# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VERBRUIKERSTUDIES

                                  MEI/JUNIE 2024

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 200

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Verbruikerstudies                          2                          DBE/Mei/Junie 2024
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1
 1.1       1.1.1     D   Onthou, maklik (Verken, bl.167; Suksesvol, bl.185)                 (1)

           1.1.2     B   Onthou, maklik (Verken, bl.174; Suksesvol, bl.191-193)             (1)

           1.1.3     A   Onthou, maklik (Verken, bl.156; Suksesvol, bl.173-174)             (1)

           1.1.4     C   Onthou, matig (Verken, bl.162; Suksesvol, bl.178-179)              (1)

           1.1.5     C   Verstaan, maklik (Verken, bl.98; Suksesvol, bl.118)                (1)

           1.1.6     A   Toepassing, moeilik (Verken, bl.103; Suksesvol, bl.123)            (1)

           1.1.7     B   Verstaan, matig (Verken, bl.80-82; Suksesvol, bl. 94-96)           (1)

           1.1.8     D   Onthou, maklik (Verken, bl.93; Suksesvol, bl.113)                  (1)

           1.1.9     C   Onthou, maklik (Verken, bl.105; Suksesvol, bl.127)                 (1)

           1.1.10    B   Onthou, maklik (Verken, bl.83; Suksesvol, bl.97)                   (1)

           1.1.11    B   Toepassing, matig (Grade 11)                                       (1)

           1.1.12    D   Toepassing, matig (Grade 11)                                       (1)

           1.1.13    C   Verstaan, maklik (Verken, bl.51; Suksesvol, bl.54)                 (1)

           1.1.14    C   Onthou, maklik (Verken, bl.144; Suksesvol, bl.158)                 (1)

           1.1.15    A   Verstaan, maklik (Verken, bl.143; Suksesvol, bl.152)               (1)

            1.1.16   B   Onthou, maklik (Verken, bl.16; Suksesvol, bl.22)                   (1)

            1.1.17   D   Onthou, maklik (Verken, bl.35; Suksesvol, bl.35)                   (1)

            1.1.18   A   Onthou, maklik (Verken, bl.13; Suksesvol, bl.19, CAPS)             (1)

            1.1.19   B   Verstaan, matig (Verken, bl.26; Suksesvol, bl.26)                  (1)

            1.1.20   C   Verstaan, maklik (Verken, bl.35; Suksesvol, bl.34)                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Verbruikerstudies                            3                DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 1.2        1.2.1    C

            1.2.2    F

            1.2.3    B

            1.2.4    G

         1.2.5      A                                                               (5)
Onthou, maklik (Verken, bl.163-165; Suksesvol, bl.181-183)

 1.3       1.3.1     Klassieke (mode)

           1.3.2     (Mode) neigings

         1.3.3      (Mode) gier                                                     (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.49-51; Suksesvol, bl.51-53)

 1.4        1.4.1    D

            1.4.2    F

            1.4.3    B

         1.4.4      C                                                               (4)
Onthou, moeilik (Verken, bl.93-94; Suksesvol, bl.113-114)

 1.5       1.5.1     Winsopslag

           1.5.2     Slegste-verkope scenario

           1.5.3     Volhoubare winsgewendheid

          1.5.4     Kontantvloeiprojeksie/ vooruitskatting                          (4)
Verstaan, maklik (Verken, bl.35-40; Suksesvol, bl.34-42)
 1.6      A
          D
          F
          G                                                  (Enige volgorde)       (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.117-118; Suksesvol, bl.137-138)

                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Verbruikerstudies                           4                       DBE/Mei/Junie 2024
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B: LANGVRAE

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1       Noem die rentekoers wat deur die Suid Afrikaanse Reserwe bank gevra
           word.

         Repokoers                                                                          (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.166; Suksesvol, bl.184)

 2.2       Gee TWEE voorbeelde van hernubare energiebronne.

         • Sonenergie/son1
         • Windenergie/wind2
         • Hidrokrag/waterenergie3
         • Bioenergie/ biomassa/hout4                                       (Enige 2)       (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.170-171; Suksesvol, bl.191)

 2.3       Verduidelik die volgende met betrekking tot eiendomsbelasting wat deur
           'n munisipaliteit gevra word.

           2.3.1     Wie is verantwoordelik vir die betaling daarvan?

                    Eienaars van eiendom/ huiseienaars                                      (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)

           2.3.2     Hoe bepaal die munisipaliteit die bedrag wat betaalbaar is?

                    Hulle word op die markwaarde van die eiendom en die area waar
                    die eiendom geleë is gebaseer.                                           (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)

           2.3.3     Waarvoor word die geld gebruik?

                    Dit word vir munisipale dienste aan gemeenskappe wat in die
                                                                                             (1)
                    munisipale area woon gebruik.
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)
LET WELL: Voorbeelde van basiese en ander dienste kan aanvaar word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Verbruikerstudies                                 5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 2.4     Verduidelik hoe 'n huishouding elektrisiteitsverbruik kan verminder
         wanneer 'n huis tydens die wintermaande verhit word.
         • Gebruik gas/ parafienverwarmers/ kaggel in 'n vertrek in plaas van
            elektriese verwarmers.1
         • Installer ‘n sonpaneelstelsel2
         • Gebruik infrarooi elektriese / lae “watt” verwarmers omdat hulle meer
            energie-doeltreffend is.3
         • Maak gordyne en blindings gedurende die dag oop om die son in te
            laat.4
         • Maak gordyne en blindings vroeg in die dag toe, om te verhoed dat hitte
            ontsnap.5
         • Verhit slegs die vertrekke wat jy gebruik.6
         • Hou deure en vensters in die vertrek wat jy verhit toe.7
         • Trek warm aan/ gebruik komberse om warm te bly in plaas daarvan om
            die verwarmer aan te skakel.8
         • Skakel saans verwarmers af/ skakel verwarmers af indien dit nie gebruik
            word nie.9
         • Verseël trekke wat deur vensters en onder deure kom.10
         • Isoleer die plafon.11
         • Gebruik 'n warmwaterbottel.12
         • Plaas matte op die vloere.13                                     (Enige 5)               (5)
Onthou, maklik (Verken, bl.173; Suksesvol, bl.194)
 2.5       Definieer die term grysgoedere/parallelle invoere.
           Grysgoedere/parallelle invoere is items wat 'n vervaardiger nie in 'n sekere land
           verkoop wil hê nie1 maar hulle eindig daar op deur ongemagtigde
           verspreidingskanale2 en hulle is nie onwettig nie.3
                                                     OF
         Grysgoedere/parallelle invoere is goedere wat in 'n land ingevoer word4
         deur nie-amptelike/ongemagtigde verspreidingskanale5 en hulle is nie
         onwettige goedere nie6 en nodige belasting word betaal.            (Enige 3)               (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.158; Suksesvol, bl.176)

 2.6       Verduidelik wat dit beteken as 'n produk 'n waarborg het.
         'n Produk kan na die verkoper terug geneem word1 vir herstelwerk/
         vervanging/ geld terug te ontvang2 binne 'n gegewe tydperk/spesifieke
         periode3 indien ‘n produk nie in werkende toestand bly nie/ nie aan sekere
         standarde voldoen nie.4                                           (Enige 2)                (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.158; Suksesvol, bl.175)
 2.7       Verduidelik die term inflasie.
           •        Dit is die styging in pryse van goedere en dienste1 wat oor 'n spesifieke
                    tydperk gemeet word.2
                                                      OF
            • Inflasie is die gemiddelde styging in pryse van goedere3 en dienste in 'n
              jaar.4                                                         (Enige 2)              (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.167; Suksesvol, bl.184)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Verbruikerstudies                              6                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

 2.8      Vergelyk 'n stokvel met 'n multivlak/stapelvlakbemarkingskema onder die
          volgende opskrifte:
           Opskrifte            Stokvel                     Multivlak/stapelvlak
                                                            bemarking
           Stapelvlak           Dit het nie stapelvlakke    Bestaande lede is op die
                                nie/ alle lede is gelyk. 1 hoogste vlak/lede met die
                                                            meeste verkope is op die
                                                            hoogste vlak/nuwe lede is
                                                            op die laagste vlak.2
           Verkoop van          No/ daar is geen verkope Ja/ produkte word
           produkte             van produkte nie.3         verkoop.4
           Betaling aan lede Alle lede ontvang              Lede word volgens hulle
                                dieselfde bedrag5 op       verkope betaal.7
                                dieselfde tyd.6                                                  (6)
Verstaan, matig (Verken, bl.161-162; Suksesvol, bl.177-179)
 2.9       Noem DRIE maniere waarin verbruikers kan help om waterbesoedeling te
           verminder.
           •Gebruik bioafbreekbare wasmiddels.1
           •Moenie onnodige items/stowwe in die opwasbak/toilet/dreineringstelsel
            afgooi nie.2
          • Gebruik omgewingsvriendelike/veilige skoonmaakmiddels/waspoeier.3
          • Moenie plaagdoders/bemestingstowwe/chemiese stowwe oormatig
            gebruik nie.4
          • Moenie rommel om riviere en damme strooi nie/tel enige rommel5 wat om
            riviere/damme/strande lê op.
          • Moenie riool6 in riviere/damme stort nie.                    (Enige 3)               (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.178-179; Suksesvol, bl.198)
 2.10      Bespreek die negatiewe impak op die plaaslike gemeenskap, van 'n
           munisipaliteite wat hierdie verantwoordelikheid verwaarloos.
            • Indien paaie nie gebou/in stand gehou word nie affekteer dit die
               toeganklikheid/toerisme1 na die gemeenskap.
            • Paaie wat nie in stand gehou word nie lei tot agteruitgang/slaggate2 wat
               sal lei tot beskadiging van motoriste se motorbande.3 Motoriste sal meer
               geld aan die herstel/ aankope van bande moet bestee.4
            • Ongelukke mag weens gebarste motorbande plaasvind5
            • Indien stormwater dreinering nie gedoen word nie/ in stand gehou word nie,
               mag dit tot oorstromings lei6 wat 'n veiligheidsrisiko word vir pad
               gebruikers7 en huise wat langs hierdie paaie gebou is.8
            • Verstopte stormwater dreinering kan ‘n gesondheids gevaar/ broeiplek vir
               knaagdiere word.9
            • Indien munisipaliteite hulle verantwoordelikhede verwaarloos/ vernalaat
               mag dit tot gemeenskappe se protesaksies lei.10
            • Indien mangat (‘manhole”) nie bedek gehou word
            • nie kan dit voertuig ongelukke veroorsaak/ mense kan daarin val.11
            • Indien munisipaliteite hulle verantwoordelikhede verwaarloos/ vernalaat
               mag dit veroorsaak dat die waarde van die eiendomme verlaag.12
             Toepassing, matig (Verken, bl.184; Suksesvol, bl.202, 204-205)        (Enige 5)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Verbruikerstudies                           7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 2.11      Analiseer die reaksie van die winkelbestuurder met spesifieke
           verwysing na die afkoeltydperk en 'n onbillike sakepraktyk.

            •  Ben was deur direkte bemarking genader 1 buite die
               besigheidsperseel2 en het nie die transaksie begin/aan die gang gesit
               nie.3
          • Hy het na 'n dag die kragopwekker na die winkel terug geneem4 en die
               kontrak gekanselleer.5
          • Die wettige afkoelperiode laat Ben vyf werksdae toe om die transaksie te
               kanselleer6 en geld terug te ontvang.7
          • Die verkoopsman het 'n valse belofte/misleidende inligting/
               misverteenwoordiging van die kragopwekker gegee/gesê dat dit alle
               elektriese toestelle sal laat werk.8 Dit het nie die warmwatergeiser en
               stoof laat werk nie.9
          • Die winkeleienaar moes Ben se deposito/of 'n gedeelte daarvan10 binne
              sewe besigheidsdae/ vyftien dae11 nadat die kontrak gekanselleer was,
              terug betaal het omdat Ben die kragopwekker slegs vir een dag gebruik
              het.
                                                                              (Enige 8)       (8)
Analisering, moeilik (Verken, bl.157, Suksesvol, bl.173-174)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Verbruikerstudies                            8                         DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1       Gee DRIE voorbeelde van algemene voedselallergene wat in dierlike
           produkte gevind word.
          • Koeimelk1
          • Vis2
          • Skulpvis3
          • (Hoender) eiers4                                                 (Enige 3)       (3)
Verstaan, maklik (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.92)

 3.2       Noem DRIE riglyne vir die bestuur van voedselallergieë.

           •Verseker 'n gebalanseerde dieet met genoegsame inname van alle
            voedingstowwe/ neem aanvullings indien nodig.1
         • Vermy die voedsel wat die allergie veroorsaak.2
         • Bestudeer voedseletikette sorgvuldig om voedsel wat 'n allergeen bevat te
            vermy.3
         • Vervang voedsel wat allergieë veroorsaak met soortgelyke voedsel.4
         • 'n Persoon met allergieë behoort veilige voedsel saam te neem wanneer
            hulle reis.5
         • Kelnerpersoneel by restaurante behoort van die voedselallergieë ingelig te
            word/ vra oor bestanddele wat in geregte in 'n restaurant gebruik word.6
         • 'n Persoon met allergieë behoort altyd die voorgeskrewe medikasie te dra
            in geval van 'n allergiese reaksie.7                             (Enige 3)       (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.92)

 3.3       Noem VIER kenmerke van 'n persoon wat aan anorexia ly.

           •Uitermatig ondergewig.1
           •'n Beperkte inname van voedsel/ obsessief/ behep met kilojoule inname/
            eet baie min.2
         • 'n Irrasionele/ intensiewe vrees van gewigstoename/ weeg hom/ haarself
            obsessief.3
         • 'n Verwronge liggaamsbeeld/ sielkundige versteuring waarin die persoon
            hulself as oorgewig sien.4
         • Swakheid.5
         • Droë bros hare.6
         • Bros vel7
         • Koue hande en voete.8
         • Amenorree/ oorslaan van drie opeenvolgende maandstondes.9
         • Geheimsinnig oor voedsel.10
         • Oormatige oefening/ oorbenutting van dieetpille/ urienedreiweres/
            lakseermiddels/ enemas om liggaamsgewig te verminder.11        (Enige 4)         (4)
Onthou, maklik (Verken, bl.82; Suksesvol, bl.94)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Verbruikerstudies                            9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 3.4       Noem TWEE voordele van die byvoeg van antioksidante by voedsel.

           •Preserveer die gehalte van voedsel/ verleng die raklewe1 van voedsel.
           •Voorkom galsterigheid2en onaangename smaak en reuk3 in margarien/
            kookolie /koekies/ aartappelskyfies/ sopmengsels.
         • Preserveer die kleur van vars gesnyde vrugte en groente/ vertraag
            ensimatiese verbruining/ voorkom verkleuring in vrugte en groente/
            vrugtesap/ gaskoeldrank/ ingemaakte groente/ bevrore vrugte.4
                                                                            (Enige 2)          (2)
Onthou, matig (Verken, bl.94; Suksesvol, bl.114)

 3.5       Verduidelik hoe gastro-enteritis oorgedra kan word.

           •Wanneer 'n besmette persoon voedsel voorberei of hanteer sonder
            geskikte higiëne1/ nie hande was nadat die toilet gebruik is nie.2
         • Eet van voedsel wat besmet/ nie gewas is nie.3
         • Drinkwater wat besmet is.4
         • In kontak kom met 'n besmette persoon.5
         • Gebruik van vuil gereedskap wat besmet is.6                       (Enige 3)        (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.91, Suksesvol, bl.108)

 3.6       Verduidelik waarom amandelmelk geskik is vir mense wat laktose-
           intolerant is.

           •Dit bevat nie laktose1 wat die suiker in koeimelk is nie.2
           •Laktose kan nie verteer word nie3 indien die ensiem laktase4wat
            benodig word vir die vertering van laktose, nie voldoende is nie.5
                                                                              (Enige 3)        (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.93)

 3.7       Verduidelik waarom dokters, sielkundiges en dieetkundiges met die
           bestuur van bulimie geraadpleeg moet word.

            •
            Bulimie is 'n eetversteuring wat mees waarskynlik sielkundig is1 word
            geassosieer met 'n gebrek aan beheer/ depressie/ stres/ gevoelens wat
            verband hou met liggaamsvorm/ gewig.2
         • Antidepressante/ medikasie/ hospitalisering3 mag benodig word om die
            sielkundige komplikasies van bulimie te behandel.
         • 'n Dieetkundige sal die fisiese gesondheid behandel4 en normale
            eetpatrone voorstel/ eetvergrypings en ledigingsiklusse stop/om
            liggaamsgewig te stabiliseer.5
         • Voedingsvoorligting/ opvoeding6 en gedragsbestuur7 help die pasiënt/
            bulimiese persoon met meer gesonde alternatiewe van gewigsbestuur.8
                                                                            (Enige 4)          (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.82; Suksesvol, bl.96)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Verbruikerstudies                          10                         DBE/Mei/Junie 2024
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 3.8       Bespreek die redes waarom organiese voedsel nie kan help om
           voedselsekerheid te handhaaf nie.
           •Dit is duur1 om organiese voedsel te produseer en nie baie mense kan dit
            bekostig nie.2
         • Meer grond word benodig om genoeg organiese voedsel te kweek3 wat
            dalk nie moontlik vir die meeste mense is nie omdat grond skaars is4 en
            dit dra nie tot voedselsekerheid by nie.
         • Die oes-opbrengste is laag5 dus sal daar minder voedsel beskikbaar
            wees.6
         • Hulle het 'n kort raklewe/hou nie lank nie7 omdat hulle nie enige
            preserveermiddels bevat nie.8 Produkte kan bederf/ gemors word
            voordat dit geëet word.9
         • Kopersulfaat word in organiese boerdery toegelaat, maar dit is toksies10
            en kan skadelik vir vis wees, wat die hoeveelheid beskikbare voedsel
            verminder.11                                                    (Enige 6)       (6)
Toepassing, moeilik (Verken, bl.104; Suksesvol, bl.126)
 3.9       Analiseer hoe die oorstromings in 2022 en 2023 hierdie huishoudings se
           voedsel selfonderhoudend of genoegsaamheid geaffekteer het.
           •  Oorstromings mag hul gewasse weggespoel/ beskadig het,1 wat minder/
              geen vars produkte2 om hulself te onderhou tot gevolg het.
          • Pluimvee mag tydens die oorstromings dood gegaan het3wat hierdie
              huishoudings se vermoë om hul eie eiers te produseer4 of hul eie
              pluimvee/ vleis te voorsien verminder het.5
          • Grond om groente/ vrugte te kweek mag beskadig wees/ bo-grond het
              weggespoel6 om nuwe vars produkte te kweek, dus moet bemesting/
              dieremis/ kompos aangekoop word om die grond te verryk.7
          • Aankope van bemesting/ dieremis/ kompos/ nuwe sade/ jong plante/
              hoenders het geldbesteding tot gevolg8 wat gebruik kon word om
              voedsel wat hulle nie self kan produseer nie, te koop.9
          • Sonder vars produkte/ pluimvee/eiers om te verkoop, verloor hulle
              inkomste.10
          • Al die bogenoemde mag die huishoudings se vermoë tot self-
              genoegsaamheid/ selfversorging verminder.11                  (Enige 6)        (6)
Analisering, matig (Verken, bl.106-107; Suksesvol, bl.129-130)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Verbruikerstudies                           11                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 3.10      Regverdig die stelling hierbo.
         • Indien mense nie elektrisiteit het om te kook nie, mag hulle wegneemetes/
             kitskos1 koop wat ryk in vet2 en hoog in suikers is/ gaskoeldrank is hoog
             in suiker.3 wat bydra tot vetsug.
         • Mense mag voedsel wat gereed is om gaar te maak/ voedsel wat vinnig
             gaargemaak word, wat ryk aan vette4 en energiedig5 is gebruik, wat
             ongesond6 is. Dit dra by tot ongesonde gewigstoename.7
         • Mense koop voedsel wat lank hou/ nie-bederfbaar is8 voedsel wat nie
             enige gaarmaak en verkoeling vereis nie en hierdie voedsel mag
             ongesond wees.9
         • Mense mag verveeld wees10 gedurende beurtkrag en peusel aan/ ooreet
             aan ongesonde versnaperinge/ peuselhappies.11                    (Enige 6)       (6)
Toepassing, moeilik (Verken, bl.83; Suksesvol, bl.97)
LET WEL: 'n Punt kan slegs een keer vir ongesond toegeken word.
            'n Punt kan slegs een keer vir ryk in vet toegeken word.
                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Verbruikerstudies                          12                         DBE/Mei/Junie 2024
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1       Definieer die volgende terme:

           4.1.1     Mode

                    Style/ tipe klere1 wat deur die meerderheid/ meeste/ baie
                    mense gedra/ aanvaar2 word in 'n spesifieke tydperk en plek.3
                                                     OF
                    Mode is die styl klere wat die meerderheid mense5 in 'n land/
                                       4

                    ouderdomsgroep/ area nou dra.6                          (Enige 2)       (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.48; Suksesvol, bl.49)

           4.1.2     Kleredragkode

                    Dit is 'n stel reëls/ dokument1 oor die tipe klere2 wat die
                    maatskappy van sy werkers, verwag om werk toe/ geleenthede
                    verbonde aan werk te dra.3                          (Enige 2)           (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.54; Suksesvol, bl.57)

 4.2       Verduidelik die betekenis van organiese tekstiele.
         Natuurlike vesels1 wat sonder enige plaagdoders/ onkruiddoders/ ander
         toksiese stowwe gekweek is/ nie die natuurlike omgewing beskadig nie.2
                                               OF
         Vesels word organies gekweek3 sonder die gebruik van onkruiddoders/
         plaagdoders.4                                                    (Enige 2)         (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.61; Suksesvol, bl.67)

 4.3       Beskryf waarom 'n vlootblou pak klere 'n goeie keuse vir 'n klerekas, vir
           die werkswêreld is.

           •Vlootblou is 'n basiese kleur.1
           •Dit is maklik om te meng en pas met baie hemde/ bloese en dasse/
            serpe.2
          • Kan met swart of bruin skoene en belde gedra word. 3
          • Kan in alle seisoene gedra word.4
          • Kan formeel en informeel gedra word.5
          • Dit is professioneel/ formeel/ deftig/ respekvol.6
          • Kan vir baie jare gedra word/ tydloos/ klassiek.7
          • Dit pas by die meeste liggaamstipe.8
          • Dit is veelsydig omdat dit vir verskillende werke geskik is.9 (Enige 4)         (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.56-58; Suksesvol, bl.59)
LET WEL: Die woord veelsydig kan slegs eenkeer ‘n punt toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Verbruikerstudies                           13                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 4.4       Bespreek die positiewe impak wat Rewoven op die natuurlike en
           ekonomiese omgewing van die land sal hê, indien dit oral in Suid Afrika
           geïmplementeer word.

           •Minder water1 en elektrisiteit2 sal gebruik word omdat minder nuwe
            tekstiele geproduseer hoef te word.3
          • Minder tekstiele afval sal in stortingsterreine opeindig4 omdat ou
            tekstiele herwin sal word, wat ook die impak op die natuurlike omgewing sal
            verminder/ besoedeling verminder. 5
          • Dit sal die ekonomie van die land verhoog6 omdat meer mense in die
            versameling/ vervoerherwinning van die ou tekstiele7 in diens geneem sal
            word.8                                                            (Enige 4)       (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.61-63; Suksesvol, bl.68)

 4.5       4.5.1     Noem TWEE onwettige klerepraktyke wat oorspronklike
                     produkte kopieer.

                    • Handelsmerkrowery/ nabootsing/ replika1
                    • Nagemaakte/ vervalsde goedere2                                          (2)
Verstaan, maklik (Verken, bl.64; Suksesvol, bl.72)

           4.5.2     Bespreek die impak wat die aankoop van replika items op
                     plaaslike opkommende klereontwerpers kan hê.

                     •   Opkomende ontwerpers mag sukkel om hul produkte te
                         verkoop/ in die mark mee te ding/ kompeteer1 omdat
                         verbruikers mag verkies om replikas teen 'n laer prys te
                         koop.2
                      • Nuwe ontwerpers mag nie floreer nie,3 kan dus nie uitbrei4
                         en nuwe werk skep nie.5 Dit beteken dat die besigheid nie
                         volhoubaar mag wees nie.6
                      • Nuwe ontwerpers is nie in staat om in die mark mee te ding nie,
                         omdat dit oorvloed is met geroofde handelsmerke.7 (Enige 4)          (4)
Analisering, moeilik (Verken, bl.64; Suksesvol, bl.72)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Verbruikerstudies                           14                           DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
 5.1       Definieer die term voltitel-eienaarskap.
         Die eienaar wat die huis koop word die wettige eienaar1 van die hele
         eiendom,2 wat beteken die grond en al die strukture daarop.3     (Enige 2)          (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.121; Suksesvol, bl.139)
 5.2       Verduidelik wat 'n koopaanbod is.
            • Dit is 'n geskrewe (ongetekende) ooreenkoms1 tussen die verkoper en
              die koper.2
         • 'n Koopaanbod is die dokument waarin die koper 'n offer aan die
              verkoper maak,3 dit sluit bedrag wat die koper aanbied om vir die
              eiendom te betaal4 en die terme en voorwaardes vir die
              aankoop/verkoop van die eiendom in.5                          (Enige 2)         (2)
Onthou, matig (Verken, bl.125; Suksesvol, bl.142)
 5.3       Gee redes waarom dit goedkoper is om huishoudelike toestelle met
           kontant eerder as met 'n afbetalingskooptransaksie aan te koop.
            • Wanneer kontant gebruik word, word geen rente betaal nie.1
            • Dit is moontlik om 'n kontantafslag te kry.2
            • Daar is geen paaiemente om elke maand te betaal nie.3
            • Daar is ekstra kostes/ administratiewekoste/ korttermyn versekering wat
              gevra word4 wanneer 'n afbetalingskooptransaksie gebruik word.
                                                                            (Enige 3)          (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.148; Suksesvol, bl.162)
 5.4       Noem die kostes waarvoor 'n voornemende huiseienaar, voor en
           gedurende die bou van 'n nuwe huis, verantwoordelik sal wees.
            •  Aankoop/ betaling vir die grond/ erf.1
            •  Daar mag addisionele koste wees2 soos terreinvoorbereiding/ water
               aansluiting.
          •    Die huisplan moet deur 'n sketstekenaar/ argitek opgetrek word, wat
               betaal moet word.3
          •    Die munisipaliteit vra 'n fooi om die huisplan goed te keer.4
          •    'n Boukontrakteur moet betaal word/ arbeidskoste.5
          •    Daar moet vir boumateriaal betaal word.6
          •    Laat aflewering/ tekorte aan materiaal sal koste verhoog.7
          •    Professionele inspekteurs/ elektriese inspekteur/ strukturele ingenieur
               moet betaal word om inskiklikheid te verseker.8
          •    Indien konstruksie foutief is, mag meer materiaal/ arbeid benodig
               word.9
          •    Indien daar vertragings in tyd gedurende die bouproses is, sal hulle aan
               meer koste blootgestel word.10
          •    Die eienaar moet vir akkommodasie betaal voor die bouproses voltooid
               is.11                                                           (Enige 4)      (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.119; Suksesvol, bl.138-139)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Verbruikerstudies                            15                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

           5.5.1     Bereken die totale afbetalingskooptransaksie-prys van die
                     draagbare gasstoof. Toon alle berekeninge.

                    R69,00 x 6 = R414,001
                    R414,00 + R59,002 = R473,003                                              (3)
Toepassing, matig: Eksamenriglyne.

           5.5.2     Analiseer hoe hierdie draagbare een-plaat-gasstoof:

                     (a) Menslike energie bespaar.

                     •    Die wegdoenbare gasblik is klein/ lig en maklik om te verwyder/
                          pas/ installeer.1
                     •    Die verwyderbare boonste plaatraam maak dit maklik om skoon
                          te maak.2
                     •    Die outomatiese aansteekknop maak dit maklik/ veilig om aan te
                          steek/ gebruik.3
                     •    Die ligte en kompakte tas is maklik om te hanteer/ op te berg/
                          vervoer.4                                            (Enige 3)       (3)

                      (b) 'n Nuttige aankoop vir 'n huishouding sal wees.

                      •  Kan gebruik word wanneer daar kampeer/ gereis/ gestap
                         word.1
                      • Kan tydens beurtkrag gebruik word2 omdat dit nie elektrisiteit
                         vereis nie.
                      • Kan maklik opgeberg word wanneer dit nie gebruik word nie,
                         omdat dit kompak/ klein is.3
                      • Min toonbankspasie word tydens gebruik opgeneem.4
                      • Dit is maklik om te gebruik/ bereikbaar bo 'n toonbank omdat dit
                         laag is.5
                      • Dit werk met 'n klein wegdoenbare blik wat algemeen
                      • beskikbaar is.6
                      • Dit verskaf onmmiddellike hitte.7                     (Enige 3)        (3)
Analisering, matig (Verken, bl.175-176; Suksesvol, bl.159)

                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Verbruikerstudies                           16                        DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1       Maak 'n lys van die inligting wat op 'n produk se etiket behoort te
           verskyn.

         • Naam van produk1
         • Handelsnaam/Handelsmerk2
         • Waarskuwings/ allergene3
         • Datums: verkoop teen/gebruik teen/beste voor4
         • Naam en adres van vervaardiger/waar dit gemaak is5
         • Prys/pryskode6
         • Produk inhoud/nutriëntinligting7
         • Bestanddele/tekstielvesels8
         • Grootte/ massa/ gewig/ volume/ hoeveelheid9
         • Versorgings/ gaarmaak/ opbergingsinstruksies10
         • Lotnommer11                                                     (Enige 4)      (4)
Onthou, maklik (Verken, bl.24; Suksesvol, bl.24 en 29)

 6.2       Noem watter TWEE van die 5 P's-bemarkingstrategieë deur die
           bekostigbaarheid en toeganklikheid van 'n produk aangedui word.

         • Prys1
         • Plek2                                                                          (2)
Onthou, matig (Verken, bl.32-33; Suksesvol, bl.30-31)
LET WEL: Idien meer as twee antwoorde gegee word, merk slegs die eerste twee.

 6.3       Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid voordelig is om plaaslik
           beskikbare grondstowwe te gebruik.

         • Geproduseerde voedsel sal vars wees.1
         • Hulle is maklik bekombaar,2 kan onmiddellik afgelewer of opgeneem word/
            hulle hoef nie ingevoer of van een area na die volgende vervoer te
            word nie.3
         • Produksie stop nie4 omdat daar geen tekorte is nie. Die wagtydperk is
            kort indien die besigheid 'n tekort het.5
         • Hulle is bekostigbaar6 omdat hulle nie hoë vervoerkoste/ invoerbelasting
            het wat bygevoeg word nie.7
         • Dit vestig 'n goeie verstandhouding met die verskaffers,8 wat die
            besigheid mag toelaat om op krediet te koop/grondstowwe voor betaling
            afgelewer te kry/ 'n kredietlyn met die verskaffer te open.9    (Enige 3)     (3)
Toepassing, matig (Verken, bl. 13; Suksesvol, bl.19-20)

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Verbruikerstudies                          17                         DBE/Mei/Junie 2024
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 6.4       Bespreek DRIE finansiële voordele vir 'n besigheid om opgeleide
           personeellede te hê.

         • Dit verhoog werknemers se produktiwiteit1 en meer produkte sal verkoop
            word/ die besigheid se inkomste sal verhoog.2
         • Dit help om goeie gehalte produkte te produseer/ verbeter die gehalte van
            werk3 en kliënte sal aanhou om goeie gehalte produkte te koop wat wins
            mag verhoog.4
         • Dit lei tot vermindering van vermorsing in die besigheid,5 minder geld sal
            op die vervanging van beskadigde produkte of grondstowwe bestee
            word.6
         • Dit verminder onderhouds-/ herstelkoste7 vir die besigheid omdat
            gereedskap korrek gebruik sal word.8                       (Enige 3 x 2)      (6)
Toepassing, matig (Verken, bl.25; Suksesvol, bl.26)

 6.5       Gee VIER gevolge van swak voorraadbeheer in 'n besigheid.

           •Meer opbergspasie mag vereis word.1
           •Te veel voorraad.2
           •Voorraad mag bederf indien dit nie teen die gebruik-teen datum gebruik
            word nie.3
          • Grondstowwe kan beskadig of gesteel word.4
          • Die gehalte van die eindproduk sal geaffekteer word indien grondstowwe
            verval het.5
          • Kapitaal word in voorraad vasgevang.6
          • Daar mag tekorte in voorraad wees7 en produksie sal stop.8
          • Wins sal verminder9 indien voorraad verlore gaan/ beskadig/ gesteel
            word.                                                         (Enige 4)        (4)
Verstaan, maklik (Verken, bl. 19; Suksesvol, bl. 23)

 6.6       6.6.1     Identifiseer Eerste Kafee se teikenmark.

                     • Ouers wat leerders by die skool aflaai.1
                     • Universiteit studente.2
                     • Skoliere.3
                     • Plaaslike gemeenskapslede.4
                     • Toeriste.5
                     • Onderwysers/ skool personeel/ dosente/ universiteit
                       personeel. 6                                         (Enige 2)     (2)
Verstaan, matig (Verken, bl.34; Suksesvol, bl.11)

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Verbruikerstudies                           18                           DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

           6.6.2     Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n houer van Big
                     Box Container as 'n koffiewinkel.
                     • Dit kan na 'n ander area verskuif word.1
                     • Dit kan in 'n ander tipe besigheid omskep word.2
                     • Die houer kan herverkoop word.3
                     • Hulle besit die houer, dus is daar nie maandelikse huur
                       betaalbaar nie.4
                    • Dit is goedkoper5 om in stand te hou as 'n gewone winkel.
                    • Dit is toegerus met sonpanele dus word geen elektrisiteit vereis
                       nie/ word bedryf tydens beurtkrag.6
                    • Dit is toegerus 'n gasstoof wat nie elektrisiteit vereis om gebruik
                       te word nie.7
                    • Rommel en afval behoort minimaal te wees8 omdat
                       herwinningsblikke beskikbaar is.                         (Enige 4)     (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.12; Suksesvol, bl.19)
           6.6.3     Maak 'n lys van maniere waarop die besigheid verbruikers kan
                     aantrek.
                     • Hulle is omgewingsvriendelik /gebruik verpakking wat
                       herbruikbaar/ bioafbreekbaar is.1
                    • Hulle bied 'n verskeidenheid2 drankies/ versnaperings/ ligte
                       maaltye/ koffiebone aan.
                    • Hulle het 'n gewilde reuse muffin.3
                    • Aansit en wegneem opsies.4
                    • Hulle kan tydens beurtkrag oop bly5 aangesien hulle
                       sonpanele en 'n gasstoof het.
                    • Hulle het 'n lojaliteitprogram vir gereelde kliënte.6
                    • Dit is maklik toeganklik7 omdat dit in 'n parkeerarea geleë is.
                                                                              (Enige 4)       (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.13; Suksesvol, bl.11 & 20)
           6.6.4     Bereken die verkoopprys van EEN reuse muffin. Toon ALLE
                     berekeninge.
                     300 x 60 %/ 60 ÷ 100 = R180.00
                     R 300 + R180 = R480.001         OF R300 x 160 ÷ 100 = R 4802
                     R480 ÷ 243 = R20.004
                                                      OF
                     R300 ÷ 245 = R12.506
                     R12.50  60% = R7.507
                     R12.50 + R7.50 = R20.008
                                                      OF
                     R300 + 60 %9 = R480.0010
                     R480.00 ÷ 2411 = R20.0012
                    Koste van EEN reuse muffin is R20.00.            (Enige 3)                (3)
Toepassing, matig (Verken, bl.40; Suksesvol, bl.40)
LET WELL: Die verkoopprys (R20.00) moet aangedui word om volle punte toe te ken.

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Verbruikerstudies                           19                          DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

           6.6.5     Analiseer maniere waarop die besigheid volhoubare produksie
                     en verbruikbeginsels toepas.

                     •  Hulle het 'n skeepshouer gekoop wat voorheen gebruik was,1
                        wat die behoefte om 'n nuwe skeepshouer te koop uitskakel.
                     • Die skeepshouer het alreeds 'n gasstoof2 en sonpanele3 wat
                        die behoefte aan elektrisiteit verminder en die koolstof
                     • voetspoor verminder.4
                     • Produkte word op die perseel gebak5 dus word vervoer
                        verminder/geen brandstof6 word gebruik om produkte na die
                        verkoopspunt te vervoer nie. Lugbesoedeling word verminder/
                        minder koolstofvrystellings7 wat die omgewing kan beskadig.
                     • Hulle      gebruik   herwinbare/bioafbreekbare        verpakkings-
                        materiaal8 wat minder besoedeling tot gevolg het.9
                     • Hulle vermy rommel/ doen korrek weg met afval10 omdat hulle
                        herwinningsblikke het.11                               (Enige 8)    (8)
Analisering, matig (Verken, bl.26; Suksesvol, bl.26)

                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           160
                                                                    GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Consumer Studies · Memo · 2024 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
