# Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/1a10b306-4323-47d9-82b8-f17038fede87
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/1a10b306-4323-47d9-82b8-f17038fede87)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  DANSSTUDIES

                                  MEI/JUNIE 2024

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dansstudies                                  2                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

2.       AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3. Indien jy albei
           vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.3 en VRAAG 5.4. Indien jy albei
           vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

4.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.

5.       Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien
         wat vereis word.

         AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
         LAEVLAK-VRAE: identifiseer, dui aan, definieer, maak ʹn lys van, gee, skryf,
         kies, beskryf
         MEDIUMVLAK-VRAE: staaf, verduidelik, brei uit, bespreek
         HOËVLAK-VRAE: identifiseer, motiveer, bespreek, evalueer, ontwikkel, gee
         opinies, analiseer, motiveer, ontwerp

6.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
         deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

7.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Dansstudies                                3                               DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: BESERINGS

1.1      Verwys na die visuele beeld hieronder en verduidelik VIER redes waarom dit
         NIE veilig is om in hierdie ruimte te dans NIE.

                                     [Bron: https://za.pinterest.com/pin/469711436143529936/]     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Dansstudies                                   4                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

1.2      1.2.1       Definieer skeenbeensplinters.                                                (1)

         1.2.2       Verduidelik hoe swak onderrig skeenbeensplinters kan veroorsaak.             (3)

         1.2.3       Bespreek die onmiddellike behandeling vir skeenbeensplinters.                (4)

         1.2.4       Identifiseer DRIE oefeninge/aktiwiteite wat 'n danser kan doen om
                     fiksheid tydens die herstel van skeenbeensplinters te behou.                 (3)

                                             OF

1.3      1.3.1       Definieer tendonitis.                                                        (1)

         1.3.2       Verduidelik hoe swak tegniek tendonitis kan veroorsaak.                      (3)

         1.3.3       Bespreek die onmiddellike behandeling vir tendonitis.                        (4)

         1.3.4       Identifiseer DRIE uitdagings waarvoor 'n danser te staan kan kom
                     wanneer hy/sy ná die herstel van tendonitis na die dansklas
                     terugkeer.                                                                   (3)
                                                                                                  [15]   2024

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Dansstudies                                    5                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

2.1       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
          slegs die komponent van fiksheid langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

          2.1.1      Die bewegingsomvang om 'n gewrig verwys na …                                  (1)

          2.1.2      … is die vermoë om swaartekrag te weerstaan en 'n posisie te
                     behou.                                                                        (1)

          2.1.3      Postuur en belyning vereis goeie ...                                          (1)

          2.1.4      Vloeiendheid, koördinasie en ruimtelike bewustheid is voorbeelde
                     van ...                                                                       (1)

          2.1.5      'n Danser benodig ... om vir lang periodes te kan optree.                     (1)

2.2       Goed ontwikkelde komponente van fiksheid help dansers om aan die fisieke
          vereistes van dansoefening en -opvoering/optrede te voldoen.

          2.2.1      Verduidelik hoe soepelheid tot 'n goeie dansopvoering bydra. Staaf
                     jou antwoord.                                                                 (3)

          2.2.2      Beskryf EEN dinamiese en EEN statiese strekoefening wat
                     soepelheid kan ontwikkel.                         (2 x 2)                     (4)

          2.2.3      Bespreek die belangrikheid daarvan om 'n balans te hê tussen
                     soepelheid en krag-oefeninge om danstegniek te verbeter. Staaf
                     met voorbeelde.                                                               (5)

          2.2.4      Verduidelik hoe kernstabiliteit tot ratsheid in 'n danser se opvoering
                     bydra.                                                                        (3)
                                                                                                   [20]

VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

Jou skool gaan 'n projek bekendstel wat geestesgesondheidkwessies aanpak. Ter
ondersteuning van hierdie projek het jy aangebied om 'n ontspanningsklas gedurende
pouse aan te bied, wat vir alle leerders oop sal wees.

Ontwerp 'n strooibiljet om jou klas te adverteer, wat die volgende inligting insluit:

     Ontspanningstegnieke wat aangebied word
     Fisieke en geestesvoordele van 'n ontspanningsklas                                           (7)

LET WEL:       DRIE punte sal vir ontwerp en uitleg toegeken word.
               Jy hoef nie kleur in jou ontwerp te gebruik nie.                                    (3)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Dansstudies                                   6                             DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: DANSOPVOERING

4.1      Verduidelik hoe die volgende help om dansbewegings uit te voer:

         4.1.1       Gebruik van die kop                                                           (2)

         4.1.2       Gebruik van die arms                                                          (2)

4.2      4.2.1       Verduidelik hoe 'n gebrek aan musikaliteit 'n dansopvoering
                     beïnvloed.                                                                    (3)

         4.2.2       Bespreek hoe 'n danser musikaliteit kan ontwikkel.                            (3)

4.3      Verwys na die aanhaling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                                                       [Bron:
  https://www.ririewoodbury.com/images/pdfsdoc/BST_Teacher_Guide__1_Body_as_an_instrument.pdf]

         Evalueer hoe dans mense in staat stel om hulle liggame as 'n instrument van
         uitdrukking te gebruik. Staaf jou antwoord met voorbeelde.                                (5)
                                                                                                   [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Dansstudies                                    7                       DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

5.1      Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                          gebare; verhalende choreografie; stimulus;
                           multidissiplinêr; dansfusie/-samesmelting

         5.1.1       'n Dans wat 'n storie vertel                                            (1)

         5.1.2       'n Bron van inspirasie vir bewegings                                    (1)

         5.1.3       Meer as een kunsvorm wat in 'n danswerk gebruik word                    (1)

         5.1.4       Alledaagse bewegings wat 'n idee uitbeeld                               (1)

         5.1.5       Om verskillende dansstyle/-genres te kombineer                          (1)

5.2      5.2.1       Definieer improvisasie.                                                 (1)

         5.2.2       Maak 'n lys van VIER vaardighede en/of waardes wat jy deur
                     improvisasie ontwikkel het.                                             (4)

         5.2.3       Verduidelik hoe die vaardighede en/of waardes            wat    in
                     VRAAG 5.2.2 gelys is, jou kan bevoordeel in jou:

                        Toekomstige loopbaan
                        Persoonlike lewe
                        Rol in die samelewing                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Dansstudies                                8                           DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.3 en VRAAG 5.4.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

5.3      Verwys na die foto hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                             [Bron: https://pin.it/4LYEXsZ]

         Beskryf hoe jy die bewegings in die foto hierbo kan manipuleer deur
         danselemente en/of choreografiese strukture te gebruik.                               (7)

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Dansstudies                                 9                                DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

5.4      Verwys na die foto hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                   [Bron: https://ariellebobbwillis.com/woohahaomg]

         Beskryf hoe jy die beweging in die foto hierbo kan manipuleer deur
         danselemente en/of choreografiese strukture te gebruik.                                     (7)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Dansstudies                                  10                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID

6.1      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
         'onwaar' langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         6.1.1       Teaterdansvorms      word      slegs   op    prosceniumboog-verhoë
                     opgevoer.                                                                  (1)

         6.1.2       Beligting, klank en spesiale effekte is tipiese kenmerke van nie-
                     konvensionele dansruimtes.                                                 (1)

         6.1.3       Sosiale dans sluit almal in.                                               (1)

         6.1.4       Openbare areas is voorbeelde van terreinspesifieke dansruimtes.            (1)

         6.1.5       Genesing is 'n funksie van kulturele dans.                                 (1)

6.2      Bespreek die waarde daarvan om oor Suid-Afrikaanse inheemse danse te
         leer.                                                                                  (5)

6.3      Skryf 'n opstel oor jou hoofdansvorm wat die oorsprong daarvan, hoe dit
         ontwikkel het en wat dit in die toekoms kan wees, ondersoek.

         Noem jou hoofdansvorm.

         Gebruik die opskrif hieronder as die titel van jou opstel.

                            DESTYDS, NOU EN IN DIE TOEKOMS …                                    (15)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Dansstudies                                 11                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 7: DANSWERK

Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.

  INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                 DANSWERKE
         George Balanchine                                      Apollo
             Alvin Ailey                                      Revelations
          Martha Graham                                       Lamentation
         Christopher Bruce                                   Ghost Dances

  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                DANSWERKE
           Veronica Paeper                              Orpheus in the Underworld
           Vincent Mantsoe                                     Gula Matari
             Alfred Hinkel                                  Bolero OF Cargo
            Sylvia Glasser                                  Tranceformations
            Mavis Becker                                   Flamenco de Africa
             Hazel Acosta                                    Blood Wedding
           Gregory Maqoma                             Four Seasons OF Skeleton Dry

7.1      Noem die danswerk wat jy gekies het.

         7.1.1       Gee 'n sinopsis van die danswerk.                                        (4)

         7.1.2       Bespreek die rol van kleur in die kostuums wat deurgaans in die
                     danswerk gebruik word.                                                   (4)

         7.1.3       Bespreek of die musiek en/of begeleiding 'n invloed op die
                     danswerk gehad het, of nie. Staaf jou antwoord.                          (3)

         7.1.4       Verduidelik hoe die choreograaf die tema deur beligting,
                     stelontwerp en/of rekwisiete in die danswerk oorgedra het. Gee
                     gedetailleerde voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                 (8)

7.2      Hoe het hierdie danswerk, na jou mening, 'n invloed op jou as 'n Dansstudies-
         leerder gehad? Motiveer jou antwoord met voorbeelde.                                 (6)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Dansstudies                                  12                       DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 8: CHOREOGRAAF

Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.

    SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                     INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
               Alfred Hinkel                                   Alvin Ailey
             Gregory Maqoma                                Christopher Bruce
               Hazel Acosta                                George Balanchine
              Mavis Becker                                  Martha Graham
              Sylvia Glasser
             Veronica Paeper
             Vincent Mantsoe

Jou provinsie gaan 'n dansfees aanbied, wat een van die choreograwe in die
voorgeskrewe lys hierbo op die voorgrond gaan bring. Jy is gevra om die choreograaf
aan die gehoor bekend te stel voordat die choreograaf se werk opgevoer word.

Skryf 'n toespraak en sluit die volgende in:

'n Inleiding oor die choreograaf:

    Agtergrond
    Opleiding en dansloopbaan
    Bydrae tot dans in die samelewing

Hoe die choreograaf se choreografiese styl en/of danswerk beïnvloed is deur:

    Sosiale/Maatskaplike en/of politieke konteks
    Persoonlike invloede en/of medewerkings                                               [15]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            90
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Dance Studies · Memo · 2024 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/37cfc9c3-2b05-4d9b-b0d3-d775353a4d2b) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-d/e5b53a23-b281-4261-83a1-8ec9056a9ba3) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [Dance Studies May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2022-eng/6c4c06b4-6303-4c28-b55b-e5013eefb072) — Dance Studies · QP · 2021 · Eng
- [Dance Studies May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2022-afr/ff793711-6723-4e57-9439-71a800bf96a6) — Dance Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies PAT GR 12 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-pat-gr-12-2022-afr/eb935e23-88f3-4080-9bd5-7ddd6a239a7c) — PAT · 2022 · Afr
- [Dance Studies May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-mg-eng/4b73033f-53ae-4723-b09d-76531b5e20a5) — Memo · 2022 · Eng
- [Dance Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-eng/f7d3edf0-e3ae-492b-98f4-05b1015bb71d) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
