# Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/f45f941f-dd15-410f-97ae-f0ce8a673078
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/f45f941f-dd15-410f-97ae-f0ce8a673078)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          LANDBOUTEGNOLOGIE

                              NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landboutegnologie                             2                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

          1.1        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

          1.2        ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

          1.3        Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

          1.4        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

          1.5        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

          1.6        Toon ALLE berekeninge.

          1.7        Skryf netjies en leesbaar.

 2.       AFDELING A: KORTVRAE

          2.1        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

          2.2        Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

 3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

          3.1        Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

          3.2        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Landboutegnologie                             3                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A    2025

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       In 'n gevaarsituasie moet jy eers die potensiële gevaar identifiseer,
                      dan die risiko assesseer en laastens moet jy …

                      A    onverantwoordelik optree.
                      B    plat lê en vir hulp wag.
                      C    paniekerig raak.
                      D    veranderinge maak om die gevaar te elimineer of te beheer.

          1.1.2       Om 'n besering te voorkom wanneer daar met die kragaftak(KAT)-
                      as gewerk word, moet die operateur …

                      A    nooit die sensitiwiteitselement deaktiveer nie.
                      B    die kragaftakker stop voordat daar van die trekker afgeklim
                           word.
                      C    'n glykoppelaar gebruik om die kragaftak-as veilig te gebruik.
                      D    oor die kragaftak-as klim om toeskouers weg te hou.

          1.1.3       Die hoofstruktuur van die spilpuntbesproeiingstelsel bestaan uit
                      verskeie pypseksies, gewoonlik van … gemaak.

                      A    gegalvaniseerde staal
                      B    gietyster
                      C    aluminium
                      D    magnesium

          1.1.4       Watter EEN van die volgende is NIE 'n werksontwerp-gevaar
                      (ergonomies) NIE?

                      A    Die oplig van 'n trekkerband
                      B    Werk met hoë spanning
                      C    Die skuif van swaar werkswinkelmasjinerie
                      D    Herposisionering van I-balk-seksies

          1.1.5       Die …-klep moet eerste oopgemaak               word    wanneer      'n
                      oksiasetileenvlam aangesteek word.

                      A    suurstof
                      B    argon
                      C    asetileen
                      D    koolstofdioksied

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Landboutegnologie                              4                      DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

          1.1.6      Watter EEN van die volgende sal 'n positiewe invloed op 'n trekker
                     se ewewigspunt hê?

                     A    Vul die trekker se agterwiele met water.
                     B    Vergroot die drahoogte van die voorlaaigraaf.
                     C    Verhoog spoed wanneer daar om 'n draai gery word.
                     D    Verhoog die lading op die sleepwa.

          1.1.7      Werksplekstres, soos teistering, is 'n gesondheidsgevaar wat 'n …
                     siekte kan veroorsaak.

                     A    beroeps-
                     B    parasitiese
                     C    aansteeklike
                     D    genetiese

          1.1.8      Die drywende … van die rambaler draai voortdurend en voer die
                     hooi na die pakarms.

                     A    roller
                     B    awegaar
                     C    opraperwiel
                     D    vliegwiel

          1.1.9      'n Onkruiddoder het 'n mengverhouding van 5 mℓ onkruiddoder tot
                     1 ℓ water. Bepaal die hoeveelheid onkruiddoder wat by 20 ℓ water
                     gevoeg moet word:

                     A    50 mℓ
                     B    0,1 ℓ
                     C    100 ℓ
                     D    1ℓ

          1.1.10     Die agtergrondkleur van die veiligheidstekens wat op elektriese
                     heinings gevind word, moet … wees.

                     A    geel
                     B    swart
                     C    wit
                     D    rooi                                                  (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Landboutegnologie                             5                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.2      Verander die onderstreepte woord(e) in ELK van die volgende stellings om
          die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs
          die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
          bv. 1.2.6 Trekker.

          1.2.1      'n Reguleerder beheer die eenrigting-vloei van water in 'n
                     besproeiingstelsel.

          1.2.2      Sagte staal wat met magnesium bedek is, moet versigtig gesweis
                     word omdat dit giftige gasse afgee.

          1.2.3      Driefase-stroom bestaan uit 220–240 volt.

          1.2.4      Veranderliketempo-tegnologie word gebruik om ligging deur gebruik
                     van verskillende satelliete te bepaal.

          1.2.5      Die rotor van 'n windturbine is aan 'n hoofas gekoppel wat 'n motor
                     draai wat elektrisiteit opwek.                               (5 x 2)           (10)

 1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
          1.3.1      Word hoofsaaklik vir laers gebruik en A     biobrandstof
                     brand en swel nie op aste vas nie
                                                           B     Harry Ferguson
          1.3.2      'n Alternatiewe brandstof wat van
                     plantolie gemaak word                 C     ghries

          1.3.3      'n Permanente lagie wat op             D    hars
                     metaalheiningpale aangewend word
                     om korrosie te voorkom                 E    tin en lood

          1.3.4      Die ontwerper van die driepunt-        F    Vesconite
                     meganisme
                                                            G    etanol
          1.3.5      Laeviskositeit-vloeistowwe wat in 'n
                     sterk, buigbare vaste stof verander    H    petrol
                     kan word deur 'n verhardingsmiddel
                     by te voeg                             I    verf

                                                            J    Henry Ford
                                                                                        (5 x 2)     (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Landboutegnologie                           6                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 2.1     Bestudeer die prent van vlekvryestaalpype hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

         2.1.1       Noem DRIE allooi-elemente wat in vlekvrye staal gevind word en
                     noem EEN invloed van ELK.                                              (6)

         2.1.2       Watter van die volgende sweismasjiene, MIG of TIG, word verkies
                     wanneer vlekvrye staal gesweis word? Motiveer jou antwoord.            (3)

 2.2     'n Boer moet 'n geelkoperklok deur middel van sweissoldering herstel. Watter
         voorsorgmaatreëls moet hy/sy tref om krake en brosheid te voorkom?                 (2)

 2.3     Beskryf wat met die adhesie-eienskappe van 'n kleefmiddel bedoel word.             (2)

 2.4     Bespreek VIER fisiese gevare vir die menslike liggaam wanneer daar met
         veselglas gewerk word en noem 'n voorkomende maatreël om ELKE gevaar te
         voorkom.                                                                           (8)

 2.5     Maak 'n lys van DRIE stappe wat gedoen kan word om die aardingseffektiwiteit
         van 'n elektriese heining te verbeter.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Landboutegnologie                              7                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 2.6     Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
         uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
         (2.6.1 tot 2.6.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord/term mag slegs
         EEN keer gebruik word.

                     aardpen;   isolator; 10 kVA; oorvonking;     energiewekker;
                                       weerligafleier; kragbron

                          BESKRYWING                                  WOORD/TERM
          Vind plaas as daar 'n kraak in of 'n los konneksie op          2.6.1
          'n elektriese heining is
          Maksimum spanning toegelaat vir 'n elektriese                    2.6.2
          heining
          Die negatiewe pool van die energiewekker is aan                  2.6.3
          hierdie komponent gekoppel
          Voorkom skade aan die energiewekker as gevolg van                2.6.4
          weerligstrale
          Skakel batterykrag om na 'n hoëspanningspuls om                  2.6.5
          Voorkom dat die drade van die elektriese heining aan             2.6.6
          die heiningpale raak                                                                  (6)

 2.7     Identifiseer die komponente van 'n elektriese heining in die diagram hieronder.
         Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.7.6 Sonkrag.

                                                                                                (5)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Landboutegnologie                              8                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 3: ENERGIE

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 3.1      Bestudeer die prent van 'n windturbine hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

          3.1.1      Noem die funksie van ELK van die volgende windturbine-onderdele,
                     soos aangedui deur die byskrifte in die prent hierbo:

                     (a)    Rotorlem                                                           (1)

                     (b)    Toring                                                             (1)

                     (c)    Ratkas                                                             (1)

                     (d)    Kragopwekker                                                       (1)

          3.1.2      Beskryf hoe hierdie stelsel elektrisiteit opwek.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Landboutegnologie                           9                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 3.2      Geotermiese energie is een van die mees onderbenutte hernubare
          energiebronne op Aarde. Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die
          vrae wat volg.

                               GEOTERMIESE KRAGAANLEG

          3.2.1      Noem VYF voordele van geotermiese energie.                                 (5)

          3.2.2      Noem EEN geval waar die gebruik van geotermiese energie die
                     omgewing kan besoedel.                                                     (1)

          3.2.3      Noem die gevolg indien te veel koue water in die geotermiese
                     hittebron ingepomp word.                                                   (1)

 3.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          3.3.1      Noem TWEE produkte wat in die vervaardiging van etanol gebruik
                     word.                                                                      (2)

          3.3.2      Identifiseer die prosesse, deur A en B aangedui, wanneer etanol
                     vervaardig word.                                                           (2)

 3.4      Noem TWEE plante wat gebruik word om biodiesel te vervaardig.                         (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Landboutegnologie                            10                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 4.1      Die prent hieronder toon 'n oksiasetileen-sweisapparaat.

          4.1.1      Noem die tipe materiaal wat gebruik is om die snyspuitstuk, aangedui
                     deur pyltjie A in die prent hierbo, te maak.                               (1)

          4.1.2      Maak VIER voorstelle om hoëkwaliteit-sweislasse te verseker
                     wanneer oksiasetileensweis in die oorhoofse sweisposisie gedoen
                     word.                                                                      (4)

 4.2      Identifiseer die sweisdefekte deur die oorsake in die tabel hieronder te
          bestudeer. Skryf slegs die naam van die defek langs die vraagnommers
          (4.2.1 tot 4.2.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

                              OORSAAK                                 DEFEK
             - Winderige toestande                           4.2.1
             - Geverfde, nat of olierige sweisoppervlak
             - Nat of geroeste vullerdraad
             - Voorbereiding te smal                         4.2.2
             - Wortelgaping te klein
             - Geslyte kontakpunt veroorsaak
               onreëlmatige boog
             - Onvoldoende penetrasie                        4.2.3
             - Stroom te laag
             - Geroeste of geverfde plaat
             - Sweisspoed te vinnig                          4.2.4
             - Stroom te hoog
             - Swak sweistegniek
                                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Landboutegnologie                             11                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 4.3      SCENARIO

          'n Plaasbestuurder moet 'n deksel vir 'n selfvoerdertrog ontwerp.

          Gebruik die volgende inligting om 'n deksel vir die trog te ontwerp en 'n
          vryhandskets te maak.

           •      Wydte 750 mm
           •      Lengte 1 000 mm
           •      Hoekyster 25 mm x 25 mm
           •      Metaalplaat 3 mm
           •      Twee skarniere
           •      Sluitmeganisme

          Punte sal toegeken word vir:

           Proporsionele tekening                          (1)
           Praktiese toepassing                            (2)
           Twee skarniere                                  (1)
           Sluitmeganisme                                  (1)
           Twee afmetings                                  (2)
           Snylys van materiaal wat gebruik moet word      (2)                                 (9)

 4.4      Bestudeer die prent van 'n plasmasny-masjien hieronder en beantwoord die
          vrae wat volg.

          4.4.1       Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n sweishelm terwyl daar met
                      die plasmasny-masjien gewerk word.                                       (2)

          4.4.2       Hoekom sal jy die gebruik van stikstofgas aanbeveel wanneer die
                      plasmasny-masjien gebruik word?                                          (2)

          4.4.3       Noem die materiaal wat gebruik word om die elektrode van die
                      plasmasny-masjien te vervaardig.                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Landboutegnologie                          12                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

          4.4.4      Noem VIER voordele van die gebruik van 'n plasmasny-apparaat.            (4)

          4.4.5      Noem VIER gevolge wanneer vogtigheid die punt van die
                     plasmasnyer-spuitstuk binnedring.                                        (4)

          4.4.6      Watter verstelling moet aan die plasmasny-masjien gedoen word om
                     verskillende diktes metaal te sny?                                       (1)

 4.5      Die gasse in die lys hieronder word almal tydens plasmasnywerk vir die sny
          van verskillende tipes metaal gebruik.

          Dui aan watter gas in ELK van die volgende toepassings gebruik sal word.
          Skryf slegs die gas langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.3) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                             lug;    waterstof;    stikstof;   argon

                      TOEPASSING                                 GAS
           Hoë-kwaliteit-snywerk vir sagte        4.5.1
           aluminium, vlekvrye staal of
           koolstofstaal
           Gebruik om dik staal en metaal te      4.5.2
           sny en is die warmste gas
           beskikbaar
           Sny met 'n konstante spoed en          4.5.3
           verleng die lewensduur van die
           masjien                                                                            (3)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Landboutegnologie                             13                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 5.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          5.1.1      Identifiseer die onderdeel in die prent hierbo.                              (1)

          5.1.2      Bespreek die werking van die onderdeel wat in VRAAG 5.1.1
                     geïdentifiseer is.                                                           (2)

 5.2      Die prente hieronder toon twee tipes ratte wat in plaasmasjinerie gebruik word.

                                   A                             B

          5.2.1      Identifiseer rat A en B soos in die prente hierbo getoon.                    (2)

          5.2.2      Twee ratte wat in 'n aandryfstelsel gekoppel is, het 'n verhouding van
                     1 : 3. Bereken die getal tande op die gedrewe rat as die dryfrat
                     60 tande het.

                     Toon ALLE berekeninge.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Landboutegnologie                           14                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 5.3      Die prent hieronder toon 'n rotordrom-snymasjien wat op 'n plaas gebruik word.

          5.3.1      Hierdie masjien is baie gevaarlik. Gee VYF veiligheidswenke wat
                     gevolg moet word wanneer met die masjien hierbo gewerk word.                (5)

          5.3.2      Maak 'n lys van DRIE punte om in ag te neem wanneer
                     instandhouding op die rotordrom-snymasjien uitgevoer word.                  (3)

          5.3.3      Verduidelik die aanhaak van die rotordrom-snymasjien aan 'n
                     trekker.                                                                    (4)

 5.4      'n Hidrouliese silinder wat in 'n trekker gebruik word, word hieronder getoon.

                                   Hidrouliese poorte

          5.4.1      Noem die tipe hidrouliese silinder wat in die prent hierbo getoon
                     word.                                                                       (1)

          5.4.2      Bespreek die werking van hierdie tipe hidrouliese silinder.                 (4)

          5.4.3      Noem DRIE voordele van die gebruik van transmissie-olie in
                     hidrouliese stelsels.                                                       (3)

          5.4.4      Watter kant van hierdie hidrouliese silinder is die sterkste? Motiveer
                     jou antwoord.                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Landboutegnologie                            15                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 5.5      Bestudeer die prent van 'n koppelaarplaat wat op 'n trekker gevind word
          hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          5.5.1      Pyltjie A toon 'n deklaag van die koppelaarplaat. Watter materiaal
                     word gebruik om die deklaag te vervaardig?                               (1)

          5.5.2      Noem TWEE eienskappe van die wrywingsmateriaal van 'n goeie
                     koppelaarstelsel.                                                        (2)

          5.5.3      Gee TWEE redes waarom trekkers met 'n koppelaarstelsel toegerus
                     word.                                                                    (2)

 5.6      'n Boer het tydens 'n inspeksie van 'n tweedehandse trekker opgelet dat daar
          'n paar kommerwekkende tekens was terwyl die enjin geluier het. Gee 'n
          diagnose van die DRIE tekens hieronder wat toon dat daar iets met die enjin
          verkeerd is:

          5.6.1      Swart uitlaatpyprook                                                     (1)

          5.6.2      Ratelgeluid wat uit die enjin kom                                        (1)

          5.6.3      Enjin word vinnig warm                                                   (1)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Landboutegnologie                          16                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 6: WATERBESTUUR

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.1      Bestudeer die foto van 'n spilpuntbesproeiingstelsel hieronder en beantwoord
          die vrae wat volg.

          6.1.1      Gee DRIE redes waarom die stelsel hierbo as 'n arbeidbesparende
                     besproeiingstelstel beskou word.                                        (3)

          6.1.2      Bespreek hoe water effektief deur 'n spilpuntbesproeiingstelsel
                     toegedien kan word.                                                     (4)

 6.2      Noem DRIE voordele van die gebruik van besproeiingsagteware in die bestuur
          van besproeiingstelsels.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Landboutegnologie                            17                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 6.3      Bestudeer die watersuiweringstelsel hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

          6.3.1       Gee TWEE redes vir die installering van die stelsel, soos deur
                      pyltjie A aangedui.                                                   (2)

          6.3.2       Maak 'n lys van DRIE effektiewe metodes wat gebruik kan word om
                      brakwater drinkbaar te maak.                                          (3)

 6.4      Teken 'n netjiese skets van 'n septiese tenk met byskrifte.

          Puntetoekenning:

          Ontwerp          2
          Skets            2
          Byskrifte        2                                                                (6)

 6.5      Noem DRIE verskillende tipes huishoudelike dreineringstelsels.                    (3)

 6.6      Presisieboerdery is 'n kombinasie van verskillende tegnologieë.

          6.6.1       Noem VIER voordele van die gebruik van veranderliketempo-
                      tegnologie (VTT) op 'n plaas.                                         (4)

          6.6.2       Noem TWEE gevorderde tegnologiese stelsels, behalwe VTT, wat vir
                      presisieboerdery gebruik word.                                        (2)
                                                                                            [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:         160
                                                                     GROOTTOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Agricultural Technology · Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Agricultural Technology · Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-eng/86f6afe6-d48c-4deb-850f-b5ecd800d688) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2022-eng/c3d21a49-1d99-4db4-89e1-881053003584) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2020-afr/a61a52db-ba87-4f60-93f1-8aa7f810b224) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/3365189d-e03a-49db-801a-0b473132a0f4) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/57faf85a-afb6-414c-bf66-0e0ede28ff4b) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
