# Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/af2f602c-92ed-4062-b93b-b2d4960e5b83
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/af2f602c-92ed-4062-b93b-b2d4960e5b83)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUTEGNOLOGIE

                               MEI/JUNIE 2024

                                                                   PUNTE: 200

                                                                     TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landboutegnologie                              2                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Toon ALLE berekeninge.

         1.7         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer die vrae beantwoord word.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Landboutegnologie                             3                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die stroomsterkte van 'n elektriese heining mag nooit hoër as
                     ... ampère wees nie.

                     A   0,2
                     B   20
                     C   0,005
                     D   0,002

         1.1.2       Wanneer daar met veselglas            gewerk      word,     word     die
                     verhardingsmiddel die ... genoem.

                     A   katalisator
                     B   hars
                     C   gom
                     D   epoksi

         1.1.3       Identifiseer EEN van die volgende eienskappe wat die beste by die
                     transmissie-olie wat in 'n trekker se hidrouliese stelsel gebruik
                     word, pas:

                     A   Vlugtig
                     B   Saampersbaar
                     C   Duur
                     D   Bly vloeibaar oor 'n wye temperatuurspeling

         1.1.4       Die tande van hierdie soort rat loop teen 'n skuinshoek in albei
                     rigtings en kan nie van die kant af ingekam word nie:

                     A   Reguittandrat
                     B   Heliese rat
                     C   Dubbele heliese rat
                     D   Tussenrat

         1.1.5       Noem EEN nadeel van V-bande:

                     A   Gly maklik van katrolle af
                     B   Maklik om te las
                     C   Baie gevaarliker as plat bande
                     D   Onderhewig aan strekking

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Landboutegnologie                             4                              DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

         1.1.6       'n ... dui die gasdruk in die silinders van 'n oksiasetileenstel aan.

                     A   Ontladingsklep
                     B   Gekalibreerde glasbuis met 'n metaalbal binne-in
                     C   Drukmeter
                     D   Terugflitsindikator

         1.1.7       … is NIE een van die funksies van 'n GPS in 'n moderne stroper
                     NIE.

                     A   Opbrengsmonitering
                     B   Onafhanklike stuur
                     C   Opsporing van meganiese probleme
                     D   Posisiebepaling van die stroper

         1.1.8       'n Fotovoltaïese paneel gebruik die … in die sonstrale om
                     elektriese energie op te wek.

                     A   fotone
                     B   X-strale
                     C   ultraviolet strale
                     D   hitte

         1.1.9       'n Voorbeeld van vaste uitgawes op 'n trekker:

                     A   Brandstof
                     B   Arbeid
                     C   Depresiasie
                     D   Herstelwerk

         1.1.10      'n Songeiserstelsel konsentreer die hitte vanaf die son op die ... om
                     water warm te maak.

                     A   glasbuise
                     B   litiumselle
                     C   plasmafilament
                     D   fotonoppervlak                                              (10 x 2)       (20)   20242

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Landboutegnologie                            5                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

1.2      Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende om die stellings WAAR
         te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1       Brons is 'n metaalallooi wat van koper en gietyster gemaak word.

         1.2.2       Die bande van 'n trekker kan met helium gevul word om die
                     massaverplasing van 'n trekker positief te verander.

         1.2.3       Gedurende oorhoofse gassweising help die krag van die boog om
                     die gesmelte metaal in posisie te hou.

         1.2.4       Die smeltpunt van Vesconite is 327 °C en dit word as 'n deklaag in
                     bakpanne gebruik.

         1.2.5       Chroom word as 'n allooi-element in vlekvrye staal gebruik en dit
                     help om staal 'n redelike hoeveelheid taaiheid teen lae temperature
                     te gee.                                                      (5 x 2)            (10)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
         1.3.1       Kapitaal gebruik om                  A   beweeglike kapitaal
                     kontrakteurs vir werk en
                     herstelwerk wat op 'n plaas          B   termiese beelde
                     gedoen is, te betaal
                                                          C   mikrobesproeiing
         1.3.2       Tipe kapitaal gebruik om krale
                     op 'n plaas te verbeter en om        D   vaste kapitaal
                     boorgate te sink
                                                          E   ewenaarslot
         1.3.3       Word gebruik om ondergroei-
                     areas in 'n mielieland te bepaal     F   lopende uitgawes

         1.3.4       Word gebruik om beide wiele          G   bedryfskapitaal
                     op 'n as te sluit soos op 'n
                     gemeenskaplike as                    H   kruiskoppeling

         1.3.5       Water word direk na die              I   oorhoofse besproeiing
                     wortels van plante gelewer
                                                                                       (5 x 2)       (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Landboutegnologie                           6                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prent hieronder toon 'n vlekvryestaal-melktenk wat gebruik word om vars
         melk in die melkstal te stoor.

         2.1.1       Verduidelik waarom chroom 'n geskikte allooi vir die vervaardiging
                     van melktenks is.                                                         (3)

         2.1.2       Watter allooi-element, behalwe chroom, kan by vlekvrye staal
                     gevoeg word om weerstand teen lug, water en baie sure en alkalië
                     te verseker?                                                              (1)

2.2      'n Waterpypstelsel moet in 'n melkstal geïnstalleer word om skoon lopende
         water te verseker.

         2.2.1       Gee 'n rede waarom koper nie 'n geskikte materiaal vir die
                     vervaardiging van pyptoebehore is nie.                                    (1)

         2.2.2       Noem die allooi-element wat saam met koper gebruik word om
                     duursame geelkoperpyptoebehore te vorm.                                   (1)

         2.2.3       Noem DRIE eienskappe van geelkoper.                                       (3)

2.3      Maak 'n lys van DRIE algemene gebruike van tin.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Landboutegnologie                           7                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

2.4      Die prent hieronder toon 'n onderdeel wat met 'n kleefmiddel herstel moet
         word.

         2.4.1       Noem TWEE belangrike aspekte wat in ag geneem moet word
                     wanneer 'n spesifieke kleefmiddel vir 'n hersteltaak gekies word.         (2)

         2.4.2       Bespreek hittebestandheid as 'n eienskap van 'n kleefmiddel.              (2)

         2.4.3       Verduidelik die verskil tussen die duur van bruikbaarheid en die
                     bindingsduur van kleefmiddels.                                            (2)

2.5      Die prent hieronder toon 'n veselglaskano.

         2.5.1       Noem VIER kenmerke van veselglas wat dit 'n geskikte materiaal
                     vir die vervaardiging van klein bootjies maak.                            (4)

         2.5.2       Noem VIER voorkomingsmaatreëls wat deur die persoon wat met
                     veselglas werk, geneem moet word.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Landboutegnologie                             8                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

2.6      Die tabel hieronder toon 'n paar tipes materiaal wat op plase gebruik word.
         Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.3) in die
         ANTWOORDEBOEK.

              MATERIAAL                    BESKRYWING                  GEBRUIKE
                                          Gespesialiseerde                Busse
                                      termoplastiek vervaardig           Wassers
                 2.6.1 … (1)
                                       van interne gesmeerde             Slytplate
                                              polimere                  Sluitpenne
                                         'n Plastiek met die
                                                                       2.6.2 …
                     Teflon                    laagste
                                                                   (TWEE gebruike) (2)
                                         wrywingskoëffisiënt
                                                                       Gereedskap
                     Brons                  2.6.3 … (2)                 Wapens
                                                                         Klokke                   (5)

2.7      Die illustrasie hieronder toon 'n elektriese heining wat op 'n plaas gebruik
         word om weiding te bestuur.

         2.7.1         Noem deel A.                                                               (1)

         2.7.2         Identifiseer die toestel wat in die illustrasie getoon word wat die
                       elektrisiteit vir die elektriese heining verskaf.                          (1)

         2.7.3         Noem die funksie van deel B.                                               (1)

         2.7.4         Noem die materiaal waarvan deel B vervaardig word.                         (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Landboutegnologie                            9                              DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1      Alternatiewe energiestelsels soos die een wat hieronder getoon word, speel 'n
         groot rol in elektrisiteitverskaffing op plase.

         3.1.1       Noem TWEE gevalle waar 'n klein windturbine op 'n plaas kan
                     nuttig wees.                                                                   (2)
         3.1.2       Noem TWEE nadele van windturbines.                                             (2)
         3.1.3       Beskryf die belangrikheid van 'n groter lemoppervlakte van 'n
                     windturbine met betrekking tot die opwekking van elektriese
                     energie.                                                                       (2)
         3.1.4       Noem die toestel wat in die kop van die windturbine geïnstalleer
                     word om wringkrag te verminder en insetspoed van die as na die
                     opwekker te verhoog.                                                           (1)
3.2      Die prent hieronder toon 'n alternatiewe energiestelsel.

         3.2.1       Identifiseer die tipe alternatiewe energiestelsel in die prent hierbo.         (1)
         3.2.2       Noem 'n geskikte materiaal vir die deklaag op die panele en noem
                     EEN eienskap van hierdie deklaag.                                              (2)
         3.2.3       Batterye kan met gebruik van die stelsel hierbo gelaai word. Wat
                     kan in die stelsel geïnstalleer word om die oorlading van die
                     batterye te voorkom?                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Landboutegnologie                        10                           DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS Vertroulik

3.3      Bestudeer die tabel hieronder en herrangskik die werksbeginsels van 'n
         geotermiese kragstasie in die korrekte volgorde, bv. 9, 7, 10, 8, 6.

          STAPPE                     OPWEKKINGSVOLGORDE
             1          'n Kondensator koel die stoom af en water word gevorm
             2                  Ondergrondse hittebron verhit die water
                      Opgewekte elektriese energie word na die nasionale netwerk
              3
                                                gestuur
              4                Koue water word in die boorgat ingepomp
              5       Stoom word na 'n turbine- en kragopwekkereenheid oorgedra              (5)

3.4      Beskryf die term biobrandstof en gee EEN voorbeeld van so 'n brandstof.             (4)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Landboutegnologie                          11                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prent hieronder toon 'n onderdeel van die MIG-sweisapparaat.

         4.1.1       Identifiseer die onderdeel van die MIG-sweisapparaat wat deur die
                     sweisoperateur gebruik word om die elektriese lading na die
                     werkstuk te aktiveer wat die vuldraad smelt.                               (1)

         4.1.2       Beskryf die MIG-sweisproses.                                               (5)

         4.1.3       Noem die samestelling van die MIG-sweising-afskermgas.                     (3)

         4.1.4       Noem VIER probleme tydens sweiswerk wat sal verhoed dat die
                     sweisdraad deur die sweispistool gevoer word.                              (4)

         4.1.5       Identifiseer die sweisdefek wat deur A in die illustrasie hieronder
                     aangedui word en noem TWEE moontlike oorsake.

                                                                                                (3)

4.2      Beskryf die prosedure wat gevolg moet word wanneer gegalvaniseerde
         metaal vir die sweisproses voorberei word.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Landboutegnologie                         12                            DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

4.3      Teken 'n skets met byskrifte van 'n horisontaal-vierkantige stuiksweislas. Dui
         die hoek van die sweiselektrode en die beweegrigting aan.
         Punte sal vir die volgende toegeken word:

                     Ontwerp                                   1
                     Hoek van elektrode                        1
                     Beweegrigting                             1
                     Netheid                                   1
                     Byskrifte                                 1                               (5)
4.4      Die sweisvlak verander gedurig soos wat die sweiser 'n las op 'n pyp sweis.
         Noem DRIE pypsweisposisies.                                                           (3)
4.5      Die prent hieronder toon 'n tipe oksiasetileen-apparaat.

          4.5.1      Watter metale moet NIE met die toestel hierbo gesny word NIE?
                     Motiveer die antwoord.                                                    (2)
          4.5.2      Wat gebeur wanneer die brander tydens die sny van 'n dik
                     metaalplaat te vinnig beweeg word?                                        (3)
4.6      Die prent hieronder toon 'n plasmasny-spuitstuk.

          4.6.1      Noem die materiaal wat gebruik word om die plasmasnyer-
                     spuitstukdoppie te vervaardig.                                            (1)
         4.6.2       Noem DRIE eienskappe van die materiaal wat in VRAAG 4.6.1
                     genoem is.                                                                (3)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Landboutegnologie                          13                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1      Die prente hieronder toon TWEE tipes grassnyers. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                              A                                      B

         5.1.1       Identifiseer die kragbronne van snyer A en van snyer B.                   (2)

         5.1.2       Noem TWEE instandhoudingstake wat op snyer B uitgevoer moet
                     word.                                                                     (2)

         5.1.3       Noem TWEE veiligheidswenke wanneer daar met grassnyers
                     gewerk word.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Landboutegnologie                            14                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

5.2      'n Hamermeul word gebruik om verskillende soorte dierevoer fyn te maal.

         5.2.1       Identifiseer die veiligheidsgevare wat in ELK van die prente
                     hieronder uitgebeeld word.

                                   A                                 B

                                   C                                 D

                                                                                               (4)

         5.2.2       Wanneer 'n hamermeul geïnstalleer word, moet dit op 'n gelyke
                     oppervlak gedoen word.

                     Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer die antwoord.                 (3)

         5.2.3       'n KAT('PTO')-dryfas kan 'n rotasiespoed van tot 2 800 r/min
                     (revolusies per minuut) bereik. Bepaal hoeveel revolusies per
                     sekonde sal plaasvind.                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Landboutegnologie                        15                             DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS Vertroulik

5.3      Pas ELKE toestel in die tabel hieronder by 'n gebruik. Skryf slegs die letter
         (A–E) langs die vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

                       TOESTEL                                 GEBRUIK
                         5.3.1

                                                  A. wielsluitmeganisme wat op
                                                  4x4-voertuie gebruik word

                         5.3.2

                                                  B. 'n toestel wat 'n dryfas help om
                                                  teen 'n hoek te werk

                         5.3.3

                                                  C. verskaf tweerigting-krag

                         5.3.4

                                                  D. plaas dryfkrag vanaf die trekker
                                                  na die gesleepte implement oor

                         5.3.5

                                                  E. word gebruik om 'n sleepwa aan
                                                  'n trekker se sleepstang te haak

                                                                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Landboutegnologie                         16                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

5.4      Die baalmasjien in foto A maak ronde bale en die baalmasjien in foto B maak
         reghoekige bale.
                          A                                     B

         5.4.1       Skryf, in tabelvorm, TWEE voordele en TWEE nadele van ELKE
                     tipe baalmasjien neer.                                                 (8)
         5.4.2       Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om groot bale op
                     'n sleepwa te laai.                                                    (2)
         5.4.3       Sekere veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer bale na 'n
                     stoor vervoer word. Noem TWEE van hierdie veiligheidsmaatreëls.        (2)
5.5      Die driepuntmeganisme op 'n trekker word aan verskillende implemente
         gekoppel om 'n verskeidenheid primêre en sekondêre bewerkingstake te
         verrig.

         5.5.1       Noem die onderdeel wat die beweging van die opligarms moontlik
                     maak.                                                                  (1)
         5.5.2       Noem onderdeel A.                                                      (1)
         5.5.3       Verduidelik wat met die ploeg sal gebeur as die boonste stang,
                     gemerk B, nie gekoppel is wanneer die trekker vorentoe begin
                     beweeg nie.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Landboutegnologie                        17                         DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS Vertroulik

5.6      Enkel- en dubbelwerkende hidrouliese silinders word algemeen in
         plaasgereedskap vir 'n verskeidenheid doeleindes gebruik. Identifiseer die
         tipes hidrouliese silinders wat in die prente hieronder getoon word.

           5.6.1 Voertuigdomkrag      5.6.2 Laaigraaf    5.6.3 Hidrouliese pers

                                                                                           (3)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Landboutegnologie                          18                             DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1      Bestudeer die prent van 'n          spilpuntbesproeiingstelsel   hieronder    en
         beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1       Noem TWEE voordele             van   die   gebruik    van    hierdie
                     besproeiingstelsel.                                                        (2)

         6.1.2       Noem TWEE kommunikasietoestelle wat 'n boer kan gebruik om
                     die stelsel effektief te beheer.                                           (2)

         6.1.3       Noem TWEE wenke wat 'n boer in ag moet neem voordat die tipe
                     bemestingstof gekies word wat deur 'n spilpuntbesproeiingstelsel
                     toegedien word.                                                            (2)

6.2      Bestudeer die twee waterpompmetodes hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

                           A                                       B

         6.2.1       Wanneer sal 'n boer pomp A bo pomp B verkies?                              (3)

         6.2.2       Maak 'n lys van DRIE faktore om in ag te neem wanneer 'n nuwe
                     pomp vir 'n besproeiingsland gekies word.                                  (3)

         6.2.3       Gee DRIE redes waarom PVC-pype bo staalpype verkies word om
                     water aan 'n besproeiingstelsel te voorsien.                               (3)

         6.2.4       Die waterbron in prent A het 'n volume van 72 000 liter. Die pomp
                     het 'n pompkapasiteit van 120 ℓ/min. Bereken die tyd wat dit sal
                     neem om die waterbron leeg te pomp. Toon ALLE berekeninge.                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Landboutegnologie                         19                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

6.3      Noem TWEE tipes dreineringstelsels wat gebruik kan word om oortollige
         water rondom die geboue van 'n melkplaas te verwyder.                             (2)

6.4      Noem TWEE verskillende watersuiweringsmetodes wat gebruik kan word om
         brak water te suiwer.                                                             (2)

6.5      Bestudeer die prent van 'n huis se rioolwaterstelsel hieronder en beantwoord
         die vrae wat volg.

         6.5.1       Verduidelik die konstruksie en werking van die verspreidingsveld
                     wat aan die septiese tenk gekonnekteer is.                            (3)

         6.5.2       Gee TWEE redes waarom 'n verspreidingsveld NIE naby
                     drinkwater-installasies of boorgate gebou moet word NIE.              (2)

6.6      Noem TWEE gevalle waar VTT (veranderlike tempo tegnologie) in
         presisieboerdery gebruik kan word.                                                (2)
                                                                                           [30]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            160
                                                                 GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/3365189d-e03a-49db-801a-0b473132a0f4) — Agricultural Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Agricultural Technology · Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-afr/ccd38003-2303-4ac6-b6d8-0c07141d8a3f) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-eng/8efb3673-3f48-4d22-aad9-4af8efb3c7be) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-afr/7ffbeef7-3f87-4cff-a5d4-5a92f3861dd1) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-eng/3f54a9c3-3e0a-4cf0-a219-4664361b8bd4) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-mg-afr/49b9303d-33e4-4f5e-adbe-90dbadf7c5b7) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
