# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12
                                   graa

                                    ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                     2                           DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1    (Ken 10 punte in totaal toe)

1.1.1 (Ken 8 punte toe, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek)
      Die tekstielontwerp-advertensie in FIGUUR A gebruik warm kleure, oranje-geel,
      treffende pers-pienk en bruin om 'n sterk visuele impak te skep. Die lewendige,
      analoë kleurskema van die patrone in die agtergrond en op die model se rok skep 'n
      harmonieuse maar lewendige ritme.
       Die gedrukte advertensie het 'n gladde, blink of mat tasbare tekstuur. Op die
       dekoratiewe cerise-pienk bril vorm die spiraal egter 'n blink en geïmpliseerde tasbare
       tekstuur. Die geïmpliseerde gladde, syerige tekstuur van die model se vel,
       kontrasteer met die swart gevlegte haar(tress queue)-verlengstuk wat beide glad,
       syerig en tasbaar is. Die gedrukte tekstielontwerp met herhaalde lyne in die
       agtergrond en voorgrond (die model se rok) skep 'n illusie van tasbare tekstuur.
       Eenheid is duidelik in die tekstielontwerp deur die gebruik van herhaalde gekurfde
       lyne, organiese en geometriese fatsoene en vorme. Helder-cerise-pienk en oranje
       kleure word herhaal om die voorgrond en agtergrond van die
       tekstieladvertensieontwerp saam te bind. Waaieragtige fatsoene in die agtergrond
       word op die model se rok herhaal en skep 'n geïntegreerde tekstielontwerp-
       advertensie.
       Beweging word geskep deur die waaieragtige diagonale fatsoene wat in die
       ontwerp herhaal word. Hierdie fatsoene word in 'n diagonale rooster geplaas wat
       die diagonale beweging in tekstielontwerp beklemtoon. Die dekoratiewe 'bril' skep
       'n spiraalgerigte beweging. Herhaalde lyne gebruik in die vloeiende patroon skep
       beweging.
1 1.2 (Ken 2 punte toe)
       Die fokuspunt van die komposisie is die vrou se gesig in die middel - die deel wat
       eerste die kyker se aandag vang. Die sentrale plasing van die model wat 'n gladde,
       warm, sterk, bruin veltoon, kontrasteer met die patroonagtergrond wat 'n sterk
       fokuspunt vorm. Die spiraalpatroon van die cerise-pienk bril en die cerise-pienk
       lipstiffie wat die model dra, beklemtoon die model se gesig as die fokuspunt. Die
       model se gesig word verder geaksentueer as die fokuspunt deur subtiele aksente
       op haar voorkop, wange en neus wat haar gesig 'n driedimensionele kwaliteit gee
       en ’n sterk kontras met die plat, tweedimensionele agtergrond met patrone skep.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
         V1.1 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGSTOE-     VRAE        PUNTE
                                                              KENNINGS                   (10)
         Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                  30%       1.1.1+1.1.2    2+1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf
         Middel orde   Toepas, Implementeer, Organiseer         40%       1.1.1+1.1.2    3+1
         Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     1.1.1         3
                       Evalueer, Besin/Nadink                   30%
                       Sintetiseer, Regverdig
                                                    OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                                     3                       DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

1.2 (Ken 10 punte in totaal toe)

     1.2.1    (Ken 8 punte, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt toe)
              Die oë, neus en mond word belyn deur ’n dun swart cloisonnistiese lyn, wat
              hierdie vorms beklemtoon. Sterk, hoekige lyne is gebruik om 'n gestileerde
              agtergrond op die handsak te skep. Dik, geboë kontoerlyne definieer die
              gelaatstrekke – hierdie ekspressiewe kontoerlyne laat die gesig lewendig
              word.

              Die oppervlak is verdeel in klein, geometriese kompartemente van driehoeke,
              sirkels, boë en onreëlmatige veelhoeke. Herhaalde konsentriese
              sirkelagtige fatsoene skep 'n lewendige ritme op die oppervlak. Klein,
              naïewe reghoekige fatsoene is oor die voorkant van die handsak gestrooi wat
              verskeidenheid by die oppervlakpatroon van die ontwerp voeg.

              Verskeidenheid is duidelik in die verskillende tinte en skakerings van koue
              blou, warm beige en rooi kleure. Die tweedimensionele fatsoene en die
              uitgekerfde driedimensionele fatsoene skep 'n verskeidenheid oppervlak-
              patrone en -teksture.

              Die driedimensionele vorm van die handsak is simmetries gebalanseerd
              aangesien die vorm van die ontwerp vertikaal verdeel kan word. Die
              variasies in die grootte en plasing van fatsoene skep 'n asimmetriese
              balans.

     1.2.2   (Ken 2 punte toe)
             Die handsak is sterk beïnvloed deur die gestileerde en geometriese styl van
             uitgekerfde Afrika-maskers of Kubisme, soos gesien in die oë, neus en lippe.
             Nog 'n moontlike invloed kan Postmodernisme met die klem op kleurvolle,
             speelse en komplekse ontwerpstyl wees, en die onduidelikheid van die
             onderskeid tussen die skone kunste en kunshandwerk. Die invloed van Pop-
             ontwerp is duidelik in die kitsch en sterk kleur van die eklekties ontwerpte
             handsak.
             Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         V1.2 VLAK               KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE        PUNTE
                                VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                (10)
         Laer orde      Onthou, Herroep, Herken              30%       1.2.1          3
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf
         Middel orde    Toepas, Implementeer,                40%       1.2.2        2+2
                        Organiseer
         Hoër orde      Analiseer, Vergelyk,                           1.2.1          3
                        Interpreteer                         30%
                        Evalueer, Besin/Nadink
                        Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                   4                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1   (Ken 4 punte toe)

2.1.1 (Ken 2 punte toe)
      Liggaamsbespotting is onrespekvol teenoor vroue van alle kleure en groottes.  Die
      plakkaat FIGUUR C toon vroue wat lank, kort, slank en vol kurwes is en wat sonder
      skaamte poseer, wat die boodskap oordra dat alle vroulike liggaamstipes ewe mooi
      is. Die advertensie toon ook 'n verskeidenheid vroue van verskillende rassegroepe
       om die boodskap oor te dra dat alle vrouerasse ewe mooi is.
2.1.2 (Ken 2 punte toe)
      Die plakkaat toon geslagsvooroordeel of -stereotipering omdat slegs vroue in die
      plakkaat uitgebeeld word. Mans lei ook aan liggaamsonsekerhede en word ook
      onderwerp aan die stigma van liggaamsbespotting. Wanneer die velkleur van die
      vroue as dieselfde voorgestel word, kan dit as ’n stereotipe beskou word, aangesien
      dit slegs een rassegroep raak. Al die vroue het swart hare, wat ander tipes hare,
      soos blond, bruin, ens. uitsluit. 
      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
2.2    Ken 6 punte toe (2 punte per kolpunt/aspek)

       Die slanke vorm van FIGUUR D is organies en is moontlik geïnspireer deur bene
       en/of takkies wat in die natuur gevind word.  Die gegote organiese vorm van die
       aluminiumraamwerk skep die illusie dat dit handgemaak en broos/breekbaar is.
       Die rande van die vierkantige geometriese vorm van die houtsitplek word deur die
       geronde hoeke versag. In kontras hiermee het FIGUUR E 'n geometriese bonkige
       vorm wat bestaan uit vertikale en horisontale oorvleuelende vlakke. Die vorm van
       die pilaaragtige pote is op 'n draaibank gedraai en kom dik en stewig voor in
       vergelyking met die gestrekte Nguni-beesvel-rugleuning, leersitplek en
       armleunings.
       Die estetiek van FIGUUR D is modern-industrieel en spreek tot die gebruik van
       kontemporêre materiale. Die dekonstruktivistiese trefkrag kom voor in die
       gebroke/onvolledige dele van die rugleuning. In vergelyking daarmee skep
       FIGUUR E se geskulptureerde estetiek 'n tradisionele gevoel vir 'n stoel wat lyk asof
       dit vir koninklikes gereserveer is. Die kombinasie van materiaal gesien in die
       gebruik van Nguni-vel en die houtpote wat op 'n draaibank gedraai is, skep 'n
       eklektiese estetiek.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                     5                         DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

       FIGUUR D blyk organies geïnspireerd te wees deur die gebruik van takagtige of
       beenagtige verteenwoordiging van die gegote aluminiumrugleuning en -pote.
       FIGUUR D se minimalistiese benadering is geïnspireer deur eksklusiewe
       ('high-end') kontemporêre ontwerp terwyl FIGUUR E se gebruik van tradisionele
       materiale in 'n kontemporêre rigting gerealiseer is wat 'n unieke en treffende stoel,
       wat vir koninklikes gereserveer is, skep.  Die Nguni-beesvel is deur Afrika-
       vakmanskap en kulturele identiteit geïnspireer. 

       Die stoel in FIGUUR D lyk onvoltooid want die onvolledige rugleuning is ongemaklik,
       dit is nie ergonomies ontwerp nie want dit ondersteun nie die gebruiker se rug nie.
       Die pote van die stoel lyk breekbaar, delikaat en asof dit maklik kan breek. In
       teenstelling hiermee is die sitplek van hout gemaak en is glad met geronde rande
       wat die stoel gemaklik maak om op te sit. In vergelyking hiermee is die stoel in
       FIGUUR E van hout en leer gemaak wat beide warm en gemaklik is. Die stoel wat
       in goeie verhouding is, ondersteun die liggaam en het 'n stewige rugleuning en
       armleunings.

       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag vir antwoorde in tabelvorm
       toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate
       twee aparte vergelykings aanbied wat substansiële en relevante stellings
       toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn in jou nasienwerk.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         V2 VLAK                KOGNITIEWE                 GEWIGS-      VRAE        PUNTE
                               VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                 (10)
         Laer orde      Onthou, Herroep, Herken              30%        2.1.1          1
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                  2.1.2          1
                                                                         2.2           1
         Middel orde    Toepas, Implementeer,                40%        2.1.1          1
                        Organiseer                                      2.1.2          1
                                                                         2.2           2
         Hoër orde      Analiseer, Vergelyk,                             2.2           3
                        Interpreteer                         30%
                        Evalueer, Besin/Nadink
                        Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                     6                            DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]
LET WEL:      Slegs TWEE voorbeelde (3.1 en 3.2) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek
              word.

3.1   (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe)
       Die Toring van die Winde en die kontemporêre Sweedse Uitkyktoring Kärven deel
       ooreenkomste en verskille ten opsigte van funksie. Die Toring van die Winde is in
       ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige, Andronikos van Cyrrhus, gebou
       en dit het as beide 'n kloktoring en 'n meteorologiese stasie gedien. Die oktogonale
       ontwerp, met elke kant wat aan 'n hoofwindrigting front, het sterrekundiges gehelp
       met oriëntasie en is aan spesifieke winde gekoppel wat die astronomiese funksie
       daarvan beklemtoon het. In teenstelling daarmee is die Uitkyktoring Kärven, wat
       in Augustus 2024 ingewy is, 'n moderne struktuur ontwerp deur White Arkitekter. Dit
       is 12 meter hoog met 'n diameter van sewe meter en dit het 'n unieke hiperboloïede
       (eenbladige) uurglasfatsoen wat gedraaide strooi verteenwoordig. Hierdie vorm,
       gekombineer met die hoogte en opelugplatform, beklemtoon die primêre funksie
       daarvan as 'n uitkykstasie in 'n natuurlike omgewing.
       Die materiale wat in die Toring van die Winde en die Sweedse Uitkyktoring Kärven
       gebruik is, is duidelik verskillend aangesien elke argitektuurstyl in 'n ander historiese
       tydperk gewortel is. Die Toring van die Winde is 14 meter hoog met 'n diameter van
       8 meter. Dit is vervaardig uit Pentaliese marmer, bekend vir die fyn grein en helder
       wit kleur. Die marmer wat bo-op kalksteenfondasies gelê is, vorm die mure en vloer
       van die oktogonale struktuur wat duursaamheid en elegansie beklemtoon. Die
       dakontwerp word gekenmerk deur tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen
       bymekaarkom, wat toelaat vir gelyke gewigsverspreiding – 'n metode wat die
       presisie van antieke Griekse konstruksietegnieke beklemtoon. In teenstelling
       hiermee gebruik die Kärven-uitkyktoring meesal materiale soos metaal en hout wat
       'n moderne estetiek gefokus op funksionaliteit in sy natuurlike omgewing weerspieël.
       Metaalringe en reguit houtbalke vorm die hiperboloïede struktuur, wat tot die unieke
       uurglasfatsoen bydra. Toegang word verkry deur 'n hoekige metaalopening op
       grondvlak, wat lei tot 'n gegalvaniseerde metaal-spiraaltrap, wat lei tot 'n
       houtuitkykplatform. Hier word die balustrade geskep deur die struktuur se
       opgaande houtbalke wat veiligheid verseker terwyl dit die toring se organiese
       ontwerp komplementeer. Alhoewel beide strukture toewyding tot materiaalgehalte
       en doelgerigte ontwerp vertoon, beklemtoon die Toring van die Winde Klassieke
       simmetrie en blywende materiale, terwyl Kärven se ontwerp 'n harmonieuse
       konneksie met die omgewing prioritiseer deur moderne materiale en 'n meer ope
       strukturele benadering.
       Die dekoratiewe benadering na die boonste gedeelte van die buitekant van die
       torings verskil betekenisvol tussen die twee strukture. By die Toring van die Winde,
       vertoon 'n omslagtig dekoratiewe fries agt verpersoonlikte windgode wat die invloed
       van Griekse mitologie aandui, elkeen verteenwoordig 'n hoof- of tussen-

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                    7                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

       hoofwindrigting – Boreas (N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S),
       Livas (SW), Zephyrus (W), en Skiron (NW). Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys
       versier met ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat
       moeiteloos dekoratiewe en praktiese elemente kombineer. Die binneste plafon is
       oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien
       beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met
       astronomiese waarneming uitlig. In teenstelling doen die Uitkyktoring Kärven
       afstand van die byvoeg van dekoratiewe elemente ten gunste van die beklemtoning
       van die argitektoniese fatsoen self. Die ingewikkelde rangskikking van houtbalke is
       beïnvloed deur die landskap; die balke vorm nie net die buitenste struktuur nie maar
       skep ook dinamiese patrone deur die interaksie van lig en skaduwee. Die gapings
       tussen hierdie balke gooi verskuiwende patrone binne en oor die platform wat 'n
       minimalistiese dog visueel aangrypende dekoratiewe effek bied wat op natuurlike lig
       en strukturele ontwerp eerder as toegepaste ornamentasie staatmaak. Wesentlik
       vier die eerste struktuur swierige artistiese versierings en simboliese
       verteenwoordiging terwyl die tweede een funksionele eenvoud en die invloed van
       die skoonheid van strukturele geometrie aangryp.
       Die gevorderde Klassieke tegnologie of gnomoniek, bestudering van sonwysers,
       word getoon deur die agt kante van die Toring van die Winde; ingesnyde lyne toon
       die teenwoordigheid van sonwysers. Gate vir die gnomone (stawe wat skadu's skep)
       is steeds sigbaar wat die waarneming van tyd deur sonlig toelaat. Aan die
       binnekant van die toring is daar kanale en gate in die vloer wat die teenwoordigheid
       van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser (horlosie) bevestig wat in 'n
       reservoir, verbind aan die toring, gestoor is. Terwyl die sonwysers op natuurlike lig
       vertrou het, het die tydaanwysermeganisme 'n meer gevorderde tegnologiese
       benadering tot tydhou, onafhanklik van die weer, verteenwoordig. 'n 18de-eeuse
       gravering deur Stuart en Revett toon 'n windwyser bo-op die toringdak, wat die rigting
       van die heersende winde sou aangedui het en wat verder tot die toring se funksie
       sou bygedra het. In teenstelling met die Klassieke tegnologieë, het moderne
       tegnologie verder tot die konstruksie van torings bygedra, soos gesien in die gebruik
       van modellering- en berekening-sagteware om die Uitkyktoring Kärven te ontwerp.
       Die metaalringe wat die ondersteunende struktuur vorm, is rondom die trap
       gerangskik, met diameters wat van grondvlak tot halfpad met die toring op,
       verminder voordat dit geleidelik na die bokant vermeerder. Hierdie presiese
       berekening verseker die stabiliteit van die struktuur. Die geweefde raamwerk van
       reguit houtbalke wat bo-oor die metaalringe gelê is, skep die illusie van 'n gekurfde
       hiperboloïede fatsoen wat soos 'n uurglas lyk.  Hierdie moderne benadering
       kontrasteer met die historiese konstruksiemetodes, tog maak beide staat op
       versigtige ontwerp en materiale om die voorgenome resultate te verkry, wat wys hoe
       kontemporêre gereedskap antieke argitektoniese tegnieke komplementeer.
       Die Toring van die Winde is geleë aan die voet van die Atheense Akropolis in
       Griekeland en het belangrike historiese en kulturele belang, aangesien dit tussen
       twee sleutelareas geleë is: die Akropolis, die hart van godsdienstige en kulturele
       lewe, en die Romeinse Agora, die openbare plein waar Atheners en besoekers
       handels- en sosiale aktiwiteite bedryf het. Die posisie beklemtoon die
       belangrikheid van tyd in die sosiale lewe van antieke Athene en ook hoe die meet
       van tyd met die daaglikse lewe en openbare byeenkomste gekruis het. In
       teenstelling is die Uitkyktoring Kärven geleë in die Getterön-natuurreservaat en dien
       as 'n fokuspunt vir natuurentoesiaste wat deur die gebied se natuurlike skoonheid
       aangetrek word. Alhoewel die Athene-toring strategies geplaas is om

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                   8                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

       die belangrikheid van tyd in 'n besige stadsomgewing te weerspieël, beklemtoon die
       Kärven Toring se ligging sy rol in die versterking van die waardering van die
       natuurlike wêreld en lok mense om te rustig te wees en oor hulle omgewing te
       besin. Beide torings, al is hulle verskillend met betrekking tot doel en ligging,
       beklemtoon die rol van argitektuur in die vorming van hoe mense met hulle
       omgewings in wisselwerking tree, of dit die besige stad van Athene is of die rustige
       uitgestrektheid van Getterön is.
                                               OF
3.2    VERGELYKING TUSSEN 'N KLASSIEKE GEBOU EN 'N KONTEMPORÊRE
       GEBOU
       Geboue gekies: die Toring van die Winde, Athene, Griekeland, en die
       kontemporêre Makkah Koninklike Kloktoring

       Die Horologion van Kyrristos, algemeen bekend as die Toring van die Winde, is in
       ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige Andronikos van Cyrrhus gebou.
       Dit het gefunksioneer as 'n kloktoring en meteorologiese stasie (gegee). Die
       oktogonale ontwerp was in lyn met die funksie daarvan, met elke sy/kant wat aan 'n
       hoofwindrigting gefront het wat gehelp het met astronomiese waarnemings en
       korrelering van spesifieke winde, wat die tweeledige doel as 'n tydaanwyser en
       astronomiese instrument bevestig het. In teenstelling daarmee is die Makkah
       Koninklike Kloktoring, ontwerp deur SL Rasch GmbH en Dar Al-Handasah, tussen
       2002 en 2011 in Mekka gebou. Anders as die antieke Toring van die Winde,
       funksioneer hierdie moderne struktuur primêr as deel van 'n hotelkompleks wat
       duisende pelgrims bedien. Die massiewe horlosie (uurwerk) vertoon nie net die
       tyd nie maar flits vyf keer 'n dag om gebedstye te sein, wat tegnologiese kenmerke
       met Islamitiese godsdienstige en gemeenskapsdoel integreer. Beide strukture
       weerspieël die innoverende gebruik van tydhou vir hulle onderskeie tydperke – die
       een meng astronomie en meteorologie in die antieke tyd, en die ander inkorporeer
       moderne tegnologie om geestelike behoeftes te dien.
       Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring toon treffende
       verskille ten opsigte van die materiale en konstruksietegnieke wat gebruik is en dus
       word hulle onderskeie historiese tydperke weerspieël. Die Toring van die Winde, 14
       meter hoog met 'n 8 meter-diameter, is primêr uit Pentaliese marmer gebou, 'n
       materiaal bekend vir die fyn grein en wit kleur. Die marmer vorm beide die mure
       en dak, met tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen bymekaarkom om gewig
       eweredig te versprei. Die toring staan op kalksteenfondasies, wat sterkte/krag met
       'n elegante, tydlose estetiek kombineer. Daarteenoor gebruik die Makkah
       Koninklike Kloktoring moderne materiale soos beton en staal vir die struktuur wat
       duursaamheid en skaal beklemtoon. Die gebou se boonste 200 meter is met
       veselversterkte plastiek (FRP) saamgestelde panele bedek, ontwerp vir liggewig
       sterkte en visuele impak. Dit het miljoene LED-ligte vir verligting snags, en 'n 23
       meter hoë simboliese halfmaan, gemaak van goue mosaïek wat met veselglas
       ondersteun is, bo-op die toring. Die materiale gebruik vir die Toring van die Winde
       bewys Klassieke vakmanskap en natuurlike bronne, terwyl die Makkah Koninklike
       Kloktoring moderne ingenieurswese, sintetiese materiale en tegnologie vertoon om
       'n monumentale en funksionele baken te skep.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                   9                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

       Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring bevat ingewikkelde
       detail wat die kulturele, godsdienstige en funksionele invloede van hulle onderskeie
       tydperke toon. Die Toring van die Winde is versier met 'n fries wat agt
       verpersoonlikte windgode toon wat elk 'n hoof- of tussen-hoofwindrigting – Boreas
       (N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S), Livas (SW), Zephyrus (W),
       en Skiron (NW) verteenwoordig. Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys versier met
       ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat dekoratiewe,
       estetiese trefkrag en praktiese nuttigheid meng.  Die binneste plafon is
       oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien
       beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met
       astronomiese waarneming beklemtoon. In teenstelling daarmee word die Makkah
       Koninklike Kloktoring gekenmerk deur wyserplate met ingewikkelde
       mosaïekontwerpe en Arabiese skrif wat boodskappe oor die Islamitiese geloof,
       Allah, en Mohammed oordra. Hierdie wyserplate, verlig met LED-ligte, is dag en nag
       oor ver afstande sigbaar om die invloed van digitale tegnologie op die kontemporêre
       kloktoring te toon. Bokant die wyserplaat is daar 'n massiewe halfmaan wat die
       invloed van Islam op die ontwerp wys, terwyl die agt-verdieping hoë toringspits
       versier is met 'n goudgetinte glasfasade wat 'n moderne en luukse gevoel gee.
       Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring illustreer gevorderde
       tydhou-tegnologieë van hulle onderskeie eras alhoewel hulle ontwerpe en doelwitte
       betekenisvol verskil. Die Toring van die Winde vertoon 'n bemeestering van
       gnomoniese tegnologie, duidelik in die uitgekerfde sonwyserlyne op al agt kante en
       die oorblywende gate vir gnomone (stawe wat skadu's gooi). Kanale en gate in die
       vloer bevestig die bestaan van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser aan die
       binnekant wat gewerk het wanneer sonlig onbeskikbaar was. 'n Silindriese torinkie
       aan die suidekant het as 'n watertenk gedien en 'n klepmeganisme is gebruik om die
       watervloei na die tydaanwyser te beheer. Daarby het 'n 18de-eeuse gravering deur
       Stuart en Revett 'n windwyser bo-op die dak windrigting aangedui. Sirkelvormige
       relings het eens die tydaanwyser se sentrale meganisme omring, soos deur duike in
       die vloer voorgestel. In vergelyking daarmee gebruik die Makkah Koninklike
       Kloktoring die jongste tegnologie ten opsigte van die horlosiemeganisme geïntegreer
       in die wêreld se hoogste kloktoring. Die klok se 43-meter-deursnee-wysiger is verlig
       met sonkrag-LED-tegnologie, wat sigbaarheid tot 25 km ver verseker. Dit dien die
       tydsensitiewe aard van Islamitiese gebed deur vyf keer per dag te flits om gebedstye
       aan te dui. Die toring sluit ook 'n hoëtegnologie-waarnemingsplatform in met
       teleskope en interaktiewe uitstallings vir astronomiese doeleindes en is toegerus met
       groen tegnologieë, soos energie-doeltreffende beligting en klimaatsbeheer.
       Verder saai gevorderde kommunikasiestelsels die oproep tot gebed en ander
       godsdienstige aankondigings uit wat die geestelike funksie daarvan beklemtoon.
       Terwyl die Toring van die Winde antieke vindingrykheid te opsigte van tydhou en
       meteorologiese waarneming toon, kombineer die Makkah Koninklike Kloktoring
       voorpunttegnologie en volhoubaarheid met godsdienstige belangrikheid wat aandag
       gee aan die behoeftes van 'n moderne, globale gehoor.
       Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring het beide 'n
       betekenisvolle ligging, wat hulle belangrikheid binne hulle onderskeie kulturele en
       godsdienstige kontekste beklemtoon, maar hulle dien verskillende gehore en
       doelwitte. Die Toring van die Winde is aan die voet van die Atheense Akropolis in
       Griekeland geleë, 'n middelpunt van godsdienstige en kulturele lewe in antieke
       Athene. Die nabyheid daarvan aan die Romeinse Agora, 'n sentrale publieke plein
       vir handel- en sosiale interaksie, benadruk die belangrikheid van tyd om die
       daaglikse lewe in die oudheid te koördineer. Die ligging beklemtoon toeganklikheid
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                   10                         DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

       en die rol wat dit gespeel het om 'n breë en diverse gemeenskap te dien, vir beide
       Atheners en besoekers. In teenstelling daarmee is die Makkah Koninklike
       Kloktoring binne loopafstand (300 meter) van die Groot Moskee van Mekka geleë,
       die heiligste terrein in Islam en die sentrale bestemming vir miljoene Moslem-
       pelgrims. Anders as die Toring van die Winde, is toegang beperk tot Moslems
       aangesien nie-Moslems verbied word om die stad Mekka binne te gaan. Hierdie
       eksklusiwiteit versterk die toring se godsdienstige belangrikheid en die rol daarvan
       as 'n simbool van Islamitiese geloof, wat 'n spesifieke geestelike doel eerder as 'n
       gemeenskaplike doel dien. Terwyl die Toring van die Winde geposisioneer is om
       gemaklik met die sosiale en kulturele lewe van antieke Athene te integreer, is die
       Makkah Koninklike Kloktoring doelbewus geplaas om die heilige ervaring van
       Islamitiese pelgrims te ondersteun en te versterk in 'n hoogs eksklusiewe en
       godsdienstig belangrike ligging.
                                                OF

3.3    Daar word van die kandidaat vereis om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke
       gebou/struktuur met 'n Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/struktuur te vergelyk
       wat hulle bestudeer het deur na die kolpunte gegee, te verwys. Ken 2 punte per
       kolpunt toe.

       Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking
       van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige
       kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek
       geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
       geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het.

       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm
       toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
       twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
       Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
         V3 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE            GEWIGS-       VRAE          PUNTE
                                                        TOEKENNINGS                    (10)
         Laer orde     Onthou, Herroep, Herken              30%                          1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                     3              2

         Middel orde   Toepas, Implementeer,                40%           3               4
                       Organiseer
         Hoër orde     Analiseer, Vergelyk,                                               1
                       Interpreteer                         30%           3
                       Evalueer, Besin/Nadink                                             2
                       Sintetiseer, Regverdig

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                  11                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1   Ken 20 punte in totaal toe. (10 punte vir elke beweging)
      Vir elke beweging ken soos volg punte toe:
      5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en kenmerke
      2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld
      1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp
      2 punte vir verwysing na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging
      LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van
      elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne.
      Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
      •   BAUHAUS
      •   ART NOUVEAU
      Bauhaus
      Stelling: Die Wassily-stoel deur Marcel Breuer 'verander die wêreld'. Dit het van
      tradisionele bonkige meubels afgewyk en eerder op die suiwerheid van fatsoen/vorm,
      industriële materiale en die idee van meubels wat massavervaardig kan word,
      gefokus. Die Wassily-stoel bly vandag 'n ikoniese modernistiese meubelstuk wat vir
      sy tydlose ontwerp en invloed op toekomstige generasies van minimalistiese en
      industriële ontwerp gevier word.
      Die Bauhaus-skool is in 1919 deur Walter Gropius in Weimar, Duitsland, gestig met
      die doel om kuns, ontwerp en vakmanskap te verenig om funksionele, pragtige
      voorwerpe te skep. Gropius het 'n visie gehad van 'n 'totale kunswerk' ('total work
      of art') wat argitektuur, skilder en beeldhouwerk geïntegreer het en het die skool se
      kurrikulum rondom praktiese werkswinkels op terreine soos metaalwerk,
      skrynwerk/meubelmakery, weefwerk en tipografie gestruktureer. Aanvanklik is daar
      op vakmanskap klem gelê, maar in 1923 het Bauhaus verskuif na industriële
      produksie met die slagspreuk 'Van Kuns na Industrie' ('Art into Industry') wat 'n
      praktiese fokus op massaproduksie weerspieël het. Die doelwit van die Bauhaus-
      skool was om die wyse waarop die wêreld kuns, kunsvlyt en tegnologie waargeneem
      het radikaal te verander. Deur innoverende onderrigmetodes wat oorleg en
      funksionaliteit beklemtoon het, het hulle 'n holistiese benadering tot ontwerp
      geïmplementeer. Die beweging se etos was om kuns in die alledaagse lewe te
      integreer deur praktiese, esteties aantreklike voorwerpe en geboue te ontwerp.
      Bauhaus is beïnvloed deur die Kuns-en-Kunsvlytbeweging wat die belangrikheid van
      tradisionele vakmanskap, eenvoudige vorms en die waarde van funksionele
      skoonheid van alledaagse voorwerpe beklemtoon het. Alhoewel die Bauhaus
      industriële produksietegnieke geïntegreer het, het dit die Kuns-en-Kunsvlyt-
      beklemtoning van hoë kwaliteit vakmanskap, funksionaliteit en 'n estetiek wat selfs
      utiliteitsvoorwerpe mooi gemaak het, behou. Bauhaus, het daarom 'n brug tussen
      tradisionele vakmanskap en opkomende industriële tegnieke verteenwoordig. Die
      Ekspressionistiese beweging, bekend vir hulle emosionele en subjektiewe benadering
      tot kuns en die De Stijl-beweging het ook die Bauhaus beïnvloed. Onderwysers, soos
      Johannes Itten en Paul Klee, het kleurteorie, persoonlike uitdrukking en die ondersoek
      van abstrakte vorms versterk.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                  12                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

     'n Kenmerk van die Bauhaus was die ekspressiewe benadering wat Bauhaus-
     ontwerpe 'n gevoel van individualiteit gegee het, selfs binne die raamwerk van
     funksionaliteit en eenvoud. Die Bauhaus het ook 'n kenmerkende estetiek en 'n
     funksionele benadering tot ontwerp ontwikkel wat eenvoud en die gebruik van
     moderne materiale beklemtoon het. Kunstenaars en ontwerpers is aangemoedig
     om hulle unieke perspektiewe te ondersoek deur die tegnologiese vooruitgang en
     samelewingsveranderinge van die vroeë 20ste eeu te ondersteun.

     'n Voorbeeld van Bauhaus-ontwerp is die Wassily-stoel, in 1925 deur
     Marcel Breuer ontwerp.

     Die Wassily-stoel-ontwerp sluit Bauhaus-kernbeginsels in, soos die 'vorm volg
     funksie'-filosofie, die gebruik van moderne materiale en 'n stroombelynde,
     geometriese estetiek. Breuer, geïnspireer deur die sterk, liggewig eienskappe van
     buisstaal wat in fietsrame gebruik is, het 'n stoel ontwerp wat revolusionêr vir daardie
     tyd was. Die stoel word gekenmerk deur 'n skeletagtige raam gemaak van gebuigde,
     gepoleerde chroomstaal met leer of kleedstof daaroor gestrek om die sitplek,
     rugleuning en armleunings te vorm.
     Art Nouveau
     Stelling: Art Nouveau het in die laat 19de en 20ste eeue ontstaan. Beïnvloed deur 'n
     ryk Europa, was dit 'n nuwe beweging wat gereageer het op die streng verwysing na
     vorige ontwerpstyle en oordadige ornamentasie van die Victoriaanse era. Die
     kunstenaars en ontwerpers wou 'hulle wêreld verander' deur 'n verenigde estetiek te
     skep wat vakmanskap, innovering en die skoonheid van natuurlike fatsoene te vier.
     Art Nouveau het die balans van die gematigde fasade van die Edwardiaanse en
     Victoriaanse samelewings te versteur.
     Op daardie stadium is daar algemeen geglo dat mediums soos skilder en
     beeldhouwerk verhewe was bo kunshandwerk soos meubelmakery en ysterwerk.
     Die doel van Art Nouveau-kunstenaars was om daardie oortuiging te verander om
     eerder te streef na 'totale kunswerke', die beroemde Gesamtkunstwerk, wat geboue
     en binneversiering geïnspireer het waarin elke element as 'n harmonieuse geheel
     gewerk het. Dit het ten doel gehad om die hiërargie tussen 'skone kunste'
     (skilderwerk en beeldhou) en 'toegepaste kuns' (meubelmakery, metaalwerk) uit te
     daag, en om kushandwerk tot die vlak van hoë kuns te verhoog.
     In die middel van die 19de eeu het Japan oopgemaak vir die Weste en Europese
     kunstenaars is aan Japannese houtblokdrukwerk bekendgestel, die skoon lyne,
     asimmetrie en gebruik van natuurtemas het Art Noneau-estetiek baie beïnvloed.
     Een van die belangrikste invloede op die Art Nouveau-styl het gekom van natuurlike
     fatsoene wat organiese, vloeiende lyne en motiewe soos blomme, plante en diere
     belig het. In reaksie op die swak ontwerpkwaliteit van industriële massaproduksie
     asook die invloed van die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, het Art Nouveau die
     belangrikheid van vaardige vakmanskap en hoëgehalte materiale, soos ingelegde
     eksotiese hout, ivoor, emalje en kosbare stene, soos opaal, ens. beklemtoon. Nog
     'n invloed was die Simbolisme beweging wat gefokus het op die uitdruk van emosies
     en idees deur simboliese beelde wat Art Nouveau se gebruik van simboliese en
     allegoriese temas aangemoedig het.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                     13                         DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

     Art Nouveau was bekend vir hulle kenmerkende vry vorm, draaiende lyne
     (sweepslaglyne), wat die geheime van die natuur, die sensuele wêreld en die vroulike
     vorm te vier. Natuurlike motiewe soos pouvere, eksotiese diere soos
     verkleurmannetjies en insekte, soos naaldekokers, het 'n onttrekking aan die
     werklikheid, 'n verlange na die eksotiese, 'n dekadente dromerigheid getoon. Plat
     areas met gedempte of dowwe kleur, soos gedempte groen, delikate pienk en ligpers,
     diep oranje en rooi gemeng met aardse tone en koel blou is gebruik met sterk
     buitelyne. Art Nouveau het asimmetriese balans in hulle ontwerpe gebruik, dikwels
     is 'n sensuele vroulike figuur binne 'n raam geplaas.

     Een voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp is die trap in die Hôtel Tassel wat deur
     Victor Horta ontwerp is.

     Hierdie ontwerp is 'n voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp, beroemd vir die grasieuse,
     vloeiende lyne en die insluiting van natuurlike fatsoene en materiale. Die
     gietystertrapleuning, met sy elegante kurwes en plantagtige motiewe, straal 'n
     organiese lewendigheid uit, terwyl 'n groot dakvenster die ruimte baai in natuurlike lig,
     wat die ingewikkelde detail aksentueer en 'n dinamiese wisselwerking tussen lig en
     skadu skep. Victor Horta se innoverende gebruik van lig en ruimte in hierdie ontwerp
     was revolusionêr, wat 'n blywende impak op moderne argitektuur gelaat het. Kleurglas
     en mosaïekteëls versterk die estetiek, en moedig 'n gevoel van harmonie en
     aaneenlopendheid regdeur die huis aan.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         V4.1 VLAK     KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-     VRAE            PUNTE
                                                           TOEKENNINGS                    (20)
         Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                 30%         4.1              2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                       4
         Middel orde   Toepas, Implementeer,                   40%         4.1              8
                       Organiseer
         Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                    2
                       Evalueer, Besin/Nadink                  30%         4.1              4
                       Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                  14                            DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

4.2 (Ken 10 punte toe] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)

     'n Belangrike inspirasie vir die Kuns-en-Kunsvlytbeweging het van sosiale
     hervormers Walter Crane, John Ruskin en William Morris gekom wat besorg was oor
     die afname in ontwerpstandaarde as gevolg van massaproduksie in fabrieke.  Hulle
     wou terugkeer na handgemaakte ontwerpe met die klem op gehalte vakmanskap en
     materiale. Sigbaar op die vensters van die kabinet is die herlewing van die Gotiese
     kleurglasvensterontwerp en die oordadig versierde skarniere is ook deur die Gotiese
     era geïnspireer. Die beweging is geïnspireer deur die plaaslike materiale wat
     duidelik is in die gebruik van mahoniehout. In teenstelling met die Kuns-en-Kunsvlyt-
     minimalisme is die Postmoderne beweging beïnvloed deur Robert Venturi se
     slagspreuk 'Less is a Bore' ('Minder is Vervelig') soos gesien in die boekrakontwerp
     met die baie, komplekse lae. Postmodernisme fokus op maksimering en neem
     eklektiese inspirasie uit Dadaïsme, Surrealisme, Pop-kuns, Modernisme en
     Dekonstruktivisme.
     Die klem van Kuns en Kunsvlyt op 'truth to materials' ('getrou aan materiale) is duidelik
     in die hout wat 'n natuurlike toestand gelaat is. Die natuurlike warm-bruin kleur van
     die houtgrein, die dowwe silwer piouter en gepoleerde geelkoper toon die fyn
     vakmanskap van die beweging. Vlak, gekerfde slangmotiewe skep 'n tonale
     verskeidenheid in die natuurlike kleur hout. In teenstelling daarmee gebruik
     Postmodernisme lewendige rooi, geel, blou en groen wat deel gevorm het van hulle
     verwerping van Modernistiese beskeidenheid. Postmodernisme se gebruik van
     veelvuldige pastelkleure lei tot 'n kitsch-estetiek vir die boekrak.
     Tipies van Kuns en Kunsvlyt is die gebruik van simmetriese balans. Die kabinet kan
     in twee ewe groot identiese kante verdeel word en elke kant het dieselfde visuele
     gewig. Net so is die Postmodernistiese boekrak ook simmetries gebalanseerd
     aangesien beide die linker- en regterkante van die boekrak identies in vorm en kleur
     is.
     Kuns en Kunsvlyt se doel was om terug te keer na die waardes van die Middeleeuse
     Gotiese samelewing, waar Christelike waardes, orde, stabiliteit en eenvoud hoog
     geag is, soos gesien in die glasvenster in FIGUUR H. Sterk klem is geplaas op die
     statusverhoging van die handwerk-kunstenaar, die funksie en eerlikheid van die
     konstruksieproses. Kuns en Kunsvlyt se doel was om versiering minimaal te hou,
     terwyl Postmodernisme se doelwit individualiteit was, om Modernistiese konformiteit
     te verwerp. Die Postmoderne boekrak in FIGUUR I toon duidelik ’n komplekse
     ontwerp wat nie net funksioneel is nie, maar ook ’n uitsonderlike visuele stelling
     maak. Een van die kerndoelwitte van Postmodernisme was om die versperring
     tussen hoë en lae ontwerp af te breek.
     Die klem in Kuns en Kunsvlyt is op 'vorm volg funksie'. Die kabinet is ontwerp om
     gepas vir die doel te wees en die versiering is minimaal. Hierdie konsep lê klem
     op 'n ontwerp wat nie net goed moet lyk nie, maar ook aan die praktiese behoeftes en
     vereistes van gebruikers moet voldoen. Die Kuns-en-Kunsvlyt-kabinet balanseer
     funksionaliteit met estetika en verseker dat elke aspek van die ontwerp tot die primêre
     doelwit bydra. Terwyl die Postmodernistiese boekrak as 'n boekrak kan funksioneer,
     het dit ook 'n dubbelsinnige funksie wat die elemente van skoonheid, humor,
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                    15                           DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

     gevatheid en parodie in die omgewing inbring. Afhangend van die konteks kan die
     betekenis van sulke stukke/items verander, wat kan maak dat dit as standpuntstukke
     of beeldhouwerke beskou kan word.

     Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

     LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm
     toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
     twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik
     kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

        V4.2 VLAK            KOGNITIEWE                  GEWIGS-        VRAE        PUNTE (10)
                            VAARDIGHEDE                TOEKENNINGS
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken              30%           4.2              2
                                                                                          1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middel orde   Toepas, Implementeer,                  40%         4.2              4
                      Organiseer
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk,
                      Interpreteer                           30%         4.2              2
                      Evalueer, Besin/Nadink                                              1
                      Sintetiseer, Regverdig

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Ontwerp/V1                                     16                            DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

  AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
              KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1   (Ken 20 punte in totaal toe)

5.1.1 (Ken 2 punte toe)
     Die titel 'Ubuntu', is 'n Nguni-woord wat menslikheid en deernis beteken. Met die
     betekenis van die titel van die ontwerp in gedagte, bepleit die Ubuntu-inperkbed die
     menslike en deernisvolle behandeling van individue wat met Ebola virus besmet
     is. Gedurende die Ebola-uitbreking is hospitale dikwels oorweldig met te min
     hulpbronne om siekes te versorg. Die Ubuntu-inperkbed is liggewig, ekonomies
     en maklik om met die hand aanmekaar te sit en kan daarom as 'n draagbaar of
     hospitaalbed funksioneer. Dus stel die bed mediese fasiliteite in staat om meer
     siek mense tydens pandemies of uitbrekings te behandel.  Dit laat toe vir die
     doeltreffende en menslike behandeling en vervoer van pasiënte by mediese
     fasiliteite. Bamboes is 'n natuurlike, volhoubare materiaal wat bekend is daarvoor
     dat dit liggewig en higiënies is, 'n eienskap wat belangrik is om in ag te neem omdat
     Ebola is hoogs aansteeklike siekte is.
     Gee krediet aan ander geldige antwoorde.

5.1.2 (Ken 2 punte toe)
      Die Hippo-'roller' is 'n goeie voorbeeld van 'n sosiokulturele ontwerp wat lewens
      verbeter het. Dit maak die vervoer van water makliker en 'n prettige aktiwiteit vir kinders
      in landelike gebiede waar water dikwels ver van leefareas is.
      Gee krediet aan ander geldige antwoorde.

5.1.3 (Ken 16 punte toe)
      Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam
      van die ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte,
      materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerp-
      voorbeeld en hoe dit sosiokulturele kwessies aanpak.

      EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/
      ONTWERPGROEP:

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Ontwerp/V1                                  17                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

      (Ken 1 punt toe)
      Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpproduk
      Gehekelde 'Klein Kaktus' ('Tiny Cacti') deur Projekt.

      (Ken 5 punte toe)
      Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/
      ontwerpgroep gebruik
      Die doel van Projekt se ontwerpe is om tradisionele kunshandwerk te bewaar en te
      verhoog deur unieke tasbare stukke te skep. Projekt spesialiseer in uiters fyn
      hekeltegnieke met gebruik van klein hekelnaalde om hoëgehalte-, handgemaakte
      stukke te skep. Hulle produkte wissel van snaakse jakkalse en stoute apies tot
      eienaardige kaktusse. Hulle doel is om natuurlike materiale te gebruik, soos
      100% katoen en linne wat volhoubare en etiese produksie beklemtoon. As 'n
      regverdige-handelsinisiatief verseker hulle dat kunstenaars vaardigheidsopleiding
      ontvang wat spesifiek op die Imizamo Yethu informele nedersetting gefokus is.
      Projekt brei opleidingsprogramme uit om besigheids- en geletterdheids-
      vaardighede in te sluit om die vroue te help om onafhanklik te wees.

      (Ken 2 punte toe)
      'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak
      Die ontwerpgroep bemagtig werklose vroue wat in lae-inkomste-gebiede woon om
      'n salaris te verdien. Deur hulle opleiding in hekeltegnieke te gee, leer hulle 'n
      waardevolle vaardigheid wat kreatiwiteit en innoverende onafhanklikheid
      aanmoedig. Die Klein Kaktus ('Tiny Cacti') is gesog as 'n binneversierings-
      ontwerp en kan alleen of in 'n groep vertoon word.

      EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

      (Ken 1 punt toe)
      Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk:
      Kusungu Maternity Village (Kraamdorpie) deur MASS Design Group.

      (Ken 5 punte toe)
      Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/
      ontwerpgroep gebruik
      Argitektuur het die mag om van die wêreld se dringendste kwessies, veral in Afrika,
      aan te pak. Argitektuur is in plek, erfenis en kultuur gewortel en kan gemeenskappe
      vorm en volhoubare ontwikkeling aanmoedig. MASS Design Group is 'n firma wat
      ten doel het om argitektuur as 'n instrument vir sosiale verandering te gebruik.
      Mass Design Group se doel is om die probleem van moedersterftes as gevolg van
      komplikasies tydens geboortes op te los. In 2010 in Malawi was ongeveer een in
      36 vroue lewenslank in gevaar te sterf om tydens swangerskap of bevalling,
      grootliks as gevolg van oorsake wat voorkom kon word. Kraamwaghuise word
      gebruik om toegang te verkry tot vaardige professionele mense wat langs
      gesondheidsentrums geleë is. Hierdie fasiliteite verskaf 'n gemoniteerde ruimte vir
      verwagtende moeders vanaf die 36ste week tot by die bevalling.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Ontwerp/V1                                      18                         DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne
      Elke slaapeenheid is ontwerp om optimale daglig en natuurlike ventilasie te kry en
      verminder die risiko dat aansteeklike siektes versprei. Dit verskaf ook privaatheid
      en gemak. Die materiaal gebruik is saamgeperste gestabiliseerde
      grondblokmure wat sonstrale gedurende die dag absorbeer en hitte gedurende
      kouer aande uitstraal. Dit is ontwerp rondom repliseerbare modules wat by
      plaaslike bronne verkry word en die nuwe prototipe kan makliker geskaal word en
      by ander terreine aangepas word. Studies wat ná besetting gedoen is, toon dat
      hierdie nuwe dorpie-prototipe gemakliker is en verwagtende moeders voel
      veiliger.

      In die geboustruktuur ondersteun die suile 'n stelsel van houtkappe wat die daklyn
      verby die gewelplafon laat steek. Die 'saltbox' en 'butterfly-dakke van die
      modulêre slaapkamereenhede is in lyn met die komplementêre geometrie om
      reënwater beter op te vang en te herlei. Die dramatiese oorhellings beskerm die
      mure teen reën. Die dubbellaag-dakontwerp laat lug sirkuleer om die
      kamertemperatuur gedurende alle seisoene gemaklik te hou. Die 'butterfly'-effek
      laat dagligson toe om die mure te verwarm wat saans hitte uitstraal om 'n gemaklike
      slaaptemperatuur te onderhou.

      (Ken 2 punte toe)
      'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak
      MASS DESIGN GROUP het die kwessie van sosiale verandering met dokters,
      verpleegsters en verwagtende moeders by die Kasungu-fasiliteit, die Kraamdorpie,
      bespreek. Die ontwerpers het die enkelblokkonsep van die bestaande
      Kraamdorpie-prototipe afgebreek in 'n reeks kleiner komplekse wat om klein
      binnehowe gesentreer is. Hierdie grondplan is geïnspireer deur die volksuitleg
      van Malawiese dorpies waar familiekomplekse bestaan uit verskeie klein geboue
      wat uitgebreide en onmiddellike familie huisves. Die kleiner behuisingsblokke
      hanteer die gebrek aan 'n gevoel van gemeenskap wat intergeneratiewe deel van
      kennis aanmoedig asook die uitruil en ondersteuning tussen ervare en nuwe
      moeders en dit help ook om moedersterftes as gevolg van komplikasies tydens
      bevallings aansienlik te verminder. Die dak van die Kraamdorpie hang ver oor om
      skadu en beskutting aan die dorpie se binnehowe te verskaf en om die samekoms
      en wisselwerking tussen moeders aan te moedig. Hierdie ruimtes kan ook
      familielede en oppassers akkommodeer wat saam met verwagtende moeders reis
      en hulle noodsaaklike emosionele en sielkundige ondersteuning gee. Toegewyde
      opleidingsareas steun werkswinkels oor pre- en postnatale versorging en
      handwerkopleiding en help die moeders om 'n inkomste te verdien terwyl hulle van
      die huis weg is, wat opmaak vir die verlies aan lone wat 'n betekenisvolle
      struikelblok is vir wydverspreide gebruik van kraamdorpiefasiliteite in Malawi. Die
      gedeelde ruimtes het sentrums vir deel, aktiwiteite en leer geword wat help om die
      lewensgehalte van verwagtende moeders pre- en postnataal te help verbeter.
      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

        V5.1 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-        VRAE         PUNTE
                                                         TOEKENNINGS                    (20)
        Laer orde    Onthou, Herroep, Herken                 30%       5.1.2 + 5.1.3    1+1
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    5.1.1 + 5.1.3    1+3
        Middel       Toepas, Implementeer, Organiseer          40%         5.1.3          8
        orde
        Hoër orde    Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    5.1.1           1
                     Evalueer, Besin/Nadink                    30%        5.1.2           1
                     Sintetiseer, Regverdig                               5.1.3           2
                                                                          5.1.3           2

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — Design · QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — Design · QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — Design · QP · 2025 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-afr/c292473a-3cdf-4c69-af4e-eff39790b65a) — Design · Memo · 2019 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
