# Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/676b0d64-3dcc-4073-9ece-73d0d96e1e79
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2022-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/676b0d64-3dcc-4073-9ece-73d0d96e1e79)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V2

                                        2022

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                   2                                    DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       D – marginale 
         1.1.2       A – kommissie 
         1.1.3       B – veranderlike 
         1.1.4       D – duopolie 
         1.1.5       C – hiperinflasie 
         1.1.6       A – eko 
         1.1.7       B – gehaltestandaarde 
         1.1.8       C – ontbossing                                              (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1       E-   meganisme wat kopers en verkopers van goedere en
                          dienste saambring

         1.2.2       D - firmas wat die markprys beheer 

         1.2.3       I-   die laagste bedrag wat deur die regering voorgeskryf word
                          wat werkgewers hulle werkers mag betaal 

         1.2.4       F - dit word deur die mark onderverskaf maar is vir die
                         samelewing voordelig 

         1.2.5       G - sluit items in die VPI-mandjie uit wat hoë prysonbestendigheid
                         toon 

         1.2.6       A-   verhoging in salarisse wat daartoe lei dat werkers 'n hoër
                          inkomstebelasting-koers betaal 

         1.2.7       C-   tradisies, rituele of musiek wat uniek aan 'n gegewe kultuur of
                          samelewing is 

         1.2.8       B - op die produksie van goedere gehef wat eksterne
                         omgewingskoste genereer                                  (8 x 1)       (8)

1.3      PASITEMS

         1.3.1       Kort termyn 
         1.3.2       Swart mark 
         1.3.3       Eksterne koste/Negatiewe eksternaliteit 
         1.3.4       Inkomende 
         1.3.5       Vraagtrek-inflasie 
         1.3.6       Omgewingsvolhoubaarheid                                      (6 x 1)       (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                         3                                       DBE/2022
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                   40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1       Noem TWEE breë tipes monopolie.
                            Natuurlike monopolie 
                            Kunsmatige monopolie                                          (2 x 1)       (2)
         2.1.2       Hoe sal 'n toename in die aantal firmas in 'n volmaakte mark die
                     pryse van goedere en dienste beïnvloed?
                     Aanbod sal toeneem wat lei tot 'n afname in pryse van goedere en
                     dienste. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (1 x 2)                    (2)
2.2      DATARESPONS
         2.2.1           Watter markstruktuur          word        deur    die   grafiek    hierbo
                         verteenwoordig?
                         Volmaakte mededinging                                                           (1)
         2.2.2           Noem punt A in die grafiek hierbo.
                         Normale wins/gelykbreek/zero- ekonomiese wins                                   (1)

         2.2.3           Beskryf kortliks die term eksplisiete koste.
                         Die werklike besteding van 'n besigheid op die koop of huur van
                         die inset/produk wat vir die produksieproses benodig word/ Direkte
                         betalings wat 'n firma aan ander maak vir die aankoop van
                         insette
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                (2)
         2.2.4           Waarom sal firmas koste aangaan selfs wanneer die uitset nul
                         is?
                         Firmas gaan vaste koste (huur en versekeringskoste) aan selfs
                         wanneer geen produksie plaasvind nie
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                (2)
         2.2.5           Gebruik die grafiek hierbo om te verduidelik                          hoe
                         winsmaksimalisering deur die firma behaal word.
                              Op alle punte waar totale inkomste (TI) groter as totale koste
                               (TK) is, maak die firma 'n wins (tussen A en B). 
                              Wins is gemaksimaliseer wanneer die vertikale gaping tussen
                               totale inkomste en totale koste die grootste is 
                              Dit gebeur wanneer 35 inseteenhede gelewer/geproduseer
                               word. 
                              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                     4                                  DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.3      DATARESPONS

         2.3.1       Identifiseer EEN voorbeeld van 'n eksterne voordeel in die tabel
                     hierbo.

                     Geleenthede vir nuwe besighede/Verminderde vervoerkoste vir
                     individue                                                                  (1)

         2.3.2       Noem die sektor waarin 'n kostevoordeel-ontleding aangewend
                     word.

                     Publieke/Openbare sektor                                                   (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term sosiale koste.

                     Die totale koste wat deur die samelewing as geheel aangegaan
                     word/sluit privaat en eksterne koste in 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                                 (2)

         2.3.4       Hoe kan 'n gebrek aan inligting onder entrepreneurs tot
                     markmislukking lei?

                     Entrepreneurs het dalk 'n gebrek aan inligting oor koste,
                     beskikbaarheid en produktiwiteit van sommige produksiefaktore wat
                     lei tot irrasionele besluitneming en vermorsing van hulpbronne. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         2.3.5       Bepaal of die projek lewensvatbaar is of nie deur die
                     kostevoordeel-verhouding te bereken. Toon ALLE berekeninge.

                     R280 000 /R200 000 = 1,4 OF R280 000/R215 000 = 1,3

                     Die projek is lewensvatbaar omdat die voordele die koste oorskry/
                     die KVV is groter as 1.                                     (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                   5                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.4      Bespreek kortliks produkdifferensiasie              en beheer   oor pryse     in
         monopolistiese mededinging.

         Produkdifferensiasie
          Verskillende produkte is eenders omdat hulle dieselde verbruiker-
             behoefte bevredig maar is nie heeltemal identies nie , bv.
             verskeidenheid mansklere 
          Die verskil is soms heeltemal denkbeeldig soos in die geval van
             medisyne, wat verskillende handelsmerkname het maar presies dieselfde
             basiese bestanddele bevat 
          In sommige gevalle is dit bloot die diens van die verkoper van sy produk
             van die ander onderskei. 
          Die verpakking van 'n produk is dalk ook verskillend as ander eenderse
             produkte , bv. suiker en sout. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                 (2 x 2)
         Beheer oor pryse
          Firmas het min beheer oor die prys van 'n produk as gevolg van die
             mededingende aard van die mark. 
          Hulle is prysmakers(-bepalers) eerder as prysnemers/ hulle is
             prysmakers (-bepalers) vir hul handelsmerkprodukte
          Elke verkoper kan teen sy/haar eie prys verkoop aangesien 'n enkele
             prys nie vir gedifferensieerde produkte bepaal kan word nie. 
          'n Reeks pryse kan op verskillende produkte toegepas word afhangend
             van die grootte van die besigheid. 
          Grootmaataankope deur 'n besigheid kan lei tot laer pryse vir produkte
             
             (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of
             voorbeelde)
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)               (2 x 2)            (8)
2.5      Hoe sal die implementering van maksimum pryse die ekonomie negatief
         beïnvloed?
              Maksimum pryse kan 'n tekort aan goedere en dienste in die ekonomie
               veroorsaak 
              Die tekort aan aanbod sal veroorsaak dat die ekonomie afneem/daal. 
              Swart markte ontwikkel dikwels waar vervaardigers/produsente kan
               probeer om die goedere teen hoër pryse te verkoop. 
              Vervaardigers van goedere en dienste kan die mark verlaat omdat hulle
               nie genoeg wins maak nie. 
              Beleggers kan hulle beleggings onttrek as gevolg van lae opbrengs op
               hulle beleggings. 
              'n Afname in ekonomiese groei en beleggingsonttrekking sal lei tot 'n
               verlies aan werk wat lei tot 'n styging/toename in die werkloosheidsvlak.
               
              Maksimum pryse lei tot 'n afname/daling in aanbod wat weer lei tot
               stygings van pryse van goedere en dienste. 
              (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/
               voorbeelde)
              (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)               (4 x 2)        (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                   6                                    DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1       Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine van historiese en
                     kulturele belang in Suid-Afrika.

                        Die Wieg van die Mensdom/ Sterkfontein/Maropeng 
                        Robbeneiland 
                        Die Mapungubwe Kulturele Landskap 
                        Ikhomani Kulturele Landskap
                        Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap              (2 x 1)       (2)
         3.1.2       Hoe kan die toestaan van eiendomsregte help om die
                     omgewing te beskerm?

                         Die toestaan van eiendomregte verseker dat mense enigiets
                          wat aan hulle behoort oppas/versorg. 
                         Eiendomregte moedig mense aan om die omgewing vir so lank
                          as moontlik winsgewend te gebruik, selfs vir toekomstige
                          geslagte. 
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (1 x 2)            (2)
3.2      DATARESPONS
         3.2.1       Identifiseer die gesondheidsrisiko wat die toeriste in die
                     spotprent hierbo kan teenkom.

                     Covid-19 / Besoedeling                                                     (1)
         3.2.2       Watter tipe toerisme word met 'Lekker Vakansie Hou!!'
                     geassosieer?

                     Ontspanning-/Vermaaktoerisme (rekreasie)
                     (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                        (1)
         3.2.3       Beskryf kortliks die term transito-toeris.

                     Mense wat in ‘n land/bestemming op pad na n ander
                     land/bestemming stop, deur middel van lug-, pad-, spoor- en
                     seevervoer 
                     (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                        (2)
         3.2.4       Verduidelik die doel van die hef van belasting op toeriste.

                        Om      die    bestaande     infrastruktuur en     noodsaaklike
                         toeristegeriewe in stand te hou 
                        Om die koste wat deur plaaslike munisipaliteite aangegaan
                         word wanneer hulle gasheer speel vir die toeriste te dek. 
                        Toerismebelastinginkomste word ook gebruik om toerisme-
                         infrastruktuur te ontwikkel. 
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                       7                             DBE/2022
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.5       Hoe kan infrastruktuurontwikkeling toerisme bevorder?
                        Verbeterde infrastruktuur verbeter die lewensomstandighede
                         van plaaslike mense sowel as toeriste. 
                        Opgradering van bestaande akkommodasie/verblyf, vervoer-
                         en kommunikasie-infrastruktuur dra positief tot toeriste-
                         aankomste by wat daardeur toerismegroei volhou word. 
                        Stygende aantal toeriste as gevolg van infrastruktuur sal
                         vervolgens werksgeleenthede in die toerismesektor skep. 
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2)         (4)
3.3      DATARESPONS
         3.3.1       Identifiseer die term wat verwys na die verskeidenheid plant-
                     en dierelewe in 'n ekosisteem.
                     Biodiversiteit                                                          (1)

         3.3.2       Noem EEN dier wat deur uitwissing in Suid-Afrika bedreig
                     word.
                        Renoster 
                        Tier 
                        Afrikaanse wildehond
                        Jagluiperd                                                          (1)
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)
         3.3.3       Beskryf kortliks die term beskerming.
                     Hou nie-hernubare hulpbronne onaangetas/ hou hulpbronne wat
                     deur uitwissing bedreig word ongeskonde bv. ekologiese stelsels,
                     erfenisterreine, inheemse woude. 
                     (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                     (2)
         3.3.4       Verduidelik die belangrikheid van opvoedkundige veldtogte
                     om omgewingsagteruitgang te voorkom.
                        Opvoeding verander mense se houdings teen die omgewing
                         op 'n positiewe wyse. 
                        Verskeie innoverende benaderings is probeer, soos die instel
                         van gemeenskapswildslewereservate. 
                        Mense met meer opvoeding tree handelend op deur politieke
                         besluite wat die omgewing beskerm, te bevorder en te steun.
                         
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                 8                                    DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.5       Hoe word    die   verlies   aan   biodiversiteit   internasionaal
                     aangepak?

                         Die Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde
                          Spesies (CITES) is gestig wat internasionale handel in 'n
                          ooreengekome lys bedreigde spesies verban. 
                        CITES gebruik permitte en kwotas om die handel met
                          spesies wat bedreig kan word, te reguleer en te moniteer.
                          
                        Modern tegnologie maak dit moontlik om gewenste gene
                          van een spesie na die volgende oor te plant en nuwe
                          spesies te skep wat meer weerstand teen siektes kan bied.
                          
                        Konvensie van Biologiese Diversiteit (KBD) is 'n
                          internasionale regsinstrument vir die bewaring van
                          biologiese diversiteit en sy komponente. 
                       (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2)            (4)
3.4      Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op eksternaliteite en
         armoede.
         Eksternaliteite
          Toerisme kan 'n groot bedrag inkomste lok, dit kan egter ook oormatige
            omgewingskade aanrig. 
          Vinnige groei van toerisme kan lei tot agteruitgang van tradisies en
            kulturele waardes/omgewingskade aan terreine en natuurlike omgewings
            as gevolg van besoedeling en vermorsing/afval. 
          Wêreldwye toerisme sal groei as gevolg van stygende bevolking,
            verbeterde lewenstandaarde, toename in vrye tyd en uitbreiding van
            vervoerstelsels.
          Toerisme-aktiwiteite verhoog druk op toeristeterreine 
          Toerisme lok inkomste na die land, verlig armoede, beskerm kulturele en
            natuurlike bates maar moet versigtig beplan word. 
          Toerisme kan indiensneming indirek in toerismeverwante nywerhede
            stimuleer
            (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)            (2 x 2)
         Armoede
          Toerisme word wyd erken as 'n meer doeltreffende meganisme om
            armoede aan te pak veral in landelike gebiede. 
          Die meeste eersteklas besienswaardighede is in landelike gebiede geleë
            wat landelike mense in staat stel om by die voordele van toerisme te
            baat. 
          Toerisme is 'n alternatief vir verstedeliking wat mense in staat stel om
            voort te gaan om die landelike lewe te geniet terwyl hulle 'n bestaan
            maak. 
          Arm mense kry geleentheid om met hoofstroom-toerismebesighede te
            skakel deur goedere en dienste aan te bied. 
           (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)              (2 x 2)
            (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of
             voorbeelde)                                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                   9                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

3.5      Hoe kan die owerheid 'n groen ekonomie in Suid-Afrika bevorder?
             Die regering moet gebruik maak van die grondwet aangesien dit hom
              toelaat om wette en metodes te skep om ‘n groen ekonomie te bereik. 
             Die regering moet die wet op nasionale omgewingsbestuur (NOB) en
              ander wette wat bedoel is om biodiversiteit, luggehalte en afvalbestuur te
              hanteer, afdwing om groen ekonomie te bereik.
             Belasting moet gebruik word om omgewingsuitdagings op te los,
              aangesien dit redelik maklik is om te implementeer en te beheer. 
             Inkomste wat uit belasting ingesamel word, kan verder gebruik word op
              maatreëls soos omgewingsbewustheid om groen ekonomie te bereik. 
             Die implementering van nywerheidsbeleid-aksieplan moet gefokus wees
              op die bereiking van groen ekonomie deur meer gevorderde
              vervaardigingstegnieke te gebruik wat laer energieverbruik het en groen
              poste skep. 
             Skoon energie en energiedoeltreffendheid – uitbreiding van buite-
              netwerkopsies in landelike en stedelike gebiede, opskaal van
              sonkragwaterverwarmer. 
             Die regering behoort die gebruik van ekovriendelike metodes van
              energieproduksie soos wind, water en kernkrag te bevorder. 
              Ekovriendelike metodes van energieproduksie kan versnel word deur
              meer onafhanklike kragprodusente in die mark toe te laat om die
              besoedeling wat deur Eskom gegenereer word, teen te werk. 
             Aansporings soos belastingkortings kan verskaf word aan maatskappye
              wat omgewingsvriendelike produkte vervaardig. 
              (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)               (4 x 2)        (8)
              (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/                    [40]
              voorbeelde)                                                                       NP

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                   10                                  DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       Gee enige TWEE voorbeelde of monopolistiese mededingende
                     markte.
                      Supermarkte 
                      Kitskosrestaurante 
                      Klerewinkels 
                      Meubelwinkels 
                      Mediese dokters 
                      Haarkappers 
                      Motorhandelaars 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1)                (2)
         4.1.2       Hoe kan 'n daling in rentekoerse inflasie veroorsaak?
                       Koste van leen sal daal/verminder, wat verbruikerbesteding sal
                        laat styg/verhoog wat tot oortollige vraag sal lei 
                      Beleggingbesteding deur besigheid sal vraag na kapitaal-
                        goedere laat styg. 
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)
4.2      DATARESPONS
         4.2.1       Identifiseer die kromme wat met toedelingsdoeltreffendheid
                     verband hou.

                     IK/Indifferensiekromme                                                    (1)

         4.2.2       Watter hoeveelheid rys sal verskaf word indien 800 eenhede
                     mielies gelewer word?
                     0/zero                                                                    (1)
         4.2.3       Beskryf kortliks die term markmislukking.
                     Vind plaas wanneer die markkragte (vraag en aanbod) nie daarin
                     slaag om hulpbronne doeltreffend toe te ken nie/ optimale uitset is
                     nie behaal nie. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         4.2.4       Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
                     ontmoedig?
                        Die owerheid verhoog die aksynsheffings wat op
                         niemerietegoedere gehef word, soos alkohol.
                        Verskaf inligting (opvoeding) aan die publiek oor die skadelike
                         invloed van hierdie produkte. 
                        Verbied en reguleer die verbruik van niemeriete goedere, bv.
                         drankwinkels word nie toegelaat om alkohol op Sondae te
                         verkoop nie. 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                   11                                    DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         4.2.5       Waarom sal produksie by punt E as ondoeltreffend beskou
                     word?
                        Min goedere en dienste sal gelewer word as gevolg van
                         ondoeltreffende gebruik van hulpbronne.
                        As gevolg van ondoeltreffende gebruik van hulpbron, sal die
                         produksiekoste styg/verhoog. 
                        Goedere en dienste word nie op 'n optimum vlak
                         geproduseer/vervaardig nie
                        Die verbruikers sal van sekere goedere ontneem word/Die tipe
                         of hoeveelheid goedere vervaardig/gelewer sal nie wees wat
                         die beste vir verbruikers is nie. 
                        Min werksgeleenthede sal geskep word, wat sal lei tot 'n laer
                         lewenstandaard. 
                        Die produksie van een produk (bv. rys) kan verhoog word
                         sonder om die produksie van die ander produk te verminder
                         (bv. mielies) 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)            (4)
4.3      DATARESPONS
         4.3.1       Identifiseer die internasionale ooreenkoms in die spotprent
                     hierbo wat die produksie van kweekhuisgasse beperk.
                     Kyoto Protokol                                                              (1)
         4.3.2       Gee EEN voorbeeld van 'n fossielbrandstof.
                       Olie 
                       Natuurlike gas 
                       Steenkool 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term aardverwarming.
                     Verwys na die geleidelike algehele styging in die temperatuur van
                     die aarde se atmosfeer. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)
         4.3.4       Verduidelik die     Basel   Konvensie-ooreenkoms                   om
                     omgewingskade te verminder.
                        Partye is verplig om die invoer of uitvoer van gevaarlike afval te
                         voorkom indien hulle rede het om te glo dat die afval die
                         omgewing sal skade berokken. 
                        Dit beheer kernafval deur partye toe te laat om slegs 'n
                         gevaarlike afval na 'n ander party uit te voer wat nie die invoer
                         daarvan verbied nie. 
                         (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                                  12                                       DBE/2022
                                                    SS/NSS – Nasienriglyne

                           4.3.5       Hoe kan produsente tot omgewingsvolhoubaarheid bydra?
                                      Die produsente kan tot omgewingsvolhoubaarheid bydra deur:
                                       Nuwe tegnologie en toerusting te ontwikkel wat omgewings-
                                          vriendelike energie gebruik 
                                       Omgewingsvriendelike plaasvervangers, soos loodvrye petrol,
                                          te produseer 
                                       Afval, soos bottels, blikkies en karton, te herwin 
                                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)   (2 x 2)                (4)
4.4                        Met behulp van 'n grafiek met die korrekte byskrifte, verduidelik
                           ekonomiese wins in 'n volmaakte mark.

      Koste/Inkomste
                                                                 MK   

                                                                                GK

                                                               e                V = GI = MI    
      P/R10                                            
                               Ekonomiese Wins
      P1/R8                                                b

                       0                             Q/200                     Hoeveelheid 
                                                          Benoem van en op asse = 1 punt
                                                          Aanduiding van winsmaksimeringpunt = 1 punt
                                                          Korrekte teken en benoem van inkomstekrommes = 1 punt
                                                          Korrekte teken en benoem van kostekrommes = 1 punt
                                                                                                             4 punte

                               Die volmaakte mededingende firma maksimeer wins waar die marginale
                                inkomste (MI en marginale koste (MK) gelyk is (punt e) 
                            By punt e, sal die firma 200 eenhede aanbied teen 'n markprys van R10 
                            Die gemiddelde inkomste is R10 en die gemiddelde koste per eenheid is
                                R8. 
                            Totale ekonomiese wins sal R400 (2 x 200) wees 
                            Totale inkomste is R2 000 (R10 x 200) – Totale koste R1 600(R8 x 200) 
                            Die firma maak 'n ekonomiese wins van R400
                            Ekonomiese wins vind plaas op die korttermyn.
                               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (maks. 4)
                           ('n Maksimum van 2 punte indien die bepaling ekonomiese wins nie verduidelik
                           word nie.)                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                                13                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.5      Analiseer die uitdagings waarvoor die toerismebedryf in Suid-Afrika te
         staan kom.

             Toerisme-aktiwiteite is hoofsaaklik in die kusstede en groot stede
              gekonsentreer terwyl die meeste binnelandse gebiede afgeskeep word.
              
             Daar is 'n gebrek aan infrastruktuur soos paaie om gemeenskapstoerisme
              te laat groei en om toegang daartoe te verkry. 
             'n Groot gedeelte van die bevolking van SA is nie bewus van die konsep
              toerisme nie. 
             Armoede beperk ook sommige mense tot so 'n mate dat hulle nie aan
              toerisme-aktiwiteite kan deelneem nie. 
             Toerisme is nie genoeg bemark in landelike gemeenskappe sodat mense
              bewus is van plekke om te besoek nie. 
             Koste van reis in Suid-Afrika is steeds hoog aangesien daar baie min
              laekoste-lugrederye wat 'n bekostigbare diens aanbied. 
             Die hoë vlak van misdaad en sosiale onrus kan buitelandse toeriste
              ontmoedig om die land te besoek. 
             Uitbreek van pandemiese siektes soos Covid 19, natuurrampe,
              ekonomiese skokke kan beweging van mense beperk. 
              (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord)
              (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/
              voorbeelde)                                                                   (8)
                                                                                            [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V2                                  14                                         DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C
Beantwoord enige EEN          van   die   twee    vrae       in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE
   Ondersoek oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede.   (26 punte)
   Hoe kan die owerheid firmas ontmoedig om aan anti-mededingende gedrag
    deel te neem?                                               (10 punte)                           [40]
INLEIDING                                                                                             
'n Oligopolie bestaan wanneer 'n klein aantal groot firmas in staat is om die aanbod
van 'n produk of diens in 'n mark te beïnvloed. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevant inleiding)                          (maks. 2)
HOOFGEDEELTE
Aantal verkopers 
 Daar is min verkopers wat die mark domineer wat mededinging beperk. 
Aard van die produk 
 Produkte kan homogeen of gedifferensieerd wees. 
 As die produkte homogeen is, word die mark as suiwer oligopolie beskou. 
 Wanneer die produkte gedifferensieerd is, word die mark as 'n gedifferensieerde
   oligopolie beskou. 
Marktoetrede 
 Toetrede tot 'n oligopolistiese mark is nie maklik nie as gevolg van die bestaan van
   hindernissesoos handelsmerklojaliteit en skaalvoordele. 
 Baie oligopolistiese nywerhede het hoë vestigingskoste wat ook toetrede blokkeer.
   
 Reklame is baie duur en firmas wat nie kan bekostig om dit te doen nie, sal 'n
   agterstand ten opsigte van die mededinging hê, wat self 'n hindernis tot toetrede is.
   
Markinligting 
 Inligting is onvolledig aangesien verbruikers en vervaardigers/produsente nie
   volledige inligting oor heersende marktoestande het nie. 
 Gebrek aan inligting kan onsekerheid en irrasionele besluitneming in die mark
   veroorsaak. 
Beheer oor die prys 
 Vervaardigers/Produsente het heelwat beheer oor die prys van hulle produk maar
   nie soveel soos in 'n monopolie nie. 
 Soms kan oligopolieë saamspan om pryse in die mark te beïnvloed. 
Vraagkromme 
 'n Oligopolis kom te staan voor 'n geknikte vraagkromme met twee segmente. 
 Die boonste top segment is relatief elasties en die onderste segment is relatief
   onelasties 
   Ken 'n maksimum van 2 punte vir 'n korrek getekende geknikte vraagkromme toe

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V2                                15                                  DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

Ekonomiese wins/verlies                                                                      
 Oligopolistiese firmas kan ekonomiese wins in beide kort termyn en lang termyn             NP
   maak. 
 Hindernisse tot toetrede maak dit moontlik vir oligopolieë om hoë winste te
   geniet.
Besluitneming 
 Die oligopolistiese mark word gekenmerk deur wedersydse afhanklikheid waar die
   optrede van een firma die ander sal beïnvloed 
 Interafhanklikheid lei tot komplekse beleidbesluitneming in vergelyking met ander
   markstrukture 
Samespanning 
 Daar is 'n groot moontlikheid van samespannende praktyke in 'n oligopolie
   aangesien daar min besighede is 
 Oligopoliebesighede span saam om mededinging te verminder, meer te verdien en
   om onsekerheid in die mark te verminder.
 Samespanning kan formeel (kartelle) of informeel (prysleierskap) wees. 
 'n Kartel is 'n organisasie van oligopolistiese besighede wat tot stand kom met die
   spesifieke doel om 'n kollektiewe monopolie te vorm. 
 Prysleierskap is die situasie waar die dominante firma die prys vasstel en die
   ander firmas aanvaar dit as die markprys. 
Nieprysmededinging 
 Oligopolistiese firmas is huiwerig om pryse te verander omdat 'n prysoorlog hulle
   pryse sal afbring, wat winste elimineer. 
 Hulle gebruik nieprysmaatreëls om klante te lok en hulle markaandeel te vergroot.
   
 'n Belangrike aspek van nieprysmededinging is om handelsmerklojaliteit,
   produkherkenning en produkdifferensiasie op te bou. 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
   Ken 'n maksimum van 8 punte vir die blote noem van opskrifte en voorbeelde
   toe)                                                                 (maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Die owerheid ontmoedig firmas/oligopolistiese firmas om aan anti-mededingende
optrede deel te neem deur:
 Lisensies aan ander besighede toe te staan om teen bestaande oligopolieë mee te
    ding. 
 Swaar boetes op firmas te hef wat skuldig bevind word aan anti-mededingende
    praktyke/optrede. 
 Ondersoeke na firmas/besighede wat van samespanning/prysvasstelling verdink
    word, te bespoedig. 
 Saamsmeltings en oornames deur oligopoliebesighede met die doel om
    mededinging te verminder, te verbied. 
 Maksimum pryse op markte waar daar moontlik prysvasstelling plaasvind, te
    implementeer/in te stel 
 Onregverdige besigheidspraktyke, soos die verkryging van eksklusiewe regte op
    hulpbronne wat voorkom dat nuwe firmas die mark betree, te reguleer. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
    (Ken 'n maksimum van 2 punte vir die blote noem van feite toe)       (maks. 10)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V2                               16                                  DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

SLOT

Anders as volmaakte mededingers misluk oligopoliebesighede om beide produktiewe
en toedeling van doeltreffendheid te bereik want hulle vervaardig/produseer nie teen
die laags moontlike gemiddelde koste nie en hulle vervaardig/produseer ook nie teen
optimum uitset/produksievlak nie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevant gevolgtrekking)                    (maks. 2)         [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V2                                17                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die maatreëls om inflasie te bekamp (26 punte)
   Hoe beïnvloed inflasionêre verwagtinge die onderskeie rolspelers in die
    ekonomie?                                                    (10 punte)                   [40]

INLEIDING

Inflasie verwys na 'n volgehoue en betekenisvolle styging in die algemene prysvlak oor
'n tydperk; en 'n gelyktydige daling in die koopkrag van geld. 

HOOFGEDEELTE

MONETÊRE BELEIDSMAATREËLS

Monetêre beleidsmaatreëls om inflasie te bekamp, word deur die Suid-Afrikaanse
Reserwebank (SARB) ingestel deur die implementering van een of meer van die
volgende instrumente:

Rentekoerse 
 Die SARB bekamp inflasie deur die repokoers te verhoog wat dit duur maak om
   geld te leen. 
 Banke gee die verhoogde koste van leen (repokoers) na hulle kliënte deur die
   rentekoers te verhoog. 
 Hoë rentekoerse ontmoedig verbruikers om onnodige krediet te neem, wat
   verbruikerbesteding ontmoedig. 
 'n Afname/Daling in kredietskepping lei tot 'n daling in die geldaanbod en daardeur
   word vraagtrek-inflasie verminder. 
 Die styging in die rentekoerse stabiliseer die waarde van die geldeenheid wat help
   om kostedruk-inflasie deur laer invoerkoste te verminder. 

Ope-marktransaksies 
 Die SARB kan direk die aanbod van geld verminder deur owerheidseffekte op die
   oop mark te verkoop. 
 Wanneer banke hierdie effekte koop, vloei geld van banke na die SARB wat die
   geldaanbod verminder. 
 Vermindering van die geldaanbod sal totale vraag verminder wat vraagtrek-inflasie
   beheer. 

Kontantreserwevereistes 
 Daar word van handelsbanke verwag om 'n sekere minimum kontantreserwe by
   die sentrale bank te hou. 
 'n Styging in die kontantreserwevereiste beperk die bedrag geld wat banke as
   krediet kan deurgee en help om inflasie te bekamp. 

Morele oorreding 
 Die SARB kan handelsbanke oorreed om op 'n verantwoordelike manier op te tree
   wanneer krediet onder inflasionêre toestande toegestaan word. 
 Morele oorreding help om inflasie te verminder omdat krediet aan minder
   verbruikers toegestaan sal word. 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V2                                18                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

FISKALE BELEIDSMAATREËLS
Inflasie kan bekamp word deur             fiskale   verandering   in   belasting-    en
owerheidsbesteding. 
Die volgende stappe kan gedoen word:
Owerheidsbesteding 
 Die regering kan besteding verminder deur party owerheidsprojekte, soos paaie,
  hospitale en skole uit te stel. 
 Totale vraag sal styg wat daardeur vraagtrek-inflasie sal verminder. 
 Die owerheid kan 'n begrotingstekort uit die niebank-sektor finansier om inflasie te
  beperk. 
Belasting
 Die owerheid kan direkte belasting verhoog, soos persoonlike inkomstebelasting,
   om vraag te verminder. 
 'n Styging/Verhoging indirekte belasting (BTW) veroorsaak dat besteding
   styg/toeneem omdat goedere duurder word. 
 Die regering kan bybetalings hef op ingevoerde goedere wat hulle pryse sal
   verhoog, wat verbruikerbesteding sal ontmoedig. 
 'n Leningsheffing kan gebruik word om verbruikers se besteebare inkomste te
   verminder. 
 Die owerheid kan belastings op besparings verminder of belastingvrye
   spaarrekeninge instel om spaar aan te moedig en besteding te verminder.
ANDER MAATREËLS
Addisionele maatreëls wat gebruik kan word om inflasie te bekamp, sluit in:
 Verhoogde produktiwiteit: 
   Verbeterde onderwys en opleiding stel meer mense in staat om in diens geneem te
   word en te verseker dat hulle meer produktief is. 
 Prysbeheer: 
   Die owerheid verseker dat sekere noodsaaklike goedere bekostigbaar bly deur die
   prys daarvan vas te stel. 
 Loonbeleid: 
   'n Loonbeleid moet loonverhogings in lyn met die inflasiekoers hou. 
 Strenger voorwaardes vir verbruikerkrediet: 
   Die Nasionale Kredietreguleerder kan strenger vereistes op verbruikerskrediet
   instel wat totale vraag sal verminder. 
 Invoerbeheer word verslap: 
   Meer invoere kan help om plaaslike aanbod van goedere en dienste aan te vul,
   wat inflasie veroorsaak deur produktekorte verminder. 
 Swewende wisselkoers: 
   Pryse word outomaties aangepas na internasionale toestande wat vrye werking
   van die prysmeganisme (reële pryse) toelaat. 
 Indeksering: 
   Verwys na 'n beleid om pryse van items, soos lone, pensioene en
   verbandrentekoerse aan prysindekse te koppel om die uitwerking van inflasie te
   elimineer. 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
  Ken 'n maksimum van 8 punte vir die blote noem van opskrifte en voorbeelde toe)
                                                                            (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V2                                19                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE GEDEELTE

Verskillende rolspelers word deur hoë inflasieverwagtinge op die volgende maniere
beïnvloed:

   Inflasieverwagtinge speel 'n groot rol in die proses wat verwagtinge van
    prysverhogings deur die werklike prysverhoging oordra. 
   Verbruikerbesteding kan styg/verhoog wanneer verbruikers verwag dat pryse in die
    nabye toekoms, sonder markaanduidings, sal verhoog. 
   Meer verbruikersgoedere en kapitaalgoedere word gekoop voordat die prys styg
    wat dus totale vraag verhoog. 
   Vakbonde eis hoër lone om die koopkrag vir hulle lede te beskerm wanneer hulle
    'n verhoging in inflasie verwag. 
   Wanneer lone verhoog, verhoog besighede julle pryse om te vergoed vir die
    styging in arbeidskoste wat daardeur weer inflasie aanvuur. 
   Wanneer besighede verwag dat inflasie sal verhoog, is hulle geneig om hulle pryse
    voortydig te verhoog wat hulle winsgrense verhoog. 
   Die SARB gebruik inflasieverwagtinge om monetêre beleidsinstrumente aan te pas
    om die geldaanbod te beheer. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
    (Ken 'n maksimum van 2 punte vir die blote noem van feite)            (Maks. 10)

SLOT

'n Hoë inflasiekoers sal altyd onstabiliteit in die ekonomie veroorsaak dus word
verskillende maatreëls toegepas om dit te bekamp./Inflasieverwagtinge is
selfvervullend omdat hoër verwagtinge lei tot hoër inflasie en die omgekeerde is ook
waar. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevant slot)                               (Maks.2)      [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
