# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November Mock 2026 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Mock Exam 2026, 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/112e08ce-6702-4b35-b4e4-ce3cef6cff4a
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: NSC November Mock Exam
- Paper: 2
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November Mock 2026 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/112e08ce-6702-4b35-b4e4-ce3cef6cff4a)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

hlayiso mock exams
                             Oefenreeks:
                             Graad 12 NSS-voorbereiding
                             WWW.HLAYISO.COM

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2
                              PROEFEKSAMEN 2026
                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V2                        2                               Hlayiso/Proef 2026
                                     NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS

   • Hierdie nasienriglyne is nie volledig nie. Aanvaar enige ander antwoord wat sinvol is,
     binne konteks val en deur die teks gesteun word.
   • By oop vrae word geen punt vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE
     alleen toegeken nie; die motivering verdien die punt.
   • Spel- en taalfoute word by kontekstuele vrae nie gepenaliseer nie, tensy dit die betekenis
     beïnvloed.
   • Wanneer TWEE/DRIE feite gevra word en ’n reeks gegee word, sien slegs die eerste
     TWEE/DRIE na.
   • Aanvaar by meervoudigekeuse-vrae die letter EN/OF die uitgeskryfde antwoord.
   • Opstelvrae word met die rubrieke aan die einde van hierdie nasienriglyne geassesseer.
     Die argumente in die raamwerke is ’n breë riglyn; nie alle feite hoef genoem te word nie.
   • Kopiereg: Slegs “Suiwer wiskunde” is in die vraestel afgedruk. Die antwoorde vir die
     ander gedigte, romans en dramas berus op die voorgeskrewe tekste soos dit in die
     klas bestudeer is. Nasieners moet bladsy-/versreëlverwysings aan die hand van hul eie
     eksemplare kontroleer.

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: “SUIWER WISKUNDE” – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die poësie-opstel (10 punte). Moontlike argumente:
 ARGUMENT                      MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
 Inleiding: Die gedig beeld    Die gedig beantwoord die implisiete vraag: wat sou gebeur
 ’n hipotetiese oomblik uit    as tyd tot stilstand kom?
 waarin tyd stilstaan.
 Beeldspraak: Die uurwerk      Die kort eerste sin “Die uurwerk kantel.” werk soos ’n
 wat “kantel” is die oorsaak   skielike breuk; daarna volg die gevolge.
 van die stilstand.
 Die by wat “roerloos” hang,   Die blom sal “nooit bevrug” word, “nooit sal saadskiet, welk”
 beeld die stilstand van die   nie – lewe (bevrugting, saad) en dood (verwelk) word albei
 natuur se kringloop uit.      opgeskort.
 Die lug en see is verstar.    Vergelyking: die lug het “stil soos ys” gaan staan; kleure
                               “wit en blou” is koel en helder. Die brander wat wou
                               “oorbuig” bly “in sy ligte sirkels vasgehou” – ’n perfekte,
                               bevrore beweging.
 Ewigheid/verlies.             Die brander moet “sy see ’n ewigheid versuim”: die stilstand
                               is permanent en hou ’n verlies in (die golf bereik nooit sy
                               bestemming nie).
 Klank: Rym en halfrym         Kruisrym abab cdcd (by/verby, bevrug/lug, blou/vasgehou,
 ondersteun die                skuim/versuim) skep ’n gebalanseerde, simmetriese
 geslotenheid.                 patroon soos ’n wiskundige formule. Die lang vokale (-ou,
                               -uim) vertraag die tempo. Herhaling van “nooit” beklemtoon
                               die finaliteit.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V2                          3                              Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

 Versbou: Enjambement en         Enjambement (bv. “bevrug / word”, “verby / hierdie
 sinsbou.                        verstarde uur”) laat die sinne oor die versreëls vloei, terwyl
                                 die beweging in die beeld self stilstaan – ’n spanning
                                 tussen vorm en inhoud. Die kort sin in reël 1 kontrasteer
                                 met die lang, uitgerekte sinne daarna.
 Titel: “Suiwer wiskunde”.       Suiwer wiskunde handel oor abstrakte, tydlose, perfekte
                                 verhoudings. Die verstarde oomblik is net so perfek, presies
                                 en buite die tyd – vgl. die “sirkels” (meetkundige vorm). Die
                                 titel suggereer dat so ’n volmaakte stilstand slegs in die
                                 abstrakte (nie in die lewende werklikheid) kan bestaan.
 Slot                            Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                             [10]
VRAAG 2: “TSUNAMI” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                       PUNT

2.1      Die tsunami (wat ná ’n aardbewing ontstaan het)                             (1)          2
         Japan (Nippon)                                                              (1)
2.2      Personifikasie/metafoor                                                     (1)          2
         Die monster beeld die vernietigende, onbeheerbare, woedende krag van
         die see uit wat weerlose mense “verslind”./Dit maak die natuurkrag lewend
         en vreesaanjaend.                                                           (1)
2.3      ’n Slang sis (die sisgeluid van die aanstormende water)./beweeg                          2
         kronkelend en vinnig./val skielik en dodelik aan./is giftig/dodelik./beweeg
         laag oor die grond.
         Die kandidaat bied TWEE eienskappe vir EEN punt elk aan.
2.4      Die mens is weerloos/nietig teenoor die natuur – duisende verdwyn net so                 1
         skielik en spoorloos soos mis wat oplos.
         Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
2.5      Die wit spasie beeld die leemte/die verdwyning van die mense                             1
         uit./beklemtoon die skokkende verlies.
2.6      Alliterasie (t-, d-klanke)/assonansie (aa-klanke in “traag maar”) – die klanke           1
         vertraag die tempo en beeld die stadige, versadigde terugtrek van die water
         uit.
         Die kandidaat bied klankmiddel EN effek vir EEN punt aan.
2.7      Dreigend: die monster het net “teruggetrek” en is nie vernietig nie; dit kan             1
         weer toeslaan.
                                             OF
         Gerusstellend: die monster is ver weg/in die dieptes en die ramp is verby.
         Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V2                        4                               Hlayiso/Proef 2026
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: “DIE BOKSER” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                        PUNT

3.1      “kryt”                                                                                1
3.2      Die pare rymende reëls (koeplette) weerspieël die twee boksers wat                    1
         teenoor mekaar staan/die spieëlbeeld (twee gelyke helftes).
3.3      Sy beeld versplinter in die glas waar sy eie gestalte netnou was.                     2
         Die weerskyn (refleksie) word verskerf.
         Die twee figure is identies (wit bors teen wit bors, skim teen skim).
         Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.
3.4      Vergelyking                                                            (1)            2
         ’n Afgesnyde koringgerf val slap en magteloos om./Die beeld herinner aan
         die oes/die dood (die maaier) – die bokser se val is finaal.           (1)
3.5      Die bokser verloor sy bewussyn/is verward/herken homself nie meer nie;                1
         die perspektief verskuif na iemand wat van buite kyk.
3.6      Die dood/die verlies van bewussyn/die einde van die lewe.                             1
3.7      Elke mens stry teen homself (sy eie swakhede/innerlike teenstander)          (1)      2
         en uiteindelik teen sy eie sterflikheid – ’n stryd wat almal op die ou end
         verloor.                                                                     (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V2                         5                               Hlayiso/Proef 2026
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: “VROUE VAN VERMEER” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                        PUNT

4.1      Die vroue wat in Vermeer se skilderye uitgebeeld word.                                1
4.2      Die vrou se plek was in die huis/sy was beperk tot die huishoudelike                  1
         sfeer/geïsoleer.
4.3      Die brief/die (oop) venster/die land- of wêreldkaart teen die                         2
         muur/(verwysing na) seestrome en skeepvaart.
         Die kandidaat bied TWEE voorwerpe vir EEN punt elk aan.
4.4      Herhaling/polisindeton/opsomming                                             (1)      2
         Dit beklemtoon die verskeidenheid poses/aktiwiteite in Vermeer se
         verskillende skilderye./skep ’n ritme wat die rustige, herhalende huislike
         handelinge naboots.                                                          (1)
4.5      Lig wat “in vlokkies of korrels brand”/die “sonnende pêrel”/lig wat oorvloedig        2
         “afstraal” in die klein vertrek.                                             (1)
         Die lig simboliseer die verbinding met die groter (oneindige) heelal/’n
         geestelike dimensie/hoop en lewe wat die geslote ruimte binnedring.          (1)
4.6      Die klein, geslote, stil vertrek word deur die lig met die onmeetlike heelal          2
         verbind                                                                      (1)
         en dit kom lewendig voor/“asem” (personifikasie) – die stilte word lewe en
         vryheid.                                                                     (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V2                         6                                 Hlayiso/Proef 2026
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: “BEURTKRAG” (ONGESIENE GEDIG) – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                           PUNT

5.1      Personifikasie (“sterf die stad”)                                               (1)      2
         Vergelyking (“soos ’n kers wat iemand doodblaas”)                               (1)
5.2      Opsomming/opeenvolging (“eers … dan … dan”)/klimaks/herhaling.                           1
5.3      ’n Verkeerslig se rooi lig lyk soos ’n oog; wanneer die krag afgaan, “sluit” dit         1
         – die stad “slaap”/is dood.
         Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.4      Die ma koester/beskerm haar kind se opvoeding                                   (1)      2
         en bid/hoop op ’n beter toekoms vir haar kind ondanks moeilike
         omstandighede.                                                                  (1)
5.5      A/Personifikasie                                                                         1
5.6      Letterlik: (kers)lig/elektriese lig; figuurlik: kennis/opvoeding/liefde/hoop.            1
         Die kandidaat bied albei betekenisse vir EEN punt aan.
5.7      Die geraas van die elektriese toestelle (die yskas “brom”, die televisie                 2
         “skree”) kontrasteer met die stil, intieme oomblik by kerslig.           (1)
         Die spreker wil die warmte/nabyheid/liefde van die ma (“my ma se lig”) nog
         ’n rukkie geniet.                                                        (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V2                      7                              Hlayiso/Proef 2026
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
 ARGUMENT                     MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
 Letterlike onderwêreld:      Die Trapper-ritueel waartydens graad 8’s deur die tonnels
 Die tonnels                  moet kruip. Greg moet as hoofseun besluit of Eckardt in die
 (stormwaterpype) onder       donker gat laat sak word, maar hy trek hom uit omdat
 Lawson Kollege.              Eckardt se oë hom aan John herinner.
 Kuberkraakwêreld: ’n         Eckardt (Ekk-0) leer Greg om te kraak; Greg werk deur die
 Verborge wêreld van          “challenges” en kry ’n eie skuilnaam (G-4ce). Eckardt vra
 skuilname en geheime.        telkens “white hat or black hat?” – die morele grys sone van
                              die onderwêreld. Greg se skoolwerk, sy hoofseunpligte en
                              sy verhouding met Nicole ly daaronder; hy begin lieg en
                              reëls oortree.
 Eckardt noem Greg ’n         Die ritueel in die tonnels word ’n metafoor vir Greg se
 tegnologiese Trapper.        “inlywing” in die kuberkraakwêreld.
 Misdadige onderwêreld:       Dok Pienaar (die skoolhoof) is “die Butcher”; Greg se pa is
 Project Nursery Rhyme.       “the Candlestick-maker”. Die komplot (met die
                              farmaseutiese maatskappy Plus Ultramed en ’n
                              siekte-uitbreking waarvoor ’n entstof verkoop kan word)
                              word deur kuberkrakery ontbloot. Eckardt se verdwyning lei
                              Greg dieper in hierdie wêreld in. Dok Pienaar word
                              gearresteer.
 Die ouers se verborge        Greg se pa en Dok Pienaar was vroeër by bedrog (“insider
 verlede.                     trading”) en omkopery van ’n regter betrokke. Die
                              respektabele boonste wêreld (skool, mediamaatskappy)
                              steun op ’n korrupte onderwêreld.
 Greg se innerlike            John het selfdood gepleeg (met pille van Plus Ultramed).
 onderwêreld: Onverwerkte     Greg se pa het hom verbied om te huil; Greg onderdruk sy
 rou.                         hartseer. Hy voel vasgevang in sy pa se verwagtinge (nege
                              onderskeidings, opvolger by Turret Media).
 Onsekerheid en innerlike     Wantroue teenoor Eckardt (Nicole), skuldgevoelens oor sy
 konflik.                     pligte, twyfel oor sy leierskap. Ná die ontmaskering van Dok
                              Pienaar konfronteer Greg sy pa oor John se dood; hy kry
                              insig dat sy pa ook net ’n (gebroke) mens is.
 Slot                         Greg kom uit die “onderwêreld” met groter selfkennis; hy
                              besef dat selfs Eckardt se naam vals is – die onderwêreld
                              laat nie alle geheime los nie.
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V2                         8                                Hlayiso/Proef 2026
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                        PUNT

7.1      Hoofseun                                                                              1
7.2      Uitstekende akademiese resultate/nege onderskeidings.                                 2
         Dat hy John se plek inneem/die opvolger by Turret Media word.
         Dat hy ’n sterk leier/hoofseun is en goed in rugby presteer.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
7.3      Hy het selfdood gepleeg (’n oordosis pille geneem).                      (1)          2
         Die pille was afkomstig van Plus Ultramed, die farmaseutiese maatskappy
         waarby Greg se pa (en Dok Pienaar) betrokke was.                         (1)
7.4      Greg moet sy hartseer onderdruk/kan nie oor John rou nie                 (1)          2
         en hy stry tussen sy behoefte om te treur (en sy liefde vir sy ma) en sy
         begeerte om sy pa tevrede te stel.                                       (1)
7.5      ’n Mens sou verwag dat die pa self ’n man met ’n ruggraat is             (1)          2
         MAAR hy dans self na Dok Pienaar se pype/neem nie standpunt in teen die
         misdadige planne nie.                                                    (1)
         Albei kante van die ironie moet aangedui word.
7.6      Dit is ’n inlywingsritueel vir nuwe (graad 8-)leerders                       (1)      2
         in die tonnels/stormwaterpype onder die skoolterrein.                        (1)
7.7      Eckardt is reeds in graad 12/’n matriekleerder, nie ’n graad 8 nie.                   1
7.8      Eckardt se oë herinner hom aan sy broer, John.                                        1
7.9      Eckardt noem Greg ’n tegnologiese Trapper wanneer hulle kuberkraak.                   1
7.10     Die naam klink soos “eggo” – dit verwoord die soeke na antwoorde wat net              1
         as eggo’s uit die (onder)wêreld terugkom./Eckardt het die naam ná sy pa se
         selfdoodpoging gekies.
7.11     Dok (Alec) Pienaar, die skoolhoof.                                       (1)          2
         Greg ontbloot hom deur kuberkrakery en gee die inligting aan die polisie; hy
         word gearresteer.                                                        (1)
7.12     Eckardt wou Dok Pienaar (en Greg se pa) se misdade/Project Nursery                    2
         Rhyme aan die kaak stel (as wraak vir wat met sy pa gebeur het).         (1)
         Greg het toegang/vaardighede gehad (hy is die hoofseun en die
         mediamagnaat se seun) en kon na sy verdwyning die ondersoek voortsit.(1)
7.13     Hy moes sy mediamaatskappy (Turret Media) gebruik om die gevaar van                   1
         die siekte bekend te maak/die “kers” van vrees aan te steek sodat mense
         die entstof koop.
7.14     Clarens                                                                               1
7.15     Ek-verteller/eerstepersoonsverteller                                     (1)          2
         Die leser kry direk toegang tot Greg se gedagtes en gevoelens; sy innerlike
         stryd word geloofwaardig en intens oorgedra.                             (1)
7.16     Dat Eckardt ook ’n skuilnaam is; hy weet steeds nie wat sy vriend se regte            1
         naam is nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V2                          9                             Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

7.17     Ja: hy staan uiteindelik vir die waarheid op, selfs teen gesagsfigure/sy eie        1
         pa.
                                               OF
         Nee: hy het sy pligte afgeskeep, gelieg en reëls oortree.
         Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V2                      10                               Hlayiso/Proef 2026
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 8: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
 ARGUMENT                      MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
 In armoede: Tant Wonnie       Ná haar man Heinrich se dood in die oorlog verkoop sy
 kies onafhanklikheid en       haar huis aan die Wingroves, maar hou die buitekamer vir
 eerlike werk.                 haar en haar dogters. Sy is ’n wasvrou en gaan nooit bedel
                               nie; haar kinders het nooit honger gaan slaap nie.
 Sy deel die min wat sy het.   Sy maak velriemskoene en gee dit meestal verniet weg; sy
                               maak medisyne van wilde knoffel en sê “gee wat jy wil”; sy
                               verkoop die waterput vir ’n koei en ’n kalf, en deel die water
                               en vleis met die gemeenskap.
 In haar verhoudings:          Sy weerstaan Piet de Bruin se toenadering (sy byt hom). Sy
 Selfrespek en sin vir reg.    staan teen mev. De Bruin op wat haar kind aan die
                               Bosmans wil gee. Sy weier om later haar geld te gaan haal,
                               want sy is nie ’n bedelaar nie.
 Sy steur haar nie aan         Ander vroue is jaloers/venynig, maar om “skoon” te lewe is
 skinder nie.                  vir haar die vernaamste.
 In teenspoed: Die             Settie September beskuldig haar vals van die diefstal van ’n
 arrestasie.                   trouring. Sy loop met waardigheid na Du Toitspan, lig haar
                               kop en bid. Die tronktyd word ’n geestelike reis wat haar
                               geloof versterk.
 Erkenning van haar            Die magistraat reik ’n huweliksertifikaat uit sodat sy vir ’n
 waardigheid.                  oorlogsweduweepensioen kwalifiseer, en reël nuwe skoene
                               en ’n rok vir haar.
 Blywende invloed op die       Kenneth betaal losies vir haar en Suzan, vra haar om die
 gemeenskap.                   oudstes bymekaar te kry vir die kliniekplan, maak ná haar
                               dood self haar kis en ’n ysterkruis vir haar graf. Haar
                               naasteliefde leef voort in die kliniek en in die gemeenskap
                               se samewerking.
 Slot                          Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V2                           11                              Hlayiso/Proef 2026
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                          PUNT

9.1      Settie September het haar (vals) van die diefstal van haar trouring                     1
         beskuldig.
9.2      Sy het sonder om te kla geloop./Sy het haar kop gelig./Sy het gebid./Sy het             2
         haar lot met kalmte en geloof aanvaar.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.3      Hy reik ’n huweliksertifikaat aan haar uit                              (1)             2
         sodat sy vir ’n oorlogsweduweepensioen kwalifiseer.                     (1)
9.4      Opvoeding/kennis/geleerdheid is vir hom belangrik./Hy respekteer Kaaitjie               1
         en wil hê sy moet groei.
9.5      Hy is by sy werk beseer/was in ’n (werks)ongeluk.                                       1
9.6      Hy bring kos vir haar, vra na borgtog en wil haar uit die tronk help, al is sy          1
         nie sy familie nie./Hy behandel haar soos ’n ma (“Ma-Ma”).
9.7      Kliniek Katrina                                                               (1)       2
         Om Kaaitjie (Katrina) se nagedagtenis te eer/te verseker dat niemand
         anders soos sy sonder behoorlike gesondheidsorg sterf nie.                    (1)
9.8      Dit was sy idee/hy het die bouplanne opgetrek/hy het Tant Wonnie gevra                  2
         om die oudstes bymekaar te kry/hy het daarop aangedring om Oom Flip vir
         die vervoer van die boumateriaal te betaal.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.9      Mister Burns                                                                            1
9.10     Vatmaar se mense mag nie van die khadie drink nie                              (1)      2
         want sy het dit sterker as gewoonlik gemaak om die mense van die Pan ’n
         les te leer (hulle dronk te maak).                                             (1)
9.11     Vroeër was hy selfgesentreerd/verwaand/’n daggaroker                           (1)      2
         later is hy ’n leiersfiguur: stigterslid en afrigter van die sokkerspan, help by
         die brandende huis, deel van die gemeenskap.                                   (1)
9.12     Hy meet die sokkerveld uit/wys die grond aan/skenk die doelpale en                      1
         kalk/skryf die brief aan die dorpsraad/skenk geld vir die stokvel.
         Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.
9.13     Daar is nie voorsiening vir ’n kerkgebou op Vatmaar gemaak nie.        (1)              2
         Die inwoners werk saam en samel self geld vir ’n kerk in.              (1)
9.14     Elsa was baie krities oor Tommy se verhouding met Nellie Ndola oor                      1
         kleurgrense heen, MAAR nou besluit sy self dat Kenny (’n bruin man) die
         man vir haar is.
         Albei kante van die ironie vir die punt.
9.15     Hy maak self haar kis by sy werkplek.                                                   2
         Hy maak saam met sokkerspelers ’n ysterkruis vir haar graf.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.16     Hy vra Suzan om met hom te trou (die gebooie word afgekondig).                          1

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V2                        12                         Hlayiso/Proef 2026
                                      NSS – Nasienriglyne

9.17     Mens kan jou hartseer/verlies omskep in iets wat ander help/opbou./Diens        1
         aan die gemeenskap gee betekenis.
         Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V2                     13                             Hlayiso/Proef 2026
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: DRAMA

VRAAG 10: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
 ARGUMENT                     MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
 Map se verlede: Die          Weens werkreservering kry hy net ’n boodskapperspos; hy
 gevolg van sy                sluit by ’n bende aan en laat hom tatoeëer in ’n desperate
 omstandighede.               soeke na identiteit. Die bende beroof vroue; Map gee
                              toestemming vir ’n verkragting waarvan sy eie ma en suster
                              die slagoffers is; sy suster sterf. Hy steek Ivan Philander
                              dood en gee homself oor (twaalf jaar tronkstraf).
 Bekering: Vergifnis van      In die tronk kom hy deur Apostel George tot bekering: hy
 God.                         glo God maak hom “silwerskoon”. Hy bely sy skuld (“O
                              God, vergewe my!”).
 Terugkeer: Die               Mense sien net sy tatoeëermerke en verlede; hy sukkel om
 gemeenskap vergewe hom       werk te kry; die Kersorkes weier hom met die verskoning
 nie maklik nie.              dat hul lidmaatskap vol is. Ware bevryding kom dus nie net
                              deur die bekering nie.
 Verhouding met sy ma:        Antie Grootmeisie het jare lank nie gepraat nie. Met Apostel
 Vergifnis en versoening.     George se hulp bely Map voor haar wat gebeur het; sy
                              vergewe hom en praat weer vir die eerste keer: “Johnnie”.
                              Hy word weer haar seun (Johnnie) in plaas van die
                              bendeleier (Map).
 Verhouding met Blanchie:     Blanchie het hom vermy; sy het as prostituut (onder die
 Wedersydse vergifnis.        dekmantel van modelwerk) gewerk en haar droom van ’n
                              oorsese kontrak het misluk. Ná Cavernelis se selfdood
                              vertel sy hom alles; hy vergewe haar en keer haar
                              negatiewe selfbeeld; hulle versoen.
 Mate van waarheid            Die kandidaat kan aanvoer dat vergifnis noodsaaklik is,
                              maar dat die harde omstandighede van die Kaapse Vlakte
                              steeds bly voortbestaan (tou, wind en trein as simbole van
                              ’n meedoënlose lewe).
 Slot                         Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Huistaal/V2                       14                             Hlayiso/Proef 2026
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 11: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                    PUNT

11.1     Op die Kaapse Vlakte                                                (1)           2
         (Met) Kersfees                                                      (1)
11.2     Weens werkreservering was daar net swak werk (boodskapper) vir hom.               2
         Hy het ’n identiteit/plek om te behoort gesoek.
         Hy wou geld hê/mag hê.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.3     Dit was ’n soeke na identiteit/’n “kaart” van sy lewe: wie en waar hy (as         1
         misdadiger) was tot waar hy nou as bekeerde is.
11.4     Hy het opdrag gegee om vroue te beroof.                                           3
         Hy het toestemming vir ’n verkragting gegee (waarvan sy ma en suster die
         slagoffers was).
         Hy het Ivan Philander doodgesteek.
         Hy het homself aan die polisie oorgegee.
         Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.5     Sy is getraumatiseer deur die aand toe sy (en haar dogter) aangeval is/haar       2
         dogter gesterf het.                                                     (1)
         Sy praat weer aan die einde van die drama, nadat Map sy skuld bely het; sy
         sê “Johnnie”.                                                           (1)
11.6     Hy lei Map tot bekering/oortuig hom dat God hom vergewe.                          2
         Hy help Map om voor sy ma te bely.
         Hy help Antie Grootmeisie om Map te vergewe/te glo dat hy bekeer is.
         Hy waarsku Map dat die gemeenskap hom nie maklik sal aanvaar nie.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.7     Map: die bendeleier/misdadiger (sy harde, gewelddadige verlede).         (1)      2
         Johnnie: die onskuldige seun/die geliefde kind wat hy weer aan die einde
         vir sy ma en Blanchie word.                                              (1)
11.8     Die lidmaatskap is vol/die aansoeke vir die volgende kompetisie is reeds          1
         gevul.
11.9     Die gemeenskap wantrou hom/oordeel hom op grond van sy verlede/glo nie            1
         aan sy bekering nie.
11.10    Sy werk as prostituut (vir wit mans) onder die dekmantel van modelwerk/by         2
         ’n massering-salon.                                                      (1)
         Om geld te maak/uit die armoede van die Kaapse Vlakte te ontsnap/’n beter
         lewe te kry.                                                             (1)
11.11    Sy kry nie die kontrak nie/dit was nooit ’n regte kontrak nie.           (1)      2
         Sy blameer haar pa (Cavernelis).                                         (1)
11.12    Hy pleeg selfdood deur voor ’n trein in te loop.                         (1)      2
         Sy besef dat haar beskuldigings tot sy dood gelei het en voel
         skuldig/gebroke.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Huistaal/V2                         15                             Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

11.13    Albei het swaar gely en albei vergewe mekaar                           (1)          2
         wat ’n nuwe begin/’n toekoms saam moontlik maak ondanks hul
         omstandighede.                                                         (1)
11.14    Ja: hy neem verantwoordelikheid vir sy dade, gee homself oor en bely sy             1
         skuld.
                                             OF
         Nee: dit kan ’n manier wees om parool te kry/die gemeenskap sien nog
         geweld in hom.
         Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Huistaal/V2                     16                               Hlayiso/Proef 2026
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 12: MIS – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
 ARGUMENT                     MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
 Mis as dieremis: Armoede     Meisie stik sakke waarin dieremis verpak en verkoop word
 en vernedering.              – hulle bron van inkomste ná die Depressie. Die stank van
                              mis oorheers; Meisie plant rose voor haar venster om dit te
                              verdryf. Die “mislike” bestaan simboliseer hul
                              vasgevangenheid. Die slopemmer van Gabriël (wat sewe
                              jaar in die solder bly) versterk die vernedering.
 Mis as mistigheid: Ruimte    Die mistige nag van 31 Augustus 1936 skep ’n
 en atmosfeer.                onheilspellende atmosfeer; meisies het verdwyn; die huis
                              word gesluit en luike toegespyker. Die mis skep
                              onsekerheid – niks is helder sigbaar nie.
 Misleiding/misverstand:      Miem mislei haarself: sy is skynheilig (raas oor die sirkus,
 Die karakters.               maar luister geboei na Gertie se vertelling van die fratse).
                              Die “blinde konstabel” mislei die vroue: hy “herken” hulle
                              aan hul reuk, suggereer dat Gabriël die verdwynings kan
                              veroorsaak, en wen Miem se vertroue.
 Miem se blindheid vir die    Sy belowe om Meisie die hele nag te beskerm, maar nooi ’n
 gevaar.                      vreemde man in; sy hemel Meisie se skoonheid op en stuur
                              haar saam met hom uit. Dramatiese ironie: sy smeek die
                              gevaar om te bly.
 Mis as “mis” (verlies) en    Die konstabel maak ’n afspraak met Meisie
 afloop.                      (aannemingsrok, kaalvoet). Aan die einde dans Meisie by
                              die agterdeur uit en word sy die volgende vermiste meisie:
                              Miem gaan haar “mis”. Vir Meisie is dit ’n tragiese bevryding
                              uit haar ma se oorheersing.
 Slot                         Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Huistaal/V2                        17                               Hlayiso/Proef 2026
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 13: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG       ANTWOORD                                                                        PUNT

13.1     1936 (31 Augustus 1936)                                                               1
13.2     Om dieremis in te verpak en te verkoop                                    (1)         2
         Hulle is baie arm/moet op hierdie vernederende manier ’n bestaan maak.(1)
13.3     Sewe jaar                                                                 (1)         2
         Miem oorheers/domineer Meisie/maak haar haar bediende en bewaker/klou
         aan haar vas.                                                             (1)
13.4     Sy glo die sirkus is boos/verantwoordelik vir die onheil en die verdwynings           1
         van die meisies.
13.5     Sy het een aand sonder toestemming sirkus toe gegaan/uitgeglip.           (1)         2
         Miem sê sy was so ontsteld/siek dat sy twee weke lank net gortsop kon
         eet./Dit het haar diep gegrief.                                           (1)
13.6     Om die stank van die mis te verdryf.                                                  1
13.7     Daar is ’n uil in haar tuin (wat op onheil dui) en sy is bang om alleen te wees       2
         (1)
         Sy vertel van die fratse/vreemde mense en diere by die sirkus.               (1)
13.8     Miem het belowe om die hele nag by Meisie te waak en die deure gesluit te             2
         hou                                                                          (1)
         MAAR sy sluit self die deur oop en nooi ’n vreemde man in.                   (1)
13.9     Margareta Johanna                                                                     1
13.10    Dit beklemtoon haar gebrek aan identiteit/onbelangrikheid in die gesin       (1)      2
         Die konstabel se gebruik van haar regte naam gee haar ’n gevoel van
         eiewaarde en laat haar hom vertrou.                                          (1)
13.11    Sy hemel Meisie se skoonheid op (“mooi soos ’n engel”).                               2
         Sy prys haar huishoudelike vaardighede (skoonmaak, kosmaak).
         Sy beskryf haar lang hare/bied aan dat hy daaraan raak.
         Sy wys suggestief op haar heupe.
         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
13.12    Hulle spreek af om mekaar later in die nag skelm te ontmoet           (1)             2
         sy moet haar aannemingsrok aantrek EN kaalvoet kom.                   (1)
13.13    Die gehoor vermoed dat die konstabel die gevaar/ontvoerder is, MAAR                   1
         Miem smeek hom om te bly sodat hy hulle kan beskerm.
13.14    Hy “herken” die vroue aan hul reuk (bv. hy raai Miem se ouderdom en dat               2
         sy getroud is en kinders gehad het) en beïndruk hulle so              (1)
         As blinde man lyk hy onskadelik/hulpeloos, en sy uniform gee hom gesag,
         sodat die vroue hul waaksaamheid laat vaar.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Huistaal/V2                     18                            Hlayiso/Proef 2026
                                   NSS – Nasienriglyne

13.15    Sy dans saam met die konstabel by die agterdeur uit en word die volgende        2
         vermiste meisie.                                                      (1)
         Sy ontsnap uiteindelik aan haar ma se oorheersing en die armoede, maar
         haar vryheid kos haar moontlik haar lewe.                             (1)
                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Huistaal/V2                              19                                       Hlayiso/Proef 2026
                                            NSS – Nasienriglyne

RUBRIEK VIR DIE OPSTELVRAAG – POËSIE (10 PUNTE)
 Kriteria         Uitsonderlik     Knap             Gemiddeld        Elementêr        Onvoldoende
 INHOUD (6)       5–6              4                3                2                0–1
 Interpretasie,   Diepgaande       Goeie begrip;    Redelike         Swak             Geen begrip
 diepte van       interpretasie;   deeglike         interpretasie;   interpretasie;   van die
 argument,        reeks            argumente,       enkele goeie     min relevante    onderwerp of
 insig            treffende        maar nie         punte            punte            die gedig nie
                  argumente        almal ewe
                  wat goed uit     goed gestaaf
                  die gedig        nie
                  gestaaf word
 STRUKTUUR        4                3                2                1                0
 EN TAAL (4)
 Logiese vloei,   Samehangend; Duidelike            Enkele           Swak             Geen struktuur
 taalgebruik,     volwasse,     struktuur;          bewyse van       struktuur;       nie
 toon             korrekte taal taal grootliks      struktuur;       baie taalfoute
                                korrek              geringe
                                                    taalfoute

RUBRIEK VIR DIE OPSTELVRAAG – ROMAN EN DRAMA (25 PUNTE)
 Kriteria         Uitsonderlik     Knap             Gemiddeld        Elementêr        Onvoldoende
 INHOUD (15)      12–15            9–11             6–8              4–5              0–3
 Interpretasie,   Diepgaande       Goeie begrip;    Redelike         Min relevante    Geen begrip;
 diepte van       interpretasie;   argumente        interpretasie;   argumente;       irrelevante of
 argument,        alle aspekte     redelik          nie alle         oppervlakkig     geen
 insig in die     van die vraag    gedetailleerd,   aspekte in       of               argumente nie
 teks             deeglik          nie almal        diepte           hoofsaaklik
                  bespreek en      ewe goed         bespreek nie     navertelling
                  uit die teks     gemotiveer
                  gestaaf          nie
 STRUKTUUR        8–10             6–7              4–5              2–3              0–1
 EN TAAL (10)
 Inleiding,       Uitstekende      Duidelike        Struktuur is     Swak             Geen
 paragrafering,   struktuur en     struktuur;       herkenbaar;      struktuur;       struktuur;
 logiese vloei,   ontwikkeling;    taal grootliks   enkele           taalfoute        ernstige
 taalgebruik,     taal en styl     korrek           taalfoute        belemmer         taalfoute
 lengte           volwasse en                                        betekenis
                  foutvry
LET WEL: ’n Opstel wat aansienlik korter as die vereiste lengte is, kan hoogstens in die
“Gemiddeld”-kategorie vir struktuur en taal geplaas word. ’n Navertelling sonder argument kan
hoogstens in die “Elementêr”-kategorie vir inhoud geplaas word.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
