# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/cfce5be4-566c-43a0-88b1-d6aec85fd32b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/cfce5be4-566c-43a0-88b1-d6aec85fd32b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                       2023

                                                                       PUNTE: 70

                                                                       TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2023
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Lees AL die instruksies sorgvuldig.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

6.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                        3                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                        HET JOU KIND 'N RUGGRAAT VIR DIE LEWE?

1      Verantwoordelikheid is 'n onmisbare element van volwassenheid. Kinders of
       tieners wie se karaktereienskappe nie verantwoordelikheid insluit nie, sal nooit
       werklik volwaardige volwassenes mét 'n ruggraat word nie.

2      Volwasse verantwoordelikheid is om aan jouself verantwoording te doen vir die
       eise van die lewe en om te doen wat gedoen moet word. Verantwoordelike 5
       mense gooi nie maklik tou op nie – veral nie as ander op hulle reken nie. Hulle
       is bereid om rekenskap van hulle optrede te gee en die gevolge van hulle
       besluite te aanvaar. Wanneer hulle nié hulle verantwoordelikhede nakom nie,
       maak hulle nie verskonings, gee ander of die omstandighede die skuld óf speel
       die verontregte slagoffer nie.                                                  10

3      Ongelukkig is só 'n tekort aan verantwoordelikheid 'n epidemie in ons land,
       want dit kom oral voor: van die parlement tot in ons skole en huise. Ons het
       dringend 'n verantwoordelikheidsetiek* op elke vlak van die samelewing nodig.
       Waar moet ons begin?

4      Kinders en tieners moet vroeg leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat 15
       hulle doen of nié doen nie én vir die gevolge daarvan. In hierdie groeiproses
       móét hulle ouers 'n voorbeeld stel van hoe 'n verantwoordelike persoon optree.

5      Kinders leer verantwoordelikheid wanneer hulle van jongs af bepaalde take kry
       om te verrig, soos om hulle diere kos te gee, hulle beddens op te maak, of
       speelgoed weg te pak. Soos hulle ouer word en wys dat hulle hulle 20
       verantwoordelikhede kan nakom, kan hulle met méér vertrou word. Handhaaf
       egter altyd 'n balans tussen te min en te veel verantwoordelikhede sodat
       kinders as verantwoordelike jongmense ontwikkel sonder dat hulle oorweldig
       voel.

6      Vandag se jongmense is deeglik bewus van hulle regte, maar minder 25
       opgewonde oor die verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan. Hulle het 'n
       reg op onderwys, maar daarmee saam kom verantwoordelikhede soos om in
       die klas op te let, hard te werk, die skool se gedragskode te gehoorsaam asook
       onderwysers en ander leerders met respek te behandel. Laasgenoemde
       impliseer ook dat daar geen onskuldige toeskouers sal wees wanneer iemand 30
       by die skool geboelie word nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                         4                                          DBE/2023
                                           SS/NSS

7      As leerders moet hulle besef dat húlle vir hulle skoolwerk verantwoordelik is;
       dit is nie nét die onderwysers se verantwoordelikheid om hulle deur 'n
       skoolgraad te kry nie. Húlle moet opdragte voltooi en betyds indien, oplet
       wanneer die onderwyser die werk verduidelik, vrae vra en self hulle huiswerk 35
       doen. Dit is ironies dat daar ouers is wat hulle kinders se skooltake namens
       hulle doen.

8      Onderwysers sukkel juis om verantwoordelikheid by leerders te vestig, omdat
       ouers dikwels nie tuis reeds daarmee begin nie. Onderwysers mag nie leerders
       aanspreeklik hou nie. Suid-Afrika is een van die min lande waar leerders slegs 40
       een keer in 'n fase mag druip; indien 'n kind wel 'n tweede keer druip, word
       hy/sy    bloot    na    die   volgende    fase    "bevorder".    Volgens    die
       onderwysdepartement se beleid mag geen onderwyser vir 'n leerder nul vir 'n
       taak gee nie. Dít versterk onverantwoordelike optrede verder, want leerders
       beleef geen negatiewe gevolge wanneer hulle nie hulle kant bring nie. Hulle 45
       leer dus nie van jongs af om aanspreeklikheid vir hulle optredes te aanvaar nie
       en kan daarom as ruggraatloos beskou word.

9      Ongelukkig aanvaar ouers en onderwysers boonop dikwels flou verskonings vir
       onverantwoordelike optrede, omdat hulle nie lus of krag het vir konfrontasie
       nie. Gevolglik maak ons 'n geslag groot wat dink dat dit aanvaarbaar is om lyf 50
       weg te steek en nié verantwoordelikhede hoef na te kom nie, want jy kan
       wegkom met verskonings of deur ander of die omstandighede die skuld te gee.
       Dié denkpatroon hou uiters skadelike gevolge vir hulle toekoms in – binne
       gesinsverband sowel as by die werk.

10     'n Gebrek aan selfagting is maar één daarvan. Om verantwoordelikheid vir jou 55
       eie lewe, keuses en besluite te aanvaar is die begin van selfagting. Hoe meer
       jy verantwoordelikheid vir jou eie keuses en optrede aanvaar, hoe beter voel jy
       oor jouself. Volgens die gesinsterapeut, Mary Pipher, is ware selfagting 'n
       gevolg van verantwoordelike optrede; dit word nie gebou deur kinders gedurig
       te prys nie. Baie ouers maak die fout om meer op hulle kinders se gevoelens 60
       en selfbeeld te konsentreer as op hulle karakter.

11     Verantwoordelikheid kan nooit van harde werk geskei word nie. Dit vereis
       immers dat jy inkoop op bepaalde verantwoordelikhede, hard sal werk en sal
       doen wat gedoen moet word.

12     Elke kind en jongmens sal moet leer: die wêreld skuld jou niks nie; dis jý wat 65
       die wêreld iets skuld. Kom uit jou droomwêreld en ontwikkel 'n ruggraat, nie 'n
       wensbeen nie. Begin soos 'n verantwoordelike persoon dink, werk en optree.

13     Ouers én onderwysers sal doelbewus daarop moet konsentreer om die
       waardes van verantwoordelikheid en hardwerkendheid by kinders te vestig,
       want sonder 'n ruggraat is swaarkry hulle voorland.                      70

       * Die verantwoordelikheid van 'n individu om bewus te wees van die gevolge van/of
       verantwoordelikheid te aanvaar vir sy/haar dade.

                                                    [Aangepas uit Maroela Media, 6 Junie 2022]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                         5                                         DBE/2023
                                           SS/NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                     [Aangepas uit Die Burger, 15 April 2020]

VRAE: TEKS A

1.1       Wie is, volgens die opskrif, die teikengroep van hierdie teks?                              (1)

1.2       Op watter DRIE maniere sal 'n kind wat nie oor verantwoordelikheid beskik
          nie, optree?                                                                                (3)

1.3       Wat word in paragraaf 3 ten opsigte van Suid-Afrikaners se waardes
          geïmpliseer? Stem jy met hierdie mening van die skrywer saam? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                   (2)

1.4       Herlees paragraaf 5.

          1.4.1 Met watter DRIE praktiese take kan ouers hulle kinders van jongs af
                verantwoordelikheid leer?                                                             (3)

          1.4.2 Watter raad word in dié paragraaf aan ouers gegee?                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                        6                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

1.5       Herlees paragraaf 6.

          Leerders wat nie verantwoordelikheid aangeleer het nie, dra by tot probleme
          vir die skoolstelsel.

          Motiveer hierdie stelling met VIER voorbeelde van probleme.                          (4)

1.6       Stem jy saam dat ouers wat hulle kinders se take namens hulle doen, ironies
          optree? Gee 'n rede vir jou siening.                                                 (1)

1.7       Dink jy die onderwysdepartement is daarvoor verantwoordelik dat leerders nie
          aan verwagtinge voldoen nie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                   (2)

1.8       Waarom is dit vir ouers en onderwysers gerieflik om flou verskonings te
          aanvaar én watter TWEE negatiewe implikasies hou dit vir die jonger geslag
          se toekoms in?                                                                       (3)

1.9       Watter TWEE foute maak baie ouers, volgens die gesinsterapeut Mary
          Pipher, in 'n poging om hulle kinders se selfagting te versterk?                     (2)

1.10      Met watter TWEE waardes in die slotparagraaf word "ruggraat" in die titel
          omskryf?                                                                             (2)

VRAE: TEKS B

1.11      Wat is die kunstenaar se bedoeling met dié spotprent? Dink jy hy slaag in sy
          doel? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

1.12      Wat impliseer die pa met die gebruik van die woord "toe"?                            (1)

1.13      Kan die aanname gemaak word dat die ma in die spotprent oor 'n
          verantwoordelikheidsin beskik? Motiveer jou antwoord.                                (1)

VRAAG: TEKS A EN B

1.14      Herlees TEKS B asook paragraaf 6 en 7 van TEKS A.

          Watter TWEE belangrike verantwoordelikhede, wat saam met die reg tot
          onderwys kom, is na jou mening by die tuisonderrigleerders in TEKS B
          afwesig?                                                                             (2)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                            7                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE waardevolle wenke vir
mense wat geëmigreer het, maar weer na Suid-Afrika wil terugkeer.

LET WEL:       1.       Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
                        aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
               2.       Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
               3.       Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
               4.       Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                            TERUG NA DIE LAND VAN SONSKYN

Die belofte van 'n beter lewe oorsee lok baie mense na die vreemde, maar soms moet
'n mens eers weggaan om werklik te besef wat jy alles mis. Heelwat Suid-Afrikaners
vind na 'n jaar of vyftien dat die gras aan die ander kant toe nie noodwendig groener is
nie en keer dan terug na die land van braaivleis, sonskyn en humor. Angel Jones,
uitvoerende hoof van die werwingsagentskap, Homecoming Revolution, sê hulle
navorsing toon dat 34% Suid-Afrikaners wat oorsee bly, wil terugkeer.

Tina Visser, 'n kenner, sê mense keer terug, omdat hulle sosiaal en kultureel nie die
gevoel van "behoort" kry soos wat hulle dit in Suid-Afrika ervaar het nie. Volgens Marie
Groen, 'n lewensafrigter, is die grootste besluit egter wanneer mense heeltemal van
voor af moet begin – op alle lewensterreine. Dit is ook finansieel allermins 'n goedkoop
stap om oorsee te verhuis en dan terug te kom. Die impak van so 'n besluit op hulle
emosionele lewe kan traumaties wees, want die hele gesin kan moeilik aanpas. Visser
en Groen gee goeie raad vir dié wat wil terugkom.

Indien daar kinders betrokke is, moet ouers vooraf 'n skool kies waarby ander nuwe
gesinne ook hulle kinders inskryf. Ouers moet ook vroegtydig seker maak dat hulle
kinders met dié ander kinders in aanraking gebring word om die aanpassing in 'n nuwe
skool te vergemaklik. Voor die gesin na Suid-Afrika terugkeer, moet die ouers by die
dorp of gemeenskap se Facebook-groep aansluit, sodat hulle waardevolle inligting
(name, kontakbesonderhede, ligging van nooddienste) kan inwin. Voorts is dit
belangrik om ook 'n ondersteuningsnetwerk te kry wat die gesin in staat sal stel om
tydens skoolgeleenthede te sosialiseer.

Dit is wys om – sodra 'n gesin terug is – 'n lewensafrigter of berader te spreek, sodat
die hele gesin hulle selfvertroue kan opbou vir die nuwe uitdagings wat voorlê. Hulle
moet gesonde finansiële besluite neem deur volgens 'n begroting te werk sodat nie te
veel skuld aangegaan word nie. Dit is wys om dalk eers vir 'n ruk by vriende of familie
te woon totdat die gesin finansieel stabiel genoeg is om weer onafhanklik te leef.
Onthou, alles in die lewe gebeur soos dit moet en hoe terugkerendes dit gaan hanteer,
is 'n keuse.
                                                       [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2020]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                            8                                           DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

              Petro
      A         Kyk wat ek gratis gekry
                het! Stuur dit aan.

      B

                SARIE_JAN/FEB22               Susan
      C
                        Hoe het jy die nuwe
                        uitgawe verniet gekry? Jy
                        mag nie!
              Petro
      D         Wie gee om? Stuur dit net
                aan.

      E1

      E2
      E3   AS JY 'N PDF-PUBLIKASIE OP E-POS, WHATSAPP OF ENIGE ANDER BOODSKAPDIENS
      E4          ONTVANG, RAPPORTEER DIT ASSEBLIEF AAN REPORT@MEDIA24.COM
      E5

                                                    [Aangepas uit SARIE Mrt/Apr 2022 en freepik.com]

VRAE: TEKS D

3.1        Op watter manier word die spreker in TEKSBLOKKIE A se sterk emosie in die
           teks oorgedra?                                                                                  (1)

3.2        Wat is die funksie van die visuele uitbeelding in TEKSBLOKKIE B?                                (1)

3.3        Hoe versterk Susan se lyftaal die boodskap dat sy nie so entoesiasties soos
           Petro is nie?                                                                                   (1)

3.4        In watter opsig verskil Susan en Petro se waardes oor die aanstuur van die
           PDF-publikasie en wie, dink jy, se siening is verteenwoordigend van die
           meeste mense in ons samelewing? Motiveer jou antwoord.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                        9                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

3.5       Gebruik die homoniem van die woord "steel" in reël E2 in 'n verklarende sin
          van jou eie.                                                                          (1)

3.6       Wat is die boodskap wat met hierdie advertensie oorgedra word? Op watter
          manier word die boodskap in reël E1–E5 effektief oorgedra?                            (2)

3.7       Waarom kan vroue moontlik voel dat daar in dié advertensie teen hulle
          gediskrimineer word?                                                                  (1)

3.8       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.1) en die letter
          (A–D) neer.

          In watter een van die volgende afleiers is daar NIE 'n diftong in een van die
          twee woorde NIE?

          A    stuur; gekry
          B    nuwe; uitgawe
          C    verniet; hoe
          D    kyk; wie                                                                         (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                                    10                                                   DBE/2023
                                                        SS/NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT EN SPOTPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

      OUPA BEN EN JAN                                                        NEE! Nie
                                                                             weer nie!

                     O wêreld! Al weer.      Jan, die vreemdste ding het            Dit is regtig kleiner
                                              op pad hierheen gebeur …                  as gister se
                                                                                      stampie. Nè?                 Sjoe!

           Sjoe, jy het 'n                        Ouboet sê sy dra 'n voorskroot,         Sjoe, dis nogal 'n jammerte! Dit is
           nuwe motor!                                nie 'n voorskoot nie.                    so 'n spoggerige motor!

                  Ja, pa Ben. Danksy haar was die
                   oue net goed vir die skrootwerf.

       Ek het 'n plan!

                                                                                      [Aangepas uit www.gocomics.co.za]

VRAE: TEKS E

4.1      Watter TWEE visuele aanduidings in RAAMPIE 1 wys dat die vrou vinnig
         gery het?                                                                                                              (2)

4.2      Herlees RAAMPIE 3.
         4.2.1 Met watter woord probeer die vrou dit regkry dat Jan met haar moet
               saamstem?                                                                                                        (1)
         4.2.2 Skryf die vrou se woorde in die indirekte rede.
                   Begin jou antwoord met: Sy het gesê ...                                                                      (1)

 Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                      11                                 DBE/2023
                                          SS/NSS

4.3     Volgens die HAT beteken skroot "afval van metaal".

        Evalueer die gepastheid van Ouboet se gebruik van "voorskroot" in plaas van
        "voorskoot".                                                                          (1)

4.4     Herlees RAAMPIE 3, 4 en 6.

        Watter DRIE verskillende emosies word in die drie raampies afsonderlik met die
        woord "Sjoe" uitgedruk?                                                               (3)

4.5     Herskryf die twee sinne in RAAMPIE 6 sodat dit een neweskikkende sin vorm.            (1)

4.6     Is dit 'n geregverdigde afleiding dat vrouebestuurders met hierdie strokie
        gestereotipeer word? Motiveer jou antwoord.                                           (1)
                                                                                              [10]

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1                         12                                          DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                 (5.1) OORAANBOD VAN FLIEKS BOET GEHALTE IN
                            Min (bly) stromingswaarde
                                                                               Emile Joubert

1      (5.2) Is die dae van die klassieke rolprent al getel?

2      Daar is baie opsies vir die hedendaagse fliekvlooi. 'n Paar vingerdanse op die
       elektroniese apparaat en jy het binne 'n sekonde honderde moontlikhede vir
       vermaak. Dit is 'n sneltrein van keuses op een skerm. (5.3) Ons word
       gebombardeer met gedurige aanbevelings: "mees gewildste fliek van die 5
       week", "topkeuse" en "jy sál hiervan hou". Dus is die versoeking daar om nooit
       te wonder oor jou rolprentkeuse nie.

3      Word jy binne tien minute siek en sat vir die storie is dit net een klik en die
       volgende fliek rol. Dis hoe ek vandag se rolprentaanbiedings vind – (5.4) by die
       een oog in en die ander oog uit.                                                 10

4      Dit laat my wonder of die dae van die klassieke rolprent (5.5) waarna mense vir
       maande uitgesien het, getel is. Daardie flieks waarvoor mense skaars kon wag
       dat dit uitgereik word – belangrik, rolprente wat ná drie, vier dekades en meer
       nog onthou word.

5      Daar is, natuurlik, altyd talle onvergeetlike rolprente en elke fliekliefhebber het 15
       sy of haar voorkeur. Gevolglik is die uitdaging om tussen die oormaat van
       stromingsdienste en eindelose keuses die meesterlike raak te sien.

                                                        [Aangepas uit Die Burger, 24 April 2021]

VRAE: TEKS F

5.1     Skryf die basis/stam van "gehalte" (in die titel) en gee die korrekte vorm van die
        deelwoord in die subtitel.                                                                      (2)

5.2     Skryf die vraag in paragraaf 1 oor in die ontkennende vorm.                                     (1)

5.3     Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 2.

        Skryf die vetgedrukte sinsdeel in die bedrywende vorm en gee die korrekte vorm
        van die pleonasme.                                                                              (2)

5.4     Herlees die onderstreepte woorde in paragraaf 3.

        Watter oorspronklike uitdrukking is hier ter wille van die konteks verander?
        Is hierdie verandering van die uitdrukking geslaagd? Motiveer jou antwoord.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V1                       13                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

5.5     Benoem die onderstreepte bysin in paragraaf 4.                                     (1)

5.6     "dekades" (paragraaf 4) verwys na tydperke van tien jaar.

        Gee EEN woord vir 'n "tydperk van 1 000 jaar" en gebruik dié woord in 'n
        verklarende sin.                                                                   (1)

5.7     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter (A–D)
        neer.

        Watter verbindingswoord in paragraaf 5 dui oorsaak en gevolg aan?

         A   natuurlik
         B   altyd
         C   gevolglik
         D   meesterlike                                                                   (1)
                                                                                           [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:         30
                                                                    GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
