# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/7272194e-5126-4b2d-a9dd-e04725e2c450
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/7272194e-5126-4b2d-a9dd-e04725e2c450)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                       AFRIKAANS HUISTAAL V1

                               MEI/JUNIE 2024

                                                                     PUNTE: 70

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                         2                      DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                           (30)
          AFDELING B: Opsomming                            (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies         (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                         3                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                             WERK BETER IN MINDER URE

1     Honderde oorsese maatskappye het met 'n verkorte werkweek begin
      eksperimenteer. Suid-Afrika is tans betrokke by 'n internasionale toetsprojek van
      ses maande in onder meer Brittanje, Amerika, Kanada, Australië en
      Nieu-Seeland om die voor- en nadele van 'n vierdagwerkweek te bepaal.

2     Die idee agter die vierdagwerkweek behels dat mense produktiewer kan wees as 5
      hul werkure verkort word. Dié vierdagwerkweek is gegrond op die 100-80-100-
      beginsel: werkers verdien 100% van hul salarisse deur 80% van die tyd te werk,
      maar teen 100% van die uitset. Mense werk dus minder ure, maar moet dieselfde
      doelwitte in die werkplek bereik. So word probeer om 'n balans tussen
      produktiwiteit en welstand te bevorder. Verder word nuwe talent gelok en behou 10
      en die lewens van werkers en hul gesinne verbeter.

3     Voorlopige resultate van 'n vierdagwerkweek-studie in Ierland in 2022 het die
      indruk geskep dat die meeste bestuurders oor die algemeen positief oor
      produktiwiteitsvlakke was. Dr. Dale Whelehan, lid van Ierland se bestuurs-
      komitee vir dié studie, sê daar was 'n groot afname in stres, uitbranding, uitputting 15
      en gesinsverwante konflik onder die werkers wat vier dae per week gewerk het.

4     Karen Lowe, voorsitter van Vierdagweek Suid-Afrika, sê wêreldwye navorsing lig
      toenemende uitbranding onder werknemers uit. Volgens Gallup se 2022-verslag
      is net 24% van Suid-Afrikaanse werknemers produktief en aktief by hul beroepe
      betrokke en net 29% se algehele welstand is hoog. Welstand onder werknemers 20
      is tans die laagste ooit. Dit lei daartoe dat mense makliker van werk verander of
      bedank om hul eie ondernemings te begin. Baie mense bly dalk aan, maar is
      onbetrokke by hulle werksomgewing.

5     Die vierdagwerkweek is bedoel om weer woema in die werkplek te sit. Lowe sê
      dit beteken nie dat mense nou minder gaan doen nie, maar dat hul prestasies 25
      aan spesifieke uitkomste gemeet gaan word, eerder as aan die aantal ure agter
      'n lessenaar.

6     Sy sê maatskappye wat probleme in die werkplek ontken en voortgaan om
      werknemers as blote pionne te beskou, gaan enige mededingende voordeel
      verloor. Hulle sal nie talentvolle mense behou of lok nie. Dit sluit werkgewers in 30
      wat reken mense moet harder en langer werk en dankbaar wees vir hul salarisse
      in die lig van die hemelhoë werkloosheid in Suid-Afrika.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                            4                              DBE/Mei/Junie 2024
                                          SS/NSS Vertroulik

7     Kirk Kruger is die vergoedingspesialis van die SA Vergoedingsvereniging. Hy sê
      voorstanders van die vierdagwerkweek glo werkers sal produktiewer wees en
      'n gesonder werk-leefstyl-balans handhaaf. Hulle skryf dit toe aan die feit dat 35
      werkers op die ekstra weekdag wat hulle vir hulself het, persoonlike en
      gesinsverpligtinge kan nakom. Oor naweke kan hulle dan hul leefstylprioriteite
      uitleef.

8     Die vierdagwerkweek moenie met 'n "saamgeperste" werkweek verwar word
      nie. Laasgenoemde behels dat werkers dieselfde vergoeding ontvang en 40
      dieselfde getal ure per week werk, maar meer ure op sekere dae werk om steeds
      die vereiste ure in minder werksdae te behaal.

9     Asma Cachalia, senior vennoot by Cliffe Hofmeyr se afdeling vir arbeidsreg, sê
      Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is gegrond op 'n vyfdagwerkpatroon en sal
      moeilik aangepas word. Suid-Afrikaners droom daarom verniet van 45
      'n vierdagwerkweek as gevolg van die land se streng arbeidswette, praktiese
      struikelblokke en werkgewers se houdings.

10    Peet Kruger, 'n onafhanklike vergoedingskonsultant, stem saam deur daarop te
      wys dat 'n vierdagwerkweek gevolge vir ondernemings wat dienste aan kliënte
      lewer, kan hê. Dit sal dus nie sommer in IT-, menslikehulpbron- en finansiële 50
      afdelings werk nie; daardie dienste moet altyd beskikbaar wees. Volgens hom is
      een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika dat "uitsetgedrewenheid" in baie
      maatskappye nog afwesig is.

11    In Suid-Afrika het Dion Chang, eienaar van Flux Trends, 'n jaar gelede 'n
      vierdagwerkweek by sy onderneming ingestel. Covid-19 het hom geleer dit is 55
      onwaar dat werkers noodwendig produktief is as hulle toesighouers hulle agter
      hulle lessenaars sien. Hy sê dit gaan oor buigsaamheid; uitkomste is nie gegrond
      op tyd wat bestee word nie.

12    Die werkmodel van vyf werkdae en 40 uur per week kom uit die 1920's toe die
      Ford-motormaatskappy een van die eerstes in Amerika was wat dit ingestel het. 60
      Dit is later in Amerikaanse wetgewing vervat en op fabriekswerkers gemik.

13    Ons is nou egter in 'n digitale era met digitale instrumente. Dinge het ná Covid-19
      onherroeplik verander – die fokus in die werkplek behoort daarom eerder mens-
      as plekgesentreerd te wees.

14    Dink net watter drastiese omwentelinge 'n vierdagwerkweek, met spesifieke 65
      uitkomste, in die Suid-Afrikaanse arbeidsveld tot gevolg kan hê!

     [Aangepas uit www.netwerk24.com/netwerk24/sake/geldsake, 23 Oktober 2022 en 7 Januarie 2023]   2024

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                            5                               DBE/Mei/Junie 2024
                                          SS/NSS Vertroulik

 TEKS B: VISUELE TEKS

                                  [Aangepas uit www.thenation.com/article/economy/four-day-work-week]

VRAE:     TEKS A

1.1       Verwys na die titel en paragraaf 1.

          1.1.1         Watter woord in paragraaf 1 verduidelik die titel?                              (1)

          1.1.2         Watter afleiding kan uit die titel oor werkers se produktiwiteit
                        gemaak word?                                                                    (1)

1.2       Verwys na paragraaf 2.

          1.2.1         Waarom is 'n verduideliking van wat 'n vierdagwerkweek behels,
                        nodig?                                                                          (1)

          1.2.2         Met watter DRIE argumente wil die voorstanders van 'n vierdag-
                        werkweek hulle idee aan werkgewers verkoop?                                     (3)

1.3       Watter VIER aspekte van werkers se welstand kan met 'n vierdagwerkweek
          verbeter as die bevindings in Ierland in ag geneem word?                                      (4)

1.4       Evalueer die deursneewerker se werksbevrediging wat in paragraaf 4 beskryf
          word. Gee TWEE gevolge van hierdie gemoedstoestand.                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                           6                        DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

1.5       "Die vierdagweek is bedoel om weer woema in die werkplek te sit."

          Wat word deur die gebruik van die woord "weer" in die bostaande sin
          geïmpliseer?                                                                          (1)

1.6       Waarom is werknemers verkeerd as hulle dink dat hulle in 'n vierdagwerk-
          week minder gaan werk? Noem TWEE feite.                                               (2)

1.7       Verwys na paragraaf 6 en 8.

          1.7.1         Evalueer die toekoms van Suid-Afrikaanse werkgewers wat nie die
                        realiteit van ongemotiveerde werkers wil erken nie. Motiveer jou
                        antwoord met TWEE feite.                                                (2)

          1.7.2         Waarom sal werkgewers wat nie 'n vierdagwerkweek ondersteun
                        nie, eerder die model van die "saamgeperste werkweek" oorweeg?          (1)

1.8       Waarom kan Kirk Kruger se uitsprake as geloofwaardig beskou word én
          watter TWEE argumente kan aangevoer word waarom die werkers met 'n
          vierdagwerkweek 'n verhoogde lewensgehalte sal hê?                                    (3)

1.9       "Covid-19 het hom [Chang] geleer dit is onwaar dat werkers noodwendig
          produktief is as hul toesighouers hulle agter hulle lessenaars sien."

          In watter opsig ondersteun die bevindings in die Gallup 2022-verslag sy
          siening?                                                                              (1)

1.10      "Dinge het ná Covid-19 onherroeplik verander – die fokus in die werkplek
          behoort daarom eerder mens- as plekgesentreerd te wees."

          Dink jy die invoeging van "ná Covid-19" is funksioneel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (1)

VRAE: TEKS B

1.11      Watter visuele aanduidings in TEKS B dui op die verskil in die mens se fisieke
          welstand voor en na die vierdagwerkweek?                                              (1)

1.12      Waarom is die insluiting van die TWEE (staaf-)grafieke doeltreffend?                  (1)

1.13      Waarom, dink jy, kan die bevindings van die navorsing wat in TEKS B
          geïllustreer word, ook op Suid-Afrikaanse werkers van toepassing gemaak
          word? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                (2)

VRAAG: TEKS A EN B

1.14      Verwys na TEKS A se paragraaf 4 asook TEKS B.

          TEKS B gee genoeg leidrade om die inligting in paragraaf 4 van TEKS A te
          ondersteun.

          Motiveer die stelling met TWEE bewyse.                                                (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                            7                                DBE/Mei/Junie 2024
                                          SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van sewe wenke wat jy moet volg
wanneer jy werk soek.

LET WEL:       1.       Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
                        paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                        beslaan nie.
               2.       Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
               3.       Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
               4.       Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                                      SOEK JY WERK?
Om vir die eerste keer werk te soek is nie speletjies nie. Die stres is genoeg om enige
iemand slapelose nagte te gee, want jy moet tred hou met die hoë vereistes wat die
arbeidsmark stel en met ander werksoekers kompeteer. Nie net beïnvloed dit jou as
die een wat werk soek nie, maar plaas ook onnodige stres op jou ouers.

Wanneer jy werk begin soek, is dit belangrik dat jy jouself evalueer ten opsigte van jou
sterk- en swakpunte, sodat jy in staat sal wees om te weet watter tipe werk jy moet
soek. Omdat jou Curriculum Vitae jou bekendstel en bemark, moet jy dus seker maak
dat jy jou nuutste CV indien waarmee jy die leser se aandag vestig op slegs die heel
belangrikste feite wat hulle kan oortuig dat hulle jou vir 'n onderhoud moet nooi.

Werksoekgroepe op sosialemedia-platforms gee jou 'n idee watter geleenthede
beskikbaar is. Goeie werksgeleenthede word baie dikwels hier bemark. Wees daarom
innoverend en besoek hierdie mediaplatforms, want baie hiervan het ten doel om jong
mense te help wat vir die eerste keer werk soek.

Dit is verder ook belangrik dat jy moet weet hoe die betrokke instansie waarby jy
aansoek doen, sy werkers behandel. Doen daarom deeglik hieroor navorsing, sodat jy
weet wat om by die instansie te verwag indien jy die werk sou kry.

Indien jy wel aansoek om jou droombetrekking doen, moet die instansie sien dat jy
werklik belangstel om daar te werk. Dit is daarom noodsaaklik dat jy seker moet maak
of hulle wel jou aansoek ontvang het.

Ondervinding is dikwels die eerste punt waarna enige instansie kyk. Dit sal daarom tot
jou voordeel wees om lank voor jy aansoek doen, waardevolle ondervinding in die
beroepsveld op te doen. Skaduwerk by verskillende instansies kan dus in jou guns tel.

Die belangrikste deel van werksoek is dat jy altyd positief bly deur jouself daagliks
moed in te praat. Rome is nie in een dag gebou nie. Die regte geleentheid sal hom wel
voordoen en jy wil jouself dan met positiwiteit bemark.
            [Aangepas uit https://werknet.co.za/10-wenke-om-in-gedagte-te-hou-wanneer-jy-werk-soek]

                                                                          TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                              8                                DBE/Mei/Junie 2024
                                            SS/NSS Vertroulik

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

  1.

  2.

  3.
  4.

  5. By Checkers is ons toegewyd – ons maak alles beter. Dit is waarom ons altyd poog
  6. om jou nuwe, heerlike disse te bied – jy verdien dit. Besoek ons nou by hierdie takke
  7. en proe ons onweerstaanbare soesji* van die allerbeste, vars bestanddele. Kies
  8. waarvoor jy lus is. Óf jy 'n vinnige happie wil vat óf 'n hele bord, ons sjefs berei dit
  9. spesiaal vir jou. Is dit nie hoog tyd dat jy Checkers besoek nie?

                        [Aangepas uit www.litnet.co.za/'n ontleding-van-nostalgiegedrewe-advertensies]

*Soesji – 'n gereg uit die Japannese kookkuns. Dit bestaan altyd uit afgekoelde, gekookte rys en word
           gewoonlik met ander bestanddele soos vis of seekos gekombineer.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                          9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAE: TEKS D

3.1       Met watter woord in reël 1 word die leser se belangstelling geprikkel?                 (1)

3.2       Verwys na reëls 1 tot 4.

          Waarna verwys die woord "braaibroodjie" eintlik én dink jy die gebruik van
          hierdie woord is doeltreffend? Motiveer jou antwoord.                                  (2)

3.3       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.3) en die letter
          (A–D) neer, bv. 3.3.E.

          Watter klankverskynsel kom by die uitspraak van braaibroodjie in reël 2 voor?

          A       Nasalering
          B       Assimilasie
          C       Klankverspringing
          D       Palatalisasie                                                                  (1)

3.4       Op watter manier kan reël 3 en 4 daartoe bydra dat sekere lesers uitgesluit
          word?                                                                                  (1)

3.5       Verwys na reël 8 en 9.

          3.5.1         Waarom is die gebruik van die woorde "óf ... óf" 'n goeie
                        motiveringstegniek?                                                      (1)

          3.5.2         Met behulp van watter ander TWEE tegnieke word die leser ook in
                        hierdie reëls oorreed om die winkel te besoek?                           (2)

3.6       Vorm 'n persoonsnaam van die onderstreepte woord in reël 9 én gebruik die
          woord in 'n verklarende sin.                                                           (1)

3.7       Waarom kan daar vooroordeel by sekere lesers oor dié geadverteerde produk
          bestaan?                                                                               (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                                         10                                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

                                                                                                                   Ek kan nie nou al
                                                                                 Huiswerk is ʹn hoeksteen
                                                                                                                   nie. Jammer, die
                                                                                 van my skoolwerk dié jaar.        jaar is volstoom
                                                  Ek het baie                    Ek kan nie nou al agter           aan die gang ...
        Ai, ons kan nie nou                                                      raak nie.
                                                  huiswerk om
          buite speel nie,
                                                  te doen.
              Jakkals.

    Komaan!                    Ek kan nie nou nie. Ek          Dit klink goed!                  Jy verstaan nie.
                                                                                                Vakansie was lekker,            Ek verstaan. Net
    Kom ons                    moet nou fokus om slim          Maar kom ons                                                     so 'n bietjie,
    gaan speel                 te word.                        gaan speel net                   maar ek móét
                                                               góú, asseblief?                  nou werk.                       asseblief?
    buite!

  Ek kan nie. Ek moet         Dit maak sin.              Die opvoeding van die                                            Dis ʹn langtermynbelegging
                                                                                            Net so! Kan ons               om die potensiaal van ons
  nou 'n eerbare lid van      Kom ons                    jeug is ʹn belangrike              nóú maar buite
  die gemeenskap word!                                                                                                    jeug te verwesenlik!
                              gaan speel.                deel van ons                       gaan speel?                   Verstaan jy?
                                                         nasie ...

                                                                                 Kom ons noem dit      Dis aanvullend tot die
     So, jy wil nie                  Huh? Huh?          SUG.                                           kurrikulum … sal my as
     buite gaan                                                                   'n buitemuurse
                                     Wat sê jy?                                                        mens ontwikkel!
     speel nie?                                                                      aktiwiteit.

                                                                                 [Aangepas uit Rapport Weekliks, 16 Januarie 2023]

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                          11                       DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAE: TEKS E

4.1       Vervang die emotiewe woord in die eerste spraakborrel in RAAMPIE 1 met 'n
          neutrale woord.                                                                      (1)

4.2       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.2) en die letter
          (A–D) neer, bv. 4.2 E.

          Verwys na die sin hieronder.

          Ek het baie huiswerk om te doen.

          Die onderstreepte woord is 'n ...

          A     bywoord van tyd.
          B     hulpwerkwoord van tyd.
          C     koppelwerkwoord.
          D     selfstandige werkwoord.                                                        (1)

4.3       Watter emosie word deur die hond, Jakkals, se lyftaal in RAAMPIE 2
          geïmpliseer?                                                                         (1)

4.4       Verwys na RAAMPIE 2 en 3.

          Watter handeling ondersteun Jorik se woorde in hierdie raampies én watter
          verwagting word deur Jorik se lyftaal geskep?                                        (2)

4.5       Gee die vergrotende trap van die onderstreepte byvoeglike naamwoord in
          RAAMPIE 5.                                                                           (1)

4.6       Watter woord in RAAMPIE 7 ondersteun die dringendheid van Jorik se
          woorde?                                                                              (1)

4.7       Dink jy Jorik se toename in irritasie bereik 'n hoogtepunt in RAAMPIE 13?
          Motiveer jou antwoord deur na die visuele én verbale inligting afsonderlik te
          verwys.                                                                              (2)

4.8       Jorik probeer in RAAMPIE 16 regverdiging vir sy optrede vind. Motiveer
          hierdie stelling.                                                                    (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1                        12                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                                SNIKHEET? SMOORKWAAD!

1     Aardverwarming gaan nie net die ys by die pole laat smelt nie! Smoorhitte kan
      ons meer opvlieend, knorrig en depressief maak en ook misdaad die hoogte laat
      inskiet.

2     'n Ooglopende rede is dat warm, bedompige weer ons fisiek ongemaklik laat voel.
      (5.3) Ons slaap sleg tydens 'n hittegolf, wat tot erge frustrasie, prikkelbaarheid, 5
      impulsiewe gedrag en selfs geweld kan (5.4) (lei/ly).

3     As die kraaie gaap, is professionele voetbalspelers in die Amerikaanse Nasionale
      Voetballiga (NFL) meer geneig om weens aggressiewe spel gestraf te word.
      Joernaliste gebruik makliker (5.5) negatiewe taal in hul beriggewing en werkers
      staak makliker in die versengende somerhitte.                                    10

4     Net so kan 'n onverwagse (5.6) hittegolf dalk 'n rol speel om ook ons
      breinchemikalieë om te klits. Hitte kan ons serotonienvlakke verhoog, wat weer
      ons aggressie beïnvloed.

5     Moet ook nie vergeet dat ons in die somer die interessantste wêreld bewoon nie
      – een waar ons meer partytjies hou; dit sosiaal aanvaarbaar is om bedags te 15
      drink en ons oor die algemeen meer aan die gang is.

6     Om op te som, dit is 'n moeilike knoop om te ontrafel ... Net mooi ál die dinge kan
      'n groot rol speel.

                                                            [Verwerk uit Sarie Jan./Feb. 2023]

VRAE: TEKS F

5.1       Skryf die woord uit paragraaf 1 neer wat 'n diftong/tweeklank bevat en
          onderstreep die diftong/tweeklank.                                                       (1)

5.2       Verwys na die tweede sin van paragraaf 1.

          Verbeter die spelling van die woord waarin 'n skryftekenfout voorkom én gee
          'n rede vir die gebruik van die skryfteken.                                              (2)

5.3       Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 in die lydende vorm.                          (1)

5.4       Kies die korrekte woord tussen hakies én gebruik die ander woord in 'n
          verklarende sin.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V1                        13                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

5.5       Gebruik die afgeleide selfstandige naamwoord van "negatiewe" (paragraaf 3)
          in 'n verklarende sin.                                                              (1)

5.6       Vorm 'n teenwoordige deelwoord van die kern in "hittegolf" (paragraaf 4).           (1)

5.7       Skryf die byvoeglike bysin in paragraaf 4 neer.                                     (1)

5.8       Skryf die frase in paragraaf 6 neer wat op samevatting dui.                         (1)
                                                                                              [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                    GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
