# Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2025, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/34a88f1c-2bd1-4b39-b657-0b7a164f1c6d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/34a88f1c-2bd1-4b39-b657-0b7a164f1c6d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  GRAAD 12

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                         AFRIKAANS HUISTAAL V3

                              NOVEMBER 2025

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V3                        2                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

           AFDELING A: Opstel                                     (50)
           AFDELING B: Transaksionele Tekste             (2 x 25) (50)

 2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

 3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

 4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

 5.        Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
           kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR
           die finale produk gedoen word.

 6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word.

 7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

           AFDELING A: ongeveer 100 minute
           AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute

 8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
           word NIE.

 10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V3                       3                              DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING A: OPSTEL     2025

 VRAAG 1

 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

 1.1       Dit wás waaghalsig, maar ek sal dit weer doen!                                         [50]

 1.2       Wanneer die stiltes jou nooi …                                                         [50]

 1.3       Is ék die argitek van my eie toekoms?                                                  [50]

 1.4       Onderwysers kán 'n tegnoslim generasie met wysheid
           en balans help vorm.                                                                   [50]

 1.5       Lekker-dag-planne:
              Glimlag vir vreemdelinge
              Groet eerste
              Sê dankie en
              deel komplimente uit
             (bedoel dit) – ©Linda                                                                [50]

 Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer
 (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.

 1.6

                        [Bron: https://www.canva.com/photos/MADQtoVYSVY-footprints-in-the-sand]    [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V3           4                                DBE/November 2025
                           NSS Vertroulik

 1.7

                         [Bron: https://www.speelkaartenshop.nl/dobbelstene]             [50]

 1.8

                        [Bron: https://www.craiggreenfield.com/blog/2015/3/24/beggar]    [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V3                          5                             DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

 2.1       INFORMELE BRIEF

           Jy het gister 'n groot verleentheid beleef toe almal in die klas vir jou gelag het.

           Skryf 'n INFORMELE BRIEF hieroor aan 'n vriend/vriendin (wat verlede jaar in
           matriek was). Vra ook vir jou vriend/vriendin hoe hy/sy 'n soortgelyke situasie
           sou hanteer.                                                                              [25]

 2.2       FORMELE E-POS

           Jy wil na afloop van matriek oorsee op 'n luukse boot gaan werk.
           'n Werkgeleentheid, wat dalk jou drome kan bewaarheid, word geadverteer.

            Van
            Aan            BCL-Pacific@gmail.com
            Datum
            Onderwerp

           Gebruik die formaat hierbo en skryf 'n E-POS aan die personeelbestuurder van
           die BCL-Pacific waarin jy vir hierdie pos aansoek doen. Motiveer waarom jy 'n
           geskikte kandidaat vir hierdie spesifieke werk is.                                        [25]

 2.3       NOTULE EN AGENDA

           Die VRL van jou skool hou 'n vergadering om 'n skoolpiekniek te bespreek.
           Die agenda hieronder bevat die besprekingspunte.

           AGENDA VIR DIE VRL-VERGADERING OM 15:00 OP 2 AUGUSTUS 2025

           1. Opening
           2. Verwelkoming
           3. Presensie
           4. Sake om te bespreek:
           4.1 Datum, tyd en plek
           4.2 Reëls
           4.3 Musiek
           4.4 Voorbereiding van rugbyveld
           5. Afsluiting

           Skryf die NOTULE van die vergadering.                                                     [25]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V3                          6                             DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.4       VERSLAG

           Jy sien hoe een of meer van jou klasmaats oneerlik in die eksamen is. Jy word
           ná die vraestel na die hoof se kantoor ontbied waar jy versoek word om 'n
           volledige verslag oor die gebeure, wat jy waargeneem het, te skryf.

           Skryf die VERSLAG.                                                                      [25]

 2.5       HULDEBLYK

           Jou klas wil 'n funksie reël vir 'n onderwyser, wat 'n groot rol in julle lewe speel,
           om hom/haar te vereer.

           Gebruik die volgende woorde in die huldeblyk:

           Die saad wat u in ons lewens gesaai het …

           Skryf die HULDEBLYK wat jy op versoek van die klas moet lewer.                          [25]

 2.6       ONDERHOUD

           As redakteur van jou skoolkoerant voer jy 'n onderhoud met die veelsydigste
           graad 12-leerder, waarin jy hom/haar vra watter raad hy/sy aan ander leerders
           sal gee wat ook baie verskillende aktiwiteite met hulle akademie moet
           balanseer.

           Skryf die ONDERHOUD.                                                                    [25]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                         GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014/bb478918-bb0e-45af-8ce7-568c36662132) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
