          Hy/sy sal nie rekenskap van sy/haar optrede gee nie./
          Hy/sy sal nie die gevolge van sy/haar besluite kan dra nie./
          Hy/sy sal verskonings aanbied./
          Hy/sy sal ander mense/die omstandighede die skuld gee./blameer./
          Hy/sy sal die verontregte slagoffer speel.                                             3

          Die kandidaat bied enige soortgelyke DRIE antwoorde vir een punt elk aan.

1.3       (Baie) Suid-Afrikaners het nie waardes nie.                                              1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                    EN
          Ja
          (Die meeste Suid-Afrikaners het nie waardes nie, want) daar is soveel korrupte mense
          wat ontken wat hulle gedoen het./nie verantwoordelikheid wil aanvaar wanneer hulle
          iets verkeerds gedoen het nie./altyd die skuld op iemand anders pak./oortuig is dat die
          wêreld hulle iets skuld.

                                                    OF
          Nee
          (Nie alle Suid-Afrikaners is sonder waardes nie, want) daar ís mense wat 'n sin vir
          verantwoordelikheid het.                                                           1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                           3                                        DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.4.1    Kinders kan hul eie diere kos gee. 
         Kinders kan hul eie bed leer opmaak. 
         Kinders kan self hul speelgoed wegpak.                                                  3
         Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.4.2    Ouers moet hulle kinders stelselmatig met al hoe meer verantwoordelikhede vertrou./
         Ouers moet 'n balans handhaaf tussen te min en te veel verantwoordelikhede vir hul
         kinders./verwagtinge van hul kinders./
         Ouers moet weet dat te veel verantwoordelikhede/verwagtinge ook teenproduktief kan
         inwerk./kinders oorweldig kan laat voel.                                           1
         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.5      Hulle is die leerders wat aandring op die reg op onderwys sonder om verantwoordelik-
         hede te aanvaar./
         Hulle let nie in die klas op nie./
         Hulle werk nie hard nie./
         Hulle gehoorsaam nie die skool se gedragskode nie./
         Hulle toon nie respek teenoor onderwysers/medeleerders nie./
         Hulle meld nie boeliegedrag aan nie./is blote toeskouers wanneer iemand geboelie
         word.                                                                                4
         Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.6      Ja
         'n Mens sou verwag dat ouers hulle kinders verantwoordelikheid sou leer, maar hulle
         leer eintlik die kinders om hulle pligte te ontduik./
         Hierdie ouers dink hulle help hul kinders/verbeter hulle kinders se situasie,/punte,
         maar hulle is eintlik besig om die kinders te benadeel./van die wal in die sloot te help. 1
         
         Die kandidaat moet albei kante van ironie vir EEN punt aandui.
         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
1.7      Ja
         Volgens die onderwysdepartement mag 'n leerder nie meer as een keer in ŉ fase druip
         nie./
         'n Leerder mag nie nul vir ŉ taak kry nie./
         Onderwysers mag leerders nie aanspreeklik hou nie.
                                                    OF
         Nee
         Dit is die ouers/ouerhuis se verantwoordelikheid om die kinders op te voed/motiveer
         /inspireer om na verwagting op te tree./aanspreeklikheid aan te leer./
         Ouers tree nie meer met gesag op nie, dus raak kinders laks./
         Ouers versterk onverantwoordelikheid by kinders omdat hulle nie lus het vir
         konfrontasie nie./
         Kinders leer in hulle ouerhuise dat hulle kan wegkom met swak verskonings./
         Ouers leer hulle kinders dat daar altyd iemand is wat vir 'n situasie geblameer kan
         word./dat hulle nie self verantwoordelikheid vir hulle dade hoef te dra nie./
         Kinders moet self verantwoordelikheid vir hul laksheid/onverantwoordelikheid (ten
         opsigte van skoolprestasies) aanvaar.                                                  2
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                             4                                           DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

1.8      Ouers/onderwysers het nie krag/lus vir konflik/konfrontasie nie.                             1

                                                     EN

         Hulle sal later dink dit is aanvaarbaar om lyf weg te steek./
         Hulle sal later dink dit is aanvaarbaar om nie hulle verantwoordelikhede na te kom
         nie./
         Hulle sal dink dat hulle in die toekoms ook flou verskonings kan aanbied vir hulle
         optrede/dade./die omstandighede die skuld vir hulle onverantwoordelikheid kan gee./
         Dit veroorsaak dat jong mense in die toekoms nie verantwoordelikheid gaan neem
         binne hul gesinsverhoudinge nie./
         Dit sal 'n negatiewe impak op hulle sin vir verantwoordelikheid binne die werks-
                                                                                                       2
         omgewing hê. 

         Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.9      Ouers prys hulle kinders te veel./Ouers dink deur 'n kind aanhoudend te prys, sal
         hy/sy selfagting ontwikkel./
         Ouers konsentreer te veel op hulle kinders se gevoelens./selfbeeld./Ouers dink
         selfagting hang van kinders se gevoelens/selfbeeld af./
         Ouers besef nie selfagting en karakter/waardes/verantwoordelikheidsin loop hand aan
         hand nie./
         Ouers beskou nie 'n verantwoordelikheidsin by hul kinders as belangrik nie.       2

         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.10     verantwoordelikheid                                                                          1
         en hardwerkendheid                                                                           1

1.11     Die kunstenaar wil die negatiewe aspekte van tuisonderrig uitlig./die kwessie van
         tuisonderrig kritiseer./die spot dryf met die gedagte van tuisonderrig./aandui dat
         kinders eintlik die probleem is, nie skole nie./
         Die kunstenaar probeer uitlig/uitwys/beklemtoon dat ouers verantwoordelikheid vir
         kinders se swak waardes/gebrekkige verantwoordelikheidsin/swak prestasies moet
         aanvaar./dat swak prestasie/luiheid/onverantwoordelike optrede nie die skuld van die
         onderwysers is nie.                                                                 1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                     EN

         Ja
         Die feit dat die kinders juis nie leer nie (sit en baklei/besig is met naels/op die foon/op
         die bank lê en slaap), beklemtoon dat tuisonderrig in dié geval nie slaag nie./
         Die feit dat die pa die enigste een is wat iets geleer het ten tye van tuisonderrig,
         versterk die gedagte dat werklike leer in dié geval nie gebeur nie./
         Die ouers faal hulle kinders deur net toe te kyk./niks aan hulle onverantwoordelikheid
         te doen nie./hulle onverantwoordelikheid so te versterk.                                     1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                          5                                        DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

1.12     Die pa/ouers het in die verlede/vroeër gedink dat die fout by die onderwysers gelê
         het./dat hulle kinders onskuldig binne die skoolopset (beskuldig) is.                 1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.13     Ja
         Die huis is netjies skoon./
         Sy het wasgoed in haar hande, (wat aantoon dat sy dit gewas het./gaan was)./
         Sy is besig met huistake./
         Sy is ontsteld oor die feit dat die kinders nie leer nie.

                                                 OF

         Nee
         Die ma aanvaar nie verantwoordelikheid vir haar kinders se opvoeding./skoolwerk
         nie./
         Die ma is met wasgoed/ander werk besig in plaas daarvan om toe te sien dat die 1
         kinders hul werk doen. 

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.14     Respek/
         Harde werk/
         Samewerking/
         Verantwoordelikheid ten opsigte van hul skoolwerk/
         Verantwoordelikheid om opdragte te voltooi/
         Verantwoordelikheid om opdragte betyds in te dien/
         Gehoorsaamheid                                                                       2

         Die kandidaat bied enige TWEE verantwoordelikhede vir EEN punt elk aan.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                           6                                         DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

      Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in
       die teks wat met die vraag ooreenstem.
      Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
       voorsien nie.
      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
      Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
       die eerste opsomming nagesien.
      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

      Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
      o 3 punte vir taal
      o Totale punte: 10
     Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

      Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
       o 4–5 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 1 taalpunt toe.
       o 2–3 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 2 taalpunte toe.

INTERPRETASIE VAN HIERDIE NASIENRIGLYN:
Indien 'n kandidaat woordelikse aanhalings as feite aanbied, word hy/sy soos volg vir taal
bepunt:
     Met 6 of 7 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 6/7
        aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien vir 4/5 aanhalings; 2 taalpunte
        verdien vir 2/3 aanhalings; 3 taalpunte verdien in die geval van slegs 1 aanhaling.
     Met 4 of 5 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 4/5
        aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien vir 2/3 aanhalings; 2 taalpunte
        verdien in die geval van slegs 1 aanhaling.
     Met 2 of 3 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 2/3
        aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien in die geval van slegs 1
        aanhaling.
     Met 1 korrekte feit kan die kandidaat geen taalpunt verdien indien die enkele feit 'n
        aanhaling is nie.

LET WEL:
    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die getal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
     o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                          7                                      DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

MOONTLIKE PARAGRAAF

Kies as ouer 'n skool vir kinders waarby ander nuwe gesinne ook hul kinders inskryf. Maak seker
dat terugkerende kinders vooraf nuwe maats leer ken sodat die nuwe skool minder vreemd is.
Sluit by die gemeenskap se Facebook-groep aan vir waardevolle inligting. Kry 'n
ondersteuningsgroep sodat alle gesinslede kan sosialiseer. Verder moet die gesinslede 'n
lewensafrigter/berader spreek wat almal se selfvertroue vir die uitdagings wat voorlê kan opbou.
Werk volgens 'n begroting om nie onnodige skuld te maak nie. Probeer by vriende of familie
woon totdat gesinslede finansieel stabiel is.

                                                                                    [87 woorde]

                                                OF

            AANHALING UIT TEKS                          MOONTLIKE BEWOORDING
1    ... moet ouers vooraf 'n skool kies         A Kies vir terugkerende kinders 'n skool
    waarby ander nuwe gesinne ook hul              waarby ander nuwe kinders ook ingeskryf
    kinders inskryf.                               is.

2   ... dat hulle kinders met dié ander B Maak seker dat so 'n kind/sulke kinders
    kinders in aanraking gebring word om             vooraf nuwe maats leer ken sodat die nuwe
    die aanpassing van 'n nuwe skool te              skool minder vreemd is.
    vergemaklik ...

3   ... by die dorp of gemeenskap se C Sluit by die gemeenskap se Facebook-
    Facebookgroep aansluit, sodat hulle groep aan vir waardevolle inligting (oor die
    waardevolle inligting ...           dorp).

4   ... om ook 'n ondersteuningsnetwerk te       D Kry 'n ondersteuningsgroep om tydens
    kry ... om tydens skoolgeleenthede te          skoolgeleenthede te sosialiseer.
    sosialiseer.

5   ... 'n lewensafrigter of berader te E Maak 'n afspraak met 'n lewensafrigter wat
    spreek, sodat die hele gesin hul      gesinslede se selfvertroue vir die uitdagings
    selfvertroue kan opbou vir die nuwe   wat voorlê, kan opbou.
    uitdagings wat voorlê.

6   Hulle moet gesonde finansiële besluite       F   Werk volgens 'n begroting om onnodige
    neem ... sodat nie te veel skuld                 skuld te voorkom.
    aangegaan word nie.

7   ... om dalk eers vir 'n ruk by vriende of    G Terugkerendes kan gerus by vriende/familie
    familie te woon totdat die gesin               woon tot hulle finansieel stabiel is.
    finansieel stabiel genoeg is ...

                                                                     Getal woorde: 90 woorde

                                                                  TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                             8                                       DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

      Spelling:
      o Eenwoordantwoorde moet korrek gemerk word, selfs as die spelling verkeerd is,
         behalwe as die fout die betekenis van die woord verander.
      o In volsinantwoorde moet foutiewe spelling gepenaliseer word indien die fout in die
         taalstruktuur is wat getoets word.
      o Waar afkortings getoets word, moet die leesteken in die antwoord korrek gegee
         word.
        Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos
         in die instruksies aangedui.
        Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die
         korrekte antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag     Antwoord
3.1       Die gebruik van die uitroepteken/uitroepsin (beklemtoon die opgewondenheid.)         1
3.2       Die visuele uitbeelding dui vir die leser aan hoe die PDF-publikasie lyk./wat
          aangestuur is./gee die agtergrond/konteks van die gesprek./trek die leser se
          aandag.                                                                              1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.3       Sy glimlag nie./Haar ernstige gesigsuitdrukking/lyftaal toon geen opgewondenheid      1
          nie. 

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.4       Susan veroordeel die onwettige aanstuur van die publikasie, terwyl Petro nie
          omgee oor die wettigheid daarvan nie./nie die bron daarvan bevraagteken nie.  1
          Die kandidaat bied beide kante van die verskil vir EEN punt aan.

                                                  EN

          Petro
          Die publiek het nie 'n morele gewete nie./gee nie om daaroor as publikasies
          onwettig versprei word nie, (solank hulle dit net kry).

                                                  OF

          Susan
          Die publiek is deesdae baie meer gesteld op die (onwettige) aanstuur van
          publikasies. 
                                                                                                1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                          9                                      DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

3.5     Die steel van die graaf het gebreek./
        Die blom se steel het geknak./
        Die steel van die glas het gebreek.                                                1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.6     Dit is onwettig/'n misdaad om 'n PDF-publikasie op Whatsapp/sosiale media te
        deel/aan te stuur./Om 'n PDF-publikasie onwettig te bekom is so goed as om te
        steel./Moenie PDF-publikasies onwettig aanstuur/lees/steel nie.              1

                                                EN

        Die teks is effektief onderaan die bladsy geplaas sodat die leser eers die boonste
        gedeelte/visuele beeld wat die agtergrond vorm, kan lees./
        Die woord “misdaad” word uitgehef (deur dit op 'n ander agtergrond te plaas)./
        Die woorde “MOENIE STEEL NIE” is in hoofletters./vetdruk./groter letters./
        Die woorde in reëls E1 tot E5 is in hoofletters geskryf.                          1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.7     Die advertensie skep die indruk dat net vroue selfone gebruik om te steel./onwettig
        inligting aanstuur.                                                                1

3.8     C/verniet; hoe                                                                      1
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                           10                                       DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Vraag Antwoord                                                                                   Punt

4.1      Bewegingstrepies agter die motor/
         Die strepies op die boom dui die harde slag aan./
         Die motor wat aan die agterkant oplig/
         Die stofwolke                                                                         2

         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

4.2.1    Nè(?)/regtig                                                                           1

         Die kandidaat moet die aangehaalde woord korrek spel.

4.2.2    Sy het gesê dat dit regtig kleiner as die vorige dag se stampie was./
         Sy het gesê dat dit regtig kleiner was as die vorige dag se stampie./
         Sy het gesê dit was regtig kleiner as die vorige dag se stampie.                       1

4.3      Die woordgebruik is gepas, want as gevolg van die baie ongelukke dra sy nou al 'n
         "voorskroot" van metaal.                                                               1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.4      Raampie 3: skok/verbasing/ongeloof 
         Raampie 4: bewondering/opgewondenheid/blydskap/waardering 
         Raampie 6: bejammering/hartseer/moedeloosheid/bekommernis                              3

         Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
         Die kandidaat kan ook omskrywings vir die emosie aanbied.

4.5      Sjoe, dis nogal 'n jammerte, want dit is so 'n spoggerige motor./
         Sjoe, dis nogal 'n jammerte; dit is so 'n spoggerige motor.
         Sjoe, dis nogal 'n jammerte(,) en dit is so 'n spoggerige motor.                       1

         Die komma voor "want" is verpligtend.

4.6      Ja
         Die feit dat die vrou die motor aanhoudend stamp/die motor met bande beskerm
         word, skep die idee dat vroue nie goeie bestuurders is nie.

                                                  OF

         Nee
         Die strokie handel net oor die een vrou wat nie kan bestuur nie./nie oor vroue as
         bestuurders oor die algemeen nie.                                                      1

                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                           11                                       DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag Antwoord                                                                                Punt

5.1      gehalte                                                                             1

                                                    EN

         blywende                                                                            1

         Die kandidaat moet ALBEI woorde korrek spel.

5.2      Is die dae van die klassieke rolprent nog nie getel nie?/
         Is die dae van die klassieke rolprent nie al getel nie?                             1

         Die gebruik van die vraagteken is noodsaaklik.

5.3      Hulle/Mense/Die man/Hy/Sy/Julle/Iemand bombardeer ons met gedurige
         aanbevelings.                                                                       1

                                                    EN

         Gewildste/mees gewilde                                                              1

5.4      By die een oor in en die ander oor uit                                              1

         Ja, dit is geslaagd, want dit beklemtoon die kykaksie./leesaksie./visuele aspek.    1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

5.5      Byvoeglike bysin                                                                    1

5.6      In die jaar 2000 het ons die nuwe millennium gevier.                                1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin vir EEN punt aan.

5.7      C/gevolglik                                                                         1

                                                                                        [10]
                                                                     TOTAAL AFDELING C: 30
                                                                         GROOTTOTAAL: 70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
