# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November Prediction 2026 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Prediction Exam 2026, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2026-nsc-november-prediction-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b0120bf1-f4c6-46d6-b1fe-0bdce39f82d7
- Updated: 2026-11-03
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2026
- Exam period: NSC November Prediction Exam
- Paper: 1
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November Prediction 2026 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2026-nsc-november-prediction-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b0120bf1-f4c6-46d6-b1fe-0bdce39f82d7)

## About this document

Afrikaans HL · Grade 12 · NSC November Prediction Exam · 2026. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Voorspelling
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 12 NSS-voorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NIE 'N AMPTELIKE DBO-VRAESTEL NIE
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
VOORSPELLINGSEKSAMEN 2026
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1
2
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A:
Leesbegrip
(30)
AFDELING B:
Opsomming
(10)
AFDELING C:
Taalstrukture en -konvensies
(30)
2.
Beantwoord AL die vrae.
3.
Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4.
Trek ’n streep ná elke afdeling.
5.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6.
Laat ’n reël oop ná elke antwoord.
7.
Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8.
Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A:
50 minute
AFDELING B:
30 minute
AFDELING C:
40 minute
9.
Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1
3
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
BLAAI JY NOG, OF SWIEP JY NET?
Nog nooit was boeke so maklik bekombaar nie – nogtans lees al hoe minder
tieners vir die pret daarvan. Is die boek besig om sy laaste hoofstuk te skryf?
1
Die tiener lê op haar bed, foon in die hand. Haar duim vlieg oor die skerm: ’n
video van vyftien sekondes, nog een, en nog een. Twee uur later het sy honderde
“stories” gesien, maar nie een enkele storie gelees nie.
2
Dié prentjie is vir baie ouers en onderwysers pynlik bekend. Volgens ’n opname
wat verlede jaar onder 1 200 graad 10-leerders in drie provinsies gedoen is, lees
5
net een uit elke vyf tieners nog gereeld ’n boek vir plesier. Byna die helfte van die
leerders het erken dat hulle die afgelope jaar geen boek buiten hul voorgeskrewe
werke klaargelees het nie.
3
“Ons kinders is nie lui nie, en hulle is beslis nie dom nie,” sê dr. Elmarie Fourie, ’n
opvoedkundige sielkundige wat al twintig jaar lank met jongmense werk. “Hulle
10
brein is net afgerig op ’n ander soort lees: vinnig, vlak en vol prikkels. Om ’n
roman van 300 bladsye te lees, verg ’n spier wat by baie van hulle nog nooit
opgebou is nie.”
4
Volgens dr. Fourie is daar ’n hardnekkige wanpersepsie dat lees bloot ’n
stokperdjie is – iets vir “boekwurms” wat niks beters het om te doen nie. Die
15
teendeel is waar: navorsing wys oor en oor dat kinders wat gereeld vir plesier
lees, beter vaar in feitlik álle skoolvakke, ook wiskunde. Lees brei die woordeskat
uit, skerp die konsentrasievermoë en leer ’n mens om komplekse inligting te
verwerk.
5
Maar die voordele strek verder as die klaskamer. ’n Goeie boek laat jou in
20
iemand anders se skoene staan. Wanneer jy saam met ’n karakter treur, vrees
of juig, oefen jy empatie – die vermoë om ander se gevoelens te verstaan. Lees
is boonop een van die beste maniere om te ontspan: reeds ses minute se lees
kan, volgens sommige studies, stresvlakke merkbaar verlaag.
6
Kagiso Molefe, ’n Afrikaansonderwyser van Mahikeng, is egter minder
25
optimisties oor die rol van die skool. “Ons dwing kinders om voorgeskrewe boeke
te ontleed totdat daar niks meer van die storie oorbly nie. Hulle leer dat lees werk
is, nie plesier nie. Ons is self besig om die vuur dood te blus wat ons probeer
aansteek.”
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1
4
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
7
Dr. Fourie stem nie heeltemal met hom saam nie. Sy meen die skool kan nie
30
alleen die skuld dra nie: “Kinders boots na wat hulle sien. As ’n kind nooit sy
ouers met ’n boek in die hand sien nie, waarom sal hy glo dat lees belangrik is?”
8
Tog is daar ligpunte. In Soweto het die biblioteekaris Thandeka Mahlangu drie
jaar gelede ’n leesklub vir tieners begin. Die reël is eenvoudig: niemand hoef
’n opstel oor ’n boek te skryf nie, en niemand word oor ’n boek getoets nie.
35
“Die eerste week het vier leerders opgedaag,” vertel sy. “Vandag moet ons ’n
waglys hou.” Die lede kies self wat hulle lees – strokiesboeke, fantasieverhale
en tydskrifte is net so welkom soos die klassieke.
9
Mahlangu het ook gevind dat tegnologie nie noodwendig die vyand is nie.
Sommige van haar lede lees e-boeke op hul fone of luister na oudioboeke terwyl
40
hulle in die taxi ry. “Dit maak nie saak óf jy op papier óf op ’n skerm lees nie,” sê
sy. “Wat saak maak, is dat jy die storie klaar lees.”
10
Wat kan ouers dan doen? Kenners stel voor dat gesinne elke aand vyftien minute
opsy sit waarin almal – ook die volwassenes – hul fone neersit en lees. Ouers
kan kinders gereeld na die plaaslike biblioteek neem en boeke as geskenke gee
45
eerder as nog ’n speletjie vir die foon. Bowenal: laat kinders self kies wat hulle
wil lees.
11
’n Land waarin kinders nie lees nie, betaal later ’n hoë prys – in swak
skoolprestasie, in werkloosheid en in burgers wat nie krities kan dink nie. Of
soos Thandeka Mahlangu dit stel: “’n Kind wat lees, word ’n grootmens wat dink.
50
En ’n grootmens wat dink, kan nie maklik mislei word nie.”
[Eksaminator se eie teks. Alle name, plekke en syfers is fiktief.]
TEKS B: SPOTPRENT
GESINSTYD
STOF
Zzz
A: Jy sit heeldag op daardie foon! Toe ek
so oud soos jy was, het ek elke week
’n boek by die biblioteek gaan uitneem.
B: Ek lees heeldag, Pa …
net nie jou soort boeke nie.
[Eksaminator se eie spotprent]
Beskrywing: ’n Pa en sy seun sit op ’n rusbank, elkeen met ’n selfoon in die hand. Die pa kyk na sy
skerm terwyl hy praat, en die seun antwoord sonder om na hom te kyk. Die boekrak links is met stof
en spinnerakke bedek. ’n Hond slaap op ’n stapel boeke.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1
5
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
VRAE: TEKS A
1.1
Verwys na die titel en die subtitel.
1.1.1
Verduidelik die kontras wat deur die woorde “blaai” en “swiep” in die
titel geskep word.
(2)
1.1.2
Wat word geïmpliseer deur die woorde “sy laaste hoofstuk te skryf”
in die subtitel?
(1)
1.2
Verwys na paragraaf 1.
Waarom is die woord “stories” (reël 3) tussen aanhalingstekens geplaas?
(1)
1.3
Verwys na paragraaf 2.
Evalueer die betroubaarheid van die opname as bewys dat Suid-Afrikaanse
tieners nie meer lees nie. Verwys in jou antwoord na TWEE aspekte van die
opname.
(2)
1.4
Wat bedoel dr. Fourie met die woorde “verg ’n spier wat by baie van hulle
nog nooit opgebou is nie” (reël 12)?
(1)
1.5
Verwys na paragraaf 4.
Watter wanpersepsie oor lees bestaan, EN watter bewys lewer dr. Fourie dat
dié wanpersepsie nie waar is nie?
(2)
1.6
Noem VIER voordele wat lees vir plesier volgens paragraaf 4 en 5 vir ’n mens
inhou.
(4)
1.7
“Ons is self besig om die vuur dood te blus wat ons probeer aansteek” (reël
28).
Verduidelik die ironie waarna Kagiso Molefe met dié woorde verwys.
(2)
1.8
Dink jy Kagiso Molefe se kritiek op die manier waarop voorgeskrewe boeke
in skole behandel word, is geregverdig? Motiveer jou antwoord.
(1)
1.9
Verwys na paragraaf 6 en 7.
In watter opsig verskil Kagiso Molefe en dr. Fourie se sienings oor wie vir die
leesprobleem verantwoordelik is?
(2)
1.10
Verwys na paragraaf 8 en 9.
1.10.1
Noem TWEE redes waarom Thandeka Mahlangu se leesklub so
suksesvol is.
(2)
1.10.2
Is Mahlangu se woorde “Dit maak nie saak óf jy op papier óf op ’n
skerm lees nie” (reël 41) ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord.
(1)
1.11
Watter DRIE wenke word in paragraaf 10 aan ouers gegee?
(3)
VRAE: TEKS B
1.12
Watter TWEE visuele aanduidings in die spotprent toon dat die boeke in dié
huis lanklaas gelees is?
(2)
1.13
Wat word deur die seun se antwoord in spraakborrel B geïmpliseer?
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1
6
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
VRAE: TEKS A EN B
1.14
Verwys na paragraaf 7 van TEKS A en na TEKS B.
Hoe bevestig die pa se optrede in TEKS B dr. Fourie se siening in paragraaf
7? Verwys in jou antwoord na die pa se woorde EN sy optrede.
(2)
1.15
Watter EEN wenk uit paragraaf 10 van TEKS A sal die gesin in TEKS B na
jou mening die meeste help? Motiveer jou antwoord.
(1)
TOTAAL AFDELING A:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1
7
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van die SEWE wenke wat ’n tiener kan volg
om beter te slaap.
LET
WEL:
1.
Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in ’n paragraaf
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2.
Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3.
Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4.
Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
SLAAP JOU SLIM
Matriekleerders is berug daarvoor dat hulle tot laat in die nag sit en blok, en dan die volgende
oggend soos zombies skool toe strompel. Slaapkenners waarsku egter dat dit ’n gevaarlike
gewoonte is: tydens slaap verwerk die brein wat jy bedags geleer het en berg dit in jou
langtermyngeheue. Wie nie genoeg slaap nie, vergeet dus juis dít wat hy so hard probeer
leer het. Navorsing toon dat die meeste tieners heelwat minder slaap kry as wat hul liggame
nodig het.
Die belangrikste raad is om jou liggaam ’n vaste ritme te gee. Gaan elke aand op dieselfde
tyd slaap en staan elke oggend op dieselfde tyd op, selfs oor naweke. Jou liggaamshorlosie
hou nie van verrassings nie.
Die blou lig van selfone, skootrekenaars en televisieskerms mislei die brein om te dink dit is
nog dag. Sit dus alle skerms minstens ’n uur voor slaaptyd weg – en laai jou foon verkieslik
búite jou kamer.
Koffie, energiedrankies en selfs sommige koeldranke bevat kafeïen, wat ure lank in jou
bloedstroom bly. Vermy dié drankies vanaf die laatmiddag. Jou slaapkamer moet boonop
’n rusplek wees: hou dit donker, stil en koel.
Liggaamlike oefening help jou om vinniger aan die slaap te raak, maar moet dit nie net voor
slaaptyd doen nie, want dan is jou liggaam te opgewek om te rus. Skep eerder vir jouself
’n kalm roetine vir die laaste halfuur van die dag: neem ’n warm stort, lees ’n paar bladsye
of luister na sagte musiek.
Laastens: weerstaan die versoeking om ná skool ure lank te slaap. ’n Kort middagslapie
van hoogstens twintig minute kan jou verfris, maar ’n lang slaap in die middag maak dit
moeiliker om saans aan die slaap te raak.
Onthou: slaap is nie ’n luukse wat jy kan opoffer nie. Dit is jou geheime wapen vir die
eksamen.
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B:
10
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1
8
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
MOENIE IN DIE DONKER GELAAT WORD NIE!
A
B
1
Beurtkrag, kragonderbrekings en elke jaar ’n duurder kragrekening?
2
Ons het die oplossing: skakel oor na sonkrag!
3
✓Gratis kwotasie binne 24 uur
4
✓Installering deur gesertifiseerde elektrisiëns
5
✓Betaal maandeliks – géén deposito nie
6
✓Tien jaar waarborg op alle panele
7
Teken voor 30 November 2026 in en kry ’n GRATIS slimkragmeter!
8
SONSKYN-SONKRAG: Ons bring lig in jou lewe.
Vir eienaars van
vrystaande huise
[Eksaminator se eie teks. Die maatskappy is fiktief.]
Beskrywing: By A is ’n donker straat met swart huise sonder ligte onder ’n sterrehemel. By B straal die
son op ’n huis met sonpanele op die dak; die huis se vensters is helder verlig.
VRAE: TEKS D
3.1
Noem TWEE tegnieke wat in die opskrif gebruik word om die leser se aandag
te trek.
(2)
3.2
Verduidelik die woordspeling in die opskrif deur na die denotatiewe EN die
konnotatiewe betekenis van “in die donker gelaat” te verwys.
(2)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1
9
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
3.3
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.3) en die letter
(A–D) neer, bv. 3.3 E.
Watter klankverskynsel vind plaas indien “sonkrag” (reël 2) as “songkrag”
uitgespreek word?
A
Nasalering
B
Assimilasie
C
Palatalisasie
D
Vokaalreduksie
(1)
3.4
Hoe ondersteun die kontras tussen die visuele uitbeelding by A en B die
boodskap van die advertensie?
(1)
3.5
Watter inligting in reëls 3 tot 6 sal ’n leser wat nie baie geld beskikbaar het
nie, oortuig om sonkrag te installeer? Motiveer jou antwoord.
(1)
3.6
Gebruik die homoniem van “lig” (reël 8) in ’n verklarende sin van jou eie.
(1)
3.7
Watter groep lesers word moontlik deur die inligting in die kassie regs in die
advertensie uitgesluit? Motiveer jou antwoord.
(1)
3.8
Is die slagspreuk in reël 8 ’n geslaagde slot vir die advertensie? Motiveer jou
antwoord.
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1
10
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
RAAMPIE 1
RAAMPIE 2
RAAMPIE 3
RAAMPIE 4
RAAMPIE 5
RAAMPIE 6
Ons het belowe
ons leer vandag
vir die eksamen!
Net nog EEN
episode …
14:00
Kyk hoe spannend
eindig hierdie een!
Nou ja …
nog net een.
19:00
leë bak
Waar het die dag
heen gegaan?!
Moenie paniekerig
raak nie. Ons maak
nou ’n studierooster.
Nou is dit pragtig –
kleurgekodeer en alles!
Ek is baie
trots … ons
rooster.
23:00
Zzz …
So … hoe
het die leer
gegaan?
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: In RAAMPIE 1 staan Mia met ’n skooltas en boeke by Zola se voordeur,
terwyl Zola met ’n afstandbeheerder voor die televisie sit. In RAAMPIE 2 sit albei op die rusbank met
’n bak springmielies; die horlosie wys 14:00. In RAAMPIE 3 is dit donker buite, die horlosie wys 19:00
en Mia het haar hande teen haar kop. In RAAMPIE 4 lig Zola haar vinger op. In RAAMPIE 5 wys hulle
trots na hul kleurryke studierooster. In RAAMPIE 6 (23:00) slaap albei met hul koppe op die lessenaar,
terwyl Zola se ma met ’n opgetrekte wenkbrou in die deur staan.
VRAE: TEKS E
4.1
Watter visuele bewys is daar in RAAMPIES 2 en 3 dat baie tyd verbygegaan
het?
(1)
4.2
Watter emosie ervaar Mia in RAAMPIE 3, EN hoe word hierdie emosie
beklemtoon?
(2)
4.3
Wat word deur Zola se woorde “Net nog EEN episode …” (RAAMPIE 1)
geïmpliseer, wanneer RAAMPIE 2 in ag geneem word?
(1)
4.4
Skryf die sin “Ons maak nou ’n studierooster.” (RAAMPIE 4) in die lydende
vorm.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1
11
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
4.5
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter
(A–D) neer, bv. 4.5 E.
Die ma se vraag in RAAMPIE 6 is …
A
stereotiperend.
B
diskriminerend.
C
sarkasties.
D
bevooroordeeld.
(1)
4.6
Voltooi Mia se woorde in RAAMPIE 5 met die korrekte voorsetsel.
(1)
4.7
Verduidelik waarom RAAMPIE 6 as ’n antiklimaks beskou kan word.
(1)
4.8
Gee die oortreffende trap van “pragtig” (RAAMPIE 5).
(1)
4.9
Evalueer die gepastheid van hierdie strokiesprent vir graad 12-leerders in die
eksamentyd. Motiveer jou antwoord.
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1
12
NSS Voorspelling
Hlayiso/Voorspelling 2026
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
’N TUIN OP DIE DAK
1
Waar daar vroeër net warm sinkplate en duiwe was, groei daar vandag spinasie,
tamaties en kruie op die dak van ’n hoërskool in Pretoria-Wes. (5.2) Die projek
is deur ’n groep graad 11-leerders begin.
2
(5.3) Hulle het opgemerk dat baie leerders sonder ontbyt skool toe kom. Hulle
wou iets daaraan doen. (5.4) “Ons het geen grond, geen geld en geen ervaring
5
gehad nie,” erken Lesedi Mokoena (17), een van die stigters.
3
Met die hulp van ’n plaaslike kwekery het die leerders bakke, kompos, saad (5.5)
ensovoorts bymekaargemaak. Die groentetuin (5.7) voorsien nou (5.6) daagliks
groente aan die skool se voedingskema. Die oes – meer as 40 kilogram groente
per maand (5.9) – word deur die skoolkok in sop en bredies verwerk.
10
4
(5.8) Die leerders wat in die tuin werk, leer ook hoe om ’n begroting op te stel
en hoe om water te bespaar. Lesedi glimlag: “Ons het nie net kos gekweek nie.
Ons het selfvertroue gekweek.”
[Eksaminator se eie teks. Die skool en name is fiktief.]
5.1
Skryf die woord uit die titel neer wat ’n diftong bevat, en onderstreep die
diftong.
(1)
5.2
Skryf die sin by (5.2) in die bedrywende vorm.
(1)
5.3
Verbind die TWEE sinne by (5.3) met ’n gepaste onderskikkende voegwoord.
Skryf die nuwe sin neer.
(1)
5.4
Skryf Lesedi se woorde by (5.4) in die bevestigende vorm.
(1)
5.5
Skryf die korrekte afkorting van “ensovoorts” (5.5) neer.
(1)
5.6
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.6) en die letter
(A–D) neer, bv. 5.6 E.
In die sin by (5.6) is die woord “daagliks” ’n …
A
byvoeglike naamwoord.
B
bywoord.
C
werkwoord.
D
selfstandige naamwoord.
(1)
5.7
Skryf die kern van die samestelling “groentetuin” (5.7) neer. Gebruik dan dié
kern as die bepaler van ’n nuwe samestelling in ’n verklarende sin van jou
eie.
(2)
5.8
Skryf die byvoeglike bysin in die sin by (5.8) neer.
(1)
5.9
Wat is die funksie van die aandagstrepe in die sin by (5.9)?
(1)
[10]
TOTAAL AFDELING C:
30
GROOTTOTAAL:
70
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
