# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2023, 54 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1e434c13-f247-4598-89b2-3e1af0f5591d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 54

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1e434c13-f247-4598-89b2-3e1af0f5591d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 54 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                         2023

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 80

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 52 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V2                                2                                         DBE/2023
                                            SS/NSS – Nasienriglyne

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.        Indien 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
          antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag
          oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.        Indien 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word die
          eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.        Indien 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
          beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.
          Indien 'n kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord
          in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.        Indien 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
          antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

5.        Indien antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne nagesien.

6.        Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. Indien 'n spelfout die betekenis van die
          antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. Indien die spelfout nie die betekenis van die
          antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7.        Opstelvrae:
          Indien die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie
          omdat hy/sy hom-/haarself gepenaliseer het. Indien die literêre opstel te lank is, assesseer dit op
          meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet
          ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae
          na te sien.

8.        Kontekstuele vrae:
          Indien 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die kandidaat
          nie gepenaliseer nie.

9.        Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE.
          Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.       Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys
          verdien die punt.

11.       Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

12.     Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
         Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
          ooreenstemmende kode aan.
       'n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
          o       relevante verduideliking gemotiveer word./
          o       korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
          o       geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
        'n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking én illustrasie nie.
        Lees die opstelvraag 'n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer. Taalfoute word met
          onderstreping aangedui.
       Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om 'n bepaalde punt by inhoud toe te ken nie.

 Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V2                           3                                         DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE
OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
 Dis 'n breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Nasienriglyn by Vraag 1:

           Vir uitsonderlike inhoud sal die kandidaat minstens 1 van elk aanbied, m.a.w. minstens
            1 stylfiguur, 1 retoriese middel en 1 tipografiese middel.
           Kandidaat kan die aspekte in enige volgorde aanbied.

ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEÏLLUSTREER DEUR NA DIE TEKS
TE VERWYS.
ARGUMENT                           ONDERSTEUNENDE BEWYS OF AANHALING/PARAFRASE

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

Die gedig se twee dele kontrasteer met mekaar wat inhoud betref. In die eerste deel word Van
Gogh as sendeling beskryf en die tweede deel handel oor sy belewenis as skilder.

In die eerste deel van die         Van Gogh was 'n sendeling/'n        Versreël 1 en 2: as 'n
gedig word Van Gogh se             heilige wat misken is.              miskende heilige
ervarings van mislukkings
beskryf.                           As sendingwerker het hy nie         Versreël 1 en 2: vergeefs
                                   daarin geslaag om die ellende       geveg teen die ellende
                                   van die mynwerkers te verbeter
                                   nie, al het hy hom aan hulle kant
                                   geskaar.

                                   Hy kon ook nie die onreg wat        Versreël 3 en 4: die onreg in
                                   teenoor die mynwerkers en           die krotte van die myn, in
                                   boeregesinne/verarmdes              agterbuurtes en op landerye;
                                   gepleeg is, verander nie.

                                   Van Gogh se Godsbelewing was        Versreëls 4 tot 6: slegs die
                                   dat Hy die ellende/pyn/swaarkry     pyn en skriklike stryd van
                                   veroorsaak.                         God leer ken, wat mens en
                                                                       boom verknot in Sy
                                                                       kramptrekke

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V2                            4                                       DBE/2023
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

Die tweede deel van die gedig      Van Gogh het die                   Versreël 9: in aanbidding van
dui Van Gogh se                    ellende/armoede wat hy beleef      die son kon verwe, boere,
kontrasterende vervuldheid/        het, omskep in kunswerke.          wasvrouens en gepynigde
sukses as skilder aan.             Hy het doodgewone hande-           gesigte,
                                   arbeid, naamlik om op landerye
                                   te werk, in sy skilderye lewe
                                   gegee.

                                   Hy het God agter/in die            Versreël 7 en 8: maar eers
                                   natuur/mense beleef eerder as      toe jy die koringgerwe in
                                   om Hom as die oorsaak van die      aanbidding van die son kon
                                   ellende te beskou.                 verwe,

                                   In sy skilderkuns kon Van Gogh     Versreël 10 en 11: die
                                   lewe gee aan die skoonheid wat     kantelende landskap in die
                                   hy in die natuur/alledaagse lewe   snelle ligte geel en groen en
                                   gevind het.                        blou

                                   As skilder ervaar Van Gogh 'n      Versreël 11 en 12: – alles
                                   koorsagtige gejaagdheid om sy      met koorsige gevlek tot
                                   passie uit te leef om uiting aan   branding van die skone kon
                                   hierdie nuwe ervaring van          verwek,
                                   hartstog te gee.

                                   As skilder ervaar Van Gogh nie     Versreël 13 en 14: toe is Sy
                                   meer miskenning nie, maar          hartstog eers in jou volbring
                                   sukses en beleef hy God se         soos groen sipresse tot 'n
                                   hartstog in hom wat hy deur sy     vlam verwring.
                                   skilderye aan ander kan oordra.

Beeldspraak versterk die           Personifikasie word aangewend      Versreël 7 en 8: maar eers
gedagte van vervulling in die      om die gedagte oor te dra dat      toe jy die koringgerwe in
tweede gedeelte van die gedig.     selfs die natuur lewe in sy        aanbidding van die son kon
                                   skilderye kry.                     verwe,

                                   Die gedig eindig suksesvol met     Versreël 13 en 14: toe is Sy
                                   'n vergelyking om sy belewenis     hartstog eers in jou volbring
                                   van God se hartstog met groen      soos groen sipresse tot 'n
                                   sipresse wat soos vlamme           vlam verwring.
                                   opreik, te vergelyk en die
                                   gedagte oor te dra dat Van Gogh
                                   vervuldheid ervaar het.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                 [10]

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V2                           5                                         DBE/2023
                                            SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

"Nog in my laaste woorde" – NP van Wyk Louw

Vraag           Antwoord                                                                            Punt
2.1             "laaste"/"skeemring"                                                                1

2.2             Ja
                Die spreker beleef sy laaste oomblikke as "bitter", dus onaangenaam omdat hy
                alleen is  en 'n vrees vir die dood het.                                            2

                Kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

2.3.1           Die dinge wat in 'n mens se lewe onbelangrik is./Die gedagtes is vaag/vaal.          1

                Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

2.3.2           Ja
                Dit ondersteun die ritme/metrum in die versreël.                                     1

                Die kandidaat bied EEN rede vir EEN punt elk aan.

                Kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

2.4.1           Metafoor                                                                             1

                                                       EN

                Lewenslus/passie/drif                                                                 1

                Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

2.4.2           Polisindeton                                                                         1

2.5             Paarrym                                                                              1

2.6.            Omdat die geliefde die spreker se lewe so perfek aangevul het, is hy/sy nie bang
                vir die dood nie.                                                                    1

                Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                                                     [10]

      Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V2                             6                                          DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

" 'n vigslyer sterf" – Vincent Oliphant

Vraag Antwoord                                                                                      Punt
3.1   " 'n"                                                                                         1

3.2      "stadig"                                                                                       1
                                                   EN
         "stort"                                                                                        1

3.3      Ja
         Die woorde "iets wil huil" roep alreeds emosie op./
         Die agteruitgang/lyding van die vigslyer in elk van die volgende aanhalings spreek
         die leser aan: "bros vel"/"dun seil"/"brose stokke"/
         Die onmag van die vigslyer om self hieroor te kommunikeer ("die mond wat iets wil
         sê") spreek die leser aan./kla die leser aan./wil die leser laat jammer voel vir die
         vigslyer.

                                                   OF

         Nee
         Die woord "iets" laat die leser voel hy is nie betrokke nie./
         Die ontmensliking van die vigslyer met beelde soos "die bros vel"/"brose stokke"/"die
         mond" neem emosie weg./maak dat die leser onsimpatiek bly.                                    2

         Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.4      Deur alleenplasing van "die lyf"/die kort versreël word die liggaamlike/fisiese
         agteruitgang by die vigslyer versterk.                                                         1

3.5      Dit dui daarop dat die dood nader kom./dat die vigslyer besig is om dood te gaan. 
                                                 EN                                                      1

         "sterf" (in die titel) sluit by "stof"/die sterwende vigslyer aan.                             1
         "sag gaan" (versreël 15) is 'n eufemisme vir sterf/beteken om te sterf, wat by "stof            1
         word" aansluit. 

3.6      Die vigslyer smag na begrip.                                                                   1

         Die kandidaat kan 'n soortgelyke antwoord aanbied.

                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V2                            7                                         DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

"oupa Thomas Daniel Granfield" – Ronelda Kamfer

Vraag     Antwoord                                                                                Punt
4.1       In versreël 1 gebruik sy slegs "oupa Thomas" omdat dit op haar persoonlike
          verhouding met hom dui, maar in die titel gebruik sy haar oupa se volle name omdat
          sy die gedig aan hom opdra./sodat die gedig 'n verdere biografiese inslag het.              1

          Kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Die kandidaat moet beide kante van die verskil vir EEN punt aandui.

4.2       Die ma was nie ingestel daarop dat haar oupa se dood haar so intens sou aanraak
          nie./het nie daaraan gedink dat sy eintlik ook die nuus sou wou hoor nie./dat hierdie
          nuus so 'n traumatiese effek in haar lewe sou gehad het nie.                                1

4.3       Ja
          Sy was "okay", want sy het met haar lewe aangegaan./
          Sy het hierdie gedig ter herinnering aan die oupa geskryf./poësiebundels
          gepubliseer./
          Sy het hom nooit vergeet nie, want sy het hom op sy verjaarsdag onthou.                   3

          Kandidaat bied enige DRIE redes/beloftes vir EEN punt elk aan.

4.4       Versreël 24: vergelyking en versreël 30: metafoor                                            1

                                                   EN

          Omdat vlermuise met die dood geassosieer word, beklemtoon die herhaling van die
          beeld die spreker se intense gevoel van naderende onheil./onsekerheid.                      1

4.5       Ja
          Die afwesigheid van leestekens/vaste strofebou versterk die gedagte dat emosies
          nie beheer kan word na trauma of 'n geliefde se dood nie.                                   1
          Die afwesigheid van leestekens/vaste strofebou sluit aan by die
          onkeerbaarheid/ongestruktureerdheid/wisselvalligheid van herinneringe/gedagtes
          oor die gestorwene.                                                                         1

          Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

4.6       Ja
          Mense/kinders moet steeds die dood/verlies van 'n geliefde verwerk./beleef die
          verlies van 'n geliefde so intens./traumaties./emosioneel.

                                                   OF

          Nee
          Nie alle mense/kinders hanteer afskeid/verlies/trauma so dramaties/in oordrewe
          vorm nie./Baie mense het nie meer so 'n spesiale verhouding met hulle
          oumas/oupas nie.                                                                            1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                                   [10]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V2                           8                                         DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
"Vieruur in die môre" – Pieter Hugo

Vraag Antwoord                                                                                   Punt
5.1   Die spreker en die donkie is albei dié tyd van die nag wakker./alleen.                     1

5.2      Droefgeestigheid/troosteloosheid/melancholie                                                1
         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                  EN
         Omdat die spreker eensaam/melancholies voel, verlang hy/sy na die
         aangesprokene;  gevolglik stuur hy/sy 'n boodskap aan die aangesprokene.                   2

5.3      Assonansie/aa-assonansie                                                                    1
5.4.1    Metafoor                                                                                    1
                                                  EN
         Die spreker en die geliefde/aangesprokene voel asof hulle bymekaar is./soos sterre
         in die ruimte verenig is./word./nie meer alleen nie, maar herenig.                          1

5.4.2    Koeplet                                                                                     1
                                                  EN
         Ja
         Dit sluit by die woord "twee" aan./
         Dit ondersteun die spreker en geliefde wat twee/herenig/saam is.                            1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

5.5      Ja.
         Die gebruik van die woord "ook" suggereer die hereniging wat in die slotstrofe gevind
         word.                                                                                       1
         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                                                                  [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V2                           9                                       DBE/2023
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis 'n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie

ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEÏLLUSTREER DEUR NA DIE
TEKSTE TE VERWYS.

 ARGUMENT                          MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING/PARAFRASE

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

Iris sprei haar vlerke deur vir   Iris sien die kuier as 'n           Bl. 86: "Ek weet wat ek doen en
Peter in New York te gaan         geleentheid tot 'n nuwe ervaring.   ek wou buitendien altyd oorsee
kuier waar sy stelselmatig                                            gegaan het."
van 'n naïewe meisie tot 'n
volwasse vrou, wat vir            Vir Iris word dit 'n moontlike      Bl. 105: "Maar as ek in my
haarself kan dink en besluite     blomoomblik, iets wat sy beslis     hotelkamer bly sit, gaan ek niks
neem, verander.                   moet aanpak./Iris worstel met       ervaar nie. Nie goed of sleg nie.
                                  haar identiteit/naam en smag na     Dan kon ek net sowel by die huis
                                  'n blomoomblik.                     gebly het. Ek moet iets ondervind
                                                                      wat ek vir Ma-hulle en Johanna
                                                                      kan vertel."
                                                                      Bl. 87: "Ek wil gaan kyk hoe
                                                                      lyk dit daar. Buitendien, ek
                                                                      gaan eers vir Kara kuier.
                                                                      Onthou jy nie wat Ma altyd
                                                                      gesê het nie? 'n Iris blom net
                                                                      een keer per jaar. Ek is aan
                                                                      die oud word en dis tyd dat ek
                                                                      blom."

Iris gaan eers Parys toe om       Sy word deur 'n gas as 'n model     Bl. 93: "Dis waar, weet jy." …
vir Kara te gaan kuier – en       aangesien en Kara beaam dit; sy     "Jy het daardie soort gesig."
dit is daar waar haar             vertel vir Iris dat sy mooi is.
selfbeeld en hoe sy na haar
uiterlike kyk, 'n positiewe       Sy ervaar vir die eerste keer die   Bl. 91: Kara het teruggeleun teen
verandering ondergaan. Sy         behoefte om in 'n verhouding        die kussings en haar hand teen sy
ontdek ook 'n diepe verlange      soos Kara en Claude te wees         wang gehou, 'n gebaar so vol
om liefgehê te word.              waarbinne     iemand,    moontlik   liefde dat ek vinnig weggekyk het,
                                  Peter, vir haar so lief kan wees    meteens hol van verlange na
                                  soos wat Kara en Claude vir         Peter en iemand van my eie om
                                  mekaar is.                          lief te hê.

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V2                         10                                         DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

Iris maak self werklik kennis Die Engel tree vir Iris op as         Bl. 100: "Dis so," het die Engel
met die Engel in Parys en klankbord/raadgewer/kritikus              agter my beaam, maar ek het my
ervaar dat hy 'n belangrike sodat sy tot selfinsig kan groei.       nie regtig aan hom gesteur nie ..."
rol in New York in Iris se                                          Bl. 110: "Oppas!" het die Engel vir
selfontdekking/selfinsig                                            my gesis.
speel.                                                              Bl. 131: "Jy's dwaas," het die Engel
                                                                    met 'n lae stem gesê.

Iris leer belangrike lewens-   Aanvanklik is die gedagte dat sy Bl. 97: "Sielsallenig in hierdie stad.
lesse in New York – ten        alleen gaan wees vir haar Wat moet ek doen?"
opsigte van haar eie self-     opwindend, maar dan raak sy
standigheid, maar ook haar     beangs daaroor.
menseverhoudings.
                               Iris leer by Billy, die taxi- Bl. 105: "En dit bring my terug na
                               bestuurder, dat nie alle mans ver- die man. Jy moet versigtig wees.
                               trou kan word nie.                 Ek ken hierdie stad. Jy's 'n kind
                                                                  hier. Dis alles goed en wel dat jy
                                                                  wil blom, maar gestel die man spit
                                                                  jou uit?"

                               Billy waarsku Iris oor haar Bl. 107: Billy het my voor die hotel
                               blomtyd, omdat nie alle bolle tot afgelaai, … , en my gemaan om
                               bloei kom nie.                    weg te bly van vreemde mans.

                               Van die vuurhoutjieman leer sy       Bl. 123: "Ek soek nuwes. Elke
                               dat alle mense, ook hy, 'n           dag bestaan die kans dat ek 'n
                               lewenstaak kan hê, selfs al is dit   unieke ... "
                               om in vullisdromme te krap op        Bl. 123: "Dan pars ek dit en kyk
                               soek na vuurhoutjiedosies./Sy        waar dit inpas tussen die res."
                               leer ook van die vuurhoutjieman      Bl. 124: "O ja. Dis 'n lewens-
                               dat mense jou 'n rat voor die oë     taak ..."
                               kan draai.

                               Daarteenoor leer die Engel vir Iris Bl. 99: "Moenie alle mense wantrou
                               dat nie alle mense bymotiewe het nie."/"As die Engel my dan wou
                               nie.                                uitlewer aan die eerste beste
                                                                   rokjagter in die stad, was ek my
                                                                   koulike hande in onskuld."

                               Joe, die fotograaf se opgewon- Bl. 119: "Elke fotograaf droom van
                               denheid oor Iris, laat haar belang- so 'n ontdekking."
                               rik voel – nie meer soos 'n glips
                               nie.

Omdat sy onseker gevoel Iris besef dat sy wel baie vir Peter        Bl. 134: "Was jy bly dis net 'n
het oor haar en Peter se omgee – vandaar haar jaloesie              droom toe jy wakker word?" het hy
verhouding het sy, voordat jeens dié Marie.                         gevra en my aan die arm gevat.
sy op die vliegtuig geklim                                          "Verskriklik," het ek gesê en die
het, van Peter en 'n ander                                          Engel hoor lag.
meisie, Marie, gedroom.

  Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V2                        11                                            DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

Haar liefde/gevoel teenoor     In Vermont verander haar siening         Bl. 158: Ek het hulle toegemaak
Peter laat haar Vermont toe    van kinders sodanig dat sy erken         en op die voorkop gesoen en
gaan eerder as om die          sy geniet die kinders – en sal           besef dat ek dit nogal geniet het
modelkontrak te aanvaar.       daarvan hou om haar eie te hê.           om huis-huis te speel met twee
                                                                        regte kinders.
                                                                        Bl. 179: "Droom dit op en kyk of jy
                                                                        daarvan hou."

                               Die Engel lei haar om haar eie           Bl. 82: "Ek wil nie trou nie."
                               toekoms op te roep en daaroor te         My redes was moeilik verklaar-
                               droom – en sy besef sy wil 'n            baar, selfs aan myself. Die
                               toekoms saam met Peter bou               onwilligheid was nie net vanweë
                               terwyl sy vroeër nie wou trou nie.       my eie ouers se huwelik nie; ...

                               Iris besef dat dit sinloos/onnodig is Bl. 187: Gebeur dinge nie maar
                               om vir een blomoomblik in jou lewe sommerso nie? My lewe bestaan
                               te wag, want jy kan verskillende uit onsamehangende flardes.
                               blomoomblikke beleef.

                               Iris twyfel nie meer aan haar Bl. 209: Sonder Peter kan ek tog
                               gevoel vir Peter of dat sy wil trou regtig nie klaarkom nie.
                               nie; sy besef sy kan nie sonder
                               hom lewe nie.

Na Iris besluit het om met Iris besef dat sy die een is wat met         Bl. 195: My Nuwejaarsvoorneme,
Peter te trou, kom sy tot nog haar skoonfamilie 'n verhouding sal       ..., was om my aanstaande
ander insigte wat voortvloei moet bou.                                  skoonfamilie te leer ken. Ma het
uit haar karaktergroei tydens                                           ook gedink dit was wys.
haar vakansie oorsee.
                              Iris besluit dat haar troue nie so        Bl. 206: Ons troue was 'n verlore
                              romanties soos in haar fantasieë          saak van die begin af. Ek en
                              hoef te wees nie, solank sy en            Peter wou stil trou en voortgaan
                              Peter trou.                               met ons lewe ...

Iris   se    selfbeeld   en    Sy besef dat sy nie in die               Bl. 211: Tussen my susters se
eiewaarde wat eers in Parys    skaduwees van haar susters hoef          verbete vrugbaarheid het ek en
en later in New York al hoe    te leef nie. Sy het vervulling in haar   Peter rustig voortgeleef sonder
meer verbeter het, neem        verhouding/huwelik      met      Peter   om te vermeerder.
verder toe as sy by die huis   gevind.
kom.
                               Iris besef dat die werklikheid Bl. 188: Dit was vyf jaar gelede
                               heeltemal anders is as 'n fantasie – en tot dusver het die toekoms – of
                               en sy is gemaklik daarmee.           die entjie wat ons gevorder het –
                                                                    by     geen     voorspelbare    of
                                                                    gefantaseerde plan gehou nie.
                                                                    Om mee te begin, het my enkel
                                                                    skeef aangegroei, …

                               Iris besef dat haar fantasieë nie Bl. 213: Hy was snaakser,
                               kan opweeg teen Peter se werk- warmer en meer dimensioneel as
                               likheid nie.                      die spookbeelde waarmee ek my
                                                                 jeug omgedroom het.

                               Sy kom tot insig dat sy in haar Bl. 213: . . . a s die spookbeelde
                               jeugjare met haar fantasieë te veel waarmee ek my jeug omgedroom
                               tyd verspeel het.                   het.
   Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V2                           12                                      DBE/2023
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

Uiteindelik besef Iris dat Die Engel lei haar in Vermont tot          Bl. 187: "Net sowel," het hy gesê.
enige mens se blomoomblik die besef dat haar blomnaam en              "Ek sien geen verband tussen jou
ongesiens kan kom.         die lelie niks met haar toekoms te         lelie en enigiets wat ons vannag
                           doen het nie.                              bespreek het nie."

                                 Iris besef ook dat dit nie saakmaak Bl. 195: "Party mense blom
                                 indien niemand haar blomoomblik ongesiens," het hy gesê. "So
                                 opmerk nie.                         onverwags dat niemand dit eers
                                                                     opmerk nie." ... "Soos Ma se
                                                                     lelie."

                                 Iris besef, onder leiding van die Bl. 217: Ek is nie 'n loopring nie.
                                 Engel, dat sy verantwoordelik vir
                                 haar eie keuses is.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                    [25]

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V2                           13                                           DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag    Antwoord                                                                              Punt
7.1      Sy gaan by Peter (in New York/VSA/Amerika) kuier./Peter het haar genooi om
         by hom te gaan kuier.                                                                 1

7.2      Joe dink dat hy vir hom/haar met die foto's 'n modelkontrak kan losslaan.             1

                                                EN

         Swak selfbeeld/Onkunde oor haar uiterlike skoonheid/naïwiteit                         1

7.3      Joe laat haar glo dat sy 'n modelkontrak kan kry, maar Peter hou nie van die
         gedagte nie.
         Peter is jaloers as hy vir Joe in Iris se hotelkamer vind.
         Peter is geïrriteerd omdat die blomoomblik/die betekenis van haar naam hierna
         Iris se gedagtes oorheers a.g.v. Joe (en sy modelkontrak)                           3

7.4      Ja
         In hierdie stadium van die roman speel die Engel nog nie 'n wesenlike rol in Iris
         se lewe nie.

                                                OF

         Nee
         Iris raak in New York toenemend van die Engel afhanklik./Die Engel is aanvank-
         lik die enigste bekende saam met haar in New York./Iris raadpleeg hom vir alles
         waarvoor sy antwoorde soek./Die Engel is ook Iris se klankbord in verskeie dele
         van die intrige.                                                                      1

7.5      Ja
         Dit versterk die gedagte dat Joe vir Iris oorrompel./probeer oorreed./namens
         haar besluite neem.
         Dit versterk die gedagte dat Iris onkundig/onervare/vreemd/naïef is.                 2

         Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

7.6      Die iris van die oog: sy dink sy is diepdenkend. 
         Die irisblom: sy wag vir 'n blomoomblik in haar lewe. 
         Die Griekse godin van die reënboog/fleur de lis: sy voel belangrik in Peter se
         oë. 
         Dienares in diens van die hoëre gode: sy voel soos 'n slaaf vir haar susters.         4

         Die invloed van haar naam op Iris se lewe moet duidelik blyk.

7.7      Eerstepersoonsverteller                                                               1

                                              EN

         Die leser kan met Iris identifiseer./Haar eerlikheid maak die verhaal geloof-
         waardig./humoristies.                                                                 1

7.8      Peter se pa/Iris se aanstaande skoonpa                                                1

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Huistaal/V2                          14                                        DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

7.9      Iris besef die Engel gaan nie vir haar antwoorde op al haar vrae gee nie.
         Iris aanvaar 'n naam is net 'n naam.
         Iris besef die lewe is nie 'n storie nie.
         Iris aanvaar dat die Engel nie haar toekoms vir haar gaan voorspel nie./sy
         haar eie toekoms vir haar moet verbeel./droom.
         Iris besef die blomnaam/die lelie het niks met haar toekoms te doen
         nie.                                                                              3

         Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.10.    Ja
         Peter se pa beskou die Engel as goël./dat sy gesigte sien./dat sy sy
         posduiwe negatief gaan beïnvloed.                                                   1

                                             EN
         Nee
         Peter se ma het haar al aanvaar nog voordat sy van die Engel uitgevind
         het./Peter se ma het nie 'n probleem met die Engel of met Iris nie.                 1

7.11.1   In TEKS A tree die engel as raadgewer/kritikus op in plaas daarvan om haar
         te beskerm.(soos die tannie se idee in TEKS B)                                      1

         Die kandidaat bied beide kante van die verskil vir EEN punt aan.

                                             EN

         In Vermont het die Engel nie gekeer dat Bettie gif drink nie.                        2
         In Vermont het hy nie gekeer dat Iris haar enkel breek nie.
         Na hulle troue het hy nie gekeer dat Peter sy oë beskadig nie. 

         Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
         aan.

7.11.2   Die Engel is steeds teenwoordig/sweef deur die tuin, maar praat nie meer
         met haar nie.                                                                       1

                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Huistaal/V2                           15                                        DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

LET WEL:
   Dis 'n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEÏLLUSTREER DEUR NA DIE
TEKS TE VERWYS.

ARGUMENT                         MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING/PARAFRASE

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

Baas      was     aanvanklik     Baas is ontnugter oor die moord    Bl 12: Maande lank jag hy
gelukkig en tevrede met sy       op sy ouers. Hy het nie meer 'n    meedoënloos sy eie beeste in die
lewe    totdat   sy   ouers      vaste tuiste nie en sy enigste     mopanieveld van Sable Ranch,
vermoor is. Hierna begin hy      geselskap is sy hond.              selfs in die ranteveld op die
sy opvoeding en die sin van                                         oosgrens van die plaas ...
alles bevraagteken en hy                                            Hy en die Ierse terriër wat hy by
besef dat hy in Rhodesië nie                                        'n teler in Mutare gekoop het,
meer welkom is nie.                                                 gebruik sy oorlede pa se kliniek
                                                                    as slaapplek. Sable Ranch se
                                                                    opstal is afgebrand.

                                 Na sy ouers se dood en die         Bl. 12: Hy word as 'n uitlander
                                 verlies van die plaas in           beskou en beland in 'n jare lange
                                 Rhodesië besef Baas toene-         politieke oorlog om iets van sy
                                 mend dat hy vervreemd raak         erfporsie te probeer behou.
                                 van alles wat vir hom bekend       Bl. 13: Baas verloor al sy
                                 was.                               familiebesittings, insluitende die
                                                                    plaas.

Baas gaan terug na Suid- Baas dink dat hy vertroosting in           Bl. 13: In 1991 pak hy sy aardse
Afrika waar die res van sy die plek van sy kinderjare gaan          besittings op die Land Rover en
familie woon in 'n poging vind.                                     gaan terug na sy plek van
om iewers te behoort, maar                                          herkoms om iets van die drome
hy besef dat hy ook sy                                              van sy jeugjare terug te vind.
familie ontgroei het.
                           Hy en Brindle, sy hond, slaap            Bl. 13: Op Louis Trichardt, waar
                           alleen in 'n plantasie./nie by die       hy beplan het om sy ou
                           familie nie.                             skoolmaats te gaan opsoek en 'n
                                                                    paar dae oor te bly, slaap hy en
                                                                    sy hond Brindle alleen by 'n
                                                                    vuurtjie van dennestokkies in 'n
                                                                    plantasie teen die hang van die
                                                                    Soutpansberg.

                                 In 'n poging om iets van sy ver-   Bl. 13 tot 14: In die
                                 lede te herwin, kry Baas werk by   Houtboschberg kry hy by die
                                 die saagmeule wat lank terug       saagmeule wat aan sy pa behoort
                                 aan sy pa behoort het.             het kontrakwerk as
                                                                    vervoeroperateur op die
                                                                    vragmotor wat deur sy vriend uit
                                                                    sy kinderdae bestuur is.

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Huistaal/V2                         16                                         DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

                                Baas besoek nog enkele van sy Bl. 14: In die huise van die enkele
                                familielede en verlang na sy ma familielede wat nog in die gebied
                                en sy pa.                       oor is, kry Baas die warmte van
                                                                gemeensaamheid waarna hy
                                                                dikwels ná sy pa en ma se dood
                                                                verlang het.

Baas besef vinnig dat sy heil   Baas laat hom nie deur sy eie      Bl. 14: Tog besef hy dat 'n mens
nie by sy familie en die        familie voorsê nie. Hy onttrek     mettertyd familie ontgroei, dat
plekke uit sy verlede lê nie.   hom van sy familie./wil nie deur   Houtboschberg se drome nie
                                hulle getroos word nie.            meer drome wil wees nie, die Bo-
                                                                   Letaba nie die Zambezi nie, ...

Baas besluit om sy verlede      Die feit dat hy selfs sy ma se     Bl. 22: "Dis nie goed wat in 'n
agter te laat en Suid-Afrika    Bybeltjie nie wil saamneem nie,    mens se klere bly sit nie, Baas.
te verlaat in 'n poging om 'n   is bewys daarvan dat hy hom        Moenie maak of dit nie bestaan
nuwe lewe te skep. Hy besef     heeltemal wil losmaak van alles    nie. Dis meer as twintig jaar
al wat hy oor het, is die       wat gebeur het – amper asof hy     sommer net so weg."
behoefte om op sy               dit uit sy geheue wil wis. Sy
oupagrootjie se voetspore te    niggie Mart probeer hom tot
loop.                           ander insigte bring, maar
                                tevergeefs.

Baas verlaat Suid-Afrika vir    Baas vertrek eers noordwaarts      Bl. 14: Hy aanvaar 'n pos as
Botswana en bestudeer           na die noorde van Botswana en      toergids by 'n safarimaatskappy in
Barotseland en Zambië al        daarna na Barotseland. Hy kom,     die noorde van Botswana.
teen die Zambezirivier op.      soos sy oupagrootjie, agter dat    Bl. 15: Langs die Okavangodelta
Hy word 'n toergids, maar       toerisme in hierdie gebied         besef hy opnuut hoe sterk die
besef dat dit nie vir hom       lonend kan wees en skaf vir        moontlikheid vir toerisme in die
vervulling verskaf nie.         hom 'n boot aan.                   wildernisgebiede is. Snags, en
                                                                   ook gedurende sy af dae,
                                                                   bestudeer hy die topografiese
                                                                   kaarte van Barotseland en die
                                                                   ander gebiede van Zambië al
                                                                   teen die Zambezirivier op. Hy kan
                                                                   sy ongedurigheid nie langer
                                                                   besweer nie. By 'n ander toergids
                                                                   koop hy 'n tweedehandse
                                                                   motorboot en 'n sleepwa en
                                                                   bedank uit sy werk.
Hy besef hy het 'n lewens- Op Manaka vind hy die naam              Bl. 18: Laatmiddag kry Baas die
doel wat hy op Manaka kan van die Manaka Evangelical               bougainvilleabos waarvan Mark
uitleef.                   Mission. Hy wil graag sy oupa-          gepraat het, ... Langs die
                           grootjie se bootdroom verwe-            verwronge stam hang 'n stuk
                           senlik.                                 sinkplaat met die woorde
                                                                   "Manaka Evangelical Mission"
                                                                   netjies op geverf.
                                                                   Bl. 19: Op die rand van die
                                                                   gelykte, net duskant die laaste
                                                                   skuinste na die water toe, groei
                                                                   die grootste worsboom wat Baas
                                                                   ooit gesien het. Onder die boom
                                                                   staan vier rye verrotte
                                                                   houtbankies op ingeplante
                                                                   paalstellasies.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Huistaal/V2                        17                                           DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

                                                                   Bl. 24: Ná twee dae se onderhan-
                                                                   delings, nakoming van stamrituele
                                                                   en moeite ... Mag die grond wat
                                                                   as Manaka bekend staan, aan
                                                                   mister Baas Chipman toegesê
                                                                   word.

                               Hy versorg die bougainvillea by     Bl. 34: Niemand anders as
                               die ingang van Manaka omdat         Dennis Chipman kon hierdie
                               hy besef dat dit 'n verbintenis     ranker geplant het nie, besef hy.
                               met sy oupagrootjie is./hy so sy    Bl. 36: By die hospitaal laai hy 'n
                               oupagrootjie se nalatenskap kan     groot voorraad chlorokien en by
                               versorg.                            die hardewarewinkel 'n sakkie
                                                                   kunsmis vir sy oupagrootjie se
                                                                   bougainvillea.

                               Hy begin daadwerklik sy oupa- Bl. 28: 'n Mens kan dieselfde
                               grootjie se droom, wat ook nou grootte boot bou met 'n vlakker
                               sy droom is, verwesenlik.      diepgang. Veel vlakker.
                                                              Bl. 40: Ná twee en negentig jaar
                                                              het Manaka weer 'n Chipman vir
                                                              'n baas.

Baas stry teen die verwag-     Teen sy sin raak hy betrokke by     Bl. 28: "Ek is nie 'n dokter nie,"
ting dat hy deel moet vorm     Manuel en sy gesin, gee vir         beduie Baas so goed hy kan.
van die Barotse-gemeen-        Grace sy laaste malariapille en     Bl. 42: "Maar jy weet tog ek het
skap. Hy probeer ten alle      raak opstandig oor al die mense     nie meer pille nie. As ek reg
koste sy afstand van die       wat na hom toe kom vir hulp.        onthou, is dit jy wat die laaste
mense om hom behou, maar                                           dosis gevat het!"
besef hy kan nie hulle nood                                        Bl. 43: "Sê vir daardie ouma
ignoreer nie.                                                      Essie van jou ek is nie gestuur
                                                                   nie. Ek is vir seker nie hier om
                                                                   enigiemand te kom help nie."

Baas het sy geloof afge-       Ouma Essie voel dat Baas met        Bl. 43: My ouma Essie was nie
sweer na sy ouers se dood,     'n groter/ander doel na Manaka      bang nie. Sy het gesê sy sal
maar word op Manaka toe-       gestuur is – nié om 'n boot te      meneer Baas gaan roep, want sy
nemend gekonfronteer met       bou nie, maar om ander te help.     weet die tyd het gekom dat
die gedagte dat hy Manaka                                          iemand gestuur word om die
toe gestuur is vir 'n groter                                       mense van Manaka te help."
doel en hy besef dat dit nie
help om hom daaroor te         Sy sê indirek vir Baas dat hy       Bl. 117: "Die man wat deur die
vererg nie.                    reeds deur die Here uitverkies is   Here uitverkies en gestuur is om
                               om na Manaka te kom vir 'n          die saadjie vir Hom te kom plant,
                               ander lewensdroom en hy is in       was 'n jagter."
                               opstand daarteen.

                               Sy wys Baas daarop dat hy die       Bl. 118: Sy kyk reguit na Baas.
                               verantwoordelikheid het/die roe-    "En wie weet of jy nie met die oog
                               ping het om die sendelinge te       op 'n tyd soos hierdie Manaka toe
                               help om Manaka op te bou.           gestuur is nie."

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Huistaal/V2                        18                                           DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

                               Grace impliseer dat die Here       Bl. 93: "Miskien staan jy nou hier in
                               Baas se oë en ore oopmaak          die reën met die verkeerde mens
                               sodat hy sy werklike doel en       en raas. Dit is nie ek wat jou die oë
                               identiteit kan vind.               gegee het waarmee jy al hierdie
                                                                  dinge sien nie." Grace se vlegsel
                                                                  blinknat biesies hang al amper by
                                                                  haar voete. "Ook die ore wat die
                                                                  Here jou gegee het, is gemaak om
                                                                  te hoor wat Hy graag wil hê jy moet
                                                                  hoor, nie wat jy graag wil hoor nie."

                               Sy glo ook, soos ouma Essie, Bl. 95: "Om my te help om 'n werk
                               dat Baas met 'n ander doel na te kry, en om die pad vir die
                               Manaka gestuur is.            sendelinge oop te maak, is miskien
                                                             party van die werke waarvoor die
                                                             Here jou na Manaka toe gestuur
                                                             het."
Die struikelblokke wat Baas    Ouma Essie lei vir Baas            Bl. 93: "Ook die ore wat die Here
ten opsigte van die bou van    geleidelik tot insig dat sy doel   jou gegee het, is gemaak om te
sy boot ervaar, konfronteer    op Manaka dalk nie is wat hy       hoor wat Hy graag wil hê jy moet
hom met ouma Essie se          aanvanklik gedink het nie.         hoor …"
gedagte dat 'n mens 'n mis-    Volgens haar is hy met 'n          Bl. 122: "Die drome wat die kinders
plaaste droom kan hê – dat     spesifieke doel na Manaka          van die Here droom, is die drome
jou eie drome en die drome     gestuur.                           wat Hy vir hulle géé om te droom,
wat God vir jou het, nie                                          jongman," lag sy toe hy nie
noodwendig dieselfde is nie                                       antwoord nie.
– hy aanvaar dit aan die
einde van die roman.
Baas aanvaar dat hy            Grace leer vir Baas 'n             Bl. 99 tot 100: "Miskien sal dit die
noodwendig met die mense       belangrike lewensles wat hom       beste wees om respek te wys vir
van Barotseland sal moet       in die toekoms baie met            elke mens wat jy langs die pad kry.
saamwerk en nuwe               menseverhoudings sal help,         Dan sal 'n mens nie so maklik iets
verhoudings bou.               naamlik dat hy respek teenoor      doen wat iemand kan laat sleg voel
                               alle mense moet betoon.            nie."
Baas begin gaandeweg           Baas lees in Whitey se Bybel       Bl. 210: Ek het my laat vind deur
besef waaroor ouma Essie       (Romeine 10:20) om meer uit        die wat My nie gesoek het nie, het
se woorde gaan.                te vind oor die vrae wat hy ten    hy in Whitey se Bybel gelees. Ek
                               opsigte van geloof het.            het verskyn aan die wat na my nie
                                                                  gevra het nie.
Baas vind vrede en berus-      Baas het die lewenskring           Bl. 210: Hy kerf nog 'n naam onder
ting en dui aan dat hy hom     voltooi deur die bankies te        sy oupagrootjie se naam in die
permanent op Manaka gaan       herstel en die horings aan die     sagte bas uit: Baas Chipman.
vestig. Hy kerf sy naam op     boom vas te kap (net soos in       Bl. 244: By sy kamp dra Baas
'n boom uit om sy eienaar-     sy oupagrootjie se tyd).           Morena se horings teen die bult uit
skap/woonreg aan te toon.                                         en slaan dit bokant Manaka se
Baas se insig oor sy doel op                                      naambord teen die stutpaal vas.
Manaka verdiep.                                                   Bl. 244 tot 245: Baas skroef die
                                                                  eerste bankie se plank op die
                                                                  stutpaaltjies onder die worsboom
                                                                  vas. ... Toe dit lig word, kom Grace
                                                                  van Mubuyu af om hom te kom
                                                                  help. Hulle maak die bankies klaar.

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
