# Design Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                                 MEI/JUNIE 2024

                                                                          PUNTE: 100

                                                                            TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                   2                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         beantwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                  3            DBE/Mei/Junie 2024
                     SS/NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                   4                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

             FIGUUR A: 4 Ase ('4 Aces') deur Fabricnation (Suid-Afrika), circa 2020.

         1.1.1       Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsel in
                     FIGUUR A hierbo:

                        Lyn
                        Fatsoen
                        Toon
                        Balans                                                  (4 x 2)       (8)

         1.1.2       Verduidelik hoe die oppervlakontwerp in FIGUUR A hierbo 'n
                     Suid-Afrikaanse identiteit weerspieël.                                    (2)
                                                                                               [10]   2024

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                    5                       DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

1.2

                     FIGUUR B: Metamorfose-haarstylontwerp ('Metamorphosis
                        Hairstyle Design') deur Meleesa Luna, wenner van die
                         Noord-Amerikaanse haarstileringtoekennings, 2011.

         1.2.1       Analiseer die volgende terme met betrekking tot die gebruik
                     daarvan in die haarstylontwerp wat in FIGUUR B hierbo getoon
                     word:

                        Lyn
                        Tekstuur
                        Funksionaliteit
                        Beweging                                              (4 x 2)       (8)

         1.2.2       Verduidelik die term avant-garde      met   betrekking   tot   die
                     haarstylontwerp in FIGUUR B hierbo.                                     (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                   6                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

                      Geïmmuniseerde babas
                      is STERKER babas.

             FIGUUR C: Sterker Babas ('Stronger Babies')-plakkaatveldtog deur
                   Knox County Gesondheidsdepartement (VSA), 2021.

         2.1.1       Bespreek hoe die gebruik van tipografie en beeld die boodskap
                     van die plakkaat in FIGUUR C hierbo ondersteun.                           (2)

         2.1.2       Verduidelik hoe vooroordeel in FIGUUR C hierbo duidelik is.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                   7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

2.2

                  FIGUUR D: Tradisionele sandale (Izimbadada) deur zulu.fire
                                    (Suid-Afrika), 2021.

             FIGUUR E: Plakkies ('Flip-flop sandals') deur Tropical Life (VSA), 2021.

         Skryf 'n paragraaf waarin jy die sandale in FIGUUR D met die sandale in
         FIGUUR E vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:
              Materiale
              Inspirasie/Invloede
              Oppervlakversiering                                               (3 x 2)        (6)
                                                                                               [10]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                  8                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: ARGITEKTUUR

Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.

3.1

              FIGUUR F: Romeinse Tempel van                  Die cella van die tempel met
             Bacchus in opdrag van die Romeinse          Korintiese kolomme aan weerskante
             Keiser Antonius Pius (Libanon), VHJ
                          150–250.

             FIGUUR G: Tradisionele Kassena-                Tradisionele Kassena-woning
               dorpie in Burkina Faso (Ghana).
         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in
         FIGUUR F met die Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/-struktuur in
         FIGUUR G vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

              Funksie
              Invloede/Inspirasie
              Vorm
              Materiale
              Versiering                                                      (5 x 2)       [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                  9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

3.2      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek
         geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur
         (wat jy bestudeer het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Funksie
             Invloede/Inspirasie
             Vorm
             Materiale
             Versiering                                                        (5 x 2)       [10]

                                              OF

3.3      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek
         geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
         gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Funksie
             Invloede/Inspirasie
             Vorm
             Materiale
             Versiering                                                        (5 x 2)       [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                    10                    DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1 Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op die
    volgende bladsy.

                     Kuns en Kunsvlyt                           Art Nouveau

                         De Stijl                                  Pop

                       Modernisme                             Skandinawies

                     Postmodernisme                         Dekonstruktivisme
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                11                         DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

         Ontwerpprodukte verteenwoordig nie net die kwaliteit nie, maar ook die styl
         en karakter van die beweging waaraan hulle behoort.

         Kies TWEE van die bewegings wat deur die visuele beelde (prentjies) op die
         vorige bladsy voorgestel word. Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste
         EEN bladsy elk) waarin jy bespreek hoe die ontwerpe van elke beweging die
         aanhaling hierbo ondersteun.

         Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys:

             Die doelwitte en invloede van BEIDE bewegings
             Die stilistiese kenmerke van BEIDE bewegings
             Noem die ontwerpers uit die TWEE bewegings wat jy gekies het en
              bespreek hulle ontwerpvoorbeelde om jou stellings te motiveer.                [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                  12                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

4.2

             FIGUUR H: Rooi buisvormige-verchroomde-staal-en-leer-rusbank
                ('Red tubular chromed steel and leather sofa') ontwerp deur
                    Robert Slezak (Bauhaus) (Tsjeggo-Slowakye), 1930's.

               FIGUUR I: Vaartbelynde rusbank met houtinlegsel ('Streamlined
              sofa with wood inlay'), ontwerper onbekend (Art Deco) (VSA), 1935.

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die TWEE rusbanke hierbo
         vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle
         verteenwoordig.

         Verwys na die volgende terme om jou antwoord te ondersteun:

             Invloede
             Vorm
             Kleur
             Materiale
             Die gebruik van die konsep 'Hou dit Eenvoudig ('Keep it Simple')   (5 x 2)       [10]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              30
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                   13                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
            KONTEKS

VRAAG 5

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

                                                                      WANNEER WATER
                                                                      6 KM SE STAP WEG IS,
                                                                      IS DAAR GEEN SKOOL,
                                                                      GEEN DROME, GEEN
                                                                      TOEKOMS NIE

                 FIGUUR J: Borg 'n Kind-plakkaat ('Sponsor a Child poster') deur
                               Steve Ad Agency (Frankryk), 2019.

         5.1.1       Verduidelik hoe die uitleg en toon van die plakkaatontwerp in
                     FIGUUR J hierbo tot die impak van die boodskap bydra.                       (4)

         5.1.2       Skryf twee afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin
                     jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/
                     ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/
                     ontwerpgroep bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk
                     aanraak.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                        Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk
                        Sosiokulturele kwessies wat in hulle doelwitte en/of ontwerp-
                         materiaal en tegnieke aangepak word
                        'n Ontleding van die ontwerpvoorbeeld/-produk van jou gekose
                         ontwerper/ontwerpgroep en 'n verduideliking van hoe hierdie
                         ontwerp sosiokulturele kwessies aanraak

                     Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen
                     bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik
                     is, verwys NIE.                                                   (16)
                                                                                       [20]
                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                   14                      DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

5.2      5.2.1       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor EEN inheemse
                     tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                         Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die
                          tradisionele kunshandwerk te skep
                         Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk
                         'n Bespreking van EEN voorbeeld, asook die naam van die
                          inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele
                          kunshandwerk vervaardig het                                       (10)

         5.2.2       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk
                     bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-
                     ontwerper/-ontwerp-groep wie se ontwerpe geïnspireer is deur
                     enige een van die Suid-Afrikaanse/Afrika-kunshandwerktegnieke
                     en/of materiale, of wat dit gebruik.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                         Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre
                          ontwerpproduk
                         Doelwitte van die ontwerper/ontwerpgroep
                         Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep
                         Analise van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n
                          aanpassing en voortsetting van die inheemse kunshandwerk-
                          tegnieke is                                                       (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                  15                       DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6
6.1

                     FIGUUR K: KFC- eetbare koffiekoppies deur Robin Collective
                                   (Verenigde Koninkryk), 2018.

         6.1.1       Bespreek TWEE redes waarom die eetbare verpakking wat in
                     FIGUUR K hierbo getoon word, vir ons omgewing goed kan wees.         (2)

         6.1.2       Definieer die term aardverwarming met betrekking       tot   die
                     omgewingsvriendelike ontwerp in FIGUUR K hierbo.                     (2)

6.2      Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk
         van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
         kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se werk
         volhoubare/omgewingskwessies aanraak.

         Verwys na die volgende in jou opstelle:

             Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe
             Doelwitte, materiale en prosesse
             'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit
              volhoubare/omgewingskwessies aanpak

         Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
         het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE.         (16)
                                                                                          [20]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Design · Memo · 2025 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-eng/b8bde750-cacc-4b1f-97d5-2741b83f3233) — Design · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
