# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                         AFRIKAANS HUISTAAL V1

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                         2                       DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

           AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
           AFDELING B: Opsomming                          (10)
           AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

 2.        Beantwoord AL die vrae.

 3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

 4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

 5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 6.        Laat 'n reël oop ná elke antwoord.

 7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.        Voorgestelde tydsindeling:

           AFDELING A:     50 minute
           AFDELING B:     30 minute
           AFDELING C:     40 minute

 9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                        3                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A: LEESBEGRIP         2025

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                               SLIMMER FONE, MAAR DOMMER BREINE
             Ons kan ons die lewe nie meer sonder slimtoestelle indink nie. Tóg waarsku
                 kenners dat te veel skermtyd "digitale demensie"* veroorsaak, met
                       soortgelyke simptome as dié van regte demensie …

 1         Jy loop by 'n vertrek in en weet jy moes iets daar gaan haal, maar jy kan net
           nie onthou wat dit is nie. Of jy sien 'n kennis en julle begin land en sand met 5
           mekaar gesels, maar jy kan om die dood nie sy/haar naam onthou nie.

 2         Vergeetagtigheid is iets waarmee die meeste van ons al te kampe gehad het.
           Gewoonlik skryf ons dit toe aan ons gejaagde lewe of die ouderdom, maar wat
           as skermtyd iets daarmee te make het?

 3         Drs. Moledina en Khoja skryf in die Ochsner Journal (2018) vergeetagtigheid 10
           neem toe, omdat mense soveel op hulle slimfone staatmaak dat hulle selfs die
           kleinste dingetjie nie probeer onthou nie. Soekenjins maak dit maklik om amper
           enige inligting te kry: ons soeklees deur aanlyn leesstof en hoef nie veel
           daarvan te onthou nie. Hulle wys daarop dat slimtoestelle die linkerkant van die
           brein oorstimuleer, máár die regterkant (wat met konsentrasie te make het) 15
           word benadeel en begin stelselmatig agteruitgaan.

 4         'n Amerikaanse studie, wat in 2022 in die National Academy of Sciences-
           joernaal gepubliseer is, het getoon dat te veel skermgebruik – saam met 'n
           "sittende" lewenstyl – 'n groter risiko vir demensie inhou. (Digitale demensie is
           weliswaar nie 'n erkende gesondheidstoestand nie; dié term beskryf eerder die 20
           kognitiewe veranderinge wat tipies met tegnologieverslawing geassosieer
           word.)

 5         Prof. Ignatius Gous ('n afgetrede professor verbonde aan Unisa en 'n kenner
           op die gebied van hoe die brein en denke werk) sê die begrip digitale demensie
           is moontlik reeds in 2012 deur Spitzer, 'n Duitse neurowetenskaplike, geskep. 25
           Spitzer het dié term gebruik om die veranderinge in denke en waarneming, wat
           as gevolg van die oormatige gebruik van tegnologie plaasvind, te beskryf.

 6         Werklike demensie is wanneer mense as gevolg van die agteruitgang van die
           brein onder meer geheueprobleme ervaar, nie meer goed kan fokus en
           konsentreer nie, en verward is. Digitale demensie, daarenteen, is eerder die 30
           beskrywing van 'n gedragspatroon en die gevolge daarvan. Dit is nie primêr 'n
           mediese toestand as gevolg van 'n mediese proses van agteruitgang nie.
           Spitzer en ander kenners wys daarop dat mense wat heeltyd aan hulle fone en
           rekenaars gekluister is, soortgelyke simptome as dié van demensie ervaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                       4                             DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 7         Dr. Marlena Kruger, die stigter en uitvoerende hoof van die TechnoLife Wise- 35
           stigting, fokus op die rehabilitering van mense wat aan digitale verslawing en
           ander verwante brein- en leerversteurings ly. Sy noem dat digitale demensie
           veral voorkom by kinders wat van jongs af aan digitale toestelle blootgestel is.
           Sy steun Spitzer se bevinding dat die simptome van digitale demensie
           ooreenstem met dié by ander mense wat te veel tyd voor 'n rekenaar deurbring 40
           – hulle het ook dikwels 'n slegte postuur, ongesonde eetgewoontes, min fisieke
           oefening en swak asemhalingstegnieke.

 8         Prof. Gous sluit hierby aan deur te noem dat die wêreldgemiddelde van mense
           se skermtyd 6 uur en 37 minute per dag is. Daar is egter bevind dat ons
           Suid-Afrikaners 60% van ons dag voor skerms (en veral sosiale media) 45
           vasgevang is.

 9         Volgens prof. Gous help normale denke en funksionering van die brein die
           mens om sy omgewing te leer ken en te bemeester sodat hy daaglikse eise,
           uitdagings en geleenthede kan behartig en benut. Daarvoor het elke mens
           fokus, leer met begrip en verstaan, en 'n gesonde omgang met die mense en 50
           dinge in sy omgewing nodig. Hy meen as skermtyd en die gebruik van
           tegnologie jou daarmee help, is dit tot jou voordeel.

 10        Die vraag wat dus ontstaan, is: Is al die miljoene mense wat wêreldwyd heeldag
           op rekenaars en slimtoestelle werk, se brein dan besig om as gevolg daarvan
           agteruit te gaan? Prof. Gous stel ons gerus: As almal die rekenaar en foon as 55
           nuttige hulpmiddels gebruik, is die gebruik van tegnologie positief. As jy egter
           lui is, net die eerste dele van paragrawe en ander sinlose dinge lees, gaan jou
           vermoë om te dink agteruit en gaan jy skade opdoen.

 11        Die gevolgtrekking waartoe ons dus kan kom, is: fokus eerder op 'n spesifieke
           doel en bly by 'n tydsbeperking as jy besig is met skermtyd, sodat jy jou 60
           besondere lewensdoel kan uitleef deur unieke en aktiewe bydraes in jou en
           ander mense se lewens.

                                                        [Aangepas uit Taalgenoot, Winter 2024]

 *Digitale demensie:    dit is 'n toestand van sosiale diskonneksie as gevolg van
                        tegnologie. Byvoorbeeld, dit is wanneer ons sukkel om feite
                        te onthou, gedisoriënteer is en ons kognitiewe vermoëns
                        afneem.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                           5                                 DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 TEKS B: VISUELE TEKS

                               [Aangepas uit https://lig.co.za/tegnologie-en-kinders-impak-van-skermtyd]

 VRAE: TEKS A

 1.1       Verwys na die titel en die subtitel.

           1.1.1        Watter woorde in die subtitel skakel met die TWEE aspekte in die
                        titel? Skryf die woorde in die titel EN die toepaslike woorde in die
                        subtitel vir ELKE aspek neer.                                                      (2)

           1.1.2        Wat wil die skrywer met die insluiting van die woord "Tóg" in die
                        subtitel bereik?                                                                   (1)

 1.2       Waarom, dink jy, is paragraaf 1 'n effektiewe inleiding?                                        (1)

 1.3       Onder watter TWEE wanindrukke verkeer baie mense oor vergeetagtigheid?                          (2)

 1.4       Verwys na paragraaf 3.

           Die mens maak al hoe meer op slimfone staat.

           Gee EEN voordeel en EEN nadeel van hierdie gewoonte. Waarom is die
           gebruik van selfone in dié opsig ironies?                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                          6                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 1.5       Verwys na paragraaf 4 en 5.

           Daar is 'n 10 jaar-tydsverloop tussen Spitzer se bevindinge (2012) en die
           Amerikaanse studie (2022).

           Watter ooreenstemmende rede voer albei navorsings vir digitale demensie
           aan? Is dit kommerwekkend dat dié studies ná tien jaar dieselfde bevindinge
           het? Motiveer jou antwoord.                                                                 (2)

 1.6       Verwys na paragrawe 4 tot 6.

           Wat is die kernoorsaak van werklike én digitale demensie onderskeidelik?
           Watter EEN van hierdie demensies se toestand is NIE herstelbaar NIE?
           Motiveer jou antwoord.                                                                      (3)

 1.7       Watter VIER simptome is by mense met digitale demensie waarneembaar?                        (4)

 1.8       Lewer kommentaar op die funksionele gebruik van die woord "vasgevang" in
           paragraaf 8. Motiveer jou antwoord.                                                         (1)

 1.9       Watter DRIE slaggate moet die mense, wat heeldag op die rekenaars en slim-
           toestelle werk, vermy?                                                                      (3)

 1.10      Bied die inligting in paragraaf 11 'n oplossing vir die probleem wat in die artikel
           bespreek word? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

 VRAE: TEKS B

 1.11      Watter oplossing word in die advertensie vir die vrae in blokkies 3 tot 5 gegee?            (1)

 1.12      Watter emosies (oor tegnologie) word enersyds deur die kinders se lyftaal
           (in die visuele uitbeelding) EN andersyds deur die ouers se woorde
           (in reël 1 en 2) oorgedra?                                                                  (2)

 1.13      Die retoriese vrae dra tot die effektiwiteit van die advertensie by.

           Bewys hierdie stelling met TWEE feite.                                                      (2)

 VRAE: TEKS A EN B

 1.14      Verwys na TEKS B en paragraaf 7 van TEKS A.

           1.14.1       Waarom, dink jy, sal ouers dr. Marlena Kruger se raad volg indien
                        hulle raadop met hulle kinders se skermtyd is?                                 (1)

           1.14.2       Spreek jou mening uit oor die noodsaaklikheid dat ouers gehoor
                        moet gee aan die oproep om te "Wag tot graad 8".                               (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                           7                                DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van die SEWE wenke wat jy in gedagte
 moet hou wanneer jy 'n stemnota per WhatsApp stuur.

LET WEL:        1.      Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in 'n paragraaf
                        aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
                2.      Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
                3.      Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
                4.      Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

 TEKS C

                         DIE MOETS EN MOENIES VAN STEMNOTAS
 Óf jy is dol daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dit is nou "voice notes", oftewel
 stemboodskappe soos WhatsApp. Dit is 'n geriefliker manier om boodskappe te stuur,
 maar daar is basiese moets en moenies om in ag te neem vóór jy in jou foon se
 mikrofoon begin klets.
 Stemboodskappe verg dat die ontvanger moet stop en luister. Doen eers moeite en vra
 of die ontvanger in 'n posisie is om 'n stemnota te ontvang. Verder wil niemand luister
 hoe jy hulle tyd mors met 'n klomp heen-en-weer-pratery nie, sê Jess Joho, 'n
 Amerikaanse kenner oor digitale intimiteit. Om dit te voorkom, stel sy voor dat jy jou
 boodskappe kort en gefokus moet hou.
 Jy kan die boodskap ook in kleiner brokkies opbreek as jy baie het om te sê. Sodoende
 kry die luisteraar vinnig die kern van elke stemnota sonder om na 'n vyf minute lange
 alleenspraak te luister.
 Dit klink dalk voor die hand liggend, maar jy moet vooraf minstens vaagweg voorberei
 wat jy wil sê, sodat jy nie afdwaal nie. Dit is frustrerend om na 'n lang stemnota te luister
 waarop daar "um", "aa" en baie sugte is. Soms sal 'n eenvoudige teksboodskap met "Ek
 stem", "oukei" of 'n duim-in-die-lug-emoji voldoende wees. Moenie die stemnota stuur
 as dit korter as vyf woorde of net 'n klank is nie.
 Die goue reël is om nooit stemnotas te gebruik om kontakbesonderhede soos
 foonnommers of adresse oor te dra nie. Dit is makliker om na 'n teksboodskap te verwys
 as om weer na 'n stemnota te moet luister.
 Al is stemboodskappe dalk geriefliker, kan dit in die beroepsomgewing onvanpas wees.
 Moenie stemnotas vir werk gebruik wanneer dit belangrike inligting behels nie, want dit
 is baie moeiliker om op te volg. Nes met enige vorm van kommunikasie kan die stuur
 van iets wat verkleinerend is, jou in groot moeilikheid laat beland. Pasop dat dit jou nie
 in 'n slegte lig stel nie.
 Dit is byna ondenkbaar om jou 'n lewe sonder stemnotas voor te stel. Hierdie
 kommunikasiemiddel is hier om te bly – gebruik dit dus met omsigtigheid.
                                                            [Aangepas uit Huisgenoot, 19 Maart 2021]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                    8                            DBE/November 2025
                                    NSS Vertroulik

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D

                                                       [Aangepas uit www.atkvoorde.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                         9                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAE: TEKS D

 3.1       Watter tegniek word gebruik om minder aandag op die naam van die
           adverteerder in A te vestig? Waarom is dit funksioneel dat die inligting by B nie
           onder aan die advertensie verskyn nie?                                                 (2)

 3.2       Die taalgebruik in reël 1 en 2 het ten doel om die leser te manipuleer.

           Bewys die stelling.                                                                    (1)

 3.3       Waarom word "feesseisoen" (reël 3) met TWEE s'e gespel?                                (1)

 3.4       Watter stemming word deur die visuele uitbeelding oorgedra EN in watter opsig
           ondersteun dié uitbeelding die boodskap van die advertensie?                           (2)

 3.5       Verwys na reëls 5 tot 7.

           Is die gebruik van die woord "BUFFELSTERK" effektief? Motiveer jou antwoord
           met TWEE feite.                                                                        (2)

 3.6       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.6) en die letter
           (A–D) neer, bv. 3.6 E.

           Watter klankverskynsel vind plaas indien "vakansie" as "vikansie" uitgespreek
           word?

           A   Nasalering
           B   Palatalisasie
           C   Vokaalreduksie
           D   Klankverspringing                                                                  (1)

 3.7       Watter inligting in reël 8 en 9 sal jou oortuig om tot aksie oor te gaan en plek
           by Buffelspoort te bespreek? Motiveer jou antwoord.                                    (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                           10                                DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

     Dis die einde van              Die "digitale                        Dis 'n groot verantwoorde-
     die gedrukte                   migrasie ..."      Tegnologiese
                                                       Revolusie         likheid om Jorik vir die
     koerant.                Ai!!                                        toekoms voor te berei …

    Wat sal hy benodig as die         Ek sal beter punte vir my taak    Jy gaan steeds       EN self
    werksomgewing eendag so           kry as ek 'n rekenaar kan         navorsing moet       jou taak
    vinnig verander?                  gebruik.                          doen …               skryf!

    Nee, Wikipedia gee die                                                Ons gaan jou vandag leer
    opsomming en ChatGPT                                                  om vuur te maak en met 'n
    skryf die taak!                                                       pyl en boog te skiet.

                                                            [Aangepas uit Rapport, 11 Augustus 2024]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                        11                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAE: TEKS E

 4.1      Watter visuele bewys is daar in RAAMPIES 2 tot 5 dat Jorik se ouers nog deel
          van die vorige generasie is?                                                               (1)

 4.2      Watter emosie dra die vrou se reaksie in RAAMPIE 2 oor? Op watter manier
          word hierdie emosie versterk?                                                              (2)

 4.3      Wat wil Jorik met sy woorde in RAAMPIE 6 bereik?                                           (1)

 4.4      Skryf die pa se woorde in RAAMPIE 7 in die lydende vorm.                                   (1)

 4.5      Evalueer die geslaagdheid van RAAMPIE 9. Motiveer jou antwoord met TWEE
          feite.                                                                                     (2)

 4.6      In watter opsig is die ouers se optrede in RAAMPIE 10 vir Jorik 'n antiklimaks?            (1)

 4.7      Herrangskik die woordorde van die sin in RAAMPIE 10 sodat die tydsaspek
          beklemtoon word. Skryf die hele sin neer.                                                  (1)

 4.8      In watter opsig kontrasteer die visuele uitbeelding in RAAMPIE 1 met die woorde
          in RAAMPIE 10?                                                                             (1)
                                                                                                     [10]

 VRAAG 5: ARTIKEL

 Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS F

                            NUUTSKEPPINGS: IS JY WOORDSLIM?

 1      Hoesit, awê, arriewarrie. Daar is Afrikaanse neologismes* wat so deel van ons
        spreektaal is dat ons dit gebruik (5.1) sonder om eers twee keer daaroor te dink.

 2      Dan is daar ander nuutskeppings wat maar kon gebly het (Googeloer – om te
        Google – en brilmonster vir 'n nerd), want ons gebruik dit nie regtig nie. Families
        en vriendekringe het ook (5.3) dikwels hulle eie opgemaakte woorde, soms met 5
        'n lekker storie oor waar dié woord vandaan kom. My sussie het byvoorbeeld van
        vrekvrye staal (5.6) gepraat, in plaas van vlekvrye staal, en so word die woord
        vandag nog in ons familie gebruik.

 3      Met die nuwe inisiatief van Netwerk24 is ons op soek na vyftien oorspronklike
        Afrikaanse woorde wat (nog) nie in die Afrikaanse woordeboeke bestaan nie. 10
        (5.5.1) En ons wil die woorde hê wat so glad op die tong rol dat dit deel van die
        gebruikstaal gaan word. Dink aan "smaakmaker", 'n woord waarop Netwerk 24 se
        lesers kopiereg het, nadat hulle dit in 2022 uitgedink het.

 4      Teen (5.6) April gaan ons 15 nuutskeppings hê – en dan kom die groot stemmery.
        Dis mos nou poenankies (oulik, vir diegene wat hierdie woord nie ken nie …).   15

                                       [Verwerk uit Netwerk 24-produksiehoof, 20 September 2024]

 *Neologismes: nuutskeppings

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1                            12                          DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

 5.1      Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.1) en die letter
          (A–D) neer, bv. 5.1 E.

          "… sonder om eers twee keer daaroor te dink" kan in EEN woord die beste
          omskryf word as …

          A   onverantwoordelik.
          B   impulsief.
          C   deurdag.
          D   waaghalsig.                                                                        (1)

 5.2      "Dan is daar ander nuutskeppings wat maar kon gebly het (Googeloer – om te
          Google – en brilmonster vir 'n nerd)." (Paragraaf 2)

          Waarom is 'n komma nie gebruik voor die woord "maar" in die sin hierbo nie?
          Gebruik die woord "maar" in 'n verklarende sin waarin die gebruik van die
          komma noodsaaklik is.                                                                  (2)

 5.3      Gee 'n antoniem uit paragraaf 2 vir "dikwels".                                         (1)

 5.4      "My sussie het van vrekvrye staal gepraat ..." (Paragraaf 2)

          Wat is die funksie van die voorvoegsel "ge-" in die onderstreepte woord?               (1)

 5.5      "En ons wil die woorde hê wat so glad op die tong rol ..." (Paragraaf 3)

          5.5.1         Watter tipe werkwoord is "wil"? Hoe sal die sin se betekenis beïnvloed
                        word indien "wil" met "wou" vervang word?                                (2)

          5.5.2         Gee die korrekte intensiewe vorm van "glad" binne konteks van die
                        sin. Gebruik die ander intensiewe vorm van "glad" in 'n verklarende
                        sin.                                                                     (2)

 5.6      Skryf die korrekte afkorting van April in paragraaf 4 neer.                            (1)
                                                                                                 [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:          30
                                                                         GROOTTOTAAL:            70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2014/b6d6ed0b-b38a-43d1-aaa9-19251fedb07c) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
