# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/cccad6ae-d39e-47fd-9f02-8a07d1e9f821
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/cccad6ae-d39e-47fd-9f02-8a07d1e9f821)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                         2023

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V3                            2                                            DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                NASIONALE NASIENSIMBOLE
 VERDUIDELIKING                 SIMBOOL      BESKRYWING

 Woordorde                                           Hakies en pyltjie
                                (       )
 Woord(e) weggelaat             ^                    Weglaatteken/Karet

 Taalfoute                                           Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                      =                    Dubbelstreep onder die spelfout
 Paragraafindeling              [                    Hakie aan die begin van die nuwe paragraaf
 Begin van 'n nuwe sin          L                    Halwe hakie aan die begin van die nuwe sin
 Woord(-keuse)-foute            X                    Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
 Erkenning van                                       Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                                
 taaljuweeltjies                                     uitdrukkings
 Onduidelik/onverstaanbaar      ʃ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
 Punktuasie                                         Omkring

Neem taalvariëteit in ag.

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                               I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                             T = Kl = 10
Struktuur:                                                                            S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                     36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V3                            3                                       DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1       Daardie woorde sal ek nooit vergeet nie.
          Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n verhalende opstel aanbied deur die storie
          te vertel waarom hy/sy die spesifieke woorde nooit sal vergeet nie. In 'n beskrywende
          opstel met hierdie titel kan die kandidaat stap vir stap sy/haar belewing van die woorde
          beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld oor emosies skryf
          wat hy/sy beleef het as gevolg van die woorde waaraan hy/sy telkens herinner
          word./terugkerende emosies wat hy/sy nooit sal vergeet nie. As 'n beredeneerde of
          argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer waarom hy/sy nooit
          die woorde sal vergeet nie./oor die voor-/nadele van woorde wat 'n mens se lewe
          beïnvloed.                                                                                    [50]
1.2       As ek oor kon begin ...
          As basis vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente wat
          plaasgevind het en hom/haar tot by die punt gelei het waar hy/sy besluit het om oor te
          begin. In 'n beskrywende opstel kan 'n kandidaat byvoorbeeld beskryf watter
          voordele/positiewe gevolge die insident/insidente vir hom/haar sal inhou indien hy/sy
          oor sou begin. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die
          noodsaaklikheid om oor te begin of dat tweede kanse heel dikwels lewensveranderend
          kan wees. Soms dien oorbegin as bepeinsing van die foute uit die verlede. In 'n
          argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer/redeneer/
          besin oor die wenslikheid/sinvolheid/waarde daarvan om oor te begin.                          [50]
1.3       Elke seisoen is eintlik mooi.
          'n Verhalende opstel kan op letterlike vlak na een seisoen afsonderlik/individueel
          verwys, maar meer as een seisoen kan ook onder die loep geneem word. Die opstel
          kan handel oor verskillende gebeurlikhede/insigte – ook wat lewenseisoene betref –
          tydens 'n bepaalde seisoen wat die kandidaat kies en wat dit vir hom/haar eintlik mooi
          maak. Indien die kandidaat sy/haar emosies beskryf wat hy/sy gedurende die betrokke
          seisoen beleef,/wat dit vir hom/haar besonder/mooi maak, kan dit as beskrywende
          opstel dien. Wanneer die kandidaat mymer oor sekere aspekte wat die onderskeie
          seisoene eintlik mooi maak, kan hy/sy dit as inhoud vir 'n bespiegelende opstel
          aanbied. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel sal die inhoud moontlik handel
          oor sekere kenmerke van die onderskeie seisoene wat dit vir hom/haar
          mooi/besonders maak. Die kandidaat kan tot die insig kom dat die seisoen mooi is,
          nadat daar aanvanklik op die lelike/seer/onooglike van die seisoen gefokus is. Die
          onderwerp kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word.
                                                                                                        [50]
1.4       Die hoofdoel van opvoeding is om 'n leë kop met 'n oop kop te vervang.
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel wat daartoe gelei het dat opvoeding 'n
          leë kop met 'n oop kop vervang. Emosionele ervarings wat 'n kandidaat beleef (het)
          tydens die opvoedingsproses van leë kop tot oop kop, kan die basis vir 'n be-
          skrywende opstel wees. Indien die kandidaat besin oor die impak wat die proses van
          leë kop tot oop kop op sy/haar lewe/menswees gemaak het, kan 'n bespiegelende
          opstel aangebied word. Argumente/redenasies waarom opvoeding suksesvol gebruik
          kan word as middel om 'n leë kop met 'n oop kop te vervang, kan in 'n
          argumenterende/beredeneerde opstel uiteengesit word.                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V3                            4                                      DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

1.5      Jy leef net een keer ... lek die bak uit!
         'n Verhalende opstel oor hierdie onderwerp sou kon handel oor 'n geleentheid
         waartydens die kandidaat besef waarom hy/sy tot hierdie slotsom gekom het. Die
         emosionele gewaarwordings van iemand wat besef dat hy/sy net een keer leef en die
         geleentheid moet gebruik, kan in 'n beskrywende opstel aangebied word, terwyl daar
         in 'n bespiegelende opstel gemymer kan word oor redes wat aanleiding gee tot die
         insig dat jy net een keer leef en daarom elke geleentheid moet aangryp. Enige ander
         tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. Die kandidaat kan
         die onderwerp letterlik interpreteer, mits hy/sy tot 'n gevolgtrekking kom.                   [50]
1.6      Prent: Plan A/B
         'n Verhalende opstel sou die storie van 'n spesifieke insident/insidente kon vertel
         waartydens daar van Plan A na Plan B oorgeskakel moes word of waarom daar
         gedeeltelik van Plan A én Plan B gebruik gemaak moes word. Indien die inhoud
         byvoorbeeld die atmosfeer – wat tydens die omskakeling van Plan A na Plan B of die
         gebruikmaking onderskeidelik van Plan A én Plan B geheers het – beskryf, sal die
         opstel beskrywend van aard wees. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word
         oor die ingesteldheid van mense om te alle tye vir 'n Plan A en/of Plan B voorsiening te
         maak. Die voor- en nadele om vir beide 'n Plan A en Plan B te beplan, kan in 'n
         beredeneerde opstel aangebied word, terwyl 'n argumenterende opstel oortuigende
         argumente kan aanbied oor die wenslikheid van 'n Plan A én Plan B al dan nie.                 [50]
1.7      Prent: Man met getekende sterk arms
         'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waartydens
         die kandidaat hom/haar in 'n situasie bevind het waarin hy/sy hom/haar as sterk moes
         voordoen./ervaar het dat hy/sy sterker is as wat hy/sy gedink het./met ontnugtering
         besef het dat hy/sy verkeerd was. Die opstel kan ook geïnterpreteer word as ŉ
         persoon wat letterlik klein gebou is, maar besluit het om te begin oefen en die regte
         kossoorte te eet om sterk te word./om sy voorkoms te verbeter. In 'n beskrywende
         opstel kan situasies wat tot emosionele/geestelike ervarings lei/gelei het soos deur die
         visuele prikkel uitgebeeld, deur die kandidaat beskryf word. 'n Bespiegelende opstel
         se inhoud kan fokus op watter emosionele effek die voordoen van sterk wees op 'n
         mens het. Daar kan ook verwys word na emosionele groei wat plaasgevind het. In 'n
         argumenterende/beredeneerde opstel kan die voor- en nadele van sterk wees teen
         mekaar opgeweeg en gemotiveer word, terwyl die tema van minderwaardigheid
         teenoor bombasme/meerderwaardigheid ook ondersoek kan word. Enige tipe opstel
         met 'n komiese inslag kan ook deur 'n kandidaat aangebied word en moet op die
         nodige meriete beoordeel word.                                                                [50]
1.8      Prent: Voete wat gesigte het
         Enige storie wat handel oor die belangrike/opofferende/lydende/hardwerkende rol van
         voete in 'n mens se lewe,/die lewenspad wat almal moet loop, kan as inhoud vir 'n
         verhalende opstel gebruik word. Die verhalende opstel kan ook fokus op 'n
         staptog/dag waarin die voete 'n rol speel. Die verband tussen voete en die visuele
         uitbeelding van verskillende emosies kan in 'n beskrywende opstel aangebied word.
         Die belangrikheid van gesonde voete of die emosies wat die verlies van voete kan
         meebring, kan in 'n bespiegelende opstel verwoord word. Redes waarom mense se
         voete met sekere emosies in verband gebring kan word, kan in 'n argumenterende/
         beredeneerde opstel ondersoek word. Kandidate kan in hulle opstelle ook na die
         emosie(s) in binne konteks van hierdie prikkel verwys. Enige tipe opstel met 'n
         komiese inslag kan ook deur 'n kandidaat aangebied word en moet op die nodige
         meriete beoordeel word.                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V3                           5                                      DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.

BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
    konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V3                           6                                       DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V3                          7                                        DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                      I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                           T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (dit behoort by beplanningsgedeelte te
wees).
2.1       FORMELE E-POS
          Die formele e-pos word in 'n waarderende trant aan L. Cordier geskryf wat vir die
          kandidaat se studies betaal het./sal betaal. Die kandidaat moet na die studies/
          naskoolse opleiding en die betaling daarvan verwys.
          Hou die volgende in gedagte:
           Die skryfstyl is formeel/semiformeel en korrekte taal word vereis.
           Die formaat moet voorsiening maak vir 'n e-posadres (skrywer én ontvanger s'n)
            asook 'n onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
           Die e-pos moet ŉ aanhef hê, bv. Geagte ...
           Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem behoort
            te val op die studies/naskoolse opleiding waarvoor daar betaal gaan word. Die e-
            pos     kan     op    verskillende  maniere       begin:  Baie     dankie    vir u
            goedhartigheid./gewilligheid./bereidheid./Dit is 'n besondere voorreg dat u ...
           Die treffende slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar
            standaardmaniere om die formele e-pos af te sluit: Dankie vir u bydrae tot my
            onderrig./studies./U ruim bydrae gaan nie ongesiens verby nie./is 'n riem onder
            die hart ...
           Afsluitingswoorde moet in 'n nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte
            van die leesteken na die afsluitingswoord geld soos by die formele brief.) Die uwe
            .../By voorbaat dankie./Met groot waardering ...
           Die skrywer se naam (voorletters) en van – soos by die formele brief – maar
            sonder die handtekening, is noodsaaklik.                                                 [25]

2.2       INFORMELE BRIEF
          Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar onderwyser/-es waarin hy/sy
          hom/haar van een van die lewenslesse vertel wat hy/sy die kandidaat geleer het en
          wat dit vir hom/haar beteken het.

          Hou die volgende in gedagte:
           Gebruik informele/semiformele taal, register en styl.
           Die skrywer lig sy/haar onderwyser/-es in oor die lewensles by hom/haar geleer.
           Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
           Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.
           Die adres en die datum moet boaan verskyn.
           Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
           Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.               [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V3                           8                                        DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.3       HULDEBLYK

          Die inhoud is hoofsaaklik 'n weergawe van die vriend/-in wat oorlede is, se
          lewensgeskiedenis en ander belangrike gebeurtenisse wat uit sy/haar lewe
          oorgedra word.

          Hou die volgende in gedagte:

          Die volgende belangrike persoonlike besonderhede behoort funksioneel en met
          groot sensitiwiteit/omsigtigheid ingesluit te word:

             Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van afsterwe,
              plek waar die persoon oorlede is.
             Name van gesinslede agtergelaat
             Prestasies/hoogtepunte uit die persoon se lewe
             Gemeenskapsbetrokkenheid
             Interessante gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene kan gegee word,
              asook persoonlike herinneringe van familie en vriende.
             Die familie kan ook vertroos word.
             Die leser moet 'n duidelike beeld van die oorledene kan vorm.
             Die kandidaat behoort nie sentimenteel te raak nie.
             Die taal, styl en register is formeel (soms semiformeel) en moet by 'n huldeblyk
              aan 'n oorledene pas.                                                                    [25]
2.4       VERSLAG
          Die verslag fokus op die nodige inligting oor die motorongeluk wat vir die
          versekeringsmaatskappy gestuur sal word.
          Hou die volgende in gedagte:

             Die verslag bevat 'n kort, bondige opskrif.
             'n Inleiding wat die doel van die verslag aandui, moet geformuleer word.
             Die volgende vrae moet beantwoord word: Wie? Wat? Waar? Wanneer?
              Waarom?
             Die skrywer kan van subopskrifte gebruik maak.
             'n Treffende slot moet die inhoud van die verslag saamvat.
             Die taal en styl moet by die aard van die verslag pas.
             Paragrawe moet 'n logiese verloop handhaaf.
             Die verslag kan onderteken en dateer word.                                               [25]

2.5       ONDERHOUD
          Die werksonderhoud fokus spesifiek op toepaslike vrae deur die personeel-
          bestuurder en antwoorde deur die kandidaat.
          Hou die volgende in gedagte:

             Twee mense voer die gesprek.
             Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word.
             Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
             Taalgebruik, styl en register is formeel.
             Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
             Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
             'n Scenario kan, voordat die dialoog/onderhoud begin, geskets word.                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3                            9                                       DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

2.6       TYDSKRIFARTIKEL

          Die fokus van die tydskrifartikel konsentreer op die feit dat kinders nie meer kinders
          is nie. Redes word aangebied en/of ondersoek.

          Hou die volgende in gedagte:

               Die doel is om lesers in te lig, op te voed en relevante inligting te verskaf.
               Die titel/opskrif moet kort en treffend wees en by die onderwerp pas.
               Die inleidingsparagraaf moet kort en kragtig wees en moet dadelik die inhoud
                ontsluit.
               Die omgekeerde piramiedemetode word gebruik waar die belangrikste inligting
                eerste genoem word; die ander inligting word daarna in dalende volgorde van
                belangrikheid aangebied.
               Die tydskrifartikel word (hoofsaaklik) in die bedrywende vorm geskryf.
               Die inhoud kan in kolomme óf in paragrawe, met of sonder subopskrifte,
                geskryf word.
               Die inhoud moet duidelik uiteengesit word.
               Die inhoud moet by die teikengroep pas.
               Aanhalings kan gebruik word.
               Die slotparagraaf moet 'n gevolgtrekking maak.                                          [25]
                                                                                                        [25]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:               50
                                                                           GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3                                                10                                                                       DBE/2023
                                                                      SS/NSS – Nasienriglyne
          LET WEL:
             Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A)
             Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
             Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlak-subkategorie verdeel, met die toepaslike
              verspreiding van punte en die omskrywings.
             Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
        ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL (50 PUNTE)
     Kriteria             Uitsonderlik              Knap                                           Gemiddeld                      Elementêr                       Onvoldoende
INHOUD &                                    28–30                      22–24                        16–18                           10–12                            4–6
BEPLANNING                        Respons is uitsonderlik/    Respons baie goed;            Respons bevredigend            Wisselvallige samehang         Respons heeltemal
(Respons en                       treffend en bo              getuig van vaardigheid                                       in respons                     irrelevant
idees)                            verwagting
Organisering                      Idees is intelligent,       Idees heeltemal relevant,     Idees redelik                  Idees onduidelik, nie          Idees deurmekaar en nie

                       Hoë vlak
                                  volwasse en stem leser      interessant en lewer          samehangend en                 oorspronklik nie               op onderwerp gefokus
van idees vir                     tot nadenke                 bewys van                     oortuigend                                                    nie
beplanning;                                                   volwassenheid                                                                               Vaag en herhalend
Bewustheid                                                    Organisasie baie goed         Redelike organisasie en        Min bewys van                  Geen organisasie nie/
van doel,                         Uitsonderlike organisasie
                                                              en samehangend,               redelik samehangend,           organisasie en                 is onsamehangend
                                  en samehang, insluitend
gehoor en                         inleiding, liggaam en
                                                              insluitend inleiding,         insluitend inleiding,          samehang
konteks                                                       liggaam en                    liggaam en samevatting/
                                  samevatting/slot
                                                              samevatting/slot              slot
                                            25–27                       19–21                         13–15                           7–9                           0–3
                                  Respons uitmuntend;         Respons goed; getuig          Respons bevredigend;           Respons is grootliks           Geen poging aangewend
                                  uitsonderlike treffende     van vaardigheid               verval soms in                 irrelevant                     om in ooreenstemming
                                  eienskappe van 'n opstel                                  onduidelikheid                                                met onderwerp te wees
                                  ontbreek                                                                                                                nie

                       Lae vlak
                                  Idees intelligent en        Idees relevant,               Idees redelik same-            Idees begin los staan en       Heeltemal irrelevant en
                                  volwasse                    interessant                   hangend en oortuigend          kan verwarrend wees            ontoepaslik
                                  Knap organisasie en         Organisasie goed en           'n Mate van organisasie        Skaars 'n bewys van            Deurmekaar en geen
30 PUNTE                          samehang insluitend         samehangend, insluitend       en samehang, insluitend        organisasie en                 fokus nie
                                  inleiding, liggaam en       inleiding, liggaam en         inleiding, liggaam en          samehang
                                  samevatting/slot            samevatting/slot              samevatting/slot
    Kriteria                             Uitsonderlik                     Knap                      Gemiddeld                      Elementêr                      Onvoldoende
TAAL, STYL &                                 14–15                       11–12                         8–9                            5–6                            0–3
REDIGERING                        Toon, register, styl en     Toon, register, styl en       Toon, register, styl en        Toon, register, styl en        Toon, register, styl en
Toon, register,                   woordeskat hoogs gepas      woordeskat baie gepas         woordeskat gepas vir           woordeskat minder              woordeskat nie gepas vir
styl en woorde-                   vir doel, gehoor en         vir doel, gehoor en           doel. gehoor en konteks        gepas vir doel, gehoor         doel. gehoor en konteks
skat is geskik vir                konteks                     konteks                                                      en konteks                     nie

                       Hoë vlak
doel/effek en                     Taalgebruik getuig van      Taalgebruik effektief/        Gepaste taalgebruik om         Taalgebruik baie basies        Taal onverstaanbaar
konteks                           vertroue, indrukwekkend     'n deurlopende gepaste        betekenis oor te dra
                                                              toon word gebruik
Punktuasie,
grammatika,                       Toon retories treffend en   Grammatika en spelling        Toon is gepas                  Toon en woordkeuse             Woordeskat so beperk
spelling,                         effektief                   grootliks foutvry             Retoriese middele              skaars toepaslik               dat dit onmoontlik is om
woordkeuse                        Grammatika en spelling                                    gebruik om betekenis te        Baie beperkte                  sin te maak
                                  feitlik foutvry             Baie goed gedoen              verstek                        woordeskat
                                  Knap gedaan
Taalgebruik en                                  13                       10                             7                              4
konvensies                        Taalgebruik uitstekend      Taalgebruik toepaslik en      Voldoende taalgebruik –        Taalgebruik
                                  en toon is retories         oor die algemeen              teenstrydighede                onvoldoende

                       Lae vlak
                                  effektief                   effektief                     opgemerk

15 PUNTE                          Grammatika en spelling      Toon gepas en effektief       Toon oor die algemeen          Weinig indien enige
                                  feitlik foutvry             Enkele foute in               gepas en beperkte              sinsverskeidenheid
                                  Baie goed tot knap          grammatika en                 gebruik van retoriese          Woordeskat baie beperk
                                  gedaan                      spelling/Goed gedoen          middele
STRUKTUUR                                        5                        4                             3                            2                             0–1
Kenmerke van                      Uitstekende ontwikkeling    Logiese ontwikkeling van      Relevante detail               Sommige punte geldig           Noodsaaklike punte
teks                              van onderwerp               detail                        ontwikkel                                                     ontbreek
                                  Uitsonderlike detail        Samehangend
Paragraaf-                        Sinne en paragrawe          Sinne en paragrawe            Sinne en paragrawe             Sinne en paragrawe             Sinne en paragrawe
ontwikkeling en                   uitsonderlik gekonstrueer   logies en toon variasie       goed gekonstrueer              foutief                        foutief
sinskonstruksie                                                                             Opstel maak nog sin            Opstel maak effens sin         Opstel maak nie sin nie
5 PUNTE

          Kopiereg voorbehou                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3                                                                11                                                                                  DBE/2023
                                                                            SS/NSS – Nasienriglyne

                                     ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE]
        Kriteria                 Uitsonderlik                    Knap                       Gemiddeld                         Elementêr                      Onvoldoende
INHOUD, BEPLANNING &                  13–15                     10–12                           7–9                              4–6                             0–3
FORMAAT                  Respons uitsonderlik, bo      Respons baie goed            Respons voldoende                Basiese respons                Respons toon geen kennis
                         verwagting                                                                                                                 van kenmerke van die soort
Respons en idees:        Idees intelligent en                                                                                                       teks nie
Organisering van idees   volwasse
vir beplanning;          Grondige kennis van           Demonstreer goeie kennis     Toon voldoende kennis van        Toon geringe kennis van
Doel, gehoor,            kenmerke van die soort teks   van kenmerke van die soort   kenmerke van die soort teks      kenmerke van die soort teks
kenmerke/konvensies en                                 teks
konteks
                         Skryfwerk behou fokus         Behou fokus – geen           Nie heeltemal gefokus nie –      Aanduiding van fokus, maar     Betekenis onduidelik met groot
15 PUNTE                                               afwyking nie                 enkele afwykings                 met afwykings                  afwyking
                         Samehang in inhoud            Samehang in inhoud           Redelike samehang in inhoud      Inhoud en idees nie altyd      Geen samehang in idees en
                         Idees behoorlik uitgebrei     Idees baie goed uitgebrei    en idees                         samehangend nie                inhoud nie
                         Detail wat die onderwerp      Detail wat die onderwerp     Sommige detail ondersteun die    Min detail ondersteun die      Baie min detail ondersteun die
                         ondersteun                    ondersteun                   onderwerp                        onderwerp                      onderwerp

                         Gepaste en akkurate           Gepaste formaat met          Formaat oorwegend gepas,         Nodige reëls van formaat       Nodige reëls van formaat nie
                         formaat                       onbeduidende foute           maar met enkele foute            vaagweg toegepas               toegepas nie
                                                                                                                     Kritiese foute begaan
TAAL, STYL &                         9–10                          7–8                            5–6                              3–4                            0–2
REDIGERING               Toon, register, styl en       Toon, register, styl en      Toon, register, styl en          Toon, register, styl en        Toon, register, styl en
                         woordeskat hoogs geskik vir   woordeskat baie geskik vir   woordeskat is geskik vir doel,   woordeskat minder geskik vir   woordeskat stem nie ooreen
Toon, register, styl,    doel, gehoor en konteks       doel, gehoor en konteks      gehoor en konteks                doel, gehoor en konteks        met doel, gehoor en konteks
doel/effek, gehoor en                                                                                                                               nie
konteks;                 Grammatika akkuraat en        Grammatika oor die alge-     Enkele grammatikafoute           Grammatika onakkuraat met      Besaai met foute en verward
Taalgebruik en           goed gekonstrueer             meen korrek en goed                                           etlike foute
konvensies;                                            gekonstrueer
Woordkeuse;
Punktuasie en spelling                                 Baie goeie woordeskat        Voldoende woordeskat             Basiese woordeskat             Woordeskat nie geskik vir doel
                                                                                                                                                    nie
10 PUNTE                 Feitlik foutloos              Oorwegend foutloos           Foute belemmer nie betekenis     Betekenis belemmer             Betekenis ernstig belemmer
                                                                                    nie

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
