# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 43 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 43

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 43 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2025

                                 NASIENRIGLYNE

   PUNTE: 150

                Hierdie nasienriglyne bestaan uit 41 bladsye en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dramatiese Kunste                           2                           DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 ALGEMENE AANTEKENINGE VIR                 DIE   INTERNE      MODERATOR         EN    DIE
 HOOFNASIENER EN NASIENERS

 1.       Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
          van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die
          kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat
          uit die geheue herwin is, te bepaal.

 2.       Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is
          Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se Taksonomie ('Revised Bloom's
          Taxonomy').
          • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
          • 4 denkprosesse van kompleksiteit

 3.       Nasieners:
          • Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
            nasienriglyne uiteen te sit.
          • Vind algemene definisies en begrippe.
          • Assimileer en standaardiseer die:
            o Verwagte antwoorde op elke vraag
            o Kognitiewe moeilikheidsvlak wat vereis word van die kandidaat
            o Tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
            o Aksiewerkwoorde wat gebruik word by elk van die kognitiewe vlakke en
                 die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
          • Maak 'n duidelike regmerkie langs die kognitiewe vlak/denkproses van
            kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardigheid/kennisaspek wat vereis word
            wanneer 'n punt toegeken word.
          • Die Hoofnasiener en Interne Moderator mag slegs 'n nasiener wees wat 'n
            geskikte kwalifikasie in Drama van 'n Hoëronderwys Instituut het, bv. 'n
            Baccalaureusgraad of 'n graad in Drama op vlak drie.
          • Nuwe of onervare nasiener moet deur óf die Hoofnasiener óf die Interne
            Moderator gemodereer word
          • Dit is die rol van die Interne Moderator en Hoofnasiener om punte opwaarts
            of afwaarts aan te pas om korrekte, aan te pas om regverdig, geloofwaardig
            en betroubare punte toe te ken
          • Dramaties Kunste is nie 'n empieriese vak wat slegs een korrekte antwoord
            het nie
          • Alle merkers moet deurlopende gedurende die nasienproses opleiding
            ontvang
          • Die Dramatiese Kunste vraestel bevat vrae wat van kandidate verwag om
            hulle eie opinies of ervarings in 'n oorspronklike en kreatiewe manier toe te
            pas
          • Sien na met 'n holistiese oogpunt en aanvaar korrekte en relevante
            antwoorde wat dalk nie in the memorandum mag wees nie
          • Aanvaar ander korrekte antwoorde wat die kandidaat se Kennis, Konsepte
            en Vaardighede weergee. Die meerderheid vrae van die vak, Dramatiese
            Kunste, verwag van 'n kandidaat om persoonlike subjektiewe opinies asook
            oorspronklike en kreatiewe antwoorde te gee. Sien uit 'n holistiese oogpunt
            na en aanvaar korrekte antwoorde wat nie in die Nasienriglyne is nie
          • Raak aktief betrokke by die antwoord.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Dramatiese Kunste                             3                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne
          •   Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne om te verseker
              dat nasien regverdig, geldig en betroubaar is en aan duidelike kriteria
              gemeet word.
          •   Die Verdragingsreeks (ꞌTolerance Rangeꞌ) vir Dramatiese Kunste is 3% uit
              die 150 - punte totaal van die Vraestel. Dit is 5 punte vir die Verdragsreeks
              in totaal vir die Vraestel.
          •   As nasieners se punte hoër of laër as die Verdragingsreeks is, moet die
              Hoofnasiener of die Interne Moderator 'n besluit neem of die punt ervaar of
              verwerp, of aangepas moet word.
          •   Daar moet gedurende die nasienproses gereelde konsultasieproses wees
              om te verseker dat nasien gestandaardiseer is.
          •   Die nasienriglyne kan nie al die antwoorde voorspel nie. Provinsiale
              nasieners moet dit in ag neem en moet ontvanklik wees met die kandidate
              se antwoorde.
          •   Sien globaal na.
          •   Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem
              met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe van graad
              10/11/12 (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag se
              vereistes.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Dramatiese Kunste                            4                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

 Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

 Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande
 nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verduidelik en moet die merkers oplei om Leong
 se beginsels toe te pas:

 1.       Itemmoeilikheidsgraad (Vraag):
          Hoe kompleks/moeilik is die ontwerp van die werklike vraag/item self?

 2.       Taakmoeilikheidsgraad:
          Wat is die kompleksiteit/moeilikheidsgraad van die kognitiewe vlak en
          denkproses wat van die kandidaat verwag word?

 3.       Stimulusmoeilikheidsgraad (Bron):
          Hoe kompleks/moeilik of maklik is dit om die bron toe te pas en te verstaan?

 4.       Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: (Nasienriglyne)
          Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
          verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
          gegee?
          Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
          Is die punte toepaslik geweeg en toegeken?
                                                                            – Leong: 2002

 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
 hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg:
 • Maak seker daar is standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se
    opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen
 • Standaardiseer nasionale nasienprosedures, prosesse en uitslae
 • Volg die volgende prosedure:
    Die item (vraag) en taak (nasienriglyne):
     o Lees die item en bepaal die vlak van kompleksiteit en moeilikheidsgraad van die
         ontwerp van die vraag: lae, middel of hoë vlak
     o Lees die taak (nasienriglyne) en bepaal watter inhoud van die kandidaat vereis
         word om die vraag te antwoord. Som die inhoud op
    Fasiliteer die opleiding van die nasiener m.b.t. die nasienriglyne en die rubrieke
     o Hersien die rubriek met betrekking tot die item en die taak
     o Hersien die prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van
         die antwoord by die kriteria van die rubriek te pas en alle elemente ewe veel te
         laat weeg)
    Oefen om individueel na te sien
     o Sien 'n stel oefenskrifte na.
     o Nasieners moet die skrifte onafhanklik nasien.

 Die hoofnasiener/interne moderator moet die nasieners se punte aanteken en die
 bespreking lei. (Opleidingskrifte moet punte en kommentaar bevat.)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Dramatiese Kunste                            5                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS

 VRAAG 1

 Die kandidaat moet:
 • Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
 • Verwys na die toneelteks wat bestudeer is
 • Enige een van die drie Teaterbewegings binne die konteks van die vereistes van die
    vraag toepas:
    o Teater van die Absurde OF
    o Epiese Teater OF
    o Postmoderne Teater
 • Na die bronmateriaal in hulle antwoord verwys
 • Na die vraag in hulle antwoord verwys
 • Toon dat die vraag en bron verstaan, ontleed, toegepas, geëvalueer en in hulle opstel
    geïntegreer is
 • Kontekstualiseer gememoriseerde kennis in 'n bespreking, wat feitelike,
    kontekstuele, prosedurele en metakognitiewe denke toon
 • Kreatiwiteit in die toepassing van die eise van die vraag

 Nasieners moet die volgende in ag neem:
 • Kandidate moet toon dat hulle die bostaande verstaan en krities ontleed en in hulle
   opstel toegepas het.
 • Die Rubriek moet deur die merker gebruik word om die volgende te beoordeel:
   o Kognitiewe vlakke (onthou, verstaan, toepas, analiseer, evalueer en skep)
   o Kompleksiteite van denke wat deur die kandidaat getoon word (feitelik,
       konseptueel, prosedureel, metakognitief)
 • Al die vrae se vlakke, elemente en instruksies moet in ag geneem word wanneer die
   opstel nagesien word.
 • Om 'n billike, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners bevoeg wees in
   die betekenis en toepassing van Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se
   Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n rubriek:
   o Kriteria (vaardighede, kennis, konsepte, tegnieke en inhoud)
   o Vlakbeskrywers (laag, middel en hoog)
   o Woordbeskrywers
   o Aksiewerkwoorde
   o Kognitiewe vlakke
   o Denkprosesse
 • Nasieners moet streng en deurlopend in die merkproses opgelei word in hoe om die
   ses kognitiewe vlakke, asook die vier denkprosesse in die rubrieke te interpreteer, te
   gebruik en toe te pas om kandidate se prestasies te meet.
 • Merk holisties
 • Kandidate hoef nie op al drie punte te reageer om volpunte te kry nie
 • Kandidate moet billike, geldige en korrekte inhoud verskaf
 • Aanvaar positiewe nuanses/reaksies

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Dramatiese Kunste                                    6                                         DBE/November 2025
                                             NSS – Nasienriglyne
   BESKRYWER         PUNTE              DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die
                     27–30        inhoud
     Uitstaande
                              •   Argument:
                    90–100%       Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese en
   Metakognitiewe
                                  analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
                      A+      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
        Skep
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud en ander bronne
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke
                                  oor die inhoud
     Uitstekend      24–26
                              •   Argument:
                                  Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese
   Metakognitiewe    80–89%
                                  en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Evalueer         A
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud en ander bronne
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Maak gevolgtrekkings, gekonstrukteer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met
    Verdienstelik    21–23
                                  prosedurele denke oor die inhoud
                              •   Argument:
    Prosedureel      70–79%
                                  Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Ontleed          B
                                  Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
                                  bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
     Wesenlik        18–20        Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak; met prosedurele denke oor die inhoud
                              •   Argument:
    Prosedureel      60–69%       Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Toepas           C          Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
                                  binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
     Voldoende       15–17        Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
    Konseptueel      50–59%       Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
       Begrip          D          Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
                                  inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
     Gemiddeld       12–14        Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
    Konseptueel      40–49%       Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
       Begrip          E          Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
     Elementêr        9–11        Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud
                              •   Argument:
       Feitlik       30–39        Skryf 'n opstel wat denke op 'n elementêre vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Onthou           F          Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Nie Behaal Nie     6-8
                                  Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
                              •   Argument:
       Feitlik       20–29%
                                  Skryf feite neer op 'n voorspelbare beperkte vlak
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Onthou           G
                                  Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                      0-5         Geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie.
                              •   Argument:
   Nie Behaal Nie    0–19%        Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om genoeg
                                  feite te verskaf
                       H      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                  Geen bewyse van enige feitelike kennis nie

                                                                                      TOTAAL AFDELING A:                          30
Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Dramatiese Kunste                            7                             DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. (Vraag 2 OF 3
 OF 4).

 VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
               BARNEY SIMON

 2.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die karakters
          in die toneel toon.

          Ken volpunte toe vir die identifisering van die twee karakters

          Die volgende is 'n riglyn:
          Die karakters wat vertolk word in BRON B kan wees, bv.
          • Die polisiemanne wat met mekaar kommunikeer oor die ontsnapping van
             Morena en die plan om Morena te bom
          • Soldate wat getaak is om Morena te arresteer
          • Militêre personeel wat op wag diens is
          • Apartheid polisiemanne wat uitgestuur is om Morena aan te val
          • Helikopter vlieenier/ helikopter beheer/ radio operateur/ bemanning aan
             boord                                                                                (2)

 2.2      Nasieners aanvaar enige relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis
          en begrip van hoe die beligting gepas is om die toneel in BRON B uit te beeld,
          toon.

          Ken volpunte toe vir:
          • Een goed gemotiveerde stelling OF
          • Twee aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn:
          Die beligtingskeuse is gepas omdat:
          • Die kollig die akteurs op die bokse beklemtoon
          • Dit die gehoor se fokus plaas op die skep van die helikopter
          • Die beligting die verhoog verlig en die fokus op die handeling op die verhoog
             plaas                                                                                (2)

 2.3      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis en
          begrip oor hoe Percy reëls 3–5 kan vertolk toon.

          Ken volpunte toe vir:
          • Drie goed verduidelikte stellings OF
          • Ses aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn:
          Hy kan:
          • Mimiek hoe hy in die 'CB radio' praat en luister na 'n denkbeeldige antwoord
          • Gesigsuitdrukkings gebruik om skok en ongeloof te wys oor die reaksie van

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Dramatiese Kunste                            8                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          •    die bevelsentrum
          •   'n Pouse gebruik voor hy antwoord 'What?' om sy ongeloof te wys
          •   Bevraagtekening en skok in sy stem reflekteer, asook gehoorsaamheid aan
              die bevel
          •   Na die vlieënier kyk wanneer hy vra 'What do you see down below?'
          •   Na die denkbeeldige see kyk waar Morena op die water loop om die toneel
              te vestig
          •   Sy ander arm gebruik om die propeller van die helikopter te verteenwoordig
          •   Die geluid van die helikopter maak met sy stem wanneer hy nie praat nie
          •   Die spanning van in die helikopter wees uitbeeld deur vas te hou aan ń
              denkbeeldige reling                                                               (6)

 2.4      Nasieners aanvaar relevante en goed beskryfde antwoorde waar kennis,
          begrip, toepassing en ontleding van die gebruik van mimiek in BRON B toon.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed beskryfde stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn:
          Mimiek word gebruik om voor te stel:
          • Helikopter vlieg en af kyk na Morena wat ontsnap het van die maksimum
             tronk
          • Die radio wat gebruik word vir kommunikasie deur die polisie
          • Vêrkyker wat gebruik is deur die polisie wat die helikopter vlieg
          • 'n Mikrofoon/tweerigtingradio                                                       (4)

 2.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip en ontleding van Morena se rol in die toneelstuk toon

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed gemotiveerde stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn:
          Morena se rol in die toneelstuk:
          • Hy is die redder en leermeester
          • Hy het gekom om die onderdruktes van Suid-Afrika vry te maak
          • Sy aankoms veroorsaak rebellie en revolusie, bv. die brand van die
             pasboeke
          • Hy vestig verhoudings met die karakters wat Percy en Mbongeni uitbeeld,
             bv. Bobbejaan en Zuluboy in die Coronation Brickyard
          • Sy gevangenis, ontsnapping, bomming, sterfte en opstanding weerspieël
             die bybelse verhaal van Jesus se lewe, sterfte en opstanding (Mbongeni
             Ngema het genoem dat hulle die bybel wou vertolk vir vandag)
          • Morena laat die dooie strydhelde opstaan en sodoende verhoog hy die
             moraal en hoop van die mense gedurende apartheid Suid-Afrika
          • Die impak van Morena se invloed op die toneelstuk word gevoel deur die
             gehoor en dit kan hulle moontlik aanhits om protes te lewer teen die onregte
             van apartheid                                                                      (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Dramatiese Kunste                            9                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 2.6      2.6.1      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
                     kennis, begrip en ontleding van hoe handeling in die toneel in BRON
                     B bydra tot die spanning toon
                     Ken volpunte toe vir:
                     • Een goed gemotiveerde stellings OF
                     • Twee aparte gedagtes/idees

                     Die volgende is 'n riglyn
                     Die handeling in die toneel bou spanning in die toneelstuk
                     omdat:
                     • Spanning word geskep deur die geantisipeerde handeling van
                        Morena wat 'gebom' word
                     • Die stem en fisiese reaksies van die akteurs teenoor die
                        instruksie dat hulle Morena moet bom, reflekteer skok en
                        verskrikking
                     • Die gehoor antisipeer Morena se dood en die nagevolge daarvan            (2)

          2.6.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
                     kennis, begrip, ontleding en evaluering van waarom die gebeure wat
                     volg na die toneel in BRON B die gehoor se reaksie op die toneelstuk
                     kan beïnvloed toon

                     Ken volpunte toe vir:
                     • Twee goed gemotiveerde stellings OF
                     • Vier aparte gedagtes/idees

                     Die volgende is 'n riglyn
                     Die gebeure na die toneel in BRON B kan moontlik die gehoor
                     se reaksie beïnvloed omdat:
                     • Die aankondiging van Morena se dood oor die televisie kan
                        moontlik 'n gevoel van hartseer en hopeloosheid in die gehoor
                        skep want hy verteenwoordig die hoop vir 'n beter toekoms en
                        vryheid vir die onderdruktes
                     • Morena se opstanding en verskyning in die finale toneel kan die
                        gehoor hoop gee vir positiewe verandering en die herstel van
                        menseregte en Vryheid
                     • Die gebeure van die finale toneel kan die gehoor se denke en
                        aksies beïnvloed deur 'n emosionele reaksie uit te lok, en
                        moontlik die gehoor aanmoedig om teen apartheid te protesteer
                        en verandering bring in die sosio-politiese omstandighede               (4)
                     • Afgryse oor die sinnelose geweld
                     • Woede oor die wreedheid van apartheid
                     • Simpatie met beide Morena en die verwarde soldate
                     • Hartseer en emosionele skok
                     • Bewustheid van hoe mag gewone mense korrupteer
                     • Besinning oor die voortdurende stryd om geregtigheid

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Dramatiese Kunste                          10                           DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.7      Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die
          kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering van hoekom die
          toneelstuk belangrik is vir 'n jong mens wat in Suid-Afrika woon toon

          Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6–8 reëls
          aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Persoonlike,
          kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk Holisties.
          Aanvaar antwoorde wat stel dat die toneelstuk belangrik is, of nie belangrik is
          nie.
          Die volgende is 'n riglyn:
          Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan elemente van die
          volgende inligting bevat oor hoekom die toneel belangrik is:
          • Dit leer my/ons oor die onregte wat plaasgevind het gedurende die
             apartheidsera, bv. polisiegeweld en ongelykheid in onderwys en
             werksgeleenthede
          • Dit dien as 'n herinnering dat mense nie dieselfde onregte moet laat gebeur
             nie, bv. rassisme en segregasie
          • Dit dokumenteer 'n belangrike gedeelte van Suid-Afrikaanse geskiedenis
             waarin die apartheidsisteem gevestig en afgedwing is
          • Dit skep 'n waardering vir die demokrasie wat ons vandag geniet want ons
             sien hoe geweldadig en ongeregtig die sisteem van apartheid was in
             vergelyking met die vryheid en menseregte van vandag
          • Dit herinner ons dat ons nie altyd toegelaat was om ons uniekheid en
             diversiteit te kon uitleef soos ons vandag doen as 'n reënboog nasie nie.
          • Dit beklemtoon die belangrikheid van ons persoonlike vryheid wat ons
             vandag geniet want mense het nou die vryheid, anders as tydens apartheid,
             om te kan kies waar hulle wil bly, werk en sosialiseer
          • Dit skep 'n pynlike bewussyn van hoe families nie saam kon leef gedurende
             apartheid nie; die tradisionele familie struktuur is afgebreek want die
             broodwinners moes vêr van hulle families af bly opsoek na werk en dit skep
             'n dieper waardering van hoe families vandag kan saamleef
          • Dit wys hoe mense 'n 'dompas' moes saam dra waarookal hulle gegaan het
             en nou is ons nie meer so beperk nie
          • Dit inspireer ons om ons demokrasie te behou en om aan te hou veg teen
             mense onregte
          Bv. Gedig:
          Ons is nie dom nie
          Nee vir die dompas!
          Ons is nie dom nie!
          Laat ons beweeg teen 'n vinniger pas
          Verby apartheid
          tot in vryheid.
          Kom ons hardloop na die arms van Morena
          Waar ons veilig is
          Dankie Morena dat jy Suid-Afrika gered het
          Ons is deur
          Ons is vry
                                                                                                (6)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Dramatiese Kunste                          11                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

          Bv. Monoloog:
          Mense staan saam! Ons is onder een God. Ons sal nie meer onderdruk word
          nie. Afrika, staan op en vat jou plek op die wêreldverhoog. Ons rykdom lê in
          skatte en goud. Ons is die goud wat gemyn moet word. Afrika is nie te koop
          nie! Haar mense is sterk en moedig en magtig. Ons geskiedenis is so diep soos
          die myneskagte en ons rykdom sal skyn vir die wêreld om te sien. Ons
          generasie sal leiers sien wat sal opstaan en die wêreld sal oorheers en die
          vestiging van burokrasie, skynheiligheid en middelmatigheid breek. Die leiers
          sal ons nie meer gevangenis hou nie, hulle sal ons nasie dien.

 2.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te
          lig.

          Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip, ontleding,
          toepassing en evaluering van hoekom Woza Albert! waardeer kan word deur
          gehore regoor die wêreld toon.

          Die volgende is 'n riglyn:
          Woza Albert! Kan deur gehore regoor die wêreld waardeer word omdat:
          • Dit teaterelemente soos dans, sang, mimiek en dialoog kombineer binne
             die konteks waar onderdrukking aangespreek word
          • Die teaterelemente in die toneel struktuur en optrede dra 'n hoë vlak van
             emosie en gevoelens wat die gehore kan aanraak
          • Dit een van Suid-Afrika se toneelstukke was wat teen apartheid
             geprotesteer het en aan die mense gekommunikeer het dat hulle die
             sisteem moet teenstaan. Dit het ook internasionale stemme teen apartheid
             gemobiliseer
          • Die toneelstuk 'n dieper insig lewer oor die onregte teen die mense deur die
             politieke apartheid sisteem want dit sluit tonele en gebeure in waarin die
             realiteit van die tyd uitbeeld word
          • Die toneelstuk wys hoe sterk die mense kan wees in die gesig van slegte
             omstandighede want die karakters wys braafheid en trots in hulself
          • Die temas van rasisme, ongelyke onderrig vir spesifieke mense, polisie
             geweldadigheid teenoor mense wat ontmag is ens. is steeds globale temas           (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Dramatiese Kunste                          12                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
 3.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip too, van hoekom
          die karakters in 'n paniekbevange toestand is in BRON C.

          Ken volpunte toe vir:
          • Een goed gemotiveerde stelling OF
          • Twee aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          Die karakters is paniekbevange want:
          • Die apartheidpolisie (G-men) onverwags opgedaag het om die inwoners
             van Sophiatown te verwyder
          • Mingus en Charlie moes jaag om hulle gesteelde goedere weg te steek van
             die G-men
          • Hulle is nie genoeg tyd gegee om hulle besittings te pak nie                      (2)
 3.2      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis,
          begrip en ontleding toon van hoe om reëls 7 en 16 te vertolk sonder om
          eentonig te klink.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed verduidelikte stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          • Die akteur moet stem variasie gebruik in terme van stemtoon, toonhoogte,
             tempo en volume
          • Die akteur moet 'n ander houding gebruik vir die verskillende reëls
          • Die akteur moet gesigsuitdrukkings gebruik vir elke reël                          (4)
 3.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
          begrip toon van 'n rekwisiet wat moontlik die gedwonge verskuiwings
          simboliseer.

          Ken volpunte toe vir:
          • Een goed gemotiveerde stellings OF
          • Twee aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          'n Rekwisiet wat die tema van gedwonge verwydering kan simboliseer is
          bv.
          Bokse:
          • Word gebruik om die mense se besittings te pak want die inwoners van
              Sophiatown moes uit die area uit trek
          • Was haastig gedra om die besitting te pak in Mamariti se huis want die
              G-men het vroeër as verwag opgedaag
          • Bevat gesteelde goedere wat vinnig verwyder moet word om te voorkom
              dat die polisie dit ontdek en konfiskeer
          Tas:
          • Word gebruik om hul belangrikste besittings te pak sodat hulle dit saam kan
              neem wanneer hulle trek                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Dramatiese Kunste                           13                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 3.4      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis,
          begrip en toepassing toon van die gebruik van beligting om die tyd van die dag
          uit te beeld in BRON C.

          Ken volpunte toe vir:
          • Een goed verduidelikte stellings OF
          • Twee aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          Die beligting om die tyd van die dag aan te dui kan gedoen word deur:
          • 'n Lig stadig in te vervaag om die oggendure aan te dui (5 vm)
          • Verdofde beligting om die vroeë oggend ure uit te beeld wanneer die
             karakters wakker gemaak word deur Mingus en Charlie wat in die huis
             inkom                                                                             (2)

 3.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip en ontleding toon, van Ruth se rol in die toneelstuk.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed gemotiveerde stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          Ruth se rol in die toneel:
          • Die aankoms van Ruth is die katalisator vir baie van die handeling in
             Sophiatown, die toneelstuk, want sy bring die wêreld buite Sophiatown vir
             die inwoners van Mamariti se Diamond Sjebeen
          • Ruth leer ook hoe lewe funksioneer in die Townships (lokasie). Ons as die
             gehoor kan sodoende ook leer bv. Die inwoners leer van Joodse tradisies
             en Ruth leer Tsotsitaal
          • Ruth se verhouding met Jakes is die bron van soveel afgunstigheid en
             jaloesie bv. Dit skep spanning tussen Mingus en Jakes want beide stel
             belang aan Ruth
          • Omdat Ruth geklassifiseer is as 'n wit persoon en Jakes as 'n swart
             persoon, skep dit komplikasies want die toneel speel af gedurende
             apartheid Suid-Afrika
          • Die verhouding tussen Ruth en Princess is 'n bron van spanning want
             Princess beskou haar as 'n bedreiging vir haar verhouding met Mingus
          • Ruth se karakter bied 'n nuwe uitkyk aan die gehoor oor hoe Suid-Afrikaners
             in harmonie kan saamleef                                                          (4)

 3.6      3.6.1      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
                     kennis, begrip en ontleding toon van hoe die kandidaat moontlik die
                     regie sal behartig van die handeling in die toneel.

                     Ken volpunte toe vir:
                     • Drie goed gemotiveerde stellings OF
                     • Ses aparte gedagtes/idees

                     Die volgende is 'n riglyn

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Dramatiese Kunste                           14                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

                     Die kandidaat kan die regie van die handeling behartig in die
                     volgende wyse bv.
                     • Ligte gaan aan met die inkom van Mingus en Charlie om die
                        vroeë oggend ure aan te dui
                     • Die inkom van die akteurs moet die stilte en vrede van die vorige
                        aand breek om die gepaste gevoel te skep van die gedwonge
                        verwyderings wat op hulle wag, en die gevolglike pyn en chaos
                     • Die karakters wie in Mamariti se sjebeen bly moet in kom terwyl
                        hulle hul oë vryf en moet aangetrek wees in nagklere om aan te
                        dui dat hulle pas wakker geword het en dat dit vroeg oggend is
                     • Die karakters op die verhoog kan verward wees, soos wat dit
                        aangedui is met die vraagtekens in die teks
                     • Die fokus van die karakters moet op Jakes gerig wees wanneer
                        hy beheer neem oor die situasie
                     • Karakters moet ook reageer wanneer Jakes vir Mingus vra
                        'What's the story?'. Dit sal die aandag van die karakter en die
                        gehoor fokus op Mingus. Dit kan ook vertolk word deur die
                        verhoogplasing; plaas vir Mingus op die agterverhoog en die
                        ander karakter op die voorverhoog dan verskuif die karaters hulle
                        aandag op Mingus                                                        (6)

          3.6.2      Nasieners aanvaar relevante en goed bespreekte antwoorde wat
                     kennis, begrip ontleding en evaluering toon, van hoekom die
                     gebeure van volg op die toneel in BRON C die gehoor kan
                     beïnvloed.

                     Ken volpunte toe vir:
                     • Twee goed bespreekte stellings OF
                     • Vier aparte gedagtes/idees

                     Die volgende is 'n riglyn
                     Die gebeure wat BRON C volg kan die reaksie van die gehoor
                     op die toneelstuk verander omdat:
                     • Die gehoor kan aanklank vind met die emosionele trauma van
                        die uiters persoonlike en intieme interaksie tussen Mingus en
                        Charlie soos hulle die laaste totsiens sê in die volgende toneel
                     • Charlie kan nie saam met Mingus trek nie oor hul verskillende
                        rasse klassifikasie en dit kan ook 'n emosionele reaksie in die
                        gehoor na vore bring omdat hulle bewus is van hoe naby Mingus
                        en Charlie aan mekaar is
                     • Die navolgende aankondiging van Charlie se dood ontlok 'n diep
                        hartseer want die karakter het bemind aan die gehoor geword
                     • Die gesing en stilte van die finale toneelstuk kan reaksie by die
                        gehoor uitlok en kan beïnvloed hoe hulle die samelewing in 'n
                        apartheid Suid-Afrika aanskou, en dit kan hulle mobiliseer om
                        teen apartheid te protesteer
                     • Die menslike lyding wat uitgebeeld word aan die einde van die
                        toneelstuk het 'n universele betekenis en die gehore kan
                        verseker empatiseer met die ervaringe van die karakters op die
                        verhoog                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Dramatiese Kunste                           15                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 3.7      Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die
          kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering toon, van moontlike
          reaksies op Jakes se vraag 'What's the Story?'.

          Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6-8 reëls
          aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Korrekte en
          relevante persoonlike en kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk
          Holisties.

          Die volgende is 'n riglyn:
          Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan elemente van die
          volgende inligting bevat oor hoekom die toneel belangrik is:
          • Die G-men het onverwags in Sophiatown opgedaag om die inwoners van
             Mamariti se huis met dwang te verskuif
          • Inwoners is verward oor wat besig is om te gebeur omdat hulle nie die
             skielike aankoms van die G-men verwag het nie
          • Mingus se reaksie op die vraag 'what's the story?' is dat daar geen storie is
             nie en dat hulle moet pak en vlug
          • Die 'Storie' kan ook verwys na die storie van Sophiatown en die gedwonge
             verwyderings wat daar plaas gevind het. Kandidate kan verwys na enige
             korrekte en relevante aspek of kwessie oor die 'storie' van Sophiatown

          Bv. Gedig:
          Wat is die storie?

          Vertel ons 'n storie wat 'n traan sal laat stort
          Vertel my 'n storie waar ons 'n totsiens gaan kort
          Jy sal nooit die pyn kan verstaan
          As jy kon, sou jou hart ook traan.
          My lewe in skerwe, net soos die straat
          Waar familie en vriende saam kon praat
          Sophiatown, my huis, my vriend
          Alles verlore, niks verdiend

          Bv. Monoloog:
          Waarheen gaan ons? Wat is ons storie? En waar eindig dit? Wie weet? Wie
          geein elk geval om? Ons is verlore en vergete in 'n verlate landskap. Ek kan
          die geluide van die bulldozers hoor, en met elke slag breek 'n gedeelte van my
          hart. Sophiatown, my huis, waar my kinders gebore is, waar lewe gemaak is en
          'n identiteit gegroei het, is nou weggeneem deur die trokke. Totsiens. Wie weet
          wat die volgende hoofstuk inhou.                                                      (6)

 3.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te
          lig.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Dramatiese Kunste                          16                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

          Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip, ontleding, toepassing en evaluering toon, van hoekom Sophiatown
          waardeer kan word deur gehore regoor die wêreld.

          Die volgende is 'n riglyn:
          Sophiatown kan deur gehore regoor die wêreld waardeer word omdat:
          • Dit wêreldwyd bekend geraak het as 'n ikoniese voorbeeld van die 'Lewende
             Koerant'-styl produksie. Dit het 'n belangrike gedeelte van Suid-Afrikaanse
             geskiedenis gedokumenteer
          • Die toneelstuk het wêreldwyd gereis om die menseregteskendings en die
             gruweldade van apartheid Suid-Afrika te verkondig
          • Die styl van die toneelstuk het elemente van Township (lokasie)
             musiekblyspel geïnkorporeer met ander optree-style bv. Die lied van
             Meadowlands. Die was 'n unieke aanslag
          • Die proses waar die toneelstuk gewerkswinkel is, het innoverende teater
             idees gegenereer wat nagevors is om te improviseer, aan te pas en te
             selekteer vir optredes
          • Die Toneelstuk se protes teen apartheid en teen die geweld en effek van
             die gedwonge verwyderings het uitgestaan as 'n voorbeeld van 'n geweld
             vrye wapen vir sosio-politiese verandering
          • Temas van bendes, geweld, armoede en huishoudelike geweld is
             universele temas
          • Dit bied 'n stem vir die wat stemloos is, en dien as 'n verhoog om dit wat
             deur die media en regering stilgemaak is, te kommunikeer. Die
             internasionale wêreld het by die protes teen apartheid aangesluit                 (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Dramatiese Kunste                            17                          DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

 4.1      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon, van
          hoekom Ma om hulp roep.

          Ken volpunte toe vir:
          • Een goed gemotiveerde stelling OF
          • Twee aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn

          Ma roep om hulp omdat:
          • Jakes en Tiemie baklei het oor vaderskap van Tiemie se kind want Tjokkie
            het 'n visioen gehad wat verklap het dat dit 'n ander man se kind is
          • Tiemie het in die huis ingehardloop en Jakes het haar agtervolg. Daar was
            'n geraas en 'n roering in die huis wat daarop dui dat Jakes in die huis
            gegaan het om vir Tiemie seer te maak
          • Giel het weggeloop en vir Ma alleen gelos om die konflik tussen Tiemie en
            Jakes, en Tjokkie wat sy eie lewe neem, te hanteer
          • Ma was verdeeld tussen die feit dat Giel weggeloop het, Jakes vir Tiemie
            aangerand het en Tjokkie in die proses was om sy eie lewe te neem
          • Ma het nie geweet wat om met al die gebeure te doen nie, en dit het haar
            hulpeloos gelaat                                                                    (2)

 4.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip en ontleding toon, van Tjokkie se stelling 'Ek het alles bewetter ...'

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed gemotiveerde stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn

          Tjokkie sê 'ek het alles bewetter' omdat:
          • Vroeër in die toneel was hy geforseer deur Jakes en Giel om 'n visioen te
             hê. In die visioen het hy gesien watter perd wen en dat Tiemie swanger was
             by 'n ander man nie Jakes nie. Dit het konflik veroorsaak binne homself en
             tussen die ander karakters
          • Tjokkie sê dat hy nie daarvan hou om te 'sien' nie want dit wat hy sien eindig
             altyd op in iets sleg vir mense en situasies
          • Hy voel verantwoordelik vir Tiemie se seerkry en vir Giel wat weggeloop het
          • Hy voel hy het Tiemie en Ma se lewens vernietig en kan nie met die
             emosionele pyn saamleef nie                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Dramatiese Kunste                           18                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 4.3      Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon, van fisiese
          en/of stemkarakterisering.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed verduidelikte stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          Fisies/Liggaam:
          • Die akteur wat Tjokkie vertolk kan stadig kluip met spanning is sy hele
              liggaam en gesig
          • Hy kan sy oë toeknyp as gevolg van die skok en pyn wat hy ervaar as
              nagevolge van sy visioen
          Stem:
          • Die akteur wat Tjokkie vertolk sal 'n lae mompel gebruik soos hy die reëls
              sê
          • Hy kan diep en hard asem haal om sy skok uit te beeld                                (4)

 4.4      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis,
          begrip, ontleding en toepassing toon, van hoe die toneelaanwysings of die
          klankeffekte bydra tot die bou van spanning.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed verduidelike stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn
          Die toneelaanwysings of klankeffekte in BRON D dra by tot die bou van
          spanning omdat:
          • Die aanvanklike stilte van die toneel verskaf 'n onheilspellende voorgevoel
             van die tragedie wat gaan volg en die dramatiese oomblik behou die
             openingsoomblik van die toneel en is die motoriese moment
          • Die klankeffekte wat van die agterverhoog af gehoor kan word dui die
             roering in die huis aan en dit beïnvloed die spanning, atmosfeer, handeling
             en ritme van die toneel omdat die gehoor nie weet wat gebeur het nie, en
             wag in spanning om uit te vind
          • Tiemie se kreet verhoog die spanning in die toneel want die gehoor
             antisipeer moontlike tragedie
          • Die gedetailleerde aanwysings van die klankeffekte van die domkrag wat
             versterk en van Jakes se motorfiets wat saam die ander geluide tot 'n
             crescendo groei, beklemtoon die spanning van die oomblik
          • Die toneelaanwysings van Ma wat haar ore toe druk en die kanseldoek oor
             haar oë hou, dui daarop dat sy dit nie kan verduur om te kyk of luister na dit
             wat gebeur nie, en dit verhoog die visuele dramatiese spanning                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Dramatiese Kunste                            19                         DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 4.5      Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis,
          begrip en ontleding van hoe beligting gebruik kan word in BRON D toon.

          Ken volpunte toe vir:
          • Twee goed verduidelike stellings OF
          • Vier aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn

          Beligting kan:
          • Donkerder of dowwer word wanneer ma die harde geluid van binne die huis
             en Tiemie se kreet hoor, en die liedjie 'Sugar, Sugar' skielik stil raak
          • Verdof soos die 'gesis' geluid van die domkrag harder raak
          • 'n Kollig fokus op die kar en die 'domkrag'
          • Selfs donkerder word soos Jakes uit die huis kom, Ma met die kanseldoek
             gooi en op sy motorfiets klim en weg jaag
          • Verhelder wanneer Ma tussen haar twee kinders met die kanseldoek in haar
             hande staan en sy haar laaste reël sê                                              (4)

 4.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip, toepassing en ontleding toon, van hoekom die toneel in BRON D as die
          klimaks van Siener in die Suburbs gesien kan word.

          Ken volpunte toe vir:
          • Drie goed gemotiveerde stellings OF
          • Ses aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn

          Die toneel in BRON D kan beskou word as die klimaks van Siener in die
          Suburbs omdat:
          • Die intrige van die toneelstuk bereik sy klimaks want al die gebeure in die
             toneel bou tot die finale dramatiese toneel, bv. Die stres van lewe in die
             suburbs, Tiemie se swangerskap en Tjokkie se gawe om te kan 'sien'
          • Die dramatiese gebeure van Jakes wat vir Tiemie geweldadig aanval, Giel
             wat wegloop en Tjokkie se gevolglike intensie om sy eie lewe te neem dra
             by tot die klimaks van die toneelstuk
          • Die handeling van om 'n lewe op die verhoog te neem skokkende
             dramatiese effek op die gehoor want dit wat gebeur is ekstreem en
             skrikwekkend om na te kyk
          • Deurlopend sê Tjokkie dat sy visioene slegte dinge laat gebeur. Hierdie
             toneel wat sy dood op die verhoog uitbeeld, is die hoogtepunt van die slegte
             nagevolge van sy visioene                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Dramatiese Kunste                           20                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 4.7      Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die
          kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering van Ma se gedagtes en
          gevoelens toon.

          Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6-8 reëls
          aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Persoonlike,
          kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk Holisties.
          Ken volpunte toe vir:
          • Drie goed gemotiveerde stellings OF
          • Ses aparte gedagtes/idees

          Die volgende is 'n riglyn:
          Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan die volgende
          reflekteer oor Ma se gedagtes of gevoelens in reël 18:
          •    Almal in haar lewe is nou weg. Giel het weggeloop en Tjokkie en Tiemie
               is beseer (of moontlikdood)
          •    Sy voel skuldig omdat sy niks kon doen om Tjokkie of Tiemie te red nie.
               Sy kan ook skuldig voel dat sy toegelaat het dat Jakes en Giel vir Tjokkie
               druk om te 'sien'
          •    Sy voel verlore, gebroke en alleen
          •    'n Oomblik van self refleksie oor waar sy kon verkeerd gegaan het met
               almal in haar lewe
          •    Sy is hartseer oor die lewe wat sy nou verloor het
          •    Sy is agtergelaat met min hoop dat Pa dalk kan terug kom

          Bv. Gedig:
          Iets wat ek nie kon sien

          Verdeel tussen die liggame van twee
          En Giel wat moet bly, sê nee
          Sien ek ons bloed stroom uit gebroke harte en drome
          En dit syfer deur die kanseldoek se some
          Ons lewe apart, hart tot hart
          Iets wat ek nie kon sien
          Is my einde, en niemand moet dit verdien

          Bv. Monoloog:
          Daar is altyd bloed. Bloed in ons hande. Mag die bloed van ons voorvaders
          skree vir die aanvaarding vir wie ons is. Ons is die deurskynende mense, die
          klein mense, wat klein lewe maar groot droom. Al wat ons soek van die lewe,
          is die lewe self: die vryheid om so groot te lewe soos ons wil. Maar die bloed
          op die vloer hou ons gevange in ons eie gedagtes. Wat het verkeerd geloop?
          Al wat ons wou hê is so klein bietjie meer. Maar nou het ek dit wat ek gehad
          het ook verloor, en my hart bloei op die vloer                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Dramatiese Kunste                             21                         DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 4.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te
          lig.

          Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
          begrip, ontleding en evaluering toon, van hoekom Siener in die Suburbs
          waardeer kan word deur gehore regoor die wêreld toon alhoewel die toneelstuk
          oor een spesifieke Suid-Afrikaanse familie en hulle persoonlike probleme gaan.

          Die volgende is 'n riglyn:

          Siener in die Suburbs kan deur gehore regoor die wêreld gewaardeer
          word omdat:
          • Siener in die Suburbs bewustheid skep oor sekere sosio-ekonomies
             aspekte wat in enige gedeelte van die wêreld gevind kan word, bv.
             armoede, werkloosheid
          • Temas in Siener in die Suburbs sluit in: lae sosiale status, armoede, liefde,
             verslawing, huishoudelike geweld, emosionele mishandeling, vryheid en
             ontsnapping waarmee almal in die wêreld kan aanklank vind
          • Dit is 'n realistiese toneelstuk wat kwessies soos huishoudelike geweld,
             armoede en verslawing teenstaan. Hierdie kwessies word deur soveel
             gemeenskappe in die wêreld in die gesig gestaar
          • Karakters is driedimensioneel en geloofwaardig want die stel en milieu wat
             uitgelê is op die verhoog, in samewerking met die beligting, klankeffekte en
             mise-en-scène, skep Magiese Realisme in die Teater wat die toneelstuk
             baie medeleefbaar, opwindend en interessant maak want dit handel oor die
             mense kwessies wat almal kan herken, bv. Karakters is geloofwaardig en
             gerond. Die klein rolverdeling laat die gehoor 'n intieme verhouding met die
             karakters vorm
          • Dit wys die nagevolge van 'n persoon se keuses of aksies wat handel oor
             die menslike toestand, bv. As jy vir 'n persoon lief is wat jou mishandel, kan
             jy moontlik vasgevang word in daardie mishandeling soos Tiemie se liefde
             vir Jakes se gevolg is sy dat sy deur hom mishandel word                            (10)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2018 Memo Eng . . AMENDED FINAL . docx](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-memo-eng-amended-final-docx/89347ae3-9968-43ba-b954-a6fb451e341f) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-final-memo-afr/5adc6501-bf6a-4a79-a6db-4715ebd4bfd5) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2017-memo-afr/b325b00e-da8a-4f7c-a66e-4b1609c2ec27) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2017-memo-eng/dc29fce7-8868-47c6-8907-4e9fbcde1ec6) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
