# Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5827dab7-5e83-4aff-9222-eddddbfdaceb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5827dab7-5e83-4aff-9222-eddddbfdaceb)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V1

                                        2022

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                          PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                                    2                                     DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       C – 'n komparatiewe voordeel 
         1.1.2       D – Phillips 
         1.1.3       A – sentrale 
         1.1.4       B – huishoudings 
         1.1.5       D – gemeenskapsmark 
         1.1.6       B – massaproduksie 
         1.1.7       C – Handel en Nywerheid 
         1.1.8       A – vergoeding per werker                                   (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1       D-     pogings deur die owerheid om beleggings in ander gebiede
                            as dié met 'n hoë konsentrasie van ekonomiese aktiwiteit te
                            vestig 
         1.2.2       I-     koop van finansiële bates soos             aandele     op    die
                            aandelebeurs van 'n ander land 
         1.2.3       E-     konsultasie met handelsbanke om op 'n gewenste wyse te
                            handel 
         1.2.4       G-     'n kontanttoekenning wat aan vervaardigers gegee word om
                            produksiekoste te verminder 
         1.2.5       A-     oordrag van eienaarskap van besigheide van die private
                            sektor na die openbare sektor 
         1.2.6       H-     'n amptelike staatsverbod op die invoer van sekere goedere
                            en dienste 
         1.2.7       F-     gee riglyne oor hoe openbare finansieringsboekhouding
                            bestuur word om aanduiders te standaardiseer
         1.2.8       B-     sit die owerheid se breë benadering tot industrialisasie
                     uiteen                                                 (8 x 1)              (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1       Vryswewende/buigsame 
         1.3.2       Reële vloei 
         1.3.3       Kuznets/ bousiklusse
         1.3.4       Storting ('Dumping') 
         1.3.5       Sosiale kapitaal/fisiese kapitaal/sosiale infrastruktuur
                     Kindermortaliteit /Infantiele mortaliteit                     (6 x 1)
         1.3.6                                                                                   (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V1                                      3                                   DBE/2022
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1       Noem enige TWEE tipes verbruiksgoedere.
                       Nieduursame goedere 
                       Halfduursame goedere/ Semi-duursame 
                       Duursame goedere 
                       Dienste 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 1)      (2)

         2.1.2       Hoe word leidende aanwysers in die vooruitskatting van
                     sakesiklusse gebruik?
                           Leidende aanwysers word deur ekonome gebruik om 'n idee te
                            kry van wat om te verwag in die nabye toekoms soos wat hulle
                            verander voor 'n sakesiklus verander 
                           Hulle gee verbruikers, besighede en die staat 'n vlugtige blik
                            van die rigting waarin die ekonomie mag beweeg 
                            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (1 x 2)       (2)
2.2      DATARESPONS
         2.2.1       Identifiseer 'n voorbeeld van 'n lekkasie in die uittreksel hierbo.
                     Besparings                                                                 (1)
         2.2.2       Noem enige EEN deelnemer in 'n tweesektor-model.
                      Huishoudings/verbruikers 
                      Besighede/Firmas/Produsente                                              (1)
         2.2.3       Beskryf kortliks die term outonome verbruik.
                     Besteding in die ekonomie wat plaasvind ongeag die vlak van
                     inkomste /Vlak van besteding wat bestaan wanneer inkome nul
                     is
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)
         2.2.4       Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in 'n viersektor-
                     model kleiner as dié van 'n tweesektor-model?
                      Die grootte van die vermenigvuldiger sal kleiner wees aangesien
                       daar meer lekkasies (belastings en invoere) in die ekonomie sal
                       wees 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V1                                       4                                  DBE/2022
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

         2.2.5       Gebruik die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) van 0,6 en
                     bereken die verandering in nasionale inkome as daar 'n
                     belegging van R250 m was. Toon ALLE berekeninge.

                     ΔY = ΔJ x k               ΔY = ΔJ x k           = ΔJ x (1/1-mvg) 
                        = ΔJ x (1/1-mvg)          = ΔJ x (1/msg)        = ΔJ x (1/1-0,6)
                        = ΔJ x (1/1-0,6)         = ΔJ x (1/0,4)       = ΔJ x (1/0,4) 
                        = ΔJ x (1/0,4)           = 250 x 2,5          = 250 x 2,5 
                        = 250 x 2,5              = R625 m             = R625 m 
                        = R625 m 

                     OR
                     K = 1/1-mvg
                       = 1/1-0,6
                       = 1/0,4 
                       = 2.5 

                     ΔY = ΔJ x k
                        = 250 x 2.5 
                        = R625 m 
                                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V1                                   5                                 DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.3      DATARESPONS

         2.3.1       Identifiseer die term in die uittreksel hierbo wat na besteding
                     op kapitaalgoedere verwys.

                     Investering /Belegging                                                (1)

         2.3.2       Gee EEN rede wat die ekonomiese herstel van Suid-Afrika kan
                     beperk.

                        Sosiale onrus/oproer 
                        Korrupsie deur regeringsamptenare/ openbare sektor
                         mislukking 
                        Elektrisiteitstekort/Hoë koste van elektrisiteit 
                        Stygende brandstofprys 
                        Hoë koers van werkloosheid/armoede/lae verbruiksbesteding
                        Swak gesondheid van werknemers 
                        Disinvestering/gebrek aan investering 
                        Natuurrampe 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.

                     Die waarde van alle finale goedere en dienste wat binne 'n land
                     vervaardig word, teen konstante pryse (aangepas vir inflasie) 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (2)

         2.3.4       Verduidelik die effek op sakesiklusse wanneer daar 'n styging
                     in huishoudelike verbruik is.

                         Totale vraag sal toeneem, wat besighede sal aanmoedig om
                          meer te vervaardig en die sakesiklus na 'n opswaai
                          (uitbreiding) verander 
                         Toename in verbruiksbesteding sal meer beleggings lok wat
                          die ekonomiese aktiwiteit sal uitbrei 
                         Toename in ekonomiese aktiwiteit sal meer werk skep 
                         Toename in totale vraag kan vraagtrek-inflasie verhoog 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V1                                   6                                    DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         2.3.5       Hoe kan die owerheid belasting gebruik om ekonomiese
                     herstel te stimuleer?

                        Verminder persoonlike inkomstebelasting om huishoudings se
                         beskikbare inkomste te vergroot en totale vraag in die
                         ekonomie te stimuleer 
                        Verminder maatskappybelasting om winsvooruitsigte vir
                         besighede te vergroot sodat hulle meer goedere en dienste
                         kan vervaardig/lewer 
                        Indirekte belasting, soos BTW en sommige aksynsregte, kan
                         verminder word om verbruikerbesteding te stimuleer 
                        Gee belastingkortings of belastingvakansies aan nuut gestigte
                         besighede sodat hulle hulleself kan vestig en meer kan
                         produseer 
                        Verhoog belasting op ingevoerde goedere (tariewe) om
                         binnelandse produksie van goedere en dienste te stimuleer
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)        (4)

2.4      Bespreek  die    rol van           die    buitelandsevaluta-mark     in     die
         ekonomiesekringloop-model.

          Die buitelandsevaluta-mark bestaan uit die finansiële instellings soos
           handelsbanke wat buitelandse geldeenhede koop en verkoop 
          Buitelandse valutamarkte fasiliteer internasionale betalings 
          Huishoudings, firmas en die owerheid benodig buitelandse geldeenhede
           om invoere uit die buitelandse sektor te kan koop 
          Firmas gebruik ook die buitelandsevaluta-mark om buitelandse
           geldeenhede wat hulle in ruil vir hulle uitvoere kry, te wissel 
          Wisselkoerse word bepaal deur die kragte van vraag en aanbod wat deur
           die volume van invoere en uitvoere beïnvloed word 
          Buitelandse valuta markte bepaal wisselkoerse deur die wisselwerking
           van vraag en aanbod 
           (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of voorbeelde)
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (2 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V1                                   7                                     DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.5      Analiseer die uitdagings waarvoor Suid-Afrika in internasionale handel
         te staan kom.

         Suid-Afrika kan voor die volgende uitdagings in internasionale handel te staan
         kom:
          Onregverdige internasionale mededinging kom voor deurdat ontwikkelde
            lande hulle besighede deur subsidies bystaan wat hulle produk goedkoper
            as die Suid-Afrikaanse produk maak 
          Ontwikkelde lande kan hulle produkte teen baie lae koste (storting) na
            Suid-Afrika uitvoer wat tot die sluiting van plaaslike besighede kan lei. 
          Uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte kan beperk word om die
            verspreiding van siektes tussen lande, soos Covid-19, te voorkom 
          Vraag na Suid-Afrikaanse landbouprodukte kan toeneem as gevolg van
            tariewe wat baie hoër is as dit wat op nywerheidsgoedere van toepassing
            is 
          Kwotas en embargo's (verbod) kan Suid-Afrika se uitvoervolumes beperk
            wat die invloei van buitelandse valuta sal verminder 
          Dis moeilik vir Suid-Afrika om landbouprodukte in ontwikkelde lande te
            verkoop as gevolg van subsidies wat deur hulle regerings/owerhede aan
            landbouprodusente verskaf word 
          Huidige internasionale handelsreëls oor nywerheidsubsidies is nie in staat
            om owerheidsbystand behoorlik aan te pak nie 
          Internasionalisasie van staatsbeheerde maatskappye se werksverrigtinge
            kan 'n ongesonde mededingende omgewing skep want OSB's in sommige
            lande trek voordeel uit binnelandse voorkeurbehandeling en goedkoop
            finansiering 
          Die meeste Suid-Afrikaanse besighede het 'n agterstand m.b.t.
            tegnologiese vooruitgang en verandering van sakepraktyke wat hulle
            minder mededingend maak en hulle slaag nie daarin om ten volle met die
            wêreldekonomie te integreer nie 
          Oormatige afhanklikheid van primêre sektorprodukte lei daartoe dat Suid-
             Afrika minder uitvoerverdienste genereer uit internasionale handel 
          Onstabiele wisselkoerse veroorsaak baie onsekerhede in beplanning vir
             Suid-Afrikaanse uitvoerders 
          Sosiale, politieke en ekonomiese skokke in ander lande, soos die
             Oekraïne en Rusland, verminder Suid-Afrika se vermoë om internasionaal
             handel te dryf 
             (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
             feite/voorbeelde)
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (4 x 2)      (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V1                                   8                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Noem TWEE nywerheidsontwikkelingstrategieë in Suid-Afrika.

                        Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie/NNOS 
                        Geïntegreerde Vervaardigingstrategie/GVS          (2 x 1)           (2)

         3.1.2       Waarom is dit belangrik om die prestasie van die ekonomie te
                     meet?

                        Om geskikte veranderinge in ekonomiese beleid te bepaal wat
                         geïmplementeer moet word aangesien die ekonomie dinamies
                         is 
                        Om die doeltreffendheid te bepaal van ekonomiese beleide wat
                         geïmplementeer is om die prestasie van die ekonomie te
                         verbeter
                        Om die prestasie van die land met sy eweknie te vergelyk 
                        Om die bydrae van verskillende sektore tot die ekonomie te
                         bepaal 
                        Om inligting oor die ekonomiese toestande aan potensiële
                         beleggers te verskaf 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (1 x 2)        (2)

3.2      DATARESPONS

         3.2.1       Identifiseer die kommoditeit wat 'n belangrike verdiener van
                     buitelandse valuta in Suid-Afrika is.

                     Goud                                                                    (1)

         3.2.2       Noem enige ander BRICS-lidland, behalwe China.

                        Brasilië 
                        Rusland 
                        Indië 
                        Suid-Afrika                                                         (1)

         3.2.3       Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.

                     Die afskaffing van owerheidsinmenging in handelsvloei aan beide
                     die invoer- en die uitvoerkant / Die opheffing van beperkings soos
                     tariewe en kwotas op uitvoere en invoere om vrye vloei van               (2)
                     goedere en dienste tussen lande toe te laat 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V1                                   9                                     DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.4       Verduidelik die impak van 'n daling in mineraalpryse op die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie.

                        Uitvoerverdienste sal afneem soos wat pryse van
                         mineraaluitvoere, soos goud en platinum, afneem 
                        Buitelandse vraag na Suid-Afrikaanse minerale sal toeneem,
                         wat die handelsbalans verbeter 
                        Invoerbetalings kan ook afneem soos wat pryse van belangrike           (2)
                         invoere, soos olie, afneem 
                        Produksiekoste vir vervaardigingsondernemings sal daal
                         aangesien grondstowwe se (minerale) koste afneem 
                        Koste om elektrisiteit op te wek sal afneem as gevolg van laer
                         steenkool pryse 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         3.2.5       Hoe baat Suid-Afrika deur 'n lid van BRICS te wees?
                        Suid-Afrikaanse besighede kan hulle produkte na Brasilië,
                         Rusland, Indië en China uitvoer, sonder enige beperkings 
                        Plaaslike verbruikers kan goedere en dienste uit Brasilië,
                         Rusland, Indië en China invoer teen 'n laer koste 
                        Suid-Afrika is in 'n beter posisie om buitelandse direkte
                         beleggings uit Brasilië, Rusland, Indië en China te lok, wat
                         meer werksgeleenthede skep 
                        Om 'n lid van BRICS te wees verbeter die internasionale
                         verhoudings van die Suid-Afrikaanse regering 
                        Suid-Afrika het toegang tot fondse vir ontwikkelingsdoeleindes
                         van die Nuwe Ontwikkelingsbank 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (4)
3.3      DATARESPONS
         3.3.1       Identifiseer 'n voorbeeld van gratis behuising wat deur die
                     owerheid verskaf word.
                     HOP-behuising                                                             (1)
         3.3.2       Gee enige EEN sosiale/maatskaplike probleem wat met
                     informele nedersettings geassosieer word.
                        Hoë misdaadkoers 
                        Swak dienslewering (sanitasie, water en elektrisiteit) 
                        Siektes 
                        Besoedeling 
                        Oorbevolking 
                        Armoede 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (1)
         3.3.3       Beskryf kortliks die term verstedeliking.
                     Die beweging/migrasie van mense uit landelike na stedelike
                     gebiede. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V1                                 10                                    DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.4       Verduidelik die voordeel        van    behoorlike   sanitasie    vir
                     lewensverwagting.

                     Lewensverwagting kan verhoog omdat mense minder aan siektes
                     blootgestel word 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

         3.3.5       Hoe kan hoë bevolkingsgroei lewenstandaard beïnvloed?
                        Wanneer bevolkingsgroeikoers bo die reële BNP-groeikoers is,
                         sal die lewenstandaard verlaag 
                        Hoë bevolking kan lei tot tekort aan goedere en dienste as
                         gevolg van hoë vraag 
                        Meer mense lewe in armoede aangesien hulle nie daarin slaag
                         om toegang tot werksgeleenthede te kry nie 
                        Die owerheid kan daarin misluk om aan die hoë vraag na
                         openbare goedere en dienste te voldoen lei tot swak
                         lewenstandaard
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (4)

3.4      Bespreek kortliks die Kleinsake-ondersteuningsprogram (KSOP) en die
         Vaardigheidsondersteuningsprogram (VOP) as aansporings vir
         nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.

         Kleinsake-ondersteuningsprogram
          Hierdie program is ontwerp vir klein besighede met bates van
            R100 miljoen of minder 
          Hierdie aansporing bestaan uit 'n belastingvrye kontanttoelaag vir
            beleggings in nywerhede.
          Toelaes is beskikbaar aan nuwe besighede en besighede wat nog
            uitbrei. 
          Toelaes word vir drie jaar gegee waarna daar verwag word dat die
            besigheid selfonderhoudend sal wees.                     (2 x 2)
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         Vaardigheidsondersteuningsprogram
          Dit is 'n belastingvrye kontanttoelaag vir vaardigheidsontwikkeling 
          Die doel is om groter belegging in vaardigheidsopleiding aan te moedig en
            om nuwe, gevorderde vaardighede na die SA arbeidsmag te bring 
          'n Maksimum van 50% van 'n maatskappy se opleidingskoste word vir 'n
            tydperk van 3 jaar gedek 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (2 x 2)
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van
            feite/voorbeelde)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V1                                11                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.5      Hoe kan uitvoere voordelig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees?

         Uitvoere kan die Suid-Afrikaanse ekonomie op die volgende wyses baat:
          Verbeter die gehalte van goedere en dienste soos wat besighede meer
             innoverend raak om wêreldklas-produkte te vervaardig 
          Genereer verkoopsinkomste in die vorm van buitelandse valuta wat
             gebruik kan word vir strategiese invoere soos olie 
          Verhoogde belastinginkomste vir die owerheid deur die uitbreiding van sy
             belastingbasis 
          Verbeter ekonomiese doeltreffendheid aangesien produksie teen die
             laagste moontlike gemiddelde koste gedoen sal word om wêreldmarkte te
             penetreer 
          Verhoogde reële BBP (uitvoergedrewe ekonomiese groei) deur die
             uitbreiding van uitvoerproduksie 
          Voeg waarde by natuurlike bronne van die land deur dit in klaarprodukte
             te verwerk wat teen hoër waardes uitgevoer kan word 
          Skep meer werksgeleenthede deur die vestiging van nuwe nywerhede
             (nywerheidsontwikkelingsones) vir uitvoerproduksiedoeleindes 
          Versterk die waarde van plaaslike geldeenheid (rand) aangesien uitvoere
             die aanbod van buitelandse geldeenhede verhoog 
          Verminder die betalingsbalansprobleme deur uitvoervolumes en -inkomste
             te verhoog 
          Verlaag binnelandse pryse soos wat produksie verhoog, wat plaaslike
             verbruikers baat 
             (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
             feite/voorbeelde)
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)               (4 x 2)       (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V1                                  12                                     DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       NOEM enige TWEE metodes van invoervervanging.
                        Tariewe 
                        Kwotas 
                        Subsidies 
                        Wisselkoersbeheer 
                        Fisiese beheer (embargo) 
                        Afwending van handel (invoerdeposito, gehaltestandaarde/
                         beheer en tydrowende doeaneprosedures)           (2 x 1)              (2)
         4.1.2       Waarom lei internasionale handel na massaproduksie?

                         Wêreldmark is baie groter as binnelandse mark wat produksie
                          van goedere op groot skaal aanmoedig 
                         Uitvoer vereis die gebruik van nuwe tegnologieë
                          (kapitaalintensiewe nywerhede) wat lei tot produksie op groot
                          skaal 
                         Internasionale handel vereis spesialisasie wat lei produksie
                          van goedere in groot hoeveelhede 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (2)
4.2      DATARESPONS
         4.2.1       Identifiseer enige jaar waarin Suid-Afrika in al vier kwartale 'n
                     handelsoorskot ervaar het.

                     2017 of 2020                                                              (1)

         4.2.2       Noem die subrekening van die betalingsbalans wat deur die
                     grafiek hierbo voorgestel word.

                     Lopende rekening                                                          (1)
         4.2.3       Beskryf kortliks die term lopende oordrag.

                     'n Item wat die oordrag van geld, soos skenkings, geskenke en
                     pensioen, vanaf Suid-Afrikaanse inwoners na nie-inwoners en
                     omgekeerd boekstaaf/aanteken /Verwys na transaksies waarin                 (2)
                     goedere en dienste of finansiële items oorgedra word sonder om
                     ekonomiese waarde in ruil te ontvang 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         4.2.4       Verduidelik die effek op plaaslike brandstofpryse indien die
                     rand depresieer.

                     Die invoer van ruolie uit OPUL-lande sal duur raak wat sal lei tot 'n
                     verhoging van plaaslike brandstofpryse 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V1                                  13                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         4.2.5       Hoe kan 'n styging in rentekoerse die betalingsbalans
                     verbeter?

                        Leen kan baie duur vir huishoudings wees wat besteding op
                         invoere sal ontmoedig, wat die tekort op die lopende rekening
                         sal verminder 
                        Hoër opbrengs op finansiële beleggings aan buitelandse
                         beleggers kan netto kapitaalinvloei skep, wat die saldo op die
                         finansiële rekening vergroot 
                        Hoër rentekoerse moedig plaaslike huishoudings aan om te
                         spaar en ontmoedig besteding aan invoere, wat die
                         handelsbalans vergroot/verhoog 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1       Identifiseer enige frase in die uittreksel wat na toenemende
                     werkloosheid in Suid-Afrika verwys.

                     meer werk verloor as wat dit skep/ekonomie wat alreeds bedruk            (1)
                     is/werksgeleenthede verloor 

         4.3.2       Noem enige EEN korridor in Suid-Afrika.

                        Maputo-ontwikkelingskorridor 
                        Kus-tot-Kus-korridor                                                (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die streeksontwikkeling.

                     Verwys na beleid wat ten doel het om die ekonomiese
                     lewensbestaan van spesifieke gebiede of geografiese streke te
                     verhoog wat onderontwikkel is 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

         4.3.4       Waarom het spesiale ekonomiese sones (SES's) 'n breër
                     nywerheidsontwikkelingsdoelwit as NOS's?

                        Spesiale ekonomiese sones kan enige plek in die land geleë
                         wees wat ekonomiese aktiwiteit in baie gebiede wat nie naby
                         internasionale hawens geleë is nie, verbeter 
                        Goedere wat in spesiale ekonomiese sones vervaardig word,
                         kan enige plek verkoop word wat besighede in staat stel om
                         ekstra inkomste te genereer 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V1                                 14                                    DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

         4.3.5       Hoe kan nywerheidsontwikkeling die internasionale
                     mededingendheid van 'n land beïnvloed?

                          Nywerheidsontwikkeling verhoog die verskeidenheid
                           goedere en dienste (diversifikasie) wat na ander uitgevoer
                           kan word 
                         Sommige industriële ontwikkelingsmaatreëls, soos subsidies
                           en aansporings, kan plaaslike besighede toelaat om
                           goedere teen laer pryse uit te voer wat meer mededingend
                           kan wees
                         Gebruik van nuwe tegnologie in vervaardiging kan die
                           kwaliteit van Suid-Afrikaanse uitvoere verbeter
                         Nywerheidsontwikkeling deur uitvoerbevordering kan tot
                           gunstige wisselkoerse lei.
                         Wêreldklasinfrastruktuur om nywerheidsontwikkeling te
                           bevorder kan ook help om meer direkte buitelandse
                           beleggings te lok 
                         Navorsing en ontwikkeling kan plaaslike besighede
                           aanmoedig om nuwe produkte bekend te stel wat meer
                           mededingend is as die huidige produkte
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2)
4.4      Bespreek   verbruikersprysindeks          en       produsenteprysindeks      as
         ekonomiese aanduiders.
         Verbruikerprysindeks
          Meet die prys van 'n vaste mandjie verbruikersgoedere en dienste wat
            deur 'n tipiese Suid-Afrikaanse huishouding gekoop word
          Hou verband met 'n lewenskoste want dit dui op verandering in die
            koopkrag van die rand
          Kapitaal en intermediêre goedere is uit die mandjie verbruikersgoedere
            en dienste uitgesluit 
          VPI sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) en rentekoerse
            in 
          Pryse van ingevoerde goedere is nie uitdruklik getoon nie 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)              (2 x 2)

         Produsenteprysindeks
          Meet die pryse van goedere wat binnelands vervaardig word wanneer dit
            die fabriek verlaat 
          Hou verband met 'n produksiekoste want dit assesseer die impak van
            veranderinge in die relatiewe pryse van produksieinsette 
          Mandjie bestaan uit vervaardigde goedere asook kapitaal- en
            intermediêre goedere 
          PPI sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) en rentekoerse
            uit 
          Pryse van ingevoerde goedere word gemeet wanneer dit die land
            binnekom (by 'n hawe) 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van
            feite/voorbeelde)                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V1                                  15                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.5      Analiseer die belangrikheid van prysstabiliteit om die ekstreme
         fluktuasies in sakesiklusse te voorkom.
             Prysstabiliteit beheer spekulatiewe optrede onder besighede en
              verbruikers wat vraagkant- en aanbodkant-invloede op ekonomiese
              fluktuasies verminder 
             Positiewe verbruikersvertroue word aangemoedig wat besighede in staat
              stel om bestendige groei in produksievlakke te handhaaf 
             Groter amplitudes in die sakesiklusse word vermy deur stabiele pryse en
              skep groter sekerheid in die ekonomie 
             Stabiele pryse lei tot langer sakesiklusse wat die krag van die ekonomie
              toon en die ekonomiese groeibaan sal 'n opwaartse neiging hê 
             Handhaaf positiewe beleggersvertroue, wat die ekonomie in staat stel om
              'n stabiele ekonomiese groeipad te volg 
             Minimaliseer owerheidsingryping wat tot uiterste ekonomiese fluktuasies
              kan lei 
             Stabiele pryse stel die SARB in staat om rentekoerse onveranderd te hou
              om voortdurende groei in die ekonomie sonder groot fluktuasies te
              verseker 
             Vraag na uitvoere word gehandhaaf wanneer pryse stabiel is, wat uiterste
              depresiasie van die plaaslike geldeenheid, met resessie geassosieer,
              vermy 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (4 x 2)      (8)
              (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van                       [40]
              feite/voorbeelde)
                                                               TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V1                                16                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE
   Bespreek in besonderhede die redes vir openbaresektor-mislukking.
                                                                    (26 punte)
   Analiseer die impak van swak dienslewering deur die owerheid op sosio-
    ekonomiese regte.                                              (10 punte)
INLEIDING
 Openbaresektor-mislukking kom voor wanneer die owerheid misluk om die
   ekonomie en die hulpbronne onder hulle beheer optimaal te bestuur.
 Openbaresektor-mislukking kan beskou word as 'n mislukking van die owerheid om
   hulle hulle doelwitte te behaal.
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                   (Maks 2)
HOOFDEEL
Bestuursmislukking 
 Onkunde lei tot die implementering van botsende of verkeerde beleide 
 Onbevoegdheid in die openbare sektor kan wees as gevolg van verkeerde
   kwalifikasies, gebrek aan opleiding, ervaring en 'n apatiese ingesteldheid 
 Gebrek aan vaardighede kan lei tot verkeerde besluite en lae produktiwiteit 
 Korrupsie bestaan wanneer regeringsbeamptes hulle posisies vir persoonlike
   gewin, uitbuit. 
 Omkoopgeld te neem, bedrog te pleeg, nepotisme, oneerlik op te tree en om te
   diskrimineer. 
 Winssoekende gedrag is om die welvaart van iemand te verbeter ten koste van die
   welvaart van ander 
Apatie/Onverskilligheid 
 Regeringsamptenare toon min of geen belang in die lewer van 'n doeltreffende
   diens aan die publiek nie 
 Dit is nie altyd maklik om openbaresektor-amptenare tot verantwoording te bring
   nie as gevolg van die groot arbeidsmag in die verskeie departemente 
 Korrupsie en swak dienslewering is van die simptome van apatie 
 Mense in diens van die staat dien nie altyd die belange van die publiek nie 
 Openbaresektor-beamptes wil hulle salarisse, status en mag maksimeer en daar
   word nie van hulle verwag om 'n wins-en-verliesstaat te toon nie 
 Swak verantwoordbaarheid is die gevolg van lae motivering, swak opleiding en 'n
   gebrek aan bevoegdheid. 
Gebrek aan motivering 
 Voorste linie werkers ontvang selde aansporings vir suksesvolle dienslewering,
   maar word slegs gemonitor op insette/lewering en die daaropvolgende prosedures
   en prosesse. 
 Gebrek aan motivering lei tot beperkte dienste, hoë koste en swak dienslewering
   
 Daar is geen maatstaf vir doeltreffendheid of produktiwiteit nie en min beloning vir
   uitstekende prestasie en penalisering vir swak prestasie nie. 
 Daar is nie genoeg stelsels ingestel om dienste wat regeringsamptenare lewer, te
   evalueer nie 
Burokrasie 
 Burokrasie maak beleide te lank om te implementeer of dit word nie suksesvol
   geïmplementeer nie,  bv. amptelike reëls en prosedures
 Burokrate neig om reëls en prosedures te gehoorsaam sonder veel oordeel 

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V1                                17                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

  Regeringsamptenare neig om meer geïnteresseerd te wees om reëls te
   gehoorsaam as om die goedere en dienste doeltreffend aan die mense te lewer
 Burokrate kan beleide manipuleer om hulleself ten koste van die mense te
   bevoordeel 
Politici 
 Politici neig om beleid te bevorder en geld op projekte te spandeer solank hulle in
   ruil daarvoor stemme kry. 
 Hierdie beleide kan dalk 'n ondoeltreffende toekenning van hulpbronne behels. 
 Politici kan hulle eie belang bevorder deur korrupsie, persoonlike en verskuilde
   agendas en twyfelagtige motiewe 
Strukturele swakhede 
 Doelwitte word nie behaal nie; volle indiensneming en huise vir almal is nie
   realistiese en haalbare doelwitte nie 
 Te aggressiewe herverdeling van inkomste en rykdom kan veroorsaak dat die
   regering nie hulle makro-ekonomiese doelwitte behaal nie 
Spesiale belangegroepe 
 Groepe soos vakbonde en sakegroepe kan ook veroorsaak dat die owerheid
   misluk. 
 Vakbonde kan die owerheid beïnvloed om sekere wette goed te keur om hulle lede
   te bevoordeel. 
 Sakegroepe kan die owerheid beïnvloed om winsgewende kontrakte en gunstige
   regulasies aan hulle te gee. 
 Besighede kan die owerheid beïnvloed om hulpbronne te versprei sodat hulle ten
   koste van die land daaruit kan voordeel trek. 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
   'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word
                                                                        (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Swak dienslewering deur die owerheid kan sosio-ekonomiese regte beïnvloed deur:
 mense se deelname aan ekonomiese aktiwiteit te beperk as gevolg van swak
   infrastruktuurdienste soos elektrisiteit en watertoevoer 
 mense aan ongesonde of onveilige lewensomgewings bloot te stel as gevolg van
   swak sanitasie en gebrek aan behuising 
 kinders se reg op onderwys te skend as gevolg van 'n gebrek aan onderwys-
   infrastruktuur en -materiaal. 
 mense aan die dood bloot te stel deur swak gesondheidsorgdienste in sommige
   dele van die land 
 toegang tot behuising en eienaarskap van eiendom te beperk deur vertraagde
   menslike nedersetting- en behuisingsprogramme 
 mense aan misdaad bloot te stel as gevolg van swak en onbetroubare
   beskermingsdienste deur die SAPD en weermag. 
 mense se reg op waardigheid te skend deur nie behoorlike sanitasie en behuising
   in sommige dele van die land te verskaf nie 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
   'n Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word (Maks 10)
GEVOLGTREKKING
 Suid-Afrika het 'n kreatiewe en mededingende privaat sektor nodig met nuwe
   tegnologieë wat entrepreneurs kan help om in nywerhede in te gaan wat deur die
   owerheid gedomineer word. 
   (Aanvaar enige ander hoërorde-gevolgtrekking.)                        (Maks 2)           [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V1                                   18                                       DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 40 MINUTE
   Bespreek in besonderhede die vraagkantbenadering om ekonomiese groei
    en ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.               (26 punte)
   Evalueer die sukses van breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging om
    ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder.        (10 punte)                          [40]
INLEIDING
 Die vraagkantbenadering behels diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale
   beleid met die doel om die vlak van totale vraag, dus uitset (lewering/produksie), te
   verander. 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                        (Maks 2)
HOOFDEEL
MONETÊRE BELEID 
 Die SARB is medeverantwoordelik vir die formulering en implementering van Suid-
  Afrika se monetêre beleid. 
 Hulle primêre doel is om die waarde van die geldeenheid te beskerm deur pryse ten
  opsigte van inflasieteikens te stabiliseer. 

Monetêre beleid sluit die volgende instrumente in:
1. Rentekoersveranderinge 
     Dit word gebruik om kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of
      goedkoper te maak. 
     Rentekoersveranderinge word ook gebruik om die wisselkoers te stabiliseer deur
      kapitaalinvloei of -uitvloei aan te moedig om te sorg vir 'n tekort of 'n oorskot op die
      lopende rekening van die betalingsbalans. 
2. Opemarktransaksies 
     Om krediet te beperk, verkoop die SARB sekuriteite. 
     Wanneer banke hierdie sekuriteite koop, vloei geld uit die banke na die SARB.
     Die banke het dan minder geld om uit te leen en kan nie soos voorheen so baie
      krediet verleen nie. 
     Om kredietskepping aan te moedig, koop die SARB sekuriteite op die ope mark.
     Geld vloei dan in die bankstelsel in. 
     Die banke gebruik die geld om krediet te skep. 
3. Morele oorreding 
     Die SARB konsulteer met banke en oorreed hulle om op 'n gewenste wyse op te
      tree ten opsigte van die ekonomiese toestande wat op daardie tydstip heers. 
     Die oorreding is dikwels gekoppel aan transaksies van die SARB in die
      geldmark.
     Die SARB kan 'n beroep doen op bank wat nie toegewend is nie, om meer
      toegewend te wees met die toestaan van krediet..
     Regeringsekuriteite kan op ope markte verkoop word om oormatige likiditeit te
      dreineer sodat banke minder geld het om uit te leen. 
4. Kontantreserwevereiste 
     Die SARB kan kontantreserwevereistes verminder ten einde geldskepping te
      verhoog 
     Dit sal geldvoorraad vergroot en totale vraag stimuleer wat daardeur besighede
      stimuleer om meer te produseer/lewer
5. Wisselkoersbeleid 
     Die SARB gebruik die vryswewende wisselkoersstelsel om kragte van vraag en
      aanbod in staat te stel om die wisselkoers te bepaal 
     Dit stel plaaslike pryse in staat om aan internasionale pryse te koppel
     Wisselkoers pas hulleself aan met minimum staatsingryping 
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V1                               19                                   DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

FISKALE BELEID 
 Die Nasionale Tesourie is verantwoordelik vir die formulering en implementering
   van fiskale beleid in Suid-Afrika 
 Die hoofdoelwit van fiskale beleid in Suid-Afrika is om makro-ekonomiese groei en
   werk te stimuleer, en om 'n gewenste herverdeling van inkomste (ekonomiese
   gelykheid) te verseker. 
 Die stabiliteitsdoelwit, ten opsigte van pryse en wisselkoerse, word meesal aan
   monetêre beleid oorgelaat. 
 Die owerheid stel hulle besteding en belasting op so 'n tyd en wyse saam dat dit
   die kans dat dit die makro-ekonomiese doelwitte behaal, sal verbeter. 

1. Progressiewe persoonlike inkomstebelasting 
     Hoë-inkomste-verdieners word teen hoër koerse belas as lae-inkomste-
      verdieners. 
     Die belastings word gebruik om maatskaplike ontwikkeling te finansier. 
     Die armes trek groter voordeel as diegene met 'n hoër inkomste. Voorbeelde is
      die maatskaplike loon en maatskaplike toelaes soos pensioene. 

2. Welvaartsbelasting 
    Eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in stedelike gebiede word
      jaarliks belas. 
    Oordragbelasting/hereregte word betaal wanneer eiendom gekoop word. 
    Sekuriteite (aandele en verbande) word belas wanneer dit verhandel word. 
    Kapitaalwinsbelasting (KWB) word gehef op winste verdien op die verkoop van
      kapitaalgoedere, soos eiendom en aandele. 
    Boedelbelasting word gehef op die boedels van persone wat gesterf het. 
    Belastings word gebruik om ontwikkelingbesteding te finansier wat die armes
      meer baat as diegene wat nie arm is nie. 

3. Kontantvoordele 
     Ouderdomspensioene, ongeskiktheidtoelaes, kinderonderhoudtoelaes             en
      werkloosheidversekering is belangrike kontanttoelaes. 

4. Voordeel in natura/goedere 
     Dit sluit in die verskaffing van gesondheidsorg, onderwys en skoolmaaltye,
      beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur. 
     Wanneer gebruikersfooie gehef word, baat arm mense en lae-inkomste-
      verdieners meer as ander omdat hulle niks betaal nie of minder as hoë-
      inkomsteverdieners betaal.
     Beperkte hoeveelhede gratis elektrisiteit en water word verskaf.

5. Ander herverdelings 
     Sommige makro-ekonomiese beleide het voordele wat arm en lae-inkomste-
      verdieners begunstig. 
     Openbarewerke-programme,         bv.    verskaf    werk     en     Strategiese
      Investeringsprojekte (SIP'e) verskaf werksubsidies en 'n aantal ander kontant-
      en finansiële voordele aan KMMO's. 
     Voorheen benadeelde persone kry voorkeur. 

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Ekonomie/V1                               20                                 DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

6. Grondrestitusie en grondherverdeling 
    Die doel van grond herstel is om grond terug te gee (of om in kontant te
      vergoed) aan diegene wat hulle grond as gevolg van diskriminerende wette
      verloor het. 
    Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële (dorp) en produktiewe (plaas)
      gebruik. 
    Die doel is om 30% van die land se landbougrond aan voorheen benadeelde
      persone te herverdeel (te gee). 
    Die geld vir hierdie regstelling- en herverdelingsprogramme word by die
      hoofbegroting ingesluit. 
7. Eiendomsubsidies. 
     Subsidies help bevoordeeldes om eienaarskap van vaste residensiële eiendom
       te bekom.
     Die regering se behuisingsubsidieskema verskaf befondsingopsies aan alle
       geskikte persone wat minder as R3 500 per maand verdien. 
     Die geld vir hierdie skema kom uit die hoofbegroting.
       'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word
                                                                       (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) het daarin geslaag om:
 Voorheen benadeelde groepe deur die stelsel te bemagtig deur hulle in senior
   posisies in die private en openbare sektore aan te stel 
 Baie voorheen benadeelde mense aktief by die ekonomie van die land te betrek
 Geleenthede vir opkomende jong entrepreneurs te skep om die sakewêreld te
   betree 
 Toeganklikheid van oop sakegeleenthede in die verskillende sektore van die
   ekonomie aan te bied
 Die aantal swart mense in aandeelhouding in groot maatskappye te vermeerder

Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) is nie suksesvol nie omdat:
 Min mense trek voordeel uit BBSEB as gevolg van korrupsie deur top
   regeringsamptenare 
 Frontvoorhouding ('Fronting') lei daartoe dat die verkeerde mense by die BSEB-
   programme baat vind.
 baie swart mense het nie die vaardighede en ervaring om seniorbestuursposte in
   veral groot maatskappye te beklee nie 
 Swart mense het nie kapitaal om besighede te vestig of om aandele in groot
   maatskappye te koop nie 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
   'n Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word (Maks 10)

GEVOLGTREKKING
 Om ekonomiese ontwikkeling te behaal, moet ekonomiese groeikoers die
  bevolkingsgroeikoers oortref. 
  (Aanvaar enige ander hoërorde-gevolgtrekking.)              (Maks 2)

                                                            TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Economics 2022 NW Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-nw-prelim-p1-memo/105428ec-9423-46fd-b646-21f31fb92d02) — Economics · Memo · 2022
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
