# Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    ONTWERP V1

                                       (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2025

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                      2                        DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.          Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 2.          Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

 3.          Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

             AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                              VRAAG 1 tot 3

             AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                              VRAAG 4

             AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                              konteks (40 punte)
                              VRAAG 5 en 6

 4.          Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

 5.          Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
             antwoord NIE.

 6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
             vraestel gebruik is. Verkeerde nommering sal NIE krediet kry NIE.

 7.          Beantwoord al die kolpunte ('bullets') by elke vraag.

 8.          MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

 9.          Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
             bestee.

 10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                               3                           DBE/November 2025
                                   NSS Vertroulik

                                 WOORDELYS          2025

 Ubuntu:               'n Waardestelsel wat die noodsaaklike menslike deugde, soos
                       deernis, menslikheid en empatie, insluit

 Inperkbed:            'n Bed wat dikwels gedurende pandemies of uitbrekings van
                       siektes wat hoogs aansteeklik is, gebruik word; om
                       geïnfekteerde individue van ander mense af te sonder en om
                       verdere verspreiding van infeksie te voorkom

 Ebola:                'n Aansteeklike en dikwels dodelike siekte wat deur koors en
                       ernstige interne bloeding gekenmerk word. Ebola word deur
                       kontak met die liggaamsvloeistowwe van 'n besmette persoon
                       versprei.

 Uitkyktoring:         'n Hoë, smal gebou van waar jy die omgewing kan waarneem

 Liggaamsbespotting: Uiting van onvanpaste en negatiewe kommentaar oor 'n ander
                     persoon se liggaam, hulle gewig, vorm of voorkoms

 Nguni:                'n Versamelwoord vir swart mense wat histories in die
                       oostelike streke van Suidelike Afrika hulle oorsprong het, soos
                       Swaziland, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap

 Aluminium:            'n Sterk metaalallooi wat vir vensterrame en funksionele
                       voorwerpe gebruik word

 Mahonie:              'n Tipe hout wat baie hard en duur is

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                   4                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

 VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

 Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

 1.1

             FIGUUR A: Tekstielontwerp-advertensie deur Thandiwe Muriu (Kenia), 2023.

             1.1.1    Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                      FIGUUR A hierbo:

                      •   Kleur
                      •   Tekstuur
                      •   Eenheid
                      •   Beweging                                               (4 x 2)      (8)

             1.1.2    Identifiseer die fokuspunt van die tekstielontwerp-advertensie in
                      FIGUUR A en bespreek hoe dit reggekry is.                               (2)
                                                                                              [10]

                                            OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                   5                       DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.2

                         FIGUUR B: Handsak deur Erkek Johnature (VK), 2023.

             1.2.1   Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels met
                     betrekking tot die handsak-ontwerp wat in FIGUUR B hierbo getoon
                     word:

                     •     Lyn
                     •     Fatsoen
                     •     Verskeidenheid
                     •     Balans                                              (4 x 2)      (8)

             1.2.2   Bespreek die moontlike invloede vir FIGUUR B hierbo.                   (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                   6                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
 2.1

                 FIGUUR C: Aanvaar Alle Liggaamstipes, Stop die Bespotting –
             Skoonheid Ken Nie Grootte Nie ('Embrace Every Body, End the Shame –
                    Beauty Knows No Size), ontwerper onbekend (VSA), 2024.
             2.1.1    Identifiseer en bespreek die boodskap wat deur die plakkaat in
                      FIGUUR C hierbo oorgedra word.                                            (2)
             2.1.2    Identifiseer en verduidelik EEN moontlike stereotipe of vooroordeel
                      wat in die plakkaat duidelik is.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                      7                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.2

                FIGUUR D: Weggesnyde                   FIGUUR E: Nguni-voustoel deur
             handgemaakte aluminiumstoel                Groundcover Leather Company
             deur Uriel Schwartz (VSA), 2024.                (Suid-Afrika), 2022.

             Skryf 'n paragraaf waarin jy die stoel in FIGUUR D met die stoel in FIGUUR E
             vergelyk.

             Verwys na die gebruik van die volgende in jou vergelyking:

             •   Vorm
             •   Estetika OF Inspirasie
             •   Ergonomie                                                          (3 x 2)      (6)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                    8                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3: ARGITEKTUUR
 Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.
 3.1                               Akropolis

        FIGUUR F: Klassieke Toring van die Winde ('Tower of the Winds') deur die
           Griekse sterrekundige Andronikos van Cyrrhus (Romeinse Agora, Athene,
       Griekeland), 50 VHJ. Die toring is gebruik om windrigting aan te dui. Hierdie toring
         is ook as 'n tydaanwyser gebruik. Aan die buitekant van die toring is tyd deur
        sonwysers aangedui, maar binne-in die toring het 'n watertydaanwyser tyd met
                                       waterdruk gemeet.

       FIGUUR G: Kontemporêre Uitkyktoring Kärven ('Observation Tower Kärven')
                     ontwerp deur White Arkitekter (Swede), 2024.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                      9                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 3.1         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke Toring van die
             Winde in FIGUUR F met die kontemporêre Uitkyktoring Kärven in FIGUUR G
             vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou opstel:

             •   Funksie
             •   Materiale
             •   Versiering OF Invloed
             •   Tegnologie
             •   Belangrikheid van ligging/terrein                                   (5 x 2)      [10]

                                               OF

 3.2         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
             gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur wat jy bestudeer het,
             vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou opstel:

             •   Funksie
             •   Materiale
             •   Versiering OF Invloed
             •   Tegnologie
             •   Belangrikheid van ligging/terrein                                   (5 x 2)      [10]

                                               OF

 3.3         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
             gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels-gebou/struktuur wat jy
             bestudeer het, vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou opstel:

             •   Funksie
             •   Materiale
             •   Versiering OF Invloed
             •   Tegnologie
             •   Belangrikheid van ligging/terrein                                   (5 x 2)      [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                    10                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
 VRAAG 4
 4.1         Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op
             die volgende bladsy.

                      Art Nouveau                                Art Deco

                         De Stijl                                   Pop

                       Modernisme                              Skandinawies

                        Bauhaus                             Dekonstruktivisme

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                    11                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

                 'As jy nie hou van hoe die wêreld is nie, verander jy dit … een tree
                                             op 'n slag.'
                                                               – Marian Wright Edelman

             Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style uit die lys hieronder, wat
             deur die visuele beelde (prentjies) op die vorige bladsy verteenwoordig word,
             en verduidelik hoe die ontwerpbewegings/-style die wêreld verander het.

             •   Art Nouveau
             •   De Stijl
             •   Bauhaus
             •   Art Deco
             •   Modernisme
             •   Pop-ontwerp
             •   Skandinawies
             •   Dekonstruktivisme

             Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die
             volgende verwys:

             •   Bespreek die stelling hierbo met verwysing na die beweging/styl wat jy
                 gekies het.                                                     (2 punte)
             •   Verduidelik die doelwitte, invloede en kenmerke van die ontwerpbeweging.
                                                                                 (5 punte)
             •   Noem 'n ontwerp en die ontwerper/ontwerpgroep.                   (1 punt)
             •   Sluit 'n bespreking in van die ontwerp wat jy gekies het.       (2 punte)
                                                                                   (2 x 10)      [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                    12                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 4.2

                        FIGUUR H: Kuns-en-Kunsvlyt-mahonieboekrak deur
                                Wylie and Lockhead (VK), 1900's.

                          FIGUUR I: Postmodernisme-Carlton-boekrak deur
                             Ettore Sottsass Memphis Group (VSA), 1981.
             Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die boekrakke in FIGUUR H
             en FIGUUR I hierbo met mekaar vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van
             die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig.
             Verwys na die volgende om jou antwoord te ondersteun:
             •   Inspirasie
             •   Kleur
             •   Balans
             •   Doelwitte van die beweging wat in die boekrakke weerspieël word
             •   Gepastheid vir doel/funksie                                     (5 x 2)         [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                    13                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
             KONTEKS
 VRAAG 5
 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
 5.1

                  FIGUUR J: Ubuntu-inperkbed deur Ilteris Ilbasan (Turkye), 2022.
                  Die Ubuntu-inperkbed is bekostigbaar en maklik om gedurende 'n
             Ebola(dodelike virus)-uitbreking aan mekaar te sit en te gebruik. Ebola vereis
                                        dringende mediese sorg.
             5.1.1     Bespreek die sosiokulturele voordele van die ontwerp in FIGUUR J
                       hierbo.                                                                    (2)
             5.1.2     Noem EEN ander voorbeeld van 'n sosiokulturele ontwerpoplossing
                       behalwe FIGUUR J. Verduidelik hoe hierdie ontwerpoplossing die
                       lewens van mense verbeter.                                                 (2)
             5.1.3     Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy
                       die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/
                       ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/
                       ontwerpgroep bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk
                       aanpak.
                       Verwys na die volgende in jou opstel:
                       • Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk
                           (1 punt)
                       • Bespreking van die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke wat
                           deur die ontwerper/ontwerpgroep gebruik is          (5 punte)
                       • 'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
                           kwessies aanpak                                      (2 punte)
                       Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen
                       bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                       verwys NIE.                                                 (8 x 2)        (16)
                                                                                                  [20]
                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                     14                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 5.2

                     FIGUUR K: Leunstoele deur Andile Dyalvane (Suid-Afrika), 2021.

             5.2.1       Identifiseer en bespreek die invloed van tradisionele gemeenskap-
                         kunshandwerktegnieke wat in FIGUUR K hierbo duidelik is.                (2)

             5.2.2       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor EEN inheemse
                         tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het.
                         Verwys na die volgende in jou opstel:
                         •   Naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die
                             tradisionele kunshandwerk vervaardig het            (1 punt)
                         •   Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die
                             tradisionele kunshandwerk te skep                  (5 punte)
                         •   Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk (2 punte)        (8)

             5.2.3       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk van
                         EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/-ontwerp-
                         groep bespreek wie se ontwerpe geïnspireer is deur of wat gebruik
                         maak van enige inheemse Suid-Afrikaanse/Afrika-kunshand-
                         werktegnieke en/of -materiale.
                         Verwys na die volgende in jou opstel:
                         •   Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre
                             ontwerpproduk                                        (1 punt)
                         •   Bespreking van die doelwitte, invloede en materiale van die
                             ontwerper/ontwerpgroep.                            (6 punte)
                         •   Verduideliking van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n
                             aanpassing en voortsetting van die inheemse handwerktegniek
                             is.                                                (3 punte)        (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                    15                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 6
 6.1

                 FIGUUR L: Van Afrika met Liefde ('From Africa with Love')-kandelaar
                                deur Heath Nash (Suid-Afrika), 2013.
             6.1.1      Definieer die term ekovriendelik met verwysing na FIGUUR L hierbo.   (2)
             6.1.2      Bespreek TWEE ander metodes om produkte te maak wat
                        ekovriendelik is behalwe FIGUUR L. (MOENIE na ontwerp-
                        voorbeelde in hierdie vraestel verwys NIE.)                          (2)
 6.2         Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van
             EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
             internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se werk
             volhoubare/omgewingskwessies aanpak.
             Verwys na die volgende in jou opstelle:
             •    Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe
                                                                               (1 punt)
             •    Doelwitte, materiale en prosesse                            (5 punte)
             •    'n Bespreking van die ontwerpproduk en 'n verduideliking van hoe dit
                  volhoubare/omgewingskwessies aanpak                         (2 punte)
             Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
             het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (8 x 2)   (16)
                                                                                             [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                      GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Design · Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Design · Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Design · Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-afr/f4b04710-a518-4d37-b4e3-b62c91ba14e8) — Design · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/55df5861-fc3f-44d9-9ee7-d8d1db477978) — Memo · 2024 · Eng
- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — QP · 2024 · Afr
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
