# Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/f30335f4-8b96-44b4-948b-e91895310d14
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/f30335f4-8b96-44b4-948b-e91895310d14)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   ONTWERP V1

                                  MEI/JUNIE 2024

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                  2                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe.)

       Die lyn wat in FIGUUR A gebruik word, word gedefinieer en beheer en skep sterk
       en skerp motiewe. Herhaalde, reguit, rigiede, vertikale en horisontale lyne van
       verskillende diktes is sigbaar agter die sirkelvormige motiewe wat die ontwerp
       stabiliseer en 'n ruitagtige patroon skep. Die sigsag-patroonlyn in die horisontale
       band in die boonste helfte van die ontwerp bring energie en opwinding na die
       ontwerp. Sterk beweging word ook deur die dubbele ry horisontale, golwende
       lyne in die onderste kwart van die ontwerp voorgestel. Die lyne van die mielies is
       gestileerd en organies en voeg ritme by die ontwerp.
       Sterk, geometriese, sirkelvormige fatsoene oorheers die ontwerp en word gereeld
       herhaal om vertikale kolomme/pilare te vorm. Die impak van elke sirkel word
       versag deur die elegante (s-geboë) visfatsoene wat sentraal geplaas is. Die
       speelse organiese mieliefatsoene kontrasteer met die sterk geometriese sirkels.
       'n Wye omvang in toon word geskep deur die gebruik van verskillende lyndiktes,
       teksture en patrone wat 'n gevarieerde en opvallende ontwerp skep. Sterk,
       dramatiese kontraste van swart en wit is in die sirkelmotiewe sigbaar. 'n Digte
       krabbeltekstuur agter die mieliemotief vertoon as donkergrys en die herhaalde
       mieliepit-patroon vertoon as liggrys. Suiwer wit dele is sigbaar, bv. in die leë
       boekrolle/krulversierings voor die mielies en die agtergronde van die speelkaarte,
       wat die ontwerp lewendig maak.
       Die sirkelmotiewe is amper simmetries gebalanseerd omdat die reghoekige
       speelkaartfatsoene spieëlbeelde van mekaar vorm. Die asimmetriese visfatsoen
       breek die simmetriese balans nog verder. Die boekrol/krulversiering voor die
       mieliemotief is simmetries en formeel, maar die blare weerskante van hierdie
       mielies is nie 'n presiese spieëlbeeld van mekaar nie.
1.1.2 (Ken 2 punte toe.)
      Die ontwerp in FIGUUR A weerspieël 'n Suid-Afrikaanse identiteit omdat dit beelde
      gebruik wat bekende aspekte van Suid-Afrikaanse kulturele ikonografie is, soos die
      mielie, sardyne ('pilchards') en speelkaarte. Mielies is 'n stapelvoedsel en die
      mielie is 'n bekende Suid-Afrikaanse logo (die 'Ace'-handelsmerk) wat op
      mieliemeelpakke gebruik word. Die stêr en die sardyne herinner 'n mens aan die
      gewilde Suid-Afrikaanse 'Lucky Star'-blikkies met sardyne. Die swart en wit lyne
      wat horisontaal oor die ontwerp gaan, herinner 'n mens aan die bande wat op
      tradisionele Xhosa-rompe en -komberse gestik word.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                                    3                           DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

        V1.1 VLAK                 KOGNITIEWE                GEWIGS-       VRAE       PUNTE
                                VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                 (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                 30%          1.1.1        2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                       1.1.1        1
        Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer          40%        1.1.1        4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                         1.1.1        1
                      Evalueer, Besin/Nadink                    30%
                      Sintetiseer, Regverdig                               1.1.2        2
                                                  OF
1.2. 1.2.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe.)

       Die haarstyl in FIGUUR B gebruik 'n vloeiende, organiese sweepslaglyn in die dik
       vlegsel wat die organiese vroulike vorm beklemtoon. Hierdie dik, organiese lyn
       kontrasteer met die dun, spiraalvormige lyne wat in die verlenging aan die
       agterkant van die model se kop gesien kan word.
       Die toutjies hare op die model se skouer, tesame met die stukke wat uit die
       ingewikkelde sirkelvormige patroonverlenging uitvloei, skep 'n veeragtige, tasbare
       tekstuur. Die hare net bokant die model se oor het 'n plat, gladde tekstuur wat
       met die growwe tekstuur van die dik vlegsel bo-op haar kop kontrasteer.
       Wat funksionaliteit betref, is die haarstylontwerp wat in FIGUUR B gewys word,
       spesiaal geskep vir geleenthede soos troues of modevertonings. Daar kan
       geargumenteer word dat die haarstyl nie funksioneel is nie omdat dit nie
       gebruikersvriendelik is, en nie prakties vir die hele dag dra nie, veral as gevolg van
       die verlengde haarstukke.
       Die afwaarts geboë vlegsel wat aan die bokant van die model se kop begin, skep
       'n slangagtige beweging. Die vloeiende beweging word aan die agterkant van
       die kop voortgesit deur die herhaling van sirkels en omlyn deur 'n dun organiese
       gefatsoeneerde vlegsel wat in 'n diagonale rigting vanaf die dik vlegsel lê.
1.2.2 (Ken 2 punte toe.)
      Die term avant-garde verwys na idees of ontwerpe wat nuut is en anders is as die
      norm, en uitgelate raak in styl. Hierdie haarstyl is beslis nie die gewone soort
      haarstyl wat 'n mens sal dra nie, maar eerder 'n styl wat by 'n modeskou of
      gebeurtenis gebruik sal word.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
        V1.2 VLAK                KOGNITIEWE                GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                   (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%          1.2.1          2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                      1.2.1          1
        Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%          1.2.1          4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                        1.2.1          1
                      Evalueer, Besin/Nadink                 30%
                      Sintetiseer, Regverdig                              1.2.2          2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                 4                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1    (Ken 4 punte toe.)

2.1.1 (Ken 2 punte toe.)
      Tipografie: Die woord 'stronger' help om krag oor te dra (die boodskap van die
      plakaat) omdat dit in hoofletter-, vetdruk-, sans serif-lettertipe is. Die woord
      'stronger' word ook beklemtoon met die gebruik van 'n vergrote skaduwee omdat
      dit in 'n boksie met 'n donkerder skakering van turkoois geplaas is. Die gebruik
      van 'n donkerder turkoois teen die wit van die letters plaas verdere klem op die
      woord wat dit na die voorgrond druk.
       Beelde: Die prominensie van die tipografie, tesame met die visuele beeld van die
       baba wat die blok hout breek, beklemtoon die konsep van die geïmmuniseerde
       baba as 'n sterk baba. Die uitdrukking op die baba se gesig dra ook 'n gevoel
       van krag oor. Die krulle op die rande van die boksie skep lyne wat die oog van
       die kyker na die handeling van die baba in die middel van die plakkaat lei. Die
       plakkaat is bevooroordeeld aangesien dit daarop dui dat kinders wat deur die
       Gesondheidsdepartement geïmmuniseer is nie net gesonder is nie, maar ook fisies
       sterker en meer bekwaam is as dié wat nie geïmmuniseer is nie. 
2.1.2 (Ken 2 punte toe.)
      Die plakkaat maak gebruik van geslagsvooroordeel, deur die gebruik van ‘n blou
      kleur, stereotipies van ‘n seunskind  en deur die seun as fisies sterker en woes
      uit te beeld. Die geslagsvooroordeel wat deur die plakkaat gebruik word,
      beklemtoon dat karate slegs geskik is vir die seunskind. Die plakkaat maak
      gebruik van rassevooroordeel waar slegs 'n wit seunskind geïmmuniseer is en dus
      sterker en kragtiger is.
2.2   Ken 6 punte toe. (Ken 2 punte per kolpunt/aspek toe.)

       Sommige van die materiale wat in die sandaal in FIGUUR D gebruik word, is van
       gebruikte motorbande, terwyl die strandsandale in FIGUUR E nuut vervaardig is

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                      5                      DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

       van stereoskuim/EVA/saamgepakte spons/rubber en plastiek.  Izimbadada in
       FIGUUR D is geïnspireer deur die handgemaakte tradisionele Afrika-skoen wat

       van dierevel gemaak is, anders as die plakkie in FIGUUR E wat geïnspireer is
       deur toegang tot tegnologie, die beskikbaarheid van goedkoop materiaal en die
       gedagte daaraan om op die strand te ontspan. Izimbadada is beïnvloed deur die
       leersandale van die Klassieke tydperk, anders as die plakkie wat lyk asof dit
       geïnspireer is deur die blink plastiekprodukte van Pop-ontwerp en deur prettige
       aktiwiteite soos swem op die strand en die behoefte om in warm weer af te koel.
       Die oppervlakversiering van Izimbadada in FIGUUR D is handgemaak deur
       sigsag-lyne, swart-en-wit blokkies en driehoeke in die motorbandstroke te
       graveer. Dit kontrasteer met die versiering op die plakkie van FIGUUR E wat
       versier is met blomme wat meganies op 'n stik lap gedruk is en aan die plakkies
       vasgegom is.

       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte kan vir tabelvergelyking-
       response toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar
       kandidate twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante
       stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

        V2 VLAK                 KOGNITIEWE                 GEWIGS-     VRAE        PUNTE
                               VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%        2.2           2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    2.2           1
        Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer        40%       2.2           2
                                                                       2.1.2          2
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                      2.2           1
                      Evalueer, Besin/Nadink                  30%
                      Sintetiseer, Regverdig                           2.1.1          2

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                  6                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]
LET WEL: Slegs twee voorbeelde (3.1 en 3.3) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek word.
3.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe.)

      Die Kessena-kompleks/-kampong van FIGUUR G funksioneer as 'n klein dorpie;
      die gegroepeerde wonings bied beskerming aan 'n gemeenskap in 'n gebied van
      ongeveer een hektaar. Die huise het oor die algemeen klein kombuisies
      aangesien die kook van kos gewoonlik buite gedoen word. Binne die kompleks/-
      kampong is daar ook graanskure en altare wat aan die voorvaders opgedra is. In
      teenstelling funksioneer die Tempel van Bacchus in FIGUUR F nie as 'n plek om
      beskerming aan 'n gemeenskap te bied nie aangesien daar geen plek is vir 'n
      gemeenskap om te vergader nie. Dit is gebou om die mense van Libanon te
      inspireer, om hulle Romeinse gode te laat aanbid en om die kultusstandbeeld te
      huisves. Terwyl die tempel hoofsaaklik 'n plek van aanbidding was, sou dit
      ongetwyfeld hoë amptenare en moontlik selfs keisers tydens godsdienstige feeste
      en seremonies gehuisves het.
      Die tempel van Bacchus (FIGUUR F) is geïnspireer deur die kultus van Bacchus,
      die Romeinse god van wyn wat tydens Antoninus Pius, wat opdrag gegee het om
      die tempel te bou, se bewind in die Romeinse Ryk gewild geraak het. Die ontwerp
      van die tempel is gelei deur die algemeenste Romeinse argitektoniese plan wat
      deur hulle voorgangers, die Grieke, geïnspireer is. Hierdie invloed van Griekse
      argitektuur is sigbaar in die gebruik van rye kolomme wat die entablement, fronton
      en dak van die struktuur ondersteun. In teenstelling hiermee is die hoofinspirasie
      vir die argitektuur van die Kassena-woning (FIGUUR G) die behoefte om hulle teen
      vyande en die geharde Ghanese klimaat en omgewing te beskerm of te verdedig.
      Dit is duidelik uit die manier waarop die huise in ommuurde komplekse gebondel is,
      wat behuising aan die uitgebreide familie bied.
      Die Ghanese kultuur is ook 'n belangrike faktor wat die vorme van Kassena-
      wonings sedert die 16de eeu gelei het. Hulle reaksie hierop het daartoe gelei dat die
      ingange na hulle huise redelik klein is, wat gekeer het dat vyande binne kon sien of
      inhardloop. Verskillende vorme weerspieël ook sosiale status: vierkantige huise is
      vir gesinne, sirkelvormige huise vir oujongkêrels en syfer-agt-fatsoen-huise vir
      grootouers. Die reghoekige vorm van die Bacchus-tempel toon egter geen
      behoefte aan beskerming teen vyande nie. Dit is op 'n hoë podium/platform gelig
      om die belangrikheid van die Romeinse god te beklemtoon. 'n Ry Korintiese
      kolomme omsluit die hoof- reghoekige vorm van die tempel wat die cella bevat, die
      kamer wat die kultusbeeld van die godheid huisves aan wie die tempel opgedra
      is.
      Die materiaal wat gebruik is om die Tempel van Bacchus te bou, is plaaslik
      gegroefde klip, meestal wit graniet en wit marmer. Die lang, ongegroefde
      kolomskagte is van monoliete van hoogs gepoleerde, rooi Egiptiese graniet, met
      basisse en Korintiese pilaarkoppe van kalksteen, gemaak. Die kolomme is
      oorspronklik met yster aan mekaar gebind. Net so word die Kessena-wonings van
      plaaslike materiaal gebou. 'n Kombinasie van klei, grond, strooi en beesmis word
      saam gemeng om die sterk pottebakkeryagtige strukture te skep. Laag op laag

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                 7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

      word bygevoeg, wanneer nodig, om die nodige muurdikte in stand te hou om
      reënstorms en uiterste temperature te weerstaan.
     Elke Kessena-huis is ingewikkeld versier met 'n mengsel van handgeverfde
     geometriese patrone, illustratiewe tekeninge en bas-reliëfs wat vol simboliek is.
     Die patrone word geverf met gebruik van gekleurde modder en kryt, 'n organiese
     materiaal wat op terrein gevind word en wat eindeloos weer aangewend kan word.
     Hulle kan omtrent enigiets illustreer, van voorwerpe wat in die daaglikse lewe
     gebruik word, tot godsdiens en oortuigings, tot dekoratiewe patrone, wat help om
     een huis van 'n ander te onderskei. Die verf maak elke huis uniek en vertel 'n
     storie van die lewe van die Kassena-mense. Die dekoratiewe uitsnywerk op die
     Tempel van Bacchus vertel ook 'n verhaal, maar nie dié van die Romeine wat daar
     aanbid het nie: dit is die verhaal van die gode wat hulle aanbid het. Die ryk
     gesnede entablement sluit 'n argitraaf met 'n driebandfries in, wat afwisselend met
     bulle en leeus versier is met die kroonlys versier met geometriese en
     blompatrone. Die mure is versier met dansende, wilde vroue wat aan Bacchus
     toegewy is. Die binnemuur van die middeskip is in baaie/uitbousels ingedeel deur
     gesuperponeerde Korintiese pilasters (halfkolomme) wat 'n reeks gesuperponeerde
     nisse skep wat oorspronklik met standbeelde gevul sou wees.
                                             OF
3.3 VERGELYKING TUSSEN 'N KLASSIEKE GEBOU EN 'N KONTEMPORÊRE
    GEBOU
     Geboue gekies: antieke Tempel van Bacchus van Libanon en kontemporêre
     Heilige Familie-heiligdom ('Holy Family Shrine')

      Die Tempel van Bacchus, VHJ 150–250, het gefunksioneer as 'n manier om
      ontsag by die antieke mense van Libanon aan te wakker, om hulle die Romeinse
      godheid te laat aanbid en om die kultusstandbeeld van Bacchus te huisves.  Die
      kultusstandbeeld van Bacchus, die god van wyn, is in die middeskip van die tempel
      gehou; daar is geen plek vir 'n gemeenskap om in die tempel te vergader nie. In
      teenstelling hiermee funksioneer die Heilige Familie-heiligdom ('Holy Family
      Shrine') as 'n plek wat sy gemeente na binne nooi om die Katolieke geloof te
      ontwikkel en te herontdek. Die afgesonderde ruimte stel die aanbidders in staat
      om die komplekse invloede van buite, wat die oorspronklike bedoelings van die
      geloof verdraai, te vermy.
      Die tempel van Bacchus is geïnspireer deur die kultus van Bacchus wat tydens
      Antoninus Pius se bewind in die ryk gewild geraak het. Die ontwerp van die
      tempel is gelei deur die algemeenste Romeinse argitektoniese plan wat deur hulle
      voorgangers, die Grieke, geïnspireer is. Hierdie invloed van Griekse argitektuur
      is sigbaar in die gebruik van rye kolomme wat die entablement, fronton en dak van
      die struktuur ondersteun.. Die Heilige Familie-heiligdom is geïnspireer deur die
      begeerte van 'n Rooms-Katolieke Kerk se gemeente om 'n toevlug te bou vir

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                  8                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

      reisigers en ander mense wat 'n plek van rus en meditasie soek, om te bid en die
      Katolieke geloof te ontdek.

      Die reghoekige vorm van die Bacchus-tempel word op 'n hoë podium/platform gelig
      wat die belangrikheid van die god beklemtoon waaraan die tempel toegewy is,
      d.w.s. Bacchus, die Romeinse god van wyn.  Die randmuur is versier deur 'n
      kolonnade van Korintiese kolomme wat die reghoekige vorm van die tempelcella,
      die kamer wat die kultusbeeld van die godheid aan wie die tempel opgedra is,
      gehuisves het.  Die heiligdom is op 'n heuwel geleë, maar die vorm daarvan is
      nie onmiddellik sigbaar nie. Die heiligdom word deur 'n grotagtige ondergrondse
      besoekersentrum genader.  Hierdie toegangspad na die heiligdom is ook
      simbolies van Christus se graf.  Die lang, vertikaal verlengde vorm van die
      struktuur is 13,5 m by sy hoogste punt, wat daaraan 'n grafagtige voorkoms gee. 
       Die materiaal wat gebruik is om die Tempel van Bacchus te bou, is plaaslik
       gegroefde klip, meestal wit graniet en wit marmer. Die lang, ongegroefde
       kolomskagte is van monoliete van hoogs gepoleerde, rooi Egiptiese graniet, met
       basisse en Korintiese pilaarkoppe van kalksteen, gemaak. Die kolomme is
       oorspronklik met yster aan mekaar gebind. In teenstelling met die soliede,
       stewige, vertikale kolomme van klipmateriaal wat in die Bacchus-tempel gebruik is,
       gebruik die Heilige Familie-heiligdom hout en glas as materiale.  Die heiligdom
       se delikate houtstruktuur het geboë kappe van byna vyftien meters hoog wat op 'n
       trasering-agtige manier verweef wat soos koring lyk, simbolies van die Eucharistie,
       wat in 'n veld heen en weer waai.  Die kapel se glasfasades bied ononderbroke
       uitsigte oor sy afgesonderde omgewing en die Platteriviervallei verder. 
       Die dekoratiewe uitsnywerk op die Tempel van Bacchus vertel ook 'n verhaal,
       maar nie dié van die Romeinse mense wat daar aanbid het nie: dit is die verhaal
       van die gode wat hulle aanbid het. Die ryk gesnede entablement sluit 'n argitraaf
       met 'n driebandfries in, wat afwisselend met bulle en leeus versier is met die
       kroonlys versier met geometriese en blompatrone. Die mure is versier met
       dansende menades en die wilde vroue wat aan Bacchus toegewy is. Die
       binnemuur van die cella is in baaie/uitbousels ingedeel deur Korintiese pilasters
       (halfkolomme) wat 'n reeks gesuperponeerde nisse skep wat oorspronklik met
       standbeelde gevul sou wees. Die Heilige Familie-heiligdom het 'n dekoratiewe
       beeld van die Heilige familie wat op 'n stuk glas geëts is wat prominent voor die
       kapel geplaas is. Die binnekant van die heiligdom word deur 'n sentrale
       dakvenster verlig wat 'n dekoratiewe, spiraalvormige standbeeld van vlekvrye staal
       ondersteun.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking van 'n
       Klassieke en kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke en 'n
       Inheemse Kennisstelsels(IKS)-geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer
       het.
       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-
       response toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar
       kandidate twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante
       stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                    9                         DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

        V3 VLAK                  KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE         PUNTE
                                VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                 (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                     3             3
        Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%         3             4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                                     1
                      Evalueer, Besin/Nadink                 30%         3
                      Sintetiseer, Regverdig                                           2

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1    Ken 20 punte in totaal toe.
       Ken 10 punte toe vir elke beweging: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede
       en kenmerke, 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1 punt vir
       die naam van 'n ontwerper en die ontwerpproduk en 2 punte vir verwysing na
       die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging.

       KUNS-EN-KUNSVLYTBEWEGING
       Gedurende die Victoriaanse era het baie fabriekseienaars en masjienoperateurs
       ontwerpe vervaardig wat swak smaak en vol onnodige detail was. Die Kuns-en-
       Kunsvlytbeweging het ten doel gehad om minderwaardige massavervaardigde
       goedere wat oorontwerp en vol onnodige detail was, te verwerp en om
       handvervaardigde produkte van gehalte te skep. Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging
       het die natuurlike eenheid tussen vorm, funksie en versiering beklemtoon, en
       hulle ontwerpe eenvoudig, elegant en funksioneel gehou. Morris het die siening
       ontwikkel dat ontwerp daarop gemik moet wees om beide mooi en funksioneel te
       wees. Die beweging het ten doel gehad om die kapitalistiese industriële
       produksie wat op die maak van geld gebaseer was, te veroordeel. Hulle doel
       was om die vakman by die volledige ontwerp- en produksieproses te betrek en om
       'n eergevoel na hulle werk terug te bring.

       John Ruskin en William Morris, wat die medestigters van die Kuns-en-
       Kunsvlytbeweging en hulle humanistiese ontwerpe was, het die Kuns-en-Kunsvlyt-
       ideale sterk beïnvloed. Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging is beïnvloed deur die
       gebruik van spitsboë, loodglasvensters en torings van Middeleeuse Gotiese
       argitektuur en die Gotiese klem op Christelike morele waardes. Hulle is ook deur
       die gebruik van plaaslike of natuurlike materiale van die English Cottage-styl en
       hulle geloof in 'waarheid tot materiale' beïnvloed.

       'n Stilistiese eienskap van die Kuns-en-Kunsvlytbeweging was om op
       vakmanskap van 'n hoë gehalte te fokus, die gebruik van natuurlike materiale en
       om hierdie materiale op 'n eerbare manier te gebruik. Dit beteken dat die voeë
       en vervaardigingsmerke sigbaar is en nie met dekoratiewe elemente bedek of
       versteek is nie. In lyn met die Kuns-en-Kunsvlyt-styl is ontwerpe eenvoudig,
       elegant en funksioneel gehou en gebrandskilderde glas, hout, tekstiele en
       natuurlike baksteen was gewilde materiale. Alle papier, ink en tekstielontwerpe is
       met die hand vervaardig, deur organiese materiale te gebruik, en die resultaat is
       volledige beheer oor die gehalte en produksie van ontwerp. Hulle onderwerpe is
       geneem uit die plante, diere en die voëls van die natuur, en dit kan veral gesien
       word in muurpapier en tekstielontwerp.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                 10                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

       Die Hexagona Leather Top Library Table Gustav Stickley (Engeland), 1906
       toon handwerk van 'n goeie gehalte. Sy eerlike gebruik van natuurlike en plaaslike
       materiale (donker gesaagde eikehout met 'n fyn, oorspronklike afwerking en
       oorspronklike leerblad met al die oorspronklike stoffeerspykers op hulle plekke)
       weerspieël die karakter van Kuns en Kunsvlyt baie duidelik. Die seskantige blad,
       geboë skorte en stoffeerspykers weerspieël vroeë Middeleeuse en Gotiese
       verwysings. By die keep/kerf met 'n sentrale fasetpen sien ons duidelik hoe die
       tafel se pote verbind is. Die voeë en vervaardigingsmerke is sigbaar en nie met
       dekoratiewe elemente bedek of versteek nie. Ontwerpe is eenvoudig, elegant en
       funksioneel gehou.
       POPKUNS & ONTWERP
       Popkuns & Ontwerp aanvaar nuwe ideale, sienings en perspektiewe. Die Popkuns
       & Ontwerp-beweging het weggebreek van die tradisionele idee van 'hoë' kuns en
       in die voetspore van Dada verder gegaan, waar populêre smaak, kitsch of slegte
       smaak as aanvaarbaar beskou word. Popkuns & Ontwerp-produkte
       verteenwoordig 'n anti-ontwerp-styl wat konvensies en norme verwerp het en ten
       doel gehad het om 'n beroep te doen op die Amerikaanse en Engelse
       massaverbruiker van die 1960's. Popkuns & Ontwerp se doel was om ontwerpe
       te skep wat vir 'n wyer mark toeganklik was.
       Popkuns & Ontwerp was 'n anti-ontwerp-beweging wat uit Pop-kultuur en Optiese
       Kuns gegroei het. Popkuns & Ontwerp word beïnvloed deur die gebruik van
       alledaagse ontwerpe en kultuur. Hulle is deur Pop-kunstenaars, soos
       Andy Warhol, Roy Lichtenstein, modeontwerper/model Mary Quant met haar
       minirompe en ook gewilde strokiesprentboeke beïnvloed. Die ruimtetydperk,
       wetenskapsfiksie, ruimtereise en die ruimtewedloop was verdere invloede. Die
       vaartbelynde bak- en stertvinne van die Cadillac Eldorado deur Harley Earl
       verteenwoordig die ruimte-eeu se invloed en die karakter van Pop-ontwerp
       goed. Dit is beïnvloed deur massaverbruikerswese, die advertensiebedryf, TV en
       populêre musiek. 'n Ander groot invloed was Milton Glaser wat die verbeelding
       van 'n generasie aangegryp het met sy gestileerde kromlynige en soms
       psigedeliese tekeninge; vet, helder en plat kleur. Ander invloede was gewilde
       kitskoshandelsmerke, soos sopblikkies en Brillo-bokse, wat deur Andy Warhol
       gebruik is. Popkuns-ikone, soos Elvis Presley, Marilyn Monroe en James Dean,
       is deur die tienergenerasie aanbid. 
       Kenmerkend gebruik Pop-ontwerp helder, lewendige kleure om prettige, gevatte,
       satiriese en vrolike produkte te skep. Aspekte van verskeie kunsbewegings is
       eklekties geïnkorporeer, soos die jukstaposisie wat in Surrealisme gebruik word en
       die eenvoudige kolletjie- en lynpatrone wat in Op-kuns of Kinetiese Kuns gebruik
       word. Pop-ontwerpe het op materiële gerief of welvaart gefokus. Om hierdie
       kitsch ontwerpe te skep, moes hulle goedkoop, massavervaardigde moderne
       materiale gebruik, veral spuitgegote plastiek.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                   11                        DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

       Piero Fornasetti-sytafeltjie (Italië), 1967.
       Piero Fornasetti het 'n driepoottafel ontwerp met 'n tafelblad wat duidelik deur die
       patrone in Bridget Riley se Optiese Kuns geïnspireer is. Hy bring hulde aan haar
       ikoniese gebruik van vet, swart-wit kinetiese patrone. Hierdie gevatte,
       verbeeldingryke meubelstuk verteenwoordig duidelik die karakter van Pop-
       ontwerp.
        V4.1 VLAK                KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE        PUNTE
                                VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                (20)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%        4.1           2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                  4
        Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        4.1           8
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                                    2
                      Evalueer, Besin/Nadink                 30%        4.1           4
                      Sintetiseer, Regverdig

4.2   [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe.)

       Die Bauhaus-rusbank is beïnvloed deur De Stijl se oortuiging om alle nie-
       noodsaaklike kenmerke of oortollige versiering te verminder om die noodsaaklikste
       meetkundige vorme, lyne en kleure te vind. 'n Verdere invloed was Paul Cezanne
       se vervlakking van geometriese fasette en die Konstruktiviste se gebruik van
       geometriese abstraksie en geloof in maksimum reduksie. Soos De Stijl, gee die
       rooi leer-Bauhaus-rusbank voorkeur aan basiese, suiwer, geometriese vorme, reguit
       lyne en gladde oppervlakke om onpersoonlike, masjienagtige produkte te skep. Die
       Art Deco-rusbank toon 'n eklektiese invloed, wat die geometriese vorme van
       Kubisme, die masjienstylvorme van Konstruktivisme en hulle gebruik van
       geometriese abstraksie insluit, en Futurisme, wat die vaartbelynde of aërodinamiese
       fatsoene en vorme wat in die rusbank sigbaar is, beïnvloed het. .
       Die Bauhaus-rusbank bestaan slegs uit geometriese vorme (die hoofdeel van die
       bank bestaan uit reghoekige en sirkelvormige vorme). Die rusbank se vorm toon
       duidelik harmonie tussen suiwer, eenvoudige en funksionele vorme. Die gebruik van
       geometriese fatsoene en lyne wat gerangskik is om 'n geordende, stabiele
       komposisie te skep, verhoog ook 'n sin van formaliteit. Die Art Deco- langwerpige,
       slank rusbank met kromlynige armleunings help om beide spoed en elegansie uit te
       beeld. Die vorme is solied, geometries en swaar, wat tot die grootse, veeleisende,
       dominante voorkoms bydra. Die geronde, geboë vorme van die armleunings kan

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                  12                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

       deur die studie van aërodinamika beïnvloed word. Hulle bedoeling was om 'n
       slanke en nietradisionele vorm te skep wat rykdom en sofistikasie simboliseer.
       Bauhaus-kleure word verminder tot die primêre kleure (geel, rooi en blou) en die
       neutrale kleure (swart, grys en wit) om die algemene doel van eenvoud te
       ondersteun. In die Bauhaus-rusbank deur Robert Slezak word die kleure tot die
       primêre rooi kleur en 'n neutrale wit afwerking verminder. Die silwer buis en die
       wit afwerking is albei neutrale kleure wat kalmte uitstraal, maar wat ook 'n sterk en
       dramatiese element byvoeg. In die Bauhaus-rusbank word oppervlakke soos die
       hout en verchroomde staal in hulle oorspronklike kleur gelaat. Die Art Deco-
       rusbank gebruik 'n donkerkleurige fluweelbekleedsel om 'n dramatiese, teatrale
       impak te skep. Die verniste oppervlak van die geronde armleunings en ingelegde
       hout skep 'n dramatiese kontras met die fluweelbekleedsel.
       Bauhaus het gefokus op die gebruik van industriële materiale soos buisvormige
       verchroomde staal, en die leer van hierdie rusbank is industrieel gebind. Hulle
       'waarheid tot materiale'-filosofie kan gesien word in hulle gebruik van ongeverfde,
       blootgestelde materiale, bv. staalbuise vir die rusbank se pote. Die Art Deco-
       rusbank weerspieël hulle liefde vir nuwe materiale en prosesse om die moderne
       era en tegnologiese vooruitgang te weerspieël. Die Art Deco-rusbank weerspieël
       moderne tegnologie in die gebruik van duur materiale soos vernis en
       houtinlegsels. Die Art Deco-rusbank volg die smaak van die groeiende
       middelklas wat meubels nodig gehad het wat gemaklik, elegant en glansryk was
       Die Art Deco-rusbank toon die gebruik van verskillende fineerinlegsels, soos
       ebbehout, kwas-okkerneut, esdoring of essehout, en ander eksotiese houtsoorte,
       soos Brasiliaanse jakaranda, sebrahout, palmhout, koromandel, Amerikaanse
       plataan, Amboina en mahonie.
       Die Bauhaus-rusbank volg ongetwyfeld die 'Keep it Simple'-konsep omdat hulle
       'verwarring en rommel' verwerp het om 'minder is meer'-, minimale, eenvoudige en
       funksionele ontwerpe te skep wat die Masjientydperk weerspieël. Die Bauhaus-
       rusbank is hoofsaaklik binne Minimalistiese, koue interieurs gebruik wat 'n
       industriële voorkoms weerspieël het. Die Art Deco-rusbank is baie versier en
       toon duidelik die impak van die Masjientydperk en vaartbelynde ontwerpe wat deur
       die aërodinamika in Futurisme geïnspireer is. Die Art Deco-rusbank fokus op
       gemak en luuksheid aangesien hierdie banke veral geskik was vir rolprentteaters,
       seevaartuie, bote en die argitektuur van treinstasies en wolkekrabbers. Die
       armleuning van die rusbank toon aandag aan detail, gebruik van verskillende
       gepoleerde fineerinlegsels en die behoefte om ontwerp te skep wat weelde
       weerspieël. Hulle het nie by die konsep van 'Keep it Simple' gehou nie
       aangesien die rusbank eklektiese stilistiese invloede uit verskeie lande toon, bv.
       gestileerde plantvorme uit Egipte en kunsbewegings, bv. geometriese vorme uit
       Kubisme.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-
       response toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar
       kandidate twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante
       stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                  13                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

       V4.2 VLAK                KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE         PUNTE
                               VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                 (10)
       Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%        4.2            2
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                   1
       Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        4.2            4
       Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                                     2
                     Evalueer, Besin/Nadink                 30%        4.2
                     Sintetiseer, Regverdig                                           1

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
            KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

5.1.1 (Ken 4 punte toe.)
      Uitleg: Die jong seun word in die middel van die plakkaat geplaas om die fokus te
      rig op sy lot dat hy nie vinnige toegang tot water het nie. Hy word omring deur
      die leë ruimte wat oordra dat hy geïsoleerd, eensaam en verlate is.
      Toon: Die plakkaat word oorheers deur 'n donker toon wat 'n somber en ernstige
      toon weergee. Die jong seun en die teksboodskap word beklemtoon deur die
      ligte tone wat op hulle val.

5.1.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van
      'n ontwerper en die ontwerpproduk, 5 punte vir 'n bespreking van die
      doelwitte, materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die
      ontwerpvoorbeeld.

      EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

      Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een ontwerp-
      produk:
      Die Keiskamma-geskiedenis-altaarstuk deur die Keiskamma Kunsprojek

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                 14                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

      Doelwitte en/of ontwerpmateriaal en -tegnieke
      Die Keiskamma Kunsprojek is 'n gemeenskapsprojek in 'n klein, geïsoleerde,
      plattelandse dorpie met die naam Hamburg (Oos-Kaap). Die Kunsprojek skep
      werk in 'n gebied waar daar baie min opsies is om geld te verdien. Dit stel vroue
      van die gebied in staat om hulle waardigheid terug te eis deur hulle stories in
      tapisserieë deur ontwerp, teken en borduurwerk te vertel. Die vroue sit saam en
      skep saam, en dit dien as 'n soort ondersteuningsgroep.

      Die Keiskamma Trust is in die vroeë 2000's deur dr. Carol Hofmeyr gestig, 'n
      mediese dokter met 'n meestersgraad in drukkuns. Hofmeyr het begin om kuns en
      kunsvlyt aan 'n handjievol vroue te leer wat begin het deur die plastieksakke wat
      in die dorpie rondgestrooi gelê het, bymekaar te maak. Hulle het hoede en sakke
      daarvan gehekel.  Die hooffokus was gevolglik op die skep van tapisserieë met
      gebruik van borduurwerk.

      'n Analise van die ontwerpvoorbeeld/-produk van jou gekose ontwerper/
      ontwerpgroep en 'n verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
      kwessie(s) aanpak

      Die Keiskamma-geskiedenistapisserie is deur die Bayeux-tapisserie geïnspireer, 'n
      skilderagtige weergawe van die verowering van Engeland deur die Franse, en is
      126 meter lank, permanent vertoon in die Suid-Afrikaanse Parlementsgebou in
      Kaapstad. Dit vertel die verhaal van die amaXhosa- en San-mense, vanaf hulle
      oorsprong, deur Britse en Apartheidsregering, tot die vrylating van Nelson Mandela
      na 28 jaar in die tronk.

      'n Lang tydperk is daaraan gewy om te leer oor die geskiedenis van die plaaslike
      mense, met insette van akademiese historici en uit die verhale wat deur die
      amaXhosa-oues van die dorpe oorgedra is. 'n Oorhoofse plan is ontwerp, wat uit
      gestikte panele bestaan, en wat elk 'n spesifieke storie vertel. Dit het die hande
      van 100 vroue van Hamburg en sy omliggende areas een jaar geneem om die
      tapisserie te maak. Die Keiskamma-tapisserie is geborduur op 'n agtergrond van
      kleedstof wat die aarde se kleur het en langer as die Bayeux-tapisserie is. Die
      beelde is tussen rande van geometriese friese vasgestik. Die waarneming van
      plantegroei, diere en mense is deurgaans intens. Deur swart steke op 'n
      eenvoudige agtergrond te gebruik, het die kunstenaars tradisionele krygers baie
      meer gesofistikeerd as dié van die Bayeux-tapisserie geskep. Dit is net so
      dramaties soos die gestileerde beelde van krygers op antieke Griekse vase.

      Hierdie massiewe kunswerk is 'n bron van trots vir diegene wat dit saam met hulle
      gemeenskappe geskep het. Dit het gehelp om mense oor die Suid-Afrikaanse
      geskiedenis te leer en is internasionaal bekroon. Alhoewel die tapisserie en
      panele dikwels gesamentlike samewerking is, is almal wat betrokke is, erken, met
      hulle name daarin gestik. Die projek het naaldwerkgeleenthede gebied met elke
      vrou wat volgens haar bydrae betaal is. Die voltooide tapisserie het 'n erfenis van
      trots en vertroue in die gemeenskap gelaat. Die werk word deur baie as 'n
      nasionale skat beskou en as 'n belangrike weergawe van die geskiedenis.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                           15                    DBE/Mei/Junie 2024
                               SS/NSS – Nasienriglyne

      EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

      Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en EEN ontwerp-
      produk:
      GEN-1-rolstoelontwerp deur Free Wheelchair Mission

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Ontwerp/V1                                  16                            DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

      Doelwitte en/of ontwerpmateriaal en -tegnieke
      Die niewinsgewende humanitêre organisasie Free Wheelchair Mission pak aktief
      basiese mobiliteitsbehoeftes in ontwikkelende lande aan met koste-effektiewe en
      duursame rolstoel-ontwerpe. GEN_1 het opslae gemaak vir sy eenvoudige, dog
      revolusionêre, herbou van 'n wit plastiekstoel in 'n veeldoelige mobiliteitsinstrument
      vir die minderbekwame persoon. 

      Gegewe die moeilike lewensomstandighede wat verskeie derdewêreldstreke teister,
      is GEN_1 'ontwerp vir gebruik op 'n ruwe terrein', verduidelik die organisasie. 'Dit
      verskaf basiese mobiliteit aan 'n wye reeks ontvangers, en dit word oor die
      algemeen aanbeveel vir diegene wat nie aanpassings aan die rolstoel nodig het om
      met liggaamsondersteuning te help nie.'

      Na 20 jaar se diens het die niewinsgewende organisasie 1,3 miljoen rolstoele in
      94 lande versprei. 

      'n Analise van die ontwerpvoorbeeld/-produk van jou gekose ontwerper/
      ontwerpgroep en 'n verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
      kwessie(s) aanpak

      Die GEN_1-model, met 'n gewig van 17,4 kg, kombineer 'n wit plastiekstoel sonder
      pote, 'n swart staalraam en 24-duim-agterwiele met 'n medium loopvlak en 'n
      opblaasbare binneband. Met inagneming van die behoeftes van die gestremde
      persoon het Free Wheelchair Mission groot rubberwiele as voorwiele gebruik en het
      'n onafhanklike staalsluitstelsel op elke agterwiel vir stabiliteit en veiligheid
      bygevoeg. Dit bied ook 'n opsionele oor-die-skouer- 5-punt-harnas wat help om 'n
      veilige sitplek te bied vir kleiner ontvangers en ontvangers wat bykomende
      liggaamsondersteuning benodig.

      Die plastiekstoel het 'n UV-bestande sitplek met die rugleuningkomponent gemaak
      van spuitgegote polipropileen-hars wat aan die swart staalraam heg. Die NRO het
      'n verstelbare voetsteun ingebou wat vir vier verskillende beenlengtes geskik is.
      Gebruikers kan dit draai soos nodig, vorentoe of agtertoe.

      Die GEN_1 in nie aanmekaargesit nie, maar is maklik aan mekaar te sit; dit neem
      ongeveer 15 minute om saam te stel. Volgens Free Wheelchair Mission is die
      rolstoel ontwerp om 3 tot 5 jaar se diens met normale gebruik te lewer, mits dit
      behoorlik in stand gehou word. 'n Moersleutel, lugpomp, heelmaakstelletjie en
      ontvangerhandleiding vir instandhouding tuis, plus kontakinligting vir plaaslike
      hulpbronne (indien diens, instandhouding, verdere opleiding of inligting benodig
      word), word aan elke ontvanger gegee.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

       V5.1 VLAK                KOGNITIEWE                GEWIGS-        VRAE         PUNTE
                               VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                    (20)
       Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                   5.1.1 + 5.1.2    2+4
       Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%           5.1.2         8
       Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                         5.1.1         2
                     Evalueer, Besin/nadink                 30%           5.1.2         2
                     Sintetiseer, Regverdig                               5.1.2         2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Ontwerp/V1                                  17                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

5.2
5.2.1 (Ken 10 punte toe.)
      Ken 1 punt vir die tradisionele handwerk/inheemse kulturele gemeenskap,
      6 punte vir 'n bespreking van die materiale, metodes en prosesse en 3 punte
      vir die sosiale waarde en funksie van die handwerk toe.

      Mandjieweef het groot kulturele betekenis vir die isiZulu-mense. Mandvleg word
      met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite regdeur die Zoeloe- kulturele tradisionele
      lewe geassosieer, wat feitlik elke huishoudelike, sosiale en godsdienstige funksie
      raak. Een spesifieke voorbeeld is die Iqutu (kruiemandjie).

      Wat materiale en metodes betref, word 'n verskeidenheid volhoubaar geoesde
      plantmateriaal gebruik om verskillende soorte Zoeloemandjies te skep. Natuurlike
      materiale, soos die ilala, word gebruik in die prosesse om die mandjies te skep.
      Ilala-palmblare word versamel, in repe geskeur, natuurlik gekleur en dan opgehang
      om droog te word terwyl wewers ander materiaal voorberei. Die palmblare het 'n
      wasagtige laag wat dit ideaal maak vir die weef van waterdigte mandjies. Daar is
      'n verskeidenheid materiaal wat deur die wewers gebruik word, soos Isikonko
      ('n gras), Nwebe (die bas van die wilde piesangboom) en Imizi ('n watergras).
      Slegs natuurlike groentekleurstowwe word gebruik om die palmblare te kleur. Die
      kleurstowwe word verkry deur wortels, blare, bessies, boombas en/of ander
      organiese materiaal van inheemse plante te kook. Gedroogde Ilala-blare is
      roomkleurig; verskillende streke en wewers gebruik verskillende kleure. Die
      individuele kleur se intensiteit en versadiging (die helderheid van die kleur) hang af
      van die tydsduur wat die grondstof in die verfbad geweek is.

      Oor die algemeen is elke mandjie uniek in grootte, fatsoen, patroon, wewing en
      kleur, en die vorme en funksies van Zoeloe-mandjieweef is nou verwant. Hulle
      funksie is vir beide huishoudelike en rituele doeleindes. Die Iqutu-mandjies,
      byvoorbeeld, is die kleinste van die Zoeloe-mandjies. Dit is nie waterdig geweef nie,
      en hulle funksioneer as berging vir gedroogde kruie, vir beide kook- en medisinale
      doeleindes. Iqutu word tipies deur ouer meesterwewers, wat 'AboGogo' genoem
      word, geweef.

      Mandjieweef is 'n vorm van storievertelling sonder woorde deur die gebruik van
      tekens, simbole en beelde. Tradisionele kunsvlyt is van groot kulturele, sosiale,
      politieke en historiese waarde deurdat dit mense met hulle geskiedenis, kulturele en
      sosiale tradisies en hulle voorgeslagte herenig. Ons eer vorige tradisies en
      mense deur inheemse kennis oor te dra.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Ontwerp/V1                                    18                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

5.2.3 (Ken 10 punte toe.)
      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerp/ontwerpgroep en die naam van die
      ontwerpproduk, 6 punte vir 'n bespreking van die materiale, metodes en
      prosesse en 3 punte vir die sosiale waarde en funksie van die handwerk toe.

     Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre ontwerpproduk
     'Alfredo's Light' deur Mash-T-ontwerp-ateljee, deur Thabiso Mjo gestig
     Doelwitte van die ontwerper/ontwerpgroep
     Mash-T se doel is om bekroonde meubels, beligting en bykomstighede te skep wat
     Afrika-handwerk vier. Die ontwerpgroep het ook 'n passie vir samewerking en
     ondersteuning van die plaaslike ontwerptoneel wat gelei het tot vennootskappe met
     kunsvlytmakers, soos meesterwewer, Beauty Ngxongo, en Qaqambile Bead
     Studio. Die vennootskappe moedig die voortsetting van tradisionele kunsvlyt aan
     en kan ook werk verskaf aan die individue wat die kunsvlyt beoefen.
     Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep
     Die ontwerpgroep word beïnvloed deur Zoeloe-telefoondraadmandjies, bekend as
     'Imbenge'-mandjieweef. Hierdie mandjies word dikwels deur tradisionele
     kralewerkpatrone met sosiale of persoonlike betekenis geïnspireer. Histories is
     herwinde telefoondraad, wat soms 'scooby-doo'-drade genoem word, vir die
     mandjies gebruik. Mash-T word verder deur die kombinasie van moderne
     tegnologie en tradisionele kunsvlyttegnieke beïnvloed. Mash-T poog om unieke
     Suid-Afrikaanse stories en estetika deur middel van ontwerp te deel.
     Analise van hoe die kontemporêre ontwerpproduk by inheemse handwerk-
     tegnieke aanpas en dit vier
     'Imbenge'-mandjies is 'n uitsonderlike voorbeeld van hoe tradisionele grasmandjie-
     weeftegnieke vir meer moderne materiale aangepas is. Mash-T neem hierdie
     aanpassing verder deur samewerking met Alfred Ntuli wat vir die weef van helder
     geometriese patrone met telefoondraad bekend is. Mash-T het 'n versameling
     elektriese ligkandelare van telefoondraad geskep. Hierdie kandelare hang van die
     plafon af en is treffende, ingewikkelde interieurontwerpstukke. Mash-T pas die
     idee van 'Imbenge'-mandjies by 'n moderne konteks aan.
     Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
     GEEN punte moet gegee word vir herhaling van ontwerper(s) en hulle werk
     wat reeds in hierdie vraestel gebruik is nie.
       V5.2 VLAK               KOGNITIEWE                 GEWIGS-        VRAE         PUNTE
                              VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                    (20)
       Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%       5.2.1 + 5.2.2    1+1
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                   5.2.1 + 5.2.2    2+2
       Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer        40%          5.2.1          4
                                                                          5.2.2          4
       Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                     5.2.1 + 5.2.2    1+2
                     Evalueer, Besin/Nadink                  30%          5.2.2          1
                     Sintetiseer, Regverdig                               5.2.1          2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Ontwerp/V1                                  19                            DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1

6.1.1 (Ken 2 punte toe.)
      Eetbare verpakking, soos gesien in FIGUUR K, is goed vir die omgewing, want dit
      elimineer afval wat die omgewing besoedel  en verminder later die volume afval
      wat stortingsterrein toe gaan. Dit verminder ook die koolstofvoetspoor wat met
      papier- of plastiekvervaardiging gepaardgaan in teenstelling met die eetbare
      verpakking in FIGUUR K.

6.1.2 (Ken 2 punte toe.)
      Tydens die vervaardiging van omgewingsvriendelike produkte (soos gesien in
      FIGUUR K) word koolstofvrystellings, wat veroorsaak word deur chemikalieë wat
      met die atmosfeer reageer wat die osoonlaag kan beïnvloed, verminder. Suur en
      chemikalieë wat gebruik word om grondstowwe te suiwer, veroorsaak
      lugbesoedeling      en     die     uiteindelike   proses     is    aardverwarming.
      Omgewingsvriendelike produkte            verminder besoedeling in          riviere of
      stortingsterreine wat die natuurlike ekologie (lewensiklus) negatief beïnvloed.
 6.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie.
     1 punt vir die naam van 'n ontwerper en die ontwerpproduk, 5 punte vir 'n
     bespreking van die doelwitte, materiale en prosesse en 2 punte vir 'n
     bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit omgewingskwessies
     aanpak.

      PLAASLIKE OMGEWINGSONTWERP:

      Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe:
      Antbear Lodge deur Conny en Andrew Attwood

      Doelwitte, materiale en prosesse
      Die doelwitte van die lodge is om aan gaste 'n ongeëwenaarde, diverse,
      aktiwiteitryke toerisme-ervaring te bied en terselfdertyd tot groot voordeel vir hulle
      plaaslike omgewing te wees. Hulle doen moeite met bewaring en aanvaar
      verantwoordelikheid as rentmeesters wat die plaas ernstig oppas. Die lodge het baie
      permakultuur-tuine aangebring en het begin met kleinskaalse braaikuiken- en

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Ontwerp/V1                                 20                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

     eierproduksie in hulle gemeenskappe. Hulle het ook heuningproduksie as deel
     van die volhoubare boerdery ingesluit.
     Die Antbear het verskillende geboue vir akkommodasie/verblyf met verskillende
     benaderings. Die eerste stap het gelei tot die bou van 'n strooibaal-gebou, 'n
     alternatiewe boumetode wat plaaslike hulpbronne met 'n lae impak op die omgewing
     as materiaal gebruik. Selfs die gras vir die grasdak is op die plaas gesny en die
     hoofkoste van hierdie tipe konstruksie is arbeid wat geld in die plaaslike ekonomie
     hou. Sedertdien het hulle met songedroogde bakstene, vasgestampte grond,
     strooiklei en plaaslike klip van die plaas gebou. Hulle het ook 'n rietbedding-filter
     geskep om gryswater skoon te maak voordat dit in die omgewing teruggeplaas
     word.
     'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit volhoubare/
     omgewingskwessies aanpak
     Antbear het hulle eie hoenders vir eiers, hulle eie koeie vir melk en 'n organiese
     groentetuin. Hulle bak hulle eie brood en maak selfs hulle eie jogurt en kaas.
     Hulle glo sterk in permakultuur, het 'n erdwurmplaas ontwikkel en ook hulle eie
     kompos met 'n minimum afvalbeleid. Hulle doen hulle bes om soveel moontlik
     afval te herwin. Die visie by Antbear Lodge het tot ons konsep van
     verantwoordelike toerisme ontwikkel, wat billike lone en werksomstandighede,
     regverdige verdeling van voordele, etiese sakepraktyk en respek vir menseregte,
     kultuur en die omgewing insluit.
     EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

     Naam van ontwerper/ontwerpgroep/-maatskappy en EEN ontwerpproduk:
     Straw Bale House deur Chris Magwood & Modcell (Verenigde Koninkryk), 2019.
     Doelwitte, materiale en prosesse:
     Die doel van die bou van 'n huis met strooibale is om die gebou volhoubaar,
     bekostigbaar en duursaam te maak. Die materiaal wat vir die basiese struktuur
     gebruik word, is strooibale aangesien die materiaal in oorvloed is. Vervaardigde
     kalksteengepleisterde paneelmure word aan die buitekante van die strooibale
     gebruik en dien as afwerking aan beide die binne- en buitekant van die gebou.
     Gewone vensters en dakklipteëls word gebruik om die gebou te voltooi. Die
     proses begin deur strooi in bale saam te pers. Panele word in die beheerde
     omgewing van 'n vervaardigingsaanleg geskep en hierdie vervaardigde mure
     verseker die ideale voginhoud van materiale. Om aan alle kante met hout en gips
     verseël te word, beskerm panele verder teen weer tydens konstruksie, en die
     vinnige installering van voltooide panele beteken dat jy vinnig 'n dak daaroor kan
     kry. Wat die voorkoms van die plek betref, is voorafgeverfde panele 'n opsie as jy
     dit so kies, en jy kan ook buitemuurbekleding aanheg indien jy 'n meer tradisionele
     buitevoorkoms wil hê. Binnemure is reguit en haaks, en vereis net modder soos
     enige gipsbord.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — Design · QP · 2025 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — Design · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
