# Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                  NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dansstudies                                 2                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

 2.       AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
          • Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.

          AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
          • Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          • Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5. Indien jy albei vrae
            beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Lees elke vraag aandagtig deur en neem kennis van wat vereis word.

 5.       Lees die AKSIEWERKWOORD by elke vraag om te sien wat vereis word.

          AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
          LAEVLAK-VRAE: kies, dui aan, noem, verduidelik, skryf, verskaf, bespreek
          MEDIUMVLAK-VRAE: verduidelik, staaf, brei uit, besin, bespreek, beskryf,
          ontleed, saamstel, skryf
          HOËVLAK-VRAE: gee, identifiseer, brei uit, bespreek, verduidelik, staaf,
          evalueer, konseptualiseer, skryf

 6.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
          deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

 7.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:

          •   Slegs in een taal te skryf
          •   Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          •   Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
          •   Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar toepaslik

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Dansstudies                                     3                                   DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG                           2025

 VRAAG 1: BESERINGS

 1.1      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
          woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
          vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                    stresfraktuur; fisioterapie
                              kompressie; sementvloere; ligamente

          1.1.1       Enkel- en beenbeserings kan veroorsaak word deur op ... te dans.                     (1)

          1.1.2       Om 'n verband op 'n beseerde area te plaas, staan as ... bekend.                     (1)

          1.1.3       Weefsel wat been aan been heg, word ... genoem.                                      (1)

          1.1.4       'n Haarbreuk in die been word 'n ... genoem.                                         (1)

          1.1.5       'n Voorbeeld van 'n langtermynbehandeling vir 'n besering is ...                     (1)

 1.2      Verduidelik hoe die verkeerde toepassing van die volgende danstegniek(e) die
          risiko van besering kan verhoog. Staaf met voorbeelde.

          1.2.1       Oogfokus                                                                             (2)

          1.2.2       Landings                                                                             (2)

 1.3      Gee 'n opinie oor of jy SAAMSTEM or NIE SAAMSTEM NIE met die aanlyn
          opskrif hieronder. Staaf met voorbeelde.

                       'Word goeie postuur oorskat?'
               [Bron: https://www.theguardian.com/science/2023/aug/06/good-posture-back-pain-how-to-
                                                                                              avoid]       (6)
                                                                                                           [15]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Dansstudies                                 4                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

 2.1      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
          2.1.1      Neuromuskulêre              A die vermoë van die bolyf om beheer
                     vaardighede                   en balans te handhaaf

          2.1.2      Uithouvermoë                B die vermoë van die brein om
                                                   onmiddellik boodskappe na die
          2.1.3      Krag                          liggaam te stuur

          2.1.4      Kernstabiliteit             C die vermoë van die liggaam om vir
                                                   lang tydperke op te tree

                                                 D die vermoë van die liggaam om
                                                   krag teen swaartekrag uit te oefen
                                                                                  (4 x 1)      (4)

 2.2      Verduidelik hoe die volgende komponente van fiksheid gebruik word om
          beweging(s) in die dansklas uit te voer:

          2.2.1      Krag                                                                      (2)

          2.2.2      Kernstabiliteit                                                           (2)

          2.2.3      Uithouvermoë                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Dansstudies                                5                                DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 2.3      Ontleed die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    [Bron: https://za.pinterest.com/pin/488640628325489858/]

          2.3.1      Identifiseer DRIE neuromuskulȇre vaardighede en brei uit op hoe
                     hulle in die foto hierbo gebruik word.                    (3 x 2)             (6)

          2.3.2      Identifiseer die uitdagings waarvoor 'n danser met beperkte
                     soepelheid te staan kan kom wanneer hy/sy probeer om die
                     beweging(s) in die foto uit te voer.                                          (2)

          2.3.3      Verduidelik hoe die dansers soepelheid kon ontwikkel het om die
                     beweging(s) in die foto uit te voer. Staaf met voorbeelde.                    (2)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Dansstudies                                 6                               DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

 3.1      Kies VYF faktore wat in die plakkaat hieronder genoem word en brei uit op hoe
          ELKE faktor jou opvoering in die dansklas kan affekteer.

                                [Bron: https://za.pinterest.com/pin/44121271345062844/]             (5)

 3.2      Bespreek hoe die waardes en/of houdings wat in Dansstudies geleer word, kan
          help om stres te hanteer.                                                                 (5)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Dansstudies                                 7                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 4: DANSOPVOERING

 4.1      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ʹwaarʹ of
          ʹonwaarʹ langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          4.1.1      Vloeiendheid verwys na die gladde oorgange tussen bewegings.             (1)

          4.1.2      Projeksie verwys na die selfversekerde aanbieding van beweging.          (1)

          4.1.3      Dinamiese variasie verwys na die handhawing van dieselfde energie
                     regdeur 'n dans.                                                         (1)

          4.1.4      Koördinasie verwys na die gebruik van een liggaamsdeel op 'n slag.       (1)

          4.1.5      Akkuraatheid verwys na die uitvoer van bewegings met aandag aan
                     detail.                                                                  (1)

 4.2      Verduidelik hoe die volgende musiekterme beweging(s) kan beïnvloed:

          4.2.1      Tempo                                                                    (1)

          4.2.2      Ritme                                                                    (1)

          4.2.3      Frasering                                                                (1)

          4.2.4      Toonkleur                                                                (1)

 4.3      Besin oor jou graad 12-solo-opvoering en bespreek hoe jy jou liggaam gebruik
          het om bedoeling te kommunikeer.                                                    (6)
                                                                                              [15]

                                                               TOTAAL AFDELING A:             60

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Dansstudies                                8                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

 VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

 5.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers
          (5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          5.1.1      Dieselfde bewegings wat een na die ander herhaal word:

                     A   Asimmetrie
                     B   Kontakimprovisasie
                     C   Kanon                                                               (1)

          5.1.2      Die hoogtepunt of onvergeetlike oomblik van 'n danswerk:

                     A   Unisoon-beweging
                     B   Klimaks
                     C   Patroon                                                             (1)

          5.1.3      Voer dieselfde bewegings uit om balans en harmonie te skep:

                     A   Simmetrie
                     B   Stilte
                     C   Positiewe ruimte                                                    (1)

          5.1.4      Herhaalde bewegings wat die tema van die danswerk oordra:

                     A   Rigting
                     B   Negatiewe ruimte
                     C   Motief                                                              (1)

          5.1.5      Vorms wat deur twee of meer liggame geskep word:

                     A   Ineengevlegte vorms
                     B   Repetisie
                     C   Variasie                                                            (1)

 5.2      Beskryf VIER maniere waarop 'n joernaal jou met jou choreografiese proses
          kan help.                                                                          (4)

 5.3      Ontleed hoe die danselement krag gebruik kan word om bedoeling oor te dra.         (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Dansstudies                                  9                                DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5.
               Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

 5.4      Verduidelik die effek wat tegnologie op 'n choreografie kan hȇ. Staaf jou
          antwoord.                                                                                      (5)

                                             OF

 5.5      Evalueer hoe lewendige musiek en/of begeleiding 'n dansopvoering kan
          beïnvloed. Staaf jou antwoord.                                                                 (5)

 LET WEL:      VRAAG 5.6 is VERPLIGTEND.

 5.6      Konseptualiseer 'n choreografie deur die nie-konvensionele ruimte hieronder
          as 'n stimulus te gebruik.

                         [Bron: https://za.pinterest.com/pin/465630048993449586/]                        (8)
                                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Dansstudies                                10                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID

 6.1      Noem VYF funksies van dans.                                                        (5)

 6.2      Verduidelik die voordele van ELK van die funksies van dans wat in VRAAG 6.1
          genoem is.                                                                         (5)

 6.3      Stel gedetailleerde aantekeninge oor jou hoofdansvorm saam onder ELK van
          die opskrifte hieronder.

          Noem jou hoofdansvorm.

          6.3.1      Beginsels                                                               (5)

          6.3.2      Kenmerke                                                                (5)

 6.4      Gee jou opinie oor die invloede wat die hedendaagse samelewing op kulturele/
          inheemse dans het.                                                                 (5)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Dansstudies                                  11                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 7: DANSWERK

 Kies EEN danswerk wat jy uit die voorgeskrewe lys hieronder bestudeer het.

     INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                 DANSWERKE
                Alvin Ailey                                      Revelations
            Christopher Bruce                                   Ghost Dances
            George Balanchine                                      Apollo
             Martha Graham                                       Lamentation

     SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                DANSWERKE
                Alfred Hinkel                                  Bolero OF Cargo
              Gregory Maqoma                             Four Seasons OF Skeleton Dry
                Hazel Acosta                                    Blood Wedding
               Mavis Becker                                   Flamenco de Africa
               Sylvia Glasser                                  Tranceformations
              Veronica Paeper                              Orpheus in the Underworld
              Vincent Mantsoe                                     Gula Matari

 Noem die danswerk wat jy gekies het.

 Skryf 'n resensie oor die danswerk en sluit die volgende in:

 •    Sinopsis/Tema/Bedoeling
 •    Musiek en/of begeleiding
 •    Produksie-elemente
 •    Bewegingswoordeskat
 •    Simbolisme
 •    Toepaslikheid van die danswerk                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Dansstudies                                 12                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 8: CHOREOGRAAF

 Kies EEN choreograaf wat jy uit die voorgeskrewe lys hieronder bestudeer het.

   SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                    INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
              Alfred Hinkel                                  Alvin Ailey
            Gregory Maqoma                               Christopher Bruce
              Hazel Acosta                               George Balanchine
             Mavis Becker                                 Martha Graham
             Sylvia Glasser
            Veronica Paeper
            Vincent Mantsoe

 Noem die choreograaf wat jy gekies het en beantwoord die vrae wat volg.

 8.1      Verskaf SES feite oor die agtergrond van die choreograaf.                        (6)

 8.2      Bespreek hoe die choreograaf se invloede sy/haar professionele loopbaan
          gevorm het.                                                                      (4)

 8.3      Brei uit op die choreograaf se choreografiese eienskappe/styl.                   (2)

 8.4      Bespreek die choreograaf se bydrae tot dans.                                     (3)
                                                                                           [15]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          90
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Dance Studies · Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Dance Studies · Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93) — Dance Studies · QP · 2023 · Afr
- [Dance Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-eng/f7d3edf0-e3ae-492b-98f4-05b1015bb71d) — Dance Studies · QP · 2022 · Eng
- [Dance Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-afr/eb5cb006-08f7-4e97-923c-6edaea1d79d6) — Dance Studies · QP · 2022 · Afr
- [Dance Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-afr/13f4e292-2f45-4b33-a505-088d71e9df7e) — Dance Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng
- [Dance Studies May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2023-mg-eng/3bbb6d17-5693-46df-ba0e-ec7261d58eea) — Memo · 2023 · Eng
- [Dance Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2023-eng/a94d5c11-fc64-4973-9a09-8f3253289fc7) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
