# Agricultural Management Practices Grade 12 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-question-paper/9280cb2a-3144-480f-b0a9-4bb1feea08ca
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-question-paper/9280cb2a-3144-480f-b0a9-4bb1feea08ca)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                     LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landboubestuurspraktyke                      2                       DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

 2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word.

 4.       Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

 5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.       Toon ALLE stappe in die berekeninge.

 7.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Landboubestuurspraktyke                        3                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       Die grondtoestand wanneer poriespasies met water deurweek word,
                      word … genoem.

                      A   neerslag
                      B   verdamping
                      C   waterafvloei
                      D   versuiping

          1.1.2       Indien die drakrag van die veld 8 ha/GVE is, kan die boer … GVE
                      op 500 ha laat wei sonder agteruitgang van die veld.

                      A   62,5
                      B   63
                      C   62
                      D   70

          1.1.3       Deel van die totale kostekomponent wat NIE aan enige mikro-
                      onderneming toegewys is NIE:

                      A   Oorhoofse koste
                      B   Vaste koste
                      C   Produksiekoste
                      D   Veranderlike koste

          1.1.4       Geldwaarde van die landbouproduksie gedurende 'n rekenkundige
                      tydperk:

                      A   Bruto produksie
                      B   Bruto inkomste
                      C   Wins
                      D   Gelykbreekpunt

          1.1.5       Die bedryfsplan in 'n boerdery-besigheidsplan fokus ook op die …

                      A   aantal en tipe werknemers.
                      B   werwing van geskikte personeel.
                      C   opsomming van die onderneming se details.
                      D   moniteer van prestasie en verseker van kwaliteitsbeheer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Landboubestuurspraktyke                       4                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

          1.1.6      Identifiseer die stelling in die SSGB('SWOT')-ontleding wat as 'n
                     sterk punt vir die boerderyonderneming beskou word:

                     A    Verbruikers het nie maklike toegang tot die mark nie
                     B    Hoë aanvraag na 'n produk
                     C    Baie produsente verkoop die produk
                     D    Produksie van hoëgehalteprodukte

          1.1.7      Op 'n boer se kontrolelys vir finansiële rekordhouding moet die
                     Inkomstestaat op 'n … basis met die jaar-tot-datum-begroting
                     vergelyk word.

                     A    jaarlikse
                     B    maandelikse
                     C    weeklikse
                     D    daaglikse

          1.1.8      Om die likiditeit van 'n plaas te bepaal, word die verskil tussen die
                     … bereken.

                     A    bates en laste
                     B    inkomste en uitgawe
                     C    wins en verlies
                     D    lening en maandelikse betalings

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Landboubestuurspraktyke                       5                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

          1.1.9      Watter EEN van die illustrasies hieronder toon sekondêre
                     omskakeling gedurende produkprosessering?

                     A

                     B

                     C

                     D

          1.1.10     Die hoofrede vir die verkoeling van landbouprodukte gedurende
                     verspreiding na verskillende bemarkingsafsetpunte is om …

                     A    die massa vir makliker vervoer te verminder.
                     B    die volume vir makliker vervoer te verminder.
                     C    die smaak vir verbruikers te verbeter.
                     D    bederf te voorkom.                                      (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Landboubestuurspraktyke                          6                           DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in
          die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
          KOLOM B slegs EEN keer.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
          1.2.1      Kampe                       A     'n droom vir toekomstige doelwitte
                                                       van die onderneming met die fokus
          1.2.2      Tekstuur                          op energie en hulpbronne

          1.2.3      Hommeltuig                  B     bewys wat 'n boer ontvang wanneer
                                                       geld gebank word
          1.2.4      Wet op Verbruikers-
                     beskerming, 2008            C     bevorder 'n billike, toeganklike en
                     (Wet 68 van 2008)                 volhoubare markplek

          1.2.5      Visie                       D     metode om voedselprodukte te oes

          1.2.6      Bemarking                   E     die verkoop van 'n produk teen 'n
                                                       hoër prys ver weg van die plaas af
          1.2.7      Depositostrokie
                                                 F     omheinde areas wat gebruik word vir
          1.2.8      Blansjering                       effektiewe benutting deur vee wat wei

          1.2.9      Met die hand pluk           G     verhoging van die rentekoers op
                                                       geleende geld
          1.2.10 Finansiële risiko
                                                 H     die proses van beplanning,
                                                       produksie, prysbepaling, bemarking
                                                       en verspreiding van goedere en
                                                       dienste

                                                 I     lys van al die bates op 'n plaas

                                                 J     gebruik in groentebewerking om
                                                       ensiemaksie te keer

                                                 K     'n eienskap van grond wat permanent
                                                       is en nie verander kan word nie

                                                 L     'n toestel wat boere in staat stel om
                                                       inligting te bekom wat in
                                                       presisieboerdery en veebestuur
                                                       gebruik word
                                                                                       (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Landboubestuurspraktyke                      7                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.3      Gee die KORREKTE landboukundige term(e) vir elk van die volgende
          beskrywings. Skryf slegs die term(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5)
          in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.

          1.3.1      'n Term wat deur bestuur gebruik word wat verwys na die produksie-
                     uitset van die arbeidsmag in 'n spesifieke periode

          1.3.2      Wanneer die totale waarde van 'n boerderyonderneming se
                     Inkomstestaat negatief is

          1.3.3      Die proses om inligting oor verbruikers se behoeftes en voorkeure
                     in te samel

          1.3.4      'n Brondokument wat aandui wat 'n koper die verkoper moet betaal
                     volgens die verkoper se betalingsvoorwaardes

          1.3.5      'n Kenmerk van hierdie preserveringsmetode is die vorming van
                     yskristalle wat tot weefselbeskadiging kan lei         (5 x 1)             (5)

 1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die volgende stellings
          WAAR te maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5)
          in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.

          1.4.1      Veldverbetering is 'n bydraende faktor tot gronddegradasie.

          1.4.2      'n Reënmeter meet daaglikse temperatuur in 'n kweekhuis.

          1.4.3      'n Bemarkingsplan is 'n instrument wat 'n boer help om die besigheid
                     vir toekomstige vooruitsigte te evalueer.

          1.4.4      Fisiese arbeid verwys na besluitneming en bestuursinisiatiewe by
                     boerderyaktiwiteite.

          1.4.5      Werkers wat landbouprodukte hanteer, moet 'n goeie begrip van
                     gradering hê om kontaminasie te voorkom.               (5 x 1)             (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Landboubestuurspraktyke                      8                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 2.1      Bestudeer die faktore hieronder wat die vermoë van grond beperk om voedsel
          te produseer.

                      A                          B                         C

          2.1.1      Identifiseer die faktore wat die vermoë van grond beperk om voedsel
                     te produseer in elk van die volgende sinne. Skryf die letters
                     (A–C) langs die vraagnommers (2.1.1(a) en 2.1.1(b)) neer.

                     (a)   Dien as 'n groeimedium en 'n bron van plantvoedingstowwe             (1)

                     (b)   Los plantvoedingstowwe in die grond op vir absorpsie deur
                           plantwortels                                                         (1)

          2.1.2      Noem die prosesse by plantegroei waarop FAKTOR C 'n invloed het.           (3)

 2.2      Bespreek die gevolge van fotoperiode (dagliglengte) op gewas- en
          diereproduksie.                                                                       (4)

 2.3      Drie tipes kapitaal word in landbou gebruik, soos hieronder beskryf.

             TIPE
                                            BESKRYWING
           KAPITAAL
               A    Items wat nie van een plek na 'n ander verskuif kan word nie
               B    Items wat in 'n periode van minder as 'n jaar verbruik word
               C    Items wat van een plek na 'n ander verskuif kan word

          2.3.1      Identifiseer ELKE tipe kapitaal wat deur A, B en C onderskeidelik
                     aangedui word.                                                             (3)

          2.3.2      Noem die probleme wat met kapitaal as 'n hulpbron geassosieer
                     word.                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Landboubestuurspraktyke                       9                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.4      Die prente hieronder toon goeie en swak veldbestuur.

                           A                             B

          2.4.1      Lei TWEE moontlike weidingspraktyke af wat tot die resultaat getoon
                     in PRENT B, aanleiding gegee het.                                         (2)

          2.4.2      Verduidelik die effek van die volgende faktore op produksie wanneer
                     daar na veldgebruik vir weiding verwys word:

                     (a)   Smaaklikheid                                                        (2)

                     (b)   Topografie                                                          (2)

                     (c)   Erosie                                                              (2)

 2.5      Onderskei tussen gronddegradasie en grondbesoedeling met gebruik van
          toepaslike voorbeelde.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Landboubestuurspraktyke                     10                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 2.6      Die tabel hieronder dui verskillende boerderymetodes aan.

            OORSIG VAN
                                  PLAAS A                 PLAAS B           PLAAS C
               PLAAS
           Grootte van             2 500 ha                 2 ha              100 ha
           grond:
           Voorsiening         Diere is slegs             Verskaf         Verskaf voer en
           van voer:           van natuurlike           kommersiële      laat diere toe om
                              weiveld afhanklik            voer            op natuurlike
                                                                           weiveld te wei
           Geboue:                  Geen                 Omgewings-          Opgerigte
                                                          beheerde        geboue vir vee
                                                        geboue vir vee
           Toerusting:           Het nie duur              Benodig           Benodig
                               toerusting nodig          waterbakke,       waterbakke,
                                     nie                voerbakke en      voerbakke en
                                                          ventilators       ventilators

          2.6.1      Identifiseer boerderymetode A, B en C soos in die tabel hierbo
                     getoon.                                                                      (3)

          2.6.2      Beskryf die besorgdheid rakende die omgewing met betrekking tot
                     die boerderymetode wat op PLAAS B gebruik word.                              (4)

          2.6.3      Noem die voordele van die boerderymetode wat op PLAAS A
                     gebruik word.                                                                (2)

 2.7      Plaaswerkers se swak gesondheid kan 'n boerderyonderneming negatief
          beïnvloed. Klassifiseer die gevolg van die werkers se swak gesondheid in die
          voorbeelde hieronder as indirek of direk.

          Voorbeelde van plaaswerkers se swak gesondheid in 'n boerderyonderneming:

          2.7.1      Afwesighede by 'n besigheid wat noodsaaklike dienste aan die plaas
                     lewer                                                                        (1)

          2.7.2      Afwesigheid van 'n plaaswerker weens siekte                                  (1)

          2.7.3      Afwesigheid van 'n plaaswerker weens siekte van 'n familielid                (1)

          2.7.4      Afwesighede by 'n maatskappy wat infrastruktuur aan die plaas
                     voorsien                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Landboubestuurspraktyke                     11                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 2.8      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

          Misdaad in Suid-Afrika bedreig die toerismesektor. Toeriste staan die gevaar
          om ontvoer, aangerand of beroof te word. Sommige plase het hulle
          infrastruktuur verbeter en waarnemingstoerusting in hoërisiko-areas
          geïnstalleer. Boere het begin om inwonerpatrollering te gebruik om
          vreemdelinge weg te hou. Agritoerisme kan slegs suksesvol wees indien
          toeriste veilig voel terwyl hulle ons land besoek.

          2.8.1      Identifiseer, in die scenario hierbo, DRIE metodes wat gebruik kan
                     word om die veiligheid van toeriste te verseker.                             (3)

          2.8.2      Beskryf hoe misdaad die agritoerismesektor in Suid-Afrika kan
                     affekteer.                                                                   (4)

          2.8.3      Kies, uit die lys hieronder, die tipe toeriste verteenwoordig deur die
                     prente. Skryf SLEGS die tipe toeris langs die letters (A–C) neer. Elke
                     tipe mag slegs EEN KEER gebruik word.

                          produkroetetoeris; opvoedkundige toeris; kulturele toeris;
                                               avontuurtoeris
                                             A

                                             B

                                             C

                                                                                                  (3)
                                                                                                  [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Landboubestuurspraktyke                     12                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP,                          BEMARKING,
          PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 3.1      Doelwitte en doelstellings is 'n afdeling van die sakeplan wat produksie- en
          finansiële doelwitte spesifiek tot die besigheid bevat. Die doelwitte moet
          voldoen aan die 'SMART'-beginsels om besigheiddoelstellings vas te stel.

          3.1.1      Dui aan wat die letters van die 'SMART'-akroniem verteenwoordig.           (5)

          3.1.2      Verduidelik waarom 'n doel soos verhoog verkope as 'n vae doel
                     beskou word.                                                               (2)

 3.2      Definieer die term entrepreneur.                                                      (2)

 3.3      Besighede en besigheidsgeleenthede in landbou kan in verskillende sektore
          verdeel word.

          Voorbeelde van die verskillende sektore:

          •   Versekeringsmaatskappy
          •   Bosbou
          •   Agritoerisme
          •   Implementverskaffers
          •   Suikerrietboere
          •   Droëvrugte-produksie

          Noem die landbousektor en gee EEN voorbeeld uit die lys hierbo wat met die
          beskrywings in VRAAG 3.3.1 en VRAAG 3.3.2 hieronder ooreenstem.

          3.3.1       Verskaffing van goedere en dienste                                        (2)

          3.3.2      Voeg waarde by landbouprodukte om 'n bemarkbare produk te
                     verskaf                                                                    (2)

 3.4      Analiseer krities hoe die konsep diversifikasie tot besigheidsoorlewing bydra.        (4)

 3.5      Nismarkte is markte waar die boer 'n landbouproduk produseer wat vir 'n
          bepaalde marksegment bedoel is.

          3.5.1      Noem TWEE maniere waarop 'n boer 'n nismarkonderneming meer
                     winsgewend kan maak.                                                       (2)

          3.5.2      Onderskei tussen nismarkbemarking en massabemarking. Kopieer
                     die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK en voltooi dit.

                           NISMARKBEMARKING                MASSABEMARKING

                                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Landboubestuurspraktyke                     13                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 3.6      Die volgende is verskillende beskrywings van die verskillende tipes kompetisie
          wat in die landboubesigheidsektor bestaan:

          •   Besighede wat 'n alternatiewe produk of vervangingsproduk aanbied wat
              klante in plaas van joune kan gebruik
          •   Besighede wat dieselfde produkte met 'n ander doel as joune gebruik
          •   Besighede wat dieselfde produk of diens as joune in dieselfde mark aanbied
          •   Besighede wat nie tans in jou mark is nie, maar wat oor die vermoë beskik
              om tot die mark toe te tree

          Kies die beskrywing uit die lys hierbo wat die BESTE pas by die tipe kompetisie
          wat hieronder aangedui is.

          3.6.1      Direkte kompetisie                                                          (1)

          3.6.2      Indirekte kompetisie                                                        (1)

 3.7      Die tabel hieronder dui die getal sakke van 'n landbouproduk aan wat per week
          teen verskillende pryse verkoop is.

              PRYS PER      AANTAL SAKKE         INKOMSTE        KOSTE
                SAK           PER WEEK              (R)           (R)
                 (R)          VERKOOP
                     8,00       3 000                   24 000      2 800
                     9,00       2 500                   22 500      2 800
                    10,00       2 000                   20 000      2 800
                    11,00       1 500                   16 500      2 800
                    12,00        800                     9 600      2 800
                    13,00        335                     4 355      2 800

          3.7.1      Lei, uit die tabel hierbo, 'n faktor af wat die vraag na die
                     landbouproduk sal beïnvloed.                                                (1)

          3.7.2      Noem die invloed van die faktor wat in VRAAG 3.7.1 afgelei is oor
                     die vraag na die landbouproduk.                                             (1)

          3.7.3      Verduidelik hoe die stygende prys van die produk die wins van die
                     onderneming affekteer, gebaseer op die inligting wat in die tabel
                     hierbo verskaf is.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Landboubestuurspraktyke                     14                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 3.8      Die verkoopsprys van 'n produk is R3 000 per ton, die vaste koste is R4 800
          per hektaar en die veranderlike koste is R2 050 per hektaar.

          3.8.1      Bereken die gelykbreekpunt (GBP).

                                                   Vaste koste
                                    GBP =
                                            Prys − Veranderlike koste/                             (2)

          3.8.2      Beskryf wat die resultaat/gevolg vir die besigheid se wins of verlies
                     sal wees indien die opbrengs 7 ton/ha is en wanneer die opbrengs
                     4 ton/ha is.                                                                  (2)

 3.9      Die volgende is kanale van vrye bemarking:

          •   Internetbemarking
          •   Vendusieverkope
          •   Plaashekbemarking
          •   Varsproduktemark
          •   Kontrakbemarking

          Pas die kanale van vrye bemarking hierbo by die beskrywings hieronder.

          3.9.1      'n Ooreenkoms of reëling om direk aan 'n groothandelaar te verkoop            (1)

          3.9.2      Bokke, skape en beeste word aan die hoogste bieër verkoop                     (1)

          3.9.3      Goedere word aanlyn geadverteer en verkoop                                    (1)

 3.10     Beskryf hoe samewerking tussen boere en produkorganisasies boere kan
          bevoordeel.                                                                              (2)

 3.11     Noem die bestuursrol wat met die volgende scenario's verband hou:

          3.11.1     Die toeken van 'n bonus vir die bereiking van 'n produksieteiken              (1)

          3.11.2     Ontwikkel 'n sakeplan vir 'n nuwe onderneming                                 (1)

          3.11.3     Groepeer plaaswerkers        in    werkspanne   volgens     spesifieke
                     vaardighede                                                                   (1)

          3.11.4     Die aanteken van personeelverlof in die verlofregister                        (1)

 3.12     Verduidelik waarom daar na beplanning as 'n dinamiese proses verwys word.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Landboubestuurspraktyke                         15                                 DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 3.13     Die dokument hieronder toon 'n gedeelte van 'n kontrak tussen 'n boer en 'n
          plaaswerker.

                                KONTRAK VAN INDIENSNEMING
                     1. Besonderhede van werkgewer:
                        1.1 Naam:                  XXX XXXXXX
                        1.2 ID:                    …1187
                     2. Besonderhede van werknemer:
                        2.1 Naam:                  ZZZ ZZZZZZ
                        2.2 ID:                    ...6078
                     3. Postitel:                  Masjienoperateur
                     4. Betalingsbesonderhede:
                        4.1 Metode van betaling: Maandelikse EFO
                        4.2 Bedrag:                R4 500,00
                     5. Voorwaardes van indiensneming:
                        5.1 Duur van kontrak:      2 Jan 2025 tot bedanking/aftrede
                        5.2 Werksure:              08:00 tot 16:00
                        5.3 Verlof:                Vyftien dae betaalde verlof per jaar
                     6. Beskermende klere:         Geen

                          Werknemerhandtekening:                              02/01/2025
                          Werkgewerhandtekening:                              02/01/2025

          3.13.1 Beskryf die term kontrak van indiensneming.                                               (2)

          3.13.2 Lei, uit die dokument hierbo, die tipe plaaswerker af wat die kontrak
                 moes teken, gebaseer op die voorwaardes van indiensneming. Gee 'n
                 rede vir jou antwoord.                                                                    (2)

          3.13.3 Noem TWEE maniere waarop die boer die ekonomiese toestande van
                 plaaswerkers kan verbeter.                                                                (2)
                                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Landboubestuurspraktyke                      16                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4:      FINANSIËLE  BEPLANNING,     REKORDHOUDING,                              OES,
               WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 4.1      TIPES PLAASWERKERS

                     seisoenale werker; voltydse werker; geleentheidswerker;
                                finansiële werker; deeltydse werker

          Identifiseer, in die lys hierbo, die tipe werker wat 'n boer in diens sal neem om
          die werk hieronder genoem, te doen. Elke tipe werker kan slegs EEN KEER
          gebruik word.

          4.1.1       Melk koeie elke oggend en elke aand                                          (1)

          4.1.2       Bou 'n skuur vir die behuising van koeie                                     (1)

          4.1.3       Werker wat benodig word om die koeie te melk wanneer die melker
                      (werker wat koeie melk) met siekverlof is                                    (1)

          4.1.4       Werker kom vir twee maande elke jaar op die plaas werk gedurende
                      die skeerseisoen of vir die snoei van bome                                   (1)

 4.2      Die Freshness Groentewinkel koop een honderd koolkoppe by Boer Z vir R7,00
          per koolkop. Die winkel betaal die boer kontant vir die koolkoppe.

          4.2.1       Voltooi die kwitansie hieronder vir die transaksie hierbo. Skryf slegs
                      die vraagnommers (4.2.1(a) tot 4.2.1(c)) en die ontbrekende
                      inligting in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          BOERDERYONDERNEMING
                                                                      KWITANSIE
                             Ontvang van:                     (a)

                           die bedrag van:                    (b)

                                      vir:                    (c)

                          Boer Z
                                                                                                   (4)

          4.2.2       Noem die nadele van 'n kontantbetaling.                                      (3)

          4.2.3       Noem 'n beter vorm van betaling, behalwe kontantbetaling, en gee
                      die voordeel daarvan.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Landboubestuurspraktyke                     17                       DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.3      Verduidelik die doel van 'n gedeeltelike begroting.                                (2)

 4.4      Onderskei tussen vaste koste en veranderlike koste.                                (4)

 4.5      Bespreek kortliks die invloed van arbeidsbeplanning            op   werker-
          doeltreffendheid, gebaseer op die volgende aspekte:

          4.5.1      Beplanning van die produksieproses                                      (2)

          4.5.2      Fisiese beplanning van die plaaseenhede                                 (2)

          4.5.3      Daaglikse beplanning                                                    (2)

 4.6      Noem die hoofaspekte van beplanning wat 'n boer in ag moet neem voordat 'n
          gewas geoes word.                                                                  (2)

 4.7      Noem faktore wat tydens die hantering van produkte bestuur moet word om te
          verseker dat die verbruiker hoëgehalte-produkte ontvang.                           (2)

 4.8      Noem die sigbare eienskappe wat by die gradering en sortering van vrugte en
          groente gebruik word.                                                              (4)

 4.9      Beskryf die voordele van die stoor van graan op die plaas in vergelyking met
          die direkte bemarking van graan aan die verbruiker ná die oes.                     (2)

 4.10     Noem die faktore wat boere in ag moet neem wanneer marknavorsing gedoen
          word voordat 'n waardetoevoegingsonderneming vir 'n produk begin word.             (3)

 4.11     Beskryf die voordele van beroking as 'n voedsel(produk)-preserveringsmetode.       (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Landboubestuurspraktyke                     18                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.12     Die prente hieronder toon verskillende tipes produkte en verpakking.

                                B
                                                                    D
          A                                             C

          4.12.1     Klassifiseer die produkte wat hierbo getoon word volgens hulle tipe
                     verpakking. Kopieer en voltooi die tabel hieronder deur die letter
                     (A, B, C of D) onder die toepaslike opskrif te skryf. Elke letter kan
                     slegs EEN KEER gebruik word.

                                       TIPES VERPAKKING
                              STEWIGE     SEMI-SOLIEDE   BUIGBARE
                            VERPAKKING    VERPAKKING    VERPAKKING

                                                                                             (3)

          4.12.2     Identifiseer in PRENTE A–D hierbo 'n produk wat gepreserveer is.
                     Motiveer jou antwoord.                                                  (2)

          4.12.3     Identifiseer in PRENTE A–D hierbo 'n produk wat die mees
                     bederfbaar is. Gee 'n rede vir jou antwoord.                            (2)

 4.13     Noem aspekte wat oorweeg moet word wanneer daar op verpakkingsmateriaal
          vir 'n produk besluit word.                                                        (3)
                                                                                             [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          150
                                                                     GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Agricultural Management Practices · Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Agricultural Management Practices · Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-afr/4a1fb963-89fc-4a18-b6e5-af1177b7a758) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-eng/d4df61bf-10a1-4670-a4f9-997b06c5716b) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-eng/eee601b6-6800-4882-b0eb-bf1b28026bcb) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-afr/a9cf52ae-71e8-488a-ad7a-4b9c73373447) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/1b9dfe84-54c1-45e3-8b14-e329e7f68696) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/31b55cf9-0a33-4da2-a4c4-5e0b218df29d) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
